preek en groepe-reeks sondag, 6 maart 2016, 10:15,...

2
Sondag 21 Februarie 08:30 Ons nooi almal na Lynnwoodrif se 41ste verjaardag! Ons nooi spesiaal al die kinders om heerlik saam te kom partytjie hou! By hierdie geleentheid gaan ons weer ons gemeente en sy leraars aan die Here toewy. Ons gaan ook Dr. Jorrie en Ds. Janet se verjaardae vier. Dit sal ‘n Familiediens wees, met geen Josua Kids die oggend nie, maar daar sal wel Tieneromgeegroepe die aand wees. Aangebied deur die Seniorklub Donderdag, 25 Februarie Kom deel in die stories en wonderlike musiek van die bekende akteur, Phillip Moolman. Gratis vir lede, R30 vir nie-lede 10:00, Kuierlokaal Bespreek by die Kerkkantoor nie later as 23 Februarie. Preek en Groepe-Reeks Die eerste reeks in 2016 begin op Sondag 28 Februarie met die tema, 'Wie is God die Vader?' Die reeks word voortgesit met “Wie is God die Seun?” (6 Maart) en “Wie is God die Heilige Gees” wat op 13 Maart afsluit. Ons is baie opgewonde oor die inhoud van die reeks, wat eersdaags beskikbaar gemaak sal word. 4 & 5 Maart, Hoofruim Mans en vroue sluit wêreldwyd by gebedsaksies aan om te bid vir ons land, regering en wêreldsake. Vroue: Vrydag 4 Maart, Hoofruim, 15:00 (nie meer by Protea Aftree-oord nie) Mans: Saterdag 5 Maart, Hoofruim, 07:00 Meer besonderhede oor die dag volg binnekort. Vrydag, 4 Maart, 17:30 OppiRif Enkelouers skop af met ‘n lekker bring en braai. ’n Springkasteel vir kinders en ’n sokkie vir tieners. Ons beplan ook om saam met Singles Sonder Mure te gaan kamp in Maart. Ontmoet Hano Bothma onder die bome vir meer inligting. Sondag, 6 Maart 2016, 10:15, Kuierlokaal Alle nuwe ingeskrewe lidmate sedert Oktober 2015 word hartlik uitgenooi na die eerste Verwelkomingsfunksie van 2016. Inligting rondom gemeentesake & - aktiwiteite, asook diensgeleenthede word gedeel. Kom kuier gesellig saam met die leraars, bedieningslede en ander nuwe lidmate. Bespreek by [email protected] voor Dinsdag 1 Maart twv voorbereidings. Maandag, 7 Maart 18:3019:30, Kuierlokaal Ons nooi alle leiers van Dissipelgroepe, Omgeegroepe, die Gebedsbediening en Bybelstudiegroepe om die aand by te woon. Pa-Seundag, Saterdag, 12 Maart, 06:30 Aangebied in samewerking met Mission4HIV en die Mannebediening. Ons nooi alle pa’s en seuns om die oggend Faerie Glen koppie te kom klim. Meer inligting oor hierdie avontuur-oggend volg binnekort. R40 p.p. sluit ontbytpakkie en toegang in. Barmhartigheidsbediening wil graag kinders ondersteun wat nie skryfbehoeftes het nie. Skenk asseblief enige ongebruikte of ou skryfbehoeftes (kort- of langpotlode, kryte, skêre, verf, uitveërs of meer) om onder behoeftige kinders te versprei. Plaas dit asb. in die houers by die kerkdeure of bring na die kerkkantoor. Kontak Annamarie by 082 465 1168 of [email protected] Die NG Gemeente Lynnwoodrif het tans ‘n vakature vir bogenoemde pos. Van die suksesvolle kandidaat word verwag om die totale finansiële stelsel van die gemeente vanaf brondokumente tot finale state te bedryf en te bestuur. Rig ‘n boodskap aan Johan Scheepers by [email protected] of skakel hom by 012-3485135 of 082 654 5572 gedurende kantoorure om volledige vereistes aangaande die pos te ontvang. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 Februarie 2016. Diensgeleentheid by Getuienis Dagbestuur Getuienisbediening is steeds dringend op soek na 4 vrywilligers met ‘n passie vir sending. Die lede se verantwoor- delikhede sluit die bywoon van vergaderings in en om verantwoordelikheid vir ‘n sendeling/e te neem. Sendelinge wat tans sulke persone benodig is: Stefan en Hensie van der Merwe, Jacques en Juliette Mbiya, Fanie Richter en Gabriel Gaston. Rig alle navrae aan Annelize by die Bedieningskantoor by 012 348 5135 of [email protected] Ons plaas heelwat inligting op “Kom-na- My Toe Lynnwoodrif” op Facebook. Gaan “Like” ons bladsy om op hoogte te bly. 27-28 Februarie Ons gaan heerlik by Mopani Lodge bly. Met pret en speletjies en heerlike saamkuier, rondom die kampvuur en stil word by die Here. R 250 Vertrek Saterdag 08:00 en is weer Sondag 14:00 terug. Bespreek teen Dinsdag 23 Februarie by [email protected]

Upload: others

Post on 13-Jan-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Preek en Groepe-Reeks Sondag, 6 Maart 2016, 10:15, Kuierlokaallynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/14FEb_finaal.pdfonder die bome vir meer inligting. Sondag, 6 Maart 2016, 10:15,

Sondag 21 Februarie 08:30 Ons nooi almal na Lynnwoodrif se 41ste verjaardag! Ons nooi spesiaal al die kinders om heerlik saam te kom partytjie hou! By hierdie geleentheid gaan ons weer ons gemeente en sy leraars aan die Here toewy. Ons gaan ook Dr. Jorrie en Ds. Janet se verjaardae vier.

Dit sal ‘n Familiediens wees, met geen Josua Kids die oggend nie, maar daar sal wel Tieneromgeegroepe die aand wees.

Aangebied deur die Seniorklub Donderdag, 25 Februarie

Kom deel in die stories en wonderlike musiek van die bekende akteur, Phillip Moolman.

Gratis vir lede, R30 vir nie-lede 10:00, Kuierlokaal Bespreek by die Kerkkantoor nie later as 23 Februarie.

Preek en Groepe-Reeks Die eerste reeks in 2016 begin op Sondag 28 Februarie met die tema, 'Wie is God die Vader?' Die reeks word voortgesit met “Wie is God die Seun?” (6 Maart) en “Wie is God die Heilige Gees” wat op 13 Maart afsluit. Ons is baie opgewonde oor die inhoud van die reeks, wat eersdaags beskikbaar gemaak sal word.

4 & 5 Maart, Hoofruim Mans en vroue sluit wêreldwyd by gebedsaksies aan om te bid vir ons land, regering en wêreldsake.

Vroue: Vrydag 4 Maart, Hoofruim, 15:00 (nie meer by Protea Aftree-oord nie)

Mans: Saterdag 5 Maart, Hoofruim, 07:00

Meer besonderhede oor die dag volg binnekort.

Vrydag, 4 Maart, 17:30 OppiRif Enkelouers skop af met ‘n lekker bring en braai. ’n Springkasteel vir kinders en ’n sokkie vir tieners. Ons beplan ook om saam met Singles Sonder Mure te gaan kamp in Maart. Ontmoet Hano Bothma onder die bome vir meer inligting.

Sondag, 6 Maart 2016, 10:15, Kuierlokaal Alle nuwe ingeskrewe lidmate sedert Oktober 2015 word hartlik uitgenooi na die eerste Verwelkomingsfunksie van 2016. Inligting rondom gemeentesake & -aktiwiteite, asook diensgeleenthede word gedeel. Kom kuier gesellig saam met die leraars, bedieningslede en ander nuwe l i d m a t e . B e s p r e e k b y [email protected] voor Dinsdag 1 Maart twv voorbereidings.

Maandag, 7 Maart 18:30—19:30, Kuierlokaal

Ons nooi alle leiers van Dissipelgroepe, Omgeegroepe, die Gebedsbediening en Bybelstudiegroepe om die aand by te woon.

Pa-Seundag, Saterdag, 12 Maart, 06:30 Aangebied in samewerking met Mission4HIV en die Mannebediening. Ons nooi alle pa’s en seuns om die oggend Faerie Glen koppie te kom klim. Meer inligting oor hierdie avontuur-oggend volg binnekort.

R40 p.p. sluit ontbytpakkie en toegang in.

Barmhartigheidsbediening wil graag kinders ondersteun wat nie skryfbehoeftes het nie.

Skenk asseblief enige onge br uikte of ou

skryfbehoeftes (kort- of langpotlode, kryte, skêre, verf, uitveërs of meer) om onder behoeftige kinders te versprei. Plaas dit asb. in die houers by die kerkdeure of bring na die kerkkantoor.

Kontak Annamarie by 082 465 1168 of [email protected]

Die NG Gemeente Lynnwoodrif het tans ‘n vakature vir bogenoemde pos. Van die suksesvolle kandidaat word verwag om die totale finansiële stelsel van die gemeente vanaf brondokumente tot finale state te bedryf en te bestuur.

Rig ‘n boodskap aan Johan Scheepers by [email protected] of skakel hom by 012-3485135 of 082 654 5572 gedurende kantoorure om volledige vereistes aangaande die pos te ontvang.

Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 Februarie 2016.

Diensgeleentheid by Getuienis Dagbestuur Getuienisbediening is steeds dringend op soek na 4 vrywilligers met ‘n passie vir sending. Die lede se verantwoor-delikhede sluit die bywoon van v e r g a d e r i n g s i n e n o m verantwoordelikheid vir ‘n sendeling/e te neem. Sendelinge wat tans sulke persone benodig is: Stefan en Hensie van der Merwe, Jacques en Juliette Mbiya, Fanie Richter en Gabriel Gaston.

Rig alle navrae aan Annelize by die Bedieningskantoor by 012 348 5135 of [email protected]

Ons plaas heelwat inligting op “Kom-na-My Toe Lynnwoodrif” op Facebook. Gaan “Like” ons bladsy om op hoogte te bly.

27-28 Februarie Ons gaan heerlik by Mopani Lodge bly. Met pret en speletjies en heerlike saamkuier, rondom die kampvuur en stil word by die Here.

R 250 Vertrek Saterdag 08:00 en is weer Sondag 14:00 terug. Bespreek teen Dinsdag 23 Februarie by [email protected]

Page 2: Preek en Groepe-Reeks Sondag, 6 Maart 2016, 10:15, Kuierlokaallynnwoodrif.co.za/wp-content/uploads/14FEb_finaal.pdfonder die bome vir meer inligting. Sondag, 6 Maart 2016, 10:15,

Vandag se Eredienste 08:30 Familiediens (Gebedsondag en lofprysing) 09:30 Josua Kids groepe 17:30 Aanddiens 18:30 Tieneromgeegroepe

Dr. Francois Carr (Dr. Chris anker) Dr. Francois Carr (Dr. Chris anker)

Dit is heerlik om jou vandag hier te verwelkom, al is jy net 'n kuiergas of dalk opsoek na 'n nuwe geestelike tuiste.

Kontak die kantoor en sluit gerus by ons gemeente aan. Ons wil jou graag meer van Lynnwoodrif vertel en jou help om in die geloofs-gemeenskap in te skakel.

Wat om te verwag Daar is normaalweg 3 erediensstyle wat kinders, tieners en volwassenes kan geniet en groei in geloof.

Dieperdelfdiens - Hoofruim, 08:30

Gesinsdiens - Ouditorium, 08:30

Aanddiens vir o.a. tieners, studente en jongmense - Ouditorium, 17:30

Tydens vakansies en spesiale feesgeleenthede is daar net een Familiediens in die Hoofruim.

Besoek gerus soggens die inligtingstafel onder die bome, indien jy meer inligting oor die gemeente en ons aktiwiteite verlang.

14 Februarie 2016

Gebedsondag Lydensweek 2

U word hartlik uitgenooi om die Kerkkantoor te skakel, indien u 'n huis-besoek of 'n kantoorbesoek verlang.

Stel ons asseblief ook in kennis as een van u gesinslede, familie, vriende of enige lidmaat tuis siek is, of in die hospitaal is.

Maandag: Dr. Jorrie Potgieter Dinsdag: Liturg Nico Smit staan in

vir Ds. Janet Cruywagen Woensdag: Dr. Chris Malan

Maandag 15 Februarie – Woensdag 17 Februarie Week van Gebed o.l.v. Dr. Francois Carr 15:00 Protea Aftree-oord 18:30 Ouditorium

Dinsdag 16 Februarie 09:00 Bybelskool 19:00 Bybelskool

Woensdag 17 Februarie 09:00 Geen Bybelstudie weens Week van Gebed Gemeenteraad vergader ná Week van Gebedsbyeenkoms

Donderdag 18 Februarie 14:30 Tabitas

Vrydag 19 Februarie Gemeenteverjaardag: 19.02.1975 18:00 Reconnect Retreat Mentoropleiding (Kuierlokaal)

Saterdag 20 Februarie 07:00 Gebed sonder grense 08:30 Reconnect Retreat Mentoropleiding (Kuierlokaal)

Sondag 21 Februarie GEMEENTEVERJAARDAG & LERAARS-TOEWYDING Lydensweek 3 08:30 Familiediens: Gemeenteleraars 09:30 Josua Kids: geen (sluit by gemeenteverjaardag aan) 17:30 Aanddiens: Dr. Jorrie Potgieter 18:30 Tieneromgeegroepe

Belydende lidmate Daniël Johannes (Johan) BESTER &

eggenote, Elizma BASSON (nou BESTER) vanaf NG Gemeente Witbank-Suid

Charl BEZUIDENHOUT & eggenote, Su-An HATTINGH (nou BEZUIDENHOUT) vanaf NG Gemeente Frankfort

Ernst Hendrik Le Roux DU PREEZ & eggenote, Wilmien AGENBAG (nou DU PREEZ) vanaf NG Gemeente Skuilkrans (Pretoria)

Dooplidmate Jolizné BESTER vanaf NG Gemeente

Witbank-Suid Isa-Mari & Liam BEZUIDENHOUT vanaf

NG Gemeente Frankfort Leandri Mireia BOOYSEN babadogter van

Jaco Jean BOOYSEN & Lisl Elizabeth SCHNETLER (nou BOOYSEN)

Le Roux Andries DU PREEZ, Anja & Zoë DU PREEZ vanaf NG Gemeente Skuilkrans (Pretoria)

Gebedsposbus Maak gerus gebruik van die gebedsposbus by die deure van die onderskeie ruimtes om jou gebedsversoeke in te plaas.

Sterftes

Meegevoel word betuig aan lidmate

met afsterwe van ‘n familielid/vriend:

Jacoba Maria Magdalena (Kota) RETIEF (née AUGUSTYN) * 29.03.1923 + 05.02.2016

Voorbidding vir siekes Corrie Minnaar, Marie Stapelberg, Betsie Botha, Harris Kaplan, Marianne van der Westhuizen, Nellie Pienaar, Nic Bos, Sarie Nel, Bertus Steyn, Nettie Richter, Lana Oosthuizen, Jean Lötter. Vir alle siekes in hospitale en tuis, asook lidmate in versorgingsoorde.

Vry om te Bid Wanneer God my hart besoek

Week van Gebed - 14-17 Februarie

Wees deel van die geloofsverrykingservaring saam met Dr Francois Carr van Heart Cry SA hierdie week! Wandel saam met ons die week rondom die volgende tema's:

...dan word ek weer as metgesel van Jesus herken (Handelinge 4)

...dan hoor ek Sy Stem (Matteus 1) ...dan verander my geloof in vertroue (Lukas 1) …dan word ek toegerus met nuwe krag (Markus 1) ...dan word ek verander deur Sy heerlikheid

(Eksodus 33)

Maandag tot Woensdag 15:00 by Protea Aftree-oord 18:30 Ouditorium

“Reconnect Retreat”

19-20 Februarie 2016, Kuierlokaal

Die Week van Gebed sluit af met die Mentorskapopleiding wat deur Dr. Scott Shields & Past. James Nugent, van die VSA — wat saam met Heart Cry Suid Afrika werk — aangebied word. Die kursus het nog net drie plekke beskikbaar. Bespreek by [email protected].