ons vir jou suid afrika die evangelie ook internasionaal...

24
Wie volhard tot die einde toe ... ............................................. 2 Staar die dubbelloop van bankrotskap in die oë ................... 3 Pniël word Keith se rusplek ................................................... 4 Ons adviseur is weg .............................................................. 4 Kerswense en Nuwe jaar ...................................................... 5 Pilare van Aksie 1:8 ............................................................... 5 Hoor jy die fluitjie blaas!? ...................................................... 6 Ons vir jou Suid-Afrika ..........................................................8 Kaart: Geestelike werkers in SA ......................................... 10 Kaart: Werkers en Sendelinge in SA .................................. 12 Diagram: Uiteensetting van die samestelling van mense in Suid-Afrika wat bereik moet word ....................... 14 Diagram: Uitbeelding van die grootste hoeveelheid van mense in ons land......................................................... 15 Die werk al halfeeu aan die gang ........................................ 16 Nuwe bewegings in Mosselbaai ......................................... 17 Die evangelie ook internasionaal uitgedra ..........................18 Kaart: Sendelinge Internasionaal ...................................... 22 Jaargang 19 Nr 47 Desember 2011 Pniël Keith se rusplek Ons adviseur is weg 4 Ons vir jou Suid Afrika 8 Die Evangelie ook internasionaal uitgedra 18

Upload: others

Post on 24-Sep-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

Wie volhard tot die einde toe ... .............................................2

Staar die dubbelloop van bankrotskap in die oë ...................3

Pniël word Keith se rusplek ...................................................4

Ons adviseur is weg ..............................................................4

Kerswense en Nuwe jaar ......................................................5

Pilare van Aksie 1:8 ...............................................................5

Hoor jy die fluitjie blaas!? ......................................................6

Ons vir jou Suid-Afrika ..........................................................8

Kaart: Geestelike werkers in SA .........................................10

Kaart: Werkers en Sendelinge in SA ..................................12

Diagram: Uiteensetting van die samestelling van mense in Suid-Afrika wat bereik moet word .......................14

Diagram: Uitbeelding van die grootste hoeveelheid van mense in ons land.........................................................15

Die werk al halfeeu aan die gang ........................................16

Nuwe bewegings in Mosselbaai .........................................17

Die evangelie ook internasionaal uitgedra ..........................18

Kaart: Sendelinge Internasionaal ...................................... 22

Jaargang 19 Nr 47 Desember 2011

Pniël Keith se rusplekOns adviseur is weg

4

Ons vir jou Suid Afrika

8

Die Evangelie ook internasionaal

uitgedra18

Page 2: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

T`ydens ‘n Sinodale Sending-kommissievergadering (SSK) op 13 Oktober 1992 moes besin word oor

die sendingpad vorentoe. Daar is besluit om die sendingwerk voorts onder die vaandel van Aksie 1:8 te laat vaar. Verskeie name en strategieë is oorweeg. Daar is op Aksie 1:8 besluit, omdat dit ten beste die doel, visie en strategie vir die pad vorentoe saamgevat het: Handelinge 1:8 in aksie met die droom dat elke gemeente ‘n Hand. 1:8 gemeente sal wees! So het Aksie 1:8 negentien jaar gelede die lig gesien.

Dit was ’n beskeie begin vir Aksie 1:8. Die Aksie het ’n diep-in-die-rooi-bankrekening geërf, werk onder swart- en bruinmense het byna tot stilstand gekom en daar was geen betrokkenheid by buitelandse sendelinge nie. Sedertdien het die Here die werk geseën en is verskeie kerke en gemeentes nou betrokke. Funksionele strukture het ontwikkel, ’n sendingkantoor is gevestig en talle arbeiders het tot die oeslande toegetree, ja, talle het gekom, maar talle het ook gegaan!

Tans is die Aksie by die bedieninge en versorging van verskeie swart-, bruin- en Indiërwerkers in die ERC en EGK onderskeidelik betrokke, asook by binne- en buitelandse transkulturele sendelinge en kinderevangeliste in 18 lande. Die Aksie het net twee betaalde amptenare in diens. Al die ander geroepenes is afhanklik van subsidies en donasies, soos die Here deur gehoorsame kinders van God en gemeentes voorsien.

Talle seminare en eredienste oor wêreldevangelisasie is al aangebied. Sendingkonferensies, ekspo’s, gebedsreise en korttermynuitreike, waartydens die Woord bedien en ’n verskeidenheid

geestelike films gewys is, het plaasgevind. Derduisende traktaatjies is uitgedeel, persoonlike gesprekke het plaasgevind, Bybels is versprei en kerke geplant. Bestaande geboue is opgeknap en nuwe kerke is gebou. In die proses is met 15 ander sendingorganisasies genetwerk en saamgewerk. Dit was ons beskeie poging om in 19 jaar so veel as moontlik ’n bydrae te lewer om ’n verskil te maak in ’n wêreld van noodlottige donkerheid en gehoorsaamheid aan die Groot Opdrag.

Daar is geleer dat dié wat bid en gee op die tuisfront, net so belangrik is soos hulle wat na die voorste linies gaan! Die belangrikste van alles is: kosbare lewens is met die evangelie bereik en mense het Christus ontmoet as Verlosser en Saligmaker, selfs vêr buite gemeentegrense en kerkgeboue!

Nog ‘n jaar is ten einde, nog ‘n jaar nader aan die wederkoms, nog ‘n jaar minder vir die siele-oes! Wie sal volhard tot die einde toe? Ja, volharding, aanhou en uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is die goue reël en die sleutel vir deurbrake. Dit kos geduld en ‘n dit het sy prys, maar die oorwinning is soet. Ons bring eer en hulde aan ons wonderbare Heer en Meester. Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid.

Thys Loubser

2 www.aksie18.co.za

Wie volhard tot die einde toe.....

RedaktioneelRedaksioneel

Redakteur: Ds Thys LoubserWebblad: www.aksie18.co.zaAdres: Posbus 15769 Sinoville 0129

Tel: 012 818 1574Faks: 086 693 3513E-Pos: [email protected] REKNO. 5260 146779

Aksie 1:8 Nuusblad

Onder beskerming van die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika

Page 3: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

3www.aksie18.co.za

Staar die dubbelloop van bankrotSkap in die oë

NuusNuus

V/reeswekkende tendense in ons samelewing is bankrotskap. Baie besighede en sakemanne gaan

finansieel onder en staar die pyn van bankrotskap in die oë. Daar is ook ‘n geestelike bankrotskap wat in ons land en sy kerke ingetree het, waar ons geestelik, soos Laodicense in Openbaring 3 uitgeklee en naak staan voor God, maar dit nie eens glo, raak sien of wil erken nie. Dit is om in die dubbelloop van ‘n haelgeweer te kyk en net te wag op die sneller wat gevuur moet word! Staar ons as sendingaksie ook bankrotskap in die oë? Wanneer daar moeilike tye kom en besparingsmaatreëls toegepas moet word, word die sendingkrane eerste toegedraai, want sommiges beskou dit as “luuksheid” eerder as ‘n “noodsaaklikheid”. Ander het “beginsel” besware teen sending gegrond op die mistasting van die Skrif, wanpersepsies, politieke afkeure of ingebore rassehaat.

Te midde van hierdie kruisvuur van opinies hardloop ons ook op ‘n R 100 000 per maand tekort op ons begroting. Is dit dus net ‘n kwessie van tyd? Bo en behalwe vir die finansiële situasie, het ons ook geestelik ‘n vars aanraking van God deur sy Gees nodig, dat Hy ons aandoen met krag en ‘n salwing om in hierdie tyd van vervlakking voort te gaan om die evangelie oral te verkondig.

Waarom is ons nog nie bankrot nie? Die antwoord is dat die sendelinge nog steeds die Here soek, maar ook bereid is om met die minimum oor die weg te kom en met die tekorte saam te leef ten einde hul roeping uit te leef. Daarom kan ons nog voortgaan!

VuurdoopIn die geestelik realm soek ons in ons swakheid deurlopend die vuur van die Gees om op

ons te rus en in ons te werk. Daar kan geen deurbraak in die heidenhart kom as die Heilige Gees dit nie doen nie! Ten einde die houvas van voorvadergeeste, kultuurkettings, heidense gebruike en valse godsdienstoue te breek, verg toewyding en gebed!

Projek 850Projek 850 is ons poging om in die geloof 850 nuwe ondersteuners te werf ten einde bogenoemde finansiële te kort uit te wis en in die geroepenes van God se behoeftes te kan voorsien. Mag die Here u as leser tot voorbidder en rentmeester opwek, en selfs gebruik om ander in u kring van invloed te oortuig om ons hierin te help. Kontak ons gerus vir meer inligting. Baie dankie vir u wat alreeds hierin betrokke geraak het.

Projek 850 behels dat 850 vriende hulle tot die werk van Aksie 1:8 in gebed en deur finansies verbind: 50 mense wat elk R 500 pm bydra, 100 mense R 300 elk, 200 mense R 100 elk en 500 mense R 50 elk. Sodoende kan ons ons sendelinge beter versorg en nog groter projekte tot eer van die Here loods!

Ons sal graag vir u die nodige debietorder, wat u kan gebruik, aanstuur of u kan die strokie op bladsy 24 invul en vir ons stuur. Wanneer u ‘n direkte deposito wil maak, pos of faks asb. vir ons die depositobewys na 086 693 3513. Indien u ‘n elektroniese inbetaling maak, stuur asb. vir ons ‘n e-pos na [email protected]. Onthou om die sendeling se naam of projek waarvoor u gelei voel om by te dra tydens inbetaling aan te dui. Dit sal ons finansiële bestuur vergemaklik.

Ons bankbesonderhede is: Aksie 1:8, ABSA Sinoville, Rek. Nr. 5260 146 779. Kontakbesonderhede: Kantoor: 012 819 1574 Cornelia: 082 216 7505

Page 4: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

Saterdagoggend, 22 Oktober 2011, kraak Hennie se stem snikkend oor die telefoon as hy sê: “Monica

is weg!” Dit was die aankondiging van Monica Groenewald se skielike dood in die ouderdom van 61 jaar. “Monica” beteken “om advies te gee”. As vrou, ma en maatskaplikewerkster het sy altyd insiggewende advies gegee en so het ons adviseur se aardse loopbaan ten einde gekom.

Monica se begrafnis is die Woensdag vanuit die Evangelisasiesentrum in PE gehou. Ds. Hennie Groenewald, Monica se man, het die boodskap gebring. Ds. Renier, seun van Monica, het die verrigtinge gelei en die

bedankings gedoen. Karien, hul dogter, het ‘n huldeblyk aan haar ma gebring.

Dit was ‘n wonderlike viering van hierdie merkwaardige vrou se lewe. Sy laat ‘n geweldige leemte in hierdie gesin se lewe en is ons in die sendingveld armer met haar

heengaan. Ons het ‘n stil staatmaker verloor. Sy het deur haar lewe onbaatsugtige diens onder gebroke en verwonde mense gedoen. Sodoende het sy altyd op grondvlak ‘n verskil gemaak waar sy was. Haar lewensfilosofie was: Wees stil en weet dat Ek God is!

Ons meegevoel vergesel Hennie met die bede dat die Here hulle sal troos en hom sal bystaan op sy pad vorentoe.

NuusNuus

4 www.aksie18.co.za

Ons adviseur is weg

pniël word keith Se ruSplekT -erwyl die Groenewald’s in PE

op Donderdag, 27 Oktober, gegroet word, ontvang ons

die ontstellende nuus van ds. Keith Baatjes(53), wat in ‘n noodlottige motorfiets ongeluk tragies en skielik oorlede is. Na ‘n lang en rype pad

deur die lewe van sekulêre werk, opleiding by die AEB en ondervinding in Kerk van die Naserener, het hy weer sy weg na die bediening gevind en is hy by STOK afgerond vir die EGK. Na ‘n maand en ‘n half in die bediening, nadat hy mid-September in Hankey georden en bevestig is, het die ewigheid skielik en vir ons onverwags en teleurstellend aangebreek.

Ons het soveel drome en verwagtinge gehad, maar het sy son ondergaan terwyl dit

nog dag was. Ons berus egter in die Here se soewereiniteit.

Ds. Oubaas Grundling het die Woord by die begrafnis meesterlik bedien. Daar was wonderlike vertroosting, maar ook ‘n skerp appél om reg te maak om God te ontmoet. In die sklideragtige dorpie, Pniël, tussen Stellenbosch en Franschhoek, met ‘n ryk sendinggeskiedenis, het die gemeenskap tot stilstand gekom vir die begrafnis. Die atmosfeer onder die om en by 600 mense was met oortuiging gevul dat die Here besig was om met elkeen te praat. Ds. Bruiners het die program gelei en ds. Moos het die verrigtinge by die graf hanteer.

Ons vertrou dat Jesus sal voortgaan met die werk wat Hy begin het. Terwyl ons saam met Rosemarie en haar gesin treur en soms nie verstaan nie, is ons hoop in Hom gevestig om hulle as familie te troos en ons om God se plan met sy werk in die Oos-Kaap te probeer verstaan en volhardend voort te gaan.

Page 5: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

NuusNuus

5www.aksie18.co.za

Pilare van die AksieAksie 1:8, gegrond in Hand.1:8, se

werk is op drie pilare gebou, nl. gebed, om te gee en te gaan.

GebedGeen bediening kan sonder gebed oorleef nie. Ons dank die Here vir getroue voorbidders wat hierdie saak alreeds vir 19 jaar dra. Bid vir die Kerk, bid vir SA, bid vir die wêreld! Bid, bid, bid....

GeeDie tweede pilaar is om te gee, ja, finansies, tyd en talente. Geen werk in die Koninkryk kan gedoen word sonder finansies nie.

GaanDie derde pilaar is om te gaan. Die Here stuur ons om te gaan en Hy bepaal die geografie: plaaslik, transkultureel of buitelands. Ons dank die Here vir geroepenes wat bereid is om te gaan en die werk prakties te gaan doen.

OndersteuningspanneVir hulle om te gaan, moet daar soveel meer wees om te ondersteun! So

kan meer individue en gemeentes ondersteuningspanne op die been bring, sodat ons almal kan saambou op hierdie drie pilare.

Hier volg enkele wenke soos geneem uit Marina Prins en Braam Willemse se uitstekende boek “Sendelingversorging”:

1. Stel vas by watter sendelinge die gemeente reeds betrokke is of betrokke wil raak.

2. Maak kontak met die sendelinge en verduidelik dat daar ondersteuningspanne in die gemeente gevorm gaan word. Hou hulle dus op hoogte van wat in die gemeente aan die gebeur is.

3. Stel vas op watter maniere daar reeds aan die sendelinge ondersteuning gebied word.

4. Identifiseer persone in die gemeente wat reeds sendelinge ondersteun of kontak met hul het.

Page 6: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

5. As die sendeling aan ʼn sendingorganisasie gekoppel is, betrek die organisasie by die ondersteuningspan.

6. Nooi almal uit na ʼn geleentheid waar daar inleidend gesels sal word oor die versorging van sendelinge en ondersteuningspanne.

7. Laat elkeen aandui by watter sendeling se ondersteuningspan hy wil inskakel.

8. Reël ʼn toerustingsessie oor die funksionering van ondersteuningspanne vir die groep.

9. Identifiseer ʼn koördineerder vir elke ondersteuningspan.

10. Laat elke persoon in die groep aandui by watter ondersteuningsarea hy betrokke wil wees.

11. Stel ʼn gereelde vaste tyd vas waartydens die groep bymekaar gaan kom.

12. Stel vas wat die sendelinge se onmiddelike behoeftes is waaraan eerste aandag gegee moet word.

13. Begin by die onmiddelike behoeftes van die sendeling en sorg dat dit hanteer word.

14. Effektiewe ondersteuning is gebaseer op vriendskapsverhoudings. Sonder ʼn vriendskapsverhouding tussen die sendeling en sy ondersteuningspan en sonder om

ʼn daadwerklike poging aan te wend om mekaar werklik te leer ken, is dit baie moeilik en selfs onmoontlik om die sendeling effektief te versorg.

15. Hou ʼn beplanningsessie waartydens die span elke ondersteuningsarea bespreek en ʼn aksieplan opstel.

16. As daar nie genoeg mense is om elke area te hanteer nie, begin by die noodsaaklikste. As die ondersteuningspan se basis gevorm is, sal dit mettertyd self groei.

17. Waar die sendeling deur ander gemeentes ook ondersteun word, moet daar gekyk word na ʼn gesamentlike ondersteuningspan wat uit lede van al die betrokke gemeentes en organisasies bestaan.

18. Die koördineerder moet beide die sendeling en die leierskap van die gemeente deurgaans op hoogte hou van die ontwikkeling van die ondersteuningspan.

Kontak met ons indien u meer wil weet oor sendelingversorging en hoe om u ondersteuningspan op die been te bring. Die bogenoemde boek is by Aksie 1:8 beskikbaar en sterk aan te beveel om aan te skaf teen R100, posgeld ingesluit. Onthou om ons in enige inisiatief te ken en ons op hoogte te hou, want ons wil graag saam met u in hierdie groot saak werk.

6 www.aksie18.co.za

NuusNuus

!!hoor jy die fluitjie blaaS!!alarmiStS, realiStS, non-realiStS

and the ignorant

Some people are called alarmists when they warn against things they see as real dangers. One serious

problem is that we do not know history and how history repeats itself over and over again. In 1993-1994, people in Rwanda began to warn against a possible genocide. They have seen genocides in the 1950s and early 1970s. They saw history repeating

itself in the build-up to the 1994 genocide. There was a build-up of emotions over some years and then it just exploded. The Hutus were emotionally prepared and adequately indoctrinated to kill the Tutsis when the call was made. For years racial and ethnic tensions were escalating. The genocide in Rwanda is called the fastest genocide in history (not the biggest.) For just over 100 days 8 people were killed every minute. One million people.

Page 7: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

NuusNuus

7www.aksie18.co.za

During the reign of Idi Amin in Uganda 300 000 people were killed in a genocide. During the reign of his successor, Milton Obutu, 100 000 people were killed. These atrocities were caused by economic demands linked to racial and ethnic tension. Hitler killed 6 million Jews. The main reason was his philosophy of the inferiority of the Jews. In the end some 27 million people died because of Hitler. We can repeat these stories: 30 million people died under Stalin, 50-70 million under Mao Tse Tung and many millions because of the Japanese invasion of Korea, China and other nations in Asia. We can add the killing fields of Cambodia under Pol Pot.

Just across the border we have the situation in Zimbabwe. Tens of thousands died in ethnic classes and much damage has been done to the economy of the nation. Promises have been made about prosperity that will come, but the results were only poverty and hardship. Today just under 50% of the population of Zimbabwe lives outside Zimbabwe, mostly in neighbouring countries.

The story nearly always develops in the same way. Either economic unrest and dissatisfaction begins with the masses or racial tension (where one group see themselves as superior to another group or unforgiveness to a specific group) or both start to influence society. People are ridiculed, and marked as troublemakers, thieves and the cause of the problems in the country. Promises (unrealistic promises) are made to the masses and a culprit is needed. Destroy the culprit and everyone will prosper.

As Christians we are commanded not to judge, but to repent of our sins, to forgive our enemies, to pray and intercede for our government so that peace can prevail. Christians are to be peacemakers. Christians were never called to demonstrate in streets or to take up weapons, e.g. the history of the Crusades. But as Christians we are also to issue warnings when we

see wickedness rise and to call people back to God. The people that normally suffer are minority groups, Christians or anyone that tries to stop the violence. Most of these factors are present in South Africa. Anyone reading and listening can tell you that. We have seen and are seeing definite cases of xenophobic attacks in South Africa. We are hearing of economic demands and derogatory remarks against different ethnic groups. Let us not be ignorant about the times. It is a time for the church at least, to cry out to God for help and intervention. I hear that many people say we must not fear or pray from a position of fear and that we must not hastily come to conclusions, etc. I agree. And we need to face the facts. In nearly every genocide people said: surely it will not happen here.

For decades we were living on the edge of a civil war. Is it possible that we are now closer to a genocide than to just a civil war. The question that I am addressing is not about what and who is right or wrong. The question is: are we reading the signs of the times correctly or are we just trying to ignore the situation and hope for the best?

As Christians we have access to the throne of grace. As Christians we need to go to the Lord and ask for His mercy on our nation.

We see ethnic tension. We see xenophobic attacks. We see labour unrest. We see a growing number of people slipping into poverty and more and more people unemployed. There is a problem with service delivery in many municipalities. We see an increase of militant young people.

Some Christians strongly advise not to pray from a position of fear. Well, I think that when the first few hundred people are killed, fear will soon enough inspire quite a number of people to start to pray very seriously, the advisors included. And my prayer is that no form of civil war or genocide will come to our nation.

Dr. Bennie MostertJericho Walls International Prayer Network

Page 8: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

8 www.aksie18.co.za

Area 2 NuusNuus

Ons vir jou Suid-AfrikaT-oe Jan van Riebeeck en sy

geselskap in 1652 in Tafelbaai voet aan wal gesit het, was dit nie alleen

die begin van die eerste permanente blanke-westerse kolonie aan die suidpunt van Afrika nie, maar ook die aanvang van die eerste uitgesproke poging om die inheemse bevolking te kersten. In sy voorgeskrewe formuliergebed was die betekenisvolle sinsnede wat daarop dui dat die Hollanders die evangelisering van die “naakte heidene” as deel van hul opdrag beskou.

Dit was egter eers in 1737 – 85 jaar na volksplanting – dat die eerste sendeling, Georg Schmidt, die Morawiër van Herrnhut, na die Kaap gekom het om die Khoikhoi te kom evangeliseer. Hierdie pionier het probleme en teenstand ondervind en

het na 7 jaar se harde arbeid vertrek, maar Genadendal, soos sy sendingstasie later bekend sou staan, is vandag ‘n monument van sy liefde en toewyding.

In 1799 het sendelinge van die Londense Sendinggenootskap in die Kaap gearriveer. In Kuruman het Moffat die eerste Bybel in ‘n inheemse taal die lig laat sien. Moffat se skoonseun, Livingstone, het die binneland van Afrika oopgesluit vir die buitewêreld.

Sedertdien het die jare gekom en gegaan, kerke is geplant en steeds is ons besig met hierdie onherroeplike opdrag van die Here aan die suidpunt van Afrika, maar ook tot aan die uithoeke van die wêreld. Dit is ons gebed dat die Here ons weer ‘n hart vir hierdie land en sy mense sal gee, met al sy uitdagings, hartseer, haat, foute, wanhoop, korrupsie, wanbestuur, misverstande, wanpersepsies en en en.......

Statisties word ons land as 77% christen beskou, maar navorsing sê dat ongeveer 15% waarlik wedergebore,

evangeliese christene is. Die evangeliseringstaak bly

steeds groot onder alle bevolkingsgroepe. Daarom roep die Here ons voortdurend tot die sendingtaak om die evangelie oral te verkondig. Sedert die vroeg sestigs se sendingarbeid is die ERC en EGK geplant.

Op die landkaarte, van bladsye 10-13, vind u foto’s van ons werkers in - (a) die ERC, (b) die EGK en (c) sendelinge, wat met ‘n pyl die area in die land aandui waar hulle werk. Bid vir hulle en die werk wat hulle ook soos Georg Schmidt, steeds onder moeilike omstandighede doen. Bid vir arbeiders in die oesland en vir beter versorging van hulle behoeftes.

ERC1. Vosloorus, Boksburg: Ev. Rose Thabethe. 2. Kagiso, Krugersdorp: Ds. Hendrik Motsoeneng3. Tshepisong: Ds. Sameul Tau.4. Duduza, Nigel: Ds. Johannes Maseko.5. Monakato/Patsima, Rustenburg: Ds. Johannes Mofokeng6. Winterveld, Hammanskraal: Ds. Billy Rakau.7. Soshanguwe: Ds. Sipho Sibanyoni.8. Mamitwa, Tzaneen: Ds. George Makhubele.9. Temba, Hammanskraal: Ds. Shadrach Zwane.10. Acornhoek, Hoedspruit:

Page 9: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

9www.aksie18.co.za

Area 2NuusNuus

Ds. James Mathebula.11. Mbonisweni, Nelspruit: Ds. Sthembiso Nkambula.12. Cunningmore, Hoedspruit: Ds. Simon Khoza.13. Matsulu, Nelspruit: Ds. Elijah Mkhanazi.14. Klau-Klau, Nelspruit: Ds. Johannes Nkoana15. Carolina: Ds. Abednego Mthimunye.16. Standerton/Bethal: Ds. Sameul Maluke.17. Sakhile, Standerton: Ds. George Ndlamlenze. 18. Hibberdene: Ds. Simon Mahlangu.19. Osizweni, Newcastle: Ds. Misach Buthelezi.20. Kentani, Transkei: Ds. Gamalakhe Roqo.21. Botshabelo, Bloemfontein: Ds. John Mataung. 22. Thaba N’chu: Ds. Paulus Tjaoe. 23. Maokeng, Kroonstad: Ds. Paulus Mashanini.24. Bethlehem: Ds. Moses Nkosi.25. Sasolburg: Ds. Johannes Moloi.26. Katlehong, Alberton: Ds. Kleinbooi Xhoba. Tafelkop, Middelburg en Sebokeng, Vereeniging is vakant vanweë predikante wat afgetree het.

EGK1. Kimberley: Ds. Willem Potgieter2. Vredenburg: Ds. Dan Fredericks3. Jeria Sending: Ds. Gert en Evelyn Korah doen evangelisasie, skolebediening en Gemeenskapsontwikkeling. Jeria Sending is nie ‘n kerk nie en Gert is nie predikant van die kerk nie, maar ons is by hulle sending betrokke.4. Athlone, Kaapstad: Ds. Frans Geldenhuys en

mev. Kleinhans5. Willowmore: Ds. Barnie Olivier6. Mosselbaai/George: Ds. Lourens Fourie Ds. J. Boshoff7. Uitenhage, Rosedale: Ds. Joey Bruiners8. Bethelsdorp: Ds. Peter Felix9. Hankey: Vakant, word bedien deur ds. Martin Moos 10. De Mistkraal: Vakant, word bedien deur ds. Martin Moos11. PE Hillside: Di. Martin Moos en Oubaas Grundling12. PE Môrester: Ds. Hennie Groenewald13. Graaff-Reinet: Ds. Phillip Jacobus14. Nigel, Alrapark: Die gemeente is vakant en word tydelik deur dr.Samie de Jager en studente bedien.

~ ~ ~ ~15. Chatsworth, Durban: Isaac en Aida Munusamy doen straatwerk en kinderevangelisasie, asook vrouebyeenkomste en bidure onder Indiërgemeenskap. 16. Pretoria: Sonnika Gillespie werk saam met Aksie Arbeiders vir die Oes in Pretoria se middestad met meisies wat in prostitusie verval het.17. Polokwane: Melville en Madelein Botha werk in en om Polokwane onder verarmde blankes. Melville het in Julie saam met “Manne vir Jesus” ook uitgereik na Mosambiek. Lovemoz het hierdie uitreik moontlik gemaak.18. Pretoria: Barney en Ingrid Wolmarans doen evangelisasie en uitreike na verskeie tronke vanuit Wonderboomgemeente.

Page 10: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

Area 2 NuusNuus

10 www.aksie18.co.za

Page 11: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

Area 2NuusNuus

11www.aksie18.co.za

Page 12: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

Area 2 NuusNuus

12 www.aksie18.co.za

Page 13: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

Area 2NuusNuus

13www.aksie18.co.za

Page 14: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

Area 2 NuusNuus

14 www.aksie18.co.za

Op die diagram hierbo sien u ‘n uiteensetting van die samestelling van mense in Suid-Afrika, wie die kerk met die evangelie moet bereik.

Ons bevolking van byna 49 miljoen bestaan uit 4,6 miljoen blankes, 1,3 miljoen asiate, 3,8 miljoen bruinmense en 39 miljoen swartmense.

Missionêr kan ons vanuit Hand. 1:8 sê dat indien jy deel is van die blanke gemeenskap, dit jou area 1

is, wat impliseer dat jy alle blankes plaaslik en landswyd (jou Jerusalem en Judea) moet bereik, asook area 2, alle mense met ‘n ander taal en kultuur (jou Samaria). Indien jy deel is van die swartgemeenskap en so elke ander bevolking, is jy in jou area 1 en is al die ander in die land jou area 2 om met die evangelie te bereik.

Area 3 is alle mense buite ons land en word op bladsy 22-23 uitgewys.Hoe aktief is jy besig met die Groot Opdrag?

Page 15: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

Area 2NuusNuus

15www.aksie18.co.za

Op die bostaande diagram sien u ‘n uitbeelding van die grootste hoeveelheid van mense in ons land. Die grootste hoeveelheid inwoners is deel van die swartbevolking, nl. 39 miljoen.

Onder die 10 plus verskillende groepe waaronder hulle verdeel word sien ons die 5 Ngunigroepe en die 3 Sothogroepe.

Wat hierdie diagram wil aandui is hoeveel Xhosas, Zoeloes ens in ons

land is. Dan dui missioloë met ‘n rooi op die punte die hoeveelheid van hierdie groepe aan, wat al positief op die evangelie gereageer het. Die blou hoeveelheid is mense wat nog buite staan en hink op twee gedagtes, of die evangelie verwerp het of nog nie behoorlik bereik is nie.

Die oes is groot en die arbeiders min!Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes sal uitstuur.

Page 16: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

Hlierdie jaar het daar groot dinge plaas gevind by Hankeygemeente. Die kerk het sy 50ste bestaansjaar

gevier. Die kerk het byeengekom en al die gemeentes het kans gekry om te getuig en talle persone het vertel van hoe die Here hul gered het.

Eerwaarde De Villiers het die kerk gebou en die hoeksteen is 2de September 1961 te Hankey onthul. In die jare voor Eerwaarde De Villiers het mnre. Jack Engelbreght, D. Schellingerhout en Jannie Le Roux evangeliese werk daar gedoen. Mnr. P. Ferreira het later baie ondersteunende werk daar gedoen. Hulle het Eerwaarde De Villiers van Uitenhage laat kom, om die werk daar voort te sit. In Julie maand 1967 is deur die plaaslike kommissie besluit dat Eerwaarde De Villiers in Kimberley moet gaan arbei.

Daar het hy ook ‘n kerk gebou, asook ‘n goeie kern van ‘n gemeente opgebou. Eerwaarde is later daar oorlede. Hy is opgevolg deur ds. John van der Merwe wat intussen afgetree het. Op die 1ste Augustus 1967 is prop. M.H. Kukkuk saam die evangeliste wat deur Eerwaarde De Villiers opgelei is, georden te Hankey. Hulle was Evangeliste Scheepers Roussauw, wat nou nog met ons is, Kosie Windvogel, en mnr. Laurens. Ds. Kukkuk het 4 jaar in Hankey gearbei.

Ds.H.Klerk en sy gade het daarna as herderspaar opgetree in Hankey gemeente. Hy was een van die studente wat in Uitenhage afgestudeer het. Met die afsterwe van ds

H.Klerk was daar ‘n groot leemte gelaat.

Ordening van ds. Keith Baatjies as predikant van Hankeygemeente

Dit was opnuut ‘n heuglike oomblik in ons kerk toe ds. Keith Baatjes georden was in die Hankey op 11 September 2011. Hy was vantevore verbonde aan die Afrika Evangeliese Bond waar hy Distrik Superintendent van die Oos Kaap was. Hy was ook predikant in die Kerk van die Naserener in Salt Lake te Port Elizabeth vanwaar hy weer sekulêre werk gaan doen het.

Terwyl hy en sy vrou, juf. Rosemarie Baatjies, wie ook ‘n opgeleide pelgrim en onderwyseres is, lidmate van die EGK geword het, is hul met groot vrug in die gemeente gebruik. Die egpaar het ‘n reeks dienste in die gemeente waargeneem en ook twee reekse tentdienste in Uitenhage en in Thornhill. Hy het ook ‘n Kerkraadseminaar te Hillside waargeneem vir al die gemeentes in die Oos-Kaap en dit opgevolg met een in Rosedalegemeente. Dit was hier waar die Here weer die roeping tot die bediening in sy hart laat herleef het en nadat hy ekstra vakke aan die Shama Bybelskool (STOK) voltooi het, is na Hankey gemeente beroep. Op 27 Oktober is ds Keith Baatjies noodlottig in ‘n motorfiets ongeluk oorlede. Dit was vir die breë kerk ‘n groot skok en verlies aangesien die predikant nou kort sy diens by Hankey begin het. Ds. K Baatjies was op geestelike gebied ‘n ware leier. Hy was ‘n man van gebed met ‘n nederige lewenswandel. Wat hy gepreek het, het hy geleef en wat hy geleef het, het hy gepreek. Sy preke was altyd ‘n inspirasie. Hy het ‘n voortreflike gees gehad en het volgehou om die Here to volg en lief te hê, soos ‘n Kaleb van ouds.

Al ons dank en eer aan die Here wat Sy dienskneg tot al hierdie dinge instaat gestel het en ‘n voorbeeld vir ons nagelaat het. Ons eer sy nagedagtes.

Ds. S. J. BruinersRosedalegemeente

Area 2 NuusNuus

16 www.aksie18.co.za

Die werk al halfeeu aan die gang

Mense voor die kerkgebou in Hankey tydens die onthulling van die nuwe gedenksteen.

Page 17: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

17www.aksie18.co.za

Area 2NuusNuus

T `ans is ons besig om in D’Almeida in Mosselbaai te begin met werksaamhede. Ons

doelwit is om ‘n gemeente daar te begin. Ons het reeds by verskeie geleenthede opelugdienste gehou, sowel as huisbidure. Januariemaand begin Marietjie daar ook met kinderdienste, en wil ons Sondae met eredienste begin. Daar is egter net een lidmaat van die kerk, so ons moet van die grond af begin bou aan ‘n gemeente.

Die uitreik geleentheid vanaf 14-17 Augustus 2011 na Hermanus was wonderlik en kan ons getuig van die werking van die Heilige Gees. Verskeie dienste is gehou met Woordbediening en geestelike films. Dit het ons opgeval hoeveel kinders van God elke geleentheid daar teenwoordig was, wat absoluut aangemeld het om saam te trek en Mount Pleasant Gemeenskapskerk te ondersteun. 1. Ons is tans betrokke by die plaaslike gemeenskapsradio, Eden fm, se Carpe-diem program wat elke oggend van 05h00 tot 06h00 op die lug is waar ons baie gereeld die geleentheid kry om die Woord te bedien, tans ten minste een keer per maand. Verder is ons baie Saterdae van die maand saam met die radio betrokke by gemeenskapsuitreike in die ontvangsgebied van Eden FM, ‘n radius van ongeveer 200km, waar dit ons taak is om die Woord te bedien. Die Carpe-diem program het n luisteraarstal van so ongeveer 120 000 mense. 2. Op uitnodiging van Arbeidsbediening het ons deel geword van hulle werksaamhede. Hulle teiken die werksplek van die mense met etensuurdienste. Ons is dus tans betrokke by Watsons-skoenfabriek in Grootbrakrivier waar ons by vyf verskillende afdelings van die fabriek

die evangelie bedien, sowel as Rheebokstene, ook in Grootbrakrivier

3. Sondae-oggende bedien ons die evangelie by Homecare in Tarka, Mosselbaai, waar ons betrokke is by verswakte bejaardes en siekes in die laaste fase van hulle lewensreis op aarde. Hierdie is egter n baie moeilike bediening aangesien die meeste van die mense so verswak is, dat hulle selfs nie eers meer bewus is van mense se bestaan rondom hulle nie. Die personeel waardeer die boodskap, want andersins sou hulle nie kon hoor weens hulle werksverpligtinge.

4. Donderdag middae is Marietjie besig met kinderdienste in Powertown, ‘n plakkerskamp hier digby ons.

5. Ons bly steeds beskikbaar vir die kerk om ons, waar nodig te gebruik vir Evangelisasie uitreike in die bruin gemeenskappe van Suid-Afrika. Ons begeerte is om gemeentes van hulp te wees met die uitbreiding van Sy Koninkryk.

Ds. Johan en Marietjie BoshoffAksie Lewensbrood (Joh 6:35)

Nuwe bewegings in Mosselbaai

Page 18: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

Ons ryke geestelike erfenis het veroorsaak dat Suid-Afrika

‘n sendingbewuste land is. Talle sendelinge werk binne- en buitelands en baie geld word jaarliks in die saak belê. Soos wat die evangelie van buite na hierdie land gekom het, het ons die opdrag om dit ook weer na lande buite ons grense te neem.

Die wêreldbevolking het onlangs die 7 biljoen merk getref. Missioloë bepaal dat slegs 11% van die wêreldbevolking ware weergebore evangeliese gelowiges is. Die onvoltooide sendingtaak skreeu dat 89% van mense op hierdie aarde buite ‘n geloofsverhouding met Jesus lewe. Die Bybel, die geskrewe Woord van God, is slegs in 662 tale van die 6 909 tale, wat in die wêreld gepraat word, beskikbaar!

Nie alle mense het gehoor wat al gehoor het nie! In terme van die ontvangs van en reaksie op die evangelie verkeer mense op enige van ‘n groot aantal posisies op die “geestelike beslissingskaal”, soos hier langsaan (bl19) aangetoon. Persone in die sendingvelde van die wêreld verander nie in ‘n oogwink van ‘n volkome onkundige verlorene tot ‘n toegewyde volwasse Christen met diepe insig in die betekenis van Christus vir sy lewe nie. Daar is ‘n hele proses van groei en harde dissipelingswerk en kerkplanting tussenin. Die taak van evangelisering kom dus in wese neer om ‘n bydrae te lewer tot die beweging van mense op hierdie skaal van ‘n minus 8 tot ‘n plus 5 en verder! Wat ‘n enorme taak. Die Here het u nodig om

iewers aktief op die markplein aan die werk te spring. Op die wêreldkaart sien u foto’s van sendelinge by wie ons betrokke is met ‘n pyl na die land waar hulle werk. U kan per e-pos meer persoonlike inligting van hul werk in die die hande kry. Kontak ons asb vir die besonderhede.

1. Botswana: Ds. Fred en Lesley de Waal is besig met evangelisasie, kerkplanting en opleiding. Hulle is besig om te vestig in Seronga en gaan saam met Delta Cross Ministries daar werk om opleiding en uitreike vanaf die sendingstasie te behartig. ‘n Uitreikspan van Kemptonpark en Rustenburg olv di Cloete en Raath gaan in Desember heelwat opgradering op die stasie aanbring.

2. Angola: Jonas en Tawenett Kapanga werk onder toesig van ds. De Waal en doen evangelisasie, opleiding en kerkplanting.

3. Frankryk: Ds. Jan en Marie Coetzer is tans in SA met tuisverlof en op besoek aan verskeie gemeentes wat hul uitgenooi het om op te tree. Die afgelope jare in Frankryk het hy as Direkteur van OM opgetree en was besig met evangelisasie, mobilisering, opleiding en kerkplanting. Hy het as direkteur bedank met die oog op evangelisasie in plaaslike gemeentes in die minder bereikte gebiede in die suide van Frankryk.

4. Zimbabwe: Pastor Norman en Eurides Kalilombe werk onder Projek

18 www.aksie18.co.za

Die evangelie ook internasionaal uitgedra

Area 3 InternasionaalInternasionaal

Page 19: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

19www.aksie18.co.za

Philadelphia en doen evangelisasie en opleiding.

5. Malawi: Aubrey en Juliet Maunda, ook van Projek Philadelphia, doen evangelisasie, kinderbediening en opleiding.

6. Kambodja: Jean-Marié Jooste is besig om in hierdie Boedhistiese Koninkryk die evangelie deur getuienis en ‘n christelike leefstyl uit te leef.

7/8. China: William Bosch/Sonja Roche is besig met kerkplanting en dmv onderwys is hulle in die land om daar te wees vir geestelike werk.

9. Logos Hope: Liezel Spangenberg is op die nuwe skip van OM, die Logos Hope, en besoek hawestede van die wêreld om die evangelie op verskeie maniere uit te dra. Madeleine Coetzer, dogter van die Coetzers van Frankryk, is Liezel se niggie en het ook die skip betree vir die volgende twee jaar vir evangeliese dienswerk. Hulle het onlangs die hartseer beleef om hul oupa, oom Jan Nel, deur die dood af te staan. Tog kon hulle op wonderbaarlike wyse die begrafnis in SA bywoon. Die Here het ryklik voorsien.

10. Madagaskar: Pastor Victor en Florentien Razafinindrina is Projek Philadelphia se velddirekteur op die eiland en doen evangelisasie en opleiding.

Area 3InternasionaalInternasionaal

Page 20: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

20 www.aksie18.co.za

Area 3 InternasionaalInternasionaal

11. Comores/ Madagaskar: Nicky Vaaltyn werk onder Light for the Nations om die evangelie op verskeie wyses aan die Moslems van die eilande te bring.

12. Mosambiek: Paul en Engela Kuhn van Nehemia Sending werk vanaf Warmbad in Mosambiek en is besig met evangelisasie en opleiding. Nuwe opwindende verwikkelinge is in die proses mbt opleiding van sendelinge vanuit SA om dan in Mosambiek te gaan werk. 13. Charl en Annatjie Cilliers het die afgelope tyd verskeie bedieninge ondersteun en was gestasioneer op Vila. Hulle het kerk help bou en opleiding behartig te Ile en Tete. Intussen is hulle oppad na SA om met OM ‘n onderhoud te voer om saam met hulle op Mocoba te werk. Dit is in die ooste van die land in die Zambesi provinsie en 1300km vanaf Vila, waar hulle aanvanklik gebly het.

14. Lesotho: Ignatius en Miriam Chabeli is deur ds. Boshoff-hulle bereik en is hulle op die sendingstasie besig met evangelisasie, kinderbediening en opleiding.

15. Manie en René Bosman bestuur die Projek Philadelphia vir

Suidelike Afrika, wat in Malawi, Zimbabwe en Madagaskar werk. Evangelisasie, korttermynuitreike en opleiding is die hooffokus van die werk.

16. Ds. Renier en Helize Groenewald is saam met Campus Crusade for Christ besig met Kampusbediening op Tuks wat evangelisasie en dissipelering omsluit. Renier het ook onlangs uitgereik na Kenia en was by opleiding betrokke in groot dinamiese kerke asook in plakkerskampe. Dit het die derde siklus van sy leierskapopleiding afgesluit.

17. Nadia Roux bly in Newcastle en werk onder die jeug dmv evangelisasie en berading. Sy het onlangs die voorreg gehad om op internasionale TV en TBN te getuig van wat die Here vir haar gedoen het. Sy beplan om volgende jaar ‘n groep van 15 jongmense na London toe neem vir ‘n uitreik saam met YWAM Perth.

18. Ds. Rudi en Karin Mans deurkruis die land en Afrika twv die heil van kinders en is oral besig om deur Petrakollege kinderevangeliste op te lei.

19. Herman & Belinda Lamprecht ontwikkel elektroniese evangeliese materiaal vir OM se werk in Afrika.

20. Ds. Job en Marie Mohlomi werk vir OM om opkomende kerke vanuit ‘n derde wêreldopset vir evangelisasie te mobiliseer. Die vennootskappe wat vanuit hierdie inisiatiewe ontwikkel het geweldige potensiaal.

Laat Job self vertel: “When I met the senior Pastor 2 years ago he was the Superintendent for the International

Page 21: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

21www.aksie18.co.za

Area 3InternasionaalInternasionaal

Assemblies of God region which has over 100 congregations. Then it looked like a wide open door, but to God it wasn’t. We revived the discussion with the Pastor earlier this year and eventually decided that we will work only with his congregation. This congregation is strategically situated in Pretoria city center which gives loads of opportunities for different ministries. Strategically placed for ministry amongst the students, inner city outreach ministry and the ministry among hordes of refugees from areas of the world that are least reached. Initially, we were given a weekend to do Missions’ Exposure Weekend program, and it failed due to poor attendance. The Pastor spoke to the leadership and they all said that they want the whole church mobilized. Then they decided that they will give us 5 Sundays as he wanted all his people to hear what we had to say. This was a great open door for us, and we are in awe of what God has done in this church through the 5 Sundays that we went there. The reception was great and people responded positively to the messages and different programs we did. An event that kick-started this was a session on evangelism! It was a great sight to see 250 people going out on the street to share the gospel, and hearing the testimonies afterwards was amazing. On the last Sunday as we were celebrating the partnership, we heard testimony after testimony of the people who have never stopped evangelizing ever since the first Sunday. We heard testimonies after testimonies of the people that came to know the Lord through that program. We also saw over 70 people committing themselves to the calling for missions. It was breathtaking to pray every Sunday for the people that sensed God calling of God in their lives. What topped it all was the church’s commitment to either send a missionary to the nations or adopt a missionary. Out

of this partnership one young man is in the process of preparing to join OM”. “The opportunity presented by this partnership is immense, as the church is strategically situated and the senior Pastor is passionate about missions. We will soon be sitting down with the Pastor and his leadership to work on the strategic plan going forward”.

21. Fanie en Cornelia Buys woon in Henley-on-Klip en behartig duisende korrespondensie Bybelstudies na veral tronke na verskillende Afrikalande. Talle briewe word ontvang van mense wat baat vind en tot bekering gekom het agv hierdie Bybelstudies.

22. Louis en Kobie Moore van Living Word Ministries doen evangelisasie, kortuitreike en opleiding in Venda en Zimbabwe. Voor ‘n winkel, langs die grootpad, op die sokkerveld, in die straat en naby ‘n sjebeen word die evangelie verkondig. In warm en koue weersomstandighede, het mense gekom om te luister.

23. Namibië: Andre en Manda van Niekerk het onlangs ‘n uitreikspan van Krugersdorp olv ds. Ian Coetzee ontvang en uitgereik na Korokoko, ongeveer 130 km oos van Rundu. Dit was harde werk in die versengende hitte van 40 grade. Verskeie plekke is besoek en het om en by 300 mense die aandbyeenkomste bygewoon. In hierdie poging het mense tot redding gekom en gaan ons voort met die evangelisasie en opleiding. Daar is ook sendelinge in die sogenoemde 10/40 vensterlande werksaam, waar sendelinge nie toegelaat word om te wees nie en moet alle bedrywighede onder die grootste vertroulikheid en geheimhouding plaasvind.

Page 22: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

22 www.aksie18.co.za

Area 3 InternasionaalInternasionaal

Page 23: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

23www.aksie18.co.za

Area 3InternasionaalInternasionaal

Page 24: Ons vir jou Suid Afrika Die Evangelie ook internasionaal uitgedraaksie18.co.za/pdf/nuusblad_des2011.pdf · 2016. 12. 25. · uithou, deurdruk in gehoorsaamheid tot die einde toe is

Word deel van ‘n besondere plan om ‘n reuse verskil in duisende mense se lewens te maak deur saam te werk om:

Verlorenes te evangeliseerOnbereiktes te bereikGelowiges toe te rusLeiers op te leiGeroepenes te bemoedigDie kerk te mobiliseerSendelinge te ondersteun Infra-struktuur te fasiliteerKortuitreike te loods!

Hoe?

Projek 850 behels dat:50 persone elk R500 per maand bydra100 persone elk R300200 persone elk R100 en500 persone elk R50

Wil jy een van die 850 mense wees wat ‘n verskil maak?

Titel:........... Voorl + Van: ....................................................Posadres: ................................................................................................................................................................................Kode: _______ Telno: _______________________E-posadres: _______________________________Hiermee magtig ek AKSIE 1:8 om die 28ste van elke

maand met ingang van _____ /_______ / _____

die bedrag soos hieronder uiteengesit, te debiteet.Bedrag: R______ in woorde: __________________

___________________________________________

R500 R100R300 R50

Bank/Instelling: .............................................

Tak: ....................................................................

Takkode: ..........................................................

Rek naam: .......................................................

Rekno: ..............................................................

Handtekening: ..............................................

Datum: .............................................................

Tjekrek

Transmissie

Spaarrek

Tjeks moet “nie oordraagbaar” en aan AKSIE 1:8 uitgemaak word. Bydraes kan ook direk in AKSIE 1:8 se

ABSA - bankrekening gedeponeer word