nuusbrief van die vriende van afrikaans - atkv · van die os op die jas, dit is nou verkiesingstyd...

7
Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans Jaargang 22 | Nommer 2 | Mei 2018 Dit is vir my ‘n baie lekker taak om almal te be- dank wat die afgelope twee maande oor ons pad gekom het. Chareldine het van 4 – 6 April ’n voorleeswerkswin- kel en demonstrasie van ons leesondersteunings- program in samewerking met AbbAsorg in Gauteng gedoen. Sy skenk ook ’n trommel by die Gracia Kinderhuis. Sy is vol lof vir die voortreflike werk wat byna ongesiens deur Herna Adams en haar span gedoen word. Hieruit vloei dat mnr. Gerhard Claassen, hoof van Laerskool Voortrekker Eeufees, al sy grondslagfase- onderwysers in Doen-en-Leer wil laat oplei. Daar is ook 35 van die Gracia Kinderhuis se kinders in hierdie skool. Daar is ook hulp nodig om die biblioteek te vernuwe – die boeke wat daar is dateer uit die sewentigerjare. “Ons kinders is nie gegrond nie. Ons volwassenes moet vir hulle ’n vastrapplek gee.” Op hierdie versoek van mnr. Ronald Balie, oudhoof van Ceres Sekondêr, reageer Benjamin Bock (ATKV: Bestuurder Erfenis) onmiddellik en nooi die plaaslike ATKV-tak o.l.v. Marthinus de Villiers en Almero Oosthuizen, Vriende van Afrikaans, ’n groep pensioenarisse genaamd Dynamics, die plaaslike munisipaliteit, sakemanne en die prinsipaleforum om in te spring. Hierdie gesamentlike poging loop uit op ’n voorleeswerkswinkel by die Togryersmuseum deur die VVA (Amanda de Stadler en Chareldine van der Merwe) op 11 April, wat deur 40 onderwysers bygewoon word wat kommentaar ontlok het soos “Wat ek vandag gehoor het, het my ’n hupstoot vir die toekoms gegee” en “Sal lees nou deur ’n ander bril bekyk”. Sewe kleuterskole in die omgewing ontvang ook boektrommels. April LEES BINNE Pretoria-Noord Ons span saam in Ceres Ceres Lions Kleuterskool sit by hulle trommel en luister na ‘n storie Help vergroot Afrikaans se voetspoor in die wêreld Hoogtepunte in Mei Briewe van lesers Afrikaans het baie tonge Zestfruit maak kinder- harte bly

Upload: others

Post on 04-Oct-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans - ATKV · Van die os op die jas, dit is nou verkiesingstyd en daar gaan mense by jou voordeur kom om jou stem te werf. Vra hulle of dit reg

Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans

Jaargang 22 | Nommer 2 | Mei 2018

Dit is vir my ‘n baie lekker taak om almal te be-dank wat die afgelope twee maande oor ons pad gekom het.

Chareldine het van 4 – 6 April ’n voorleeswerkswin-kel en demonstrasie van ons leesondersteunings-program in samewerking met AbbAsorg in Gauteng gedoen. Sy skenk ook ’n trommel by die Gracia Kinderhuis. Sy is vol lof vir die voortreflike werk wat byna ongesiens deur Herna Adams en haar span gedoen word.

Hieruit vloei dat mnr. Gerhard Claassen, hoof van Laerskool Voortrekker Eeufees, al sy grondslagfase-onderwysers in Doen-en-Leer wil laat oplei. Daar is ook 35 van die Gracia Kinderhuis se kinders in hierdie skool. Daar is ook hulp nodig om die biblioteek te vernuwe – die boeke wat daar is dateer uit die sewentigerjare.

“Ons kinders is nie gegrond nie. Ons volwassenes moet vir hulle ’n vastrapplek gee.” Op hierdie versoek van mnr. Ronald Balie, oudhoof van Ceres Sekondêr, reageer Benjamin Bock (ATKV: Bestuurder Erfenis) onmiddellik en nooi die plaaslike ATKV-tak o.l.v. Marthinus de Villiers en Almero Oosthuizen, Vriende van Afrikaans, ’n groep pensioenarisse genaamd Dynamics, die plaaslike munisipaliteit, sakemanne en die prinsipaleforum om in te spring.

Hierdie gesamentlike poging loop uit op ’n voorleeswerkswinkel by die Togryersmuseum deur die VVA (Amanda de Stadler en Chareldine van der Merwe) op 11 April, wat deur 40 onderwysers bygewoon word wat kommentaar ontlok het soos “Wat ek vandag gehoor het, het my ’n hupstoot vir die toekoms gegee” en “Sal lees nou deur ’n ander bril bekyk”. Sewe kleuterskole in die omgewing ontvang ook boektrommels.

AprilLEES BINNEPretoria-Noord

Ons span saam in Ceres

Ceres Lions Kleuterskool sit by hulle trommel en luister na ‘n storie

Help vergroot Afrikaans se voetspoor in die wêreld

Hoogtepunte in Mei

Briewe van lesers

Afrikaans het baie tonge

Zestfruit maak kinder-

harte bly

Page 2: Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans - ATKV · Van die os op die jas, dit is nou verkiesingstyd en daar gaan mense by jou voordeur kom om jou stem te werf. Vra hulle of dit reg

Bladsy 2Mei 2018

Die gemeenskapgesprek met die leerders en ander inwoners van Ceres word briljant ingelei deur dr. Willa Boezak. Aan die hand van ’n gedig van hom oor Afrikaans (elders in hierdie nuusbrief) neem hy die gehoor van 100 mense van 16 tot 78 jaar oud op ’n voëlvlug oor Afrikaans se komvandaan, maar ook waarheen Afrikaans nou moet gaan. Die gehoor neem vrymoedig deel onder die kundige leiding van Almero Oosthuizen (ATKV-streekbestuurder). ’n Xhosasprekende ma vertel hoe sy haar kinders Afrikaans leer omdat dit hulle kans om eendag werk te kry, verhoog. Morne, ’n plaaswerker uit die omgewing, vertel hoe maklik hy in Afrikaans met 50 Sotho- en Xhosawerkers oor die weg kom omdat Afrikaans “soos ’n skerp mes deur botter sny – Afrikaans is seepglad”. Mathinus de Villiers, ’n ATKV-taklid, vra dat Afrikaans nie “toegemaak, omhein” moet word nie.

Madoda Mnqumeni sê in sy lekker bry-Afrikaans dat hy eendag ’n boer wil wees met ’n kortbroek aan!

Juffrou Van Huffel, ’n onderwyseres op die dorp, motiveer die leerders dat hulle nêrens in die lewe sal hoef terug te staan nie omdat hulle Afrikaans sowel as Engels magtig is. Hierop reageer dr. Boezak dat mense van die platteland oor die algemeen ’n beter Engels leer praat as die mense in die stad. Op die trein in die noordelike voorstede van Kaapstad hoor hy die volgende: “Come let Mommy make your vieters fast”.

Die volgende kommentaar van een van die aanwesiges laat mens voel dat Afrikaans veilig is in die hande van die nuwe geslag.

“Die mooiste was dat hierdie jongmense nie op hulle laat wag het nie, hulle het gepráát, en die beste van alles: Ek het nie een keer daardie aand ‘n enkele stem gehoor wat praat oor veg vir Afrikaans nie, geen enkele woord van baklei-taal of enige ander vorm van negatiwiteit nie. Geen nodigheid om universiteite of ander partye aan te val en sleg te sê nie, geen handewringende bekommernis-taal, geen mismoedigheid of vrees oor die toekoms nie.”

Die aand eindig op ’n hoë noot met ’n lekker rieldans en ’n pot heerlike kerrie.

Vrolike Vinkies in Ceres – ’n ware lushof Babelala hoort in die ‘zoo’, nie in ’n boks nieEnige kind se droom...

Dr. Willa Boezak

Ceres Gemeenskaps-gesprek 12 April 2018Dr. Willa Boezak verduidelik passievol

Morne (plaaswerker)Madoda Mnqumeni wil boer met ‘n kortbroek

Page 3: Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans - ATKV · Van die os op die jas, dit is nou verkiesingstyd en daar gaan mense by jou voordeur kom om jou stem te werf. Vra hulle of dit reg

Mei 2018 Bladsy 3

TWEE TAALGRAPPIESMeneer De Beer sê vir sy klas: Alles met ’n te is verkeerd, behalwe te voet en te perd.

Jannie vra: En wat dan nou van te matie, Meneer?

Hoe spreek jy die volgende woorde uit:Sepiester, negester en pornoster? Dit kan groot pret afgee, nè.

Juffrou Pauw vra: Sannie, maak ’n sin met hol en nael sodat ek kan sien jy weet wat die verskil tussen die twee is.

Sannie sê: As hy aangehardloop kom, sien ek hom nael en as hy weghardloop, sien ek hom hol.

ONS AFRIKAANSE KIND

hortend

sukkelend

is sy gebore

tussendeur gebare

met vreemde kaaseters

wyndrinkers en spyserysoekers

al by ons kuste langs.

’n basterkind wat net geweet het van kierie

eina! en koekemakranka

en skielik kry sy ’n hupstoot

van vreemdes in kettings

en van nóg wittes

wat eers lekker-bekkig plat praat

maar later al hoër en verder

wégtrek van daai basterkind…

kyk

daar dans sy vandag

’n mooi vrou in pastel

én grondkleure

omhul in skerp én sagte geure

en sy ghoema die riel in sokkies

ja, sy ghoema die riel in sokkies!

Onse reënboogkind.

(uit SÓ GLO ONS – die khoi-san van Suid-Afrika deur Willa Boezak)

TED Talks in Afrikaans

TED, bekend vir hulle prikkelende praatjies op die

internet, het ’n groot span vrywilligers agter hulle

wat help om interessante idees te versprei – reg oor

die wêreld. Derduisende vertalers maak TED Talks

onderskrifte in meer as 116 tale beskikbaar deur hand

by te sit. Van die meer as 120 000 vertalings wat al

gedoen is, is ’n handjie vol in Afrikaans.

As jy belangstel om jouself in jou vrye tyd in hierdie

praatjies te verdiep terwyl jy meer leer oor vertaling

en onderskrifte – en boonop ’n waardevolle bydrae

lewer tot Afrikaans – kontak die taalkoördineerder,

Ingrid Lezar, by [email protected], lees meer hier,

of sluit aan by die Facebookgroep.

Ingrid het onlangs met ’n groepie vrywilligers by ons

kantoor kom praat oor die vertaling van onderskrifte.

Daar is ’n PDF van die praatjie beskikbaar by https://

goo.gl/R8aq5k met verskeie nuttige skakels om ’n

idee te kry van waaroor dit gaan. Afrikaanse mense

wat kan, meld hier aan want as ek dit reg het, is

daar maar so iets soos 18 Talks met Afrikaanse

onderskrifte. Hier is nou iets om te doen vir Afrikaans!

Help vergroot Afrikaans se voetspoor in die wêreld

Page 4: Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans - ATKV · Van die os op die jas, dit is nou verkiesingstyd en daar gaan mense by jou voordeur kom om jou stem te werf. Vra hulle of dit reg

Hoogtepunte in Mei

Mei 2018 Bladsy 4

Ouers luister fyn na Chareldine by Devonvallei Laerskool

Op Saterdag 5 Mei het Chareldine ’n

voorleeswerkswinkel vir ouers aangebied by

Devonvallei Primêr. Dié werkswinkel is die begin

van vele projekte wat deur die VVA en Anna Oppel

van die Bottelary Bewarea geloods word vir die

plase in die omgewing. Deur die aanbied van die

voorleeswerkswinkel probeer die VVA om ouers

aan te moedig en om leiding te gee oor hul rol en die

belangrikheid en waarde van voorlees.

Die werkswinkel is bygewoon deur ma’s, pa’s

en twee oupa’s wat ook self hulp wil hê om hul

leesvaardighede op te skerp. Die VVA het ook die

Doen-en-Leerleesprogram gedemonstreer.

Ook op 5 Mei het Amanda met ’n groep van 20 ouers en onderwysers gesels oor lees en voorlees met die tema

“Lees is almal se saak”. Die groepie by Kleuterland in Moorreesburg was baie wakker en geïnteresseerd en

moeilike leessake is bespreek. Engelssprekende kinders wat Afrikaanssprekende ouers het, skep baie uitdagings

vir die kleuters en vir die onderwysers.

Kleuterland, Moorreesburg

Devonvallei

Kleuterland Moorreesburg Mei 2018 Amanda Smit en Amanda de Stadler Kleuterland se varkies

Beter Afrikaans leer my:

Koeie bulk, bulle brul en donkies balk.

BB B

Page 5: Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans - ATKV · Van die os op die jas, dit is nou verkiesingstyd en daar gaan mense by jou voordeur kom om jou stem te werf. Vra hulle of dit reg

Een van die skole in die Richtersveld:

Briewe van lesers

Goeie middag Amanda

Hoop dit gaan goed met jou.

Eerstens wil ek vir jou baie dankie sê vir jou deelname tydens

ons Biblioteekweek. Julle doen ’n wonderlike werk. Uit jou

werkswinkelaanbieding het een van die nasorgsentrums my

genader om deel te wees van ’n leesprogram wat ons nou

aan die begin van die 2de kwartaal begin het. Ons volg nou ’n

leesprogram in die middae hier by die biblioteek en vandag is

dit die 2de week dat ons daarmee besig is.

So weereens baie dankie en ek het jou kontakbesonderhede

ook aan my medekollega op Malmesbury gegee.

Groete en hou aan met die mooi werk wat julle doen.

Cecelia Larey

(Snr Bibliotekaresse| Korporatief – Moorreesburg Biblioteek)

Mei 2018 Bladsy 5

Dit is die woorde van ’n vakadviseur

(Afrikaans) van die WKOD na aanleiding

van die sukses wat met die Doen-en-

Leer-leesprogram behaal word. Sy

bemiddel nou dat die VVA met die hulp

van Dokka Swart 60 grondslagfase-

onderwysers oplei en pakkette

ontvang van die WKOD. Die skole gaan

verantwoordelik wees vir die aankoop

van die werkboeke vir die leerders.

Die VVA het sedert 2015 reeds

sowat 381 onderwysers en VKO-

praktisyns opgelei om kinders

met leesagterstande te help om

hulle leesvermoëns te verbeter en

agterstande in te haal.

Dit stop nou hier dat ’n graad 7-kind nie kan lees nie

Doen-en-Leer-leespakket

Page 6: Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans - ATKV · Van die os op die jas, dit is nou verkiesingstyd en daar gaan mense by jou voordeur kom om jou stem te werf. Vra hulle of dit reg

Jou kind se leesvermoëns is jou saak.

Jy kan jou kind se woordeskat met ’n duisend woorde per jaar vergroot as jy elke aand tien minute vir hom of haar voorlees. Of die sommetjie akkuraat is, maak nie hier saak nie. Feit is dat jy jou kind se woordeskat kan vergroot deur gereeld vir hom voor te lees.

En dit is maar een van die voordele wat voorlees inhou. As jy nie ’n boek het om uit voor te lees nie, vertel dan ’n storie. Verskonings is daar nie. Voorlees kos net tyd saam met jou kind en vir jou “moeite” kry jy die volgende:

Jy verhoog jou kind se kanse op latere leersukses omdat jy jou kind ’n hupstoot gee wat lees betref nog voordat hy skool toe gaan.

• Jy maak by jou kind ’n liefde vir lees wakker – die grootste geskenk ooit is om ’n lewenslange leser te wees.

• Jy maak jou kind se wêreld groter. Julle reis saam. Julle lag saam. Julle bou ’n goeie verhouding.

• Jou kind leer kommunikeer. Hy leer om sy gedagtes in woorde uit te druk m.a.w. hy leer om sy gedagtes te formaliseer.

• Jou kind ontwikkel die vermoë om abstrakte konsepte te verstaan en te begin om logika toe te pas. Hy leer voorspel. Hy leer dat elke aksie ’n reaksie het. Hy leer om afleidings te maak.

• Ongeveer 78% van ons graad 4-leerders kan nie met begrip lees nie. Jy kan sorg dat jou kind nie deel van hierdie statistiek word nie.

Van die os op die jas, dit is nou verkiesingstyd en daar gaan mense by jou voordeur kom om jou stem te werf. Vra hulle of dit reg is dat ons regering R15 per dag per voorskoolse kind gee (mits die ouers gesamentlik minder as R7600 per maand verdien) en R400 per dag per gevangene. En dit terwyl ’n kind die meeste leer in sy eerste 7 lewensjare as wat hy ooit weer sal leer. (Rapport Weekliks 18 Maart 2018)

Word ’n aktivis vir die voorskoolse kind!

Mei 2018 Bladsy 6

My Sê deur Amanda de Stadler

Zestfruit gee klouterapparaat by Jakkerland in Jamestown

Hierdie maatskappy het onlangs ’n

nuwe yskas, kindertoilette en heerlike

klouterrame vir Jakkerland in Jamestown

geskenk. Jakkerland is een van die

skooltjies wat ’n boektrommel by die VVA

ontvang het en waar die VVA ook gereeld

boeke voorlees.

Zestfruit maak kinderharte bly

Every child deserves a champion, an adult who will never give up on them, who understands the power of connection, and insists that they become the best that they can possibly be.

Rita Pierson – 40 jaar onderwyser #TEDtalk besoek go.ted.com/teacherchampion

Page 7: Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans - ATKV · Van die os op die jas, dit is nou verkiesingstyd en daar gaan mense by jou voordeur kom om jou stem te werf. Vra hulle of dit reg

Mei 2018 Bladsy 7

DOENDINGE INAFRIKAANS

NUUSBRIEFRedakteur: Amanda de Stadler

Assistentredakteur: Chareldine van der Merwe

Bladuitleg: Sunflood Studios

ALGEMENE INLIGTING Straatadres:

Eenheid 2013, Datevoice House,Elektronstraat 16, Tegnopark Stellenbosch 7600

Posadres: Posbus 1209, Stellenbosch 7599

Telefoon: 021 880 1761/ 021 880 1743

Faksnommer: 021 880 1946

E-posadres:

Amanda de Stadler:[email protected]

Chareldine van der Merwe:[email protected]

Webtuiste: www.atkv.org.za

Bank:

ABSA, TjekrekeningRekeningnaam: ATKV

Rekeningnommer: 0170166728Takkode: 632005

Vir buitelandse inbetalings gebruik die volgende“Swift Code”: ABSA ZA JJ

As verwysing gebruik asb: VVA en die item(bv. naam van CD, gedenkbundel, boektrommel

ens.)E-pos of faks dan net die bewys van betaling, naam

en van en ook bedrag wat inbetaal word.

KOOPDINGEIN AFRIKAANS

DIE VOLGENDE ITEMS IS BY DIEKANTOOR TE KOOP:

1. Dubbel-CD: Ou Vriende van Afrikaanse kunstenaars soos Laurika Rauch, Lucas Maree en bekende kore teen R100

2. Voetslaankaart van Tafelberg in Afrikaans geskep deur Peter Slingsby teen R20

3. Pieter van der Westhuizen-huldigingsbundel (277 pp. bladmusiek van gewyde musiek) teen R160

4. CD: Vespers van Rachmaninof in Afrikaans teen R120

5. Basic Afrikaans – the top 1000 words and phrases teen R135

6. Joernaal van Jorik – in klank (toonsetting deur Roelof Temmingh) teen R120

7. Die Nagbiblioteek deur Amanda de Stadler, ‘n A3-formaat voorleesboek vir kinders onder 8 jaar teen R120

(R65 posgeld per bestelling moet ongelukkig gehef word)

VERSPREI GERUS DIE NUUSBRIEF