redakteursbrief - brokkies...showmax is afrika se grootste internet tv-diens in terme van inhoud, en...

16
Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 29 Februarie 2016 Kortpad na advertensies Algemene nuusbrokkies Gemeenskapsadvertensies Kleinadvertensies (Persoonlik) Kleinadvertensies (Besigheid) Geestelike Pitkos Werksgeleenthede Afrikaanse kerkdienste Landswye dagboek Riglyne vir adverteerders Kanselleer intekening / Unsubscribe 29 Febuarie 2016 Redakteursbrief En so is die derde uitgawe van Aus-Brokkies op skrikkeljaar se 29 Februarie gefinaliseer! Die afgelope twee weke is ‘n goeie 150 e-posadresse bygekry soos mense die woord versprei en op my Facebook-bemarking gereageer en ingeteken het. Ek sal dit waardeer as jy op Facebook my promosies sal her-‘post’ sodat meer mense hiervan kan kennis neem. ‘n Groot ding op Brokkies se kalender is die naderende Manne wat Glo 2-toer wat einde van hierdie week in Australië begin. Ek doen ‘n beroep op almal om hierdie geleenthede te ondersteun asseblief. Kom ons help die organiseerders om hiervan ‘n reuse-sukses te maak deur ons fisieke teenwoordigheid en ondersteuning. Lees die hoofstorie. kykNET Internasionaal op Showmax begin hierdie week ‘n gereelde teenwoordigheid in Aus-Brokkies handhaaf. Lees ook hul artikel oor die skat van Afrikaanse vermaak wat hulle aan mense in Australië en ander wêrelddele bied. Huur jy ‘n huis in Sydney? Lees dan die artikel oor die regte wat jy waarskynlik nie geweet het jy het nie. Ek nooi enige immigrant wat ‘n besigheid in Australië het om ‘n advertensie aan te bied vir (voorlopige) gratis plasing. Wanneer ek van oordeel is dat daar genoeg intekenaars is, mag ‘n klein fooi in werking tree, maar eers na gesprek. Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my oor enigiets by brokkies.net/kontak.) ________________________________________________________________________________________ Ysbreker: Motiveringspreker sonder weerga By ‘n motiveringseminaar nooi die spreker 3 mense na die verhoog en hy vra hulle: “Wanneer jy eendag in die kis lê en vriende en familie treur oor jou, wat sal jy die graagste wil hoor wat hulle oor jou sê?” Die eerste ou sê: “Ek sal graag wil hoor hoe hulle sê watse goeie dokter ek was asook ‘n goeie gesinsman.” Die tweede persoon, ‘n vrou, sê: “Ek wil graag hoor hoe ‘n goeie eggenoot en onderwyseres ek was, en dat ek ‘n groot verskil gemaak het aan die kinders.Die laaste jafel sê: “Ek sal graag wil hoor hoe hulle sê...’Kyk! Hy roer nog!’ ” Philip Langenhoven Redakteur (Skryf gerus aan my oor enigiets by brokkies.net/kontak.)

Upload: others

Post on 24-Dec-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Redakteursbrief - Brokkies...ShowMax is Afrika se grootste Internet TV-diens in terme van inhoud, en bied jou onbeperkte toegang tot meer as 12 000 episodes van die beste plaaslike

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 29 Februarie 2016

Kortpad na advertensies Algemene nuusbrokkies

Gemeenskapsadvertensies

Kleinadvertensies (Persoonlik)

Kleinadvertensies (Besigheid)

Geestelike Pitkos

Werksgeleenthede

Afrikaanse kerkdienste

Landswye dagboek

Riglyne vir adverteerders

Kanselleer intekening / Unsubscribe

29 Febuarie 2016

Redakteursbrief

En so is die derde uitgawe van Aus-Brokkies op skrikkeljaar se 29 Februarie gefinaliseer! Die afgelope twee weke is ‘n

goeie 150 e-posadresse bygekry soos mense die woord versprei en op my Facebook-bemarking gereageer en ingeteken

het. Ek sal dit waardeer as jy op Facebook my promosies sal her-‘post’ sodat meer mense hiervan kan kennis neem.

‘n Groot ding op Brokkies se kalender is die naderende Manne wat Glo 2-toer wat einde van hierdie week in Australië

begin. Ek doen ‘n beroep op almal om hierdie geleenthede te ondersteun asseblief. Kom ons help die organiseerders om

hiervan ‘n reuse-sukses te maak deur ons fisieke teenwoordigheid en ondersteuning. Lees die hoofstorie.

kykNET Internasionaal op Showmax begin hierdie week ‘n gereelde teenwoordigheid in Aus-Brokkies handhaaf. Lees

ook hul artikel oor die skat van Afrikaanse vermaak wat hulle aan mense in Australië en ander wêrelddele bied.

Huur jy ‘n huis in Sydney? Lees dan die artikel oor die regte wat jy waarskynlik nie geweet het jy het nie.

Ek nooi enige immigrant wat ‘n besigheid in Australië het om ‘n advertensie aan te bied vir (voorlopige) gratis plasing.

Wanneer ek van oordeel is dat daar genoeg intekenaars is, mag ‘n klein fooi in werking tree, maar eers na gesprek.

Philip Langenhoven

Redakteur (Skryf gerus aan my oor enigiets by brokkies.net/kontak.)

________________________________________________________________________________________

Ysbreker: Motiveringspreker sonder weerga

By ‘n motiveringseminaar nooi die spreker 3 mense na die verhoog en hy vra hulle:

“Wanneer jy eendag in die kis lê en vriende en familie treur oor jou, wat sal jy die

graagste wil hoor wat hulle oor jou sê?”

Die eerste ou sê: “Ek sal graag wil hoor hoe hulle sê watse goeie dokter ek was

asook ‘n goeie gesinsman.”

Die tweede persoon, ‘n vrou, sê: “Ek wil graag hoor hoe ‘n goeie eggenoot en

onderwyseres ek was, en dat ek ‘n groot verskil gemaak het aan die kinders.”

Die laaste jafel sê: “Ek sal graag wil hoor hoe hulle sê...’Kyk! Hy roer nog!’ ”

Philip Langenhoven

Redakteur (Skryf gerus aan my oor enigiets by brokkies.net/kontak.)

Page 2: Redakteursbrief - Brokkies...ShowMax is Afrika se grootste Internet TV-diens in terme van inhoud, en bied jou onbeperkte toegang tot meer as 12 000 episodes van die beste plaaslike

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 29 Februarie 2016

Algemene nuusbrokkies

Terug na bo...

Het jy al jou Manne wat Glo 2 kaartjies?

Dit begin dié week! Maak seker jy kry jou kaartjies betyds, en kom ons ondersteun hierdie grootse poging om Manne wat Glo 2 na Australië te bring!

Hennie Botha van Musiek Fabriek in Brisbane sê dat die

logistiek van so ‘n toer uiters gekompliseerd is en dat hy

“soms wil weghardloop”. So ‘n toer is baie veeleisend en

die manne word maar moeg, “maar die groep is energiek,

hulle leef op professionele adrenalien en word gedra deur

toewyding aan Koninkrykswerk”.

Hennie sê “die Christen Afrikaner is besig om saam te trek

en Gospel Fees moet ‘n jaarlikse instelling word”.

Hy sê al meer borge begin aan boord kom en hulle wil al

meer stede bereik. Die droom is om die Gospel Fees ook na

Engeland, Amerika, Kanada, Europa, en orals waar Suid-

Afrikaners in die buiteland is, te neem.

So, is jy en jou gesin reg om die viertal Manne wat Glo wat

verlede jaar so ‘n suksesvolle toer deur Nieu-Seeland en

Australië onderneem het, weer te ondersteun? Mense het

gevra dat hulle moet terugkom, en dit is wat hulle van

hierdie naweek af doen met hul nuwe produksie, Manne

wat Glo 2. Hulle tree van 4 tot 20 Maart op.

Hierdie is die grootste toer wat sover bekend nog deur Suid-

Afrikaanse kunstenaars in die buiteland onderneem sal

word en strek oor 2 kontinente, 9 state (provinsies) en

bestaan uit ‘n totaal van 14 konserte wat oor ‘n tydperk van

19 dae en oor 5 tydsones aangebied sal word.

Kom ons ondersteun hierdie belangrike saak!

Besoek http://musiekfabriek.global/ vir meer inligting.

Page 3: Redakteursbrief - Brokkies...ShowMax is Afrika se grootste Internet TV-diens in terme van inhoud, en bied jou onbeperkte toegang tot meer as 12 000 episodes van die beste plaaslike

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 29 Februarie 2016

Promosie-artikel

12,000+ episodes van die beste Afrikaanse programme!

Geniet die puik vermaak in jou huis…

Ons weet jy bly nou al lank en gelukkig in Australië en jy’s goed ingeburger. Jou tong knoop nie meer as jy

“Woolloomooloo” sê nie, jy weet presies wat die verskil tussen ’n kangaroo en ’n wallaby is en as die All Blacks in die land

is, skreeu jy kliphard vir Australië…of hoe?

Maar daar is een feit wat steeds soos ’n koei tussen jou en jou nuwe tuisland staan: Riaan Cruywagen lees nie saans vir

jou die nuus nie! Gelukkig is dit nou geen probleem meer nie: met kykNET Internasionaal op ShowMax kan jy nou weer

die nuus uit die mees betroubare mond op aarde hoor.

Al die lekkerste Afrikaanse programme is binne een dag van uitsending in SA beskikbaar op jou rekenaar, slimfoon of

tablet. Jy kan wors braai saam met Jan Braai, al woon jy in New South Wales, byhou met die dokters se dramas op

Binnelanders en as jy regtig terugverlang kan jy Afrikaanse flieks kyk wat jou sal laat voel of jy tussen jou mense is. Vir

die kleintjies is daar oulike Afrikaanse stories soos Maja die by en Liewe Heksie.

Wat jy met jou subskripsie kan doen

ShowMax is Afrika se grootste Internet TV-diens in terme van inhoud, en bied jou onbeperkte toegang tot meer as 12 000

episodes van die beste plaaslike reekse en flieks – reguit uit Suid-Afrika teen US$8.99 pm.Jou subskripsie laat jou op

twee skerms gelyktydig kyk en jy kan tot vyf verskillende toestelle registreer. Jy kan op enige slimfoon, tablet, persoonlike

rekenaar, skootrekenaar asook Samsung en LG Slim TV’s na ShowMax-inhoud kyk.

Die ShowMax app op jou Android of iOS-toestel laat jou toe om 25 episodes en flieks af te laai en vir 30 dae te hou.

Sodra jy “play” gedruk het, het jy 48 uur om die program klaar te kyk voor dit outomaties verwyder word. Hierdie

funksionaliteit help jou ook om die bergruimte op jou toestel beter te bestuur.

Teken in by ShowMax.com en probeer die 7-dae gratis proeflopie om die groot verskeidenheid Afrikaanse vermaak te

verken. ShowMax gaan jou nader aan die huis bring sonder dat jy uit jou stoel uit hoef op te staan.

Kyk hul nuwe Besigheidsadvertensie in die ‘Algemene’ advertensie-kategorie.

Page 4: Redakteursbrief - Brokkies...ShowMax is Afrika se grootste Internet TV-diens in terme van inhoud, en bied jou onbeperkte toegang tot meer as 12 000 episodes van die beste plaaslike

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 29 Februarie 2016

Huur jy huis in Sydney? Ken jy hierdie regte van jou? (Deel 1)

Domain.com.au het onlangs ‘n aantal regte van huishuurders in Sydney uitgelig. Hulle het erken dat die meeste eienaars

hul huurders billik behandel, maar dat daar sekere kritiese stukkies inligting is wat die moeite werd is om van kennis te

neem. Hier is ‘n paar huurdersregte wat dalk nie alom by huurders bekend is nie:

Dit is nie altyd verpligtend om ‘n mat te stoomskoonmaak nie

Wanneer huurders ‘n eiendom verlaat, glo hulle gewoonlik dat hulle die matte moet stoomskoonmaak. Die Tenants Union

of NSW sê dit is nie in New South Wales die geval nie, tensy die huurder dit ooreengekom het omdat hulle ‘n troeteldier

het. Sonder ‘n troeteldier moet ‘n mens die mat “net laat soos jy hom gekry het” (met inagneming van slytasie). As jy

egter ‘n gemors aangevang het, reël liewers billikheidshalwe ‘n stoomskoonmaker.

Eienaars en hul agente moet materiële feite bekend maak

Net soos in die geval van die koop van ‘n huis, moet huurders in NSW ingelig word wanneer:

Die perseel binne die vorige vyf jaar ‘n vloed of bosbrand beleef het.

Daar redelike gesondheids- of veiligheidsrisiko’s op die perseel is wat nie ooglopend is nie.

‘n Gewelddadige misdaad binne die vorige vyf jaar op die perseel plaasgevind het.

Die huurder dalk nie ‘n residensiële parkeerpermit sal kan kry nie.

Ander mense geregtig is om ‘n inrypad of looppad op die perseel te deel.

Die eienaar beplan om die eiendom te verkoop.

Eienaars en agente wat nie hierdie feite bekend maak nie, stel hulself bloot aan boetes en aksie van die huurder.

Water-rekeninge: Kyk mooi

Baie huurders glo dat die betaal van water nie-onderhandelbaar is. Dit word egter van eienaars vereis om hierdie fooie te

betaal. Indien verwag word dat die huurder betaal, moet ‘n spesiale instrument geïnstalleer wees wat die vloei van water

tot minder as nege liter per minuut beperk, en daar mag nie lekkende krane wees nie. Afsonderlike watermeters word

dikwels vereis. Die betaling moet ook versoek word binne drie maande nadat die eienaar die waterrekening ontvang het.

Muf, muise en ander probleme kan as ‘defekte’ beskou word

Baie huurders wat sulke probleme ervaar, word deur eienaars aangesê om hul vensters oop te maak, end it is ‘n billike

korttermynrespons. Indien die huurder egter drie pogings aangewend het om dit op te los, bv deur ‘n vogonttrekker te

gebruik of die stoom van ‘n stortbad met ‘n waaier te onttrek en vensters oop te maak, kan die huurder die eienaar vra om

die probleem te herstel. Indien hulle niks doen nie, kan ‘n mens jou na die tribunaal wend om ‘n oplossing te vind, of om

‘n bevel te kry om uit te trek, of ‘n huurverlaging in ekstreme gevalle te kry. Bewyse soos foto’s sal egter benodig word.

Lig ook die eiendomsbestuurder in.

Eienaars moet toestem tot redelike versoeke om te onderverhuur

Die eiendomsbestuurder mag die bykomende huurders se besonderhede versoek asook hul huurgeskiedenis, maar het

gronde nodig om ‘n versoek te weier. Indien jy egter wil uittrek terwyl jou onderverhuurder daar bly woon, mag dit geweier

word. Volgens ‘Fair Tradig NSW’ mag ‘n eienaar nie weier dat ‘n addisionele bewonder by die huurder intrek nie. Dit mag

geweier word indien die totale aantal bewoners meer is as wat in jul huurooreenkoms as die maksimum bepaal is.

(Volgende week: Slotaflewering)

Page 5: Redakteursbrief - Brokkies...ShowMax is Afrika se grootste Internet TV-diens in terme van inhoud, en bied jou onbeperkte toegang tot meer as 12 000 episodes van die beste plaaslike

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 29 Februarie 2016

Moeder van rooibos oorlede

Netwerk24 het berig dat die bekende dr. Annique Theron*, die Moeder van Rooibos, in die ouderdom van 86 jaar oorlede

is. Die aankondiging is op die skoonheidshuis Annique se Facebook-blad gedoen. Volgens ’n verklaring wat later

uitgereik is, is sy vreedsaam in haar slaap dood nadat sy vir ’n kort tydperk siek was. Sy was omring van haar familie toe

sy dood is.

Theron het in 1968 haar laaste kind, Lorinda, danksy rooibostee van allergieë genees. Daarna het sy begin

eksperimenteer met rooibosvelsorg- en -verslankingsprodukte en die maatskappy Annique in 1971 gestig. Deesdae is

daar meer as 15 000 Annique-konsultante en 200 produkte wat na 18 lande uitgevoer word.

“Mense het rooibostee destyds verag. Dit het hulle herinner aan die Depressie en armoede en sommige mense selfs aan

die tronk! Hulle wou niks van rooibostee weet nie,” het Theron ’n paar jaar gelede aan Marida Fitzpatrick, wat ’n

onderhoud met haar gedoen het toe sy 80 jaar oud geword het, gesê.

Theron was 72 toe sy ’n doktorsgraad in alternatiewe geneeskunde aan die Commonwealth Open University verwerf het.

Ná haar uittrede was haar kinders aan die stuur todat dit in 2010 aan Ernest du Toit, nou uitvoerende hoof, verkoop is.

Haar kinders het in ’n verklaring gesê: “In haar openbare lewe was dr. Theron bekend as ’n pionier en ’n briljante en

suksesvolle besigheidsvrou. In haar privaatlewe het sy haar familie, vriende en assosiate gekoester.”

Die maatskappy het gesê “Haar ontdekkings het ’n sukkelende rooibosbedryf laat herleef, danksy haar onvermoeide

bevordering van rooibosvoordele oor die hele wêreld. Sy sal ook onthou word vir die skryf van vele artikels en boeke.”

Theron is in 1997 in Genève, Switserland, bekroon met die toekenning vroue-innoveerder van die jaar en in 2005 het sy

die ATKV se Ikoon van die Jaar-toekenning ontvang.

Theron laat benewens haar vier kinders sewe kleinkinders na. Haar man, Meiring, is in 1990 oorlede.

* Theron was Annetjie, wat sy later na Annekie verander het, maar die maatskappy verwys nou na haar as Annique Theron.

Page 6: Redakteursbrief - Brokkies...ShowMax is Afrika se grootste Internet TV-diens in terme van inhoud, en bied jou onbeperkte toegang tot meer as 12 000 episodes van die beste plaaslike

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 29 Februarie 2016

Kontantlose toekoms sal miljarde spaar - Minister

Australië is onkeerbaar op reis na ‘n kontantlose toekoms. Dit sal miljarde dollars se besparings teweegbring en ook die

regering dwing om outydse rompslomp (red tape) uit te wis. Dit is die mening van die Assistant-Minister van Tesourie,

Alex Hawke, soos berig in die Sydney Morning Herald.

Hy het bygevoeg dat dit net so ‘n fundamentele verandering in die betaalstelsel sal meebring as wat die verandering na

die desimale stelsel 50 jaar gelede veroorsaak het. Hy het die regering aangemoedig om tred te hou met die verandering

wat deur verbruikers en besigheid vereis word, en met nuwe maniere van sake doen. Hy het ook gemaan dat die regering

vinnig sal moet beweeg en ou, argaïese regulasies verwyder om te verhoed dat innovering onderdruk word deur

ondeurdenkte optrede.

Harde statistiek; harde boodskap

Van 2007 tot 2013 het kontanttransaksies gedaal van 70 persent tot 47 persent. In die afgelope drie jaar het die vraag na

muntstukke 25 persent afgeneem.

Interessante uitsondering

Ten spyte van al die aanduidings dat ‘n verandering op die geldfront voor die deur lê, het die vraag na banknote

interessant genoeg toegeneem.

Teen Junie 2015 was daar 1.3 miljard note in sirkulasie. Teen die verwagtinge in was die totale waarde daarvan ($65.5

miljard) ongeveer 8 persent hoër as ‘n jaar gelede. Dit word aangevoer dat dit glo gedryf word deur die vraag na die

$100-noot wat met 11 persent toegeneem het sedert 2012.

Page 7: Redakteursbrief - Brokkies...ShowMax is Afrika se grootste Internet TV-diens in terme van inhoud, en bied jou onbeperkte toegang tot meer as 12 000 episodes van die beste plaaslike

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 29 Februarie 2016

Australië maak deur oop vir Kiwi-burgerskap: HOE VOEL JY?

Die Australiese regering se onlangse besluit om burgerskap aan tussen 60,000 en 100,000 Kiwi-immigrante wat in

Australië woon toe te staan, het as ‘n verrassing vir baie gekom aangesien dit al jare lank gedebatteer word. Dié besluit

het gekom na samesprekings tussen Australië se premier Malcolm Turnbull en Nieu-Seeland se premier John Key.

Dit sal van toepassing wees op Nieu-Seelandse burgers wat reeds vir ten minste vyf jaar in Australië woon en ‘n salaris

van meer as A$53,000 verdien. Die amnestie is retrospektief, dus sal dit nie van toepassing wees op nuwe aankomelinge

nie. Dit beteken Kiwi’s wat nou in Australië aankom, sal nie die voordeel hiervan kan geniet nie.

As hierdie amnestie op jou van toepassing is, vertel ons hoe jy daaroor voel en of jy daarvoor aansoek gaan

doen. Skryf aan ons by www.brokkies.net/Bydraes (kies die ‘Lesersbrief’ opsie).

Ons lesers skryf:

Beste Brokkies

Brokkies is baie nice leesmateriaal, ek wens maar net julle kan mense soos ek help met die adverteer van

werksgeleenthede. My agent sal my help met my emigrasie en visas, maar ek moet ‘n werk kry.

Ons is baie trots op wat julle met Brokkies bereik het!

Shaun Fourie Witbank, Suid-Afrika

(Baie dankie vir die mooi terugvoering Shaun. Ons het ‘n afdeling vir werkadvertensies, maar ongelukkig gebruik

min mense dit. Hulle gebruik eerder webwerwe wat hulle toespits op werkgeleenthede en advertensies. Ek sal

graag wil sien dat mense ons werksoekafdeling meer gebruik deur werkadvertensies van hul werk of hul eie

besighede aan ons te stuur. Ek plaas dit graag gratis as ‘n diens aan ons immigrantegemeenskap. – Red.)

Beste Brokkies

Baie dankie vir die uiters indrukwekkende Aus-Brokkies en vir jul jarelange toegewydheid aan die NZ-nuusbrief

taak. Ons woon nou al 14 jaar in Australië en dus is die Australiese nuusbrief nou vir ons van veel meer waarde,

maar ons lees nog met belangstelling van die NZ-nuus ook. Ons sien uit na die volgende uitgawe en hoop dit gaan

van krag tot krag.

Anton en Cecilia Groenewald Brisbane

(Baie dankie vir die bemoedigende woorde. Ja, Brokkies kom al ‘n lang pad, soos op sy webwerf by

www.brokkies.net/geskiedenis opgesom word. Die groot poging nou is om sterk uit te brei, en dinge lyk

bemoedigend. Binne die afgelope week of twee het daar bykans 150 gesinne bygekom. Ek vertrou lesers sal die

woord help versprei, en die Brokkies Facebookbladsy ‘repost’ om die woord te versprei. – Red.)

Page 8: Redakteursbrief - Brokkies...ShowMax is Afrika se grootste Internet TV-diens in terme van inhoud, en bied jou onbeperkte toegang tot meer as 12 000 episodes van die beste plaaslike

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 29 Februarie 2016

Vir nuwe lesers: So lyk en werk Aus-Brokkies…

Só lyk die Brokkies-webwerf se tuisblad nou!

Ter wille van die talle nuwe intekenaars wat sedert Aus-Brokkies se loodsing enkele weke gelede bygekom het, volg ‘n

beknopte opsomming van wat toe geskryf is: Brokkies was vir bykans 15 jaar ‘n huishoudelike naam onder Suid-

Afrikaanse en Namibiese immigrante in Nieu-Seeland, en nou is sy eweknie in Australië gebore. Na lang voorbereiding

het Brokkies in twee nuusblaaie vertak: Kiwi-Brokkies en hierdie eerste Aus-Brokkies. Lees Brokkies se geskiedenis.

Hier bo is ‘n afbeelding van hoe Brokkies se herontwerpte webwerf se tuisblad lyk, danksy die goeie werk van

webontwerper Jaco Swart van Christchurch in Nieu-Seeland en sy maatskappy Easy Websites.

‘n Beskeie begin…

Die advertensie-afdeling het die afgelope weke ‘n hele paar adverteerders bygekry, maar daar is nog baie oop spasies en

meer kan onder elke kategorie geakkommodeer word. Mense wat kleinsake in Australië bedryf en wat graag die

openingsaanbod van GRATIS advertering wil benut, kan op die Bokkies-webwerf gaan lees hoe advertering werk en

voorbeelde van advertensies sien. Lees by www.brokkies.net/adverteer meer oor hoe om as adverteerder te registreer en

hoe om ‘n advertensie in te stuur.

Kleinadvertensies is voorlopig GRATIS. Ons wil seker maak daar is ‘n sterk intekenaarsbasis voordat aan adverteerders

die keuse gebied sal word of hulle wil voortgaan teen nominale tariewe. So, registreer nou as adverteerder en stuur jou

sake-advertensie in sodat ons dit kan begin plaas. Die intekenaarsbasis groei weekliks…

Bemark jou gemeenskapsgeleentheid

Aus-Brokkies bied die geleentheid om jou kerk- of gemeenskapsaak se spesiale geleenthede in bietjie meer diepte

bekend te stel en dit versterk jou promosies op Facebook met ‘n effens anderse ‘geur’. Enige Afrikaanse kerk kan hul

gereelde dienste GRATIS adverteer. Kyk ‘Afrikaanse Kerkdienste’ elders in Aus-Brokkies. Die skakels heel bo aan die

nuusbrief maak dit maklik om na hierdie en enige ander advertensie-kategorie te spring.

Afrikaanse radiostasies, Afrikaanse taalklasse vir kinders en Suid-Afrikaanse sosiale geleenthede soos

potjiekoskompetisies, braaivleise en musiekaande kan ook gratis geadverteer word. Ook ‘Aussie-gerigte’ geleenthede

waarby Suider-Afrikaanse immigrante betrokke is kan geadverteer word.

Aus-Brokkies benodig jou stories of storiewenke!

Aus-Brokkies kan slegs ontwikkel en die Afrikaanse lekker aanhou versprei indien lesers stories vir plasing aanbied, of

wenke oor ander Suider-Afrikaanse immigrante in Australië deurgee wat ons kan opvolg en waaroor ons self kan skryf.

Watter soort stories word benodig? Mense se prestasies, interessante stokperdjies, belangstelling, aktiwiteite, of hul eie

skryfwerk is goeie materiaal. Dit kan gaan oor mense se deelname op werk-, studie-, sport-, kultuur-, sake- of sosiale

gebied. As jy voel jy skryf nie te lekker nie, gee net die inligting deur en ons doen die res!

Lees net eers ons riglyne vir plasing van artikels by www.brokkies.net/bydraes.

Page 9: Redakteursbrief - Brokkies...ShowMax is Afrika se grootste Internet TV-diens in terme van inhoud, en bied jou onbeperkte toegang tot meer as 12 000 episodes van die beste plaaslike

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 29 Februarie 2016

Geestelike Pitkos

Terug na bo...

Weet jy werklik wie jy in Christus is?

Volgens Efesiers 1: 3-14 het God die Vader deur Jesus Christus wonderlike dinge vir ons as gelowiges gedoen. Paulus sê ons is geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. Ek kan my nie indink wat dit alles insluit nie, maar dit klink te goed om waar te wees. Glo my, dit is waar...want die Bybel sê so. Maar daar is meer dinge wat oor ons gesê word. Hy sê verder dat ons deur God gekies is om deel van Sy kinders te wees. Ons is deur God aangeneem. Enigiemand wat “aangeneem is” en deel van ‘n familie kon raak, weet watter groot voorreg dit is. Sonder iemand wat jou aanneem sou jy ‘n weeskind bly. In ‘n kinderhuis...as jy gelukkig is. Sonder ‘n ma, pa en broers en susters. Maar danksy aanneming word jy wat ‘n weeskind is deel van ‘n familie, met al die voorregte van biologiese kinders. Dis presies wat God vir ons kom doen het. Hy is nou ons Vader en ons is deel van Sy gesin. Wow! Maar daar is meer. Hy gaan voort deur te sê dat ek en jy wat glo ook deur Jesus Christus verlos is en van al ons sondes vergewe is. Eendag, met die wederkoms sal ons die grootheid hiervan besef as Jesus vir ons sê: “Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei…” Dink vir ‘n oomblik daaroor...is dit nie te groot om te verwerk nie. Ek staan verstom dat God dit van my kan sê. Kom ons doen wat Paulus in Efesiërs 1 voorstel: “Daarom moet ons God prys vir sy groot genade… wat Hy vrylik aan ons geskenk het.” In vers 12 sê hy dit weer en in vers 14 sluit hy met die gedagte af: PRYS GOD VIR SY GROOTHEID! Doen dit gerus vandag!

Ds Gawie Cloete (Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australie – Bunbury Gemeente (Soos in sy ‘Gedagte’ uitgegee en goedgunstiglik tot Brokkies se beskikking gestel.)

Page 10: Redakteursbrief - Brokkies...ShowMax is Afrika se grootste Internet TV-diens in terme van inhoud, en bied jou onbeperkte toegang tot meer as 12 000 episodes van die beste plaaslike

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 29 Februarie 2016

Vertel ons van mense se prestasies of belangstellings

Ken jy ‘n mede-immigrant vanuit SA of Namibië wat ‘n prestasie behaal het of ‘n interessante

werk, belangstelling of stokperdjie het? Of dalk het hulle iets baie interessant beleef. Onthou,

Aus-Brokkies soek altyd sulke stories om gereeld sy Afrikaanse lekker met almal te deel.

Jy kan help deur stories self te skryf; ons sal dit redigeer indien nodig. Of, jy kan net die

agtergrond deurgee met die persoon se kontakinligting sodat ek dit met hulle kan opneem. Kyk

by www.brokkies.net hoe dit werk by 'Bydraes'.

Gee jy jou Brokkies aan vir iemand?

Hier’s ‘n spesiale versoek aan alle intekenaars...

Talle lesers van die vorige Brokkies het hul kopie van die e-pos wat Brokkies se jongste uitgawe bekend stel, aan familie

en vriende elders aangestuur. Dit is goed dat hierdie proesel Afrikaans so versprei word, maar mense kan ons baie help

om ‘n beter gevoel te kry vir die werklike aantal lesers wat Brokkies weekiks bykry.

Daar is derduisende gesinne wat op Kiwi-Brokkies ingeteken is en Aus-Brokkies se adreslys groei reeds sterk, al begin hy

nou net. Daar is ook talle ander, ook buite Australasië, wat dit onregstreeks ontvang. Hiermee ‘n versoek dat jy liewer

hierdie skakel aan hulle stuur sodat hulle self kan inskryf.

Kom gesels saam op Facebook in Afrikaans

Het jy al op Facebook die onlangs hernude groep ‘Afrikaans in “Australia’ raakgeloop? Indien nie, maak gerus daar

‘n draai en gesels lekker met ander lede. Nooi ook jou vriende uit om by die groep aan te sluit.

Besoek ‘Afrikaans in Australia’ op Facebook

Die Brokkies-webwerf bied alles wat jy nodig het

Of jy wil inteken op Aus-Brokkies, vir die redakteur wil skryf, stories wil aanbied,‘n advertensie wil bestel of hernu, of

jou adres wil verander - alles word deur die Brokkies-webwerf gedoen. Alle uitgawes van Brokkies word op die

webwerf gehuisves vir mense wat iets soek wat in ‘n vorige uitgawe verskyn het.

Besoek Brokkies se Facebook-bladsy Brokkies het sy eie Facebook-bladsy. Die adres is https://www.facebook.com/Brokkies.Net Help ons asseblief deur die nuwe webwerf se skakel (brokkies.net) aan vriende en familie te stuur. Onthou om te ‘like’ as jy dit ‘like’!

Kommunikeer so met Aus-Brokkies Vir Advertensie-riglyne, om 'n brief of ander bydrae in te stuur, om iemand in te teken of jou adres te verander, besoek brokkies.net. Die webwerf bevat skakels waardeur al bogenoemde funksies verrig kan word. Om op te hou om Aus-Brokkies te ontvang, besoek http://brokkies.net/skryf-in en versoek dat jou e-posadres verwyder word.

Aanspreeklikheid en Regte (Lees volledige Gebruiksvoorwaardes en Privaatheidsbeleid by brokkies.net - heel onder aan tuisblad) Die redakteur van Aus-Brokkies aanvaar nie aanspreeklikheid vir die korrektheid, wettigheid of algemeen aanvaarbaarheid van enige nuus-of

algemene item nie. Dieselfde geld ook vir enige geplaasde advertensie of advertensie-artikel se inhoud of die belofte van ‘n produk of diens se gehalte wat in advertensies vermeld word. Enige probleme met advertensies se inhoud, dienslewering of produkgehalte moet regstreeks met die adverteerder opgeneem word, en die redakteur raak nie by daardie proses betrokke nie.

Die redakteur behou die reg voor om enige voorgelegde bydrae (nuus of advertensie) van die hand te wys en nie te publiseer nie, sonder verstrekking van redes. Dit sluit in die reg om te enige tyd korrespondensie oor diesulke situasies eensydig te beeïndig.

Page 11: Redakteursbrief - Brokkies...ShowMax is Afrika se grootste Internet TV-diens in terme van inhoud, en bied jou onbeperkte toegang tot meer as 12 000 episodes van die beste plaaslike

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 29 Februarie 2016

Gemeenskapsadvertensies

Terug na bo...

1. Afrikaans Sonder Grense (ASG) – Vars uit Australië!

Afrikaans Sonder Grense (ASG) is 'n 2 uur lange Afrikaanse musiek radioprogram wat

weekliks lewendig uitgesaai word uit Bundaberg, Queensland in Australie.

Wanneer : Elke Donderdag 6-8 nm (Queensland-tyd)

Waar: Via Internet by www.coralcoastradio.net.au en op radio in en om Bundaberg op 94.7 Fm.

Hoofsaaklik Afrikaanse musiek vir jonk en oud, nuusgebeure, humor en onderhoude met besoekende kunstenaars. Van

tyd tot tyd kry ons interessante Suid Afrikaners wat vir ons kom kuier in die ateljee.

'Like' ons op Facebook by Afrikaans Sonder Grense met Rochelle en word so deel van ons Afrikaanse musiekfamilie

in Australië. As jy jou e-pos met ons deel, ontvang jy altyd 'n briefie van wat in die program gaan gebeur.

Skryf vir Rochelle by [email protected]

Die e-pos in die ateljee tydens ASG is: [email protected] (stuur ons jou versoeke!)

2. TunaRadio saai wêreldwyd uit in Afrikaans – vanuit Wellington TunaRadio se leuse is “Vir Ons Mense, Met Ons Mense” en daarom kan ons lekker saamkuier met Pieter en sy span wat ons

heeldag vermaak met SA-musiek en Afrikaanse geselsies. Retha Kruger gesels in Kos&Kerjater oor eet, drink en gesond leef, terwyl

Pieter en Deon oor alles kuier, van Sport&Plesier en Taal&Kultuur tot Kort-Kort Stories en JeugJolle. Alana Bailey van AfriForum

kuier ook saam met Pieter in ‘SA in ‘n Minuut’ waar hulle hoogtepunte van die SA-week bespreek. Kuier gerus by

http://www.tunaradio.net en luister vanaf hulle Luisterblad. Volg TunaRadio op Twitter @tunaradio, skryf aan hulle by

[email protected] of gesels met hulle op Skype by tunaradio.net.

3. australia.gov.au webwerf vir al jou inligtingsbehoeftes Australië se regering het 'n baie bruikbare inligtingswebwerf genaamd australia.gov.au. Dit vat al die staatsdepartemente se inligting

vir die publiek in een webwerf saam. Hoewel jy 'n soektog deur die soekfunksie kan doen, word die volgende temas aangebied

waaronder 'n mens na inligting kan soek:

Voordele en betalings

Omgewing

IT en Kommunikasie

Openbare veiligheid en die Reg

Besigheid en Industrie

Familie en Gemeenskap

Werk en Werkplek

Sekuriteit en Verdediging

Kultuur en Kuns

Gesondheid

Geld en Belasting

Vervoer en Streke

Opvoeding en Opleiding

Immigrasie en Visas

Paspoorte en Reis

A-Z van regeringsdienste

Besoek australia.gov.au

Lord Howe Island, NSW (Foro: Wikimedia)

Page 12: Redakteursbrief - Brokkies...ShowMax is Afrika se grootste Internet TV-diens in terme van inhoud, en bied jou onbeperkte toegang tot meer as 12 000 episodes van die beste plaaslike

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 29 Februarie 2016

Kleinadvertensies (Persoonlik)

Terug na bo...

Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer

Kleinadvertensies (Besigheid)

Terug na bo...

Klik op die besigheidstipe van jou keuse:

Algemeen Eiendomme te huur of te koop Professionele dienste Versekering

Akkommodasie / Tydelike verblyf Finansiële dienste Rekenaardienste SA-produkte

Ambagsmanne / Kontrakteurs Motors Skoonheid & Gesondheid

Algemeen

Terug na besigheidstipes...

1. KykNet bring lekker Afrikaanse TV-programme binne jou bereik! Jy kan nou elke dag al die lekkerste Afrikaanse programme kyk al woon jy nie meer in SA nie. Teken in op

kykNET Internasionaal op ShowMax teen net US$8.99 pm. Gaan na ShowMax.com vir ’n 7-dae gratis proeflopie.

2. Oorweeg jy om na Nieu-Seeland te verhuis? Indien jy oorweeg om Australië vir Nieu-Seeland te verruil, kontak ons gerus vir bystand en advies. Ons netwerk kom een

keer per maand in Auckland bymekaar om nuwe immigrante by te staan met advies en netwerkgeleenthede.

Besoek ons webtuiste by www.networkfinancialservices.co.nz of kontak Eugene by

[email protected] of +64 22 276 0082

3. Strykwerk gedoen vir jou – Mindarie / Clarkson en omgewing Strykwerk gedoen in 'n rook- en dierevrye huis, in Mindarie, Clarkson en omgewing.

Volwassenes se items: $2.00 per item

Kinders (7-10 jaar): $1.50 per 2 items

Kinders (0-6 jaar): $1.50 per 3 items

Skooluniforms: $1.50 per uniform

Ook beddegoed, tafeldoeke ens.

Alle pryse beskikbaar op my Facebook-bladsy by www.facebook.com/ironingmateironingservices

Yolandi van der Merwe, Ironmate Ironing Services, tel 0452484677, e-posadres: [email protected]

4. Geleentheid om groente te produseer By die Lifestyle Centre in Samford / Brisbane is daar 2.5 akker met waterregte beskikbaar vir die regte persoon teen

minimale teenprestasie. Die ideale persoon moet belangstel in plaaslike voedselproduksie (‘local food growing’) met

minimale tot geen gebruik van chemiese gifstowwe. ‘n Vraag na die produk bestaan reeds.

Registreer jou belangstelling by [email protected]

5. ONStv bring die beste Afrikaanse flieks na teaters in Australië en jou woonkamer Besoek www.onstv.net en sien waar die fliek gaan wys asook die ander tuisvermaak wat NOU beskikbaar is om te

huur/te koop. 'LIKE' ons Facebookblad www.facebook.com/ONStv en bly op die hoogte van die nuutste verwikkelinge.

Akkommodasie / Tydelike verblyf

Terug na besigheidstipes...

Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer

Page 13: Redakteursbrief - Brokkies...ShowMax is Afrika se grootste Internet TV-diens in terme van inhoud, en bied jou onbeperkte toegang tot meer as 12 000 episodes van die beste plaaslike

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 29 Februarie 2016

Ambagsmense / Kontrakteurs

Terug na besigheidstipes...

Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer

Eiendomme te huur of te koop

Terug na besigheidstipes...

Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer

Finansiële dienste

Terug na besigheidstipes...

1. Is jy bekommerd oor jou geld wat nog in SA is? Rand Rescue is ‘n plaaslike maatskappy wat Suid Afrikaners voorsien van praktiese en koste-effektiewe maniere om

hulle Rande te “Rescue”! Ons spesialiseer in geblokkeerde fondse soos uittree-annuïteite, pensioenfondse,

aandele en erfgeld. Ons doen ook kontantoorplasings vanuit enige SA-handelsbank en kan jou help met jou SARS

belasting uitklarings. Kontak Marlene: 02 9098 0380 / 0420 663 562 / www.randrescue.com

2. Suid-Afrika - nader aan Australie as wat jy gedink het!! 10 400 km mag dalk ver klink, maar nie as dit by jou Suid-Afrikaanse uittree-annuïteite kom nie. cashkows.com plaas

jou Rande vinnig en maklik na Australie oor sodat jy die Aussie lewe ten volle kan geniet. Ons kontak jou om die Rande

aan die rol te sit.

Motors

Terug na besigheidstipes...

Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer

Professionele dienste

Terug na besigheidstipes...

1. Leiding met Loopbaan-, Studie- en Vakkeuses Potential Profiling help jou kind ‘n loopbaan kies wat sy/haar brein se natuurlike denkvoorkeure pas. Verhoed

teleurstelling, frustrasie, tydmors, demotivering, konflik, onderprestasie en studieskuld-las eie aan verkeerde

beroepskeuses. Vir ‘n unieke loopbaanleidings-diens, skryf vir Martin Hefer by [email protected]

Tipiese adverteerders in hierdie seksie sluit ook in prokureurs, dokters, tandartse, immigrasie-adviseurs, ens.

Rekenaardienste

Terug na besigheidstipes...

Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer

Page 14: Redakteursbrief - Brokkies...ShowMax is Afrika se grootste Internet TV-diens in terme van inhoud, en bied jou onbeperkte toegang tot meer as 12 000 episodes van die beste plaaslike

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 29 Februarie 2016

Skoonheid & Gesondheid

Terug na besigheidstipes...

1. SOLAL* nou in Australië beskikbaar! SOLAL is ‘n uitgebreide verskeidenheid van gesondheid- en welstandprodukte met innoverende en doeltreffende

voedingsaanvullings wat geformuleer is om jou te help om die onderliggende oorsake van gesondheidsprobleme meer

natuurlik aan te spreek.

Kontak ons per epos by [email protected] of KOOP AANLYN by www.theskinworx.com

Versekering

Terug na besigheidstipes...

1. Is jy nuut in Australië? Ons help nuwe immigrante oor die laaste 15 jaar met hulle:

Lewensversekering

Pensioenfondse (Superannuation)

Aftreebeplanning

Kontak ons vir vriendelike en professionele dienste.

Marius De Lange | Nautilus Financial Planning | Tel 04 025 77 374 | E-pos [email protected]

SA-produkte

Terug na besigheidstipes...

1. Spaza | Ons bring Suid-Afrika na JOU! Kry 'n stukkie van Suid-Afrika by Spaza. Ons bring die nuutste Suid-Afrikaanse musiek-CD's, DVD's, films en boeke na jou. Ons het ook 'n verskeidenheid mans- en vroueklere reekse beskikbaar van gewilde SA vervaardigers. Gesels met Jaco Ungerer van Spaza, by tel 04 289 64112 of 04 6857 1042, of e-pos hom by [email protected] Besoek ook Spaza se webwerf: www.spaza.com.au

Werksgeleenthede

Terug na bo...

Geleentheid om groente te produseer By die Lifestyle Centre in Samford / Brisbane is daar 2.5 akker met waterregte beskikbaar vir die regte persoon teen

minimale teenprestasie. Die ideale persoon moet belangstel in plaaslike voedselproduksie (‘local food growing’) met

minimale tot geen gebruik van chemiese gifstowwe. ‘n Vraag na die produk bestaan reeds.

Registreer jou belangstelling by [email protected]

Gratis advertensieruimte beskikbaar – Lees meer by www.brokkies.net/adverteer

_______________________________________________________________________________________________

Hierdie ruimte is beskikbaar vir advertensies van vakatures; en in die meeste gevalle word hulle GRATIS geplaas

om ons immigrantegemeenskap te ondersteun.

Doen navraag by die redakteur by www.brokkies.net deur die skakel 'Kontak' en hy sal meer riglyne verskaf.

________________________________________________________________________________________________

Page 15: Redakteursbrief - Brokkies...ShowMax is Afrika se grootste Internet TV-diens in terme van inhoud, en bied jou onbeperkte toegang tot meer as 12 000 episodes van die beste plaaslike

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 29 Februarie 2016

Afrikaanse kerkdienste

Terug na bo...

Afrikaanse kerkdienste in Australië

Terug na bo...

1. BUNBURY – Gereformeerde Evangeliese Kerk Eredienste elke Sondag om 9vm in Afrikaans.

Adres: RSL Saal, 19 Spencer straat, Bunbury.

Kontak ds Gawie Cloete by 0420481965 of 08-97951125 vir meer inligting.

2. PERTH - Eredienste in Suide van Perth op 3 plekke: Deo Gloria Community Church

Afrikaanse diens in Leeming

Ons het elke Sondag om 9vm ’n diens in Afrikaans by Livingston Seventh Day Adventist Church, Nicholson Rd, Canning

Vale, waar ds Gerhard Bredenkamp die voltydse leraar is.

Daar is ook in een van die ander lokale ‘n erediens vir Engelssprekendes om 9vm elke Sondag. Ds Dirk de Swardt bied

die dienste aan. Dirk is ook die voltydse leraar vir ons hoërskooljeug en jong werkendes.

Afrikaanse diens in Secret Harbour

Terselfdertyd vergader ons elke Sondag om 9vm ook in Afrikaans te Secret Harbour Community Centre, Oasis Drive,

Secret Harbour, waar ds Peet Grobbelaar die voltydse leraar is.

Engelse diens in Mandurah

Vir Suid-Afrikaners en ander Engelssprekendes wat dalk in Engels bedien wil word, het ons ’n gemeente in Mandurah,

wat op Sondag om 9.30vm te Foundation Christian College, Multi-Purpose Hall Valentine Drive, Greenfields

bymekaarkom. Ds Johan de Swardt is die voltydse leraar.

Besoek ons webwerf by www.deogloria.org.au of volg ons direkte uitsendings by http://deogloria.sermon.net/main

Kontak ds Peet by 0415 680 930, ds Gerhard by 0450 467 557 of ds Johan by 0417 981 614 of ds Dirk by 0481 331

138 veral vir jeug-verwante aangeleenthede.

3. WES-AUSTRALIë – Eredienste op die PLATTELAND van WA: Outreach WA in samewerking met die Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australië

Eredienste word gereeld op rotasiebasis in Afrikaans gehou by die volgende dorpe: Esperance, Albany, Katanning,

Brookton, Northam en Hyden. Daar word gewoonlik na die diens saam ge-eet en gekuier.

Vir meer inligting en ook vir die reël van ‘n pastorale besoek, kontak ds Gawie van der Merwe (woonagtig in Perth) op

selfoon 0415846599 of e-pos na [email protected]

4. WES-AUSTRALIë - Eredienste op Geraldton: Living Word (GEKA) Elke Sondag om 9vm in die SDA Kerk, 8 Milford Street, Geraldton. Die leraar is dr Tienie Bekker. Na die diens word daar

lekker saamgekuier oor ‘n koppie koffie/tee.

(Indien daar Engelse mense in die erediens is dan vind die diens in Engels plaas.)

Skakel Tienie by 0458 976 007 of e-pos na [email protected] meer inligting of besoek ons webwerf:

http://www.livingwordgeraldton.com.au/

Landswye dagboek

Terug na bo...

Hierdie afdeling sal gaandeweg ontwikkel word.

Page 16: Redakteursbrief - Brokkies...ShowMax is Afrika se grootste Internet TV-diens in terme van inhoud, en bied jou onbeperkte toegang tot meer as 12 000 episodes van die beste plaaslike

Aus-Brokkies – Afrikaanse Doer-Onder e-nuusbrief 29 Februarie 2016

Riglyne vir adverteerders

Terug na bo...

Lees Aus-Brokkies se advertensieriglyne by www.brokkies.net/adverteer,

Kanselleer intekening / UNSUBSCRIBE

Terug na bo...

Om Aus-Brokkies te kanselleer, doen dit by http://brokkies.net/skryf-in of doen dit vanuit jou weeklikse subskripsie e-pos.

To unsubscribe email [email protected] with subject ‘Unsubscribe'. Provide your old email address in the body.