rapport inrat 17 maart 2013
DESCRIPTION
Die Maart 2013-uitgawe van InRat - Rapport se maandelikse motorbladTRANSCRIPT
InRatBylae tot Rapport 17 Maart 2013
Daar’s lewe in sukkelende stasiewasegment
7
Spesiale Nissan GTR virSA het meer brul en byt
Sprint GT is byna volmaaken sy prys ’n verrassing
Isuzu KBwil ander eentonnersdeur die modderkom sleep 3
4
5 Die Subaru Forester is dood.Lank lewe die ware koning
6
FOTO: DESMOND LOUW
2 InRat 17 Maart 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
InRatRedakteurJustus VisagieEpos: [email protected]: 021 406 3226
Mej.Dipstiekgee raadBeste mej. Dipstiek
Ek wil baie graag ’n klein oopdakkarretjie koop, maar my vriendespot my en sê net meisies of haarkappers ry sulke karre. Stem jysaam, en wat stel jy voor? My begroting is omtrent R250 000, maarek sal beslis nie omgee om minder uit te gee nie.
Ek hoor graag van jou.Chris, Durbanville
Hallo ChrisJou vriende is reg: Die meeste klein oopdakmotortjies is vir vroue
en haarkappers. Jy weet dit ook – dis hoekom jy raad gevra het!Gelukkig is Dipstiek heel bewus van styl en sy weet van enkele
uitsonderings. Hier is hulle: Die Porsche Boxster, die Nissan 350ZRoadster en veral die Honda S2000. ’n Ouer Porsche 911 Targa salook deug. Let wel, daar is geen viersitplekafslaankappe op hierdielys nie.
Die 350Z en die S2000 pas straks by jou begroting in. Die 350Zhet ’n ikoniese ontwerp; Dipstiek dink hy is mooier as sy opvolger,die 370Z. Die laaste van die 350Z’s het heelwat meer krag as dievroeë weergawes. Koop dus die jongste een wat jy kan. Die Z saleendag versamelaarstatus hê.
Die Honda S2000, wat nie meer gemaak word nie, is reeds ’nversamelstuk, en al is hy meer beknop as die Z, is dit ’n besonderestuk ingenieurswese met ’n enjin wat soos ’n motorfiets s’n kan“rev” – tot 9 000 r/min. – en taai genoeg is om dit te kan vat. Onderdele is egter nie volop nie.
Dan is daar twee grensgevalle in jou prysklas, naamlik die MazdaMX5 en VW Golf. Jy kan hulle oorweeg, maar dan moet jy in jouvrye tyd aan hokgevegte deelneem, ’n bierbottel met jou tande kanoopmaak en ’n telefoongids kan opskeur. Anders gaan jy beslis gespot word.
Dipstiek wil liewer niks sê van die seildakMini Cooper, VW Eos,oopdakRenault Mégane en Peugeot 307CC nie.
@ Mej. Dipstiek is ’n geregistreerde maatskaplike werktuigkundige. Stuur joukwelvrae gerus aan D.I.P.S.T.I.E.K., per adres [email protected].
Ek en my wieleElma Maspero van Johannesburg is ’n te
levisie en radioaanbieder wat bekendheid verwerf het as Lady Rugga. In
haar vrye tyd slaan sy graag gholfballe langshaar man, Richard, en sy het ’n voorliefdevir vinnige karre.
Wat ry jy, en wat is jou ryding se beste enswakste eienskappe? Ek ry ’n Volkswagen Jetta4 1.6 met ’n outomatiese ratkas. Hy is allesbehalwe vinnig, rats of glamorous, maar dit was ’nwinskopie met verskriklike lae kilometers en mygholfsak pas laglag in die enorme bagasiebak.Die outomatiese ratkas is ook ’n absolute moet inJohannesburg.
Jou beste herinnering met jou kar? Ek enmy sussie Minette het laasjaar Oppikoppi toe gery. Ons het nou wel nie in ’n rekordtyd daar aangekom nie, maar die kattebak was ons klerekas,omdat die tent te klein was.
Watter vervoermiddel sal jy koop met R5miljoen? Kan mens ’n seiljag of helikopter kryvir R5 miljoen? Of ’n lugballon! Ek dink ’n lugballon sal perfek wees.
Gee my ’n oplossing vir die volgende vervoerprobleme: brandstof wat ál duurderword en die oormag motors en vragmotorsop ons paaie. Ek dink ons behoort almal meerfiets te ry en, waar moontlik, naby aan die werkte woon. Vragmotors sou nie so broodnodig gewees het as ons spoorweginfrastruktuur voldoende was nie. Ek reken daar kan groter klem geplaas word op die opgradering van ons spoorweë– vir passasiers én vragvervoer.
Het jy al ooit geryloop? Nee, gelukkig nie!Het jy al ooit ’n kar se vensters van binne
laat toewasem? Dit hang af wat jy bedoel! InNieuSeeland het ek en my man in November2011 (aan die einde van die Wêreldbekerrugbytoernooi) een oggend met ons gehuurde motortjiebyna vasgeval in die geweldige sneeu wat oornagby die Whakapapaskioord geval het. Gelukkighet die oord se bussie ons gou opgepik!
Vertel my van jou eerste kar. Wie’t jou geleer bestuur en het jy Die Toets maklik geslaag? My ouers het in 1981, toe hulle getroud is,’n silwer VW Golf gekoop. Ek het in matriek –23 jaar later! – met ou Agatha leer bestuur (onsmoes ’n klassieke naam vir haar kies). My Pa hetmy vroeg in matriek leer bestuur en dit het aanvanklik maar moeilik gegaan. Ek het die toets dieeerste keer gedop, maar toe ek hom uiteindelikdeurkom, was daar geen keer aan my nie. Dees
dae is ek veral ’n meester van parallelparkering!Swets jy ander padgebruikers in die pri
vaatheid (en klankdigtheid) van jou eie motor? O, ja! Wie doen dit nié? My man is die geduldigste mens wat ek ken, en selfs hy laat waaiwanneer taxi’s voor hom intrek. Ek sit sommerdie toeter by en maak my frustrasie duidelik.
Wie gaan vanjaar Formule 1 wen? Ek hetbaie lanklaas Grand Prix gekyk – mag ek gou myoom bel?
Waarna luister jy wanneer jy ry?Ek is ’n groot radioliefhebber. Ek kan na by
kans enige stasie luister en spring gereeld uit blote nuuskierigheid van die een na die ander – nieagter musiek aan nie, maar om te hoor wat anderradioaanbieders doen.
Watter toestel wil jy die graagste in jou karingebou hê? As ek in my kar kon klim, ’n plekin die GPS intik en met die druk van ’n knoppiedaar kon wees, sou ek die gelukkigste persoon opaarde wees.
Enigiets anders wat ons van jou en motorsmoet weet? Ek is mal daaroor om vinnig te ry.En ek is mal oor groot karre – gee my ’n lekkerfris 4x4 of ’n BMW 7Reeks eerder as ’n klein,plat nommertjie.
ELMA MASPERO(NÉE SMIT)
KopKrap
Vulindiewoorde 02
3letterwoordeAgtOudRat
4letterwoordeHelpLaanReisSnel
5letterwoordeKaartRobot6letterwoordeSirkelSkrape
7letterwoordeDeurpadRigtingVerkeer11letterwoordVersekering
V E R S E K E R I N G
Verskaf deur XWord.co.za
Skryf elke woord in die lys hieronderop die regte plek in
’n Wenner omvan te droomDaar word ’n Porsche Boxster toe sowaar as
SuidAfrika se Motor van die Jaar aangewys.’n Omstrede keuse, want hy kos omtrentR600 000. Die reaksie?
; “Dis so ’n eksklusiewe kar. Ek dink die kompetisie is belaglik,” sê Corlette Heyns, wat vir InRatskryf.
; “Ek en my gesin doen alles saam. My dogterssal nie in die Boxster kan saamry nie,” sê AttieBekker, InRat se advertensiebaas.
; “Ek voel die Toyota 86 moes gewen het,” isdie mening van Willem van der Berg, wat vir InRatskryf en redakteur is van Bikeroutes.co.za.
; “Dis onvanpas in hierdie tyd van gordel styftrek, sê Angelique Arde van die tydskrif PersonalFinance.
Ook op Facebook het lede van die breë publiekhulle ongeloof uitgespreek.
Is daar dan meriete in die Boxster se oorwinning? Beslis. Hoe die kompetisie werk, is dat dieBoxster eintlik met ander sportmotors soos dieMercedesBenz SLK 200 AT, Audi TTS Roadster*en BMW Z4 28i AT meeding. Om te wen moet dieBoxster dus aansienlik beter as die hierdie groepiewees. Luidens berigte (of dan lofliedere) is hy.
Daarby moet die Porsche uitnemendheid in diemotorwêreld verteenwoordig. Die kompetisieorganiseerder, Christo Valentyn, sê oor die vraag of diePorsche “verdien” om te wen die vraag moet eerder wees “is dit ’n waardige wenner?”. “Daarop isdie antwoord ja,” sê hy. “Die paneel het bevind dieBoxster troon uit bo sy direkte mededingers enverskuif die doelpale in sy segment. Hy voldoendus aan die vereiste van uitnemendheid, wat dit
’n waardige wenner maak.”As ’n mens hierdie kriteria opweeg, is dit ver
staanbaar dat die Porsche kan wen. Anders moetons sê Johan van Waterkloof mag nie universiteitstoelating kry nie omdat hy meer bevoorreggrootgeword het as Gift van Alexandria.
Nee, die Boxster is nie ’n motor vir die massasnie en die meeste van ons sal nooit een ry nie. Ekdalk ook nie (ons wag nog dat Porsche een aanInRat beskikbaar stel). Ek het wel die nuwe Porsche 911 Carrera Cabrio PDK gery en dit was soos’n droom. Dit beteken nie die Toyota 86 is niemeer my eerste keuse nie. Hy’s waarskynlik netsoveel pret soos die Boxster, teen die helfte vandie prys. En binnekort gaan sy dak ook kan oopvou. Dan sal daai Porsche met een oog oop moetslaap.
Justus Visagie @ryveilig op TwitterVolg ook @RapportInRat op Twitter
Hierdie uitgawe van InRatword opgedra aan ArnoOberholzer, die psigiater(of “kopmechanic”, sooshy homself genoem het)wat vir InRat geskryf het.Hy is op 1 Maart oorledená ’n motorfietsongeluk.
* Die TTS Roadster word nie meer in SuidAfrika verkoop nie en die TTRS Roadster is in dieBoxster S se prysklas.
AdvertensiesAttie BekkerEpos: [email protected]: 011 713 9545
SA se Motor vandie Jaar, diePorsche BoxsterFOTO: PORSCHE
17 Maart 2013 InRat 3| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
NuutIsuzu mik hoogmet KB nr. 6General Motors SuidAfrika het
groot planne met sy sesde geslagIsuzu KBbakkie wat vandeesweek
in ’n Groot Vyfwildreservaat bekend gestel is – in só ’n mate dat die GMpakdraers sommer van die Groot Ses praat.
Dis nie ydel geselsies nie, want diejongste KB is nie net in alle opsigte beteras sy voorganger nie, maar sy bouvolumes gaan ook groter wees. GMSA beplanom die bakkie na tot 21 lande uit te voer.
Ook die omvattende modelreeks metdrie bakvorms (enkel, dubbel en verlengde kajuit), vier afwerkingsvlakke (Basies, Fleetside, LE en LX), vier enjinkeuses (drie turbodiesels en ’n petrolenjin)en sewe 4x4’s, beklemtoon die erns waarmee GMSA hierdie produk bejeën.
Tereg so, want die KB is al 40 jaar ’nstaatmaker in die plaaslike mark (as ’nmens die Chev LUV as sy voorloper erken), en was in ’n stadium ook die topverkoperbakkie. Om dié gloriejare te laatherleef het GM sy huiswerk goed gedoen.
Altesame 1.3 miljoen toetskilometers isin die KB se plaaslike ontwikkeling afgelê, en ’n rits aanpassings is aangebring,waaronder beter plaatmetaal vir die laaibak, ’n aangepaste agteras met elektroniese sluitewenaar, ’n stewiger koppelaar,beter luginduksie en verkoelingstelsel,asook fyn verstellings vir die veerstelsel.
Dit het vrugte afgewerp, want met onstoetsrit het die KB se rygerief en dieplooibaarheid van sy veerstelsel in allepadomstandighede beïndruk. Sy groterasafstand (45 mm langer) en 50 mm breer wielsporing dra beslis hiertoe by.
Nog ’n pluspunt is sy uitmuntende die
selenjins. Isuzu is ’n voorloper wat dieseltegnologie betref – meer as 23 miljoendiesels het al sy fabrieke verlaat.
Dit word gestaaf deur die verbeterde3.0 DTeq in die topweergawes, wat nou130 kW en 380 Nm wringkrag lewer. Diéenjin het die minimum turbotraagheid,werk stil en glad, en handhaaf ’n balanstussen kraglewering en suinige verbruik.
Die 2.5 DTeq (85 kW en 280 Nm) isnet so uit die vorige geslag oorgedra, terwyl ’n 2,5 literdiesel met laedrukturbo(85 kW en 170 Nm) later kom.
Die enkele petrolenjin is ’n 2,4 literviersilinder (in die Basis, Fleetside enLEmodelle), lewer 112 kW en 233 Nm, enhet verbaas met sy gewilligheid.
’n Nuwe vyfgangoutokas is nou beskikbaar in die 3.0 DTeq 4x4dubbelkajuit, en dié model behoort gewild tewees. Die res het vyfganghandratkaste.
Stileringsgewys wyk die nuwe KB vansy voorganger se hoekige lyne af, en hoewel konvensioneel, is die ontwerp skoonen prakties. Die turbotussenverkoeler isnou vorentoe geskuif, wat ’n luginlaat opdie enjinkap oorbodig maak. Nie net dradit by tot sy ontwerpeenvoud nie, maarlaat die bakkie ook voldoen aan die jongste vereistes vir voetgangerveiligheid éndra by tot ’n laer sleurkoëffisiënt.
Die nuwe KB is 260 mm langer, 60 mmbreër en 60 mm hoër as sy voorganger,wat meer binneruimte en ’n groter laaibak moontlik maak. Binne is daar meerskouerruimte vir die voorste passasiers,die deuropeninge is groter (die VerlengdeKajuitmodel het nou Flexdeurtjies watna agter oopmaak) en in die dubbelkajui
te het die agterste passasiers 25 mmmeer beenruimte.
Die instrumentepaneel het eenvoudige,funksionele lyne, maar sy harde plastiekafwerking pla. Die res van die binneruimis netjies en ruim, met genoeg pak enbêreplekke, en nuutontwerpte, gerieflikesitplekke voor en agter.
Nog ’n verbetering is die vierwieldryfbeheer wat nou deur ’n Terrain Commanddraaiknop op die middelkonsolebeheer word, en ’n sluitewenaar is standaard in die Fleetline, LX en LEmodelle, terwyl die LE en LXmodelle outomatiese lugreëling het.
Die nuwe KB presteer as dit kom bysleepvermoë en laaikapasiteit. Die KB 300het ’n sleepvermoë van 3 500 kg, terwyldie ander 2 100 kg kan sleep. Die LX 3004x2dubbelkajuit kan 1 133 kg laai, en dieKB 240basismodel tot 1 146 kg.
Met uithalerenjins, nuutgevonde ruimte, stewige gedrag op en van die pad af,goeie laairuimte en klasleiersleepvermoëis die nuwe KB die regte produk op dieregte tyd. Met sy mededingende pryse,lojale klantebasis en ’n indrukwekkendegeskiedenis is hy slaggereed vir die verkopestryd in die mededingende eentonbakkiemark. – Ferdi de Vos
PRYSEDIESELEnkelkajuitKB 250 D-Teq – R229 300KB 250 Fleetside D-Teq – R242 700KB 250 Fleetside D-Teq (veiligheidstelsels)– R244 900KB 250 LE – R274 800KB 250 LE 4x4 – R315 700KB 300 LX – R311 700KB 300 LX 4x2 – R362 300Verlengde KajuitKB 250 V/kajuit LE – R290 700KB 300 V/kajuit LX – R359 400KB 300 V/kajuit LX 4x4 – R412 300DubbelkajuitKB 250 Dubbelkajuit LE – R363 200KB 250 Dubbelkajuit LE 4x4 – R384 100KB 300 Dubbelkajuit LX – R410 400KB 300 Dubbelkajuit LX (outo) – R423 400KB 300 Dubbelkajuit LX 4x4 – R464 400PETROLEnkelkajuitIsuzu KB 240 Basismodel – R218 900Isuzu KB 240 Fleetside – R233 700Isuzu KB 240 Fleetside 4x4 – R258 500Isuzu KB 240 LE – R253 200DubbelkajuitIsuzu KB 240 Dubbelkajuit LE – R309 100Isuzu KB 240 Dubbelkaj. LE 4x4 – R380 200
Isuzu KBreeksDie nuweIsuzu KB ishier om indie FordRanger enVW Amarok se slaaite krapFOTO:QUICKPIC
ONS IS SO SEKER
DAT ONS JOU R400 KONTANT SAL BETAAL AS ONS NIE KAN NIE.
KAN SNY
SMS ‘SPAAR’ NA 44166EN ONS SAL JOU DADELIK TERUGSKAKEL. O
UTP/198
/A
STANDAARD TARIEWE GELD.
*T’S EN V’S GELD.*T’S EN V’S GELD.
DAT ONS JOU HUIDIGE
Nuus
Vlagskipdiesel vir i20reeksPraat van goeie tydsberekening.
Met brandstofpryse wat nuwehoogtes bereik, het Hyundai nou, kort opdie hakke van sy intreevlak1,2 liter Motion, ook ’n suinige turbodiesel in sy i20reeks bekend gestel.
Hyundai noem dié vlagskip die 1.4CRDi Glide.
Sy viersilinderturbodiesel ontwikkel66 kW teen 4 000 r/min. en 220 Nmwringkrag van 1 500 r/min. tot 2 750 r/min. Met sy sesganghandratkas is dieverbruik 5 liter/100 km in die gekombineerde Europese verbruiktoetssiklus. Dis’n welkome 20 km/liter, wat ’n realistiese
reikafstand van sowat 1 000 km betekenmet sy 45 litertenk.
Sy CO2 uitlaatgaslesing van net110g/km beteken dat g’n sogenaamde“groen taks” betaalbaar is nie, en dis ookgoeie nuus dat die enjin volgens Hyundaitevrede sal wees met die onsuiwerder500 ppmdiesel.
Op ons roete, wat die Bainskloofpas ingesluit het, het die klein diesel se wringkrag ons beïndruk, maar dit kos kwistigeratgebruik om hom binne sy optimaletoerkurwe te hou.
Eerste rat is kort (wees ook bedag opdie kort koppelaarspeling) terwyl sesde
net ’n snelrat is vir platpadgebruik englad nie deug vir bergwerk nie.
Die CRDi se Glideafwerking beteken’n “volhuis” toerusting wat dit, gemeetaan die toerustingvlakke van sy mededingers, ’n stewige waardepakket maak.
Ingesluit in die koopprys van onderR200 000 is ’n vyfjaar of 150 000 kmwaarborg, ’n vyfjaar of 150 000 kmpadbystandpakket en ’n driejaar of60 000 kmdiensplan. Diensintervalle is15 000 km.
Alles in ag genome behoort diéi20model stewige aanklank te vind indie mark, maar dalk moet Hyundai oorweeg om ook ’n intreevlakdiesel beskikbaar te stel. – Ferdi de Vos
PRYSHyundai i20 1.4 CRDi – R195 900
Hyundai i20 1.4 CRDi
Met petrolpryse wat weghol soos korrupsie in die regering is dit tyd om ’n kleinturbodiesel te oorweeg. Soos die Hyundaii20 CRDi Glide | FOTO: QUICKPIC
4 InRat 17 Maart 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
Produkte vir Amarok- Suspensies- Onderstelbeskermingsplate- Snorkels- Kant-beskermstawe
- Suspensies- Onderstelbeskermingsplate
- SuspensiesProdukte vir T4 en T5 Produkte vir Touareg
Nuut
Die lewe op die kruin is nie makliknie. Of jy die seemonster Godzillais wat Tokio platslaan, of Godzille
wat Tokyo (Sexwhale) se party in dieWesKaap verslaan, daar is altyd iemandwat jou wil onttroon.
Die Nissan GTR R35, wat in 2009 verskyn het om sy opposisie se baantye vanFuji tot die Nürburgring te vernietig,word ook Godzilla genoem. En sy skepper weet hy moet dié monster se tandeskerp hou sodat hy sy legendariese statuskan behou.
Dis presies wat Kazutoshi Mizuno ensy ingenieurs gedoen het by die Nürburgringbaan en die 24uuruithouren watdaar gehou word.
Sover is die GTR R35 jaarliks verbeter– met ingrypende veranderings in 2011 –en dan ook onlangs vir vanjaar. Nissanhet ook ’n spesiale baangefokusde weergawe vir SuidAfrika onthul – vir diegene wat Godzilla liewer Saterdae op dierenbaan ry as om in die buurt af te show.Later meer oor dié weergawe. Dís watnuut is in die 2013reeks.
Die 3.8 literV6enjin ontwikkel steeds397 kW en 628 Nm, maar reageer gouerop versnellerinsette teen medium en hoë
enjinomwentelings danksy nuwe brandstofinspuiters wat meer beheerbaar is.Die turbo ’n nuwe uitlaatklep, en oliedruk in die enjin word stabieler gehou.
Dan is die vering aangepas vir ’n sagter rit, maar ook om die motor se swaar
tepunt te verlaag. Nissan sê die GTR sebak is stewiger gemaak sodat die stuurbeter reageer en die motor stabieler voel.
Diegene wat meen die GTR se binneruim steek af by die Porsche 911 s’n, salbly wees om te hoor dat ook hier verbe
terings aangebring is. Daar is ook ’n opsie van handgestikte donkeroranje leerbekleedsel teen R50 000.
Die Track PackGTR kry onder meerrensitplekke van koolstofvesel, spesiale20”wiele, ’n sportuitlaatstelsel en sportvering. Daar’s ook ’n lugverdeler vankoolstofvesel voor om die bakvorm glibberiger te maak. En die agtersitplek kanuitgehaal word. (Gerugte dat dit aanmense op plotte verkoop word vir hullestoep kon teen druktyd nog nie bevestigword nie…)
Voor en nadat jy jou in die GTR op ’nrenbaan begewe, moet jy die motor – ongeag watter variant jy ry – na ’n Nissanhoëverrigtingsentrum neem sodat hulledie motor kan nagaan, die wielsporingstel en smeer waar nodig. Dit kos ongeveer R2 700; word nie deur die diensplangedek nie; en as jy dit nie doen nie, verval die motor se waarborg.
Elke GTR het ’n driejaar of50 000 kmdiensplan en ’n driejaar of100 000 kmwaarborg. Die motor moet elke ses maande of 10 000 km versienword. Pryse begin by R1 398 200 en dieTrack Packweergawe kos R1 743 700.
– Justus Visagie
Die motor wat Helen (God)Zille eintlik behoort te ry – om by haar onverskrokkenheidte pas | FOTO: NISSAN
Godzilla bly maar ’n monster2013 Nissan GTR (R35)
Nuut
Tot onlangs toe was die Spark net inL en LSgewaad beskikbaar, maar
toe maak die Spark Campus verlede jaarsy verskyning as ’n goed toegerusde basismodel. Nou het Chevrolet vyf Sparksom van te kies, waaronder die SparkPronto, ’n mikropaneelwa. Die ander nuweling is die luukse LT.
Die Spark se voorkoms is subtiel verander. Die voorkant is ligweg verfraaimet nuwe hoofligte en ’n breër sierrooster. Al die Sparks se stertligte lyk ookietwat anders, maar jy sal fyn moet kyk.Die bestaande LS en topklas LT se mislighulsels het nou ’n chroomrandjie, enalbei kry ’n drukvlerkie agter op die dak.’n Chroomgordellyn is ook op die LTaangebring én sy bagasiebakdeksel kry ’nhorisontale chroomstrepie. Klein veranderinge is aangebring aan die posisie vandie knoppies in die middelkonsole en diegehalte van die plastiek in die modernebinneruim lyk ook beter.
Die ster van die bekendstelling, metopsionele sportstrepe, was inderdaad die
Spark LT. Nou hoef jy nie meer ’n nier teverkoop om in ’n koel ryding gesien teword nie, want jy kan die Sports DecalPackage (R3 021) aanskaf in swart, wit ofsilwer strepe. Dit laat die Spark LT soos’n klein spierpaleis lyk, veral saam metdie mooi allooiwieletjies en dakrelings.Die driehoekige chroomuitlaatpyp lykveral ougat, en daar’s flikkerliggies in diesyspieëls. Jy kan ook die kajuit opdollieom by die kleur van jou Spark LT te pas– die knalrooi LT wat ek by die bekendstelling bestuur het, het rooiengrys vinielsitplekke gehad en ook rooi insetselsin die swart instrumentepaneel. Dis ’nkombinasie wat werk en kos niks ekstranie. Daar is ook drie ander prettige binnekleure te kies.
As jy die Spark Pronto se bagasiebakdeksel oplig, sien jy heel eerste daar isnie agtersitplekke nie. Volgens Chevroletis daar ’n nismark vir ’n klein afleweringsvoertuig, en die Pronto is die antwoord daarop. Hy het dieselfde veiligheidskenmerke as die Spark Campus,
maar sy laairuim gee jou pakplek van876 liter. Die Pronto sal ook goed werkvir ’n jong paartjie se sporttoerusting –maar dan moet hulle nog nie dink aan ’ngesin nie. Die agterste deure het ongelukkig vensters, wat beteken enige skelmkan loer wat beskikbaar is, en die Prontohet nie ’n alarm nie.
Ons toetsrit in die Natalse Noordkushet gewys die Spark is stewig en soliedop die pad – dit voel nie asof hy wil oortiep of omwaai nie. En tipies Chevy skakel die ratte lekker glad oor. Die Sparkreeks se lewendige 1.2 literenjintjies blyonveranderd met kraglewering van 60kW en 108 Nm, met heelwat krag wat
reeds teen lae enjintoere beskikbaar is.Veiligheidskenmerke? Selfs die intree
vlakCampus en Pronto het onder meersluitweerremme (met elektroniese remkragverspreiding), twee lugsakke, ’n sleutelgeaktiveerde sentrale sluitstelsel, stuurkolom wat in ’n botsing meegee, hoëremlig, immobiliseerder, lugreëling enkragstuur. Alle Sparks, met die uitsondering van die Pronto, het ’n alarm.
Die Spark, Spark LS en Spark LT kry’n afstandbeheerde sentrale sluitstelsel by,en die LS en LT se deure sluit vanselfwanneer jy wegtrek. Die LT het twee bykomende sylugsakke en parkeersensorsagter. Isofixankerpunte vir kinderstoeltjies is standaard by almal behalwe dieProntopaneelwa.
Die waarborg en padbystanddiens duurvyf jaar of 120 000 km. Die versieningperiode is jaarliks of elke 15 000 km.
’n Opsionele diensplan van drie jaar of60 000 km is beskikbaar teen R6 600.– Ané Theron
PRYSESpark 1.2 Pronto – R101 500Spark 1.2 Campus – R106 100Spark 1.2 – R113 600Spark 1.2 LS – R123 000Spark 1.2 LT – R136 500
Die Sparkreeks het ’n nuwe niggie vandie bodorp bygekry | FOTO: QUICKPIC
Spark kry nuwe vonkChevy Spark
17 Maart 2013 InRat 5| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
NuutDie muis wat brulDie onverskrokke Volkswagen word
onregverdig gespot omdat hy kleinenjins inspan, soos die 1,2 literTSI in dieGolf en Touran, en die 2,0 literTDI indie Amarok. “Net melk en Coke kom intwee liter,” spot die Hilux en Cruisermanne. Maar hoe klink die gedagte van’n piepklein eenliterdriesilinderenjin in’n Ford Fiesta? Malligheid? Aikôna. Onshet hom onlangs gery en hy trek soos ’nJohn Deere, danksy ’n maksimum kraglewering van 92 kW en 170 Nm.
Enjinmakers maak geruime tyd al hulleprodukte kleiner en kombineer dit danmet ’n turbo. Dis deel van ’n groter wedloop om motoreienaars meer skiet virhulle (brandstof)skille te gee. Doeltreffender enjins, dus.
Ford sê die nuwe enjin sal in idealeomstandighede gemiddeld slegs 4,3 liter/100 km gebruik. Dit het toevallig motorvervaardigers se wensdenkery onderbespreking geplaas, want nie een van onskon met die toetsrit naby daardie syferkom nie. Selfs teen 100 km/h op ’n gelykpad het die verbruikmeter by 67 liter/100 km rondgehang. En volgens diehoofingenieur, Andrew Fraser, is verbruikmeters akkuraat.
Aan die positiewe kant het die kook
waterenjintjie warm verrigting – hy kan(gewone) 1,6 liters uitstof, veral in diesuurstofarm binneland. Die Fiesta sestuur, vering en hantering is ook puik.Boonop voel jy die pad deur die stuurwiel, wat mense wat daarvan hou om tebestuur sal waardeer.
Dan is daar die sogenaamde FordSYNC (in die topFiestas) wat die eienaarin staat stel om sy telefoon en iPod metstembevele te beheer. In die goedkoperFiestas is dit ’n R6 670opsie.
Die nuwe Fiesta het sowaar nog ’nkaart teen sy bors – eintlik ’n sleutel. Hynoem dit MyKey, en dis die beste dingsedert die opsporingsprogram wat vernuftige ouers stilletjies op hulle kindersse slimfone installeer. (Wat!? Jy weet nievan dié app nie?).
Die MyKeystelsel maak dit vir ouersmoontlik om die Fiesta met groter gemoedsrus aan jong bestuurders te leen.Pretbederwerpa kan die motor programmeer sodat die topspoed en die volumevan die klankstelsel beperk word. Diejongeling kan ook nie veiligheidstelsels(soos glybeheer) afsit nie en die radiospeel baie sag totdat die sitplekgordelsvas is – as Pa dit so beveel.
Al is die verbruiksyfer van die eenliter
besonder optimisties, is dié Fiesta nie dieenigste motor op die mark wat aan hierdie waan ly nie. Die nuwe Fiestareeks isuitmuntend en staan nie ’n enkele treeterug vir enige van sy teenstanders nie.
– Justus Visagie
PRYSEFiesta 1.4 Ambiente – R164 400Fiesta 1.6 TDCi Ambiente – R178 400Fiesta 1.4 Trend – R 187 600Fiesta 1.6 TDCi Trend – R 201 400Fiesta 1.0 EcoBoost Trend – R211 200Fiesta 1.0 EcoBoost Titanium – R231 500
Ford Fiesta
Alle nuwe Fiestas het vier deure en ’nagterluik. Die tweedeurmodel is ongelukkig iets van die verlede | FOTO: QUICKPIC
Nuut
Horatio Hornblower. Diegene watdie meeste – of dalk al twaalf –boeke oor dié fiktiewe held in die
Britse vloot gelees het, sal jou gou vertelwatter van sy avonture hulle gunstelingverhaal is. Dit beteken nie ander Hornbloweravonture is van mindere waardenie; dis net dat sekere boeke oor sy eskapades meer aanklank vind by spesifiekelesers.
Subaru se Forester het sedert 1997 virhom ’n stewige nismark uitgekerf en –soos die Hornblowerboeke – ’n lojale gevolg opgebou. In die proses het hierdiesportnutswa een van Subaru se gewildsteén belangrikste modelle geword.
Tog erken Subaru die eienaarsverwagtinge wat met die eerste geslag Forestergeskep en in die tweede uitgebou is, hetin die derde weergawe verwater geraak –veral wat veldryvermoë betref.
Subaru gee egter die versekering datdie oorspronklike Forester se kerneienskappe terug is in weergawe 4.0. En,soos daardie spesiale Hornblowerboek,behoort die nuweling meer aanklank bysy teikenmark te vind, maar ook onderander kopers.
Waarom? Wel, buiten vir sy beter afwerking en ergonomie, ’n string tegnologiese verfynings, nuutgevonde ruimte enuitstekende veiligheidstelsels, word ’nmens onmiddellik getref deur die nuweForester se ritgehalte en rygerief.
Heelwat moeite is gedoen om die jongste weergawe se bewese veerstelsel –MacPhersonstutte voor en dubbelmikkeagter – verder te verfyn. Op rowwegrondpaaie en klipperige terrein is sy ritheerlik soepel, terwyl hy op teer en gladde gruis stewig geplant en maklik beheerbaar voel.
Die outomatiese Foresters het behalweSubaru se simmetriese vierwielaandrywing ook ’n nuwe XModefunksie watveldry vergemaklik. Dié stelsel, soortgelyk aan BMW se xDrive, beheer die enjinspoed, die middelste en agterste ewenaar, die remme en kloubeheerfunksieom wieltol verder te keer.
Anders as Hornblower is die jongsteForesterontwerp nie juis avontuurlik nie.Dis in die pas met Subaru se jongstekorporatiewe stilering, maar sy lyne enneusstilering (met uitsondering van die
XT se aggressiewe sygleuwe) trek nogalop dié van die vorige Hyundai Santa Fe.
Die nuweling het ’n langer afstand tussen die voor en agteras en is ruimerbinne met 505 liter pakplek (488 liter virmodelle met ’n elektriese agterklap). Diebinneafwerking is smaakvol en die stilering, veral die instrumentpaneel se ontwerp, gegrond op dié van die stylvolleXV. Sy sitplekposisie is hoër, die vloeragter is herontwerp vir beter ruimtebenutting, en sy deure maak ook wyer oopas sy voorganger s’n.
Die 2.0 Xintreemodel se viersilinderenjin (110 kW en 198 Nm) is gekoppel aan’n sesganghandratkas, terwyl die volgende drie, met X, XS en XS Premiumafwerking, almal ’n 2,5 literenjin het(125 kW en 235 Nm) wat krag deur ’nnuwe outomatiese palwisselratkas (CVT)na al vier wiele stuur. Vir eers is daarg’n dieselweergawe nie.
Die reeks word afgerond deur dieavontuurlustige 2.0 XT Lineartronic metturboaangejaagde direkteinspuitingenjinwat ’n stewige 177 kW en 350 Nm uitskop vir ’n 0100 km/hversneltyd van 7,5sek. en topspoed van 210 km/h.
Hoewel hy minder krag uitskap as diévan die tweede geslagXT Prodrive Forester (185 kW en 360 Nm), is die nuwe XTmeer verfynd en bestuursvriendelik, en
’n beter verrigtingspakket as sy willewragtigvoorganger.
Die reeks het ’n omvattende toerustingvlak, met ’n veelfunksieinligtingstelsel,trukamera en veelfunksiestuurwiel asstandaardtoerusting in die intreemodel.Die XS het ook allooiwiele, ’n elektriesverstelbare bestuurdersitplek en ratspaneagter die stuurwiel, terwyl die XS Premium en XT onder meer ’n dubbelvolumesondak, leerbekleedsel en kragbeheerdeagterklap bykry.
Voeg daarby die modelreeks se vyfstergradering in die streng Europese botstoets, en dis duidelik dat die nuwelingin alle opsigte ’n volwaardige Forester is– ’n ryding waarmee gesinne Hornbloweravonture kan beleef.
O, en vir diegene wat dalk wonder oordie Hornbloweranalogie... Wel, dalk hetdie letterkundiges of CS Foresteraanhangers dit al uitgewerk. – Ferdi de Vos
PRYSE2.0 X sesgang-handrat – R329 0002.5 X Lineartronic CVT – R359 0002.5 XS Lineartronic CVT – R389 0002.5 XS Premium Lineartronic CVT –R429 0002.0 XT Turbo Lineartronic CVT – R529 000; Pryse sluit ’n driejaar- of 75 000 kmdiensplan in.
Volwaardig ForesterSubaru Forester
Die Forester beskik weer oor die eienskappe wat die eerste twee modelreekse so gewild gemaak het | FOTO: SUBARU
Knap kubussieKan die Fiat Qubo werklik as ’n
nuwe model beskryf word?Wel, hy’s dalk nuut in SuidAfrika,maar dié snoetbussie is al vyf jaarin Europa en elders beskikbaar.
FiatChrysler het as deel van ’nmarkuitbreidingsveldtog (en moontlik ook weens trae Europese verkope) besluit om die Qubo hierheen tebring, en al het hy ’n boksvorm,bring dié ryding welkome styl indie intreeklas vir veeldoelvoertuie.
Vergeleke met die Toyota Avanzaen Nissan Livina met hul bussielynesorg die Qubo se forse neus en uitgeboude wielboë vir ’n fris houdingwat sy hoogte verbloem.
Hoewel die vyfsitplekveeldoelerop die Fiorinopaneelwa gegrond is,laat gekleurde buffers en syskortesaam met netjies gestileerde agteren syruite die voertuig soos ’n passasiersryding lyk.
Die Qubo se groot skuifdeureweerkante, wat in en uitklim makliker maak – plus sestien verskillende sitplekkombinasies (die sitplekkekan ook opgevou of uitgehaal wordas deel van Fiat se “vrye ruimte”konsep) – maak dit ook meerveeldoelig as sy mededingers.
’n Diep en breë laairuimte van330 liter (650 liter as jy tot teen diedak gaan) dra verder daartoe by,veral as ’n mens in ag neem diéspasie word ’n massiewe 2 500 literas jy die sitplekke uithaal. Dan kanjy items van tot 2,5 m inpas.
Ook die moderne Tvormige instrumentepaneel is in die pas metwat jy in dié klas veeldoeler verwag, met oorgenoeg pakplek in diemiddelkonsole en paneelkissie. ’nBlue&Mestelsel met MP3leser enUSBsok, asook ’n leerbedektestuurwiel met stuurgemonteerde beheerknoppies, is standaard.
Onder die enjinkap is ’n 1,3 literMultijetturbodiesel (55 kW en 190Nm), of ’n 1,4 literpetrol (54 kW en118 Nm). Volgens Fiat gee die dieselQubo ’n gekombineerde verbruiksiklus van net 4,6 liter/100 km.
Met die bekendstellingsrit was ditgou duidelik die gewillige diesel metsy heerlike wringkrag is die modelwat ons verkies. Onthou tog om diehoogste graad diesel (50 ppm) in tegooi, want die enjin is vir “skoon”Euro 4vlakbrandstof ontwerp.
Hoewel die petrolweergawe lekkerdraf as hy eers op spoed is, kos dit’n gekarring van die vyfganghandratkas om hom daar te kry. En terwyl dié 1,4 liter dalk nog op kusvlak kan deug, gaan hy in die Hoëveld beslis swaar trek.
Teen R199 900 vir die diesel,waarby ’n driejaar of 100 000 kmwaarborg en diensplan ingesluit is(met diensintervalle 30 000 km),teenoor R207 500 vir die petrolaangedrewe Avanza 1.5 TX en R211 700vir die Grand Livina 1.6, meen onsdie Qubo behoort hoog te pryk opdie wenslys van jonger gesinne wat’n stylvolle veeldoelbussie wil hê.
– Ferdi de Vos
PRYSEQubo 1.4 petrol – R177 990Qubo 1.3 turbodiesel – R199 990
Die Fiat Qubo bring welkome stylna ’n vervelige marksegmentFOTO: QUICKPIC
Fiat Qubo Nuut
6 InRat 17 Maart 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
17 Maart 2013 InRat 7| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
PadToets
Goed, dalk is die laaste een nie veelvan ’n ikoon nie. Wel, nog nie.Triumph het byna sy ikoonstatus
verloor toe hy 23 jaar gelede amper bankrot gespeel het. Maar die Britse vervaardiger is besig om hom as legende te hervestig: Toonaangewende modelle soos diemoderne Speed Triple en Daytona, hersiene retromodelle soos die Bonneville,en ’n motorfiets wat eintlik in ’n klasvan sy eie behoort, die 2.3 literTriumphRocket III, het Triumph laat groei, envandag het hy ’n 5%markaandeel in diewêreld en 15% van die Britse mark.
Met die Sprint GT 1050 blaas Triumphlewe in die sporttoerkategorie. Dis ’ngrootskaalse opkikkering van die vorigeSprint ST – ja, die bike het sommer ’nnuwe naam kry. Die GT staan vir granturismo,’n aanduiding van Triumph seklemverskuiwing met dié fiets: ’n bietjie
minder sport en meer toer.As Bob Dylan vra hoeveel paaie ’n
man moet stap voor jy hom ’n man kannoem, het hy dalk gedink aan sy eie daeop die 1965 Tiger, want hier gaan dit oorhoeveel paaie jy kan ry. Lang paaie. DieGT maak dit maklik om by die langpadhardeboude aan te sluit.
Die GT behou die aluminiumbalkraamwaaraan die legendariese reguit driesilinderenjin hang. Dié enjin het ’n evolusieondergaan sedert dit oorspronklik in dieDaytona en Speed Triple gebruik is. Metdie gedaanteverwisseling van ST na GTis die enjinbeheerstelsel geherkalibreer enlewer hy nou maksimum wringkrag teen6 300 r/min. – dis 1 200 r/min. laer asdie ST se syfer. Maksimum kragleweringis met 3 kW verhoog, en die veranderingvan die uitlaatstelsel na ’n vryvloeiendedrieineenpyp dra hiertoe by.
Die ratverhoudings en wringkragaanpassings verleen aan die GT uitnemendelangpadvermoëns. Dis selde nodig omaan die rathefboom te karring en diefiets versnel laglag as jy ’n voertuig verbysteek. ’n Wielbasis wat 7.6 cm langeris as die ST s’n verbeter stabiliteit teenhoë snelheid, iets wat veral merkbaar iswanneer die naald tot op maksimum gedruk word. Of so sê hulle.
Die GT se ongeveerde gewig (alles onder die veerstelsel) is ook verminder omdie wiele beter op die pad te hou, ietswat die ekstra kraglewering selfs meerwerd maak met versnelling en in draaie.
Vergeleke met eergister se Triumphs isdie GT sommer luuks. Buiten die TR6van Great Escapefaam het Steve McQueen ’n aangepaste Triumph gebruikvir sy eie deelname aan woestynrenne.Daai was goggastussentande dae vanbikery. Met ’n nuwe windskerm is dieGT se rygemak aansienlik verbeter: Diebestuurder en passasier sit gemaklik op’n dik sitplek en die uitlaat is aan diekant pleks van onder die sitplek, wathelp om die passasiersitplek laer en uitdie “wind” te hou. ’n Nuttige grypraamis ook aangebring as die passasier ietssoek om aan te klou.
Die vering kan verstel word vir ekstragewig – as jy ’n groot passasier het ofdie 31 litersykoffers (standaard) volstop.’n Opsionele top box van 55 liter is ookbeskikbaar. As dit nie genoeg is nie, koop’n groot stasiewa.
Op die roete van Randburg na Tzaneenhet die GT tot sy reg gekom. Sluitweerremme is standaard en stel jou in staatom so ’n raps later te begin rem voor ’ndraai, wat help om te vergoed vir dielanger wielbasis.
Die uitstaande kenmerk van die Triumph Sprint GT is nie enige spesifieketalent nie, maar eerder hoe goed allesharmoniseer en vertroue inboesem sodatjy die fiets kan geniet. Wees maar versigtig vir daai versneller: Die GT kan metgemak hoë snelhede bereik en handhaaf,sommer so ongemerk.
Daar is ongelukkig ’n groot tekort aankleurkeuses vir die GT: Pacific Blue ofLunar Silver, presies een opsie meer asvir ’n Model T Ford. En vir ’n fiets watop toer gemik is, bly die 20 literpetroltenk ietwat knap. Die GT is darem niedors nie – hy was die wenner van ’n Totalbesparingsrit in die Padfietsklas(1 001 cc en hoër). Maar eintlik soek eknou vir fout waar daar bitter min is omte kry. Met die GT is Triumph in die kol.– Louis Fourie
Die Sprint GT is ’n toerfiets wat dinkhy’s ’n superfiets | FOTO: TIM MOOLMAN
Pasop vir dietoergogga…
MARLON BRANDO OP ’N TRIUMPH THUNDERBIRD. STEVEMCQUEEN OP ’N TRIUMPH TR6 TROPHY. BOB DYLAN OP ’NTRIUMPH TIGER. LOUIS FOURIE OP ’N TRIUMPH SPRINT GT.
PRYS R109 500
ENJIN 1050 cc, waterverkoel,reguit driesilinder
RATKAS Sesgang,kettingaandrywing
KRAG96 kW @ 9 200 r/min.en 108 Nm @ 6 300r/min.
VERBRUIK 5,8F/100 km (reikaf-stand 340 km)
BRANDSTOFTENK 20F
SITPLEKHOOGTE 815 mm
GEWIG265 kg (saam metbrandstof en andervloeistowwe)
NAVERKOPE
Tweejaarwaarborg entweejaar-AA-lidmaat-skap. Versien elke10 000 km
OORWEEGOOKBMW R1200RT,Honda VFR1200F,Yamaha FJR1300
Syfers
Triumph Sprint GT
Boudjies… of borsies?Die Audi A4 was nog altyd, soos die
BMW 3 en Merc C, hoog in aanvraag, en die verkoopsyfers bewys dit.Selfs al ry jy ’n ouerige model, kan niemand stry dié motors beïndruk die statusbewustes onder ons net so éffens nie.
Die A4 is onlangs vernuwe – om dieaanslag van die nuwe 3Reeks te weerstaan. Omdat ek die nuwe BMW 320turbodiesel bestuur het kort ná sy bekendstelling, kon ek my nie weerhou om dietwee te vergelyk ten opsigte van ontwerp en gemakskenmerke nie.
Die A4 is ongetwyfeld ’n mooi motor,hoewel dit jammer is daar’s nie veel aansy uiterlike wat hom van ander Audisedans onderskei nie. Sy binneruim, hoewelgesofistikeerd en stylvol, beskik ook nieoor die 3Reeks se karaktervolle gevoelnie. Die leersitplekke se insetsels van elegante gaatjiessuède het my laat wonderhoe lank dit mooi gaan bly – behoedejou as jy iets daarop gaan mors. As jy
beplan om ’n jong gesin rond te ry, kiesiets meer alledaags.
Die BMW se beheerknoppies is ookmeer bereikbaar. In die A4 moet ’n mensver strek as iemand jou die kans gee omverby te steek en jy wil die knoppie virdie noodflikkerligte druk.
Die A4 se peperduur MMI 3Gnavigasiestelsel (R22 200) is ook taamlik ingewikkeld, en die lugreëlingknoppies onnodig moeilik om te “tune”, terwyl die3Reeks se navigasiestelsel (ook R22 200)logieser is én lekkerder om te gebruik.
Met die kragtige drieliterturbo onderdie kap verg dit ’n goeie skoot selfbeheersing om by die spoedgrens te hou. Ekhet BMW se funksie gemis waar die motor se spoed plus die wettige snelheidsperk op die pad teen die voorruit geprojekteer word – al kos dié headsup display’n stywe R14 700. Die A4 het darem ’n“bestuurdersinligtingstelsel” wat soortgelyke inligting tussen die snelheidsmeter
en toereteller vertoon, maar jy moet tog’n sekonde of twee jou oë van die pad afhaal om dit te sien.
Die A4 se drieliterenjin is nie vraatsigmet die sous as jy sy vurige verrigting inag neem nie, en die ritrekenaar het ’nverbruik van sowat 10 liter/100km aangedui. ’n Funksie wat die enjin afsit wanneer die kar stilstaan, sorg dat jy nie petrol mors by ’n rooi verkeerslig nie.
Die Audi se stuur is hiperakkuraat envertel jou mooi wat die voorwiele doen.Die vering is ook nie besonder hard vir’n sportsedan nie.
Ek vermoed dié Audi se direkte mededinger, die BMW 335i, is die een vir my.Maar as die A4 nog altyd jou hartsnaregeroer het, gaan die ontrimpelde 3.0T FSIwaarskynlik jou voete onder jou uitslaan.Soos party ouens van boudjies hou enander van borsies (ons praat van Kentucky Fried Chicken), sal jy uiteindelik selfmoet besluit of jy ’n Audi of ’n BMWmens is. – Ané Theron
PRYS R504 000ENJIN 3.0 liter-V6-turbopetrol, 200 kW en400 NmRATKAS Sewegang-dubbelkoppelaar-outo,quattro-vierwielaandrywingVERRIGTING 0-100 km/h in 5,4 sek. en 250km/h topsnelheid; 8,1F/100 kmOORWEEG OOK BMW 335i Steptronic,Volvo S60 T6 Geartronic R-Design
Die A4 lyk soos enige ander Audisedan,maar wie gee om as dit vir die groter A6aangesien word? | FOTO: ANÉ THERON
KitsToetsAudi A4 3.0T FSI Stronic
Vervaardiger se syfers
Nuut
Eendag, nie te ver in die toekomsnie, sal ’n monument vir die “historiese” sedan opgerig word. Jy weet,
daai vierdeur bokseopwiele waarin baievan ons grootgeword het. En dié monument sal reg langsaan ’n nuwer een hê –vir stasiewaens. Besoekers sal in hullewaterstofaangedrewe 4x4’s en “crossovers” opdaag om hulle te verkyk aan dievreemde boksvorms van dié klassieke enveteraanmotors.
Audi dink waarskynlik ook so. Daaromsal elkeen van sy drie stasiewamodelle
(of, soos Audi dit noem, Avants) voortaanspesiale talente hê om hulle bo die vlakvan die gepeupel se stasiewa te verhef.
Die jongste en veelsydigste is die A4allroad; ja so met ’n kleinlettera gespel,net soos die q in quattro, wat op sybeurt aandui hy kan met vier wiele trek.
Dink aan die A4 allroad as ’n paar ligte velddrafskoene teenoor ’n Toyota LandCruiser wat dan ’n paar rotsklimskoeneof swaardiensstaptoerskoene is.
Soos sy Q7, Q5 en Q3boeties is dieA4 allroad nie ontwerp om die taaiste
4x4roetes te tem nie, maar om ’n reis opgoeie grondpaaie veilig en maklik temaak. Sy pens, wat met staalplate beskerm word, ry 18 cm bo die grond; aansienlik hoër as die ander A4 Avants s’n.Dit gee die allroad daardie allerbelangrikesypaadjieparkeervermoë asook die vaardigheid om wydsbeen oor hoë middelmannetjies in die veld te ry.
Die ander twee Avants is die baie vinnige S4 (245 kW) en die helvinnige RS4(331 kW). Maar dis die allroad wat onsonlangs op grond en teerpaaie gery het,en hy het ’n ontsagwekkende greep opalbei oppervlakke getoon. Selfs toe ’n onervare kollega skerp grondpaddraaie teen’n hoë spoed gevat het… met net eenhand op die stuur.
Op teerpaaie, waar veel hoër snelhedebehaal word, het die afwesigheid van bakrol beïndruk (wanneer ’n kar oorleun in’n draai).
Op sinkplaatpaaie was die rit heel gerieflik, maar die petrolweergawe wat onsgery het, het soms ’n sagte ratelgeluidvan die middelkonsole laat hoor en die
skokbrekers het twee keer deurgestamp.Diegene wat gereeld groot afstande opbedenklike grondpaaie gaan aflê, moetliefs ’n Toyota Fortuner of Nissan Pathfinder koop, omdat die allroad nie virlangdurige hardearbeid gemaak is nie.
Nee, die allroad is bedoel vir daai mooi“aktiewe leefstyl”mense waaroor bemarkers fantaseer (en wat dikwels net ’n fantasie is).
Al gebruik jy die allroad slegs vir joudaaglikse pendeltog en die rit gim toe, saljy deksels oulik lyk in dié unieke ryding.Die son het nog nie heeltemal gesak virdié waens nie.
– Justus Visagie
PRYSEA4 allroad 2.0T FSI quattro® S-tronic –R433 000A4 allroad 2.0 TDI quattro® S-tronic –R438 000S4 Avant 3.0T S-tronic – R637 000RS4 Avant S-tronic – R875 500; ’n Omvattende onderhoudsplan van vyfjaar of 100 000 km is ingesluit.
Twee allroadweergawes is beskikbaar –’n petrol en diesel, al twee turboaangejaag en baie lewendig. Die petrolenjinskop 155 kW en 350 Nm wringkrag uit,terwyl die dieselweergawe, wat suiniger ismet brandstof, ’n maksimum van 130 kWen 380 Nm lewer | FOTO’S: MOTORPICS
Met die ontrimpeling wat die A4reeksverlede jaar ontvang het, is die kajuitselfs ’n lekkerder plek om te wees
Modernegeskiedenis
Audi allroad
Hier’s spasie vir die nasie!Wanneer ek in die verkeer agter ’n
Toyota Avanza beland, wonder ekhoekom iemand so ’n broodblikopwielekoop. Toe vind ek uit wat hy kos.
Ja, Toyota se ontwerpers was dalk tebesig met die fraaie Auris om hulle teveel te bemoei met die Avanza. En diebinneruim is omtrent so opwindend soos’n vyfdaginterskolekrieketwedstryd.
Kom ons vergeet dus van die visuele,en fokus eerder op sy sakpasprys enfunksionaliteit. En troos jou daaraan datsy eenvoud met hope gebruiksvriendelikheid gepaardgaan. Dan moet jy jou ookafvra hoe ’n mens die sewesitplekmensekarweiertjie sal gebruik. Het jy spannekinders wat gedurig rondgekarwei moetword? Of het jy dalk ’n gastehuis wat gereeld besoekers by die lughawe moetgaan op of aflaai?
My week met die Avanza 1.5 SX outomaties (R191 500) het my nogal laat wonder of laasgenoemde wel moontlik is.Daar ís heelwat sitplekke, maar met ’ngas se agterstewe op elkeen wonder ekwaar die bagasie sal inpas. As jy die derde ry sitplekke platslaan, is daar heelwatplek vir koffers in die bagasiebak, maarnie vir meer as drie gaste s’n nie (hoogstens vier). Die konfigurasie en rondskuif
van die sitplekke is belaglik maklik – jyhet amper net jou pinkie daarvoor nodig,wat beteken die derde ry is ook besondertoeganklik.
Beenspasie is beperk. Tensy die agterbankers Japanners is, of korter is as1.7 m, gaan dit ’n stywerige affêre wees.Die gaste kan hulle darem verlustig aandie mooi SuidAfrikaanse landskap, wantsig na alle kante toe is uitstekend vir diebestuurder én passassiers. Die lugreëlingwerk ook besonder goed, en ek het ophou tel aan al die bêreplekke vir waterbottels en ander los items tot by die heelagterste sitplekke.
Die 1.5 literenjin is waarskynlik niegebou vir resies jaag nie en dreun taamlik deurdringend wanneer jy die lepelhard trap. Die enjin skop net 76 kW uit,maar omdat die Avanza se bakwerk ligis, het hy darem genoeg lewe in hom om’n gaping te kan vat, veral in die stad.(Die viergang outomatiese ratkas, wat altyd ’n wenner is in swaar verkeer, vergemaklik dinge verder.)
Ek dink die Avanza gaan ’n beter koopwees vir ’n sokkerma in die stad metkortbeenspruitjies; iemand wat nie meeras ’n kwartmiljoen kan of wil hoes vir ’nMazda5 of Chevrolet Orlando nie. Teen
R191 500 is die Avanza ’n ou staatmakerwat prys, brandstofdoeltreffendheid,ruimte en betroubaarheid betref. Lugsakke voor, sluitweerremme met elektronieseremkragverspreiding, kragstuur, ’n immobiliseerder, alarm, kinderslotte agter sowel as ’n volgrootte noodwiel vorm deelvan die begrotingsvriendelike pakket.
– Ané Theron
SYFERSPRYS R191 500ENJIN 1.5F-petrol; 76 kW en 136 NmRATKAS viergang-outomaties, voorwielaan-drywingVERRIGTING 0-100 km/h in ± 12 sek. Top-snelheid onbekend. 7.2F/100kmOORWEEG OOK Doeltreffender voorbehoe-ding, ’n Grand Livina 1.6 Acenta
Die Avanza se bak het spiere bygekry, maar gaan steeds geen skoonheidstitel verowernie | FOTO: QUICKPIC
KitsToetsToyota Avanza 1.5 SX outo
8 InRat 17 Maart 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
PadToets
Gou, noem die name van vyf topklas Japannese gholfspelers.
Goed, diegene wat gholf volg, salmoontlik Ryo Ishikawa kan noem. Endalk Shingo Katayama. Of miskien AiMiyazato, Isao Aoki en Masashi Ozaki.Maar dis hoogs onwaarskynlik.
Noem nou die name van die top Amerikaanse, Duitse of SuidAfrikaansegholfsterre? Glad nie moeilik nie, nè.
Lexus sit met dieselfde dilemma. Wanneer die vleisbraaigesprek oor weeldewaens gaan, hoor jy BMW, MercedesBenz,Audi, Land Rover en selfs Jaguar, Jeep enVolvo. Maar Lexus is gewoonlik net ’nnagedagte...
Sedert sy ontstaan in 1989 het Lexushom goed in die Amerikaanse weeldemark gevestig, maar hy sukkel steeds om’n stewige vastrapplek in SuidAfrika –én Europa – te kry, ondanks ’n beweserekord vir betroubaarheid en bougehalte.
Die rede is die sterk beeld en hoë profiel wat die Duitse Drie plaaslik het, watdit moeilik maak vir Lexus (en ja, ookander weeldehandelsmerke) om sy stempel af te druk en die verbeelding aan tegryp – net soos ’n Japannese gholfspeler.
Konserwatiewe ontwerpe in ’n tyd datveral Merc en Audi die stileringsgrenseverskuif, het ook nie gehelp nie. Maarnou, soos Ishikawa met sy pienk uitrusting in die Amerikaanse Ope gholftoernooi, kom Lexus ook met nuwe, meer ge
waagde, ontwerpe vorendag.Hierdie nuwe stileringsrigting, geken
merk deur ’n opmerklik nuwe sierrooster,is in die GSreeks vergestalt toe dit in2011 by die Pebble Beach Concours d’Elegance (ja, op die beroemde Amerikaansegholfbaan) die eerste keer aan die wêreldgewys is.
Die spoelroosterkonsep het sy oorsprong in die lang geskiedenis van Toyota (waarvan Lexus deel is), want voordatdie motorreus begin karre bou het, hethy weeframe vir die tekstielbedryf vervaardig, en die spoel met sy kenmerkende vorm was letterlik die spilpunt vanhierdie weefmasjiene.
In GSgedaante vorm die sierrooster ’naantreklike lugdinamiese geheel met dieaggressiewe voorbuffer, versonke projektortipe hoofligte en LEDdagryligte – wathom breed en doelgerig laat vertoon.
Aan die kante langs is daar trekke vansy derdegeslagvoorganger, maar sy atletieser lyne word saamgevat in ’n buffermet geïntegreerde lugverspreider enLvormige LEDagterligte met spesialevinne om aërodinamika te verbeter.
Die EX se deure maak lekker wyd oop,en soos ’n mens kan verwag, is dié waweelderig: Daar’s sagte leer vir die sitplekke, stroke in die middelkonsole watuit een stuk aluminium gesny is, en netjiese houtgreinafwerking.
Hoewel die buiteafmetings feitlik die
selfde is as dié van sy voorganger, hetdie nuwe GS meer kop, knie, been envoetruimte, asook ’n groter, dieper enbreër bagasieruim – volgens Lexus byna25% groter.
Die bestuurdersposisie is ook beter, endie Remote Touchaanraakstelsel vir dieuitstekende klankstelsel en SFlow klimaatbeheer (wat ’n waarnemingsensorgebruik om lugvloei op passasiers te rig)is verskuif vir beter ergonomie.
’n Analoë horlosie rond die binnedetail mooi af, maar alles word oorheersdeur ’n enorme elektroniese vertoonskerm met ’n trukamerafunksie. Diéstelsel, met nuwe glybeheerknoppe watbeter werk, is beter as sy voorganger s’n,maar steeds ’n nagmerrie om te gebruiken geensins intuïtief nie.
Die GS350 se juweel van ’n enjin, tesame met die EX se lys standaardtoerusting wat langer is as ’n Buthelezitoespraak, vergoed egter daarvoor. Druk dieaansitterknop en die 3.5 literV6 metwisselende kleptydreëling (VVTi) gromheerlik. Met 233 kW en 378 Nm wringkrag hoef hy wat verrigting betref, virg’n Duitser terug te staan nie.
Druk hom deur die toere met sy sesgang ECTi outomatiese opvolgratkas inSportmodus (Eco en Normal is ook beskikbaar met die Drive Mode Selectbeheer), en veral bo 4 000 r/min. begin syseepgladde V6 opgewonde saamgesels.
Asof die enjinklank nie inspirerend genoeg is nie, is die nuwe GS ook dinamiesgesproke ’n belewenis. Behalwe dat hywyer trap, is sy onderstel stewiger en ligter (dansky rojale gebruik van aluminium), en ondervinding met die LexusLFAsupermotor sorg vir ’n nuwe subraam en hersiene veringverstelling agter.
Sy hantering is nou soos ’n ligter dogfermer dryfstok in ’n goeie gholfspeler sehande: meer beheer met minder moeite.En selfs wanneer die 18duimagterbandeop die klougrens protesteer, bly die GSstewig op koers.
Bygesê, die string standaardveiligheidstelsels laat jou nie rêrig toe om na hartelus te speel nie, behalwe as jy die VSCen TRCglybeheerstelsel voor jou rit afskakel. Ook die stuur is ’n aks te lig teenlaer snelhede, maar dis waarskynlik ’nkwessie van smaak.
In die geheel gesien, verweef die nuweGS350 EX nou weelde en heerlike sportiwiteit om ’n moderne en aantreklike tapisserie te vorm. Met modelnuwelingesoos dié moet die Lexushandelsmerkdopgehou word. Net soos jong Ishikawa...
– Ferdi de Vos
Die GS350 EX kos ’n stywe R584 900,maar omtrent als waarvoor jy in dieDuitse weeldewaens ekstra betaal, is bydie prys ingesluit | FOTO: QUICKPICWeelde verweef
met sportiwiteit
PRYS R584 900
ENJIN 3.5F-V6-petrol
RATKAS Sesgang-outo,agterwielaandrywing
KRAG233 kW @ 6 400 r/min.en378 Nm @ 4 800 r/min.
VERRIGTING0-100 km/h in6.3 sekondes en235 km/h topsnelheid
VERBRUIK 9.4F/100 km en223g CO2/km
BRANDSTOFTENK 66F
BAGASIEBAK 530F
NAVERKOPE
Vierjaar- of100 000 km-waarborgmet omvattende on-derhoudsplan. Versienelke 15 000 km
OORWEEG OOK
Mercedes-Benz E300outomaties, BMW 528ioutomaties, Audi A5Sportback 3.0 TFSI
Syfers
Lexus GS350 EX
’n Allesineenkar watnet aanhou ryNá omtrent ses maande by ons was
dit tyd dat InRat die Fortuner groet.Aanvanklik wou ons nie ’n Toyota gehadhet nie, want wat skryf ’n mens noueintlik oor ’n voertuig wat nooit ernstiglol nie? Gelukkig was daar af en toe ’nfout – nie iets wat ’n eienaar wil hê nie.Maar wie wil nou net goeie nuus lees?(Goeie nuus verkoop mos nie koerantenie, al gee sommige lesers voor hulle wilnie van die “slegte nuus” lees nie, terwylhulle Huisgenoot dan skelm deurblaai…)
Wat het gelol? Die lugsakke se waarskuwingsliggie het gebrand en die klankstelsel wou soms nie van ’n USBstokkieaf musiek speel nie. Market Toyota inKaapstad, wat puik diens lewer, het albeifoute kosteloos (onder waarborg) herstel.Twee maande later het die lugsakliggiewéér geskyn, maar dit was omdat dieskede vir die bestuurder se sitplekgordelstukkend was. Nadat dit (weer kosteloos)vervang is, het die waarskuwingsliggienie weer aangegaan nie.
Met die odometer op amper 20 000 kmhet ons die ’Tuner laat versien. Dit wasook kosteloos, omdat die voertuig ’ndiensplan het tot 90 000 km of vyf jaar(wat ook al eerste bereik word). Indiendie diensplan nie meer geldig was nie,sou die versiening ’n raps oor R2 000 gekos het.
In die tyd dat die Fortuner by onswas, het ons ongeveer 10 000 km afgelêen die verbruik was gemiddeld 10,9 liter/100 km (of 9,2 km/liter).
Hiervan het ons nie gehou nie; Net vier gange vir die outomatiese
ratkas. Dit het nie werklik gepla nie,maar die dieselverbruik sou waarskynliklaer gewees het met ’n sesgangratkas. DieAmarok is dan al met ’n agtgang outomatiese ratkas te kry!
; Die gebrek aan satellietnavigasie.Die skerm is daar – hoe duur kan ditdan vir Toyota SA wees om GPS in diefabriek by te sit?
; Die agtersitplekke (die derde ry) kan
nie in die vloer invou nie en die stuurwiel kan nie nader gestel word nie.
; Daar’s niks wat die bagasieruim bedek nie – jou goed lê oop en bloot. Gelukkig is die ruite getint.
; Die kar moet elke 10 000 km gediens word.
; Fortuners is so volop soos kakiebos.Hiervan het ons gehou; Hy is táái. Ná 11 000 km hardepad
met meestal vernielsugtige motorskrywers (voor hy nog by InRat aangekomhet), asook ’n rowwe ryery in Lesotho askameravoertuig, was daar nooit ’n piep of’n ratelgeluid te hoor nie.
; Omdat die bandprofiel so hoog is, isdit omtrent onmoontlik om die allooiwiele teen sypaadjies te krap.
; Die agtersitplekke (derde ry) kanheeltemal uitgehaal word (en nie net platvou nie).
; Luginlate in die dak hou die tweedeen derde ry insittendes koel.
; Voldoende veiligheidseienskappesoos ses lugsakke en stabiliteitsbeheer.
; Die gevoel dat jy hom net kan pak,jou visums kry en koers kies NoordAfrika toe – sonder meganiese teëspoed.
; Sy veldryvermoë.Die Fortuner is nie volmaak nie, maar
watter motor is? Nie eens die PorscheBoxster nie. Maar as jy ’n staatmaker wilhê wat relatief bekostigbaar is, nie te veelvan sy waarde verloor nie, en die skoollopie net so goed soos ’n week in diegramadoelas hanteer, is daar eintlik neteen keuse: ’n Fortuner.
– Justus Visagie
Ons Fortuner in aksie toe hy teen dieChev Trailblazer te staan gekom het. DieFortuner het gewen | FOTO: PEET MOCKE
OnsRydingFortuner 3.0 D4D 4x4 outo
Vervaardiger se syfers
17 Maart 2013 InRat 9| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
HAVASW
W-D
618
56/A
Volvo Car Financial Services
vir nog fantastiese aanbiedinge besoek jou volvo handelaar vandag
volvocars.co.za
BF&W. Bepalings en Voorwaardes geld. *Modelle mag verskil van wat vertoon word. Totale koste sluit aanvangs- en maandelikse versieningskoste in. Prys sluit BTW en CO² emissiebelasting in. Rentekoers gekoppel. Aanbod eindig 31 Maart 2013. Alle finansieringsaanbiedinge onderhewig aan kredietgoedkeuringdeur Volvo Car Finansiële Dienste. ’n Afdeling van Wesbank. ’n Afdeling van FirstRand Bank Ltd. ’n Gemagtigde Verskaffer van Finansiële Dienste en Krediet. NCRCP20.
SEIL DEUR 2013 MET WINSKOPE WATRONDOM JOU ONTWERP IS
volvomadeforyou.co.za
your VOLVO S60
jou VOLVO S60
yours from r4 495 PM* 0%DEPOSIT
joune vanaf r4 495 PM* 0%DEPOSITO
your VOLVO S60yours from r4 495 PM* 0%DEPOSIT
jou VOLVO C30joune vanaf r3 430 PM*
jou VOLVO XC60 & volvo V60JOUNE MIN R25 000 **
DIE WÊRELD HET TOE NIE TOT ’n EINDE GEKOM NIE– GAAN BELEEF DIT
VEELSYDIGHEID IS STYLVOLLER AS OOIT
**Sit DIT teen jou INRUILBEDRAG, TREK DIT van jou inruilprys afof struktureer JOU EIE PERFEKTE aanbod.
Periode kleinhandelprys rentekoers Ballon Deposit0 Totale koste vir kliËnt
60 Months R322 900 3.09% R90 412 0% R355 721Periode kleinhandelprys rentekoers Ballon Deposit0 Totale koste vir kliËnt
60 Months R276 300 3.59% R77 308 10% R279 674
om jou beterrond te karweiVerdere aanbiedinge sluit in die Volvo S60 T3 Handrat Essentialteen R3 960 pm met slegs ‘n 10% deposito.
maak dit ’nstylvolle jaarMeer aanbiedinge sluit in die Volvo C30 2.0 Handrat Essentialteen R4 100 pm met slegs ‘n 0% deposito.
PadToets
Ons almal ken daai verspotte vakansiesindroom wat Desembermaandekuslangs uitbreek. Sodra die Groot
Trek binnelanders die Kaap tref, is daarewe skielik ’n aansteeklike, lawwe luimin die lug – al dryf die verkeer ons teenDuiwelspiek uit.
Dis juis aan die vooraand van die sogenaamde silly season dat ek toevallig agterdie stuur van die derde geslag (of tweedeNuwe) Kewer ingeskuif het. Ek was eintlik nog besig om ’n Mercedes Bklas teevalueer toe ek en InRat se redakteurmekaar by ’n vulstasie kry om in ’n konvooi na ’n werksfunksie buite Stellenbosch te ry – hy met die Kewer en ekmet die Merc.
Maar die oomblik toe dié wulpse bultrugbesie my oog tref, het ek op die plekKewerkoors ontwikkel, wat my soos ’nlawwe vakansieromanse gehipnotiseerhet. Ek moes eenvoudig dadelik met dieKewer ry.
Ná die 40 kmrit na die Spierwynlandgoed was ek behoorlik verslaaf aandié ougat besie. Eers het ek gesmeek… endaarna botweg geweier om die sleutel terug te gee.
Wat maak die Kewer so betowerend?Ag, sommer die hele pakket. Hy bied virseker meer as sy voorganger: ’n beter rit,hantering, gemak, verrigting, voorkomsen veiligheid. Dis ook ’n ryding wat metjou hart praat; ’n pretbuks wat my weer
soos ’n agtienjarige student laat voel het.Laf, ondeund en lus vir die lewe.
Die jongste Kewer word gekenmerkdeur skoner, skerper lyne wat hom sportief en dapper laat lyk. Sy soliede bak
werk lyk ook meer na ’n oorspronklikeVolla s’n as die 2001weergawe. Die neusis platter en langer, sy lyfie breër, én hy’t’n breër spoor.
Binne verras ’n interessante mengelmoes van retro en moderne ontwerpelemente. Die oop metaaloppervlakke onder die vensters en paneelbord (dieselfdekleur as die bakwerk), die leersitplekke(R8 600) met horisontale stiksels asookdie piepklein metaalpaneelkissie herinneralles sterk aan eersdae se Volkies. Anderelemente, soos die radio en lugreëlingskakelaars, is by die Golf geleen.
Die toename in afmetings beteken meerpassasier en bêreplek, maar langerate salin die fetusposisie moet sit op die agterbank. Die deure maak wyd oop en toegang tot dié sitplekke is maklik.
Die onderstel is die Golf 6 s’n, wat beteken hy word met sy voorpote aangedryf, anders as die oorspronklike Volksie.Sy groter wielspoor sorg vir uitstekendehantering. Ek het hom geraps om ’n paardraaie, maar die Kewer se 16 duimpootjies het bly klou soos ’n krismiskeweraan ’n gaatjiesgordyn.
Van sy beskeie enjinkapasiteit het eknie veel verwag nie, maar die 1.2 turbo severrigting het my verbaas. Wat ek diemeeste geniet het, was die enjinkrag watoombliklik beskikbaar is sodra jy aan die
petrolpedaal raak. Daar’s geen gewag virdie turbo om aan die gang te kom nie, endie ratverhoudings is goed gespasieer metkort, egalige oorgooie.
My ryervaring in die stad en op diesnelweg was een groot avontuur. Op diesnelweg was dit opvallend hoe stil sybinneruim is. Jy hoor skaars pad, enjinen windgeraas.
Die vering voel ferm, maar tog is dierit nie stamperig nie. (Kewerentoesiastekan gerus die Maartuitgawe van dieplaaslike Top Gear koop – twee skrywersvan dié publikasie het die einste Kewerwat ek bestuur het, na Die Hel in dieKaroo geneem – op die uitdagende “slegs4x4”pad. Die Kewer het oorleef, sonderernstige beserings.)
Sy veiligheidskenmerke is omvangryken sluit stabiliteitsbeheer, wegtrekhulp enses lugsakke in.
Standaardgeriefstoerusting is maarsnoep. Snelheidsbeheer, agt luidsprekers,’n immoalarmstelsel en lugreëling is omtrent so ver as wat dit gaan. Vir die resmoet jy ekstra hoes.
Die Kewer is geen winskopie nie, maardaar’s dinge waaraan aan ’n mens nie ’nprys kan heg nie. Soos die betowerendeskoenlappersinjoumaagekstase wat jybeleef agter die stuur van ’n Kewer.– Corlette Heyns
Die nuweNuwe Keweris meersportkoepeeen minderblommekindFOTO:QUICKPIC
Somerromansemet ’n Kewer
PRYS R240 100
ENJIN 1.2F-viersilinder-turbopetrol
RATKAS Sesgang-handrat,voorwielaandrywing
KRAG77 kW @ 5 500 r/min.en 175 Nm @ 1 550-4 100 r/min.
VERRIGTING0-100 km/h in10.9 sekondes en180 km/h topsnelheid
VERBRUIK 5.9F/100 km en137g CO2/km
BRANDSTOFTENK 55F
BAGASIEBAK 310F
NAVERKOPE
Driejaar- of 120 000km-waarborg, en vyf-jaar- of 60 000 km-diensplan. Versien elke15 000 km.
OORWEEG OOKAudi A1 1.4 TFSI At-traction, Mini CooperCoupé
Syfers
Volkswagen Kewer 1.2 TSI Design
Vervaardiger se syfers
10 InRat 17 Maart 2013| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
PadToets
Die afgelope tien jaar het bakkiesomtrent in uitgerysde spiertiereontaard. Krag is nie meer genoeg
nie – grootte wys ook nou wie’s baas.Ek het die 3.2 liter turbodiesel 4x4 ou
tomaties van Mazda op ’n pretrit na XaiXai in Mosambiek geneem, en sommermet die wegtrekslag verhewe gevoel. Jysien die wêreld anders as jy skielik injou bure se erf kan inkyk. Nie eens diegroot oranje Putcobusse kon my intimideer nie.
Hoewel ek meer van ’n “cruiser” is watdaarvan hou om dinge rustig te vat, hetdit nogal selfdissipline gekos om nie teen160 km/h voort te stoom nie. Die bakkiehet baie woema. Teen 140 km/h moet jynet ’n bietjie harder op die versnellerdruk om die jaagduiwels gas te gee – metswart dieselwolke wat uit die uitlaatpypbol wanneer jy in die groot syspieël kyk.
Die spieëls is maklik drie of vier keergroter as dié van ’n gewone motor. Ditlyk omtrent so groot soos my bromponiese sitplek. Vir my is die spieëls noodsaaklik, want die hoë bak en kappie be
perk jou sig in die middelste truspieëtjieaansienlik. Gelukkig het die BT50 ’nmusiekinstrument vir wanneer jy in trurat ry: Hoe nader jy aan iets agter joukom, hoe vinniger begin die instrumentpiep. Die spesiaal gemaakte kap met getinte vensters kon agter en aan weerskante sluit, sodat jy vinnig kan raakvatwat jy wil hê. My rugsak en die paarsakkies kruideniersware het bra verwesegelyk in die kort, breë bak – byna soosdie klompie Leeusondersteuners opCocaColapark verlede jaar. Met ’n breedte van meer as 1,5 m is daar oorgenoegpakplek vir twee gesinne se bagasie – énhulle osse en esels.
Om die bakkie se tenk vol te maakruk natuurlik jou sak. Met ’n brandstoftenk van 80 liter sal dit nou meer asR1 000 kos om hom vol te maak, endaarmee gaan jy omtrent 900 km ry. Metmy rustige styl was ek in my noppies omte sien hoe die dieselverbruik dag ná dagdaal, totdat die instrumentepaneel later ’nsyfer van 8.2 liter/100 km wys (in die outaal 12.2 km/liter). Dis natuurlik ook
danksy die feit dat ek en my bagasiesaam net sowat 100 kg geweeg het.
Wat voorkoms betref, het die nuwe
BT50, wat plaaslik aanmekaar gesitword, nie meer aparte modderskermsnie. Dis nou een soliede bak met kurweswat pragtig gegiet is en ’n gladde, vloeiende indruk wek. Ek is nie mal oor dievooraansig nie, en die agterkant kangaan met ’n Disprin.
Die instrumente is groot en maklikleesbaar, met heelwat inligting wat in dievierkantjie tussen die toereteller en snelheidsmeter aangedui word. Die Bluetooth radioenfoonstelsel is maklik beheerbaar danksy ’n paneeltjie op diestuurwiel wat jy met jou linkerduim kanverstel. Ek het meestal CD’s by die voorlaaier ingedruk, maar die bakkie het ook’n USBsok.
Kort ná die verpligtinge by die grenspos en die eerste billike tolhek in Mosambiek, moet ek besluit of ek diegrondpad oor Moamba na XaiXai gaanneem, of teerpad langs deur Maputogaan ry. Dit kos nie veel wik en weegvoor ek links draai nie. Teerpad is virmotors en ek is immers agter die stuurvan ’n vuurvreterwillewragtag.
Die grondpad begin kort ná Moamba…en dan begin die avontuur.
Die papnat pad word plekplek ’nmoddersous wat al my konsentrasie verg– dis beslis nie ’n roete wat ek in diereënseisoen in ’n motor sal aandurf nie.Voor die dieper damme in die pad skakelek oor na 4x4 en ry dan deur ’n erewagvan bruin water. Anderkant uit skakel ekterug na 4x2 – ek geniet die verstellingssoos ’n kaptein op ’n militêre missie. Eenkeer begin die bakkie in die modder gly,maar gelukkig onthou ek die raad van ’nvriend: Wanneer jy na links gly, moet jydie stuurwiel na links draai, hoe vreemddit ook al voel. Die Mazda beur voortsoos ’n boot deur slik. Ek voel hoe myhart bokspring. Vroualleen, sonder ’nselfoon of kaart, op ’n afgeleë grondpadin ’n land van Shona en Portugees… dieavontuur is groot, werklik en verruklik.
Op ’n kol hou ek stil vir ’n trop beestewat die pad vol staan. Ek klim uit om ’nbietjie bene te rek. Toe dit later duidelikword dat hulle nie gaan beweeg nie, bestyg ek die bakkie en voer my Putcobeweging met kalm deernis uit.
Die grondpad na XaiXai is sowat50 km korter, maar toe ek die aansluitingna die teerpad kry, is ek nie seker of eknoodwendig tyd gespaar het nie. Maardie bakkie spog nou met moddererekleure. Wanneer ek met die tweespoorsementpaadjie teen die beboste duin uitrytot by die vakansiehuis waar ek afsaal,vergeet ek die eerste keer dat ek ’n outomatiese voertuig ry en trap die “koppelaar” – die ABSsoort – lekker diep in.Dis net die sitplekgordel wat keer dat ekdeur die voorruit vlieg.
Wat is ’n avontuurbakkie sonder ’n bietjie grimering? | FOTO: EPPY STRYDOM
Hoog& droog
WANNEER ’N MENS IN ’N SEDAN SIT EN ’N BULLEBAKKIETREK LANGS JOU IN, ERVAAR JY ’N GEVOEL VAN INTIMIDASIE, EN SOMS DINK JY OOK OOR DIE KLEINMANNETJIESINDROOM. MAAR KLIM SELF IN SO ’N BAKKIE EN KYK SOOS ’NKONING BOOOR DIE KARRE UIT… EN MAAK KENNIS METJOU EIE ARROGANSIE. DEUR EPPY STRYDOM.
PRYS R474 500
ENJIN 3.2F-viersilinder-turbodiesel
RATKAS Sesgang-outo,vierwielaandrywing
KRAG147 kW @ 3 000 r/min.en 470 Nm @ 1 750-2 500 r/min.
VERRIGTING0-100 km/h in sowat11 sekondes en top-snelheid onbekend
VERBRUIK 9.1F/100 km en238g CO2/km
BRANDSTOFTENK 80F
BAK1.55 m lank en1.56 m breed.1 082 kg vragvermoë
NAVERKOPE
Vierjaar- of120 000 km-waarborg,en vyfjaar- of90 000 km-diensplan.Versien elke 15 000 km
OORWEEG OOK
Ford Ranger 3.2 TDCiXLT 4x4 outomaties;Toyota Hilux 3.0 D-4D4x4 outomaties; of dienuwe Isuzu
Syfers
Mazda BT50 3.2 SLE 4x4 Dubbelkajuit
CruzieroermynieDie Cruzesedan het naam gemaak
met sy gawe prys, betreklik goeiebougehalte, ’n string standaard
items en ’n vyfsterbotstoetsgradering inEuropa. Maar gits, dis ’n oninspirerendestuk metaal. My ketel het meer houdingas dié knaap. General Motors het onlangsdie luikrugweergawe hier begin verkoop.Is hy opwindend?
Daar’s heelwat positiewe dinge wat diekortgatCruze ’n aantreklike opsie maakvir die gemiddelde salaristrekker. Sooshoe prakties sy binneruim uitgelê is, methope beenruimte vir die voorste en agterste passasiers en genoeg kopruimte virhemelbesems agter. Vier of vyf grootmense sal laglag van die Kaap tot in Mpumalanga kan ry.
Die laairuim sluk 413 liter – dís grootvir ’n luikrug, en net ’n raps kleiner as
byvoorbeeld die Polo Vivo sedan s’n.Die sitplekke is lekker groot en ferm,
en die seilagtige bekleedsel van goeie gehalte. As jou peuter se McFlurry onderstebo op die sitplek land, gaan jy daremnie te veel swets terwyl jy die gemorsskoonmaak nie. Die leerstuurwiel vat lekker, maar die plastiek in die kajuit is tehard en goedkoop na my smaak.
Die 1.6 LS se standaardtoerusting sluitin ’n ritrekenaar, Bluetooth en ’n USBprop, stuurwielbeheerknoppies met snelheidsbeheer, elektriese ruite en syspieëls(wat boonop verhitbaar is), lugreëling en’n sentrale sluitstelsel.
Wat veiligheid betref, kry jy daardie allerbelangrike stabiliteitsbeheer, sluitweerremme met remkragverspreiding en ’nvolle ses lugsakke.
Die 1.6 literpetrolenjin se werkverrig
ting is wat ’n mens verwag van daardiegrootte. Teen bulte uit moet jy die ratkierie woel om op dreef te bly. Die ratteskakel maklik en glad oor, maar op dieooppad het ek ’n sesde rat gesoek. Diekar voel stewig, en met die hantering en
stuur kan ek ook nie regtig fout vindnie. Daar’s min wat skeel met die Cruzebuks. Hy gaan dalk nie motorentoesiastese hartsnare roer nie, maar hy’s daremminder vaal as sy sedanboetie. Vir kopers wat groter waarde heg aan funksionaliteit as opwinding, sal dié waardevirgeldluikrug nommerpas wees.
Jy kan mos altyd begin valskermspring as jy meer opwinding soek, ofhoe? – Corlette Heyns
PRYS R215 600ENJIN 1.6 liter-viersilinderpetrol; 91 kW en155 NmRATKAS Vyfgang-handrat, voorwielaan-drywingVERRIGTING 0-100 km/h in 12.8 sek. en188 km/h topsnelheid; 6.7 liter/100 kmOORWEEG OOK Ford Focus 1.6 Ambiente,Hyundai i30 GLS, Toyota Auris 1.6Xi
Een van die uitstaande kenmerke van dieluikrugmodel is hope kopruimte agterFOTO: QUICKPIC
KitsToetsChev Cruze 1.6 LS luikrug
Vervaardiger se syfers
17 Maart 2013 InRat 11| | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | | |
MotorSport
Groen vlag vir Formule EenFormule Een
Vandag is Ddag vir vanjaar seFormule Eenseisoen, en teen die
tyd dat jy dié verslag lees, kan die uitslagvan die Australiese Grand Prix in Melbourne dalk al bekend wees.
Op grond van hulle vertonings in dieamptelike toetssessies in Spanje was diespanne van Mercedes en Ferrari beslisdie voorseisoengunstelinge, met McLarenen Lotus op hulle hakke, terwyl ForceIndia en die kampioenspan, Red Bull, bestendig dog onopwindend gelyk het.
Ondervinding het egter geleer dié toetssessies is geensins ’n barometer vir renpas nie, en daarom kan Red Bull nie onderskat word nie. Verlede maand het onsvoorspel Mark Webber is die man omdop te hou, met sy spanmaat en die verdedigende kampioen, Sebastien Vettel, dienaasgunsteling.
Indien dit ’n warm Australiese herfsdag is, kan bandeverwering ’n groot rolspeel, wat spanne met die beste strategiesal bevoordeel – veral Lotus en KimiRaikkonen, en Ferrari se Fernando Alonso en Felipe Massa.
Maar wie weet, dalk kan Nico Rosbergen Lewis Hamilton hulle Mercedesvoorvertoning ook in ’n rensege omskep, terwyl McLaren se Jenson Button kan verras, mits sy motor hou.
Wêreldtydrenreeks (WRC)Sébastien Ogier en Julien Ingrassia het
die veelsydigheid van hulle VW Polo Rverlede naweek bevestig deur die Mexikaanse tydren te oorheers. Die Fransepaar het 16 van die 23 trajekte gewen, endaarmee gewys die Polo is nie net goedop teer en sneeu nie, maar ook op gruispaaie. Ná dié oorwinning, saam met ’ntweede plek in Monaco en ’n sege inSwede, is hulle nou in die WRCreeks 31punte voor hulle naaste teenstanders, Sébastien Loeb en Daniel Elena (CitroënDS3), wat nie aan die Mexikaanse rondedeelgeneem nie.
Ogier was 3 min. 28.9 sek. voor MikkoHirvonen (Citroën DS3), met die BelgThierry Neuville (Ford Fiesta) wat sy eerste WRCpodiumplek behaal het.
Die vierde ronde in Portugal is van 11tot 14 April.
SA TydrenkampioenskapVars terug uit Brittanje, waar hulle met
’n Ford Fiesta WRCmotor aan die Malcolm WilsonTydren deelgeneem en vyfdealgeheel geëindig het, het Mark Cronjé enRobin Houghton (FordHandelaarspan Fiesta S2000) verlede week in die Totaltydren in snikhete toestande in KwaZuluNatal koning gekraai. Die huidige SAkampioene het 10 van die 13 trajekte gewen en die ren meer as ’n minuut voordie staatmakers Jannie Habig en RobertPaisley (Basil ReadFord Fiesta) voltooi.Derde was JP Dameaux en Hilton Auffray in hulle Span TotalToyota Auris,wat hulle ook ’n sege in die S2000uitdaging besorg het.
Vir die Sasol Racing VWspan was dietydren ’n nagmerrie. Hergen Fekken enPierre Arries (VW Polo S2000) is ná ’nongeluk vroeg uit, en kort daarna is Enzo Kuun (met Guy Hodgson) ook van diepad af. Die jong Henk Lategan, saam metBarry White, het die VWvlag hoog laatwapper en was Vrydagaand algeheel derde, maar in Saterdag se eerste trajek hethy teen ’n brug gebots en hulle Polo hetaan die brand geslaan. Hulle was ongedeerd. Ook Johnny GemmellCarolynSwan se CastrolYaris het aan die brand
geraak ná ’n slegte landing wat die uitlaatstelsel gebreek en kragstuurvloeistoflaat ontvlam het. Die vlamme is geblus,maar hulle kon nie voortjaag nie. Hullehet die volgende dag ingevolge Superallyregulasies weer deelgeneem en is uiteindelik dertiende geplaas.
In die tweewieldryfkampioenskap virS1600motors het die nuwelinge ThiloHimmel en Armand du Toit, in die nuutontwikkelde tydrenToyota Etios verrasdeur die klas gerieflik te wen. Hulle isgevolg deur Guy BotterillSimon Vacy Lyle (Toyota RunX) en Ashley HaighSmithCraig Parry (Ford Fiesta). Die volgendenasionale ren, die Sasoltydren, is op 19en 20 April in Mpumalanga.
Nasionale VeldrenkampioenskapFord Racing se nuutontwikkelde Ford
Ranger het ’n droomwêrelddebuut gemaak deur die RFS 400veldren, die eerste ronde in die Donaldson nasionaleveldrenreeks, oortuigend te wen in diehande van die jong Lance Woolridge enWard Huxtable.
Daarmee het die 21jarige Woolridgeook die jongste jaer in die plaaslike veldrengeskiedenis geword wat ’n nasionalekampioenskapsren wen. En om alles tekroon was sy gesoute spanmaats ChrisVisser en Japie Badenhorst tweede in ’nsoortgelyke Ranger 5.0 V8.
Woolridge het ook die vinnigste tyd indie voorlopertydtoets opgestel en dit opgevolg met ’n foutlose vertoning in dieren. Visser en Badenhorst het petroldrukprobleme met hulle Ranger ervaar,maar deurgedruk en van vyfde tot tweeplek opgeskuif. Malcolm Kock en JohanBurger was derde in ’n Toyota Hilux.
Die Fordspan het met dié vertoningdeeglik met hulle aartsvyande, die CastrolToyota Hiluxspanne van DuncanVosRob Howie en Anthony TaylorDennis Murphy, afgereken.
Die spesiale voertuigafdeling en klas Ais deur Clint Gibson en Gary Campbell(Dirt Components Porter) gewen, met diehuidige kampioene, Evan HutchisonDanie Stassen (Motorite BAT Venom) tweede, gevolg deur Lance TretheweyCarlWichmann (LT Earthmovers BAT) enDaniel BrookesGavan Gray (Ducatus
Property BAT).Die volgende ronde in die reeks, die
nuwe Nkomazi 400, is op 12 en 13 Aprilin die distrik Malelane, Mpumalanga.
Motorsportman van die JaarDie Dakarheld Giniel de Villiers is
einde verlede maand as Bridgestone endie SA Gilde van Motorjoernaliste se Motorsportman van die Jaar aangewys vir2012. De Villiers, wat dié toekenning in2006 ook gewen het, is vereer vir sy derde plek in verlede jaar se Dakarren,asook sy eerste plek in die klas vir petrolaangedrewe 4x4voertuie.
Vanjaar se wenner van die Colin Watlingtoekenning vir uitstaande bydrae totmotorsport is Glyn Hall, motorsportbaasvan die ToyotaMotorsportspan wat verlede jaar die SuidAfrikaanse veldrenjaers,navigators, en vervaardigerskampioenskappe gewen het, tweede was in die nasionale tydrenreeks en derde en tiendewas in die Dakarren.
In memoriam: Dave CharltonDave Charlton, een van SuidAfrika se
suksesvolste en mees gerespekteerde renjaers, is einde verlede maand in die ouderdom van 76 in Johannesburg oorlede.
David William Charlton, oftewel Charlie, is in Yorkshire, Engeland, gebore,maar sy ouers het na SuidAfrika geïmmigreer toe hy tien was.
Hy het in Springs grootgeword en in1960 op 24 aan sy eerste motorren, opdie OosLondense Grand Prixbaan, deelgeneem – en dit gewen. Hy het ook sylaaste wedren, een vir bekendes in 1990op die Zwartkopsrenbaan, gewen.
Charlton het aan dertien Formule EenGrand Prixwedrenne deelgeneem en wasononderbroke van 1970 tot 1975 SuidAfrika se kampioenrenjaer.
Hy het in 1965 in sy eerste wêreldkampioenskapGrand Prix gejaag en daarnatussen 1967 en 1975 aan nog ses SuidAfrikaanse Grands Prix deelgeneem.Charlton het in 1971 in die Britse GrandPrix gejaag met ’n Lotus 72 in LuckyStrike en Sasolkleure, en in 1972 aan dieFranse, Duitse en Britse rondes van dieF1wêreldkampioenskap deelgeneem.– Ferdi de Vos
Scuderia Ferrari toets en oefen in Melbourne vir vanjaar se eerste Formule Eenronde wat daar gehou word | FOTO: FERRARI
Dave Charlton, een van SA se suksesvolste renjaers, is verlede maand oorlede
sing
h&so
nsK
IA/4
071/
INRA
T-Ro
cks
12 InRat 17 Maart 2013