pythagoras - hsdriehoek.com · jelly tots, simba chips, bar one, muffins!!! raai in wie het ek...

18
Pythagoras

Upload: truongbao

Post on 10-Mar-2019

258 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Pythagoras - hsdriehoek.com · Jelly Tots, Simba chips, Bar One, Muffins!!! Raai in wie het ek vandag by die Spar ... ʼn Resep vir jou eie suurlemoen sjampoe: ... drink sommer n koppie

Pythagoras

Page 2: Pythagoras - hsdriehoek.com · Jelly Tots, Simba chips, Bar One, Muffins!!! Raai in wie het ek vandag by die Spar ... ʼn Resep vir jou eie suurlemoen sjampoe: ... drink sommer n koppie

Voorwoord

Dit is tyd vir die laaste uitgawe van die Pythagoras vir 2018. Ons het ook

by ons belofte gehou en die tema van hierdie uitgawe is Trots Suid-

Afrikaner. Ons het dit goed gedink omdat ons onlangs Erfenisdag gevier

het. Ek hoop julle sal hierdeur nastalgies raak en herleef van waar ons

vandaan gekom het.

As ons, ons oë uitvee gaan dit vir party van ons voel of ons te veel hooi

op ons vurke want dan is die eksamen hier. Maar voor ons, ons naels

kou en koppe krap geniet eers die laaste uitgawe.

In dié uitgawe is daar iets vir almal. Van mooi maak wenke vir ‘n meisie

tot boererate. Selfs ook woorde wat van die tong afrol en dalk net jou

woordeskat sal vergroot of as jy gewonder het wat wou jou gunsteling

onnie eintlik geword het, is dit ook hierin.

Hierdie jaar het met ‘n stinkspoed gevlieg en met die eksamen in ons

midde is dit amper tyd om jou sokkies op te trek en skouer aan die wiel

te sit. Of soos Mnr. Knoetze altyd sê kry gom aan die boude.

Baie sterkte met die laaste bietjie van kop bo water hou. Ons glo en

vertrou almal sal met vlieënde vaandels slaag.

Redaktrise en Redakteur

Klarissa van Zijl en Enrico Kitching.

Page 3: Pythagoras - hsdriehoek.com · Jelly Tots, Simba chips, Bar One, Muffins!!! Raai in wie het ek vandag by die Spar ... ʼn Resep vir jou eie suurlemoen sjampoe: ... drink sommer n koppie

Deur Hannelie Petzer

Lip-lek-lekker boere sêgoed… • Ons gaan nou braai…

Al ooit daardie klug gehoor?

• Lekker man lekker.

Dit is sommer net lekker om lekker te sê.

• Lekker woorde om te sê: ja, bollemakiesie, aangenamekennis, babbelas, jol,

sarmie, koekeloer, gogga

• Magie vol ogies toe.

Ons idiome is van die bestes!

• Nou-nou

As mens daaraan dink maak dit glad nie sin nie. Nou beteken nou en nou-nou

later? Maar ag wat, dit is lekker om te gebruik.

• Ja-nee

Ons boeretaal is deurmekaar… is dit nou ja of nee? Net ons sal onsself

verstaan.

• Robot in plaas van verkeerslig

Hoekom sal mens nou so ingewikkelde woord soos verkeerslig wil gebruik?

• Ag man

Watter Afrikaanssprekende sê dit nie?

• Kaalvoet sokkie (om te sokkie sonder sokkies, nogal ironies?)

• Padkos

Ons eie unieke woord wat geen ander taal het nie.

Want dit

is lekker

om boere-

Afrikaans

te praat!

Stephanie van der Merwe

Page 4: Pythagoras - hsdriehoek.com · Jelly Tots, Simba chips, Bar One, Muffins!!! Raai in wie het ek vandag by die Spar ... ʼn Resep vir jou eie suurlemoen sjampoe: ... drink sommer n koppie

Deur Hannelie Petzer

Boeregrappies

Klein Jannie en sy gesin eet Sondag middag by Ouma. Net toe almal aan tafel is, begin Ouma die kos opskep. Toe Jannie sy bord kos ontvang, begin hy dadelik eet. "Jannie, asseblief!!" sê sy ma. "Wag asseblief tot ons gebid het." "Ek hoef nie," sê hy dadelik. "Natuurlik moet jy!" antwoord sy ma. "Ons bid altyd voor ons by die huis eet." "Ja, maar dit is by ons huis" verduidelik Jannie. "Maar hierdie is Ouma se huis, en sy weet hoe om te kook."

In flippen

almal! Ek't

my bril by

die huis

vergeet!

Kallie vra vir Mike of hy

dink Portugal ver van hier

af is. Mike sê "hy glo nie,

want op Laerskool was

daar Portugese in sy klas,

en hulle het sommer met

hul fiets skool toe gery!"

Dit is die Engelse juffrou se eerste oggend in die

klas op Porterville en sy sê: "Good morning class!"

Net een outjie spring op en sê: "Good morning

miss". Juffrou vra hom toe hoekom dan net hy

geantwoord het. Sê hy: "Because I is the only one

whose name are Klaas miss".

Die doodverliefde kêrel aan

sy meisie: "Wat sal jy sê as

ek jou vra om met my te

trou?" Meisie: "Niks nie. Ek

kan nie terselfdertyd lag en

praat nie."

Ek't nuwe masjien by gym probeer! Kon net 'n halfuur

uithou toes ek naar, maar hy't nou vir jou alles..Kit-Kat,

Jelly Tots, Simba chips, Bar One, Muffins!!!

Raai in wie

het ek

vandag by

die Spar

vasgeloop?

Page 5: Pythagoras - hsdriehoek.com · Jelly Tots, Simba chips, Bar One, Muffins!!! Raai in wie het ek vandag by die Spar ... ʼn Resep vir jou eie suurlemoen sjampoe: ... drink sommer n koppie

Oumense het altyd baie raad vir alle kwale en skete en soms raak dit bietjie wild.

Hier is ʼn paar boererate (die resepte is nie beproef nie):

Om lipstiffie merke uit klere uit te haal, smeer tandepasta daarop, laat dit

droog word en borsel dit af.

ʼn Kuur vir swartkoppies:

o Kook 2 eetlepels hawermout en laat dit afkoel.

o Voeg ʼn eetlepel witwyn en die sap van een suurlemoen by.

o Smeer oor jou gesig voor slaaptyd.

As jy lei aan rowwe elmboë, sny ʼn suurlemoen middeldeur en sit vir ʼn half

uur lank met elke elmboog in ʼn halwe suurlemoen gedruk.

ʼn Doeltreffende gesigmasker:

o Meng een eierwit met die sap van een suurlemoen en poeiermelk of

hawermout.

o Voeg ʼn teelepel heuning by en smeer aan jou gesig

o Wanneer dit droog is, spoel dit af met suurlemoensap.

Vir meisies met blonde hare is dit goeie raad om jou hare gereeld met

suurlemoensap af te spoel. Dit help met vetterigheid en voorkom dat die

hare verdonker. Dit keer ook dat jou hare uitval.

ʼn Resep vir jou eie suurlemoen sjampoe:

o Meng ʼn eiergeel met ʼn eetlepel olyfolie en die sap van ʼn halwe

suurlemoen.

o Vryf dit goed in jou kopvel in en spoel jou hare af met lou water en

suurlemoensap.

Geskraapte rou aartappels gee verligting aan brandwonde en trek die hitte

uit.

Deur Suené Wucherpfennig

Page 6: Pythagoras - hsdriehoek.com · Jelly Tots, Simba chips, Bar One, Muffins!!! Raai in wie het ek vandag by die Spar ... ʼn Resep vir jou eie suurlemoen sjampoe: ... drink sommer n koppie

Deur Klarissa van Zijl en Enrico Kitching.

Wees daai boertjie wat elke meisie soek.

Ouens die is vir julle. Deesdae is elke meisie opsoek na ‘n boertjie. En ongelukkig as jy nie aan sekere vereistes gaan voldoen nie gaan jy nie die meisie wat jy in die oog het se kop laat draai nie.

Die eerste ding is jou outfit:

- Kry vir jou ‘n lekker paar vellies.

- ‘n Knopppies hemp.

- En ‘n kakie broek.

Dan die tweede ding is jou manier:

- Ontmoet die ouers voor julle eerste “date”.

- Maak die der vir die meisie oop.

- Trek die stoel vir die mesie uit.

- As jy haar gaan optel stap een in en groet die ouers en doen

dieselfde as jy haar aflaai. Of om nog punte bymekaar te maak,

drink sommer ‘n koppie koffie ook.

- Belangrikste is dat jy die vrae werk doen by haar pa oor afsprake nie sy nie. Toestemming is jou afdeling.

Die derde ding en die laaste is dat jy moet leer sokkie en two-

step.

Jy hoef nie ‘n John Deere trekker te hê, ‘n bakkie te ry of na

boeremusiek te luister om die titel te besit om ‘n boertjie te wees nie.

Solank jy beleefd en boertjie byhart is sal jy daai meisie se kop laat

draai en haar hart wen.

Page 7: Pythagoras - hsdriehoek.com · Jelly Tots, Simba chips, Bar One, Muffins!!! Raai in wie het ek vandag by die Spar ... ʼn Resep vir jou eie suurlemoen sjampoe: ... drink sommer n koppie

Woorde wat lekker van die tong afrol

-Jenél Storm

1) Bollemakiesie – “bo-le-ma-kie-sie”

2) Karniffel – “ka-ni-fel”

3) Lekkerbekkig – “le-ker-be-kag”

4) Opsternaat – “op-ster-naat”

5) Husse met lang ore – ‘hu-se-met-lang-o-re”

6) Warrelwind – “wa-rel-wind”

7) Aapstert – “aap-stert”

8) Uilskuiken – “uils-kui-ken”

9) Holderstebolder – “hol-der-ste-bol-der”

10) Rodomtalie – “rond-om-ta-lie”

Page 8: Pythagoras - hsdriehoek.com · Jelly Tots, Simba chips, Bar One, Muffins!!! Raai in wie het ek vandag by die Spar ... ʼn Resep vir jou eie suurlemoen sjampoe: ... drink sommer n koppie

Deur

‘n Reseppie vir die boer in jou

Japtrap biltong deur Coert Visser

Samg jy,JA jy!! Na ‘n stukkie tuisgemaakte biltong maar jy het nie ‘n biltong droër nie. Koel

komkommer, die een is vir jou. Sommer so in die ope lug soos in die ou dae.

Benodighede:

+- 1.2 kg Hoë gehalte beesvleisstuk met ’n mooi lagie vet.

Bruin druiwe asyn.

Worcester sous.

1x200g Safari Biltong Seasoning of biltong speserye van jou smaak.

Plastiek biltonghakkies.

1 Fan – ek weet almal is jou “fan” as jy biltong het…lol.

Dis al!

Voorbereiding:

In ‘n bak gooi 125 ml bruin druiwe asyn, nou ‘n paar blertse Worcester sous by vir ‘n helfte-helte

mengsel.

Sny nou die vleis in repies en doop dit in die mengsel, sprinkel daarna aan beide kante biltong

seasoning, laat dan in die yskas staan vir 12 ure.

Kies dan die koelste vertrek in die huis, verkieslik waar geen sonlig inkom nie.

Span nou ‘n draad of lyn waaier hoogte teen ‘n muur sodat die wind terug kan stoot oor die vleis en

lekker sirkuleer.

Hak nou jou hakkies deur die dikste kant van die biltong-vleis en hang die vleis en sit die waaier op

sy hoogste.

Nou is dit net wag, maar dit is die wag werd. draai dan net elke 12 ure en binne vier dae is daai

biltong joune.

Page 9: Pythagoras - hsdriehoek.com · Jelly Tots, Simba chips, Bar One, Muffins!!! Raai in wie het ek vandag by die Spar ... ʼn Resep vir jou eie suurlemoen sjampoe: ... drink sommer n koppie

Deur Haniah Bahnsen

Wat is

Afrikaans??

‘n Magdom beeldskone, dog vreemde klanke vorm in ons kele

en spoel moeiteloos oor ons tonge. Ons droom in Afrikaans,

praat in Afrikaans, leef in Afrikaans… Ons raak soms eksoties;

spice dit op met ‘n knippie sout,‘n bietjie Frans. Maar Afrikaans

bly Afrikaans.

Ek loop in die skoolgange… met die deuntjie van my daaglikse dosis Afrifrans in my ore, sit vir meer as 50 minute onder ‘n stortvloed van eindelose sinne wat dateer reg uit ’n 1940’s digbundel… Luister stomverbaas na die Engelse woorde wat spontaan uitglip, en verweef met ons taal; een word met Afrikaans. Maar dis alles okay: ons taal is soos ‘n boom wat nooit ophou om te groei nie ,hy raak al wyer, sterker, groei soms ‘n bietjie krom onder druk van sekere elemente en verweef met sy omgewing. Hy buig en pas aan, kry nuwe blare…

Het jy al ooit gepeins oor waar die taal wat so heerlik op jou tong dans vandaan kom? Of het jy al ooit nagedink (of selfs net ‘n vinnige gedagte gehad) oor waar Afrikaans nou eintlik vandaan kom? Afrikaans is een van die jongste tale ter wereld – glo dit of nie! Afrikaans is vanjaar amptelik 93 jaar oud! Dit het egter oor ‘n baie langer tydperk ontwikkel. Net om jou ‘n bietjie perspektief te gee: Die vroegste vorme van Engels dateer terug tot 500 n.C. dit is meer as 1500 jare gelede!

1800’s

FRIKAANS se wortels le oor die hele wereld verstrengel, die spesifieke invloede van Europa, Asië en Afrika is duidelik identifiseerbaar in die Afrikaans wat ons vandag ken. In 1652 het die VOC ( se V – O – C ), ‘n bekende skeepsmaatskappy van Nederland, ’n verversingspos (meh, pitstop) aan die Kaap gestig vir sy skepe op hul reis na en van die Ooste.

Die mense aan die Kaap was van verskillende Europese lande afkomstig, byvoorbeeld matrose en die amptenary uit Nederland, vakmanne en huursoldate uit die Duitssprekende gebiede, Nederland en die Skandinawiese lande en die Hugenote uit Frankryk.

Die taalbeleid van die VOC was baie streng aangesien hulle die Hollandse karakter van die Kaap wou behou, daarom is die mense almal verplig om Hollands aan te leer. Dit het ook gegeld vir die Khoi-groepe in die omgewing en die slawe wat uit Afrika en die Ooste ingevoer is.

Die resultaat van hierdie beleid was ’n aanleerderstaal waarvan Hollands die teikentaal was. Party navorsers verwys hierna as ’n Kreoolse (gemengde) taal. Reisigers het reeds in 1671 aangeteken dat die Hollands wat aan die Kaap gepraat word nie meer soos die taal van Europa klink nie. Die skryftaal was egter nog dieselfde.

Teen die middel van die 18de eeu, was Afrikaans as ’n nuwe taal met ’n eie identiteit reeds aan die

Kaap gevestig. Dit is Kaaps-Hollands genoem, maar het in party streke ook ander name gehad. In

die 19de eeu het Afrikaans in kontak gekom met Engels en die tale van die verskillende swart

groepe in die binneland. Hierdie tale het ook ’n invloed op die ontwikkeling van Afrikaans gehad.

Afrikaans is steeds aan die verander met die uitbreiding van verskillende dialekte en die

toevoeging van al meer en meer geleende woorde. Wie weet ,oor 20 jaar word daar dalk na ons

meer moderne manier van Afrikaans praat, verwys as histories en rol ons kinders hul oe uit hul

koppe uit as ons nog praat van ‘n kafee, ‘n vlooimark of selfs ‘n varktjoppie!

A

Page 10: Pythagoras - hsdriehoek.com · Jelly Tots, Simba chips, Bar One, Muffins!!! Raai in wie het ek vandag by die Spar ... ʼn Resep vir jou eie suurlemoen sjampoe: ... drink sommer n koppie

MOOI MAAK ‘TIPS’ VIR N BOEREMEISIE:

deur: Chanè Griesel

Is jy n meisie wat kaalvoet loop, beesmis ‘facials’ vat of dalk n grasie pluk en

eet langs die pad? Dalk sien jy n John Deere trekker as jou Ferarri, dra stewels

as sandale? En sien die woord ‘make-up’ as n woord uit n franse handbook?

(AS jy op enige van die vrae hierbo (JA) beantwoord het, is hierdie artikel spesiaal vir jou)

Jy word gevra op n date/aandjie saam vriende uit…. Hier volg n paar wenke wat jy kan

volg:

1. Hare – As jy nie iemand vir los hare is nie, kan n hoë poniestert ook die ding doen

(dit lyk altyd elegant en is baie praties)

2. Make-up – “LESS IS MORE”

• Basics is onderlaag, maskara en lipgloss.

• Begin met onderlaag: wend (slegs n klein bietjie) aan regoor gesig en ‘blend’

dit mooi in.

• Maak seker jy het nie ‘bushy’ eyebrows nie, gaan so dus tenminste

maandeliks vir n wax/treading (REMEMBER: ITS PAINFUL TO BE BEAUTIFUL)

• Sit so dus maskara op jou eyelashes…wees versigtig sodat dit nie smudge

nie..

• Met lipgloss moet jy natuurlike klere gebruik… Shocking pink is n NO-GO!!

Gebruik eerder kleure soos lig pienk/nude..

(onthou die is net die basics vir make-up, sodra jy die onder die knieg het kan jy begin

eksperimenteer met eyeliner, eyeshadow, blush,ens. :: PRACTISE MAKES PERFECT)

3. Outfit –

Los die checkhempie by die huis, n mooi hemp en broek sal beslis die ding doen en

vir iets meer romanties bv. N piekniek kan n “oki-rokkie” werk.

!!!NB!!!

Jy lyk mooi as jy mooi voel, so gaan nou en dan vir n draffie, doen oefeninge (okey,

doen net genoeg om jou gewete te sis), volg n geballenseerde dieet (ek bedoel nie

net slaai nie, n sjokoladetjie nou en dan sal nie te veel skade doen nie)

‘PLAIN JANE’ ek hoop hierdie paar tips kan jou help.

Page 12: Pythagoras - hsdriehoek.com · Jelly Tots, Simba chips, Bar One, Muffins!!! Raai in wie het ek vandag by die Spar ... ʼn Resep vir jou eie suurlemoen sjampoe: ... drink sommer n koppie

Wat wou onnies eintlik word? Het jy al ooit gewonder wat onderwysers sou word as hulle

nie onderwysers was nie?

Hier is ‘n paar onderwysers se tweede opsie as beroep:

Juffrou Müller wou baie graag ‘n lugwaardin word wat die

wêreld vol reis. Blykbaar moes lugwaardinne ‘n sekere “look”

gehad het en juffrou Müller was heeltemal te kort vir dit.

Juffrou Coetzee het gesê dat sy geen ander werk sou wou hê as

die werk wat sy nou het nie, maar as sy nie ‘n onderwyser kon

wees nie sou sy ‘n “wedding planner” wees.

Juffrou Nel sou ‘n verpleegster wees, omdat sy vir baie mense

sou kon omgee en ook oor die “pragtige uitrustings”, soos sy dit

gestel het, maar toe sê haar pa vir haar daar is nie geld in

verpleging nie en sy word toe ‘n onderwyser.

Juffrou Smit het gesê dat dit moeilik is om ‘n ander beroep te

kies as jy klaar doen wat jy graag wil, maar sy sou ‘n “travel

writer” wees wat die wêreld rondtoer en dan haar ervaringe

deel met ander.

Juffrou du Plessis sê dat sy in ‘n “biker gang” sou wees wat

leerbaadjies dra en wat rondtoer en forensiese ondersoeke

doen waar sy ookal is.

Deur Chanel van Eck

Page 13: Pythagoras - hsdriehoek.com · Jelly Tots, Simba chips, Bar One, Muffins!!! Raai in wie het ek vandag by die Spar ... ʼn Resep vir jou eie suurlemoen sjampoe: ... drink sommer n koppie

Graad 11 Kamp 2018 Die matriekvoorbereidingskamp waar kan ek begin? As iemand my vra hoe ek die kamp

ervaar het sou ek met eerlikheid kan sê dat dit ‘n amazing opvoedkundige kamp was met

hope herinneringe wat nooit vergeet sal word nie.

Na ‘n lang dag van skool was ons uiteindelik

oppad. Die atmosfeer op die busse was vol

enrgie en opwindendheid waar die kinders

onophoudelik gepraat en gelag het. Met ons

aankoms was die vrolike atmosfeer dadelik

‘getempt’ met die woorde ‘’meisies

verwyder alle make-up” en “seuns handig

maar die biltong oor”. Nadat ons in spanne

en kamers in gedeel was het ons met

spanbou aktiwiteite begin wat hope geduld

geverg het!

Op dag 2 het die meeste van die kinders hulle leeftyd se oefening in gekry, toe ons meer as

5 km gestap het om ‘n vlot te bou, pyl en boog te skiet en die hindernisbaan te voltooi. Die

fasiliteerders het sonder dat hulle besef ook deel

geword van ons herinneringe met die woorde

“why are you running?” en die robot oefening

wat geen meisie of seun sal vergeet nie.

Natuurlik het van die kinders ook hulle eie

herinneringe geskep met die konsert wat gehou

was en die laat aand se wandeling na die meisies

se kamer waar ‘n sekere iemand Mnr.

Bezuidenhout as ‘n kind raak gesien het. Hopelik

weet hy nou wie Mnr. Bezuidenhout is…

Die hoogtepunt van die hele kamp was sonder enige twyfel die matriekdas seremonie waar

ons ingelei was as volgende jaar se leiers van die skool. Ek dink ek praat vir almal as ek se

dat die realiteit nog nie ten volle ingesink het nie, maar dat ek dit met niemand anders as

met julle ZERBERS wil aanpak nie.

Geskryf deur Neo Majoro

Page 14: Pythagoras - hsdriehoek.com · Jelly Tots, Simba chips, Bar One, Muffins!!! Raai in wie het ek vandag by die Spar ... ʼn Resep vir jou eie suurlemoen sjampoe: ... drink sommer n koppie

NIE JOU MA SE

‘MACARENA’NIE Melissa Jackson

“KAMERAS,LIGTE,AKSIE!”

Met baie‘bloed’,sweet en harde oefening is‘NIE JOU MA SE

MACARENA’uiteindelik op die planke gebring!

Te danke aan Juffrou BEKKER, organiseerder, Meneer JACOBS en

Juffrou SCHWARTZ, skrywers, al die onderwysers wat gehelp het met

die danse en natuurlik ook Chantel, die danschoreograaf is daar

‘n reuse sukses van die verhoogproduksie gemaak...

Natuurlik het dit nie maklik gekom nie en was die musical omtrent

met‘n maand vervroeg en het die spanning hooggeloop om alles

betyds klaar te kry. Maar danksy ons gesoute‘akteurs en

aktrises’het hulle hulle deel sommer tjop – tjop afgehandel en

hul uitstekend van hulle taak gekwyt.

Behalwe die pret wat jy op die verhoog het, bou jy ook nuwe

vriendskappe en het ongelooflik baie pret‘backstage’.

Ongelukkig was dit die Gr.11s en matrieks se laaste musical, maar

dit was‘n belewenis en raai ek enige tyd iemand aan om hieraan

deel te neem, indien hulle die kans kry!

Page 15: Pythagoras - hsdriehoek.com · Jelly Tots, Simba chips, Bar One, Muffins!!! Raai in wie het ek vandag by die Spar ... ʼn Resep vir jou eie suurlemoen sjampoe: ... drink sommer n koppie

KOOR:

WELKOM BY DIE KOOR VAN HOëRSKOOL DRIEHOEK!

SO, waar begin ‘n mens? Daar is soveel wat die koor algedoen het in die jaar

alleen:

Wêreld Koor kompetisie, Kunstefeeste, koorfeeste, koorkamp, insamelings en

nog soveel ander! ‘n Paar interessante feite:

Ons het ‘n silwer diploma, vlak 3 gekry by die wêreld koor olimpiade.

By die kunstefeeste (2017-

2018) het ons vele

toekennings gekry:

o 2 A++

o 3 A+

o 1 A

o 1 B+

Ons het al in totaal by 11 verskillende onthaalplekke opgetree.

Die koor staan op 63 lede.

Ons het 4 versillende afrigters:

o Tannie Dalien Ahlers -Hoof afrigter

o Juffrou Mynhardt -Pianis

o Tannie Yoloanda Ox -Alte en Backup vir enige en alle gevalle

o Meneer Jacobs -Tenore en Basse

Ons koor is 4 – 5 stempartye

o Eerste soprano

o Tweede soprano

o Alte

o Tenore

o Basse

Ons hoop dat ons koor sal groei en ons weet dat daar vordering sal wees. Daar is

baie wat nog op ons wag en ons weet dat die skool agter ons staan.

Deur Shani Botha

Page 16: Pythagoras - hsdriehoek.com · Jelly Tots, Simba chips, Bar One, Muffins!!! Raai in wie het ek vandag by die Spar ... ʼn Resep vir jou eie suurlemoen sjampoe: ... drink sommer n koppie

SQUASH -KLARISSA VAN Zijl Enrico Kitching

Soos wat dit vir ons lyk moet jy verstrooid wees om aan die Eerste

Squash span se vereistes te voldoen. Die mees kenmerkendste

eienskap van die span is voor ‘n wedstryd hardloop almal rond om

hulle spanmaats op te spoor of bel dié wat laat is.

Individuele interessante feite:

Markus: Trek die snaakste aan vir ‘n wedstryd, iets soos ‘n pienk

broek en lang louse. Hy is ook onoorwonne.

Madjone: Beste skeidsregter.

Kyla: Laat die matriekouens skaam kry as hulle teen die “kortste gr.8-

meisie verloor”.

Ian: Word die meeste uitgehaal in die span.

Natasha: Sarkasme baas en Ian is die een wat onder dit lei.

Bonus feit/vraag:

Wie het die meeste beginnersluck?

Ian, hy’s die enigste beginner.

Page 17: Pythagoras - hsdriehoek.com · Jelly Tots, Simba chips, Bar One, Muffins!!! Raai in wie het ek vandag by die Spar ... ʼn Resep vir jou eie suurlemoen sjampoe: ... drink sommer n koppie

5 VINNIGE FEITE OOR FAST 5 1. Daar speel net 5 spelers op ‘n slag wat nie noodwendig vinnig

hoef te wees nie, maar verkieslik fiks.

2. Daar word 4 kwarte van 5 minute elk gespeel.

3. Die reëls vir netbal geld dieselfde vir Fast 5.

4. Daar kan 1, 2 of 3 punte per doel aangeteken word,

afhangende van hoe vêr daar af gedoel word.

5. Daar word een kwart per span as ‘powerplay’ gekies en in

daardie verkose kwart, word dubbel die punte per doel verkry.

-ANNEMARIE SAAYMAN

Page 18: Pythagoras - hsdriehoek.com · Jelly Tots, Simba chips, Bar One, Muffins!!! Raai in wie het ek vandag by die Spar ... ʼn Resep vir jou eie suurlemoen sjampoe: ... drink sommer n koppie

LANDLOOP 2018

Deur Megan Geel

Dit is verseker nie net “hardloop” nie! Al dink almal só. Landloop gaan oor om inspirasie te

kry om té hardloop.Ander mense sê hulle hardloop net as iets hulle jaag.Terwyl landloop

atlete vir die pret hardloop.

Hoogtepunte van die landloopkamp: Een van dié lekkerste kampe ooit! Elke dag na ‘n harde oefening swem landlooplede. Daar is

harde oefeninge in die oggend en middag. Na ‘n lang dag kuier ons al té lekker om die

vuurtjie. Daar is selfs ‘n staproete op die koppie en ook ‘n supertube om die dag verder te

geniet. Dis nie net harde oefeninge nie,maar ook vet pret!

‘n Paar interessante feite oor landlooplede: Monique Benade (Wortel)- Ek eet baie!

Wilmien Visser- Ek is baie flexible.

Michael Macdonald- Ek hou van rap songs.

Tiffany Berekenbush- Mense sê ek’s ‘n ekstrovert

maar ek is eintlik ‘n introvert.

Megan Geel- Wie weet, ek lag baie!

Cameron Tabasco- Hulle sê klein botteltjies groot

gif!

Monique v.d. Westhuizen- Ek het 14 honde.

Enjé Roets- Ek is mal oor hardloop!