partykeer.pps

8
PARTYKEER Deur Alta Kotzé

Upload: eposvriende-emailbuddys

Post on 02-Jul-2015

358 views

Category:

Entertainment & Humor


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: PARTYKEER.pps

PARTYKEER

Deur

Alta Kotzé

Page 2: PARTYKEER.pps

Partykeer is ek sommer lus vir niks!

Anderkeer kan ek berge versit!

Partykeer is ek in oorwinning!

Anderkeer is die gat so diep donker!

Page 3: PARTYKEER.pps

Partykeer wil my lewe draaie loop wat my nie aanstaan

nie.

Anderkeer wil ek draaie loop wat die Here nie aanstaan

nie!

Partykeer help Sy Hand en ander kere los Hy my om my

kop te stamp!

Meestal as ek luister dan kom dinge reg!

Page 4: PARTYKEER.pps

Partykeer is die lewe so onverstaanbaar en

onaanvaarbaar!

Anderkeer kan die stroom so kalm en rustig voortvloei oor my

lewensakker!

Page 5: PARTYKEER.pps

Partykeer is my huis vir my ‘n veilige hawe –

Anderkeer kan dit ‘n aansluitingslyn in hierdie

gejaagde lewensstasie word, wat net wind naja!

Page 6: PARTYKEER.pps

Here, hoe’s dit dan partykeer, dat U teenwoordigheid so

kosbaar en innig is en anderkeer kruip ek vir myself en vir U weg?

Waar U woord ‘n lig en U leiding ‘n kierie vir en op my pad

moet wees, voel dit partykeer asof die donker doolhof van my lewe mank gaan aan die lig en

die kierie?

Anderkeer kan ek rustig op ‘n bank in die park sit en die mense dophou wat verby loop – hulle wat swaarder kry as ek, en ek

kan so gelukkig voel dat my vel wil oopbars!

Page 7: PARTYKEER.pps

Partykeer is my liefde vir U so vaal en ontoereikend!

MAAR – Elke keer is U Liefde so groot, wonderbaarlik en

alomteenwoordig!

U liefde is oorwinnend, dit loop nie draaie nie, dit los my nooit, help my altyd – saggies

– reg,

Laat my nooit gejaagd voel nie, laat my nooit verdwaald voel nie, laat my altyd met ‘n gevoel van menswaardigheid!

Page 8: PARTYKEER.pps

Partykeer Here, wonder ek oor U, En oor U liefde, Oor U genade!