omstanders in die kruisigingsverhaal gedoen het). die ......god se teenwoordigheid, te gesels:...

9
Tyd saam met ons kinders in God se teenwoordigheid In uitdagend tye soos wat ons nou in die gesig staar, word ons geroep om ons na die Here te wend vir ‘n kalm gees en leiding. Ons word ook geroep om as ouers ons kinders te ondersteun en saam ander om ons te bedien met hoop en liefde gebaseer op ons geloof in die Drie-enige-God. As gemeente wil ons ook leiding verskaf oor hoe ons in hierdie tydperk met ons kinders oor COVID-19 en aangeleenthede daarrondom, kan gesels in Sy teenwoordigheid. Die Here het ons as mens elkeen uniek geskape met ‘n verstand/denke (kop), emosies en siel (hart) en hande en voete/optrede (hande). Anders gestel liggaam (hande en voete), siel (verstand en emosies) en gees. Die model kop hart hande werk lekker met kinders. Emosies is onwillekeurig, maar deurdat die Here ons denke vernuwe, kan ons ons emosies bestuur en ons optrede beheer. Die weeklikse leiding sal hierdie model volg: Hieronder is die vierde voorgestelde gespreksriglyn sou julle ander materiaal of voorstelle vir daaropvolgende uitgawes of wil help met die opstel hiervan, kontak gerus die kerkkantoor. Week 4 Hieronder is gespreksriglyne uiteengesit vir Vrydag, Saterdag en Sondag om die hoogtepunt op die Christelike kalender, Paasfees, te vier as gesin! Vrydag Dit is volbring! Johannes 19:28-35

Upload: others

Post on 24-Sep-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: omstanders in die kruisigingsverhaal gedoen het). Die ......God se teenwoordigheid, te gesels: Gesels as gesin oor die tonele van die Opstandings-dag. Probeer julleself inleef daarin…

Tyd saam met ons kinders in God se teenwoordigheid

In uitdagend tye soos wat ons nou in die gesig staar, word ons geroep om ons na die Here te wend vir ‘n kalm gees en leiding. Ons word ook geroep om as ouers ons kinders te ondersteun en saam ander om ons te bedien met hoop en liefde gebaseer op ons geloof in die Drie-enige-God.

As gemeente wil ons ook leiding verskaf oor hoe ons in hierdie tydperk met ons kinders oor COVID-19 en aangeleenthede daarrondom, kan gesels in Sy teenwoordigheid.

Die Here het ons as mens elkeen uniek geskape met ‘n verstand/denke (kop), emosies en siel (hart) en hande en voete/optrede (hande). Anders gestel liggaam (hande en voete), siel (verstand en emosies) en gees. Die model kop – hart – hande werk lekker met kinders. Emosies is onwillekeurig, maar deurdat die Here ons denke vernuwe, kan ons ons emosies bestuur en ons optrede beheer.

Die weeklikse leiding sal hierdie model volg:

Hieronder is die vierde voorgestelde gespreksriglyn – sou julle ander materiaal of voorstelle hê vir daaropvolgende uitgawes of wil help met die opstel hiervan, kontak gerus die kerkkantoor.

Week 4

Hieronder is gespreksriglyne uiteengesit vir Vrydag, Saterdag en Sondag om die hoogtepunt op die Christelike kalender, Paasfees, te vier as gesin!

Vrydag

Dit is volbring! Johannes 19:28-35

Page 2: omstanders in die kruisigingsverhaal gedoen het). Die ......God se teenwoordigheid, te gesels: Gesels as gesin oor die tonele van die Opstandings-dag. Probeer julleself inleef daarin…

KOP

Sing hierdie liedjie lekker saam.

Vandag vier ons Jesus se kruisiging - Paasfees is ‘n Onthou-fees! Vandag, en ook in die Christendom oor die eeue, staan die kruis sentraal. Dit is ‘n teken wat ons help onthou.

Kyk ook hierdie gesprek van Oupa Abie rondom die kruis as simbool.

Lees soveel moontlik van die kruisgebeure as gesin saam - Johannes 18 en 19. Of kyk gerus hierdie video (stop gerus die video na 4:05 minute, en kyk die res verder saam op Sondag). As jy vir iemand wil verduidelik wat die kruis as simbool vir jou beteken, hoe sou jy dit verduidelik?

HART – Woede

Ons kinders kyk ook na ons vir leiding om met hulle eie potensiële emosies gedurende hierdie tyd om te gaan. Die vier basiese emosies van vrees (week 1), hartseer (week 2, 4), vreugde (week 3, 4) en woede (week 4) sal in hierdie afdeling gedek word.

Die materiaal hieronder poog om julle as gesin die ruimte te skep om oor woede, in God se teenwoordigheid, te gesels:

Gesels as gesin oor die gebeure rondom Jesus se kruisiging (verwys Johannes 18 en 19). Probeer julleself inleef daarin… Verbeel jou jy is iemand in die skare, Jesus se moeder dalk, ‘n dissipel, ‘n soldaat of dalk Pontius Pilates… Hoe sou jy geVOEL het as jy daar was?

Van die familielede sou dalk noem dat hulle sou kwaad word omdat Jesus onregverdig behandel is (daar kan ook ander emosies wees, maar vir die oomblik fokus ons op woede).

Hoe dink julle het Jesus gevoel tydens hierdie gebeure?

Page 3: omstanders in die kruisigingsverhaal gedoen het). Die ......God se teenwoordigheid, te gesels: Gesels as gesin oor die tonele van die Opstandings-dag. Probeer julleself inleef daarin…

Woede is ‘n natuurlike emosie, maar deurdat ons ons gedagtes laat nuut maak deur die Heilige Gees, kan ons mooi optree ten spyte daarvan (soos wat heelwat van die omstanders in die kruisigingsverhaal gedoen het). Die kruis kan ons daaraan herinner dat Jesus op aarde, ten spyte van sy onregverdige kruisdood, nie in woede uitgevaar het nie.

HANDE

Maak iets: Gebruik saam die instruksies hieronder om ‘n kruis te maak uit papier.

Page 4: omstanders in die kruisigingsverhaal gedoen het). Die ......God se teenwoordigheid, te gesels: Gesels as gesin oor die tonele van die Opstandings-dag. Probeer julleself inleef daarin…

Eet ietsie: As julle dalk “hot cross buns” het, eet dit lekker saam en dink verder oor die betekenis van die kruis daarop.

Julle kan ook ‘n broodjie smeer met ‘n kruis daarop wat julle met Marmite of grondboontjiebotter kan versier.

Page 5: omstanders in die kruisigingsverhaal gedoen het). Die ......God se teenwoordigheid, te gesels: Gesels as gesin oor die tonele van die Opstandings-dag. Probeer julleself inleef daarin…

Saterdag

KOP

Kyk saam na hierdie video wat na die Saterdag tussen Christus se kruisdood en opstanding, verwys as “Sadder-day”.

HART – Hartseer

Die materiaal hieronder poog om julle as gesin die ruimte te skep om oor hartseer, in God se teenwoordigheid, te gesels:

Gesels as gesin oor die Saterdag/”Sadder Day” tussen Christus se kruisdood en Sy opstanding. Probeer julleself inleef daarin… Verbeel jou jy was iemand in die skare, Jesus se moeder dalk, ‘n dissipel, ‘n soldaat of dalk Pontius Pilates of een van die vroue wat by sy graf was… Hoe sou jy geVOEL het as jy daar was die Saterdag?

Van die familielede sou dalk noem dat hulle hartseer sou wees (daar kan ook ander emosies wees, maar vir die oomblik fokus ons op hartseer) omdat Jesus nou dood is.

Soms is daar ook situasies in ons lewe wat so hopeloos lyk soos hierdie Saterdag. Gelukkig weet ons, dit is “Sadder-Day, but Sunday is coming!”. Ons as Christene se hoop lȇ in God-drie-Enig! Geen situasie is hopeloos nie - nie eers die dood nie!

HANDE

Maak iets: Bak saam hierdie koekies (maar die uitdaging is om dit nie nou al te eet nie…!)

Page 6: omstanders in die kruisigingsverhaal gedoen het). Die ......God se teenwoordigheid, te gesels: Gesels as gesin oor die tonele van die Opstandings-dag. Probeer julleself inleef daarin…

Eet iets: As julle dalk van die sjokolade bedekte, malvalekker eiers het, eet daarvan en dink aan hoe donker die prentjie van buite af lyk, net sjokolade, maar dat daar ‘n wonder verrassing binne wag - ons hoop is dat daar marshmallow/lig daarbinne skuil!

Sondag

Het jy Jesus gesien? Johannes 20:1-18

KOP

Kyk saam die storie van Paasfees vanaf 4:05 minute, of die hele een as julle graag wil.

Sing hierdie lied lekker saam.

HART – Vreugde

Die materiaal hieronder poog om julle as gesin die ruimte te skep om oor vreugde, in God se teenwoordigheid, te gesels:

Gesels as gesin oor die tonele van die Opstandings-dag. Probeer julleself inleef daarin… Verbeel jou jy was iemand in die skare, Jesus se moeder dalk, ‘n dissipel, ‘n soldaat of dalk Pontius Pilates of een van die vroue wat by sy graf was… Hoe sou jy geVOEL het as jy daar was die Sondag?

Van die familielede sou dalk noem dat hulle opgewonde/bly sou wees (daar kan ook ander emosies wees, maar vir die oomblik fokus ons op vreugde) omdat Jesus opgestaan het!

Page 7: omstanders in die kruisigingsverhaal gedoen het). Die ......God se teenwoordigheid, te gesels: Gesels as gesin oor die tonele van die Opstandings-dag. Probeer julleself inleef daarin…

Ons kan elke dag leef vanuit hierdie vreugde met die seker wete dat Jesus opgestaan het! Ons kan ander ook vertel hiervan:

HANDE

Maak iets: Gebruik gerus die Engelse weergawe soos voorberei deur Anna of skep julle eie een in Afrikaans om die storie te help vertel van dit wat jou vandag opgewonde maak - dat jy weet Jesus het opgestaan!

Page 8: omstanders in die kruisigingsverhaal gedoen het). Die ......God se teenwoordigheid, te gesels: Gesels as gesin oor die tonele van die Opstandings-dag. Probeer julleself inleef daarin…

Eet iets: Uiteindelik kan julle die koekies eet wat julle gister gebak het! Andersins, eet een van daardie hol paaseiers saam as teken dat die graf leeg is en vertel vir mekaar wat dit vir julle elkeen beteken.