produksienotas afrikaans twee grade van...
TRANSCRIPT
2
Inverse Films
bied aan
’n
Full Faculty Films Production
Twee Grade van Moord in samewerking met
Waterfront Film Studios en die Departement van Handel en Nywerheid (dhn)
SANDRA PRINSLOO MARIUS WEYERS
SHALEEN SURTIE-‐RICHARDS HILDA CRONJÉ KIM CLOETE
ROELOF STORM KEENAN ARRISON
Regisseur
GERRIT SCHOONHOVEN
Vervaardiger BARRY STRICK
Skrywer
ANITA LE ROUX
Regisseur van Fotografie TREVOR A BROWN
Redigeerder
RONELLE LOOTS
Komponis CORNELL BOSHOFF
Kunsregisseur JACKIE LOTZ
Lynvervaardiger
NATALIE RADEMEYER
3
Sinopsis
Twee vroue en twee moorde. Die een is manslag wat ’n weerspieëling is van die uiterste vorm van selfgesentreerdheid; die ander een is die onselfsugtigste handeling van alle handelinge. Aleksa Cloete, ’n bekende Kaapstadse sielkundige, en haar pasiënt, Tanya Basson, gaan uitvind wat die verskil tussen die twee is – ongeag wat die wet daaroor sê.
Aleksa Cloete (Sandra Prinsloo), ’n bekende Kaapstadse sielkundige, het ’n blitsverkoper met die naam Love Doesn’t Hurt, geskryf, maar ten spyte van ’n lang en gelukkige huwelik met ’n toegewyde eggenoot, Ben (gespeel deur Marius Weyers), is haar begrip van die liefde volkome intellektueel. Hulle enigste kind, Christiaan (gespeel deur Roelof Storm) moes tydens sy grootword jare staatmaak op sy “tweede ma”, die gesin se getroue huishoudster Fy Abrahams (gespeel deur Shaleen Surtie-‐Richards) vir enige broodnodige versorging of vertroeteling. As gevolg hiervan tree Christiaan soms openlik antagonisties teenoor Aleksa op.
Ten spyte van Aleksa se persoonlike tekortkominge word ’n werklikheidstyl-‐dokumentêre rolprent gemaak oor haar deurbraak terapeutiese werk met vroue wat pyn met liefde verwar – en een van haar pasiënte, Tanya Basson (Hilda Cronjé), het ingestem dat haar lewe as ’n gevallestudie in die dokumentêre prent gebruik word. Tanya is in ’n verhouding met ’n would-‐be gospel-‐musiekster, ’n huigelaar wat sy “wedergeboorte”-‐status gebruik om sy gedrag teenoor haar, gedrag wat aan mishandeling grens, te regverdig.
Een Vrydagaand, nadat Ben en Aleksa ’n heerlike aand saam deurgebring het, kry Ben onverwags ’n hartaanval. Hoewel hy dit oorleef , is die gevolge daarvan vir hom erger as die dood omdat hy van sy nek af ondertoe verlam is.
Aleksa begin dadelik om haar verantwoordelikhede af te skaal sodat sy Ben kan versorg en sy hou haar doof vir sy pleidooie dat sy met haar lewe as openbare figuur moet voortgaan. Sy gee aan die vervaardiger van die dokumentêre fliek (Frankie Pietersen) toestemming om die situasie met Ben in die prent te gebruik, hoofsaaklik omdat sy hoop dat die verfilming dan vinniger afgehandel sal wees. Die feit dat Christiaan onverwags haar besluit goedkeur, oortuig Aleksa daarvan dat sy die regte ding doen.
En nie lank daarna nie daag Tanya by Aleksa se huis op met die nuus dat sy haar vriend tydens ’n onstuimige bakleiery doodgemaak het. Tanya word van moord aangekla waarna ’n uitgerekte regsproses begin. Aleksa besef dat sy Tanya se emosionele gemoedstoestand heeltemal onderskat het. Ben het intussen ’n belangrike besluit geneem wat beteken dat hy hulp nodig gaan hê om sy lewe te beëindig.
Namate die storie ontwikkel, word Aleksa gedwing om haar integriteit te bevraagteken en haar onvermoë om werklike opofferings te maak vir die mense waarvoor sy omgee, in die oë te kyk. Einde ten laaste word sy met die vraag, “wat sou liefde nou gedoen het?”, gekonfronteer.
Sandra Prinsloo en Marius Weyers is albei ervare, hoogs gerespekteerde akteurs en huishoudelike name in Suid-‐Afrika. Hulle het nog net in vier rolprente saam gespeel, onder andere die internasionaal bekende The Gods Must Be Crazy (1981), maar hulle het in 1989 laas teenoor mekaar in ’n rolprent opgetree – wat beteken dat Twee Grade van Moord ’n kinematiese reünie vir hulle albei en ’n mylpaal in Suid-‐Afrika se rolprentgeskiedenis is.
Biografieë – rolverdeling
4
Sandra Prinsloo – Aleksa
Sandra se verhoog-‐ en rolprentloopbaan strek oor ’n tydperk van 30 jaar. Gedurende hierdie tyd het sy heelwat vroulike hoofrolle gespeel in toneelstukke deur van die bekendste internasionale dramaturge en Suid-‐Afrikaanse toneelskrywers – tot nou toe was sy in meer as ’n honderd verskillende produksies, agt rolprente en verskeie televisieproduksies. Sy het ook in ander lande, wat Engeland, Frankryk, Duitsland en die Verenigde State van Amerika insluit, ’n reputasie as ’n uitnemende aktrise verwerf. Barry Ronge, Sunday Times se resensent, het nadat hy vir Sandra in Koffer in die Kas by die Stadskouburg gesien het, die volgende oor haar spel geskryf: In Japan word kunstenaars as “nasionale skatte” verklaar wanneer hulle invloed en waarde ’n hoogtepunt bereik – ’n eer wat Sandra Prinsloo lankal te beurt moes geval het. Die tydskrif, De Kat, het Sandra as een van die 100 invloedrykste mense in Suid-‐Afrika benoem. Sandra het tans haar eie televisiegeselsprogram op kykNET, waar sy onderhoude met bekende Suid-‐Afrikaners voer. Haar lys van eerbetone is indrukwekkend: sy wen sewe MNet-‐ en Vita-‐toekennings, word as die gewildste aktrise in Suid-‐Afrika aangewys, wen ses Computicket-‐toekennings vir haar toneelwerk en ’n toekenning van die Akademie vir Wetenskap en Kuns vir haar lewenslange bydrae tot die teater in Suid-‐Afrika.
Marius Weyers – Ben
Marius Weyers is sonder enige twyfel Suid-‐Afrika se bekendste en mees geliefde manlike hoofrolspeler. Sy uitsonderlike optredes op die verhoog en skerm het hom gewild gemaak by nasionale sowel as internasionale gehore en resensente. Marius was al in meer as 35 vollengteprente en 100 teaterproduksies. Sy rolprente sluit Warner Bros se Blood Diamond (Edward Zwick), Catch a Fire (Phillip Noyce), Red Dust, Stander en seker die Suid-‐Afrikaanse prent waarvoor hy die bekendste is, Katinka Heyns se film Paljas, in. Hy het verskeie toekennings en eerbetone gewen en is ook ’n ontvanger van ’n erepenning van die Suid-‐Afrikaanse Akademie van Wetenskap en Kuns vir sy bydrae tot die teater.
Shaleen Surtie-‐Richards – Fy
Suid-‐Afrika het behoorlik kennis geneem van Shaleen nadat sy die titelrol in die 1988-‐vollengteprent, Fiela se Kind, gespeel het en later het sy as Ester (Nenna) Willemse in die M-‐Net-‐sepie, Egoli: Place of Gold, kykers se harte gesteel. Sy was op ’n gereelde basis in twee ander Suid-‐Afrikaanse sepies, Generations (2001-‐2004) en 7de Laan (2002) te sien en is sedert die aanvang van die werklikheidstelevisiereeks, Supersterre, in 2006, een van die beoordelaars. Sy het ook in die Suid-‐Afrikaanse prent, Nag van die 19de (1992) gespeel en was die burgemeester in Leon Schuster se Mama Jack (2005). Shaleen wat in Upington gebore is, was ’n onderwyseres voordat sy in 1984 ’n professionele aktrise geword het. Vandag is sy ’n bekende verhoog-‐, televisie-‐ en rolprentaktrise.
5
Haar verhoogwerk die afgelope 30 jaar sluit produksies van ’n paar van die land se toonaangewendste regisseurs in. Buiten dat sy al op al die groot verhoë in Suid-‐Afrika was, het sy ook in verhoogproduksies in Londen en die Edinburgse en Grahamstadse feeste, opgetree. Hilda Cronjé – Tanya Hilda het op ’n plaas in Natal grootgeword en het van kleins af ’n groot liefde vir die kunste gehad. Sy gaan studeer drama, musiekteater en verskillende vorme van dans by die Waterfront-‐teaterskool en gradueer met ’n driedubbele honneurs in 2006. Sy is nie net ’n gekwalifiseerde onderwyser, akteur en verhoogbestuurder nie, maar ook ’n skrywer. Haar professionele loopbaan begin as ’n nasionale korporatiewe opleier vir ’n onder-‐die-‐lyn-‐bemarkingsmaatskappy in Johannesburg, maar sy was ook betrokke by kinderteater, drama’s, industriële teater en korporatiewe teater en het sy regdeur die land asook in Brasilië opgetree . Sy was al op die verhoë van die stadskouburge van Johannesburg en Brasilië te sien en het ook saam met Luke Ellenbogen, Charles Fourie, Bongile Mantsa, Thoko Ntshinga, Nelisiwe Xaba en Tandiwe Nofirst Lungisa gewerk. Sy speel die titelrol in Mies Julie, ’n aanpassing van Strindberg se oorspronklike stuk, Miss Julie, wat deur die plaaslike skrywer-‐regisseur Yael Farber vir die Baxter-‐teater verwerk is en in 2001 speel Hilda ’n rol in die televisie-‐dokkie, Infested! Kim Cloete – Frankie Pietersen Kim Cloete het in 2001 haar eerste pos as aanbieder by E-‐TV se Craz-‐e losgeslaan, waarna sy haar status as topaanbieder stewig gevestig het toe sy as ’n mede-‐aanbieder op die musiekprogram DKNT vir kykNET gewerk het. Sy maak haar verhoogdebuut in 2007 toe sy Prinses Tiger Lily in die pantomime Peter Pan in die Johannesburgse Stadskouburg gespeel het en word vir ’n Naledi-‐toekenning genomineer vir haar spel in die Mike van Graan-‐verhoogstuk, Brothers in Blood, wat in die Markteater opgevoer is. Terwyl haar loopbaan as aanbieder en verhoogaktrise gefloreer het, het Kim se televisie-‐ en rolprentloopbaan momentum gekry en was sy onder meer in Jacob’s Cross, 7de Laan, Wild at Heart for BBC en Isidingo te sien. Sy is die mede-‐eienaar van Long Island TV Production, wat sy en haar eksman, Rowan Cloete, saam begin het. Keenan Arrison – Ra’ed Shad Keenan Arrison het mense van hom laat kennis neem nadat hy die manlike hoofrol in die vollengteprent, Shirley Adams, met Oliver Hermanus as die regisseur, gespeel het. Hy was ook die medeskrywer van die Cannes-‐genomineerde kortfilm, Ongeriewe, waarin hy ’n rol gehad het. Dié akteur, sanger en voordragkunstenaar wat reeds tien suksesvolle jare in die bedryf agter die blad het, het ’n BA (cum laude) in Lewende Opvoerings en Rolprente van AFDA in Kaapstad verwerf en het ’n nasionale ster geword vir sy vertolking van Ashwin op MNet se gewilde reeks, The Wild. Keenan het ook lof ontvang vir sy rol in Tim Green se Skeem en meer onlangs het hy in ’n hele paar internasionale reekse sy verskyning gemaak – as Alfonso/Ario in SAF3, Taj in BBC1 se Our Girl en Brother Paul in die Amerikaanse wetenskapfiksiereeks, Dominion.
6
Biografieë – filmspan
Regisseur – Gerrit Schoonhoven
Toe Gerrit jonk was, wou hy ’n predikant word, maar nadat hy besef het dat hy nie goed op ’n preekstoel sal aard nie, het hy begin toneelspeel. Om net verhoogregie te doen, het nie sy aandag lank gehou nie, hoewel hy op die verhoog sy talent om ander mense te inspireer, ontdek het. Schoonhoven het daarna begin om televisiereekse te regisseer. Die lys van prente wat hy geregisseer het, sluit Heartland (2011) deur Deon Opperman in, waarin bekendes soos Marius Weyers, Sandra Prinsloo, Brumilda van Rensburg en Jan Scholtz gespeel het. Vanaf 2005 tot 2012 behartig hy die regie van Binnelanders, ’n bekroonde televisiedramareeks wat lank reeds vertoon word en deur Stark Films vervaardig word. In 2006 is hy die regisseur van Orion, ’n Afrikaanse misdaadreeks (10 episodes) wat op die gelyknamige roman van Deon Meyer gegrond is, deur Jungle Media Film and Television vervaardig en deur Ronelle Loots geredigeer is. Van sy ander televisiekrediete sluit Meeulanders, Plek van die Vleisvreters, Soutmansland en Isidingo in.
Vervaardiger Barry Strick
Barry Strick het in 1992 as ’n produksie-‐assistent in die bedryf begin werk, homself opgewerk deur die range tot ’n produksiebestuurder en hy werk tans aan ’n opvoedkundige reeks vir televisie. Barry se na-‐produksieloopbaan het in 1996 in Johannesburg by Video Lab as die naproduksie-‐koördineerder begin. Hy doen aanvanklik videowerk maar verruil dit gou vir 35 mm vollengteprente en uiteindelik staan hy aan die hoof van Sasani Film (Sasani se rolprent-‐ en langformaatspesialisafdeling). Barry was ook die hoof van na-‐produksie vir Waterfront Studios, die bekendste na-‐produksiefasiliteit in Kaapstad. Sedert hy in 2001 na Kaapstad verhuis het, hou Barry toesig oor plaaslike sowel as internasionale vollengteprente en televisiereekse se na-‐produksie, insluitend die onlangse Wallander (Kenneth Branagh/Left Bank Pictures/BBC), Master Harold and the Boys (Spier Films), Black Butterflies (Comet/Spier Films), Nothing but the Truth (John Kani) en Cruise Ship Diaries (National Geographic). Hy was ook verantwoordelik om die snellers (rushes) vir internasionale produksies soos Lost Boys: The Thirst (Warner Premiere), Outcasts (Kudos/BBC), Atlantis (BBC) en The Philanthropist (NBC-‐Universal) te fasiliteer en in totaal het Barry nou reeds aan meer as 150 rolprente gewerk. Sy vaardighede sluit ’n buitengewone vermoë in om projekte te kan bestuur, en omvattende begrip van begrotings en skedulering. Hy het uitstekende interpersoonlike verhoudings en kan ’n uiteenlopende groep mense en persoonlikhede bestuur én goed saam met hulle werk, terwyl hy terselfdertyd praktiese en finansiële reëlings ten opsigte van kreatiewe vereistes kan balanseer.
Skrywer – Anita le Roux
Twee Grade van Moord is Anita se eerste draaiboek vir ’n vollengteprent. Sy het die afgelope 20 jaar verskeie dramareekse vir televisie, dokumentêre en opvoedkundige programme, tydskrifprogramme en musiekvideos vervaardig – asook advertensies en korporatiewe programme. Sy was ook die spookskrywer van die boeke Look Me in the Eye en Genees Jou Trauma saam met dr Tessa van Wijk (Hemel-‐en-‐See Uitgewers).
7
Anita se agtergrond as ’n televisievervaardiger het haar gehelp om die praktiese implikasies om ’n rolprent te verfilm deurentyd in ag te neem, sonder om in te boet op die kreatiewe integriteit van die prent. Haar krediete as vervaardiger sluit die volgende in: die televisiereeks Daisy [de Melker] (4 dele), Go For It (13 dele), The Final Whistle (13 dele), Honeytown (26 dele) en If This Be Treason (2 dele).
Regisseur van Fotografie – Trevor A Brown
Trevor het die verfilming van ’n hele paar rolprente op sy kerfstok, soos Die Spook van Uniondale (Pierre Smith), Little One (Darrell Roodt), Mad Buddies (Gray Hofmeyr), A Million Colours (Peter Bishai – SAFTA Golden Horn-‐toekenning) en Fining Lenny. Hy het ook al plaaslike en internasionale televisiereekse soos Charlie Jade, Wild at Heart, Silent Witness en Erfsondes verfilm.
Redigeerder – Ronelle Loots
Ronelle Loots het ’n lang en suksesvolle geskiedenis in filmografie en het aan meer as 30 rolprente, ’n groot verskeidenheid dokumentêre prente en ’n aantal kortfilms en dramareekse gewerk. uCarmen eKhayalitsha wat deur Mark Dornford-‐May geregisseer is, het in 2005 die Golden Bear-‐toekenning in Berlyn gewen en sy het meer onlangs die SAFTA Golden Horn-‐toekenning vir haar redigeerwerk aan Faith like Potatoes (2006) en The World Unseen (2008) gewen. Van haar ander rolprentkrediete sluit in: Master Harold and the Boys (2009) met die regie deur Lonny Price, Forgiveness (2003 van Ian Gabriel), A Boy Called Twist (2003) van Tim Greene, Promised Land (2001) wat die South African Guild of Editors Award/Burkina Faso International Award wen, Critical Assignment (2002) – laasgenoemde twee prente is albei deur Jason Xenopolous geregisseer – Paljas, waarvoor sy die 1996 SAFTA-‐toekenning as beste redigeerder wen en Die Verhaal van Klara Viljee met Katinka Heyns as regisseur. Sy het ook die regie van dokumentêre prente in samewerking met die digter Antje Krog vir The Unfolding of Sky gedoen, wat na afloop van die Waarheids-‐ en Versoeningskommissie in Suid-‐Afrika sekere kwessies ondersoek het. Narrative of Betrayal, wat verskeie toekennings by die Menseregtefees gewen het, kyk weer na kwessies rakende demokrasie en die burgerlike samelewing in oorlogsgeteisterde Angola. En Ochre and Water, ’n dokumentêre prent wat sy saam met Craig Matthew regisseer het, het aan haar verskeie redigerings-‐ en klankontwerp-‐toekennings besorg.
8
Krediete
Aleksa Sandra Prinsloo Ben Marius Weyers Fy Shaleen Surtie-‐Richards
Tanya Hilda Cronjé Frankie Kim Cloete
Christiaan Roelof Storm Ra'ed Keenan Arrison
HOOFTITEL Twee Grade van Moord produksie-‐ontwerp Jackie Lotz kostuumontwerp Rochelle Sissing
oorspronklike musiek Cornell Boshoff redigering Ronelle Loots S.A.G.E. fotografie Trevor A. Brown S.A.S.C. draaiboek Anita le Roux
vervaardig deur Barry Strick regisseur Gerrit Schoonhoven
Rolverdeling in volgorde van verskyning
Aleksa Cloete Sandra Prinsloo Ben Cloete Marius Weyers
Christiaan Cloete Roelof Storm Ra'ed Shad Keenan Arrison
Tanya Basson Hilda Cronjé Sean Laudo Liebenberg
Fy Abrahams Shaleen Surtie-‐Richards Frankie Pietersen Kim Cloete Radio-‐omroeper Louw Venter
Solly John Koopman Ben se dokter André Roothman
ICU-‐verpleegster Tamarin Du Toit Jenny Lynelle Kenned Kari Martelize Brink
Paramedikus Carin Bester Paramedikus Theuns Smith Ouer dokter Chris Van Niekerk Verpleegster 1 Ira Blanckenberg Verpleegster 2 Celeste Matthews
Tanya se aanklaer Marcel Van Heerden Verpleegster 3 Lara Engelbrecht
Hospitaalbestuurder Denise Newman Hospitaalonvangsdame Fazlin Moosa
Veearts Tertius Meintjes Tanya se regter Johan Esterhuizen Man in bed Juan le Roux
9
Lekeprediker Gerrit Schoonhoven TV-‐verslaggewer Gideon Lombard Aleksa se aanklaer Hanli Rolfes Aleksa se prokureur Gerhardus Boonzaaier
Hofbeampte Pieter Van Zyl Tronkbewaarder Riana Alfreds Gevangenis 1 Vrishni Pillay Gevangenis 2 Rochelle Sissing Gevangenis 3 Lize Snyman
Dot Cloete Dot Jennings
Uitvoerende vervaardigers Jan du Plessis Karen Meiring Anneke Villet Ivan Bridgens Steve Harris Anita le Roux Sandra Prinsloo
Produksiebestuurders Natalie Rademeyer Irfaan Fredericks
1ste Assistentregisseur Jonathan Petersen Kontinuïteit Tamarin du Toit
Teksredigeerder Karima Effendi
Produksierekenmeester Edward Kruger Na-‐produksierekenmeester Michele Bailie
Produksiekoördineerder Lara Engelbrecht Produksie-‐assistent Andrew Germishuys Produksie-‐assistent Anele Mfamane Produksieleerling Madeleine du Toit
2de Assistentregisseur Sandile Ntobela 3de Assistentregisseur Theuns Smith
Addisionele assistentregisseur Jaco Smit
1ste Kamera-‐operateur Khalied Manuel 2de Kamera-‐operateur Juan Le Roux
Digitale tegnikus Jonathon Joubert
Hooftakelaar Elrick Davids Assistent Alfré Theron Helper Vincenzo Vanacore
Beligtingstegnikus Mark Rabe
10
Assistent Mzingisi Nhinhi Helper Sabelo Jaza
Klankmenger Conrad Kühne
Klankhengelman Peter Lievaart
Stelinkleding Janco Peyper Stelinkledingsassistent Sebastian Esongo Rekwisietemeester Lize Snyman Bystandrekwisiete Junior Esongo Dierehanteerder Nicole Jennings
Kostuumontwerper Rochelle Sissing
Kostuumontwerpersassistent Nico Nigrini Garderobe-‐assistent Vrishni Pillay Garderobe-‐assistent Jeanne van Pletzen
Haarstilis en grimeerder Nikkila Mann
Assistent Carmen Life
Eenheidsbestuurder Moosa Vallie Stelassistent Iegsaan Isaacs
Eenheidsassistent Paul Solomons Sekuriteit Nafiz Modack
Spyseniering Lynne Matthysen Spanleier Leonard Muguto
Na-‐produksietoesighouer Barry Strick Assistentredigeerder Aldine Bronkhorst
Kleurgradeerder & digitale redigeerder Kyle Stroebel Visuele-‐effektekunstenaar Claire Heginbotham
Digitale tegnikus Ruan Swart
Finale klankvermenging Barry Donnelly Klankredigeerders Phillip Olkers
Desiree Hulley Foley-‐kunstenaar Michael Broomberg Musiekvermenging Simon Ratcliffe Musiekproduksie Pressure Cooker Studios
James Matthes
Stilfotografie Jenny Rood Ekstra spelers se rolverdeling The 39 Steps Casting
Opleidingspan F.I.L.M.
Seton Bailey Garderobe-‐leerling Portia Mavityo Beligtingsleerling Moses Makateng
11
PA-‐leerling op stel Ndyebo Sibam Eenheidsassistentleerling Vusumzi Hlulani
Versekering CGM Insurance Brokers
Liz McCleod Voltooiingswaarborg Hollard Film Guarantors
Paul Raleigh Carol Kruger
Regsdienste Fairbridges Attorneys Andrew Hewitt Louis Rood
Ouditeursdienste L. Rubin & Co.
Toerusting verskaf deur Media Film Services Cader Khan Sean Simms
Addisionele toerusting The Camera Station Neil White Ryan Cyster
Kragopwekker verskaf deur Neptune Plant Hire
Na-‐produksiefasiliteit Waterfront Film Studios Fasiliteitsbestuurder Ryan van der Bank
Fasiliteitskoördineerders Jessie White Peta Synnot-‐Marzetti
Fasiliteitsingenieur Gareth Havard
Verspreiding Indigenous Film Distribution Helen Kuun Jana Erasmus Cenetta Wagner David Mpangase
Die vervaardigers en die regisseur bedank graag die volgende mense of instansies:
Waterfront Film Studios Ivan Bridgens Steve Harris Susan Harris SAMCAP Tebogo Maila Life Health Care Group Japie du Toit Susan Scholtz Alta Dorse Fazlin Moosa Vuyani Velahpi Mercia Opperman Stad Kaapstad Patricia de Lille Burgemeester se kantoor Pierrinne Leukes
12
Film Office Xolile Dake 44 Wale Street Mr Hanslo Sandown Lodge Vanessa & Peter Wium African Elite Properties Debbie Verploegh Kelvin Grove Club Alexandra Wilson Figjam Belinda Kruger Artists One Karen Tallie APM Susan Rabe Samantha Bernhardi Clare Anderson ERM Suzi Howes Thespians Marius Meyer Leads Jacques le Roux AVBOB Kaapstad Brent & Rolette Samuels P.D.S.A. Bridgetown Epilepsie S.A. Lansdowne AXIOS School of Skills, Faure Spesiale dank aan Lew Rood Elise Waldeck Amelia Henning Margy Cloete Abraham le Roux Estelle Raymond Alexa Strachan Frank Raymond Rudi van As Ilse van Heemert Meryl Schutte Mitzi Booysen Evette Weyers Toekie Oberholzer "The Best Things in Life Come Free"
"I Love You"
by Jennifer Ferguson Gebruik met die vriendelike vergunning van Riku Lätti
Etiket: Shift Music via Sheer Publishing
Geskryf, gekomponeer, vervaardig en
Komponis: Jennifer Ferguson
opgevoer deur: Riku Lätti
Uitgewer: Jennifer Ferguson via Sheer Publishing
"Gone" Gebruik met die vriendelike
13
vergunning van Language 12 Opgevoer deur: Marcus Wyatt &
Language 12, met Siya Makuzeni
Komponiste: Marcus Wyatt en Siya Makuzeni
Uitgewer: Language 12
Vervaardig met behulp van die Departement van Handel en
Nywerheid Suid Afrika, wat geen verantwoordelikheid vir die inhoud neem
nie en dit nie noodwendig ondersteun nie. Ter nagedagtenis aan Gary van Wyk
1948-‐2014
Inverse Films & Full Faculty Films ondersteun Streetsmart SA -‐ Helping Street Children
14
Alle regte word voorbehou. Enige ongemagtigde vertoning, verspreiding of duplisering van hierdie
program of enige deel daarvan (insluitend die klankbaan) is 'n oortreding van die
relevante outeursreg en stel die oortreder bloot aan ernstige siviele en kriminele vervolging.
Die storie, alle name, karakters en gebeure wat in hierdie
produksie uitgebeeld is, is denkbeeldig. Enige ooreenkomste met bestaande persone,
geboue en/of produkte is bloot toevallig. Geen kinders of diere is tydens die verfilming beseer of
mishandel nie. © Kopiereg Full Faculty Films (Edms) Bpk MMXV Alle regte voorbehou.