pinskter 2020 dinsdag - ng kerk durbanville-bergsig · bid nie alhoewel almal altyd sê dis iets...

1
Inleiding: Voel jy ook soms asof jy teen die dak vas praat wanneer jy bid? Of dat jy nie regtig weet hoe om te bid nie alhoewel almal altyd sê dis iets wat ons behoort te kan doen? Dis ‘n massiewe deel van aanbidding aangesien aanbidding twee goed met ons kan doen: 1. Dit draai ons weg van onsself af. 2. Dit maak ons bewus van God se droom vir die wêreld. Simbool: Kniel Bid terwyl jy kniel. Wanneer laas het jy gekniel terwyl jy bid? Om te kniel maak nie dat ons gebede vinniger by God uit kom nie of dat God beter na ons luister nie. Kniel help ons fokus. Dit bring ons terug aarde toe en leer ons dat alles nie oor ons gaan nie. Konteks: Dis snaaks dat Jesus nie vir sy dissipels net sê “Gaan bid” net nie? Hy sê ook vir hulle wat om te bid. Gebed se doel in die tyd van Jesus was om ‘n opsomming te gee van wat belangrik is vir God. Dink daaroor: Ek het altyd gedink gebed gaan oor om God se “arm” te draai totdat God my gebede hoor en vir my gee wat ek wil hê. Totdat ek eendag besef dat ek meer soos Jesus moet word en nie hy soos ek nie. Maar dit was basies dan net ek wat myself aanbid het? Ek het my eie god geraak. Deel van om die ware God te aanbid is om te leer hoe om myself nie te aanbid nie. Dis waar gebed ons vorm. Dit leer ons dat ons nie die middelpunt is van God se Koninkryk nie. Dit help en herinner ons wat vir God belangrik is. Maak dit deel van jou dag: Probeer vandag soveel keer as moontlik die Onse Vader gebed lees in Matt. 6: 9- 13. Doen dit dan ook heel week een keer ‘n dag terwyl jy kniel.

Upload: others

Post on 11-Oct-2020

9 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Pinskter 2020 Dinsdag - NG Kerk Durbanville-Bergsig · bid nie alhoewel almal altyd sê dis iets wat ons behoort te kan doen? Dis ‘n massiewe deel van aanbidding aangesien aanbidding

Inleiding: Voel jy ook soms asof jy teen die dak vas praat wanneer jy bid? Of dat jy nie regtig weet hoe om te bid nie alhoewel almal altyd sê dis iets wat ons behoort te kan doen? Dis ‘n massiewe deel van aanbidding aangesien aanbidding twee goed met ons kan doen: 1. Dit draai ons weg van onsself af. 2. Dit maak ons bewus van God se droom vir die wêreld.

Simbool: Kniel

Bid terwyl jy kniel. Wanneer laas het jy gekniel terwyl jy bid?

Om te kniel maak nie dat ons gebede vinniger by God uit kom nie of dat God beter na ons luister nie. Kniel help ons fokus. Dit bring ons terug aarde toe en leer ons dat alles nie oor ons gaan nie.

Konteks: Dis snaaks dat Jesus nie vir sy dissipels net sê “Gaan bid” net nie? Hy sê ook vir hulle wat om te bid. Gebed se doel in die tyd van Jesus was om ‘n opsomming te gee van wat belangrik is vir God.

Dink daaroor: Ek het altyd gedink gebed gaan oor om God se “arm” te draai totdat God my gebede hoor en vir my gee wat ek wil hê. Totdat ek eendag besef dat ek meer soos Jesus moet word en nie hy soos ek nie. Maar dit was basies dan net ek wat myself aanbid het? Ek het my eie god geraak. Deel van om die ware God te aanbid is om te leer hoe om myself nie te aanbid nie. Dis waar gebed ons vorm. Dit leer ons dat ons nie die middelpunt is van God se Koninkryk nie. Dit help en herinner ons wat vir God belangrik is.

Maak dit deel van jou dag:

Probeer vandag soveel keer as moontlik die Onse Vader gebed lees in Matt. 6: 9-13.

Doen dit dan ook heel week een keer ‘n dag terwyl jy kniel.