petrol - home - paarl boys' high school...4 petrol-head heaven (a visit to the franschhoek...

17

Upload: others

Post on 20-Aug-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Petrol - Home - Paarl Boys' High School...4 Petrol-head heaven (A visit to the Franschhoek Motor Museum) by Wade Solomon The day started with a look at the very first car to be imported
Page 2: Petrol - Home - Paarl Boys' High School...4 Petrol-head heaven (A visit to the Franschhoek Motor Museum) by Wade Solomon The day started with a look at the very first car to be imported

2

Redakteursbrief 3 Petrol-head heaven 4-5 Leerderopstel: Goeie ouens kom tweede. 6 We reldklas 7-8 Forgotten legends of BHS 9 Elektriese motors 10 Selfbesturende motors 11 Fotodagboek 12 Career choices in the field of automobiles 13-14 Interesting car facts 15 My eerste motor 16-17

Redakteur Fryhoff du Toit Subredakteur Jaco Mostert Grafika Jaco Visagie Juf. C. Fourie Wade Solomon

Jaco Kritzinger Morné le Roux Dian Jacobs Stephan Stofberg Jaco Mostert MC v/d B Schultz Wade Solomon Herman Snyman

Fotografie Juf. P. Terblanche Proeflees Juf. M. Visagie Fasiliteerder Mnr. K. Bezuidenhout

Page 3: Petrol - Home - Paarl Boys' High School...4 Petrol-head heaven (A visit to the Franschhoek Motor Museum) by Wade Solomon The day started with a look at the very first car to be imported

3

Redakteursbrief

Hier staan ons aan die begin van ‘n jaar vol potensiaal vir elke Bois-

higher. Die matrieks van 2016 is vervang met ‘n nuwe gros manne wat

reg is vir die uitdagings van hul finale jaar en daar het ‘n span graad agts

ingekom, wat onwetend na vyf jaar hier gaan uitstap as broers van die

bloubaadjie. Hierdie verandering van seun na jongman, van twygie na

boom, is die kenmerk van net die beste van skole en ons kan werklik

onsself op die skouer klop dat ons die taak jaarliks regkry. Ons kan egter

nie op ons louere rus nie, ons moet voortdurend ou tradisies afstof om

die skool op koers te hou vir volgende jaar se 150 jaar mylpaal. Nie ‘n

wenstreep soos wat ander dit dalk mag sien nie, maar ‘n mylpaal om te

toets of die skool nog die tradisies van ouds volg en nog getrou bly aan

ons wese.

Soos elke kwartaal van tevore was dit ‘n eerste kwartaal propvol aktiwiteite. Die graad agt-kamp was

uiters suksesvol siende dat al die graad agts die drie tradisies ken en almal mooi groet. Atletiekbyeenkomste

was ook besonders vanjaar en is deur almal geniet. Al was die blou nie altyd eerste nie, het ons altyd die

Boishaai-gees bo gehou en soos ware gentlemen opgetree. Die kultuurkamp is ook gehou en was hoogs

suksesvol met hope talent wat geslyp is. Die eerste krieketspan het ook nie te sleg gevaar nie.

Hierdie kwartaal het ons besluit op die tema van motors vir die Blueprint. Om verder ondersoek in te

stel hierop het ons die Franschhoek Motormuseum besoek en ek weet u sal die artikel oor daardie be-

sonderse versameling geniet en baie interessant vind. Daar is ook ander interessante artikels oor motors en

die bedryf in geheel. Nog een wat u maar gerus kan lees is die artikel oor ons onderwysers se eerste motors

wat verseker ‘n paar ou klassieke motors sal bevat. Verder is die gewone rubrieke weereens op hul plek en

ons het spesiaal in die beroepskeuse-artikel op die motorbedryf gefokus.

Tandem Fit Arbor Surculus

Die redakteur

Fryhoff du Toit

Page 4: Petrol - Home - Paarl Boys' High School...4 Petrol-head heaven (A visit to the Franschhoek Motor Museum) by Wade Solomon The day started with a look at the very first car to be imported

4

Petrol-head heaven

(A visit to the Franschhoek Motor Museum) by Wade Solomon

The day started with a look at the very first car to be imported into South Africa,

the Ford Model A, which was brought down in 1904. Looking at this amazing piece of early engineering, it is hard to imagine how many people managed to live with this ve-

hicle. This is just one of 320 cars that feature in the Franschhoek Motor Museum, of which 80 are on display. According to the museum 85% of the cars are still drivable and

the collection is rotated every six months.

The body of the above-mentioned car was made of one material, wood, and it did not include a roof. Specifications like these make us appreciate the luxuries we have to-

day. Simple things that we take for granted are not even included on this early model.

While walking down the row of amazing old cars, one spots a blue car with the classic Bugatti logo on it. Upon further inspection, it is easy to notice that it is one of Bu-

gatti’s most famous cars, the Type 35B. The one featuring in this amazing collection is thought to be the most original Type 35B in the world. The reason behind this is that

although there might be eight of them in the world, this is the only one that still pos-sesses its original paint job. Another amazing feature of this 89 year old car is that its

top speed of 211 km/h is still competitive with most of today’s family cars. An interest-ing fact about Bugatti is that they still hold the record for the fastest tested production car with the Bugatti Veyron SuperSport at 431 km/h. They are also currently making a

car to top that speed. This car is called the Bugatti Chiron and it will apparently hit 464 km/h.

Moving through the different buildings that house these beautiful machines, you will come across more amazing cars that simply leave you speechless. Walk into the

third warehouse and the only cars in sight are Mercedes. This is where true luxury

meets German precision. As we inspect every single car, we are graced with the pres-ence of the most iconic Mercedes-Benz to date: the 300SL. Characterised by its gullwing

doors, this car is the most distinguishable Mercedes ever. It was the inspiration for Mer-cedes’ more recent car, the SLS.

Ford Model A 1903

Bugatti Type 35B

Mercedes-Benz 300SL

Page 5: Petrol - Home - Paarl Boys' High School...4 Petrol-head heaven (A visit to the Franschhoek Motor Museum) by Wade Solomon The day started with a look at the very first car to be imported

5

Another car that needs to be mentioned is the Ford Mustang. With the model’s

50th birthday last year, the museum had all Mustangs on show. In this Mustang col-

lection was a ‘65 Mustang Convertible, a ‘67 Mustang Pick-Up, and a ’69 Mustang

Coupe . This is one of, if not the most iconic car of all time. The original ’65 ‘Stang

could reach a top speed of 210 km/h with its 4,8 litre V8.

In the last warehouse the monsters of the modern automotive world were on

show. This included the Ferrari F40, or as some know it, the best Ferrari ever made,

the McLaren F1 which is categorised as one of the best driving cars ever made, and

finally the Ferrari Enzo, an absolute master of engineering. These cars are the most

amazing cars of the 20th and early 21st century.

Going through the evolutionary cycle of the car as we know it, one wonders

how much this entire collection costs. There is only one answer: Priceless. With a

lot of these cars being one of a kind, custom-made or being one of very few in the

world it is very difficult to put a price on some of them. Many have tried to give a

figure by saying that the collection is upwards of R1 billion. But just to give an

idea of how much this collection could possibly cost: three Grand Prix cars that

are part of the collection are worth an estimated R120 million. That is just three of

the 320 cars.

Overall, the Franschhoek Motor Museum’s collection is one that is probably

unrivalled in terms of originality and sheer size. The cars are very well looked af-

ter and the ones that are driven get tested monthly at the facility’s very own race-

track. The grounds on which these cars are held are professionally groomed

which just adds to the amazing experience that can be had there.

As previously mentioned the collection gets rotated biannually which means that you can go to the

museum every 6 months and have a completely new experience with different cars and the different stories

that they tell. This museum is a great attraction for historians, petrol-heads, kids and adults alike. People of

all ages are welcome and will have a great time looking at all these amazing cars. Don’t hold back as a visit

here is highly recommended.

’65 Ford Mustang

Ferrari F40 McLaren F1 Ferrari Enzo

The three cars that have an estimated worth of R120

million.

Page 6: Petrol - Home - Paarl Boys' High School...4 Petrol-head heaven (A visit to the Franschhoek Motor Museum) by Wade Solomon The day started with a look at the very first car to be imported

6

Om suksesvol te wees, hetsy in die vorm van sport of akademie, is een van die grootste bronne van motivering in ‘n persoon se lewe. Die konsep van sukses is uniek aan die mensdom. Dit gee aanleiding tot die vooruitgang, ontwikkel en bevordering van die samelewing. Laasgenoemde gee weer aanleiding tot die verbetering van lewenskwaliteit van individue en die samelewing.

Inherente meelewendheid teenoor jou medemens kan gedefinieer word as goeie maniere. “Doen aan ander soos wat jy aan jouself gedoen wil hê.” Goeie maniere is ook die unieke stel vaardighede wat gebruik word om makliker sukses in die werksomgewing, op die sportveld en jou persoonlike lewe te bereik. Goeie maniere gee aanleiding tot gesonde menseverhoudings.

Die gonswoord “wêreldburger” word gereeld gebruik. Met vriendelikheid, empatie en respek word vriendskappe in die moeilikste plekke en omstandighede gevorm. Goeie ouens met goeie maniere se invloed strek ver en het ‘n impak op alle kulture. Die universele taal van suksesvolle beroepslui, akademici en diplomate is “goeie maniere”. Die kenmerke van ‘n goeie ou word maklik verwar wanneer ons in klein kringe beweeg, omdat ons nie diversiteit, konflik of dinge wat ons nie werklik verstaan, teëkom nie. Dit is maklik om almal se pêl te wees as jy almal se taal verstaan. Die ware kenmerke van ‘n goeie ou en dus ook goeie maniere, lê opgesluit in die manier hoe ons dit wat ons nie verstaan nie, hanteer. Ware respek lê nie in “oom” of “tannie” nie, maar hoe ons omgaan met verskillende kulture, rasse en gelowe. Ons vind dus dat hoërskool en ons eie dorpe nie werklik ‘n groot genoeg platform is vir die werklike goeie ouens om vorendag te kom nie. Gooi die werklike goeie ou in die diepkant en sit hom op ‘n vliegtuig oorsee en hy sal swem. Doen dit met die tipiese goeie, gewilde ou en hy sal sink voordat hy sy vliegtuigkaartjie huis toe kan bespreek. ‘n Mens moenie net goeie maniere en bedoelings hê om jouself te bevoordeel en te verryk nie. Sukses word behaal omdat jy werklik omgee vir ander. Sukses is net ‘n byproduk wat gereserveer word vir goeie ouens.

Om 27 jaar in die gevangenis deur te bring, lyk nie op die oppervlak na ‘n suksesvolle bydrae of bestaan nie. Dit neem egter ‘n goeie ou om brûe tussen kulture, haat en verskille te bou. Goeie ouens kom nie tweede nie. Goeie ouens maak ‘n verskil.

Goeie ouens kom nie tweede nie.

As jy sukses in die lewe wil behaal moet jy vergeet van goeie maniere?

deur Jacobus Kritzinger

Bron: www.bigsuccess.com

Page 7: Petrol - Home - Paarl Boys' High School...4 Petrol-head heaven (A visit to the Franschhoek Motor Museum) by Wade Solomon The day started with a look at the very first car to be imported

7

We reldklas Deur Morne le Roux Motors is aan ons almal bekend, ongeag die prys, grootte of spoed. Die eindelose stryd van die mensdom om meer te besit en beter te wees as jou naaste strek tot by luukse en tydlose motors wat opgegaar word vir die bewondering daarvan of om ’n bietjie te spog.

Hoogs suksesvolle mense het, soos enige ander mens, iets nodig om sy fokus van sy werk af te haal. ‘n Stokperdjie met ander woorde. Beroemde mense soos Nick Mason, die tromspeler van ‘Pink Floyd’, verkies om sy kapitaal op duursame motors te spandeer. Met meer as 40 motors agter sy naam, waaronder ’n Bugatti T35, Aston Martin LM18, Ferrari 213 T3 en McLaren F1 , maak dit hom een van die grootste motorversamelaars in die we reld.

Kort op sy hakke is die gerespekteerde Polo-hempontwerper, Ralph Lauren, met ‘n passie vir rooi sportmotors. Van al die modelle wat hy besit, is 98% rooi. Hy het ‘n spesiale motorhuis vir sy versameling laat oprig, wat uitgevoer is met ‘n spierwit platform en ’n pikswart tapyt daaronder vir elk van sy motors, by sy New York-landgoed . Hy besit ‘n versameling van meer as 60 kragtige mas-jiene wat Alfa Romeo’s, Mercedes’e, Jaguars en vele meer insluit. Dit is duidelik dat die gesogde ont-werper ‘n oog vir kleur en styl het.

Nog ‘n motorversamelaar is die kome-diant en vorige aanbieder van “The Tonight Show”, naamlik, Jay Leno. Hy het sy eie TV-program, genaamd “Jay Leno’s Garage”, wat handel oor skaars en antieke motors wat hy besit. Die meeste is maar onbekend in ons deel van die we reld, maar is baie gesog in Amerika. Dit is nie net die 200 motors wat sy versameling uniek maak nie, maar ook die uiters skaars voertuie van die vroee 1900’s. Dit sluit outydse motors in soos die 1909 Baker Electric, ‘n 1931 agt-liter Bentley, ‘n 1909 Stanley Steamer en ‘n 1934 Phantom II van Rolls-Royce. Twee-en-twintig van die voertuie in sy motorhuis is stoom-aangedrewe. Die beraamde waarde vir die groep tydlose masjiene word geskat teen sowat $350 miloen, in Suid-Afrikaanse rand ‘n stewige R4,6 biljoen.

Tog is Jay nie eens vergelykbaar met die Arabier wat die grootste koninklike paleis besit en ‘n netto waarde van $20 biljoen besit nie. Sultan Hassanal Bolkiah word gelys as die nommer een-motorversamelaar in die we reld. Hy besit 7000 voertuie van alle geure en kleure, onder meer 209 BMW’s, 574 Mercedes Benze, 452 Ferrari’s, 179 Jaguars, 382 Bentleys en nog vele ander vreemde name, om nie eers te praat oor die beperkte weergawes wat spesiaal vir hom ontwerp is. Vir ‘n man met onbeperkte rykdom en mag is hierdie versameling van hom maar net een van sy stokperdjies.

Bron: http://news.hrowen.co.uk/nick-mason

Bron: http://i.dailymail.co.uk

Page 8: Petrol - Home - Paarl Boys' High School...4 Petrol-head heaven (A visit to the Franschhoek Motor Museum) by Wade Solomon The day started with a look at the very first car to be imported

8

Op eie bodem het ons ook ’n paar noemenswaardige motorversamelaars, onder wie Johan Rupert die mees bekende is. Sy plaas word in die Franschhoek-distrik aangetref en op die oog af lyk dit nie veel anders as die buurplase nie. Hy besit ongeveer 320 motors en ’n uitstalling van 80 motors roteer elke ses maande. Hierdie versameling is besonders, want dit is oop vir die publiek. Een van motors in hierdie versameling was ‘n trougeskenk van Adolf Hitler aan die koning van Egipte. Johan Rupert het dit later op ’n veiling in Londen gekoop. Elkeen van die 320 motors het ‘n storie daaragter en maak al die motors soveel meer spesi-aal. Duidelik wil Rupert nie net no g ‘n motorversamelaar wees nie, maar ‘n versamelaar van geskiedenis, ontwerp en uniekheid. Dit maak hom een van die topmotorversamelaars in die we reld. Sy versameling is we reldklas.

Bo: Sultan Hassanal Bolkiah se paleis en ‘n paar van sy voertuie.

Bron: http://static5.bornrichimages.com

Bo: ‘n Paar van Sultan Hassanal Bolkiah se Ferrari’s

Bron: http://thefactopedia.com

Bron: www.fmm.co.za

Page 9: Petrol - Home - Paarl Boys' High School...4 Petrol-head heaven (A visit to the Franschhoek Motor Museum) by Wade Solomon The day started with a look at the very first car to be imported

9

Forgotten legends of BHS Deur Dian Jacobs

“Hierdie rolprent mag jy nie misloop nie, dis ‘n opvoeding; hierdie

konsert moet jy bywoon, dis ‘n kultuursaak; van hierdie vereniging moet jy lid

word vir jou eie ontwil; aan hierdie sport moet jy deelneem, sorg vir jou lig-

gaam; hierdie vermaande spreker moet jy na luister, want die geleenthied

kom nie weer nie; en hierdie eksamen moet jy vanjaar deurkom, want...!”

Hierdie is die wyse woorde van meneer George Neser.

Meneer George Neser is op 18 Junie 1901 op Poortjiesfontein in die ge-

meente van Hanover in die Karoo gebore. Meneer George Neser het in 1919

aan die Hoër Jongenskool gematrikuleer en in 1922 die graad M.Sc. en in 1925

die graad B.Ed., beide aan die Universiteit van Stellenbosch, cum laude ver-

werf. Hy het hierna 31 jaar in die onderwys gestaan. Hy was vir 28 van hierdie

jare, vanaf 1929 tot 1957, ’n senior wetenskaponderwyser aan die Hoër

Jongenskool Paarl. Hy het na sy vakgebied verwys as sy “liefling”.

Reeds sedert die vroeë dertigerjare was hy skrywer of medeskrywer van verskeie handboeke vir algemene weten-

skap en natuur - en skeikunde. Dié handboeke is tot die middel 1970’s nog as standaardboeke vir skoolwetenskap beskou

en is deur duisende leerders reg oor die land gebruik. Meneer Neser het hom sedert die begin van sy loopbaan as weten-

skaponderwyser vir die stigting van vakverenigings vir wiskunde- en wetenskaponderwysers en vir die totstandkoming van

plaaslike vaktydskrifte beywer. Onder sy leiding is die Vereniging van Kaaplandse wetenskaponderwysers in 1951 gestig.

Hy het tot die laat 70’s as die erepresident van laasgenoemde vereniging gedien. Te danke aan meneer Neser het die vak-

tydskrif, Die Wetenskaponderwyser, in 1960 ook die lig gesien en dit het dikwels bydraes deur hom bevat. Bydraes van

hom verskyn ook in buitelandse opvoedkundige en vaktydskrifte. In 1975 ontvang hy die erepenning vir wetenskaplike

vakbevordering van die Universiteit Stellenbosch. Die sitaat lees: “Die erepenning kan óf aan 'n indiwidu óf aan 'n groep

wat as 'n span gewerk het, toegeken word vir die bevordering van 'n spesifieke vakgebied op enige terrein van die

onderwys.” ‘n Laaste bietjie interessante informasie: Mnr. Neser het sy huisplan, plan nommer 125, vir die bou van sy

woonhuis in Septimusstraat in die Paarl, op 17 Oktober 1938 by die Paarl-munisipaliteit ingedien.

Die bekende dosent van die vak natuur- en skeikunde het die woord ‘magic’ laat leef. Vir duisende seuns wat by

hom klas gehad het, was die wetenskaplesuur die hoogtepunt van hulle dag. Meneer George Neser, die Hoër Jongenskool

salueer u vir u wonderlike bydrae tot Suid-Afrika se akademie en opvoedkunde.

BO: Meneer GO Neser, oudleerling en onderwyser vanaf 1929 tot 1957 aan HJS.

Page 10: Petrol - Home - Paarl Boys' High School...4 Petrol-head heaven (A visit to the Franschhoek Motor Museum) by Wade Solomon The day started with a look at the very first car to be imported

10

Elektriese Motors Deur Stephan Stofberg Is dit regtig moontlik om al die elektrisiteit wat hierdie motors benodig deur sonpanele op jou huis se dak te verskaf? Kom ons vind uit.

Ek gaan die lewensvatbaarheid van die bogenoemde vraag ondersoek, deur na verskillende elektriese mo-tors te kyk.

DIE MOTORS

1. Tesla Model X

2. Mitsubishi I - Miev 3. Gem E4

Die idee dat mens jou motor met gratis energie kan herlaai en sodoende eintlik gratis rondry, is ab-soluut fantasties. Die installasie van sonpanele en ander infrastruktuur om jou elektriese motor te herlaai gaan jou ’n paar rand uit die sak jaag, maar in die langtermyn behoort dit die moeite werd te wees. ‘n Paar jaar gelede sou hierdie idee lagwekkend gewees het, maar tegnologie het baie verbeter en elektriese motors is deesdae ‘n opsie. Ek het die drie genoemde elektriese motors as proefkonyne gebruik en verskeie bronne geraadpleeg om uit te vind min of meer hoeveel kilometer ’n mens in ’n jaar sou kon ry indien ‘n mens 24, 310 watt sonkragpanele op jou huis se dak aanbring. Die resultate: Tesla Model X: 42 342 km Mitsubishi I –MIEV: 56 362 km Gem E4: 88 500 km

As ‘n mens na hierdie syfers kyk, kom ‘n mens agter dat dit eintlik baie meer is as wat die gemiddelde persoon elke jaar met sy/haar diesel- of petrolmotor ry. Dit maak eintlik baie sin om so ‘n projek aan te pak, mits jy die geld het. Die in-stallasie van die infrastruktuur om ‘n motor met sonkrag te herlaai sal jou ongeveer drie jaar se brandstofkoste kos. ‘n Mens sou dus in elk geval daardie geld spandeer het, maar na drie jaar ry mens absoluut gratis. Wat ‘n plesier. Dit sal ook ideaal wees vir Suid-Afrikaanse toestande waar ons meer as genoeg son kry en min wolkerige dae het. Laastens moet mens ook onthou

dat olie, waarvan petrol en diesel gemaak word, ‘n uitputbare bron is. Op een of ander stadium sal alter-natiewe oorweeg moet word. Ek moedig almal aan: ondersoek elektriese motors as vervoermiddel.

Bron: www.fortunie.com

Tesla Model X

Bron: www.gemelectriccars.co.uk

Gem E4

Page 11: Petrol - Home - Paarl Boys' High School...4 Petrol-head heaven (A visit to the Franschhoek Motor Museum) by Wade Solomon The day started with a look at the very first car to be imported

11

Selfbesturende motors Deur Jaco Mostert

Motors is `n daaglikse deel van elkeen van ons lewens, maar het jy al ooit gewonder of jy daardie tyd wat verlore gaan terwyl jy die motor bestuur nie beter kan benut nie?

Vanaf die 1920’s het groot maatskappye en navorsingsorganisasies daarna gestreef om `n selfbe-sturende motor te ontwerp. Die motor sal jou met ander woorde na jou bestemming kan neem sonder dat jy dit hoef te bestuur. Die heel eerste suksesvolle poging was in die laat 1980’s by Carnegie Mellon-universiteit met hulle motor, die Navlab. Die Navlab het as inspirasie gedien en ander maatskappye het ook die idee van `n selfbesturende motor begin nagestreef.

Die idee van die selfbesturende motor is om tyd te bespaar vir die bestuurder van die motor, maar ook om padongelukke te voorkom. ’n Selfbesturende motor sal nie aan die slaap raak, dronk wees of eenvoudig net swak bestuur nie. Dit sal die paaie van ons we reld baie veiliger maak. Maatskappye soos BMW, Mercedes en Tesla het reeds hierdie tipe motors aan die publiek bekend gestel.

In die afgelope paar jaar het navorsers `n hele paar nuwe idees gekry oor hoe om so `n motor te verbeter. Hulle het byvoorbeeld `n V2V (vehicle-to-vehicle) program ontwerp wat motors in staat stel om met mekaar te kommunikeer om sodoende vas te stel wanneer `n ander bestuurder moontlik `n ongeluk kan veroorsaak. Jou motor sal dan met sy motor kan kontak maak en jou waarsku of dan betyds die ongeluk probeer voorkom, omdat be-stuurders `n verskerpte reaksietyd sal he .

So beskerm jou eie motor jou dan sonder dat jy dit eers agterkom. Nog `n idee is die V2I (Vehicle-to-Infrastructure) waar die motor jou omgewing sal lees en daaruit besluite kan neem oor die roete om te volg. Die program neem ook jou persoonlikheid en karakter in ag en sal plekke voorstel wat vir jou van belang sal wees volgens die plekke wat jy al besoek het. Laastens het hulle ook klein uitvindsels wat hierdie tipe motor sal verbeter, byvoorbeeld: `n vingerskandeerder om die motor te sluit en oop te sluit.

Jy kan ook met jou stem die hele motor beheer en vir hom die roete voorskryf. Met tegnologie is enige iets moontlik en jy kan ook nou met jou slimfoon die tegnologies gevorderde motors beheer. Die motors sal na-tuurlik ook sy eie stelsel daagliks diagnoseer en jou in kennis stel wanneer die voertuig gediens moet word of wanneer jy jou motor by `n kragpunt moet laai.

Al waarmee baie mense sal sukkel, is om die motor te vertrou om jou veilig van punt A tot by punt B te

neem. `n Ander negatiewe punt is dat dit die vreugde daarvan om op `n groot oop pad, met die wind wat deur

jou hare waai, te kan bestuur, sal wegneem. Sal jy dit wil prysgee vir veiliger padtoestande, of nie?

Bron: i.ytimg.com

Bron: www.usatoday.com

Page 12: Petrol - Home - Paarl Boys' High School...4 Petrol-head heaven (A visit to the Franschhoek Motor Museum) by Wade Solomon The day started with a look at the very first car to be imported

12

FOTODAGBOEK

Page 13: Petrol - Home - Paarl Boys' High School...4 Petrol-head heaven (A visit to the Franschhoek Motor Museum) by Wade Solomon The day started with a look at the very first car to be imported

13

The world of automobiles is a fast-changing one. Many things that we know about cars were very different twenty or thirty years ago. This would mean that as the amount of possible careers increase some do fall away. For example, when the first cars were made they literally had to be winded up to start. This meant that the wealthy would employ people to start their cars for them. However, in today’s day and age there are multiple work opportunities with relation to cars.

Design and build:

Designing cars

When it comes to creating a design for a car a lot of stress does fall onto the designers. However the pay is excellent (700 000 – 800 000 ZAR) and there is also the great feeling of saying that car looks like it does because of you.

Skunkworks Engineer

A skunkworks engineer is someone that works for

the company called Skunkworks, and what these people

do is legally modify cars and present the modified ver-

sion to the original manufacturers and then the new car

is either scrapped or comes out as a different model, for

example, the Mercedes AMG GT R, the Ford Mustang GT

500 or even the Ferrari 458 Italia Speciale and especially

the Lamborghini Aventador LP 750-4 SV. The AMG, SV,

GT and Speciale all come from Skunkworks.

Supercar manufacturer

What you are probably thinking is that “No ways do I want to go build cars in a factory and waste my

life!” That’s the thing though. With manufacturers such as McLaren or Pagani or Lamborghini, all the parts

are handmade and then handplaced together. Yes, you might have to deal with the odd sound of a drill, but

it is peaceful and you can even listen to music!

The SV version of the Aventador

Career Choices in the field of automobiles By Mika-Calvin van den Berg Schultz

Doesn't this look peaceful?

Brion: www.motortrend.com

Bron: www.industrytap.com

Page 14: Petrol - Home - Paarl Boys' High School...4 Petrol-head heaven (A visit to the Franschhoek Motor Museum) by Wade Solomon The day started with a look at the very first car to be imported

14

Retail and Review:

Car Salesman

Rated as the third scaliest profession in the world by CAR magazine

in 2011 (under illegal arms salesman), car salesman is also an option.

Car Journalist

These are the people that get to drive the expensive cars and have

all the fun with them and get paid for doing it! Ever heard of Jeremy Clarkson, Richard Hammond and James May?

Well, these people were the most famous car journalists for a while. If you become a car journalist I don’t guaran-

tee you all laughs and joys but it won’t be bad.

Racing Car Driver

There are mainly three racing fields you could enter: F1, WRC (World Rally Championship) or BTCC (British Tour-

ing Car Championship). All of them are hardcore; however, they will all guarantee fame, money and thrill!

Bron: www.fistfulloftaltent.com

Bron: www.dandlionmons.com

Page 15: Petrol - Home - Paarl Boys' High School...4 Petrol-head heaven (A visit to the Franschhoek Motor Museum) by Wade Solomon The day started with a look at the very first car to be imported

15

Interesting Car Facts Wade Solomon

The biggest engine fitted in a production car currently with regards to capacity is the Dodge Viper SRT with an

8,4 litre V10 engine.

The fastest electric production car in the world is currently the NIO EP9 from China with a power output of 1360 hp and a top speed of around 190 mph or 305 km/h.

The longest car in the world, the ‘American Dream’, is 30,5 metres long. It has 26 wheels, a Jacuzzi, a diving

board, a king-sized waterbed and a helicopter landing pad.

The fastest accelerating production car in the world is the Hennessey Venom GT which reaches 300 km/h in 13,63 seconds. This means that if we had to take the time that you read this interesting fact and compare that to the time of the Hennessey, the two figures should be roughly the same.

The two most powerful production cars in the world are the Koenigseg Regera and the Bugatti Chiron, both

providing 1470 hp. That is 10 times the amount that the Toyota Prado provides.

The fastest SUV in the world is the Bentley Bentayga with a 0-100 km/h of 4,1 seconds and a top speed of 305 km/h. To give a rough idea of how fast that is, the Audi R8 V8 has the same top speed.

The Mercedes-Benz three point star logo originates from a postcard sent from Gottlieb Daimler to his wife with a star marking where he was living. When his sons found this postcard, they decided to use the three point star as the company’s logo. This symbolised the use of Daimler engines on land, in the sky and on water.

Bron: www.fastestlaps.com

Bron: www.jayohrberg.com

Bron: www.car-brand-names.com

Page 16: Petrol - Home - Paarl Boys' High School...4 Petrol-head heaven (A visit to the Franschhoek Motor Museum) by Wade Solomon The day started with a look at the very first car to be imported

16

My eerste motor...

My first car...

Deur Herman Snyman

Dit maak nie saak hoe oud of nuut, mooi of lelik, krom of reguit jou heel eerste motor was nie, dit bly jou eerste motor! Die begin van jou lang ente se ryery, padwoede en onafhanklikheid. Ek het die onderwysers van die skool gaan uitvra oor hul heel eerste motor.

A Waar het u u eerste motor gekry? B Watter soort voertuig was dit? C Wat was die bynaam van die voertuig? D Hoe het die voertuig aan die bynaam gekom? E Enige interessante feite oor die voertuig?

A When and where did you get your first car? B What kind of car was it? C What was its nickname? D If so, why did it have that nickname? E Anything interesting about the car?

Tannie Mari Nel A. My pa het dit vir my gekoop. B. Gholf C. DKW D. Registrasienommer was "DKW 149 T" E. Ek het dit verkoop en net genoeg geld gekry om 'n naald

werkmasjien te kon koop.

Me. Von Mollendorf A. Ek en my pa het saam die motor vir my gekoop B. Ford Lazer Tracer C. Jack Sparrow D. Dit het "pirate parts" bevat E. Ek het dit verkoop met 'n lieflike lemoengeur in - van die tyd

dat 'n hele kan Oros in die kattebak uitgeloop het.

Mnr. van Staden A. By my oupa as 'n 21ste verjaardaggeskenk B. 1987 Nissan Sentra 1.3 GC Box Shape C. Die Groen kar of Die Nissan D. Dit was lig metaalgroen. E. Die enjin was baie swak … kon teen 'n bult nie vinniger as

60-70 km/h ry nie. Dit was al plek-plek deurgeroes en is al

gesteel, maar die polisie het dit teruggevind.

Me. Fourie A. My pa het vir my geld geleen en ek het dit uit my klein salarissie terugbetaal. B. VW City Gholf C. Tweety D. Sy was geel en Tweety is 'n geel strookprentkarakter. E. Ek het op 'n dag 'n bietjie brandstof gekort, en "leen" toe my

pa se grassnyerpetrol. Dit was toe al die tyd swembadsuur.

Daarna was Tweety se stem hees.

Me. Du Plessis

A. 1982 - self aangekoop teen R1 000 B. Mazda 1000 Bakkie 1978-model C. Groenie D. Hy was grasgroen. E. 'n Kollega het vir 'n grap 'n boer gevra om my bakkie vol wor-

tels te laai! Toe ek by die bakkie kom toe lê die wortels hoër as die dak!

Me. Sadie A. As 2de-jaar student het my pa dit vir my gekoop B. 'n Opel Kadet C. Bytjie D. Die kar was goudgeel met 'n swart vinieldak. E. Daardie tyd het petrol 15 sent/liter gekos… Dit het my R6 gekos om my kar vol te maak!

Mnr. Van Hansen A. Self gekoop by Volkswagen B. Volkswagen Polo E. Daar was al in totaal sewe Monte Bello-leerders en ek in die motor toe ons na Brugstraat moes gaan.

Mnr. Strauss A. Die motor is by Droomers in Paarl gekoop - 1983 B. Alfa Romeo Giulietta 1.8 E. Dubbele bonokasenjin met 2 dubbelkeel Weber-gassers wat 90 kW en 167 N.m ontwikkel. Die ratkas en ewenaar vorm 'n eenheid om goeie gewigverspreiding te verseker en padhouvermoe te verbeter.

Page 17: Petrol - Home - Paarl Boys' High School...4 Petrol-head heaven (A visit to the Franschhoek Motor Museum) by Wade Solomon The day started with a look at the very first car to be imported

17

Mr Tesselaar A. Parents gave me the car for my 21st. B. Red Ford Escort (box-shaped) E. My car was stolen on Friday the 13th. My friend who happened

to be in Boys’ High with me, drove the car for the day and when

I came back from coaching hockey, he was sitting in the lounge

and told me the car was stolen.

Mnr. Barnard A. 1977 B. VW Beatle, 1965 E. Die VW was 'n bietjie geroes. Eendag het ek deur 'n knik gery,

toe val die battery wat onder die sitplek gesit het, uit.

Mnr. Cloete A. Privaat gekoop B. Toyota Conquest 1.6 E. Dit het 'n "free flow"-uitlaatstelsel gehad en groot 6x9- luidsprekers ingehad. Mnr. Van Heerden A. Self gekoop B. Corsa TDI - 1.7-literbakkie C. Glutes D. Groot kattebak en spoed E. Dit jag graag resies.

Oom Johnnie van Niekerk A. Gekoop in 1973 op Brandvlei B. 1954 Austin C. "Klasie" D. Vorige eienaar was Klaas Burger. E. Die hoogste spoed wat dit kon ry was 60km/h, die uitlaatpypie

was so dun soos 'n potlood en dit was poeierblou.

Mnr. Erik Bester A. My 18de verjaarsdag geskenk van my ouers. B. Isuzu-dubbelkajuit C. Blou gevaar E. Die bakkie het baie van my mede-Boishaaiers tussen die koshuis

en Brugstraat vervoer

Me. M. van der Merwe A. By my ouers B. Mercedes Benz A-klas C. Skillie D. Dit lyk soos 'n skilpad. E. Maar glo my … dit ry nie soos 'n skilpad nie! Skillie is al 11 jaar

oud en ry steeds soos 'n droom.

Me. Redelinghuys A. By my pa B. City Golf Volkswagen E. Dit kon vinniger as enige blitsvinnige spogmotor ry.

Mev. Terblanche A. Ouers, in my matriekjaar B. 1975 Mercedes 123-reeks 300D C. Tenk D. Ons kon enige plek met die motor ry. E. Die kar het 'n sondak gehad wat as 'n uitkykpunt gedien het op

vele studente-uitstappies. Wonderlike herinneringe!

Mnr. De Vries A. Geld geleen by Standard Bank - Toyota Victoria-Wes B. Toyota Tazz C. Dowwe-bonnet D. Die motor was in 'n ongeluk en toe het die paneelkloppers die enjinkap met 'n verkeerde kleur gespray. E. Die motor was 5 keer in 'n ongeluk - maar ek was nie een keer

die bestuurder nie.

Mnr. Bezuidenhout A. By my pa gekoop vir R10 000. B. 1996 Opel Kadett 1.4i C. Wit Ferrari D. Ek het die motor tussen Pofadder & Kakamas op die lang reguit pad 220 km/h gery ... E. Dit het 400 000 km op gehad toe ek dit verkoop het.

Me. Le Roux A. My pa het vir my as derdejaarstudent 'n motor gekoop wat ek

toe aan hom moes afbetaal. B. 'n VW Beetle C. Herbie D. N.a.v. die Beetle in die Walt disney-film "The Love Bug" E. My man het kort na ons troue daarop aangedring dat ek vir

Herbie moet verkoop, want die Beetle het op daardie stadium

so gelek as dit reën dat ek in die winter drupnat by my

bestemmings aangekom het. Na 'n lang gesukkel was die

motorhandelaar "Cheapy City" die enigste belangstellende

koper.

Mnr. Wolfaardt A. Paarl - my pa het dit vir my gekoop B. Volkswagen Beetle C. Wolla Volla D. My van en die naam van die voertuig. E. Eerste keer toe ek 'n meisie op 'n date uitneem kon ek nie die

trurat kry nie. Ons moes die Volla terugstoot om te draai by

'n doodloopstraat.

Mnr. Swart A. Gekoop hier in Paarl. B. ‘n 1955-Volkswagen met ‘n 1960-enjin (6 volt-battery). C. Nee, ‘n mens gee nie ‘n bynaam vir so ‘n besondere voertuig nie. E. As gevolg van die ligte battery was die ligte maar swak. As

‘n ander voertuig van agter gekom het in die ry, het die Volla

se ligte eintlik ‘n skaduwee gegooi.

Me. Theunissen A. 2014 B. 'n Wit Renault Sondera C. Dit hang af van die verkeer … Karras of Useless D. Ek gee alles byname E. Ek het die eerste paaiement met my salaris betaal, maar kon

dit nog nie bestuur nie.

Mrs McFarlane A. 1993 B. Yellow Renault 5 C. Too rude for publication - usually when it broke down D. The clutch cable would snap E. It was bright yellow and had a hi-fi speaker for sound - Lots

of bass!