gisa nuusbrief gisa newsletter - gisa.org.za · dr mathilda burden (verteenwoordiger van die...

6
Op Vrydag, 27 Augustus 2012, het mnr Ritzema de la Bat uitgetree as Voorsitter van die Raad van GISA. Nadat die RGN besluit het om sy Afdeling vir Genealogiese Navorsing in Pretoria te sluit was hy instrumenteel daarin om die een- heid van Pretoria na Stellenbosch te laat verskuif. Dit is in 1998 as onafhanklike instituut op die kampus van die Unversiteit van Stellen- bosch gestig as die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (GISA). Gedurende sy termyn as voorsitter het GISA verskeie mylpale behaal. Ons as genealogiese gemeenskap is hom groot dank verskuldig vir die voltooiing van die Suid- Afrikaanse Geslagregisters reeks (SAG), sowel as die groot vordering wat gemaak is met die opdaterings hiervan onder die titel Suid- Afrikaanse Familieregisters (SAF), wat nou reeds tot by Volume 20 (die letter K) strek. Ge- durende sy termyn is onderhandelinge ook op dreef gekry vir die digitalisering van kerkregis- ters deur die Genealogical Society of Utah (GSU/Family Search). JULIE 2012 VOL. 1 UITGAWE 1 GISA NUUSBRIEF GISA NEWSLETTER . RITZ DE LA BAT TREE UIT AS VOORSITTER VAN GISA

Upload: lengoc

Post on 19-Aug-2018

219 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Op Vrydag, 27 Augustus 2012, het mnr

Ritzema de la Bat uitgetree as Voorsitter van

die Raad van GISA.

Nadat die RGN besluit het om sy Afdeling

vir Genealogiese Navorsing in Pretoria te

sluit was hy instrumenteel daarin om die een-

heid van Pretoria na Stellenbosch te laat

verskuif. Dit is in 1998 as onafhanklike instituut

op die kampus van die Unversiteit van Stellen-

bosch gestig as die Genealogiese Instituut van

Suid-Afrika (GISA). Gedurende sy termyn as

voorsitter het GISA verskeie mylpale behaal.

Ons as genealogiese gemeenskap is hom groot

dank verskuldig vir die voltooiing van die Suid-

Afrikaanse Geslagregisters reeks (SAG), sowel

as die groot vordering wat gemaak is met die

opdaterings hiervan onder die titel Suid-

Afrikaanse Familieregisters (SAF), wat nou

reeds tot by Volume 20 (die letter K) strek. Ge-

durende sy termyn is onderhandelinge ook op

dreef gekry vir die digitalisering van kerkregis-

ters deur die Genealogical Society of Utah

(GSU/Family Search).

JULIE 2012 VOL. 1 UITGAWE 1

GISA NUUSBRIEF

GISA NEWSLETTER

.

RITZ DE LA BAT TREE UIT

AS VOORSITTER VAN GISA

Andrew Kok is vir die afgelope 20 jaar be-

trokke by die GGSA. Hy dien as voorsitter van

die Noord-Transvaaltak vir vier jaar (1998 –

2003), en gedurende sy termyn verskuif tak-

vergaderings na die Voortrekkermonument en

is hy verantwoordelik vir die vestiging van die

takbiblioteek en huisvesting van die Mark Tap-

ping versameling by die Erfenisstigting se

navorsingsentrum. Gedurende die tyd dien hy

ook vir twee jaar op die NUK as lid vir

Opleiding. Sedert 2009 dien hy ook as voor-

sitter van die Wes-Kaaptak van die GGSA. Uit

sy pen het Die Botha‟s van die Bad (1990) en

Cillié: Rhebokskloof en sy mense (2011)

verskyn.

Hy dien op die bestuur van die Hugenote

Vereniging van Suid-Afrika en sedert 2011

ook op die Raad van die Genealogiese In-

stituut van Suid-Afrika as die genomineerde

van die Hugenotetrust. Hy is so pas verkies

tot voorsitter van die Raad van GISA.

Andrew is getroud met Carin (néé du Toit)

en het twee kinders, Charl-Pierre en Elisna.

ONTMOET DIE NUWE

VOORSITTER

GISA staan egter nou voor „n hele aantal nuwe

uitdagings:

As nuwe voorsitter gaan ek my bes doen

om die groot skoene van Ritz de la Bat vol

te staan. Hy het diep spore getrap en sy

nalatenskap tot genealogie sal nog lank

onthou word.

Volhoubare finansiering vir nuwe projekte

sal een van die grootste uitdagings oor die

korttermyn bly.

Daar moet gepoog word om GISA meer

inklusief te maak en die fokus sal ook moet

verskuif na ander belangehouers binne die

genealogiese gemeenskap.

Verdere navorsing vir en voltooing van SA

Families sal nog prioriteit geniet.

Die grootste korttermyn doelwit is om die

gedigitaliseerde beelde van kerkregisters

op die Internet beskikbaar te stel en toe-

ganklikte maak vir „n wereldwye genea-

logiese gebruikersgemeenskap

Die doelwit van GISA moet dus steeds bly

om vir u as genealoë van diens te wees en u

te ondersteun in u navorsing. Slegs dan kan

GISA sy voortbestaan regverdig.

...vervolg

GISA Beheerraad vir 2012/13

Op die foto bo staan van links na regs:

Mev Petro Coreejes-Brink (Verteenwoordiger van die GGSA)

Mnr Dennis Malan (Verteenwoordiger van die Hugenote Vereniging)

Dr Andrew Kok (Nuutverkose voorsitter en verteenwoordiger van die Hugenotetrust)

Dr Mathilda Burden (Verteenwoordiger van die Universiteit van Stellenbosch)

Mnr Ritz de la Bat (Uittredende voorsitter)

Mev Juna Malherbe (Verteenwoordiger van die Hugenote Museum)

Mnr Nicol Geldenhuys (Bedryfshoof van GISA)

Mev Pauletta Joubert (Sekretaresse van die Raad)

Prof Christo Viljoen (Ondervoorsitter)

GISA BEHEERRAAD VIR 2012/13

Die eerste vier dele van die oorspronklike SAG (SA Genealogieë) reeks, dws vanne beginnende

met letters A tot K, is deur die Afdeling Genealogie van die RGN onderneem, waarna GISA die

res van die reeks (letters L tot Z) in drukformaat voltooi het. Sedertdien is die SAG reeks ook in

CD formaat vrygestel. Die eerste vier dele (A – K) (dws die RGN dele) se inligting is afgesluit

teen die middel van die 19de eeu, en die res van die reeks (L – Z) is deur GISA verder gevoer tot

aan die begin van die 20ste eeu en in 2009 voltooi.

Na voltooiing van die SAG reeks het GISA besluit om die eerste vier dele by te werk en uit te brei

tot ongeveer 1930. Die bygewerkte dele is bekend gestel as die SAF (SA Familieregisters) reeks.

Die reeks word net in elektroniese formaat op kompakskyf beskikbaar gestel. Tot op datum is

vanne A – K (uitgesluit J) reeds voltooi en in kompakskyfformaat met bemarking begin. Na on-

langse personeelwisselings by GISA is die kwaliteitsbeheermaatreëls van GISA nagegaan en is

vasgestel dat sommige van die kompakskywe vir die letters A - K vanaf meesters vervaardig is

wat nie voldoen aan GISA se aanvaarde hoë vlak van akkuraatheid nie (insoverre dit moontlik is

om “foutvrye” genealogiese registers te lewer). Omdat GISA „n hoë premie plaas op die akku-

raatheid van sy genealogiese produkte, is die betrokke CD‟s weer gekontroleer en ontfout. Om

verwarring te voorkom word die hele reeks her-uitgereik.

Regstellings is gemaak waar geslagsnommers foutief was, geslagte of gedeeltes van geslagte wat

ontbreek het, is bygevoeg, datums wat nie korrek was nie asook spelfoute is reggestel. Ook is

gedupliseerde inligting verwyder. Die geslagsnommers is ook weer bygevoeg aan die bokant van

elke bladsy asook die van en bladsy nommers. In die algemeen het die hoeveelheid inligting ver-

meerder weens die byvoeging van ontbrekende inligting. Alle persone wat reeds die ou SAF CD's

bestel en ontvang het, is reeds per e-pos in kennis gestel met 'n verduideliking en instruksies hoe

om die CD's te laat vervang met die hersiene weergawe. GISA vra om verskoning vir die ongerief

wat veroorsaak is hierdeur. Ons hoop egter dat u begrip sal hê daarvoor dat ons graag 'n gehalte

produk aan ons kliënte wil lewer.

SUID-AFRIKAANSE FAMILIES

NASLAANDIENS

Persone wat nie GISA se kantore kan besoek vir genealogiese navorsing nie, kan

nou vir GISA versoek om navorsing in opdrag namens hulle te doen teen 'n

tarief. U is welkom om u versoek te rig met soveel beskikbare inligting moont-

lik aan [email protected]

Banghoekweg 115

Stellenbosch

7600

Tel: (021) 8875070

Fax: (086) 723 7745

Posbus 3033

Matieland

7602