rooikerk-erediensterooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/05/kandelaar-19-mei-2019.pdf · glo en...

12
1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Die Kandelaar – 19 Mei 2019 Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119 Bankbesonderhede: NG Gemeente Universitas-Wes Absa Bank, Reknr: 470580909, Bankkode: 334134 E-pos: [email protected] WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00 Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is. Leraar: Hannes du Plessis 062 127 5300 ROOIKERK-EREDIENSTE 09:00 Hannes Teks: Lukas 15:1-7 Tema: As die Herder spoor vat 09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk 10:15 Junior- en Seniorjeug-Omgeegroepe 09:00 Hannes Teks: Lukas 19:1-10 Tema: Saggeus word gevind Deurkollekte: Fonds vir die Opleiding van Teologiese Studente. Volgende Sondag 09:00 Hannes 18:00 Hannes

Upload: others

Post on 07-Jan-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/05/Kandelaar-19-Mei-2019.pdf · glo en waar dit gelees word, is daar lewe! Jy is welkom om dit saam te beleef en as voorbereiding

1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Die

Kan

del

aar

– 1

9 M

ei 2

01

9

Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119

Bankbesonderhede: NG Gemeente Universitas-Wes Absa Bank, Reknr: 470580909, Bankkode: 334134

E-pos: [email protected]

WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure:

Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00

Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00

Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is.

Leraar: Hannes du Plessis 062 127 5300

ROOIKERK-EREDIENSTE

09:00 Hannes

Teks: Lukas 15:1-7 Tema: As die Herder spoor vat

09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk 10:15 Junior- en Seniorjeug-Omgeegroepe

09:00 Hannes Teks: Lukas 19:1-10 Tema: Saggeus word gevind

Deurkollekte: Fonds vir die Opleiding van Teologiese Studente.

Volgende Sondag

09:00 Hannes

18:00 Hannes

Page 2: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/05/Kandelaar-19-Mei-2019.pdf · glo en waar dit gelees word, is daar lewe! Jy is welkom om dit saam te beleef en as voorbereiding

2 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

VERJAARDAE

Baie geluk aan elkeen wat vandag of in die volgende week verjaar.

20 Mei Logan Huisamen Niel Jansen Michael Rossouw Frank v Heerden Buks v Niekerk 21 Mei Dimitri de Jonge Frikkie Maré Darren Matthews Hettie Nel Joey Putter Cayla Rossouw Martin Uitenweerde 22 Mei Johannie Coertz Charlé Marais 23 Mei Alma Hunlun Hennie Jordaan Liese Killian Rustelle Roodt 24 Mei JP de Jonge Heine Fourie Christo Marais André Marais Estelle Peens Willie Strydom 25 Mei Christiaan Pretorius Trudy v Schalkwyk Reinette v Zyl

LIEF EN LEED

Bid asseblief vir:

Henta Pieterse het herstel van 'n rugopera-sie

Willie Botha sterk aan na ʼn rugoperasie.

Riana Groenewald sterk tuis aan na ʼn skou-eroperasie.

Dink ook aan hulle gesinslede wat die versorging/bystand moet doen.

Ons dink aan die familie van Jan Wessels wat Maandag oorlede is. Sy begrafnis was Vrydagmiddag vanuit die Rooikerk.

Diek Conradie se broer is Vrydagoggend oorlede. Dink ook aan hom en sy familie.

WELKOM

Besoekers en nuwe lidmate, kom ontmoet die Nuwelidmatespan ná die erediens by die

Inligtingstoonbank.

Baie welkom aan Alta Barnard. Ons het haar lidmaatskapbewys ontvang vanaf NG Gem

Langenhovenpark.

BELANGRIKE DATUMS EN TYE

30 Mei Hemelvaartdiens 18:00 Kerkkantoor gesluit.

Onthou:

Maandae: 17:30 Spiritualiteits-kursus 18:30 Preekwerkgroep

Saterdae: 07:00 Mannebediening

Lees gerus die Almanak vir meer inligting rondom eredienste ens.

Tee vir Nuwe Lidmate skuif na volgende Sondag 26 Mei.

Hannes is vanoggend betrokke by die

bevestiging van Frans by Striata..

Page 3: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/05/Kandelaar-19-Mei-2019.pdf · glo en waar dit gelees word, is daar lewe! Jy is welkom om dit saam te beleef en as voorbereiding

3 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Ons het steeds ʼn behoefte aan die volgende:

Bid asb hieroor en kontak ons indien die Here dit op jou hart lê om by die volgende Diensgroepe betrokke te raak:

o Bejaardesorg – ons benodig ‘n diensgroepleier vir hierdie belangrike gedeelte van ons gestuurdheid

o Tegnies – Jaco benodig asb hulp op die tegniese diensgroep

o Stranddiens – kontak ons asb indien van ons jong volwassenes of stu-dente deel wil vorm van die Stranddiensspan wat Desember-vakansies in Stilbaai hul gestuurdheid gaan uitleef.

Die Rooikerkhuis is op soek na 2 enkelbedmatrasse. Indien jy kan help, kontak die Kerkkantoor by 051 522 2547.

ʼn Huis het afgebrand en die gesin het alles verloor. Enige skenkings is welkom. Borde, glase, beker ens. Die man werk van die huis af en sy gereedskap is ook deur die brand verwoes (paneelklopper-toerusting

en houtwerkmasjienerie). Skakel Hendrina 079 5065014 vir meer inligting en om skenkings af te gee.

Gebedsbediening

“Hoe sal ons weet of ons onsself finaal en heelhartig aan Jesus Christus oorgegee het? Ons hunkering na en gewilligheid tot gebedsgemeenskap met God, ons vreugde daaroor en die plek wat gebed op ons prioriteitslys beklee, verskaf die antwoord.” Maretha Maartens.

Kom bid saam met Gebedsbediening. Hilda 083 732 1025

Page 4: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/05/Kandelaar-19-Mei-2019.pdf · glo en waar dit gelees word, is daar lewe! Jy is welkom om dit saam te beleef en as voorbereiding

4 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

FINANSIëLE STAND VAN DIE GEMEENTE VIR DIE TYDPERK: 1 MAART 2019 - 30 APRIL 2019 (Striata ingesluit)

Begroot vir die jaar

Werklik tot op datum

Verskil tot op datum

INKOMSTE -2,894,028.73 -406,178.36 -2,487,850.37

Min: UITGAWES 2,894,028.73 412,630.68 2,481,398.05

* Bedryfsuitgawes 920,602.70 116,346.10 804,256.60

* Gemeentevisie / Sending- en Uitreikaksies

425,630.00 45,908.34 379,721.66

* Salarisse en Lone 1,547,796.03 250,376.24 1,297,419.79

(-Tekort) / Surplus 0.00 -6,452.32

Mei se spesiale koevertinsameling gaan vir

die

Diensgroep vir Finansies

Vanuit die Kerkkantoor

Die kerkkantoor vra dat jy asb nie

bedelaars met geld help nie. Die reëling is dat hulle Maandae tot Vrydae om

08:00 by die kerk kan aanmeld om die

dag te kom werk. As hulle vra vir geld verwys hulle asb terug na die kerk toe.

Daar word ook toebroodjiesmere vir die seuns se broodjies vir skool ens.

ingesamel. Indien jy iets kan skenk, plaas jou bydrae in die boks by die Inligtingstoonbank asook voor in die Kerk..

Kontak Alta 0836870543 vir enige verdere navrae.

Baie dankie aan elkeen wat ‘m bydrae gegee het. Baie dankie vir julle

getroue ondersteuning. Ons het groot waardering.

Page 5: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/05/Kandelaar-19-Mei-2019.pdf · glo en waar dit gelees word, is daar lewe! Jy is welkom om dit saam te beleef en as voorbereiding

5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Page 6: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/05/Kandelaar-19-Mei-2019.pdf · glo en waar dit gelees word, is daar lewe! Jy is welkom om dit saam te beleef en as voorbereiding

6 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Hierdie jaar gaan die basaar uitgebrei word om meer ʼn markgevoel aan te neem. Buite-instansies en uitstallers sal ook genooi word om, teen ʼn vasgestelde fooi, staanplekke te huur. Hiermee vergroot ons ons kliëntebasis en bring meer voete en dus meer geld na die mark. Alle kosstalletjies sal steeds deur die Kerk behartig word en buiteaansoeke sal baie fyn gekeur word om te verseker dat dit nie weg neem van ons nie.

Ons sameroepers is baie opgewonde oor die nuwe rigting wat ons inslaan en ons wil elkeen nooi om deel te word hiervan. Ons sal enige voorstelle en insette baie waardeer. Daar is ook altyd ruimte vir verbetering.

As jy op enige ander manier betrokke wil raak by die Rooiwarm Wintersmark of ʼn lekker idee het, kontak vir Sally 081 305 8675/ [email protected] of Lizelle 082 974 1550 / [email protected]. Voorkeur sal aan gemeentelede gegee word.

Poeding

Kleinkoekies Wilna Henning 082 743 5212

Grootkoeke Sanet Naude 082 675 1786

Kerrie en Rys Chantel van Niekerk 071 007 7182

Braai Bok Cronje 082 538 0408

Jeug Sune Kotze 084 491 0776

Potjie Diana Pienaar 083 489 1067

Sushi Gerty van Aswegen 083 609 8007

Aartappels-op-‘n-stok Gerty van Aswegen 083 609 8007

Vermaak Maretha Steyn/Johannie Annandale

082 372 3442 / 082 556 1448

Koeldrank Sune Kotze 084 491 0776

Lekkers Sune Kotze 084 491 0776

Page 7: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/05/Kandelaar-19-Mei-2019.pdf · glo en waar dit gelees word, is daar lewe! Jy is welkom om dit saam te beleef en as voorbereiding

7 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Snuffeltafel Leon Grove 082 788 7128

Koffiestoep Elretha de la Rey 084 965 1404

Pannekoek Marilize Visser 083 381 7971

Snuisterye Helene Krantz 083 415 8733

Souvlaki Lourens Joubert 061 444 8544

Vetkoek Trynie de la Rey 084 861 2367

Boeketafel Elretha de la Rey 084 965 1404

Koeksisters Gerda Liebenberg/ Astrid Scmidt 071 411 5694/

082 960 8502

Striata

Tegnies Jaco Janse van Rensburg 082 373 0388

Seremoniemeester Inus Janse van Rensburg 083 400 7551

Nuwe sameroepers

Ons benodig asseblief ‘n nuwe sameroeper vir die Poedingtafel.

Donasies en helpende hande

Vele hande maak ligte werk. Kontak asseblief die sameroepers waar jy lus is om in te val. ‘n Spesiale versoek vir hande om te help by die volgende stalletjies

Helpers by die braaistalletjie.

Helpers by die vetkoekstalletjie

Ons benodig dringend mense wat bereid sal wees om te help koekies

bak. Resepte en bestanddele sal voorsien word.

Page 8: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/05/Kandelaar-19-Mei-2019.pdf · glo en waar dit gelees word, is daar lewe! Jy is welkom om dit saam te beleef en as voorbereiding

8 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Versoek vir die volgende

Skenkings vir die tombolatafel (kontak vir Sune).

Hout vir ons vuurkonkas (kontak vir Sally).

Persone wat bereid is om hul Gazebo’s vir ons te leen (kontak vir Sally).

Elretha en haar span vra asseblief skenkings van enige boeke vir die Boeketafel. Alle boekeskenkings kan by die Kerkkantoor ingegee word of kontak Elretha (084 964 1404) direk

Die Snuisterytafel kort asseblief baie bydraes. Enige handwerk (bedsokkies, oorgetrekte hangers, ens) en ook enige ornamente wat jy nie meer wil hê nie.

Ons benodig asseblief ook skenkings. Enige en alle bestanddele of klaar gemaakte artikels en produkte. Kontak die sameroeper self of gesels met my. Elke donasie maak ‘n reuse verskil.

Vind asseblief aangeheg die kollektelys vir die 2019 Rooiwarm Wintermark. Moet asseblief nie beperk voel tot dit wat op die lys is nie. Alle hulp en bydraes word van harte waardeer. Voltooi asb so gou as moontlik die lys en stuur terug aan my of aan die Kerkkantoor. Versprei asb ook die lys aan vriende in die gemeente wat dalk nie die e-pos ontvang het nie. Alle bydraes moet asb teen Vrydag, 24 Mei

2019 by die betrokke sameroeper of by die Kerkkantoor ingedien word.

Wen ‘n verwerkte skaap tydens die Rooiwarm Wintermark. Kom koop kaartjies teen R50-00 elk by Gerda (Kerkkantoor). Die gelukkige wenner(s) sal net na 17:00 met die Markdag aangekondig word. Vir meer inligting, kontak vir Hannes of Gerda en hou die Kandelaar dop!

Page 9: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/05/Kandelaar-19-Mei-2019.pdf · glo en waar dit gelees word, is daar lewe! Jy is welkom om dit saam te beleef en as voorbereiding

9 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Die Kerk ervaar enorme druk vanaf ʼn paranoïese regering. ʼn Gelowige kan ʼn boete opgedien word net omdat daar ʼn Christelike liedjie op hul foon is. In sommige gebiede is dit selfs onwettig om ʼn Bybel te besit. Christene word die heeltyd dopgehou; telefoongesprekke word afgeluister en spioene probeer om Christelike byeenkomste te infiltreer. Klopjagte op huiskerke word dikwels uitgevoer en dié teenwoordig kan vir soveel as 15 dae aangehou word, ondervra en beboet word.

Bid: Vir krag vir Christene wat alles op die spel plaas om in die geheim bymekaar te kom.

Page 10: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/05/Kandelaar-19-Mei-2019.pdf · glo en waar dit gelees word, is daar lewe! Jy is welkom om dit saam te beleef en as voorbereiding

10 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

GELUK MET JOU VERJAARDAG.

Piet Strydom en Martie Maritz verjaar op 19 Mei;

Op 22 Mei is dit Lettie Bezuidenhout en Alta Barnard;

Chummy Holtzhausen verjaar op 23 Mei; en

Trudie Herholdt en Doreen van Antwerpen wat op 25 Mei verjaar.

Ek wens jou toe die diep geluk van liefde wat nie verander wanneer omstandighede verander nie, en wat deur die ryper jare al dieper gloei en eg bly soos goud – Harriet Beecher Stowe

“As dit nie vir die Here was nie!“

Vandag: 17 Mei 2019

Bevestiging van Frans Oosthuizen as predikant by Striata

Page 11: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/05/Kandelaar-19-Mei-2019.pdf · glo en waar dit gelees word, is daar lewe! Jy is welkom om dit saam te beleef en as voorbereiding

11 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Ons doen voorbidding vir die volgende: Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking (Jakobus 5:16).

As die lewe jou platslaan – en dit sal – staan op! As dit jou weer op jou knieë dwing – en dit sal – bly daar. Dis die beste posisie om te bid. Ethel Barrymore. Wanneer ons saam en vir ander bid dra ons mekaar se laste en gee op die manier uitvoering aan die wet van Christus.

Kom ons dra mekaar in gebed. Bid vir die leiersraad, gemeente (bedienings, finansies, personeel .......). Striata met haar mense. Party is siek, alleen, verswak, bekommerd, in ‘n krisis ...... bid saam met hulle vir krag, hoop en liefde. Ander is nog op en wakker, vrolik en dankbaar ...... bid saam met hulle en wees dankbaar.

Wat ek is, is net genade. Wat ek het, is net geleen. Eintlik smag ek na U waters van rus. Lei my Heer vanaand daarheen. (Gebed: Koos du Plessis)

Gebedsversoeke kan aan leiersraad, ds. Frans asook Hilda Human deurgegee word. Jy bepaal self of dit op die Kandelaar, gemeentelike gebed bediening of in die kleine gesirkuleer word vir

Bybelstudie

Gesamentlike Bybelstudie om 10:00. Ons begin met die Evangelie van Johannes. Die Evangelie is die krag tot redding vir elkeen wat glo en waar dit gelees word, is daar lewe! Jy is welkom om dit saam te beleef en as voorbereiding kan jy gerus vers 1-18 deurlees.

Dankie vir ds. Kobie Oosthuizen vir die aanbied van Hebreërs. Ons het so baie geleer van die boek en kan met nuwe opwinding dit verder lees.

Page 12: ROOIKERK-EREDIENSTErooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/05/Kandelaar-19-Mei-2019.pdf · glo en waar dit gelees word, is daar lewe! Jy is welkom om dit saam te beleef en as voorbereiding

12 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Paar los gedagtes rondom die tema

Die gemeenskap van die gelowiges is ʼn versameling mense wat voor God en hul medemens in waarheid en liefde en geregtigheid wil leef; mense wat bereid is om diensknegte van ander te wees; mense wat nie omgee om op te offer vir ander nie. Coenie Burger.

Die enigste genesing van die wêreld se pyn lê in gemeenskap met mekaar. M Scott Peck.

Slegs deur liefde teenoor ons naaste kan ons gemeenskap met God ervaar. Albert Schweizer

God se genade groei die weligste as dit winter is in ons lewe. Samuel Rutherford (1600-1661).

As jy ‘n skip wil bou, moenie mense opkommandeer om hout te soek, werkspanne te vorm, bevele na te kom nie. Wek eerder ‘n verlange na die wye, eindelose see in hulle harte, en kyk hoe gemotiveerd bou hulle vanself daar die boot. Antoine de Saint-Expurery (1900-1944).

Vir my is die belangrikste nie of God aan ons kan is nie, maar of ons aan sy kant is. Abraham Lincoln (1809-1865).

Net hulle wat die onsienlike sien kan die onmoontlike doen.

Francois, Duc, de la Rochefoucauld (1613-1680).