proefeksamen vraestel 1: 2011 -...

43
Afrikaans Eerste Addisionele Taal Proefeksamen Vraestel 1: 2011 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL PROEFEKSAMEN 2011 VRAESTEL I Tyd: uur 100 punte Naam: Onderwyser/es: Conway-Nunn / Graves / Sudding (Onderstreep jou onderwyser/es se naam) Eksaminatrise: Mev. Conway-Nunn Moderatrise: Mev. Terblanche LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE: Leeruitkoms 2: Lees en Kyk: Die leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities te evalueer en om op 'n wye verskeidenheid tekste response te lewer.

Upload: others

Post on 28-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

1

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAALPROEFEKSAMEN

2011VRAESTEL I

Tyd: uur 100 punte

Naam:

Onderwyser/es: Conway-Nunn / Graves / Sudding (Onderstreep jou onderwyser/es se naam)

Eksaminatrise: Mev. Conway-Nunn

Moderatrise: Mev. Terblanche

LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE:

Leeruitkoms 2: Lees en Kyk: Die leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities te evalueer en om op 'n wye verskeidenheid tekste response te lewer.

Leeruitkoms 3: Skryf en Aanbied: Die leerder is in staat om vir 'n wye verskeidenheid doeleindes en teikengroepe te skryf en aan te bied deur konvensies en formate gepas vir verskillende kontekste te gebruik.

Leeruitkoms 4: Taal: Die leerder is in staat om taalstrukture en -konvensies gepas en doeltreffend te gebruik.

Vlakke 1 – 7 word gebruik.

Page 2: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

2

LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Die vraestel bestaan uit 22 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is.

1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER AFDELINGS:

Afdeling A: Leesbegrip (30 punte)

Afdeling B: Opsomming (10 punte)

Afdeling C: Poësie (30 punte)

Afdeling D: Kommunikatiewe Taal (30 punte)

2. Beantwoord al die vrae.

3. Beplan jou antwoorde deeglik voor jy dit neerskryf.

4. Begin elke afdeling op ‘n nuwe bladsy.

5. Nommer antwoorde soos die vrae op die vraestel.

6. ALLE vrae moet in Afrikaans beantwoord word.

Page 3: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

3

AFDELING A LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees die onderstaande leesstuk en beantwoord dan die vrae wat volg.

DIE BESTE MEDISYNE

Ná ’n selfmoordpoging het dr. Patch Adams twee besluite geneem. Die een was om die mensdom te dien en die ander om nooit weer ’n slegte dag in sy lewe te hê nie. Die een besluit het hom ’n dokter laat word en die ander ’n nar wat mense laat lag.

Dr. Adams is die bekende laggende dokter oor wie se lewe en benadering tot siektegenesing ’n rolprent gemaak is. Robin Williams vertolk die hoofrol.

Wetenskaplikes het vandag voldoende bewyse dat dit gesond is om te lag. Lag bevorder die afskeiding van endorfien wat pyn stil en stres verminder. Sodoende word ’n gelukkige gevoel geskep. Terselfdertyd word hormone vrygestel wat die liggaam se immuunstelsel versterk.

Maar daar is ’n voorwaarde: dit geld net vir positiewe, vrolike emosie. ’n Sarkastiese of spottende lag het die teenoorgestelde effek op die liggaam. Woede laat jou hormone afskei wat jou siel en liggaam laat siek word. Só ’n lag laat jou sleg voel.

Dit impliseer dat lag dubbele moontlikhede het; dat lag in die hemel en in die hel kan weerklink. Dit is dus die hóé en die wáárvoor van jou lag wat siekte weghou of aanbring. [Illustrasie: sodahead.com]

Page 4: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

4

[Teks: Bron onbekend] 1.1 Haal ’n enkele woord uit die teks aan wat impliseer dat dr. Patch

Adams by die dood omgedraai het. (1)

1.2 Watter beroep(e) het Patch Adams gevolg?Kies die beste antwoord en skryf dit volledig neer: Hy was ’n ...A mediese dokter sowel as ‘n wetenskaplikeB nar sowel as ‘n wetenskaplikeC wetenskaplike sowel as ‘n chirurgD mediese dokter sowel as ’n nar (1)

1.3 Volgens die leesstuk is dit gesond om vrolik te lag.

1.3.1 Is bogenoemde ’n feit of ’n mening? (1)1.3.2 Haal twee agtereenvolgende woorde aan om jou antwoord te

staaf. (1)

1.4 Met hierdie artikel in gedagte, verduidelik hoe jy ’n siek persoon sou kon help herstel. (Dink aan ’n gepaste scenario van jou eie.)

(2)

1.5 Beskryf enige voorbeeld van die “hóé en die wáárvoor” vaniemand se lag, wat hom siek kan maak. (2)

[8]

Page 5: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

5

[Illustrasie: hwdyk.com] VRAAG 2

Lees die promosie artikel: STUDENTE: PAK DíT IN JULLETROLLIES deur en beantwoord die vrae wat daaroor gestel is.

Studente: Pak dít in julle trollies Van winskopies en staatmakers tot nuut op die rak.

BIER van ‘n ander KLEUR & GEUR

As jy van Castle Lager hou, sal jy gaande wees oor hul nuwe Castle Marinade. Dit bevat geen alkohol, MNG of kleurmiddels nieen is in vier heerlike geure beskikbaar: Lemon and Herb, Steakhouse, Peri-Peri en Barbeque.

DROOG in ‘n KITS

DriBUDDI is ‘n elektriese kleredroër wat 30 % minder krag as ‘n tuimeldroër gebruik, tot die helfte van die prys van ‘n gemiddelde tuimeldroër kos en ‘n driejaar-waarborg het. Dit is maklik om weg te pak, van gehalte-aluminium gemaak en het ‘n duursame motor. Die bonus is dat delikate klere ook in die DriBUDDI drooggemaak kan word. DriBUDDI kan tot 10 kg klam klere per sessie hou en kos slegs R599,99.

TASTIC-COOKBOOK vir studente

Studente maak al generasieslank op Tastic-rys staat omdat dit gestand doen aan Tastic se leuse: “Perfek!”Tastic se uitgebreide reeks bestaan uit: Tastic BrownRice en Brown Rice Mixes en Tastic Rice of the world. Met die Tastic cookbook sal jou vriende jou splinter-nuwe kookvernuf waardeer, want jy en almal wat

Tastic-rys gebruik, weet mos: Dit kook perfek, elke keer.

Page 6: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

6

[Verwerk uit: Vrouekeur 22 Julie 2011]

2.1 Sal mense wat aan die AA (Alkoholiste Anoniem) behoort die vleis kan eet wat met die marinade gemarineer is?

Sê ja of nee en bewys jou antwoord deur ʼn sinsnede aan te haal. (2)

2.2 Sê of die volgende stelling waar of onwaar is en bewys jou antwoord in jou eie woorde.

ʼn Chinese persoon wat net sy moedertaal, Chinees praat, sal dol oor die rys-kookboek wees. (2)

2.3 Jy het in 2007 ʼn Dri BUDDI gekoop. Waarom sal die vervaardigers in 2011 nie jou Dri BUDDI vir jou verniet regmaak nie? (2)

2.4 Watter item sal vir jou uiteindelik geld spaar? Verduidelik waarom jy dit sê. (2)

[8]

Page 7: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

7

VRAAG 3

Bestudeer die teks, MEET JOUSELF en beantwoord die vrae wat volg:

MEET JOUSELFMeet jouself teen hierdie rekords:

LANGSTE HAREXie Qiuphing van China se hare groei al van 1973 af.Anthony Actor van Indië het vreeslike lang oorhare waarvan sommige al tot 18.1 cm lank is.Die langste baard behoort aan Serwen Gingh van Kanada. Sy baard was 2.37 m lank. Vivian Elaine Wheeler van Amerika is die vrou met die langste baard. Haar baard is 27.9 cm lank.Die langste snor is 4.20 m lank en behoort aan Ram Singh Chaudan van Indië.

Stephen Taylor van die[Foto: millionface.com] Verenigde Koninkryk se tong

is 9.8 cm lank! Hy kan seker‘n roomys in rekordtyd opeet!

[Foto: guinnessworldrecords.com]

Lee Redmond vanAmerika se naelsgroei al van 1979 ‘n Anonieme ses- en was altesaam jarige seuntjie van8,65 m lank China het 31 voordat sy dit in vingers en tone. Hy2009 in ‘n motor- het 15 vingers en ongeluk verloor het. 16 tone.

[Foto: news.in.msn.com]

Monte Pierce van Amerika kan sy linkeroorlel 12,7 cm ver rek

Page 8: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

8

en sy regteroorlel 11,43 cm rek. As hy hulle nie rek nie is hul maar net 2,54 cm lank. [Prent: thefreedictionary.com]

3.1 Verduidelik in jou eie woorde waarom Lee Redmond nie meer die wêreldrekord, vir die persoon met die langste naels, hou nie. (1)

3.2 Waarom word die stelling dat Stephen Taylor ‘n roomys in rekord tyd kan eet, gemaak? (1)

3.3 Wat maak Vivian Elaine Wheeler ongewoon? Noem twee dinge.(2)

3.4.1 Verduidelik in jou eie woorde wat ‘n oorlel is. (1)3.4.2 Hoe lank sou jy skat dat die gewone mens se oorelel is. (1)

3.5 Waarom dink jy sal Anthony Victor van Indië heel moontlik sukkel om te hoor? (1)

3.6 Verduidelik in jou eie woorde wat die verskil tussen ‘n snor en ‘n baard is. (2 x ½ = 1)

3.7 Hoeveel vingers en tone het die seuntjie van China meer as die gemiddelde mens? (2)

[10]

Page 9: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

9

Radhakant Baijpaiost: oorhare van 10 cm lank [sportslife7.blogspot.com]

VRAAG 4 Visuele Teks – Spotprent

Bestudeer die spotprent en beantwoord daarna die vrae wat gevra word. Onthou dat AL jou antwoorde in Afrikaans moet wees, aangesien geen Engelse woorde nagesien sal word nie.

4.1 Wat noem ‘n mens die tipe voëls in hierdie spotprent? (1)

4.2 “Proe snaaks” Hoekom is dié woorde ironies? (1)

4.3.1 Voltooi die volgende sin met een woord: Die nar lê in die... (1)4.3.2 Gee ‘n rede vir jou antwoord. (1)

[4]

“Proe snaaks…”

Page 10: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

10

30 punteAFDELING B OPSOMMING

VRAAG 5

Die teks hieronder handel oor tieners wat dinge doen omdat hul maatsdit doen.Som die teks op deur 5 dinge (een uit elke paragraaf) neer te skryf watopsom wat tieners doen om “in” te wees. Onthou:

Nommer jou sinne van 1 tot 5. Begin elke sin met die woorde: “Tieners...” Die opsomming moet 70 woorde lank wees. Skryf die dinge wat jy sal kan doen sover moontlik in jou eie

volsinne. Moenie meer as een sin oor elke feit skryf nie. Skryf die aantal woorde aan die einde van jou opsomming

neer.

“Want my MAATS maak so!”Byna 19 % van leerlinge tussen graad 8 en 10 rook elke dag. Daar is egter geen wet wat hulle belet om dit te doen nie – slegs om sigarette onder die ouderdom van 18 te koop. Kinders, veral meisies, begin dikwels rook omdat hulle by die groep wil inpas.

Sowat 78 % tieners eksperimenteer een keer per maand met alkohol. ‘n Kwart van dié kinders drink soveel dat hulle nie al die feite van die vorige aand kan herroep nie. “Dié syfer neem toe omdat alkoholgebruik al hoe meer sosiaal aanvaarbaar raak. Om te drink is mos cool,” sê Johan.“Die gebruik van dwelms ontplof onder die jeug,” sê Daniel. “Dis eintlik angswekkend.” In ‘n studie onder 5 000 leerlinge deur Jedidja blyk dit dat 50 % tieners minstens een keer per maand met dwelms eksperimenteer. Dagga is die gewildste, gevolg deur heroïen.

Page 11: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

11

Volgens LoveLife SA het byna 51 % tieners seks teen die ouderdom van 15 gehad en 20 % eksperimenteer al daarmee op 12-jarige ouderdom. Byna 70 % 14-jariges wat seksueel aktief is, het meer as een bedmaat en 71 % gebruik nie kondome nie, sê Elmarie Mulder Craig, seksuoloog, verhoudingskenner en outeur van Sekssprokie: Die misterie ontrafel.

“Die meerderheid misdade wat in Suid-Afrika gepleeg word, is deur jongmense,” sê die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening in Johannesburg. Diefstal, veral winkeldiefstal, gebeur meer gereeld as wat ouers besef, sê David. En kinders por mekaar aan. “Hulle steel om deel van ‘n groep te wees en steel dus items soos klere, wat hulle deel van dié groep sal maak,” sê hy.

[Verwerk uit: SARIE, Julie 2011]

Page 12: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

12

10 punte

AFDELING C POëSIE

VRAAG 6 VOORBEREIDE GEDIG

Talle Tonge (Mathews Phose)

1 Talle tonge het ek2 een tong op ʼn gegewe oomblik

3 ʼn heuningtong4 ʼn bitter tong5 ʼn stomp tong6 genoeg om te swyg

7 my skerp tong klap8 klap soos ʼn sweep9 en keep diep en laat bloei

10 my suur tong brand11 brand soos asyn12 en laat krimp inmekaar en skend

13 Talle tonge het ek14 een tong op ʼn gegewe oomblik15 ʼn tong om te sny16 ʼn tong om te salf17 Ek het talle tonge

6.1 Waarom het die spreker, volgens strofe 1, so baie tonge? (1)

6.2 Watter woord in die titel sê dat die mens sy tong op baie maniere kan gebruik? (1)

6.3 Verduidelik in jou eie woorde watter gevolge ‘n skerp tong op ʼn mens kan hê? (1)

Page 13: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

13

6.4 Met watter soort tong sal die spreker sy vyand so slegsê dat dit vir ewig ‘n letsel sal agterlaat? Haal ʼn rede vir jou antwoord uit die gedig aan. (2)

6.5 Versreëls 5 en 6 kan ʼn positiewe of negatiewe betekenis hê. Noem albei. (2)

6.6 Ek het talle tonge

6.6.1 Verduidelik die funksionaliteit daarvan dat dié reël met “Ek” begin. (1)

6.6.2 Skryf die sin: “Ek het talle tonge” in jou eie woorde oor. Begin so:Ek kan... (1)

6.6.3 Sê watter “tong” jy die meeste gebruik. Motiveer jou antwoord. (1) [10]

VRAAG 7 ONVOORBEREIDE GEDIG

WOORDE (Vincent Oliphant)

1 my woorde het nie die krag2 om bose magte tot ʼn val te bring nie3 my woorde kan bloot sing

4 my woorde is nie ʼn dak5 om onder te skuil nie6 my woorde is swak

7 my woorde kan nie keer8 dat ons die kromme note haal nie9 my woorde is kaal

10 glo tog11 my woorde het nie die byt12 van koeëls en grofgeskut nie13 nee14 my woorde kan bloot bid15 en pleit16 en wens

Page 14: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

14

17 medeburgers van die lewe18 dat ons van grense sal vergeet19 en bloot mens sal wees20 en medemens. [Uit: DIE SAGTE VLEES, 1998]

7.1 Watter woord dui op die persoonlike aard van die gedig? (1)

7.2 Noem twee maniere waarop die tipografie in Talle Tonge enWoorde ooreenstem. (2)

7.3 Talle Tonge en Woorde handel oor die tong wat woorde spreek.

Noem twee verskillende maniere waarop die spreker die “woorde” (in Woorde) of “tonge” (in Talle Tonge) kan gebruik. (2)

7.4 Watter metafoor in die onvoorbereide gedig wys dat “woorde” nie ʼn wegkruipplek kan word nie? (1)

7.5 Daar is ʼn duidelike kontras tussen stilte en klank in Talle Tonge en Woorde.

7.5.1 Haal ʼn versreël uit Talle Tonge aan wat stilte aandui. (1)7.5.2 Haal ʼn versreël uit Woorde aan wat klank aandui. (1)

7.6 Kan die spreker se woorde (in Woorde) mense definitief verander? Motvieer jou antwoord. (1)

7.7 Hoe stem die tema van dié twee gedigte ooreen? (1)

[10]

Page 15: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

15

VRAAG 8 VOORBEREIDE GEDIG

Bitterbessie dagbreek (Ingrid Jonker)

Bitterbessie dagbreekbitterbessie son‘n spieël het gebreektussen my en hom

Soek ek na die grootpadom daarlangs te draforal draai die paadjies van sy woorde af

Dennebos herinneringdennebos vergeethet ek ook verdwaaltrap ek in my leed

Papegaai –bont eggokierang kierang mytotdat ek bedroëweer die koggel kry

Eggo is geen antwoordantwoord hy alombitterbessie dagbreekbitterbessie son

8.1 Vul slegs die korrekte woord in. Skryf die nommer en die woord neer.

8.1.1 Die gedig handel oor die gebroke ____________ tussen ‘n man en vrou. (1)

8.1.2 Die stemming in die gedig is ___________. (1)

Page 16: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

16

8.2 ‘n spieël het gebreektussen my en hom

8.2.1 Noem twee redes hoekom dit funksioneel is dat dit juis ‘n spieël is wat gebreek het. (2) 8.2.2 Wie is die “hom”? (1)

8.3 Verduidelik die ironie in die titel. (2)

8.4 Wat is die funksie van die herhaling van die woorde “kierang kierang”? (1)

8.5 Gee elke keer ‘n woord uit die gedig wat dieselfde beteken as:

8.5.1 hartseer (1)8.5.2 nog ‘n keer (1)

[10]

[Foto: themesformyspace.com ]

Page 17: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

17

30 punte

AFDELING D KOMMUNIKATIEWE TAALGEBRUIK

VRAAG 9 SINSTRUKTURE

Lees die aanhef van die artikel oor drankies wat “gespike” word en beantwoord dan die vrae wat volg:

PASOP!Ek is positief vir vyf soorte dwelms getoets. Ek kon niks onthou wat die vorige aand gebeur het nie. Die kliniekpersoneel was verbaas dat ek nie in die hospitaal beland het nie! [Verwerk uit Vrouekeur 21 Januarie 2011]

9.1 Ek kon niks onthou wat die vorige aand gebeur het nie. (1)

Ek .... niks onthou wat nou ... nie.

9.2 Die kliniekpersoneel was verbaas dat ek nie in die hospitaal beland het nie! (1)

Omdat ek nie in die hospitaal beland het nie, ...

9.3 Bestudeer die spotprent oor die nagevolge van dwelms en beantwoord die vrae op die volgende bladsy deur te begin soos aangedui:

Fanie

[Prent: www.CartoonStock:com]

Merk jy dit

ook op?

Page 18: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

18

9.3.1 “Merk jy dit ook op?” (1)

Fanie vra of ...

9.3.2 “Merk jy dit ook op?” (1)

“Het jy...?”

9.4 Bestudeer die spotprent en beantwoord dan die vrae:

/

[Spotprent. science20.com]

9.4.1 Ek moet jou nou vinnig doodmaak, Spike. (1)

Spike moet....

9.4.2 Ek moet jou vinnig doodmaak. (1)

Ek hoef...

9.4.3 Beide my volgelinge en simpel tieners hou te veel van my. (1)

Nee, nog...

Ha! Beide my volgelinge en simpel tieners hou te veel van

my, Skat.

Ek moet jou nou vinnig doodmaak,

Spike!

Page 19: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

19

/9.5 Bestudeer die foto en beantwoord die vrae wat volg.

[Foto:Express.co.uk, 31 Julie 2011]

9.5.1 Die seun gooi ‘n tablet in die meisie se drankie. Die drankie is nou vol dwelms. (1)

Die meisie se drankie waarin...

9.5.2 Die seun gooi ‘n tablet in die meisie se drankie. Die drankie is nou vol dwelms. (2)

Nadat...

9.5.3 Die drankie is nou vol dwelms. (1)

Net-nou ....

9.5.4 Die seun gooi ‘n tablet in die meisie se drankie. (1)

‘n Tablet ....

Page 20: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

20

9.6. Bestudeer die plakkaat en voer dan die instruksies uit:/

/ [Plakkaat verwerk uit: bigdizzay.deviantart.com]

9.6.1 Skryf die volgende sin in die korrekte woordorde oor. Begin soos aangedui:

As (dwelms, jy, sal, misbruik, jou, doodmaak, dit) (1)

9.6.2 Stel die vraag waarop die onderstreepte gedeelte die antwoord is:

‘n Spoedige dood kom van dwelmmisbruik. (1)

9.6.3 Skryf die sin oor in die indirekte rede:

Sy maats sê: “Siestog. Hy is dood aan dwelmmisbruik.” (1)

9.6.4 Begin die sin soos aangedui:

Dis dom. Hy het nogtans kop verloor. (1)

Alhoewel............... [16]

Page 21: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

21

VRAAG 10 WOORDSTRUKTURE

/Bestudeer die voorblad en doen telkens wat tussen hakies gevra word. Skryf slegs die nommer van die vraag en jou antwoord neer.

(20 x ½ = 10)

[Voorblad verkry van: litnet.co.za]

Stefan slaan terug is ‘n (10.1 uitstekend: gee die korrekte vorm) tienerverhaal. Dié seun wat voorheen ‘n (10.2 breed: gee die korrekte vorm) glimlag gehad het, het besef dat dwelms nie (10.3 speelding: gee die meervoudsvorm) is nie. (10.4 A.g.v. : skryf die afkorting voluit) gesinsstrukture wat (10.5 verbreek: gee die sterk verlede deelwoord), wend tieners hulle al hoe meer tot die gebruik van dwelms. Dwelmmisbruik neem (10.6 elke dag: gee een woord) onder tieners toe. Hoe (10.7 baie: gee die vergrotende trap) Stefan homself aan dwelmls blootstel, hoe moeiliker raak dit om sy rug daarop te draai. Stefan besef betyds dat dwelms (10.8 baie gevaarlik: gee die intensiewe vorm) is. Stefan, het net soos ander tieners, gedink dat hy verhewe bo almal se ou (10.9 waarskuwings: gee die verkleinwoord) is. Dwelmmisbruik is nie (10.10 kind + speel: gee een woord) nie.

Stefan besef dat sodra jy dwelms begin gebruik, dit (10.11 maklik: gee die antoniem) is om op te hou. Dwelmmisbruik neem teen ‘n skrikwekkende tempo onder (10.12 skoliere: gee die sinoniem) toe. Tieners, so jonk as (10.13 14: skryf in woorde) is aan dwelms verslaaf.

Page 22: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

22

Die algemeenste dwelms (10.14 wat+ met: gee die betreklike voornaamwoord) geëksperimenteer word, is dagga.

Die boek, Stefan slaan terug, het ‘n bylaag (10.15 wat + in: gee die betreklike voornaamwoord) waarskuwingstekens deur ‘n kundige bespreek word. Die (10.16 skryfster: gee die teenoorgestelde geslagsvorm) het eerstehandse kennis van dwelmmisbruik. Hy het die boek geskryf om tieners teen die gevolge van dwelmmisbruik (10.17........: vul die ontbrekende woord in) waarsku. Die sous is nie die (10.18...............: voltooi die idioom) werd nie. Hendrick Bergh wil nie hê dat ander tieners dieselfde foute as Stefan maak (10.19 .......: vul die ontbrekende woord in). Stefan leer (10.20 ..... :gee die korrekte voornaamwoord) les in dié roman.

VRAAG 11 KOMMUNIKASIE

Verbeel jou die seun in die prent wat dwelms van ‘n handelaar koop, is jou beste maat.

Hoe sal jy hom:

11.1 konfronteer en waarsku? (2)11.2 hoe sal jou vriend op jou waarskuwing reageer? (2)

/

[Prent:afrostoshelltoes.com]

Page 23: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

23

[Totaal 4]

GROOTTOTAAL: 100

MEMORANDUM PROEFEKSAMENVRAESTEL VRAESTEL 1

AFDELING A: VRAAG 2

VRAAG 1

1.1 “selfmoordpoging” (vlak 2) (1)1.2 A. mediese dokter sowel as ‘n wetenskaplike (vlak 4) (1)1.3.1 Feit (vlak 6) (1)1.3.2 “Voldoende bewyse” (vlak 6) (1)1.5 Enige voorbeeld om pasiënt lekker te laat lag. (vlak 3) (2)1.6 Enige voorbeeld : hoe : onaangenaam

waaroor : iets negatiefs (vlak 3) (2)

Blooms: Vlak 2 : 2 punte Vlak 3 : 4 punte Vlak 4 : 1 punt Vlak 5 : 1 punt

Vlak 6 : 2 punte [8]

AFDELING A: VRAAG 2

2.1 Nee: “Castle Marinade bevat geen alkohol.” (2)

2.2 Nee: Die boek is in Engels “Tastic Cookbook” en hulle sal dit dus nie verstaan nie. (2)

2.3 Dit het ʼn drie jaar waarborg en in 2011 sal jy die Dri Buddi al 4 jaar besit. (2)

2.4 Die Dri Buddi.

Dit gebruik 30% minder krag as ʼn tuimeldroër, kos net die helfte van ʼn tuimeldroër en dit kan ook delikate klere droogmaak. (2)

Page 24: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

24

[8]

AFDELING A: VRAAG 3

3.1 Sy was in ‘n motorongeluk in 2009 waarin haar naels almal afgebreek het. (1)Blooms Vlak 2.

3.2 Hy het die langste tong in die wêreld en ‘n mens gebruik jou tong om roomys mee te lek. As hy dus ‘n baie lang tong het kan hy sy roomys vinniger as die gemiddelde mens eet. (1)Blooms Vlak 5.

3.3 Dat sy ‘n vrou is wat ‘n rekord hou vir die langste baard want

vrouens het nie gewoonlik baarde nie, dis iets wat oor die

algemeen net by mans aangetref word. (2)

Blooms Vlak 2.

3.4.1 Eie antwoord. Dis die gedeelte van jou oor waaraan vroue

gewoonlik oorbelle dra / onderste deel van jou oor. (1)

3.4.2 Gewone mens s’n net ‘n paar sentimeter lank. (1)

Blooms Vlak 3.

3.5 Hy hou die rekord vir die persoon met die langste oorhare en as hy

sulke lang hare in sy ore het sal hy dalk sukkel om te hoor. (1)

Blooms Vlak 5.

3.6 Eie antwoord. Snor op mens se lip. Baard op jou ken. (2 x ½ = 1)

Blooms Vlak 2.

3.7 Die gemiddelde mens het 10 vingers en 10 tone dus 20. Die

seuntjie het 31 vingers en tone. Dus 11 meer. Of hy het 5 vingers

en 6 tone meer as die gemiddelde mens. (2)

Page 25: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

25

AFDELING A VRAAG 4

4.1 aasvoëls (1)

4.2 narre is gewoonlik snaaks (1)

4.3.1 barre aarde / woestyn (1)

4.3.2 Daar is geen plantegroei nie / dit is baie droog (1)

(Afdeling A:30)

AFDELING B OPSOMMING

VRAAG 5 OPSOMMING

1. Tieners rook om in te pas, want daar is nie ‘n wet wat hulle belet om te rook nie.

2. Tieners eksperimenteer met alkohol omdat dit sosiaal aanvaarbaar en ‘cool’ is.

3. Tieners gebruik ten minste een keer per maand dwelms soos dagga en heroïen.

4. Tieners beoefen van jonksaf seks, soms met meer as een bedmaat en selfs sonder kondome.

5. Tieners pleeg winkeldiefstal om deur hul vriende aanvaar te word.

(72 woorde)

Teks moet nog steeds ongeveer 210 woorde lank wees, wat in 70 woorde opgesom moet word.

Som nou net in 5 punte op. ‘n en die moet getel word. Elke punt/sin tel 2 punte. As die opgesomde sin dus gedeeltelik

korrek is, mag jy 1 punt toeken. Indien al 5 sinne foutloos is, behaal die kandidaat 10 uit 10. Merk dan negatief: maksimum 4 taalfoute van ‘n ½ punt elk (die

kandidaat verloor dus ‘n maksimum van 2 punte vir taal). Dieselfde fout word nie 2 maal gepenaliseer nie, en taalfoute in verkeerde feite word ook nie gepenaliseer nie.

Page 26: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

26

Spelfoute word nie gepenaliseer nie. Minus 1 vir elke direkte aanhaling. Minus 1 as kandidaat nie woordtelling aandui nie. Minus een as daar minder as 60 of meer as 80 woorde is. Penaliseer ook die kandidaat as hy/sy jok oor die aantal woorde. As ‘n feit oor 2 punte strek, kry die kandidaat net 2 punte. (bv. as

punt 3 en 4 van die 5 punte albei oor dieselfde feit handel) As daar 2 feite binne een punt is, kry hulle ook net 2 punte. (hulle

gaan dus geen punte vir een van die volgende sinne kry nie, want dié feit gaan dan verkeerd wees/herhaal word.)

Moedig asb. kandidate aan om ‘n reël tussen sinne oop te laat. Beplanning MOET doodgetrek word. Hulle mag wel ‘n komma of voegwoord gebruik, maar dan moet

daar net gewaak word teen die verbinding van twee feite.

(Vlak 3: Begrip en Vlak 6: Sintese)

AFDELING C: POëSIE

VRAAG 6

6.1 Die spreker het “talle tonge”; in baie verskillende woorde; hy pas sy woordgebruik en gevoelens aan volgens ʼn spesifieke situasie se vereiste. (1)

6.2 talle. (1)

6.3 Dit maak ʼn mens baie seer en beledig jou. (1)

6.4 ʼn Suur tong – “en skend” . (2)

6.5 Positief: Wanneer ʼn mens weet dat stilbly soms beter is. (1)

Negatief: Wanneer ʼn mens stilbly wanneer dit nodig is om te praat, bv. as iemand verkeerdelik beskuldig word of wanneer jy stilbly as jy iemand moed kan inpraat. (1)

6.6.1 Die digter sê persoonlik dat hy baie tale magtig is of baie maniere het om te kommunikeer – dit gaan oor Mathews Phose (1)

Page 27: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

27

6.6.2 Die spreker het baie verskillende tale (en baie verskillende maniere om te kommunikeer: reël 1). (die antwoord moet die teenoorgestelde van die eerste versreël wees: hier tale) (2)

[10]

VRAAG 7: ONVOORBEREIDE GEDIG

7.1 “my” (1)

7.2 Albei het oneweredige versreëllengtesAlbei het strofes van verskillende lengtes /Vryevers vorm sonder ‘n vaste rympatroon (2)

7.3 “Woorde” wil net ʼn goeie mens wees wat bo kulture en grense uitstyg – ʼn goeie mens. (1)“Talle Tonge” : die spreker gee nie om of sy woorde mense seermaak of nie. (1)

7.4 “my woorde is nie ʼn dak/om onder te skuil nieof

“my woorde is kaal.” (1)

7.5.1 Stilte: Talle Tonge: “Genoeg om te swyg”7.5.2 Klank: Woorde: “my woorde kan bloot sing.” (2)

7.6 Albei wil oor grense heen mense se harte bereik of mense saamsnoer: óf d.m.v. taal óf d.m.v. lied. (2)

[8]

VRAAG 8: Bitterbessie dagbreek

8.1.1 verhouding (1)

Page 28: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

28

8.1.2 hartseer / droewig / depressief (1)

8.2.1 ‘n spieël wat breek bring sewe jaar van ongeluk, beklemtoon die ongeluk

‘n spieël breek in duisende stukkies net soos haar kêrel haar hart in duisende stukkies gebreek het

‘n spieël wat breek sny seer, net soos wat haar hart seer en stukkend is

Die refleksie in ‘n gebreekte spieël is verwronge net soos hul liefde nou verwronge is (enige 2) (2)

8.2.2 Dis is die spreker (my) se gewese kêrel / geliefde / man (1)

8.3 Bessies is mooi en rooi en word met liefde geassosieer, maar die bessies laat ‘n bitter / frank smaak in haar mond. (2)

8.4 Beklemtoon hoe die herinneringe aan haar geliefde haar koggel(1)

8.5.1 leed / bedroë (1)

8.5.2 weer (1)

[30]

Vraag 9 TAALKOMMUNIKASIE

9.1 Ek kan nie onthou wat nou met my gebeur nie. √

(vlak 2: kennis)

9.2 Omdat ek nie in die hospitaal beland het nie, was die kliniekpersoneel verbaas. √

(vlak 3: begrip)

9.3.1 Fanie vra of hy/sy dit ook opmerk. √

(vlak 2: kennis)

9.3.2 “Het jy dit ook opgemerk?” √

Page 29: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

29

(vlak 3: begrip)

9.4.1 Spike moet nou vinnig deur my/haar doodgemaak word. √

(vlak 3: begrip)

9.4.2 Nadat die seun ‘n tablet in die meisie se drankie gegooi het, was die drankie toe vol dwelms (gewees). √√

(vlak 3: begrip)

9.4.3 Nee, nog my volgelinge nog simpel tieners hou te veel van my. √

(vlak 2: kennis)

9.5.1 Die meisie se drankie waarin die seun ‘n tablet gooi, is nou vol dwelms. √

(vlak 3: begrip)

9.5.2 ‘n Tablet word deur die seun in die meisie se drankie gegooi. √

(vlak 3: begrip)

9.5.3 Net-nou sal die drankie vol dwelms wees. √(vlak 2: kennis)

9.5.4 Ek hoef jou nie vinnig dood te maak nie. √

(vlak 2: kennis)

9.6.1 As jy dwelms gebruik, sal dit jou doodmaak. √

(vlak 3: begrip)

9.6.2 Waarvan kom ‘n spoedige dood? √

(vlak 2: kennis)

9.6.3 Sy maats sê bejammerend dat hy dood van dwelmsgebruik is. √

(vlak 2: kennis)

9.6.4 Alhoewel dit ‘n jammerte is dat hy dwelms gebruik het, is hy nou dood. √

(vlak 3: begrip)

Page 30: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

30

[16]

Vraag 10

10.1 uitstekende ½

10.2 breë ½

10.3 speelgoed ½

10.4 As gevolg van ½

10.5 verbrokkel ½

10.6 daagliks ½

10.7 meer ½

10.8 lewensgevaarlik ½

10.9 waarskuwinkies ½

10.10kinderspeletjies ½

10.11moeilik ½

10.12leerlinge ½

10.13veertien ½

10.14waarmee ½

10.15waarin ½

10.16skrywer ½

10.17te ½

10.18kool ½

10.19nie ½

10.20sy ½ (20 x ½ = 10)

(almal vlak 2)

Vraag 10 KOMMUNIKASIE

Ek: Konfronteer √

Page 31: Proefeksamen Vraestel 1: 2011 - allegaartjieallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/finale... · Web viewDie leerder is in staat om te lees en te kyk vir begrip, om krities

Afrikaans Eerste Addisionele TaalProefeksamen Vraestel 1: 2011

31

Waarsku √

Hy/Vriend: Reageer √√

(Vlak 5 + 4: Analise en toepassing)

(-1 maksimum vir taalgebruik. Spelfoute word nie gepenaliseer nie. 0 indien opdrag verkeerd geïnterpreteer is.)

[TOTAAL 30]

[GROOTTOTAAL 100]