oud affiebond28 en 29 augustus: 1955 18 september: 1960 en 1990 ... vir 27 dae oor 600 km `n...

1
Oud-Affiebond Algemeen Oud-Affiedinee Die Oud-Affiedinee word op die vooraand van die jaarlikse kragmeting teen Pretoria Boys High, op 7 Augustus, by Utopia Place gehou. Talle jaagroepe het reeds tafels bespreek. Bespreek nou jou plek om teleurstelling te voorkom. Tyd: 18:30 vir 19:00 Drag: Formeel (baadjie en das) Navrae: Tobias Lubbe, 071 410 4299, Tobias Lubbe Koste: R450-00 per persoon Oud-Affiekonsert Die Oud-Affiekonsert vind op 21 Augustus plaas. Vanjaar sal daar aan voormalige koor– en orkeslede wat die konsert bywoon die geleentheid gegee word om saam met die koor en orkes op te tree. Kontak asb. vir Estelle Matthee vir kaartjies en sodat die bladmusiek aangestuur kan word. Die koste beloop R50 per persoon. Reünies Die 2005-groep het op Vrydag 24 Julie die saalopening bygewoon om hul 10-jaarreünienaweek af te skop. Na `n ontbyt by die skool se kafeteria is daar `n ronde gholf gespeel en daarna het die manne by Baracas gekuier. Saterdag het hulle die eerste span se wedstryd teen Maritzburg College gaan ondersteun. Opkomende reünies: 7 en 8 Augustus: 1965, 1985 en 1995 (Die 1985 groep woon die saalopening van 14 Augustus by.) 21 Augustus: 1975 28 en 29 Augustus: 1955 18 September: 1960 en 1990 Neem asb. kennis dat die Affies/Boys High-naweek vir 2016 reeds deur die 1986- en 1966-groepe bespreek is. Die skool kan slegs twee reüniegroepe op `n slag hanteer. AHS/OAB-gholfdag Daar is nog enkele vierballe en putjies beskikbaar vir 8 September. Skakel Hanlie Delport by 082 908 2295, of e-pos. Wildsfees Die jaarlikse wildsfees vind vanjaar op 15 Augustus op die B- en C- rugbyvelde plaas. Die OAB het weer hul eie lapa. Die kaartjiekoste beloop R250.00 en sluit toegang, eetgerei, sitplek en al die lekker kos in. Al wat jy moet saambring is jou eie drinkgoed en glase. Navrae: Marna Beineke 083 286 4405 of e-pos Oud-Affies AB de Villiers Proteaskaptein, AB de Villiers (matriek 2002), het onlangs die trotste pa van `n seun geword. Die seun heet ook AB en sal hopelik in 2019 op sy pa se spore op die rooi stoepe wandel. Die OAB wens AB alle sterkte met die vreugdes en pligte van vaderskap toe. Adv. Ben Swart Adv. Ben Swart (matriek 1979) het op Vrydag 24 Julie 'n inspirerende praatjie oor sy Mount Everest-avontuur tydens die saalbyeenkoms gelewer. Die seuns het aan sy lippe gehang terwyl hy verduidelik het hoe Everest geklim word en die gevare wat daarmee saamgaan. Hy het sy wedervaringe van hierdie uitdaging duidelik gemaak met `n skyfievertoning en vertel hoe vyf van sy vingers weens vriesbrand geamputeer moes word. Lees gerus meer oor Ben se ervaring van Everest deur hierdie skakel te volg. Bernie Theron Oud-Affie, Bernie Theron (matriek 2013), het op 27 Julie sy grootste avontuur tot op hede voltooi. Hy het vir 27 dae oor 600 km `n solostaptog van die noorde tot die suide van Ysland, met ongeveer 45 kg se toerusting, onderneem. Na aanleiding van die suksesvolle voltooiing van hierdie tog oor Ysland is Bernie met die Nightjar Avonturier van die Jaar toekenning vir 2015 vereer. Bernie is `n avonturier ter harte en het reeds in 2013 `n solostaptog langs die ooskus van Suid-Afrika voltooi. Lees meer oor Bernie se staptog deur hierdie skakel te volg. Nardus Badenhorst Oud-Affiewaterpolospeler, Nardus Badenhorst (matriek 2008), is lid van die Suid-Afrikaanse span wat tans aan die FINA Wêreld Kampioenskap te Kazan, Rusland, deelneem. Hy het `n doel aangeteken in die span se 10-8 oorwinning oor die Argentyne in hul eerste westryd van die toernooi. Werner Beineke Werner Beineke, (2012 matriek), is tans `n onderwysstudent aan die Universiteit van Pretoria. Hy is die voorsitter van Afriforum Jeug by Tuks wat hulle met studenteregte beywer, asook die gebiedstaatsmakerleier van die Voortrekkers in Noord-Wes, Limpopo, Mpumalanga en Gauteng. In hierdie hoedanigheid is hy deur die FAK (Federasie vir Afrikaanse Kultuurvereniginge) genomineer om op die Jongeren Projek te gaan. Die Jongeren Projek is 'n uitruilprogram tussen Suid-Afrika, Namibië, België en Nederland om studente 'n kans te gun om meer oor die kultuur, studentelewe en algemene lewenswyses van die ander lande te ervaar. Vanjaar was dit die studente van Suid-Afrika en Namibië se beurt om oorsee te vlieg. Hulle was vir 3 weke daar en daar is by onder andere 'n somerskool by die Universiteit van Hasselt, die Vlaamse parlement en bierbrouerye besoek aangedoen. Lief en leed Dit is met groot hartseer dat die OAB van die volgende sterftes verneem het: Mnr. Fep du Toit Die OAB kyk met mooi herinneringe en dankbaarheid terug op Fep du Toit se bydrae tot die uitbouing van Affies sedert sy aanstelling in 2000. Die Bond betuig sy innige simpatie met sy seun, Fep (jnr.) wat ook aan Affies verbonde is, sy eggenote, ander naasbestaandes en vriende. Flip Olivier (1944) Flip Olivier is op 25 Junie in die ouderdom van 88 jaar in die Kingswood Frail Care oorlede. Hy laat sy dogter Elsabé en sy seun Philip agter. Zillo van der Merwe (1938) Oom Zillo van der Merwe, hoofseun van 1938, is op 3 Julie oorlede. Hugo van der Hooven (1972) Hugo van der Hooven is by sy suster in Hermanus aan longkanker oorlede. Sy pa en broers (Fanie en Pieter) was ook in Affies. Hugo het in Knysna gewoon en het sy beroepsloopbaan in die bankwese afgesluit. Hy was ’n kranige sportman en het sy groen nommer vir die Two Oceans verwerf. Hy laat ’n seun en ’n dogter agter. Skoolnuus Kultuur Applous-koorkompetisie Die OAB wens die Affie-koor alle sterkte toe met die landswye finaal van die ATKV Applous koorkompetisie wat op Saterdag 8 Augustus in Port Elizabeth plaasvind. Die Rooidasse vertrek reeds die Donderdagaand om 21:00 per bus vanaf die skool. Ons beste wense vergesel hulle. Sport Glenwood Interskool Hierdie naweek (31 Julie - 1 Augustus) is ongeveer 600 seuns per bus na Durban onderweg om daar teen Glenwood High School in onder meer rugby, hokkie, fietsry en tennis deel te neem. Kom ondersteun gerus jou Alma Mater indien jy in die omgewing is. Hokkie Vroeg in die nuwe kwartaal het Affies reeds kragte teen die land se voorste hokkieskool, Maritzburg College, gemeet. In die hoofwedstryd het die skole se tweede spanne teen mekaar te staan gekom omrede albei eerste spanne aan `n toernooi in die Kaap deelgeneem het. Die tweede span verloor `n taai wedstryd naelskraap 2-3. Die eerste span was op `n toer waar hulle aan die Kaapstad Internasionale Skolefees deelgeneem het. Affies se Witstokke bekleë tans die tiende plek op die jongste Powerade skoleranglys. Kaapstad Internasionale Skolefees: Affies 0 – SACS 3 Affies 7 - Windhoek Gimnasium 4 Affies 1 – Edgemead 2 Affies 3 - Paarl Vallei 2 Affies 2 - Hoërskool Outeniqua 0 Affies 3 – Westelike Provinsie Uitnodigingspan 2 Affies 3 – Fairmont 2 Rugby Vanjaar se Wit Bulle-span het die afgelope naweek gewys hoekom hulle tans die tweede plek op die nuutste Powerade skoleranglys beklee. Die eerste span wen `n opwindende wedstryd, wat ook op Supersport uitgesaai is, teen Maritzburg College op die A-veld met 50 -19. Volg die skakel na Affies se webblad om die res van die spanne se uitslae te sien. Vier van Affies se rugbyspelers is in die SA Skolespan en SA Akademiespan ingesluit. Baie geluk aan Ruben van Heerden (slot) en Cabous Eloff (stut) wat in die SA Skolespan ingesluit is. Eddie Fouché (losskakel) en Phillip Krause (flank) is in die SA Skole A-span opgeneem. Alumnet Die OAB het jou hulp nodig in die opdatering van die oud- Affiedatabasis. Ons wil graag jou korrekte besonderhede hê ten einde kommunikasie en reünieskakeling te vergemaklik. Dateer jou inligting soos volg op: Volg hierdie skakel na die Alumnet-databasis: Die skakel maak op ‘n intekenblad met die oud-Affie wapen oop. Gebruik die e-posadres waarop u hierdie nuusbrief ontvang het as e-pos. Klik op die “Nog nie geregisteer nie” knoppie. Die stelsel maak ‘n venstertjie oop waarin jy jou wagwoord kan insleutel en bevestig. Volg die eenvoudige aanwysings terug na die inteken-blad. Jy kan nou jou profiel volledig op datum bring. Die Affies Alumnet Databsis word deur ons borge ondersteun. Indien jy jou besigheid blootstelling op hierdie unieke platform wil gee, volg hierdie skakel of maak kontak met Tobias Lubbe. Ons maak staat op u betrokkenheid en ondersteuning. Niel Coetzer en Dirk Taljard Namens OAB-bestuur 31 Julie, 2015 Nuusbrief Belangrike datums: 7 Augustus Oud-Affiedinee Navrae: Tobias Lubbe 071 410 4299 of e-pos 15 Augustus Wildsfees Navrae: Marna Beineke 083 286 4405 of e-pos 21 Augustus Oud-Affiekonsert, Potgietersaal Navrae: Estelle Matthee per e-pos 8 September Oud-Affiegholfdag, Wingate Park Navrae: Marna Beineke 083 286 4405 of e-pos Ons nooi jou vriendelik uit om asb. hierdie sosiale geleenthede te ondersteun. Daar kan mos niks lekkerder wees as om saam met jaargroepe en vriende te kuier nie! Ons doen vriendelik beroep dat nuus aan die skakelkantoor deurgegee word sodat ons dit met die oud-Affiegemeenskap kan deel. Ons verwelkom met graagte enige voorstelle of advies ter bevordering van die OAB. Lede van die 2005-reüniegroep Mnr. Fep du Toit

Upload: others

Post on 22-Feb-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Oud-Affiebond

Algemeen

Oud-Affiedinee

Die Oud-Affiedinee word op die

vooraand van die jaarlikse

kragmeting teen Pretoria Boys

High, op 7 Augustus, by Utopia

Place gehou. Talle jaagroepe het

reeds tafels bespreek. Bespreek

nou jou plek om teleurstelling te

voorkom.

Tyd: 18:30 vir 19:00

Drag: Formeel (baadjie en das)

Navrae: Tobias Lubbe, 071 410 4299, Tobias Lubbe

Koste: R450-00 per persoon

Oud-Affiekonsert

Die Oud-Affiekonsert vind op 21 Augustus plaas. Vanjaar sal daar aan

voormalige koor– en orkeslede wat die konsert bywoon die geleentheid

gegee word om saam met die koor en orkes op te tree. Kontak asb. vir

Estelle Matthee vir kaartjies en sodat die bladmusiek aangestuur kan word.

Die koste beloop R50 per persoon.

Reünies

Die 2005-groep het op Vrydag 24 Julie die saalopening bygewoon om hul

10-jaarreünienaweek af te skop. Na `n ontbyt by die skool se kafeteria is

daar `n ronde gholf gespeel en daarna het die manne by Baracas gekuier.

Saterdag het hulle die eerste span se wedstryd teen Maritzburg College

gaan ondersteun.

Opkomende reünies:

7 en 8 Augustus: 1965, 1985 en 1995 (Die 1985 groep woon die

saalopening van 14 Augustus by.)

21 Augustus: 1975

28 en 29 Augustus: 1955

18 September: 1960 en 1990

Neem asb. kennis dat die Affies/Boys High-naweek vir 2016 reeds deur die

1986- en 1966-groepe bespreek is. Die skool kan slegs twee reüniegroepe

op `n slag hanteer.

AHS/OAB-gholfdag

Daar is nog enkele vierballe en putjies

beskikbaar vir 8 September. Skakel Hanlie

Delport by 082 908 2295, of e-pos.

Wildsfees

Die jaarlikse wildsfees vind vanjaar op 15 Augustus op die B- en C-

rugbyvelde plaas. Die OAB het weer hul eie lapa. Die kaartjiekoste beloop

R250.00 en sluit toegang, eetgerei, sitplek en al die lekker kos in. Al wat jy

moet saambring is jou eie drinkgoed en glase.

Navrae: Marna Beineke 083 286 4405 of e-pos

Oud-Affies

AB de Villiers

Proteaskaptein, AB de Villiers (matriek 2002), het

onlangs die trotste pa van `n seun geword. Die

seun heet ook AB en sal hopelik in 2019 op sy pa

se spore op die rooi stoepe wandel. Die OAB wens

AB alle sterkte met die vreugdes en pligte van

vaderskap toe.

Adv. Ben Swart

Adv. Ben Swart (matriek 1979) het op

Vrydag 24 Julie 'n inspirerende praatjie

oor sy Mount Everest-avontuur tydens die

saalbyeenkoms gelewer. Die seuns het

aan sy lippe gehang terwyl hy verduidelik

het hoe Everest geklim word en die

gevare wat daarmee saamgaan. Hy het sy wedervaringe van hierdie

uitdaging duidelik gemaak met `n skyfievertoning en vertel hoe vyf van sy

vingers weens vriesbrand geamputeer moes word. Lees gerus meer oor

Ben se ervaring van Everest deur hierdie skakel te volg.

Bernie Theron

Oud-Affie, Bernie Theron (matriek

2013), het op 27 Julie sy grootste

avontuur tot op hede voltooi. Hy het

vir 27 dae oor 600 km `n solostaptog

van die noorde tot die suide van

Ysland, met ongeveer 45 kg se

toerusting, onderneem. Na aanleiding van die suksesvolle voltooiing van

hierdie tog oor Ysland is Bernie met die Nightjar Avonturier van die Jaar

toekenning vir 2015 vereer. Bernie is `n avonturier ter harte en het reeds in

2013 `n solostaptog langs die ooskus van Suid-Afrika voltooi. Lees meer oor

Bernie se staptog deur hierdie skakel te volg.

Nardus Badenhorst

Oud-Affiewaterpolospeler, Nardus Badenhorst (matriek 2008), is lid van die

Suid-Afrikaanse span wat tans aan die FINA Wêreld Kampioenskap te

Kazan, Rusland, deelneem. Hy het `n doel aangeteken in die span se 10-8

oorwinning oor die Argentyne in hul eerste westryd van die toernooi.

Werner Beineke

Werner Beineke, (2012 matriek), is tans

`n onderwysstudent aan die Universiteit

van Pretoria. Hy is die voorsitter van

Afriforum Jeug by Tuks wat hulle met

studenteregte beywer, asook die

gebiedstaatsmakerleier van die

Voortrekkers in Noord-Wes, Limpopo,

Mpumalanga en Gauteng. In hierdie

hoedanigheid is hy deur die FAK

(Federasie vir Afrikaanse

Kultuurvereniginge) genomineer om op die Jongeren Projek te gaan. Die

Jongeren Projek is 'n uitruilprogram tussen Suid-Afrika, Namibië, België en

Nederland om studente 'n kans te gun om meer oor die kultuur,

studentelewe en algemene lewenswyses van die ander lande te ervaar.

Vanjaar was dit die studente van Suid-Afrika en Namibië se beurt om oorsee

te vlieg. Hulle was vir 3 weke daar en daar is by onder andere 'n somerskool

by die Universiteit van Hasselt, die Vlaamse parlement en bierbrouerye

besoek aangedoen.

Lief en leed

Dit is met groot hartseer dat die OAB van die volgende sterftes verneem het:

Mnr. Fep du Toit

Die OAB kyk met mooi herinneringe en

dankbaarheid terug op Fep du Toit se bydrae tot

die uitbouing van Affies sedert sy aanstelling in

2000. Die Bond betuig sy innige simpatie met sy

seun, Fep (jnr.) wat ook aan Affies verbonde is, sy

eggenote, ander naasbestaandes en vriende.

Flip Olivier (1944)

Flip Olivier is op 25 Junie in die ouderdom van 88 jaar in die Kingswood Frail

Care oorlede. Hy laat sy dogter Elsabé en sy seun Philip agter.

Zillo van der Merwe (1938)

Oom Zillo van der Merwe, hoofseun van 1938, is op 3 Julie oorlede.

Hugo van der Hooven (1972)

Hugo van der Hooven is by sy suster in Hermanus aan longkanker oorlede.

Sy pa en broers (Fanie en Pieter) was ook in Affies. Hugo het in Knysna

gewoon en het sy beroepsloopbaan in die bankwese afgesluit. Hy was ’n

kranige sportman en het sy groen nommer vir die Two Oceans verwerf.

Hy laat ’n seun en ’n dogter agter.

Skoolnuus

Kultuur

Applous-koorkompetisie

Die OAB wens die Affie-koor alle sterkte toe

met die landswye finaal van die ATKV

Applous koorkompetisie wat op Saterdag 8

Augustus in Port Elizabeth plaasvind. Die

Rooidasse vertrek reeds die

Donderdagaand om 21:00 per bus vanaf die

skool. Ons beste wense vergesel hulle.

Sport

Glenwood Interskool

Hierdie naweek (31 Julie - 1 Augustus) is ongeveer 600 seuns per bus na

Durban onderweg om daar teen Glenwood High School in onder meer

rugby, hokkie, fietsry en tennis deel te neem. Kom ondersteun gerus jou

Alma Mater indien jy in die omgewing is.

Hokkie

Vroeg in die nuwe kwartaal het Affies reeds

kragte teen die land se voorste hokkieskool,

Maritzburg College, gemeet. In die hoofwedstryd

het die skole se tweede spanne teen mekaar te

staan gekom omrede albei eerste spanne aan `n

toernooi in die Kaap deelgeneem het. Die

tweede span verloor `n taai wedstryd naelskraap

2-3.

Die eerste span was op `n toer waar hulle aan die Kaapstad Internasionale

Skolefees deelgeneem het. Affies se Witstokke bekleë tans die tiende plek

op die jongste Powerade skoleranglys.

Kaapstad Internasionale Skolefees:

Affies 0 – SACS 3

Affies 7 - Windhoek Gimnasium 4

Affies 1 – Edgemead 2

Affies 3 - Paarl Vallei 2

Affies 2 - Hoërskool Outeniqua 0

Affies 3 – Westelike Provinsie Uitnodigingspan 2

Affies 3 – Fairmont 2

Rugby

Vanjaar se Wit Bulle-span het die afgelope

naweek gewys hoekom hulle tans die tweede

plek op die nuutste Powerade skoleranglys

beklee.

Die eerste span wen `n opwindende

wedstryd, wat ook op Supersport uitgesaai is,

teen Maritzburg College op die A-veld met 50

-19. Volg die skakel na Affies se webblad om

die res van die spanne se uitslae te sien.

Vier van Affies se rugbyspelers is in die SA Skolespan en SA Akademiespan

ingesluit. Baie geluk aan Ruben van Heerden (slot) en Cabous Eloff (stut) wat

in die SA Skolespan ingesluit is. Eddie Fouché (losskakel) en Phillip Krause

(flank) is in die SA Skole A-span opgeneem.

Alumnet

Die OAB het jou hulp nodig in die opdatering van die oud-

Affiedatabasis.

Ons wil graag jou korrekte besonderhede hê ten einde kommunikasie en

reünieskakeling te vergemaklik.

Dateer jou inligting soos volg op:

Volg hierdie skakel na die Alumnet-databasis:

Die skakel maak op ‘n intekenblad met die oud-Affie wapen oop. Gebruik die

e-posadres waarop u hierdie nuusbrief ontvang het as e-pos. Klik op die

“Nog nie geregisteer nie” knoppie. Die stelsel maak ‘n venstertjie oop waarin

jy jou wagwoord kan insleutel en bevestig. Volg die eenvoudige aanwysings

terug na die inteken-blad. Jy kan nou jou profiel volledig op datum bring.

Die Affies Alumnet Databsis word deur ons borge ondersteun. Indien jy jou

besigheid blootstelling op hierdie unieke platform wil gee, volg hierdie

skakel of maak kontak met Tobias Lubbe.

Ons maak staat op u betrokkenheid en ondersteuning.

Niel Coetzer en Dirk Taljard

Namens OAB-bestuur

31 Julie, 2015

Nuusbrief

Belangrike datums:

7 Augustus Oud-Affiedinee

Navrae: Tobias Lubbe 071 410 4299 of e-pos

15 Augustus Wildsfees

Navrae: Marna Beineke 083 286 4405 of e-pos

21 Augustus Oud-Affiekonsert, Potgietersaal

Navrae: Estelle Matthee per e-pos

8 September Oud-Affiegholfdag, Wingate Park

Navrae: Marna Beineke 083 286 4405 of e-pos

Ons nooi jou vriendelik uit om asb. hierdie sosiale geleenthede te

ondersteun. Daar kan mos niks lekkerder wees as om saam met

jaargroepe en vriende te kuier nie!

Ons doen vriendelik beroep dat nuus aan die skakelkantoor deurgegee

word sodat ons dit met die oud-Affiegemeenskap kan deel. Ons

verwelkom met graagte enige voorstelle of advies ter bevordering van

die OAB.

Lede van die 2005-reüniegroep

Mnr. Fep du Toit