nuwe lewe montagu november maandblad

16
1 Nov 2013 Nuwe Lewe Montagu is ‘n gemeente van die AGS. Ons missie is om mense na Jesus toe te lei op enige manier! Our mission is to lead people to Jesus by any means possible. www.nlmontagu.org

Upload: zr2013

Post on 29-Nov-2015

86 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Die Nuwe Lewe Maandblad hou die vriende van ons gemeente op hoogte van gebeure in en om die kerk en gemeenskap. Daar is nuus oor die bedieninge en ook interessante artikels.

TRANSCRIPT

Page 1: Nuwe Lewe Montagu November Maandblad

1

Nov 2013

Nuwe Lewe Montagu is ‘n gemeente van die AGS.

Ons missie is om mense na Jesus toe te lei op enige manier! Our mission is to lead people to Jesus by any means possible.

www.nlmontagu.org

Page 2: Nuwe Lewe Montagu November Maandblad

2

Uit Pastoor Lourens se hart

Liewe Gemeente,

Nuwe Mure

`n Besige tyd is agter die rug. Oor die afgelope weke en maande is daar baie werk op ons gemeentekampus gedoen. Ons nuwe kinderkerksentrum vorder fluks. Die bou en breekwerk is agter die rug. Mure en vloere is nuutgemaak, en `n nuwe ingang is deurgebreek. Ja, ons gemeente se derde generasie is opgewonde oor hulle nuwe ‘Klubhuis’ – waar daar heerlik baie ruimte is vir Sondagskoolklasse en ander byeenkomste. Intussen is die voorbereidings ook goed op dreef vir die afskop van Nuweleweland Akademie. Op 13 Januarie 2014 maak ons gemeente se eie kleuterskool sy deure oop. Ons gaan babas en kleuters tussen die ouderdomme van 3 maande en 4 jaar deur die week versorg en oppas. Waarom maak ons gemeente `n kleuterskool oop? Die hoofrede is dit: ons glo dat ̀ n kleuterskool ons gemeente se sendingveld gaan uitbrei. Ons is daarvan oortuig dat Nuweleweland Akademie `n positiewe invloed vir die Koninkryk in ons gemeenskap sal hê. Annie Naudé, wat tans bedieningsleier oor die Musiek is, word die hoof van Nuweleweland Akademie. Ons is ook nog op soek na hulppersoneel. Indien jy die waardes van ons gemeente op die hart dra, en `n liefde het vir kinders, kontak my asb. by 074 116 6448 of vir Annie by [email protected]. Hierdie uitbreiding was vir ons `n stap in geloof. Maar, ons kapasiteit om kinders te bedien en te evangeliseer is radikaal uitgebrei. Geliefdes, daar is geen groter armoede nie as `n volgende generasie wat grootword sonder Jesus. Daarom is hierdie hele wonderlike saak

Ons speelparkie vorder

Vrag na vrag!

Ons babasentrum vorder

Page 3: Nuwe Lewe Montagu November Maandblad

3

Ons houtvloere word weer nuut

`n belegging in die geestelike toekoms van ons gemeente en gemeenskap. Baie dankie, Nuwe Lewe Gemeente, vir elke bydrae van gebed, van geloof, van finansies, van arbeid en inspanning. Mag die Here julle elkeen ryklik seën!

‘n Sandput vir ons kinders

‘n Nuwe ingang vir ons kinderkerk

Nuwe heining en hekke

Ons kleutersentrum word opgeknap.

When you live for your own generation, you will grow up with your own generation and die with your own generation. And your vision will die as well…Live for the next generation. - Oscar Muriu

Page 4: Nuwe Lewe Montagu November Maandblad

4

Page 5: Nuwe Lewe Montagu November Maandblad

5

Sondag-creche deur Alet Stemmet

Ons Sondag creche funksioneer baie goed. Ons het tussen 8 en 14 kindertjies van 6 maande tot 4 jaar wat Sondae oggende by ons kom kuier en dit is 'n heerlike ervaring vir hulle en ons wat by die creche diens doen. Dit is baie bevredigend om te sien hoe die kindertjies leer om met mekaar saam te werk en hoe lief hulle vir mekaar raak. Verlede Sondag was ek so spyt dat ek nie my kamera byderhand gehad het nie, want toe ek opkyk was ek net betyds om te sien hoe tweetjies mekaar 'n stywe drukkie gee en die uitdrukking op hulle gesiggies het my weer vertel hoekom Jesus gesê het ons moet soos die kindertjies word.

Ons is almal baie opgewonde oor die nuwe beweging wat daar kom met die Nuweleweland Baba en Kleuter Akademie wat volstoom begin op 13 Januarie 2014! Dit is iets wat direk uit God se hart gebore is en ons is bevoorreg om deel te kan wees van hierdie groot Plan wat Hy het vir die kinders en jeug van Montagu. Ons wil vra dat u saam met ons sal bid vir hierdie stap in geloof, omdat dit God se droom is. Dat Hy ons bekwaam sal maak om alles te kan doen volgens Sy wil.

Bring gerus julle babas en kleuters op Sondag oggende tydens die erediens, ons vriendelike en bekwame personeel sal mooi na hulle omsien terwyl hulle leer wat Jesus-liefde beteken in 'n krom en verdraaide wêreld.

Vertel vir ander mense van die nuwe

"heelweek" creche wat in Januarie open met Annie Naudé as prinsipaal, die heel beste persoon vir die pos!

Mag ons altyd gehoorsaam wees aan die stem van die Heilige Gees in ons lewens en mag Sy liefde tasbaar in sigbaar wees in elkeen van ons se lewe!

Seëngroete, Alet

Page 6: Nuwe Lewe Montagu November Maandblad

6

Kinderbediening deur Thys Verreynne

Met die vinnige vordering van ons nuwe huis kan ons net getuig van groot blydskap en soveel dankbaarheid teenoor elkeen wat daar betrokke is en wat hard werk om dit so mooi te maak vir ons. Ons wil opreg ons dank aan elkeen rig en weet dat ons jul werke daar waardeer. Kan nie wag om in te trek en ons daar uit te gaan leef vir wat

saak maak.

Ons nooi elkeen uit na ons jaarafsluiting op 1 Desember 2013 wat 'n Kersverhaal met 'n GROOOOT VERSKIL gaan

wees! Moenie dit misloop nie en hou reeds dié datum oop, want dit gaan baie spesiaal wees vir almal!!!! Die kinders is baie opgewonde om so hul getuies te kan gee en so die boodskap aan die gemeente te kan uitdra. Kom en wees deel van die groot gebeurtenis wat verseker elke mens sal aanraak. Kom ons vereer God almal saam met die besondere jaarafsluiting.

Groete, Thys

Kom geniet ‘n Kersverhaal

met ‘n verskil!

1 Desember @ 9:30

Het jou kinders presteer? Ons wil graag erkenning gee aan ons kinders se prestasies in die Desember

maandblad.

Ons hou graag almal op hoogte van ons kinders se prestasies. As jou kind presteer het op akademiese, sport, kuns, musiek of enige ander gebied, laat weet ons asb.

Gee asb die inligting aan Louwtjie of Janine Strauss.

Page 7: Nuwe Lewe Montagu November Maandblad

7

Christian university opens in Robertson

Robertson Logos Christian School announced a partnership with

Cornerstone Christian University at the Logos school campus. The

Cornerstone Learning Community will commence in 2014 with

courses.

The university is registered with the Department of Higher

Education and training as a private education institution under

the Higher Education Act, 1997. The courses offered are

recognised at the same level as the other South African

Universities.

Courses offered include:

Certificate in Community Counselling

BA: Psychology (and Honours)

Bachelor of Theology (BTH)

Business Leadership

Interior Design (3 courses)

BA: Sociology

BTH Community Development

Certificate in Christian Ministry

BTH (Christian Ministry)

Contact Talita Lloyd on 023 -626 4364 or [email protected]

http://www.cornerstone.ac.za email: [email protected]

Ons wens al die matrikulante voorspoed toe met hulle laaste

skool eksamen!

Page 8: Nuwe Lewe Montagu November Maandblad

8

Transformasie & Sendingnuus deur Tina Verreynne

Die transformasiebediening se bestaansrede is evangelisasie. Hierdie

bediening se doel is om ons gemeente aan te spoor tot betrokkenheid

in gemeentelike uitreike en tot ondersteuning van sendelinge in die

veld.

Nuus uit Angola: In Angola heers daar groot vreugde, want hulle het Bybels in Portugees ontvang. Nou kan hul die Bybel self lees en bestudeer.

Vra vir gebed vir Rudolph wat 'n hartsroep het vir Monique om daar te gaan werk en vra om saam te bid sodat hy die Here reg sal hoor en verstaan wat hy moet gaan doen. Pieter wat sedert 2010 in Angola was is weg en Tiago benodig dringend hulp met sy skoolwerke. Bid asb vir Pieter dat God sy hartsbegeerte sal antwoord en vir hom bevestiging sal gee t.o.v Sy plan vir Pieter. Hy wil graag by ‘n natuurbewaringsprojek betrokke raak in Angola.

Bid vir die regte persoon om ons sendelinge in Angola te gaan help. Hulle laat weet 'n groot dankie vir jul getroue saam vertrou, glo en droom vir hul werke daar in Angola. Wessel, Joan, Tiago, Nando en Marta.

Nuus vanaf Estie uit Malawi: As YWAM in Malawi het ons 'n rowwe maand agter die rug. Hul het 2 keer by die Blantyre basis (in die Suide) ingebreek en rekenaars, mattrasse, klere, fone, ens gesteel. Hul is nou op 'red alert' met betrekking tot sekuriteit! Ek gaan volgende week vir hul kuier om te sien hoe dit nou met hul gaan. My sak met geld, paspoort, bank kaarte, lisensies is gesteel uit Amanda se kar uit omtrent 2 weke terug. Deur die Here se genade het hul my dokumente iewers laat lê en is uiteindelik na die polisie toe gevat en ek het AL my dokumente teruggekry! Prys die Here!

Die mense is desperaat hierdie tyd van die jaar, want geld is skaars en mielies duur om

te koop. Baie mense sukkel finansiëel. Bid asb vir ons beskerming en ook vir wysheid om hierdie aanvalle af te weer. Bid ook asb teen vrees in, want dit kom nie van die Here af nie. Ons het ook laas week 'n kerk uitreikspan van 6 mense gehad van Welkom se Metodiste kerk. Hul was 'n groot blessing en het ons sommer stukke bemoedig in die moeilike tyd! Die Here is darem baie getrou.

Baie dankie vir al jou moeite met my nuusbriewe en ook al jul gebede. Dit maak 'n massiewe verskil! Ek is bly om te hoor dat jul groei as 'n kerk en kinderkerk. Mag die Here die werk wat jul doen in Sy koninkryk ryklik seen!

Baie liefde, Estie

Nuus van die Ackerman gesin: Bid getrou vir Edward-hulle se voorbereiding om te gaan na Turkye waarheen die Here hulle geroep het om vir Hom te gaan werk. Onthou dat sendingwerk deur gebed in beweging gebring word!!

Page 9: Nuwe Lewe Montagu November Maandblad

9

Nuus van ons eie gemeente is dat ek glo elkeen kan waarneem hoe ons groei in getalle, maar ook groei nader aan mekaar en dat ons inderdaad 'n gemeente is wat met liefde en omgee vir mekaar bedien. Dit is so opwindend dat alles wat klein begin het net so groot gegroei het en al die EER KOM ONS GOD TOE!!!

Groete,

Tina

(Lees die volledige nuusbriewe op die Transformasie bord in die kerk)

Nigerië: Die dodelikste plek vir Christene Met lande soos Noord Korea, Pakistan en Somalië bo aan die lys van lande waar die ergste Christenvervolging plaasvind, is dit moeilik te begryp dat nie een van hulle die hoogste dodetal van Christene het nie. In 2012 het hierdie skandelike onderskeiding Nigerië te beurt geval. Van alle Christene wat wêreldwyd doodgemaak is, is 70% in Nigerië vermoor.

Meer as 900 Christene is in 2012 in Nigerië vermoor om geen ander rede as dat hulle die Christelike geloof volg nie. Baie slagoffers het die lewe gelaat in die hande van die Moslem ekstremiste-groep, Boko Haram. 128 mense, van wie die meerderheid Christene is, is reeds in 2013 vermoor. Hierdie syfers is vrygestel binne dae na die tweede herdenking van die ergste aanvalle op Christene in die onlangse geskiedenis.

In April 2011, nadat die Moslem aanspraakmaker op die presidentskap van Nigerië beweer het dat die verkiesing wat Goodluck Jonathan, ʼn Christen, aan bewind gestel het, gemanupileer was, het Moslem jeugdiges in die Noorde van Nigerië die strate ingevaar en hulle frustrasie op enige Christen wat hulle teëgekom het uitgehaal. Binne 48 uur is 764 kerke aan die brand gesteek, 204 Christene vermoor, meer as 3,100 Christenbeheerde sake, skole en winkels aan die brand gesteek en meer as 3,400 huise van Christene in puin gelê.

www.christelikebiblioteek.co.za

God fluister aan ons in ons vreugdes, praat in ons

gewete, maar skree in ons pyn. Lyding is God se

megafoon om ‘n dowe wêreld wakker te maak.

– CS Lewis

Page 10: Nuwe Lewe Montagu November Maandblad

10

Music Ministry by Annie Naudé

I need to thank our Father God for the amazing times of praise and worship that we have shared over the last 10 months. He has been so faithful in allowing us to boldly come into His presence (Hebrews 4:16). During those moments of adoration He has broken chains, healed hearts, strengthened arms and helped us to see the bigger picture. He has given us direction and peace in situations where we wouldn’t have been able to experience it otherwise. He gave us hope when no one or nothing else could offer it. There truly is none like our God. I love the verse in the book of 2 Chronicles 6:18b where Solomon prays…

“behold, heaven and the heaven of heavens cannot contain Thee; how much less this house which I have built!”

He is uncontainable, yet He has chosen to come and make a home in our heart!

Let’s continue to fix our eyes on Him.

Turn your eyes upon Jesus,

Look full in His wonderful face,

And the things of earth will grow strangely dim, In the light of His glory

and grace.

Words & Music: Helen H. Lemmel, 1922

Die Gees-vervulde Christen is ‘n sang-vervulde Christen. –

CR Swindol

Page 11: Nuwe Lewe Montagu November Maandblad

11

Abigails’ contribution by Wendy Strydom

From the book: Nobodies by Angus Buchan

I have never met a man or woman of character who hasn’t endured trails and tribulations. Those hardships in life bring out the best in us, keep us humble, turn us into susceptible pupils and develop our personalities. Every mighty man of God in the Bible was subjected to situations which built his character. When we regard a nobody who became a somebody bacause of an inheritance, you’ll find that in most cases that person has no backbone, no sense of commitment and no appreciation of anything he owns. The building of character is of utmost importance for men and women of God. When the people in the world want to know about Jesus, they don’t ask a successful person to tell them about the Lord, they go to somebody who has fallen down, who has blown it, who has made a mess and who was restored by God. This is the caliber of person that they seek councel from, knowing that these men or women were restored only by the grace of God. In a nobody God sees a champion.

Afrikaanse aanlynskakels

http://www.christelikebiblioteek.co.za se doel is om uitgesoekte en kwaliteit Skriftuurlike materiaal gratis beskikbaar te maak. http://www.bybelskool.com/ het uitstekende Bybel studies in Afrikaans deur dr Chris van Wyk van die Somerstrand gemeente in PE. Die bronne is geskik vir self studie of kleingroepstudie. http://www.lewenssaad.co.za/ se doel is om christene te help om geestelik te groei. Dit het lekker Bybelstudies, getuienisse, gebede asook lekker skakels na ander webtuistes. Retha de Villiers is die webmeester.

Instill the five loves into your budding leaders. Love the

Lord your God with all your heart (character), mind

(comprehension), soul (convictions), and strength

(competence) and love your neighbor as yourself

(compassion). - Oscar Muriu

Page 12: Nuwe Lewe Montagu November Maandblad

12

Die Enigste Bybel

Sy naam is Billy. Hy het woeste hare, dra ‘n T-hemp met gate in, denimbroeke en geen skoene. Dit was letterlik sy hele klerekas vir die hele vier jaar op kollege. Hy is briljant en baie slim. Hy het ‘n gelowige geword terwyl hy op kollege was. In die straat oorkant die kollegekampus was die kerkgebou van ‘n baie netjiese en baie konserwatiewe gemeente. Hulle wou ‘n bediening begin vir die kollegestudente, maar het nie regtig geweet waar om te begin nie. Een Sondagoggend daag Billy by die kerk op - geklee in sy gewone T-hemp, denim, ongeskeer, sy hare wat wild staan en kaalvoet. Die diens het reeds begin en Billy het in die paadjie afgestap opsoek na sitplek om te sit, maar die kerk was stampvol en daar was nie ‘n enkele sitplek beskikbaar nie. Van die gemeentelede het kriewelrig rondgeskuif en ander het ongemaklik onder mekaar gefluister.

Voor by die preekstoel besef Billie dat daar geen sitplek beskikbaar is nie, en hy maak homself toe op die mat tuis. Teen die tyd was die gemeentelede alreeds erg opgetrek oor die situasie en die atmosfeer so dik dat jy dit amper met ‘n mes kon sny. Juis toe merk die dominee dat een van sy gewese ouderlinge van heel agter in die kerk op pad is na Billy toe. Die oubaas was reeds in sy tagtigs, met silwergrys hare en, soos altyd, netjies geklee in sy swart driestuk pak. Almal het hom geken as ‘n waardige, Godvresende man - met sy kierie het hy statig en hoflik sy weg gebaan na die jongman daar voor die preekstoel. Die kerk was doodstil, behalwe vir die getik van die ouderling se kierie op die vloer. Alle oë was vasgenael op die oubaas en die gemeentelede het skaars asemgehaal, want hulle het geweet die oubaas loop nie draaie as dit by reg en verkeerd kom nie. Selfs die dominee het gespanne en in stilte gewag om te sien wat gaan gebeur. Toe die oubaas uiteindelik die jongman bereik, het hy sy kierie laat val, en stadig en met groot moeite

op die mat neergesak, Billie met ‘n kopknik gegroet en effe uitasem gefluister: “Nou sit jy darem nie alleen nie…” Die gemeente se emosies het voelbaar opgewel en hier en daar het een ‘n traan afgevee. Toe die predikant uiteindelik beheer oor sy eie emosies kry, het hy opgekyk en gesê: “Wat ek vandag oor gaan preek, het julle môre dalk al vergeet. Wat julle so pas gesien het, sal julle nooit vergeet nie…

Wees versigtig hoe jy leef. Jy mag dalk die enigste Bybel wees wat sommige mense ooit sal lees…”

Page 13: Nuwe Lewe Montagu November Maandblad

13

Measurements from the Bible

Have you ever wondered how big the ark really was or wanted to bake Ezekiel’s bread

recipe? Well thanks to modern technology you can now keep this handy table in your

Bible and covert the biblical measurements to modern measurements!

Genesis 6 - "… This is how you are to build it: The ark is to be 450 feet [140 meters / 300

cubits] long, 75 feet [23 meters / 50 cubits] wide and 45 feet [14 meters / 30 cubits]

high. Make a roof for it and finish the ark to within 18 inches [1 cubit] of the top..."

Ezekiel 4:9-17 – “Further take wheat, barley, beans, lentils, millet and emmer. Put them

into one vessel and bake them into a bread. Eat it as many days as you lie on your side:

three hundred and ninety. The food that you eat shall be by weight, twenty shekels a

day; this you shall eat in the space of a day. And you shall drink water by measure; drink

a sixth of a hin in the space of a day. Eat it as a barley cake; you shall bake it …”

Weight Volume (Dry measure)

Biblical Unit Metric Unit Biblical Unit Metric Unit

Talent 34.2kg Ephah 22 liters

Mina 0.6kg Seah 7.7 liters

Shekel 11.3g Omer 2.2 liters

Length Liquid Measure

Cubit 45.7 cm Bath 22.7 liters

Span 22.9 cm Hin 3.8 liters

Handbreadth 7.6cm Log 0.3 liters

Sources: http://swartzentrover.com

http://www.answersingenesis.org

http://www.biblediscovered.com/biblical-lifestyles/ezekiels-bread-biblical-recipe/

Page 14: Nuwe Lewe Montagu November Maandblad

14

Verjaarsdae & Huweliksherdenkings* in November

1 Michelle van Zyl Pieter Visser Lena & Burger Joubert

2 Stephanie Swart

3 Dea & Ron Johnstone-Robertson

5 Charné Anthony

8 Sebastian van Heerden

9 Chris Vorster

12 Helene Esterhuyse Jobert Wolmarans

14 Suné Esterhuyse

15 Wendy Strydom

18 Jana Strydom

19 Gerda van Heerden

20 Maretha & Pieter Visser

23 Yolande & Johann Wolmarans

24 Jacques Visagie

29 Drikus Visagie

Jaarbeplanning: Belangrike datums!

14 Nov Fliekaand vir Tieners - Abigailbediening

16 Nov Vroue Jaarafsluiting - Vrouebediening

1 Des Kinderkerk Jaarafsluiting - Kinderkerk

If you have trouble understanding any of the articles in this bulletin due to language issues, we will gladly assist you with an explanation or quick translation where possible.

Help ons asseblief om hierdie bladjie ‘n sukses te maak vir die gemeente. Ons het julle hulp nodig om interessante artikels, gebeure en gedagtes hier in te sit. Volgens die Wet op Kopiereg moet enige artikels wat geplaas word, die toestemming van die oorspronklike outeur dra en ook verwys na die outeur. Indien iemand artikels wil plaas moet hierdie reels streng nagekom word. As jy geroepe voel om deel te word van hierdie bediening, laat weet ons gerus. Ons het mense nodig om artikels te skryf, onderwerpe voor te stel ens.

In gebed is dit beter om ‘n hart te hê sonder woorde, as

om woorde te hê sonder hart. – J Bunyan

Page 15: Nuwe Lewe Montagu November Maandblad

15

Raak betrokke by ons bedieninge

Nuwe Lewe Montagu is ‘n aktiewe gemeente wat ten doel het om uit te reik na alle mense. Daar is verskeie bedieninge waarby mense betrokke kan raak. Abigail Bediening: Die Abigail bediening tree op as ambassadeurs van ons gemeente. Hulle verwelkom besoekers op Sondae, bid gereeld weekliks saam en ryk ook op `n deurlopende basis uit na siek, eensame en sterwende mense. Barmhartigheid: Die Barmhartigheidsbediening werk met welsyn en noodsituasies. Hulle besoek huishoudings wat behoefte het aan basiese lewensmiddele, en bied fisiese hulp en geestelike ondersteuning. Mannebediening: Die mannebediening is `n bediening vir en deur manne. Hierdie bediening streef daarna om vriendskap, eenheid en geestelike groei onder die manne van ons gemeente te verbeter. Transformasie: Die transformasiebediening se bestaansrede is evangelisasie. Hierdie bediening se doel is om ons gemeente aan te spoor tot betrokkenheid in gemeentelike uitreike en tot ondersteuning van sendelinge in die veld. Vrouebediening: Die vrouebediening trek die vroue van ons gemeente bymekaar vir vriendskap, ondersteuning en gebed. Die vrouebediening stel dit hulle ten doel om geestelike eenheid en ondersteuning onder die vroue van ons gemeente te bewerk. Kommunikasiebediening: Die kommunikasiebediening maak van alle vorme van die media gebruik om ons gemeente se interne en eksterne kommunikasie effektief te laat vloei. Hierdie bediening dra ons gemeente se beeld na buite en sorg daarvoor dat die lidmate op datum bly met die nuutste verwikkelinge. Tegniese Span: Sonder die tegniese span sal bitter min kan gebeur. Hierdie toegewyde groepie lidmate sorg daarvoor dat ons klank, beligting en projeksie op Sondae en by spesiale geleenthede kan gebeur. Hospitaalbediening: Die hospitaalbediening besoek weekliks die Montagu Hospitaal om die pasiënte en personeel te bedien en geestelik te versterk.

Page 16: Nuwe Lewe Montagu November Maandblad

16

Ons kom bymekaar: Almal is welkom! Oggend diens Sondae 9:30 – 10:45

Woordskool Nations Celebration

Sondae 18:30 – 19:30 in die kerksaal Every 2nd Sunday at 18:30

Creche Sondae 9:30 – 10:45 (ook gedurende skool vakansies)

Kinderkerk Sondae 9:30 – 10:45 (ook gedurende skool vakansies)

Gebedsuur Dinsdae tot Donderdae oggende tussen 6:00 en 7:00

Men @ 6 Vrydae 6:00 – 7:00 in die kerksaal

Dames biduur Dinsdae 9:30 – 10:30 in die kerksaal

Praat met Pastoor Lourens

Kontak Pastoor Lourens asb dadelik in geval van siekte,

dood en ander hartseer.

Deel jou vreugde soos verlowings, troues, geboortes en nog

meer.

Indien jy ‘n behoefte het aan ‘n pastorale besoek,

vul asb die groen kaartjie in, Pastoor Lourens sal jou skakel

Kontak ons

Pastoor Lourens du Plessis 023 614 2260 [email protected]

Abigails Wendy Strydom 084 501 7377 [email protected]

Administrasie Tilla Greyling 082 648 1574

Algemene sekretaris Johan Stemmet 082 572 3855

Barmhartigheid Minnie Thompson 076 345 7215

Gebedsaksie Hannes van Rooyen 084 517 1226

Jeug Richard Thomson 083 990 1910 [email protected]

Hospitaalbediening Ron Johnstone-Robertson

Kinderkerk Thys Verreynne 082 867 9086 [email protected]

Kommunikasie Zelda Roscherr 082 469 0094 [email protected]

Manne Cobus Uys 082 789 5079 [email protected]

Musiekspan Annie Naudé 079 877 3292 [email protected]

Sondag Creche Alet Stemmet 079 346 1086 [email protected]

Tegniese span Stephan van der Walt 079 311 9971

Terrein & Geboue Frans White 073 318 1626 [email protected]

Transformasie Tina Verreynne 076 287 4415 [email protected]

Vroue bediening Elsa van Heerden 083 641 5826

Bankrekening besonderhede:

AGS Nuwe Lewe Sentrum ABSA Bank Tak / Branch 632005

Rek Nommer / Acc number: 1050140225

Volg ons op “www.facebook.com/NLMontagu” of soek “Nuwe Lewe Montagu” www.nlmontagu.org