reËls en regulasies vir verhuring van lapa – 2020€¦  · web viewdeposito’s word met ‘n...

2
REËLS EN REGULASIES VIR VERHURING VAN LAPA – 2020 ‘n Deposito van R2500.00 is onmiddellik betaalbaar met bespreking van lapa en addisionele huurgeld van R2500.00 is betaalbaar die Woensdag voor u funksie. Geen tjeks word aanvaar nie, slegs kontant asseblief. Indien die lapa gekanselleer word, verbeur die huurder die R2500.00 deposito PARAAF_________ Die Lapa word geensins gedurende die vakansie verhuur nie. Swembad is ongelukkig nie ingesluit in die ooreenkoms nie. Stoele en tafels kan aan u voorsien word indien u vooraf gereel. U moet voorsiening maak vir u eie badkamerbenodighede soos handseep, tioletpapier, spuitgoed, handoeke ensv. asook eie breekgoed, tafeldoeke, skottelgoedseep, wasbakproppe, besem, skoppie en mop. Ons voorsien swartsakke reeds in vullisdromme. Na gebruik van die lapa, die perseel en area direk aangrensend van die lapa besigtig om enige skade vas te stel. Die deposito is terugbetaalbaar afhangende van enige skade wat hom sou voordoen. Deposito’s word met ‘n internetbetaling aan u terugbetaal binne 5 werksdae en moet u ons voorsien van u bankbesonderhede. U sal verantwoordelik gehou word vir die geraamde skade indien dit die R2500,00 (deposito) oorskry asook vir die herstel daarvan deur u eie arbeid. Na gebruik van die lapa sal die perseel deur u opgeruim word. U moet u eie arbeid voorsien. Indien ons moet opruim word die arbeid van u deposito afgetrek. By vertrek moet u toesien dat ablusiefasiliteite asook toegangshekke gesluit en alarm geaktiveer is, indien u sou nalaat sal u verantwoordelik gehou word vir diefstal of enige geraamde skade waarop u dan u deposito ook sal verbeur. ‘n Huurooreenkoms word tussen Huurder en Laerskool Rustenburg onderteken met gebruikneming van lapa. Bankbesonderhede : Indien u ‘n internet betaling wil maak is ons bankbesonderhede as volg: Laerskool Rustenburg, Absa Bank, Rekeningnommer: 1220 490 838, Takkode: 632005 Verwysing:Lapa/ U besigheid se naam of u eie van/datum van bespreking bv Lapa U moet asseblief u bewys van oorbetaling faks na: 014-5928014 vir aandag Admin. of u kan dit e-pos na [email protected]. Sleutels moet ingehandig word op die eerste werksdag om 8:30 by die Openbaringe Betrekking kantoor Indien nie ingehandig om 8:30 verbeur u die deposito. PARAAF______ Parkering en veiligheid van voertuie: Geen voertuie mag verby die lapa geparkeer word nie. Moet nie waardevolle items in u voertuig laat nie. Sluit asseblief die hekke nadat al u gaste gearriveer het. Reël asseblief ‘n wag vir die voertuie. Die Beheerraad het alles moontlik binne hulle vermoë gedoen om die terrein te beveilig en dra geen verantwoordelikheid ten

Upload: others

Post on 30-Apr-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: REËLS EN REGULASIES VIR VERHURING VAN LAPA – 2020€¦  · Web viewDeposito’s word met ‘n internetbetaling aan u terugbetaal binne 5 werksdae en moet u ons voorsien van u

REËLS EN REGULASIES VIR VERHURING VAN LAPA – 2020

‘n Deposito van R2500.00 is onmiddellik betaalbaar met bespreking van lapa en addisionele huurgeld van R2500.00 is betaalbaar die Woensdag voor u funksie.Geen tjeks word aanvaar nie, slegs kontant asseblief. Indien die lapa gekanselleer word, verbeur die huurder die R2500.00 deposito PARAAF_________

Die Lapa word geensins gedurende die vakansie verhuur nie.

Swembad is ongelukkig nie ingesluit in die ooreenkoms nie. Stoele en tafels kan aan u voorsien word indien u vooraf gereel. U moet voorsiening maak vir u eie badkamerbenodighede soos handseep, tioletpapier, spuitgoed, handoeke ensv. asook eie breekgoed, tafeldoeke, skottelgoedseep, wasbakproppe, besem, skoppie en mop. Ons voorsien swartsakke reeds in vullisdromme.

Na gebruik van die lapa, die perseel en area direk aangrensend van die lapa besigtig om enige skade vas te stel. Die deposito is terugbetaalbaar afhangende van enige skade wat hom sou voordoen. Deposito’s word met ‘n internetbetaling aan u terugbetaal binne 5 werksdae en moet u ons voorsien van u bankbesonderhede. U sal verantwoordelik gehou word vir die geraamde skade indien dit die R2500,00 (deposito) oorskry asook vir die herstel daarvan deur u eie arbeid.

Na gebruik van die lapa sal die perseel deur u opgeruim word. U moet u eie arbeid voorsien.Indien ons moet opruim word die arbeid van u deposito afgetrek. By vertrek moet u toesien dat ablusiefasiliteite asook toegangshekke gesluit en alarm geaktiveer is, indien u sou nalaat sal u verantwoordelik gehou word vir diefstal of enige geraamde skade waarop u dan u deposito ook sal verbeur.

‘n Huurooreenkoms word tussen Huurder en Laerskool Rustenburg onderteken met gebruikneming van lapa.

Bankbesonderhede:Indien u ‘n internet betaling wil maak is ons bankbesonderhede as volg:Laerskool Rustenburg, Absa Bank, Rekeningnommer: 1220 490 838, Takkode: 632005Verwysing:Lapa/ U besigheid se naam of u eie van/datum van bespreking bv Lapa

U moet asseblief u bewys van oorbetaling faks na: 014-5928014 vir aandag Admin. of u kan dit e-pos na [email protected].

Sleutels moet ingehandig word op die eerste werksdag om 8:30 by die Openbaringe Betrekking kantoorIndien nie ingehandig om 8:30 verbeur u die deposito. PARAAF______

Parkering en veiligheid van voertuie:Geen voertuie mag verby die lapa geparkeer word nie. Moet nie waardevolle items in u voertuig

laat nie. Sluit asseblief die hekke nadat al u gaste gearriveer het. Reël asseblief ‘n wag vir die voertuie. Die Beheerraad het alles moontlik binne hulle vermoë gedoen om die terrein te beveilig en dra geen verantwoordelikheid ten opsigte van diefstal nie. PARAAF______ KONTAK NR INGEVAL NOOD: HUURDER GEBRUIK LAPA OP EIE RISIKO EN DAAR WORD VERWAG DAT U VERANTWOORDELIK SAL OPTREE INSAKE BOGENOEMDE REELS. REG VAN TOEGANG WORD VOORBEHOU. DIE BEHEERRAAD DRA GEEN VERANTWOORDELIKHEID TEN OPSIGTE VAN BRAND, DIEFSTAL EN ONNATUURLIKE VOORVALLE NIE.

___________________ _____________________Handtekening Datum