registrasie in 2016! ou infrastruktuur in fp! voorafbetaalde meters · 2016-02-26 · and news no...

2
Inligting & Nuus Nr 2/2016 | 4 English version on the website (Fichardtpark Neigh- bourhood Association—Downloads—Information and News No 2/2016) and at the FNA office, 6 Altona Crescent, Fichardt Park. Registrasie in 2016! Die plaaslike verkiesing is om die draai. Kiesers kan by twee geleenthede hul inligting verifieer of ook registreer: Datum: 5 en 6 Maart 2016 Stemlokale: Fichardtpark Primêre Skool Fichardtpark Hoërskool Rosenhof Hoërskool Bobbiespark Tent in Jan Enslinstraat Jy kan jou status nagaan deur jou ID nommer te sms na 32810 (R1-00 per sms). Voorafbetaalde meters Daar is inwoners wat briewe van Centlec ontvang om hulle te verplig om voorafbetaalde meters te laat installeer. Hoewel dit ‘n gegewe is dat almal uiteindelik voorafbetaalde meters sal moet hê, kan nie- mand op hierdie stadium verplig word daartoe nie. Voordele van voorafbetaalde meters: Jy kan vir ‘n vasgestelde bedrag begroot. Jy kan jou kragverbruik beheer omdat jy dit daagliks kan lees. Dit bring mee dat daar nie uitstaande bedrae is aan die einde van huurtydperke nie. Jy ontvang geen verrassingsrekeninge nie! Gaan lees gerus oor die tariewe en verbruik op www.fichardtpark.co.za Inligting & Nuus Nr 2/2016 | 1 Ou infrastruktuur in FP! Inwoners sal oplet dat daar baie infrastruktuur agterstande in Fichardtpark is. Fichardtpark het in 1975 tot stand gekom. Dus is die woonbuurt hierdie jaar 41 jaar oud. Stormwaterpype begin ingee en daar is veral baie riooloorlope in die afgelope tyd. Inwoners sal ook opmerk dat vele van die lamp- pale se elektriese drade oop is en dus ‘n gevaar skep, veral vir klein kinders wat in die strate loop. Die FWA het twee jaar gelede ‘n volledige opname oor die toestand van al die ligte in Fichardtpark aan Centlec voorsien. Van die probleme is aangespreek, maar die agterstand is groot. Die FWA het Centlec ook onlangs ver- soek om die ligte op die Jan Enslinpark te her- stel omdat ongewenste aktwiteite daar in die openbaar gepleeg word. Inwoners kan infrastruktuurfoute by die MMM in- belsentrum aanmeld (0800 111 300) en ligte by Centlec se inbelsentrum (086 007 6937). Stukkende stormwaterpyp in Philipsweg

Upload: others

Post on 09-Aug-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Registrasie in 2016! Ou infrastruktuur in FP! Voorafbetaalde meters · 2016-02-26 · and News No 2/2016) and at the FNA office, 6 Altona Crescent, Fichardt Park. Registrasie in 2016!

Inligting & Nuus Nr 2/2016 | 4

English version on the website (Fichardtpark Neigh-bourhood Association—Downloads—Information and News No 2/2016) and at the FNA office, 6 Altona Crescent, Fichardt Park.

Registrasie in 2016! Die plaaslike verkiesing is om die draai. Kiesers kan by twee geleenthede hul inligting verifieer of ook registreer:

Datum: 5 en 6 Maart 2016

Stemlokale: Fichardtpark Primêre Skool Fichardtpark Hoërskool Rosenhof Hoërskool Bobbiespark Tent in Jan Enslinstraat

Jy kan jou status nagaan deur jou ID nommer te sms na 32810 (R1-00 per sms).

Voorafbetaalde meters Daar is inwoners wat briewe van Centlec ontvang om hulle te verplig om voorafbetaalde meters te laat installeer. Hoewel dit ‘n gegewe is dat almal uiteindelik voorafbetaalde meters sal moet hê, kan nie-mand op hierdie stadium verplig word daartoe nie. Voordele van voorafbetaalde meters: Jy kan vir ‘n vasgestelde bedrag begroot. Jy kan jou kragverbruik beheer omdat jy dit

daagliks kan lees. Dit bring mee dat daar nie uitstaande

bedrae is aan die einde van huurtydperke nie.

Jy ontvang geen verrassingsrekeninge nie! Gaan lees gerus oor die tariewe en verbruik op www.fichardtpark.co.za

Inligting & Nuus Nr 2/2016 | 1

Ou infrastruktuur in FP! Inwoners sal oplet dat daar baie infrastruktuur agterstande in Fichardtpark is. Fichardtpark het in 1975 tot stand gekom. Dus is die woonbuurt hierdie jaar 41 jaar oud. Stormwaterpype begin ingee en daar is veral baie riooloorlope in die afgelope tyd. Inwoners sal ook opmerk dat vele van die lamp-pale se elektriese drade oop is en dus ‘n gevaar skep, veral vir klein kinders wat in die strate loop. Die FWA het twee jaar gelede ‘n volledige opname oor die toestand van al die ligte in Fichardtpark aan Centlec voorsien. Van die probleme is aangespreek, maar die agterstand is groot. Die FWA het Centlec ook onlangs ver-soek om die ligte op die Jan Enslinpark te her-stel omdat ongewenste aktwiteite daar in die openbaar gepleeg word. Inwoners kan infrastruktuurfoute by die MMM in-belsentrum aanmeld (0800 111 300) en ligte by Centlec se inbelsentrum (086 007 6937).

Stukkende stormwaterpyp in Philipsweg

Page 2: Registrasie in 2016! Ou infrastruktuur in FP! Voorafbetaalde meters · 2016-02-26 · and News No 2/2016) and at the FNA office, 6 Altona Crescent, Fichardt Park. Registrasie in 2016!

Inligting & Nuus Nr 2/2016 | 2

31874, Fichardtpark, 9317 Faks: 086 566 0086 [email protected]

FWA kontakbesonderhede:

Voorsitter (waarnemend) Jan Louw 079 881 1142

Ondervoorsitter Jan Louw 079 881 1142

Administrasie Celia Meyer 082 803 3624

Bevelvoerders: Misdaadvry!!!

Jacques Meiring Vicus Geel

076 277 3022

FICH-Net assistent Johanna Venter 083 501 0665

Fichardtpark: WOW buurt! Een van die redes wat Fichardtpark laat uitstaan bo ander woonbuurte, is die effektiewe FICH-Net radionetwerk. Die FWA se droom om ‘n netwerk te stig, is bewaardheid in Oktober 2013. Na deeglike beplanning het die FICH-Net komitee ‘n roepseinstelsel in plek gestel wat mettertyd aangepas is om by die Misdaadvrye Operasionele Veiligheidsplan van die FWA aan

te sluit. Ons maak hoofsaaklik gebruik van die ZARTEK ZA-705 wat ons teen ‘n spesiale prys kry omdat om groter bestellings plaas. Ons bevelvoerders, sowel as die voertuie van Chubb, ADT, SecuriForce, Nissi en ITR en SAPD is toegerus met die FICH-Net ra-dio vir effektiewe kommunikasie. Ons het tans ‘n goeie voorraad van radio’s. Die koste is R1075 per radio. Bestel vandag nog by [email protected] of 086 273 0291 en word ‘n bewaker van jou eie woonbuurt.

Ons wil graag van jou hoor! Gebruik die “Contact Us” of “Join us” sleutel by

www.fichardtpark.co.za

Inligting & Nuus Nr 2/2016 | 3

Misdaad in Fichardtpark Die FWA hou rekord van die misdaadinsidente wat plaasvind. In Desember 2015 het misdaad afgeneem teenoor Desember 2014. In Januarie 2015 en 2016 was die misdaad min of meer dieselfde. Hierdie resultate is a.g.v. die goeie samewerking tussen die FWA bevelvoer-ders, die sekuriteitsmaatskappye (Chubb, Securi-Force, Nissi en ITR) en die SAPD.

Die FWA bevelvoerders Jacques Meiring en Vicus Geel (onlangs aangestel), alias Sierra 1 en 2, is die FWA bevel-voerders wat onverpoos 24/7 misdaad beveg. Hulle is beide uitstekend toegerus om hul werk te doen. Beide dra FICH-Net radio’s. Hulle word verder ondersteun deur Chubb, Se-curiForce, Nissi en ITR en SAPD. Chubb het die volledige diensvlakooreenkoms met die FWA gesluit, terwyl SecuriForce, Nissi en ITR pro-rata ooreenkomste geteken het.

Jacques Meiring Vicus Geel