rietfontein webblad: huldeblyk aan dr daan ... · – phil bosmans saamrygeleentheid gesoek enige...

17
1 HULDEBLYK AAN DR DAAN VORSTER Die leerders het Donderdag, 8 Augustus, in die vierkant, ‘n huldeblyk gedoen aan dr. Daan Vorster wat die vorige dag oorlede is. Daar is ’n leemte in die skool vanoggend. ’n Plekkie wat nooit weer gevul sal word nie. Dok het baie diep spore getrap in die skool en sy leerders se harte. Nie net almal wat vandag hier staan nie maar al die leerders van jare voor ons. Hy was op ’n vreemde manier die rots van die skool. Almal het hom geken en almal het van hom gehou, hy was ’n goeie man. Hy was ’n opregte man, pa en mentor vir ons almal in hart en in siel. Dit is waar dat ’n reuse- ou Geelhoutboom, geval het. Hy was altyd vriendelik en bereid om jou te help met enigiets waarmee jy hulp nodig gehad het. Hy was iemand met wie jy kon gaan praat en vra vir raad of jy nou stout was of nie. Hy was nie net deel van die skool soos wat die bakstene wat hom gebou het, is nie, hy is steeds deel van die skool en sal altyd wees. Dit is vir ons ’n groot seer in ons harte om iemand so na aan ons almal en die skool te verloor. Daar is ’n gesegde, “gone but not forgotten”. Dok sal altyd in ons almal se harte woon, en sy spore in die skool sal bly staan vir geslagte op geslagte om waar te neem. Die volgende is die woorde van twee van ons graad 11-leerders wat baie naby was aan dok: “Ek as ’n leerder van HTS John Vorster staan vandag hier as ’n seun wat ’n stuk van sy hart en skool verloor het. Dok was ’n pa en ’n vriend gewees in baie van ons lewens, iemand met wie jy als kan deel vir al die rokers en moeilikheid makers. Ons onthou dat Dok altyd ’n liefhebber van Voyager groen sigarette was. Daai is ’n reuk wat ons sal mis saam met Dok se glimlag en sin vir humor.” “Dok was ’n baie reguit en eerlike persoon, hy was my tweede pa en om iemand soos my pa te verloor breek my hart, hy was daar vir my toe ek iemand nodig gehad het. Dok het nooit ’n probleem gehad om te help nie, om te dink dat toekomstige JV-leerders nie vir Dok sal kan ken nie is ‘n groot verlies. Ons as leerders van HTS John Vorster sal nooit vir Dok vergeet nie. “ Ons groet vandag ’n merkwaardige persoon. Dok, tot ons weer ontmoet. Mag die Here u gesin in die tyd dra en vertroos en weet dat elke JV aan hulle dink en vir hulle sal bid. MOSIES Mev. Veronica Roach verjaar Vrydag, 16 Augustus. Baie geluk! JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein Webblad: www.htsjv.co.za No 26/2019

Upload: others

Post on 20-Feb-2020

19 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

1

HULDEBLYK AAN DR DAAN VORSTER

Die leerders het Donderdag, 8 Augustus, in die vierkant, ‘n huldeblyk gedoen

aan dr. Daan Vorster wat die vorige dag oorlede is.

Daar is ’n leemte in die skool vanoggend. ’n Plekkie wat nooit weer gevul sal

word nie. Dok het baie diep spore getrap in die skool en sy leerders se harte.

Nie net almal wat vandag hier staan nie maar al die leerders van jare voor

ons. Hy was op ’n vreemde manier die rots van die skool. Almal het hom

geken en almal het van hom gehou, hy was ’n goeie man. Hy was ’n opregte

man, pa en mentor vir ons almal in hart en in siel. Dit is waar dat ’n

reuse- ou Geelhoutboom, geval het.

Hy was altyd vriendelik en bereid om jou te help met enigiets waarmee jy hulp nodig gehad het. Hy

was iemand met wie jy kon gaan praat en vra vir raad of jy nou stout was of nie. Hy was nie

net deel van die skool soos wat die bakstene wat hom gebou het, is nie, hy is steeds deel van die

skool en sal altyd wees. Dit is vir ons ’n groot seer in ons harte om iemand so na aan ons almal

en die skool te verloor. Daar is ’n gesegde, “gone but not forgotten”. Dok sal altyd in ons almal se

harte woon, en sy spore in die skool sal bly staan vir geslagte op geslagte om waar te neem.

Die volgende is die woorde van twee van ons graad 11-leerders wat baie naby was aan dok:

“Ek as ’n leerder van HTS John Vorster staan vandag hier as ’n seun wat ’n stuk van sy hart en

skool verloor het. Dok was ’n pa en ’n vriend gewees in baie van ons lewens, iemand met wie jy als

kan deel vir al die rokers en moeilikheid makers. Ons onthou dat Dok altyd ’n liefhebber van Voyager

groen sigarette was. Daai is ’n reuk wat ons sal mis saam met Dok se glimlag en sin vir humor.”

“Dok was ’n baie reguit en eerlike persoon, hy was my tweede pa en om iemand soos my pa te

verloor breek my hart, hy was daar vir my toe ek iemand nodig gehad het. Dok het nooit ’n

probleem gehad om te help nie, om te dink dat toekomstige JV-leerders nie vir Dok sal kan ken nie

is ‘n groot verlies. Ons as leerders van HTS John Vorster sal nooit vir Dok vergeet nie. “

Ons groet vandag ’n merkwaardige persoon. Dok, tot ons weer ontmoet. Mag die Here u gesin in die

tyd dra en vertroos en weet dat elke JV aan hulle dink en vir hulle sal bid.

MOSIES

Mev. Veronica Roach verjaar Vrydag, 16 Augustus. Baie geluk!

JV-NUUS

Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2

Rietfontein

Webblad: www.htsjv.co.za

No 26/2019

/2017

2

TUT-KOMPETISIE

Tydens die jaarliks TUT-ingenieurskompetisie het die JV’s uitsonderlik presteer en ook as

algehele wenners uit die stryd getree.

Ons behaal eerste ses plekke en vier derde plekke uit die 11 afdelings.

Leonard Marren en Erik de Jong Eerste- Meganiese Ingenieurwese

Marcell Hewitt, Daniel Truter en Cobus van Wyk Eerste- Industriële Ontwerp

Anro Swartz

Eerste- Industriële Ontwerp

3

Zander Bezuidenhout, Zandré van der Merwe en Ettiene Wiese

Eerste- Chemiese Ingenieurswese

Danté Kruger, Johan Lindeque en Juandre van der Merwe

Eerste- Bouwetenskappe

Angelique Johnson en Duan Filmalter.

Eerste- Argitektuur

4

Teagen Turner, Francois Massyn, Zander Venter en Wian Potgieter

Derde- Metallurgiese Ingenieurswese

Rikus Rörich, Marietha Wolmerans en Ruan Venyer

Derde- Polimeer Tegnologie

Adriaan Theron en Coenraad Slabber

Derde- Elektriese Ingenieurswese

5

Jaco Groenewald, Ivan Kruger en Inge Vosloo

Derde- Siviele Ingenieurswese

NUWE ONTWIKKELING – HTS JOHN VORSTER

KOOPS, die motorwerktuigkunde besigheid in Voortrekkerweg, Pretoria, bewys

betrokkenheid by leerder- en onderwyseropleiding in die nuwe Motorkundesentrum van

die Hoër Tegnologiese Skool John Vorster. Die totale skenking van oor die R150 000.00

se toerusting behels onder andere ‘n simulasie toetsbord vir motorvoertuie wat met ‘n

Elektroniese Enjin Beheereenheid (EBE/ECU) toegerus is. Dit sluit onder andere

alternators, aansitters ensovoorts in. Hierdie toerusting is alreeds met groot sukses in die

onderrig van Motorkunde-leerders en opleiding van onderwyspersoneel van verskeie skole

aangewend. Hierdie bydrae maak opleiding op ‘n hoër vlak moontlik.

Mnr. Dirk de Jongh, eienaar van KOOPS, oorhandig die simulasie

toetsbord aan die Hoof, mnr. Chris Steinmann

6

GROEPFOTO’S

Groepfoto's is teen k111, 112 en 113 se vensters op. Indien jy wil bestel, kry asb by

daardie klas se onderwyser 'n koevert, volg die instruksies op die koevert, en handig dit

voor 4 September 2019 by die finansiële kantoor in. Gebruik asb die name soos op die

vasgekramde papier, A5=R50 en A4=R70.

KULTUUR

GR 6-INGENIEURSDAG

Ons bied weer op 31 Augustus ons jaarlikse Beroepsgerigte Gr 6-Ingenieursdag

vir huidige gr 6-leerders aan. Daar is slegs 40 plekke beskikbaar.

Kontak die Algemene Kantoor vir meer inligting en om in te skryf.

7

BUITESPORT

Tiaan Louw in graad 11/4 het deelgeneem aan die grasbaan tennistoernooi by die

Irene buiteklub. Daar was 18 deelnemers by die o/18 seuns en hy het die tweede

plek verower. Baie geluk!

KRIEKET

8

LANDLOOP

Ons lê steeds 6de in die liga uit 18 skole.

9

TUINRUBRIEK

Lieflike roostyd wat voorlê.

Rose moes al in Julie of die eerste week in Augustus gesnoei gewees het, maar indien jy

nie het nie is dit nooit te laat nie!

Snoei dit en begin deur met Ludwig’s Inseksproei te spuit. Dit help om die dopluise en

wolluise te bekamp.

Gooi ‘n lekker dik laag kompos om die basis van die rose en sit Vigorosa of Vogolonger by.

Jy kan ook rose wat op verkeerde plekke staan nou oorplant soos rose wat min tot geen

blomme dra as gevolg van te min son in die somer.

Benat met ‘n mengsel van water en Nitrosol. Dit versterk groei en help die vorm van

blomme. Doen dit elke 14 dae.

Roosplante hou van koel klam grond om pragtige blomme te verseker.

BLUE MOON

‘n Paar roosblomme wat voortreflik ruik is “Blue moon” en “Double delight”. Sien ‘n

proffesionele rooskweker soos Ludwig Taschner, net Noord van Pretoria indien jy ‘n

ernstige roosbedding of beddings beplan.

DOUBLE DELIGHT.

Grasperke kan bemes word met 2:3:2 vir die groeiseisoen wat voorlê.

Onthou om deeglik te benat na die bemesting.

10

Snoei struike en bome wat laaghangende takke het of wat onooglik lyk. Dooie takke kan

ook uitgesny word.

Gooi ‘n dik laag kompos in alle beddings, en om alle bome. Dit sal die struktuur verbeter

en ook vog/water behou vir die warm somer wat voorlê.

Moet nooit meer as 1/3 van enige struik of boom afsnoei gedurende die groei-seisoen.

GEDAGTE VIR DIE WEEK

Gelukkig is die mens wat nie geluk najaag soos agter ‘n vlinder aan nie, maar dankbaar is

vir alles wat hom gegee word. – Phil Bosmans

SAAMRYGELEENTHEID GESOEK

Enige iemand wat kan help met ‘n saamrygeleentheid vanaf Mayville/Eloffsdal

omgewing, kontak asseblief vir Reon van Sittert by 081 401 7715.

Enige iemand wat kan help met ‘n saamrygeleentheid vanaf Braam Pretorius-

straat, kontak Elmarie Ludik by [email protected].

GRAPJAS

Twee seuntjies kyk na die flaminke in die dieretuin. “Hoekom staan hulle altyd

net op een been?” vra die een seuntjie.

“Want as hulle die ander been ook optel, sal hulle mos omval,” sê die ander

seuntjie.

PLC-KURSUS

Daar is nog net 10 plekke oop vir die PLC-kursus van 23-27 September. Inskryfvorm en

inligtingsbrief is agter aangeheg vir u gerief.

11

EKSAMEN RAAD

Verseker só goeie punte tydens die eksamen

Die Rekord -en Eindeksamen is weer om die draai! Vakkenners van die Skole-

ondersteuningsentrum (SOS) het met ons gedeel waarom dit belangrik is om ou vraestelle

uit te werk en ekstra hulpbronne te gebruik voor ’n groot eksamen, ten einde te verseker dat

jy die uitslae kry wat jy begeer.

Werk ou vraestelle uit

Johan Koekemoer, hoof van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW),

sê kandidate kan beslis hul punte verbeter deur ou wiskunde-vraestelle voor die eksamen

uit te werk. “Soos enigiets wat jy oefen raak jy meer vertroud en het jy meer selfvertroue en

dus laer stresvlakke tydens eksamen. Dit verbeter jou vermoë om oopkop en

probleemoplossend te dink.”

Kyk na vraestelle wat deur ander onderwysers opgestel is

Volgens Koekemoer is dit veral goed om vraestelle uit te werk wat deur onderwysers by

ander skole opgestel is, omdat vraestelle in hoër grade dikwels departementeel of nasionaal

opgestel word. “Indien jy net gewoond is aan jou onderwyser se manier van vrae vra en nie

gemaklik is om ander tipe vrae te beantwoord nie, kan dit jou dalk kniehalter, veral in

matriek.” Hugo Vermeulen, hoof van Opleiding aan die SOS en veral betrokke by WETO

(die SOS se Wetenskap-vakvereniging) stem saam. Alle onderwysers het hul eie sterkpunte

en kan soms geneig wees om tydens interne eksamens op hierdie sterkpunte te fokus met

die opstel van die vraestel. Deur blootstelling aan ’n verskeidenheid onderwysers se

vraestelle, sal jy aan vrae van ’n groter verskeidenheid inhoud blootgestel word.”

Raak vertroud met die tipe vrae en antwoorde

Jana Terblanche, hoof van die Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT)

sê die bestudering van ekstra hulpbronne is noodsaaklik vir leerders wat werk vir ‘n

onderskeiding. “Hoe meer hulpbronne jy gebruik, hoe sekerder is jy om sukses te behaal,

want dit gee vir jou breër kennis en insig. Veral in die poësie en letterkunde vraestelle is dit

belangrik om te kan toon dat jy meer as een bron kan aanhaal of meerdere insig toon

wanneer jy die poësie vrae beantwoord.”

Sy noem ook dat vraestelle so opgestel word dat dit poog om al die werk van ‘n jaar of fase

te dek. “Indien jy gereeld vraestelle uitwerk, kom jy in voeling met hóé belangrik sekere

afdelings van die werk is, want dit word gewoonlik van jaar tot jaar herhaal. Jy kry ook ‘n

idee van die “gewig” wat sekere werk gewoonlik in ‘n vraestel tel. So kan 10% van die vrae

insig verg en 90% feitekennis, dus moet jy wel sekere werk uit jou kop ken.” Terblanche sê

hoe meer vraestelle ’n leerder uitwerk, hoe meer gekonfyt raak hy in die eksakte

beantwoording daarvan, byvoorbeeld hoe om volsin antwoorde in ‘n begripstoets te gee,

maar sonder omhaal van onnodige woorde. “Of jy bemeester die tegniek van ‘n

letterkundige opstel.”

Besoek Die Markplein by https://markplein.co.za/

12

FONDSINSAMELINGS

Total

Ondersteun asseblief vir Total wanneer u brandstof ingooi. By Total Hertzog-straat

gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n gedeelte

terug.

My School

Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope doen, die skool kry ‘n persentasie en

u kry ook afslag op u aankope. Vir meer inligting gaan na www.myschool.co.za of

skakel hulle op 0860 100 445. U kan ook ‘n aansoekvorm by die algemene kantoor

kom afhaal.

Makro

Daar is twee opsies:

Indien u nie ‘n Makrokaart het nie, kan u aansoek doen om ‘n kaart te bekom.

U kaart word dan aan HTS John Vorster se rekening gekoppel en die skool

ontvang ‘n persentasie van die wins van die aankope in die vorm van ‘n rabat.

Indien u wel ‘n Makrokaart besit, kan u ook die vorm voltooi en versoek dat die kaart

aan HTS John Vorster gekoppel word, sodat die skool vir alle aankope wat u by

Makro maak, die rabat ontvang.

Blits Elektries

Wanneer u enige aankope by Blits doen, noem die skool se naam sodat hulle dit

kan aanteken, die skool ontvang krediet.

13

14

INSKRYWINGSVORM VIR 23 TOT 27 SEPTEMBER 2019

Die inligting op hierdie vorm word gebruik vir die uitreik van die sertifikaat. Maak dus deeglik seker dat alle inligting korrek is.

VOLTOOI ELEKTRONIES ASSEBLIEF:

VAN : Click or tap here to enter text.

NAAM : Click or tap here to enter text. (Geboorte name)

IDNOMMER : Click or tap here to enter text.

KONTAKBESONDERHEDE : Verskaf asseblief n kontaknommer waar ons u kan kontak

KANDIDAAT : Selfoon : Click or tap here to enter text.

E-pos : Click or tap here to enter text.

OUER : (Selfoon) : Click or tap here to enter text. (Verwantskap) : Click or tap here to enter text.

(E-pos) : Click or tap here to enter text.

Dui asseblief aan watter kursus u gaan bywoon:

Inleidingskursus : ☐ ( 23 September tot 25 September 2019 : Koste R2000 )

Gevorderde kursus : ☐ ( 26 September tot 27 September 2019 : Koste R1500

)

Beide : ☐ ( 23 September tot 27September 2019 : Koste R3500)

BEWYS VAN BETALING aangeheg aan inskrywingsvorm en ge-epos : JA ☐ NEE

☐ Bevestiging van u inskrywing vir die kursus sal aan u ge-epos word by ontvangs van bewys van betaling.

15

ADVERTENSIES

16

17

STRESONTLAAIER