openbaring 5:11-14

Download Openbaring 5:11-14

Post on 08-Feb-2016

72 views

Category:

Documents

0 download

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Openbaring 5:11-14. God nooi ons uit en ons kom tot rus. God praat met ons en ons luister. Openbaring 5:11-14. Familie-oomblik. Visuele taal. Karakters in die hemelse drama. Die boekrol. Leeu van Juda. ... ʼn Lam, die een wat geslag was. Die Lam ontsluit die geskiedenis. - PowerPoint PPT Presentation

TRANSCRIPT

  • Openbaring 5:11-14

  • God nooi ons uit en ons kom tot rus

  • God praat met ons en ons luister

  • Openbaring 5:11-14

  • Familie-oomblik

  • Visuele taal

  • Karakters in die hemelse drama

  • Die boekrol

  • Leeu van Juda...

  • ... n Lam, die een wat geslag was

  • Die Lam ontsluit die geskiedenis

  • Lofprysing en aanbidding

  • Teenwoordige tyd

  • Ons eie lof en aanbidding

  • God stuur ons om te leef

  • Volgende erediens

    Openbaring 7:9-17

  • PowerPoint agtergrondBaie mooi Powerpoint agtergronde kan vir sowat $3 hier http://www.sermonspice.com/search?page=1&sort_by=popular&category_id=2 aangekoop word.

    Titel: Praise Him, eiendom van Taston. Foto geneem op 6 Julie 2008 met n Panasonic DMC-FZ7, beskikbaar by http://www.flickr.com/photos/taston/2791634961/.Kopiereg gerel deur Creative Commons en laat plasing en redigering toe.

    *RusToetredeLied 195 vers 2 U, o God, wat ewig op die troon is ofVONKK 119 Heilig, Heilig, Heilig Is Die Heer http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0119 Flam 1 Die Hemel Juig http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F001 Votum:Liturg: Die Lam wat geslag was, is waardigom die mag en rykdom,die wysheid en sterkte,die eer, heerlikheid en lofte ontvang.13Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor s:Gemeente:Aan Hom wat op die troon sit,en aan die Lam,behoort die lof en die eer,die heerlikheid en die krag,tot in alle ewigheid.

    Liturg:Amen

    SengroetL: Genade en vrede van God ons Vader,G: die Heerser oorlewe en dood.L: Genade en vrede van Christus wat uit die dood opgewek is,G: Eersteling van di van wat gesterf het.L: Genade en vrede van die Heilige Gees,G: Ons Here en Lewendmaker.Almal: Amen.(Uit: Soos n Blom na die son draai deur Cas Wepener)

    LofsangLied 202 Prys Hom, die HemelvorsVONKK 43 My Hart Roep Uit http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0043 Flam 8 Al Die Lof, Aanbidding En Ere http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F008

    VerootmoedigingO Heilige Gees van God,Kom na ons en beweeg tussen ons:Kom as wind en reinig ons;Kom as vuur en suiwer ons;Kom as dou en verfris ons:Oortuig en bekeer ons en wy ons hart en lewe aan U Vir ons eie welsyn en tot u verheerliking.Ons vra dit in Jesus se Naam.(Eric Milner-White, aangehaal in Gebedeboek met Liturgiese Voorstelle, Luk. Verbi.BM)

    Toe-eiening

    Iemand lees Psalm 30:1-6Geloofsbelydenis

    *God praat met ons en ons luisterLied 223 Aan Jesus, Koning, al die eerFlam 9 Ons Redding Kom Van Ons God http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F009

    Gebed

    SkriflesingOpenbaring 5:11-14

    *Fokusteks: Openbaring 5:11-14Die Lam is waardig om die boek oop te maak5 In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek n boekrol gesien wat aan die voor- en aan die agterkant vol geskrywe was en wat met sewe sels goed versel was. 2Toe het ek n sterk engel gesien wat met n harde stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak deur die sels daarvan te breek?3Maar niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde was in staat om die boek oop te maak en daarin te kyk nie. 4Ek het baie gehuil omdat daar niemand gekry is wat waardig was om die boek oop te maak en daarin te kyk nie. 5Toe s een van die ouderlinge vir my: Moenie huil nie. Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe sels oopmaak.6Toe het ek voor die troon wat omring was deur die vier lewende wesens, tussen die troon en die ouderlinge, n Lam sien staan, die Een wat geslag was. Hy het sewe horings en sewe o gehad. Die sewe o is die sewe Geeste van God, wat oor die hele aarde uitgestuur is. 7Hy het toe gegaan en die boek ontvang uit die regterhand van Hom wat op die troon sit.8Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het n siter gehad en n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges. 9Toe sing hulle n nuwe lied:U is waardig om die boek te neemen die sels daarvan oop te maakomdat U geslag isen met u bloed mense vir Godlosgekoop hetuit elke stam en taalen volk en nasie.10U het hulle n koninkryken priesters vir ons God gemaaken hulle sal oor die aarde regeer.

    11Toe het ek rondom die troon en die lewende wesens en die ouderlinge n groot menigte engele gesien. Daar was duisende der duisende, ja, miljoene der miljoene. Ek het hulle hard hoor 12uitroep:Die Lam wat geslag was, is waardigom die mag en rykdom,die wysheid en sterkte,die eer, heerlikheid en lofte ontvang.13Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor s:Aan Hom wat op die troon sit,en aan die Lam,behoort die lof en die eer,die heerlikheid en die krag,tot in alle ewigheid.14Die vier lewende wesens het ges: Amen! En die ouderlinge het gekniel en God aanbid.

    *Familie-oomblik

    Hoewel kinders die fyner nuanses van hierdie gedeelte nie maklik sal begryp nie, stel Carolyn Brown (Forbid Them Not) voor dat gepoog word om te verduidelik dat Lam n kodewoord is vir Jesus en die een wat op die troon sit n kodewoord vir God is. S kan ons die Paasboodskap ontsyfer.

    *Preekriglyn[Nota: Hierdie preekriglyn veronderstel dat die hele Openbaring 5 in die erediens voorgelees en oordink word. Die preek sluit ook aan by die voorafgaande hoofstuk 4.]

    Die aangrypende tonele wat Openbaring 5 in mens se geestesoog skep, maak elkeen van ons regte Steven Spielberg. Mens word geboei deur die visuele taal wat rolprent byna letterlik voor jou o laat afspeel.En nie sommer gewone rolprent nie. Openbaring 5 beeld die diepste moontlike vrae uit. Dit het te doen met wat werklik saak maak. Vrae en oplossings wat die ratte van die geskiedenis in beweging kan laat kom. Of nie.Dramatiese oomblikke ontvou in die hemelruim. Ons staan in die troonsaal van die Koning van hemel en aarde. Die atmosfeer is met spanning gevul.In die regterhand van Hom wat op die troon sit, is daar boekrol. Dit is God se plan vir die wreld, van voor en van agter vol geskryf. Dit is goed met sewe sels versel Iemand wat waardig is, word gesoek om die sels te breek en die boekrol oop te maak.God se plan tot voordeel van die hele kosmos is gereed om te ontplooi. Daar kom egter sleuteldraer kort. Niemand kan gevind word wat waardig is om die boekrol oop te maak nie. Wat gaan gebeur?Die kamera draal oor die gesigte van die aanwesiges. Wie dra die sleutels om God se plan vir die wreld se geskiedenis te ontsluit? Terwyl die kamera op Johannes se gesig inspeel, rol die trane oor sy wange. Hy huil. Daar is niemand waardig nie. Stilte. Skaakmat.

    Grafika:Titel: Hebrew Torah Scroll 2, Dead Sea Scrolls Exhibition, eiendom van Steel Wool, foto geneem op 1 September 2009 met n Canon PowerShot A650 IS.Kopiereg gerel deur Creative Commons en laat plasing toe.

    *Karakters in die hemelse drama

    Die hoofkarakters in hierdie hemelse drama het ons reeds in die vorige hoofstuk begin ontmoet. Soos wat die kamera in ons geestesoog tonele uit verskillende hoeke vasvang, val ons blik een na die ander op die verskillende rolspelers in die dramatiese vertelling. Ons maak gebruik van die beskrywing wat reeds in hoofstuk 4 begin:Johannes, wat die getuienis van Jesus Christus neerskryf, word deur die Gees na die hemel meegevoer. Hy sien oorweldigende visioen in die hemelhof.Daar aanskou hy die hemelse troonsaal, met Iemand, God, wat op die troon sit. God het glansryke, heerlike voorkoms wat met kleurvolle, kosbare edelgesteentes en die renboog vergelyk word. Weerligstrale, dreunings en donderslae kom van die troon af. Die troon simboliseer die heerskappy en oordeel van God as Koning.Voor die troon is daar sewe vlammende fakkels, die sewe Geeste van God, wat die volmaakte (sewe) werk en teenwoordigheid van die Heilige Gees voorstel.Rondom die troon is daar 24 ouderlinge wat op 24 trone sit. Hulle dra wit klere, het goue krone op hulle koppe. Die getal 24 is simbolies van die 12 stamme van Israel (die aartsvaders) en die 12 apostels. Hulle verteenwoordig die hele kerk of geloofsgemeenskap van alle tye. Hulle sit rondom God en aanbid Hom.Naby die troon is daar ook vier lewende wesens. Hulle is vol o van voor en van agter, en hulle elkeen het ses vlerke, aan die bokant en onderkant vol o. Die funksie van hierdie beeldspraak (o en vlerke) in Openbaring 4 is om die ratsheid, spoed en opmerksaamheid van die lewende wesens te beklemtoon (Du Rand). Die een lyk soos leeu, die volgende soos bul, dan gesig van mens, en die vierde lyk soos arend wat vlieg. Hierdie vier wesens verteenwoordig die hele skepping daar voor God se troon. In die Joodse Rabbiniese tradisie is die leeu die edelste, die bul die sterkste, die mens die slimste en die arend die vinnigste van alles wat lewe.

    *Die boekrolIn die openingskoot van hoofstuk 5 gaan die hemelse erediens wat in hoofstuk 4 begin het, voort. Daar is boekrol in God se regterhand, simbolies die hand van krag en gesag. Antieke boekrol was lang strook papirus (antieke papier) wat opgerol is. Dit is met sewe sels versel. Soos elke sel gebreek sou kon word, sou volgende stuk van die boekrol oopgerol en gelees kon word.Hierdie hemelse boekrol is simbolies van God se plan om verlossing en oordeel in die toekoms te ontplooi. Dit was algemene simbool in die Joodse toekomsskrywing. Soos die boekrol oopgerol word, namate die sels ontsluit word, sal God se plan van verlossing en oordeel ontvou.Die dramatiese vraag van die sterk engel met harde stem klink op: "Wie is waardig om die sels van die boekrol in God se hand oop te breek?" Almal wat leef op aarde kan hierdi