p 4 25 march 2016 platinum weekly, 50 marais street, tel ... · jou gevoelens.” hierdie tegniek...

1
p 4 25 March 2016 PLATINUM WEEKLY, 50 Marais Street, Tel: 014 592 9686, Fax: 011 252 6669, E-mail: [email protected] Rustenburg – “Híerdie perde genees!” aldus Karen Spies, stigter en eienaar van In Touch Therapy. “By In Touch Therapy bied die grasieuse, majestueuse diere nie slegs ure van ontspanning in ‘n lieflike natuurlike area nie – maar herstel die gees.” In ‘n onderhoud met die Platinum Weekly koerant, word Karen se lewe ingekleur deur honderde ure in samesyn met haar perde en kindertjies wat hulself gate uit geniet. “Ons doen balans oefeninge, oefen motoriese- en koördinasie vaardighede, egalige asemhaling en spier ontspanning. Om die beurt word jonk of oud se konsentrasie vermoë ook versterk; élke sintuig word gestimuleer in ‘n gesonde atmosfeer.” Speletjies in ‘n prag omgewing is beslis aan die orde van die dag – en die band tussen mens en dier word saamgesmee. Perde terapie heel ook dieper wonde. Kinders met uitdagende omgewings voel dikwels dat die wêreld geen uitkoms oplewer nie, en díe terapie bied die geleentheid daarvoor. Die voel, ruik, hoor en visuele aantreklikheid van die plaas dra by tot die stimulering van alle sensoriese sisteme. Karen verduidelik ook die effek wat ‘n persoon op ‘n perd het, “Perde reflekteer jou gevoelens.” Hierdie tegniek is baie bruikbaar wanneer kinders sukkel om te kommunikeer. Die manier waarop die perd reageer, dui vir die terapeut aan hoe om situasie in ‘n rigting te stuur wat voordelig vir die terapeutiese doeleindes sal wees. Verskeie studies bewys ook dat perdry jou sosialisering vaardighede en self- waarde verhoog. Indien enige persoon, jonk of oud, belangstel om te kom kyk wat Karen en haar span doen, is jul meer as welkom om ‘n draai te maak. Vir meer besonderhede, kontak Karen Spies gerus by 084-422 2377 of [email protected]. Neem graag kennis dat Karen se perseel skuif op 1 April 2016, na ‘n plaas by die ingang by Duneden, oorkant Hunter’s Rest, aan die voet van die berg. Skakel Karen en kom ervaar ‘n spesiale belewenis. Trippe Trappe Trone ‘n Fotobeeld van spesiale oomblikke ervaar by In Touch Therapy.

Upload: others

Post on 22-Jul-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: p 4 25 March 2016 PLATINUM WEEKLY, 50 Marais Street, Tel ... · jou gevoelens.” Hierdie tegniek is baie bruikbaar wanneer kinders sukkel om te kommunikeer. Die manier waarop die

p 4 25 March 2016 PLATINUM WEEKLY, 50 Marais Street, Tel: 014 592 9686, Fax: 011 252 6669, E-mail: [email protected]

Rustenburg – “Híerdie perde genees!” aldus Karen Spies, stigter en eienaar van In Touch Therapy. “By In Touch Therapy bied die grasieuse, majestueuse diere nie slegs ure van ontspanning in ‘n lieflike natuurlike area nie – maar herstel die gees.” In ‘n onderhoud met die Platinum Weekly koerant, word Karen se lewe ingekleur deur honderde ure in samesyn met haar perde en kindertjies wat hulself gate uit geniet.“Ons doen balans oefeninge, oefen motoriese- en koördinasie vaardighede, egalige asemhaling en spier ontspanning. Om die beurt word jonk of oud se konsentrasie vermoë ook versterk; élke sintuig word gestimuleer in ‘n gesonde atmosfeer.”Speletjies in ‘n prag omgewing is beslis aan die orde van die dag – en die band tussen mens en dier word saamgesmee. Perde terapie heel ook dieper wonde. Kinders met uitdagende omgewings voel dikwels dat die wêreld geen uitkoms oplewer nie, en díe terapie bied die geleentheid daarvoor. Die voel, ruik, hoor en visuele aantreklikheid van die plaas dra by tot die stimulering van alle sensoriese sisteme. Karen verduidelik ook die effek wat ‘n persoon op ‘n perd het, “Perde reflekteer jou gevoelens.” Hierdie tegniek is baie bruikbaar wanneer kinders sukkel om te kommunikeer. Die manier waarop die perd reageer, dui vir die terapeut aan hoe om situasie in ‘n rigting te stuur wat voordelig vir die terapeutiese doeleindes sal wees. Verskeie studies bewys ook dat perdry jou sosialisering vaardighede en self-waarde verhoog. Indien enige persoon, jonk of oud, belangstel om te kom kyk wat Karen en haar span doen, is jul meer as welkom om ‘n draai te maak.

Vir meer besonderhede, kontak Karen Spies gerus by 084-422 2377 of [email protected].

Neem graag kennis dat Karen se perseel skuif op 1 April 2016, na ‘n plaas by die ingang by Duneden, oorkant Hunter’s Rest, aan die voet van die berg. Skakel Karen en kom ervaar ‘n spesiale belewenis.

Trippe Trappe Trone

‘n Fotobeeld van spesiale oomblikke ervaar by In Touch Therapy.