nuwe generasie inligting

12
NUWE GENERASIE INLIGTING 2010

Upload: ng-lynnwood-gemeente

Post on 17-Mar-2016

242 views

Category:

Documents


14 download

DESCRIPTION

Inligting oor Nuwe Generasie

TRANSCRIPT

Page 1: Nuwe Generasie Inligting

                

    

NUWE GENERASIE INLIGTING 2010 

     

Page 2: Nuwe Generasie Inligting

Nuwe Generasie Inligting  Bl 2 

RAAK BETROKKE!  Die doel van hierdie boekie is om jou te inspireer om:  

• te weet wat aangaan • te weet wie kontak jy vir wat • betrokke te raak en in te skakel 

  WIE IS NUWE GENERASIE?  Nuwe Generasie  is NG Lynnwood se bediening vanaf graad 7 tot en met jong  volwassenes.  Nuwe  Generasie  koördineer  al  die  aktiwiteite  en bedieninge van hierdie verskillende lewensfases in die gemeente.  ONS DROOM?  Dat jy sal leef wie jy is – en so 24/7 Christenskap ‘n lewensstyl maak!   WAARUIT BESTAAN NUWE GENERASIE?  Nuwe  Generasie  bestaan  uit  twee  bene:  lewensfases  (ouderdomme)  en bedieninge. Die twee oorvleuel maar die basiese fokus is – die bedieninge ondersteun en beïnvloed die jongmense in hierdie drie lewensfases. Al die aktiwiteite  van  die  totale  Nuwe  Generasie  word  deur  ‘n  Dagbestuur bestuur en gekoördineer. Lede van die Dagbestuur verteenwoordig Nuwe Generasie op die Kerkraad van die gemeente.  Kontak:  Voorsitter:    Johan Marais (082 552 0184) Sekretaresse:  Mari Mostert (072 712 6661) Predikant:    Zander van der Westhuizen (082 883 2302)    

Page 3: Nuwe Generasie Inligting

Nuwe Generasie Inligting  Bl 3 

HOE LYK NUWE GENERASIE SE ORGANOGRAM?   

          WAT IS DIE KANTOOR SE BESONDERHEDE?  Die Jeugkantoor is op die grondvloer van die Jeugsentrum (A1)  E‐pos:  [email protected] Web:    www.nglynnwood.co.za Tel:    012 348 1245 (x215)  Kantoortye:  Daar is gewoonlik in skoolkwartale iemand by die kantoor van 14:30‐16:30, Maandae, Dinsdae en Donderdae. Dit wissel egter na gelang van almal se akademiese roosters! 

Page 4: Nuwe Generasie Inligting

Nuwe Generasie Inligting  Bl 4 

INLIGTING OOR DIE AKTIWITEITE VAN DIE VERSKILLENDE LEWENSFASES / OUDERDOMME IN NUWE GENERASIE 

  GRAAD 7 TOT 11  Alle  graad  7  –  11’s  in  Nuwe  Generasie  vorm  deel  van  ons  Kategese bediening.  Hierdie  jaar  gebruik  ons  die  materiaal  van  Bybelmedia: FACEBOOK en leer ‘n klomp nuwe Bybelkarakters ken.  Kategese vind plaas op ‘n Sondag van 17:17‐18:18 in die Jeugsentrum  Die  graad  7‐10’s  kom  bymekaar  in  groepe  saam  met  opwindende  jong leiers  wat  die  gesprekke  lei,  terwyl  die  graad  11’s  vir  belydenis  by  die predikante  in  groepe  inskakel.  Alle  kategese  groepe  neem  deel  aan  die uitreike  wat  per  graad  gereël  word  onder  die  leiding  van  die  uitreik bediening.  Kontak: Immanuel van Tonder (083 540 6015) Zander van der Westhuizen (082 883 2302)  MATRIEKS EN STUDENTE  Matrieks  en  studente  skakel  in  by  die  CHRISTUS  KARTEL  wat  die aktiwiteite  van  die  matrieks  en  studente  koördineer.  Hierdie  aktiwiteite sluit in:  

• Uitreike • Selgroepe • Dissipelskap • Sosiale bymekaarkomste en kampe 

 Hierdie  is  ‘n  opwindende  span  mense  wat  jou  graag  wil  betrek  as  jy  ‘n studente of matriek is!  

Page 5: Nuwe Generasie Inligting

Nuwe Generasie Inligting  Bl 5 

Kontak: Jacques (Skillie) Botha (073 156 5902)  JONG VOLWASSENES  Generasie Groen X (GgX) is die bediening vir jong werkende volwassenes in NG Lynnwood gemeente, ongeveer tussen ouderdom 22 en 35.  Die naam Groen X verduidelik wie en wat hierdie groep jongmense is.    Groen  is  lewe!    Groen  is  oorvloedig  in  die  natuur,  verteenwoordig  groei, hoop en herlewing!   Dis  ‘n kleur wat herinner aan God wat die almagtige Skepper  is.    ‘n Kleur wat wys dat ons wil groei  in ons geloof  saam  in ons geloofsfamilie en God se Evangelie wil laat groei in die wêreld.  Dis ‘n kleur wat  dui  op  die  hoop  wat  ons  het  waarvan  Paulus  praat  in  Romeine  5:2. Groen is ‘n kleur wat ons herinner dat ons jonk is, en lewe in oorvloed gekry het!   Dis  ‘n kleur wat ons herinner om te gaan LEEF  in die gemeente, die gemeenskap om ons, en die groter wêreld daar buite.   Die  letter X  in ons taal  is  afgelei  van  die  Griekse  letter  Chi,  wat  die  eerste  letter  van  die Griekse  woord  Χριστός  is,  vertaal  as  Christus.    Daarom  is  die  letter  X simbolies van ons anker in Christus.    Ons naam dui dus op die hoop wat ons het dat ons ín Christus saam met die gemeente se leuse oorvloedig wil LEEF as 24/7 Christene!  Skakel in by:  

• Selgroepe • Sosiale bymekaarkomste • Dissipelskap • Uitreike 

 Kontak: Hannelie Labuscagne (084 677 2655)    

Page 6: Nuwe Generasie Inligting

Nuwe Generasie Inligting  Bl 6 

INLIGTING OOR DIE VERSKILLENDE BEDIENINGE VAN NUWE GENERASIE 

 AANDDIENS  Die  aanddienste  in  Lynnwood  is  gemik  op  die  hele gesin maar  fokus  op  die  styl  van  die Nuwe Generasie lewensfases.  Dit  is  ‘n  opwindende  diens  met  baie interaksie,  musiek  en  aktuele  prediking.  Die aanddienste het baie mense nodig! Die aanddiens‐span help  met  die  regmaak  van  die  gebou,  dankoffers, nagmaal  asook  die  verwelkoming  van  mense.  Die tegniese  span  is  verantwoordelik  vir  klank,  ligte  en audio‐visuele inhoud.  Kontak: Marius du Preez (083 473 9587)  DISSIPELSKAP  Die  dissipelskap  proses  by  Nuwe  Generasie  is  ‘n  12 weke verbintenis  tot geestelike groei. Dit help  jou om as deel van ‘n groep deur ‘n “meester” begelei te word om  dissipelskap  in  jou  lewe  grond  te  laat  vat.  Die proses  verg  persoonlike  inset  en  deelname  met  die uiteindelike  vrug  dat  jy  self  ‘n  “meester” word wat  die dissipelskap filosofie uitleef na ander.  Kontak: Zander van der Westhuizen (082 883 2302)  JEUGVISIE  Jeugvisie  is  ‘n  fonds  wat  al  vir  10  jaar  dit  moontlik maak  dat  die  bediening  van  Nuwe  Generasie finansieël  moontlik  is.  Jeugvisie  dra  tans  al  drie  die 

• van die aanddiens‐span 

• van die tegniese‐span 

Raak deel:

• Woon die 12 weke proses by 

Raak deel:

Page 7: Nuwe Generasie Inligting

Nuwe Generasie Inligting  Bl 7 

studente  poste  en  die  jeugkantoor  se  uitgawes. Donateurs  help  dat  meer  as  die  helfte  van  Nuwe Generasie  se  begroting  in  ‘n  jaar  moontlik  is.  Sonder Jeugvisie donateurs is die werk nie moontlik nie.  Kontak: Johan Marais (082 552 0184)  KAMPE  Alhoewel  ons  in  2010 minder  kampe  as  in  vorige  jare aanbied weens die uitreike en Wêreldbeker projekte, is daar  steeds  hierdie  jaar  ‘n  paar  kampe  wat  deur  die loop van die jaar plaasvind:  

• Leierskamp • Belydeniskamp • Uitreik‐opleidingkamp • Afskopkamp vir graad 8’s 

 Kontak: Mari Mostert (072 712 6661)  KANTOOR  Die  funksie van die kantoor  is om al die bedieninge  te ondersteun en help. Die kantoor maak dit makliker vir vrywilligers  om  betrokke  te  wees  by  projekte  deur administratiewe ondersteuning te gee aan al die leiers. Tans  is  daar  vier  persone  in  die  kantoor  wat  hierdie ondersteuning bied. Die inligting oor die kantoor is op bladsy 3 van hierdie boekie.  Kontak: Mari Mostert (072 712 6661) – ADMINISTRASIE Coenraad Bekker (082 471 2048) – UITREIK: graad 7‐11 

• word ‘n Jeugvisie donateur en dra by tot die ontwikkeling van nuwe projekte 

Raak deel:

• gaan op ‘n kamp • help reël aan ‘n 

kamp 

Raak deel:

• kom kuier in die kantoor en drink saam koffie 

Raak deel:

Page 8: Nuwe Generasie Inligting

Nuwe Generasie Inligting  Bl 8 

Teodor van der Spuy (072 433 0034) – UITREIK: matrieks en na‐skool Zander van der Westhuizen (082 883 2302) ‐ PREDIKANT  MEDIA  Ons  visuele  kommunikasie  is  baie  belangrik.  Hierdie bediening  sorg  vir  berigte,  videos  en  fotos  om  die stories van Nuwe Generasie te vertel. Jy kan ook inskryf op ons e‐pos nuusbrief by www.nglynnwood.co.za.  Kontak: Valize Scholtz (072 148 7071)  MENTORSKAP  Die Mentorskap program by Nuwe Generasie  bestaan al  ‘n  hele  paar  jaar.  Die  program  fokus  veral  op  die belydenisjaar  van die  graad  11’s maar  is  oop  vir  enige iemand wat ‘n mentor wil wees of ‘n mentor gekies het in hul  lewe. Die program hardloop oor  ‘n  jaar.  In  so  ‘n jaar kies ‘n mentee ‘n mentor. Die mentor word opgelei en beide mentee en mentor word deel van die jaar se program  waarin  daar  terugvoer  en  ondersteuning plaasvind.  Kontak: Hanlie Bezuidenhout (082 255 2849)  MUSIEK  Die  musiekbediening  by  Nuwe  Generasie  is verantwoordelik  vir  die  aanddienste  se  begeleiding asook  die  lof  en  aanbidding  op  kampe  en  by  ander geleenthede.  Die  musiekbediening  is  sleutel  tot  die aanbidding  by  Nuwe  Generasie  en  gaan  bedien  baie keer elders waar daar behoefte  is. Nuwe Generasie het 

• wees ‘n mentor • kies ‘n mentor vir 

jou 

Raak deel:

• van die musiekgroep 

• begin jou eie een 

Raak deel:

• help deur video of fotos te neem 

• help deur berigte te skryf en stories te kry 

Raak deel:

Page 9: Nuwe Generasie Inligting

Nuwe Generasie Inligting  Bl 9 

ook  ‘n  musiekateljee  by  die  gemeentesentrum  waar opnames gemaak kan word.  Kontak: Willem Snyman (082 670 1037)  OUERS  Daar  is  ‘n groot behoefte dat meer ouers betrokke sal wees  en  raak  by  die  bediening  van  Nuwe  Generasie. Die belangrikste manier  is om te groei  in  jou ouerskap en saam met jou kind verantwoordelikheid te neem vir sy/haar  geestelike  groei.  Van  tyd  tot  tyd  reël  Nuwe Generasie  of  Lewenskuns  praatjies  of  kursusse  oor ouerskap.  Kontak: Johann Doms (083 652 2746)  SOSIAAL (CONNECT)  Kuier en saam‐wees is baie belangrik in ons gemeente. Nuwe Generasie  se  sosiale  aktiwiteite word onder  die sambreel van CONNECT georganiseer. Daar word veral na Aanddienste op ‘n Sondag saam gekuier en dan van tyd tot tyd deur die jaar by spesiale geleenthede.  Kontak: Marna Cronje (082 781 4856)       

• kom saam met jou kind kerk toe 

• woon ‘n gesprek of kursus by 

Raak deel:

• kuier saam • van die span wat 

sorg dat daar lekker gekuier word 

Raak deel:

Page 10: Nuwe Generasie Inligting

Nuwe Generasie Inligting  Bl 10 

UITREIK  Ons gemeente fokus daarop om Christene te wees wat 24/7 lewe om in die wêreld ‘n verskil te maak! Ons doen dit orals waar ons  leef elke dag. Ons doen dit ook van tyd tot tyd saam waar daar nood is. Ons is betrokke by ‘n hele paar projekte en ons het jou hulp nodig.  Ons  het  hierdie  jaar  ‘n  baie  groot  projek  tydens  die Wêreldbeker  sokker  in  Junie  in  Mamelodi.  Ons  gaan Holiday Club en Ubabalo  aanbied vir honderde kinders oor die vier weke tydperk.   Ander  plekke  waar  jy  deur  die  loop  van  die  jaar  kan inskakel:  

• PEN ‐ kinderhuis • Mabopane • Jakaranda Kinderhuis • Kategese uitreike • Scaffolding projekte (lees meer later) • Sosiale geregtigheid (lees meer later) 

 Uitreike en 24/7 Lewenstyl is prioriteit by Nuwe generasie – daarom is daar twee persone aangestel om hierop te fokus. Kontak hulle gerus.  Kontak: Coenraad Bekker (082 471 2048) Teodor van der Spuy (072 433 0034)         

• leef ‘n 24/7 lewenstyl 

• gaan op ‘n uitreik • help reël aan ‘n 

uitreik • begin ‘n uitreik • vertel jou uitreik 

storie aanlyn by www.nglynnwood.co.za 

Raak deel:

Page 11: Nuwe Generasie Inligting

Nuwe Generasie Inligting  Bl 11 

ANDER BELANGRIKE INTERESSANTHEDE  LEWENSKUNS  Deur die  loop  van die  jaar  is  daar Lewenskuns kursusse oor  verhoudings, leierskap, geestelike groei, grense oorsteek en uitreike. Woon gerus so  ‘n kursus by. Inligting op die afkondigings en web.  Kontak: Lindy Jordaan (072 461 4022)   FOTOGRAFIE  Indien  jy  belangstel  in  fotografie  –  raak  deel  van  ons  gemeente  se fotografie  klub!  Hulle  organiseer  spesiale  bymekaarkomste  om  meer  te leer van fotografie en om saam fotos te neem en te bespreek.  Kontak:  Hendrik Kotze (082 417 6689)   HOËRSKOOL MENLOPARK OMGEE  Nuwe  Generasie  is  betrokke  by  ons  plaaslike  hoërskool  waar  daar  op  ‘n Woensdag en Donderdag terapeutiese dienste deur van ons gemeente en ring  se  personeel  verskaf  word.  Ons  ondersteun  ook  graag  die  skool  op ander terreine.  Kontak:  Zander van der Westhuizen (082 883 2302) – PASTORALE TERAPEUT Petro Barnard (012 348 1245 x214) – MAATSKAPLIKE WERKER    

Page 12: Nuwe Generasie Inligting

Nuwe Generasie Inligting  Bl 12 

SCAFFOLDING  Scaffolding  is  ‘n  studente  organisasie  wat  fokus  op  uitreik  en  sending mobilisasie. Baie van ons studente is betrokke by die ekumeniese inisiatief en  op Woensdae  aande  skakel  ons  studente  groepe  in  by  Scaffolding  se projekte  oor  die  hele  stad  heen. Op  die manier  vat  ons  saam met  ander Christene en ander kerke hande.  Kontak: Teodor van der Spuy (072 433 0034) Lindie Pienaar (083 947 7749)  SOSIALE GEREGTIGHEID  Sosiale  geregtigheid  is  ‘n  dringende  saak wat  wêreldwyd  op  die  kerk  en veral  ‘n  nuwe  generasie  van  jongmense  se  tafel  is.  Ons  probeer  tans instrumenteel  wees  in  die  begin  van  ‘n  beweging  vir  jongmense hierrondom. Ons kort mense wat hiermee kan help.  Kontak: Teodor van der Spuy (072 433 0034) Zander van der Westhuizen (082 883 2302)  Y‐NETWERK EN ANDER NETWERKE  Nuwe Generasie is al vir  ‘n paar jaar saam met vier ander gemeentes in ‘n netwerk wat fokus op jeugbediening. Die jaarlikse seekamp in September is ‘n projek van hierdie netwerk. In 2010 vorm NG Pierre van Ryneveld, NG Skuilkrans en NG Lynnwood deel van ‘n groter netwerk om die uitreik van die 2010 Wêreldbeker sokker in Mamelodi te organiseer.  Kontak: Zander van der Westhuizen (082 883 2302)