reeks 2: roeping - lynnwoodriflynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/reeks-2_roeping.pdf/ eksodus 3 -...

18
Reeks 2: Roeping Die roeping van Moses | Ester | Die Dissipels |Paulus

Upload: others

Post on 23-Jan-2021

9 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Reeks 2: Roeping - Lynnwoodriflynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Reeks-2_roeping.pdf/ Eksodus 3 - YAHWEH / Eksodus 15 - Yahweh Rophe / Eksodus 17 - Yahweh Nissi.] 4. Regdeur die

Reeks 2: RoepingDie roeping van

Moses | Ester | Die Dissipels |Paulus

Page 2: Reeks 2: Roeping - Lynnwoodriflynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Reeks-2_roeping.pdf/ Eksodus 3 - YAHWEH / Eksodus 15 - Yahweh Rophe / Eksodus 17 - Yahweh Nissi.] 4. Regdeur die

1

Vooraf... Roeping… hierdie reeks laat ons nie net eerlik-naak voor die spieël staan nie, eers neem

hierdie reeks ons na vier ontmoetings: Moses, Ester, Jesus se dissipels en Paulus. Die

bevestiging van die Here se roeping op hul lewens was geen add-on vir hulle, maar maak

hulle die ontdekking dat hul roeping hul lewe is, of dan hul lewens is hul roeping!

So, waarvoor leef jy? Waarom is jy hier? Dit is eintlik opwindend om te dink dat elke mens

wat ooit op Planeet Aarde geleef het, ‘n baie spesifieke roeping op sy/haar lewe

(gehad) het, en daarom is ons verwagting in hierdie reeks dat elkeen die Here se roeping

op sy/haar lewe sal bevestig, of dalk vir die eerste ontdek!

Ons derde reeks wat later die jaar voorlê se tema is Jy is begaafd!, wat dus bevestig dat

die Here deur Sy Gees aan elkeen van ons ‘n gawe(s) gee. Die lekker van hierdie

waarheid is dat Hy ons nie be-gaaf om óns meer oulik of populêr te maak nie – die Skrif is

duidelik – Hy be-gaaf sodat ons mekaar sal dien, opbou en in ons geloof te versterk.

Op die invoeg-blaadjie is ‘n Jy is be-gaafd!-vraelys, en wil ons elkeen uitdaag om op

hierdie ontdekkingsreis saam met ons te gaan: voltooi die vraelys, vul jou naam en

kontaknommer in, stuur jou voltooide vraelys deur aan die Bedieninge-kantoor, neem

deel aan die Ontdek jou plek!-werkswinkel in September, en ervaar hoedat die uitleef

van jou roeping jou lewe verryk, mede-gelowiges opbou en ‘n enorme impak op die

wêreld rondom jou het!

Mag jy die Here se oorvloed genade in jou lewe beleef!

Die Leraars – Lynnwoodrif Gemeente.

Page 3: Reeks 2: Roeping - Lynnwoodriflynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Reeks-2_roeping.pdf/ Eksodus 3 - YAHWEH / Eksodus 15 - Yahweh Rophe / Eksodus 17 - Yahweh Nissi.] 4. Regdeur die

2

©Kopiereg – Lynnwoodrif Gemeente, 2016. Ook beskikbaar in E-boek by www.lynnwoodrif.co.za Eerste druk, eerste uitgawe,Junie 2016. Geset, uitgelê en ontwerp deur [email protected] Gedruk deur: LFP Printers: [email protected]

Page 4: Reeks 2: Roeping - Lynnwoodriflynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Reeks-2_roeping.pdf/ Eksodus 3 - YAHWEH / Eksodus 15 - Yahweh Rophe / Eksodus 17 - Yahweh Nissi.] 4. Regdeur die

3

WANNEER NAME EN STORIES, MERKERS EN ROEPING ONS LEWENS IMPAKTEER. - Die roeping van Moses.

GROEPBESPREKING 1. Gesels in die groep oor interessante name, en hul betekenis, wat julle al raakgeloop het. _______________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________ 2. Lees Matteus (1:1-17) se geslagsregister, en gesels oor die betekenisvolheid van 1) die noem van vroue in die stamboom van Jesus, en 2) dat elkeen van hierdie vroue se reputasie/storie hul eintlik sou diskwalifiseer om in Jesus se stamboom genoem te word. [Tamar (Genesis 38); Ragab (Josua 2); Rut (Rut 1- 4); Batseba (2 Samuel 11)] _______________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________ 3. Loer na die verskillende verhale/kontekste waarin die Here Homself deur ʼn spesifieke Naam bekendstel/openbaar. Hoe betekenisvol is dit dat die Here Homself in daardie spesifieke konteks/situasie só openbaar? (Kies dalk een Gods Naam om oor te gesels). [Name van God: Genesis 16 - El Roi / Genesis 17 - El Shaddai / Genesis 22 - Yahweh Rohe / Eksodus 3 - YAHWEH / Eksodus 15 - Yahweh Rophe / Eksodus 17 - Yahweh Nissi.] _______________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________ 4. Regdeur die Here God se storie met die mensdom het Hy kragtige merkers neergesit, deel gemaak van Sý storie met gans die mensdom… velklere om Adam en Eva te bedek; ‘n varsgeplukte olyfblaar en reënboog vir Noag; talle altare op Abraham se geloofreis; ʼn verstrengelde ram vir Isak; ʼn mank heup vir Jakob; ʼn omhelsing vir Jakob en Esau; ʼn biesiemandjie, uitgetrekte sandale, ʼn brandende doringbos en ʼn kierie vir Moses; vir Israel is daar bloedbesmeerde deurkosyne, ʼn wolkkolom en ʼn vuurkolom; twee plat klippe en die Shema. Gesels oor merkers in julle lewens… momente, geleenthede, openbarings waardeur die Here julle lewens aangeraak, omgedop en “gemerk” het. _______________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________ 5. Genesis 3:7 is treffend, “Ek het die ellende van my volk in Egipte duidelik gesien en hulle noodkrete oor die slawedrywers gehoor. Ek het hulle lyding ter harte geneem. Daarom het Ek afgekom om hulle uit die mag van Egipte te bevry… daarom stuur Ek jou na die Farao toe”. Lees weer hierdie Skrifgedeelte saam en gesels dan saam oor… 1) die uniekheid van die roepingsmoment (die brandende doringbos), 2) Moses se reaksie op die Here se “teenwoordigheid (sandale), 3) die Here se roeping op sy lewe (verskonings). Gesels ook oor die Here se “antwoord” hierop (Sy beloftes), maar ook Sy vraag aan Moses, “Wat is in jou hand?”. _______________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________ 6. Gesels ook oor die volgende stelling: Die Here vra nie iets wat ons nie het nie.

Page 5: Reeks 2: Roeping - Lynnwoodriflynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Reeks-2_roeping.pdf/ Eksodus 3 - YAHWEH / Eksodus 15 - Yahweh Rophe / Eksodus 17 - Yahweh Nissi.] 4. Regdeur die

4

(Of vra ons die verkeerde vraag… Is jy bereid om dit wie jy ís, en dit wat jy hét in diens van Sy roeping op jou lewe te stel?) _______________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________ _______________________________________________________________________________________

Page 6: Reeks 2: Roeping - Lynnwoodriflynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Reeks-2_roeping.pdf/ Eksodus 3 - YAHWEH / Eksodus 15 - Yahweh Rophe / Eksodus 17 - Yahweh Nissi.] 4. Regdeur die

5

GEROEP VIR ‘N TYD SOOS HIERDIE. - Die roeping van Ester

GROEPBESPREKING 1. Lees Ester 2:1-18

Ester was ‘n Joodse weeskind wat deur haar oom Mordegaï aangeneem en grootgemaak is. Haar Hebreeuse naam was Hadassa wat “ster” beteken. Sy was ‘n vreemdeling, iemand wat nie waarlik ‘n plekkie in die samelewing geniet het nie, maar tog het God haar gebruik. Sy was nie perfek in menslike terme nie, ook nie heilig genoeg nie, maar in God se oë was sy net reg. God gebruik vir Ester omdat sy op die regte tyd en plek BESKIKBAAR was. Hy het haar toegerus met dit wat sy sou benodig om Sy taak uit te voer. Wanneer laas was jy werklik BESKIKBAAR om as instrument in die Here se hand gebruik te word? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ 2. Lees Ester 4:14 Die draaipunt in Ester se lewe het gekom toe sy besef het dat God in die oomblik werk. Mordegai se woorde in vers 14 het Ester uitgedaag om bewus te word van die feit dat sy vir die “hier en nou” geroep is. God is al lank voor haar agter die skerms aan die werk om die “hier en nou” vir haar voor te berei. Dink aan jou eie lewe. Kan jy sien waar God in die “hier en nou” betrokke is in jou lewe? Kan jy vereenselwig met die woorde van Niebuhr wat sê “God is acting in everything that is happening to you. So respond to everything that happens as if to respond to God’s action.” ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ 3. Lees Ester 8:16 God gebruik vir Ester om die Jode te red van totale uitwissing. Ester, die gewone jong meisie en weeskind, was die instrument in God se hand. God gebruik altyd gewone, gebroke mense om Sy hart bekend te maak. Ons kan nie onsself op ‘n afstand hou en nie ons hande vuil kry nie. Waar kan jy of julle as gesin aktief betrokke raak, en vir ‘n slag julle hande vuil maak vir die evangelie sodat ander iets van God se genade en barmhartigheid kan beleef? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 7: Reeks 2: Roeping - Lynnwoodriflynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Reeks-2_roeping.pdf/ Eksodus 3 - YAHWEH / Eksodus 15 - Yahweh Rophe / Eksodus 17 - Yahweh Nissi.] 4. Regdeur die

6

4. Lees Ester 6:11-4 Dit is nodig dat ons God sal vertrou dat Hy die werk sal voortsit waarmee Hy begin het. Dikwels word ons nie vir die volle “job” gebruik nie, maar sleg vir ‘n gedeelte daarvan. Ester moes vertrou dat sy alles gedoen het wat sy kon om haar volk te red. Vra vanaand vir die Here om vir jou/julle die wysheid en onderskeiding te gee sodat jy/julle kan doen wat julle moet doen, maar ook die geloof om die Here te vertrou. 5. God se naam word nêrens in die boek genoem (behalwe in hfst. 9:31 wat later invertaal is). Hoe weet jy dat God agter die skerms aan die werk was? Kan jy vereenselwig met die aanhaling van C.S. Lewis “We may ignore, but we can nowhere evade, the prensence of God. The world is crowded with Him. He walks everywhere incognito.” Waar is God in jou/julle lewe betrokke en sigbaar? _____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ 6. Familie tyd! Kyk die film “One night with a King.” FILM wat gebruik kan word https://www.youtube.com/watch?v=kRampj_02a0 Film “One night with a King”

Page 8: Reeks 2: Roeping - Lynnwoodriflynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Reeks-2_roeping.pdf/ Eksodus 3 - YAHWEH / Eksodus 15 - Yahweh Rophe / Eksodus 17 - Yahweh Nissi.] 4. Regdeur die

7

GEROEP OM GESTUUR TE WORD. - Die roeping van die Dissipels

GROEPBESPREKING

Vandag doen ons die derde roepingstema in ons roepingsreeks. Dit is die roeping van die dissipels. Julle kan kies om die hele studiemateriaal te doen, of om net bepaalde stukkies te kies. Dit sal julle julle help om ingedagte te hou dat die dissipels geroep word om “gestuurdes” te wees.

GEROEP OM DIE ARBEIDSMAG VAN GOD TE WEES Die fout wat ons dikwels maak, is dat ons glo dat Jesus nie voor die roeping van die 12-dissipels, ander volgelinge (dissipels) gehad het nie. Dit is nie waar nie. Daar was reeds ‘’n groep mense wat Hom gevolg het. Uit hierdie groep het Hy ‘n kleiner groep gekies met wie Hy ‘n nouer band gehad het.

Waarom het Jesus dit nodig geag om die 12-dissipels te kies (Matt. 9:36-38)?

Ons lees in Matteus dat Jesus 12-dissipel geroep het. Markus en Lukas verwys egter daarna dat Jesus na hierdie 12-dissipels as apostels verwys (Lees Matt 10:1; Mark 3:13-15; Luk. 6:13)?

Dit is baie belangrik, aangesien daar ‘n wesenlike verskil tussen die begrippe “dissipels” en “apostels” is. ‘’n Dissipel is ‘’n “leerling”, terwyl ‘’n apostel ‘’n “gestuurde” is. Dit beteken dat Jesus baie mense gehad het wat Hy geleer het. Hierdie 12-mense het Hy egter die spesifieke opdrag gegee om na die heidense wêreld gestuur te wees. Na Sy hemelvaart het Hy hulle uitgestuur (Hand 1:8), sodat die hele wêreld tot bekering kan kom. Sien jy jouself as ‘’n “dissipel” of ‘n “gestuurde”? Wat behoort jy te wees?

VAN LEERLINGE NA GESTUURDES Die leerlinge wat Jesus uitgestuur het, is ʼn mengelmoes van mense. Hulle is mense wat in werklikheid nie geskik sou wees om gestuurdes te wees nie. Lees die Skrifgedeeltes wat by elke persoon (persone) gegee word en kyk of julle kan insien hoekom die Here Jesus so ‘’n persoon deel van Sy span sou maak.

1. Simon Petrus – die impulsiewe geloofsheld, die rots van die vroeë kerk:

• Petrus is een van die dissipels wat gesien en geglo het dat die onmoontlike moontlik is (lees Matt. 14:28-29).

• Hy het ook as deel van die noue vriendekring van Jesus die ervaring gehad van die verheerliking op die berg (lees Matt. 17:1-3)

• Hy is gekies as die gestuurde wat sterk sal uitstaan as getuie vir Jesus Christus (lees Matt. 16:18)

• Ten spyte van al hierdie dinge wat hy beleef het, het hy ook sy swakhede gehad. Ons lees hiervan. Wat beteken dit vir jou eie lewe dat hy swakhede gehad het (lees Matt. 26:73-74)?

• Nadat Jesus opgevaar het na die hemel en die Heilige Gees uitgestort het, tree Petrus as ‘n gestuurde, nie ‘n leerlinge op nie. Lees Hand 4:8-10; 18-20

Page 9: Reeks 2: Roeping - Lynnwoodriflynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Reeks-2_roeping.pdf/ Eksodus 3 - YAHWEH / Eksodus 15 - Yahweh Rophe / Eksodus 17 - Yahweh Nissi.] 4. Regdeur die

8

• As julle nou na die verhaal van Petrus kyk, hoe is Hy geleer om as gestuurde op te tree? Wat sal dit vir jou beteken? _______________________________________

2. Die broer van Petrus, Andreas die optimistiese gelowige en sendeling: • Soos sy broer Petrus, is hy ook die ewige optimis en entoesiasties. Soos sy broer

geglo het hy op water kan loop, het Hy ook geglo dat Jesus die onmoontlike moontlik kan maak. Wat lees julle in Joh. 6:8-9?

• Andreas het ‘’n vaste geloof in Christus. Wat sou julle sê doen hy hier met Petrus en die Grieke? Lees Joh. 1:40-42; 12:20-21?

• Wat is die implikasie daarvan vir die gemeente, of vir jouself? • Ons lees oor Andreas dat hy ook soms deel uitgemaak het van die kleiner

vriende kring van Jesus (Mar 13:3). 3. Jakobus seun van Sebedeus, saam met sy broer Johannes: broers wat kragdadig

optree • Die broers het, ‘n spesifieke bynaam gehad. Wat was dit. Aan die hand van

daardie bynaam, hoe sou julle hulle persoonlikheid beskryf (lees Mar 3;17)? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ • Hoe sou julle die volgende optrede van die broers beskryf? Lees Luk. 9:53-54;

Mark 9:38, 10:35-39. ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ • Dink julle die optrede van die broers in Mark 10:35-37 was tekenend van

dienaars gewees? Hoe sou die ander apostels dit beleef het? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ • Tog, ten spyt hiervan lees ons ook spesiale dinge van hulle. Hoe voel Jesus

oor hulle? Lees Matt. 17:1-2. Wat sou dit vir jou oor Jesus se karakter sê? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ • Jakobus, die broer van Johannes se persoonlikheid as man van die donder,

was gepas. Want hy het vir die vroeë kerk baie beteken. Wat lees ons oor hom in Hand 12:1-3? Hoekom dink julle het dit gebeur?

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 10: Reeks 2: Roeping - Lynnwoodriflynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Reeks-2_roeping.pdf/ Eksodus 3 - YAHWEH / Eksodus 15 - Yahweh Rophe / Eksodus 17 - Yahweh Nissi.] 4. Regdeur die

9

• Wat die ander seun van Sebedeus betref, die ander man van die donder... Hy is die skrywer van die 4de evangelie, die skrywer van die 3 briewe van Johannes en ook van die Boek Openbaring. Hy was ook die apostel wat in die gemeente van Efese bedien het. Hy word ook vyand nommer 1, nie van die Jode nie maar van die Romeinse Ryk. Hy word verban na die eiland Patmos. Die keiser probeer hom uit die gemeenskap haal en hom stilmaak.

4. Filippus, die nugtere logiese denker, linkerbrein man: • Hierdie man is die logiese denker, die wetenskaplike, die ingenieur. Vir hom

moet dinge sin maak. As dit nie sin maak nie, sukkel hy om in te pas. Lees Joh. 6:5, 7 en Joh. 14:8 en verduidelik hoe julle die waarde van hom in die kerk sou sien.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ • Tog, Filippus is een van die kragtigste getuies / gestuurdes wat die vroeë kerk

vestig. Lees Joh. 1:45; 12:20-23; Hand 8:5, 12-13; 27, 35-39.40. 5. Bartolomeus of Nataniël, die hoogmoedige snob:

• Nataniël se opmerking is bietjie hoogmoedig teenoor Jesus as boorling van Nasaret. Lees Joh. 1:45-46.

• Tog word hierdie snob deel van Jesus se gestuurdes. 6. Matteus die tollenaar, seun van Alfeus (en broer van Jakobus seun van Alfeus) -

sendeling onder randfigure:

• Watter tipe werk het hierdie apostel gedoe? Lees Matt. 9:9; Mark 2:14. ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ • Watter waarde het dit vir kerk gehad? Lees Mark 2:15; Luk. 5:29-32. ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

7. Tomas – nie soseer twyfelaar as ’n realis nie: • Lees Joh. 14:5-6. Is dit werklik so verkeerd van Tomas om dit te gesê het. Dink

julle werklik dat Jesus enigsins op daardie stadium deur wat hy gesê het, sin gemaak het? Was Tomas se woorde dan buite konteks?

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 11: Reeks 2: Roeping - Lynnwoodriflynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Reeks-2_roeping.pdf/ Eksodus 3 - YAHWEH / Eksodus 15 - Yahweh Rophe / Eksodus 17 - Yahweh Nissi.] 4. Regdeur die

10

• Dieselfde geld ook vir Joh. 20:25. Waarom is wat Tomas gesê het nie ongeloof nie, maar eerder realisme? Sou jy anders reageer het as jy in sy skoene gestaan het?

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ • Wat beteken sy woorde in Joh. 20:28 vir jou?

Tomas se getuienis het egter baie vêr gegaan. Vandag bestaan daardie Mar Thoma Kerk in Sirië en Indië. Dit word allerweë aanvaar dat hy die stigter van die kerk is. Die tradisie is dat in 52 n.C. het Thomas Didimus die oudste Kerk in Indië begin. Hy het in Musiris in Kerala geland en bekeerlinge onder Jode en Hindus in die dorpie Palayur gemaak. Daardie Christelike kerk bestaan vandag nog en is een van die grootste Christelike kerke in Indië.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

So loop hierdie man wat aanvanklik soos ‘n tipiese realis geglo het dat Jesus nie uit die dood opgestaan het nie, vandag steeds sterk.

8. Die stille werkers: Jakobus seun van Alfeus, saam met Taddeus (Judas) seun van Jakobus: Ons LEES Van hulle omtrent nie hier by hulle roeping. Ons moet aanvaar dat hulle vroom godsdienstige mense was. Hulle was dus die stille werkers – hoor nie eintlik van hulle nie, maar hulle is deel van die span.

9. Simon die fanatikus en geweldenaar: • Hoe word Simon die Kananeer in Luk. 6:15 beskryf?

Hy word in werklikheid ‘n Seloot genoem. Hulle was bekend as die “dolkdraers”. Vir hulle was die Joodse Wet baie belangrik en hulle was selfs bereid om dit met geweld af te dwing en te beskerm. Hulle het die vonk van die Joodse rewolusie in 70nC teen die Romeine aangevuur.

Dit is dan insiggewend dat só iemand ook welkom is in die dissipelkring van Jesus. Selfs die mense wat gewelddadig is, verwerp hy nie. Jesus aanvaar letterlik alle mense as deel van hulle wat Hy wil oplei om uit te stuur. Nie net die snobs, of die randfigure nie, die skelm tollenaars nie, maar ook die geweldenaar. Dit beteken baie eenvoudig dat jy met al jou tekortkominge en sonde ook welkom in sy groep mense is wat hy vandag wil gebruik om sy kerk te bou.

10. Judas Iskariot, die belangrike dissipel wat sy rug op Jesus gekeer het • Hoekom sal ons sê dat Judas ‘’n belangrike en vertroueling onder die

apostels was? Wat lees ons oor sy funksie binne die groepie. Lees Joh. 12:3-6; 13:29

Page 12: Reeks 2: Roeping - Lynnwoodriflynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Reeks-2_roeping.pdf/ Eksodus 3 - YAHWEH / Eksodus 15 - Yahweh Rophe / Eksodus 17 - Yahweh Nissi.] 4. Regdeur die

11

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ • Watter tipe gedrag het hy in werklikheid gehad sonder dat hulle dit geweet

het. Lees Joh. 12:3-6. ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Tog het Judas Jesus verraai. Hy was die oorsaak dat Jesus gekruisig is. Hy het spyt gekry hieroor en selfmoord gepleeg. Dit is die merkwaardigheid van die span waarheid Jesus se dissipels, wat Hy opgelei het om gestuurdes te wees, bestaan het. Onder hulle was selfs, ‘n dief. Iemand wat geld gesteel het (soos vandag se dankoffer). Dis asof Jesus toe al vir ons wou gesê het: In die kerk sal daar altyd skynheilige mense deel van die span wees. Wat verder hartseer van Judas se verhaal is, is dat hulle geen verskoning voor God het nie, want soos Judas het die werking van Jesus eerstehands gehoor, gesien en selfs gedoen... Tog verwerp hy Jesus. So gebeur dit ook met baie mense vandag in die kerk.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

• Dink julle dit plas God as daar sulke mense is wat deel is van die span wat die boodskap van Jesus verkondig? Hoekom? Lees Fil. 1:15-18.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

ALMAL SAAM IS DEEL VAN DIE EEN GROOT SPAN GESTUURDES

• Die gestuurdes As ons na al hierdie verskillende mense kyk, dan is dit eintlik mense wat nie bymekaar hoort nie. God het sulke mense bymekaargesit om na Jesus se hemelvaart die kerk te vestig. Sou jy jouself ook as iemand sien wat ‘’n bydrae lewer, of kan maak om gestuur te wees om die kerk vandag te vestig? Hoe sou jy dit vestig?

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 13: Reeks 2: Roeping - Lynnwoodriflynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Reeks-2_roeping.pdf/ Eksodus 3 - YAHWEH / Eksodus 15 - Yahweh Rophe / Eksodus 17 - Yahweh Nissi.] 4. Regdeur die

12

• Van leerders (dissipels) na gestuurdes (apostels) Na drie jaar het hierdie mense gegradueer. Hoe? Hoe het dit gebeur? Lees Hand 2:1-3, 14. Wat is die uitwerking daarvan.... ook vandag?

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

ROEPING GAAN GEPAARD MET VYF BELANGRIKE SAKE: Ons sien in die manier waarop roeping werk, ook die DNA van ons gemeente. Kyk mooi en stel vas waar jy hoort?

a) Voorwaarde: Gebed (Lukas) – Oorgegee aan God As jy wonder oor wat jou roeping as gestuurde is, wat behoort jy te doen? Lees Luk. 6:12-13

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

b) Opdrag: Gaan vertel mense om hul lewens in te rug dat alles om God gaan

en oor Sy wil in hul lewe – Passievol oor mense / oorgegee aan God Lees Jesus se opdrag in Matt. 10:7 Wat beteken dit vir gestuurdes vandag.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

c) Opdrag: Passie vir die fisiese en emosionele nood van die wêreld (Matteus) – Opgerig in gemeenskappe Wat dink jy is ‘n gestuurde se opdrag volgens Matt. 9:36-39?

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

d) Opdrag: moenie net fisiese en emosionele nood versorg nie, maar ook geestelike nood – preek vir mense (Markus) – Oorgegee aan God

Page 14: Reeks 2: Roeping - Lynnwoodriflynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Reeks-2_roeping.pdf/ Eksodus 3 - YAHWEH / Eksodus 15 - Yahweh Rophe / Eksodus 17 - Yahweh Nissi.] 4. Regdeur die

13

Gestuurdes kyk nie net na maniere omarm mense te help om beter te leef nie. Gestuurdes wil ook vir mense help om geestelik te groei. Hoe gebeur dit. Lees Mark 3:13-14.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

e) Opdrag: Geroep om gestuur te word (Handelinge) – Oorgegee aan God / Passievol oor mense Die laaste opdrag wat Jesus sy dissipels gegee het, was ‘n roeping om uit te gaan. Lees Hand 1:8. Wat beteken dit vir jou in jou eie lewe?

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

VAT DIT HUIS TOE – “KOM NA MY TOE...” Alleen deur die “krag van die Heilige Gees” sal jy dit kan om ‘’n gestuurde te wees. As Jy Jesus se roepstem, Kom na My toe..., (Matt. 11:28) hoor, dan stuur Hy jou ook uit. Hy stuur jou om deel te wees van die ARBEIDSMAG sodat daar ‘n volgende geslag arbeiders (gestuurdes0 sal aantree om die oes in te bring.

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 15: Reeks 2: Roeping - Lynnwoodriflynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Reeks-2_roeping.pdf/ Eksodus 3 - YAHWEH / Eksodus 15 - Yahweh Rophe / Eksodus 17 - Yahweh Nissi.] 4. Regdeur die

14

PAULUS Lê KLEM OP DIE WET VAN CHRISTUS. - Die roeping van Paulus

GROEPBESPREKING

1. Is jou roeping vir jou “Grieks”?

Die woord καλέω (“kaleo”) beteken “roep”.

Dit het drie betekenisse:

1. “Benoem” of naamgee. Mens sou ook kon sê identiteit gee. (Vgl. die spreektaal “Hulle roep hom Pieter.”) En as jy jou naam “gekry” het, moet jy nie “naam weggooi” nie! Dat God jou roep, bepaal jou identiteit. Leef in daardie identiteit in!

2. “Oproep” (Engels gebruik die woord “summon”). Ledigheid is inderdaad die Duiwel se oorkussing. Ons is nie ledig in die Koninkryk nie. Daar is dinge om te doen, en daartoe kry ons oproepinstruksies en word ons verantwoordelikheid gegee. Op “roep” volg dus ook “antwoord”. En geen antwoord is ook ʼn antwoord.

3. “Uitnooi” om nader te kom, om te kom deel in iets, ingesluit te word, die voordeel van iets te beleef. God roep ons nie om sy “vuilwerk” te doen nie. God roep ons omdat Hy weet dat daar geen groter vreugde is, as om na buite te lewe en ʼn verskil te maak nie.

Wat beteken elke woord vir jou binne die konteks daarvan

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

2. Paulus lê klem op die wet van Christus

Paulus lê dus op die regte verstaan van die leer van Christus – hy noem dit letterlik die wet van Christus – klem, wat ’n mens die regte verstaan van die vryspraak van Christus kan gee, van die werk van die Heilige Gees sowel as van die gemeenskap van gelowiges. Hy beklemtoon dus in die brief:

•Dit gaan in die geloofsgemeenskap nie oor die nakom van kulturele reëls nie, of oor van watter groep jy deel is nie. Dit gaan oor die geloof in en vryspraak van Christus. Solus Christus: “Ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my!” (Gal. 2:20).

•Dit gaan in die geloofsgemeenskap nie oor kulturele afkoms nie, maar oor die verbondsgemeenskap wat die Gees skep: “Daar is nou nie meer Jood of Griek, nie meer slaaf of vryman, nie meer man of vrou nie, want julle almal is één in Christus Jesus!” (Gal. 3:28).

Page 16: Reeks 2: Roeping - Lynnwoodriflynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Reeks-2_roeping.pdf/ Eksodus 3 - YAHWEH / Eksodus 15 - Yahweh Rophe / Eksodus 17 - Yahweh Nissi.] 4. Regdeur die

15

•Dit gaan in die geloofsgemeenskap nie oor die besnydenis of enige ander ritueel in die Joodse, heidense of selfs Christelike geloof nie, maar oor die vryheid van die lewe wat die Gees gee. Dit gaan in die gemeenskap van gelowiges oor die vrug van die Gees[1]: “liefde, blydskap, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.” (Gal. 5:22-23).

3. ʼn Paar interessante vrae wat jou in die rigting van roeping kan stuur:

• Oor watter sake voel jy sterk? • Wat staan op jou Facebook profiel se “activities” en “interests”? • Oor watter onderwerpe sal jy deurnag kan gesels? • As ek jou naam aan jou naby vriende sou noem, wat sou hulle sê is sake waarin jy regtig belangstel of wat hulle met jou identifiseer? • Watter vyf positiewe lewenservarings het jou lewe sterk beïnvloed? Watter vyf negatiewe lewenservarings het jou lewe sterk beïnvloed? • Wat maak jou bly? Wat maak jou bang? Wat maak jou kwaad? Wat laat jou huil? • Watter droom sal jy verwesenlik as daar geen beperkinge of struikelblokke is nie? • Wat dink jy wil God hê moet jy doen wat dalk “reg onder jou neus” is? • Aan die einde van my lewe sou ek graag wou terugkyk en weet dat ek iets gedoen het omtrent…

4. Aanbidding

Gee vir elkeen geleentheid om die volgende vraag te antwoord. Laat iemand ’n lysie maak van die antwoorde.

“Die eienskap van God wat vandag vir my die meeste beteken, het is...”

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Laat iemand die volgende as agtergrond tot Galasiërs vir julle voorlees:

Daar bestaan min twyfel onder Skrifverklaarders dat hierdie brief wel van die apostel Paulus afkomstig is. Die enigste vraag is wat die verhouding tussen hom en die sekretaris of professionele briefskrywer was, wat blykens 6:11–18 deur die apostel gebruik is om die brief op te stel. Het hierdie skrywer enige invloed op die formulering en gedagtegang van die brief gehad en, indien wel, in watter mate? Die sterk persoonlike aanslag en individuele styl van die geskrif maak dit egter meer waarskynlik dat Paulus self die inhoud en struktuur daarvan bepaal het.

Wat meer problematies is, is die vraag wie die oorspronklike ontvangers van die brief was. Die verwysing na Galasië in 1:1–2 kan op meer as een wyse verstaan word. Dit kan dui op

Page 17: Reeks 2: Roeping - Lynnwoodriflynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Reeks-2_roeping.pdf/ Eksodus 3 - YAHWEH / Eksodus 15 - Yahweh Rophe / Eksodus 17 - Yahweh Nissi.] 4. Regdeur die

16

die landstreek in die hart van Klein-Asië, in die omgewing van die stede Ankara, Pessinus en Tavium. Dit is in hierdie area dat Keltiese stamme hul in die loop van die derde eeu voor Christus gevestig het na ’n lang, maar volgehoue trek vanuit die Weste. In hul nuwe omgewing het hierdie stamme hul Keltiese tradisies en gebruike behou en Kelties is tot in die vyfde eeu na Christus hier gepraat. Galasië kan ook na die Romeinse provinsie verwys wat in 25 v.C. tot stand gekom het en wat naas die area hierbo genoem, ook die meer suidelike streke soos Frigië, Likaonië, Pisidie en moontlik Pamfilie ingesluit het. Dit is in hierdie streke waar stede soos Antiogië in Pisidië, Ikonium, Listra en Derbe geleë is, wat Paulus tydens sy eerste en tweede sendingreis besoek het.

Die keuse tussen die landstreek (die sg. “Noord-Galasië-teorie”) en die provinsie (die sogenaamde “Suid-Galasië-teorie”) is nie eenvoudig nie, omdat ons eintlik nie oor genoegsame gegewens beskik om tot ’n finale besluit te kom nie. Tans is daar ’n neiging om aan die landstreekhipotese voorkeur te gee.

Lees nou Galasiërs 1:1-10. Laat elkeen in die groep een vers hardop lees.

Gee vir elkeen geleentheid om die een ding wat hulle in hierdie gedeelte getref het, te noem.

Wat bedoel Paulus daarmee dat Jesus “Homself vir ons sondes gegee het om ons te verlos uit hierdie goddelose wêreld” (vers 4)? Wat beteken dit om “verlos” te wees uit hierdie goddelose wêreld?

Vers 1-5 is die inleiding tot die brief. In vers 6 begin die inhoud. Hoe sou jy voel as ’n preek aan jou BEGIN met “Dit verbaas my dat jy so afvallig word en ’n ander evangelie aanneem!” Is dit reg om so met die deur in die huis te val?

Waarom is dit vandag so moeilik om reguit vir mense te sê wat ons wil sê?

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Waarom is Paulus so ontsteld in vers 8 en 9? Hoe voel ons hieroor?

____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Laat iemand vers 10 voorlees. As jy na jou lewe kyk, wie se guns soek jy? Lys dit in volgorde.

Page 18: Reeks 2: Roeping - Lynnwoodriflynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/Reeks-2_roeping.pdf/ Eksodus 3 - YAHWEH / Eksodus 15 - Yahweh Rophe / Eksodus 17 - Yahweh Nissi.] 4. Regdeur die

17

_____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

In watter volgorde behoort dit te wees? Indien die volgorde reg is, watter verskil sal dit bring in my:

Huwelik

Gesin

Werk

Ontspanning

Tydsbeplanning

Kerk.

Gebed

Vir watter dele van ons land wil julle graag bid? Bespreek met mekaar en wys dan iemand aan om namens julle te bid.

Vir watter dele van die wêreld wil julle bid? Vra iemand anders om daarvoor te bid.

Wie ken jy wat afvallig geword het?

Gee 2 minute vir stilgebed, waar elkeen kan bid vir mense wat afvallig geword het. Daarna kan die 2 aangewese persone bid vir die landstreke.

____________________________________________________