november final.pub

40
Cecilia Engelbrecht 2016 se 0/15-rugbyspan het verlede jaar se Beeld semi- finaal teen Midstream College verloor en het geweet hulle moet hierdie jaar “regmaak” en die Beeldtrofee wen. Alhoewel hulle laasjaar die eer- ste 0/14-span was wat nog ooit die Limpopo-trofee gewen het, was dit nie genoeg vir hulle nie. Hulle wou meer hê en daarom het hulle harder gewerk. Die 2016-seisoen het nie vir die seuns baie goed begin nie. Wedstryde is gewen, maar met ’n groot gesukkel. Op die Grootvlei-toer het die seuns mekaar gevind. Hulle het die toer gewen en die eerste rugbybeker vir 2016 huis toe gebring. Na 4 ligawedstryde het hulle 149 punte aangeteken en net 24 punte afgestaan. So eindig hulle bo aan die puntelêer met 25 drieë en ’n vol 20/20 punte. Die semi-finaal teen Merensky was nie koek en tee nie, maar hulle tree uit as wenners met ’n telling van 28-12. Die Limpopo-finaal teen Ben Viljoen het hulle gemaklik gewen en hulle behaal ’n prag- tige telling van 25-7. Die Beeldtrofee se eerste tree was teen Brandwag in Benoni en hulle wen 24-10. Ongelukkig het Dyllan Janse van Vuuren ’n besering opgedoen gedurende die oefening en is hy uit vir die seisoen. Die kwart-eind rondte was teen Oosterland in Secunda waar hulle net-net 24-20 gewen het. Die half-eind speel hulle teen Leeuwenhof in Germiston en nadat hulle teen halftyd net met 5 punte voor was, het hulle “harde” rugby begin speel en wen 50-7. Lees verder op bl 3 Jaar 36 Volume 3 November 2016 DIE BLOUMASJIEN SE #1!

Upload: vothuy

Post on 31-Dec-2016

252 views

Category:

Documents


18 download

TRANSCRIPT

Cecilia Engelbrecht

2016 se 0/15-rugbyspan het

verlede jaar se Beeld semi-

finaal teen Midstream College

verloor en het geweet hulle

moet hierdie jaar “regmaak” en

die Beeldtrofee wen.

Alhoewel hulle laasjaar die eer-

ste 0/14-span was wat nog ooit

die Limpopo-trofee gewen het,

was dit nie genoeg vir hulle nie.

Hulle wou meer hê en daarom

het hulle harder gewerk.

Die 2016-seisoen het nie vir die

seuns baie goed begin nie.

Wedstryde is gewen, maar met

’n groot gesukkel.

Op die Grootvlei-toer het die

seuns mekaar gevind. Hulle het

die toer gewen en die eerste

rugbybeker vir 2016 huis toe

gebring.

Na 4 ligawedstryde het hulle

149 punte aangeteken en net

24 punte afgestaan. So eindig

hulle bo aan die puntelêer met

25 drieë en ’n vol 20/20 punte.

Die semi-finaal teen Merensky

was nie koek en tee nie, maar

hulle tree uit as wenners met ’n

telling van 28-12.

Die Limpopo-finaal teen Ben

Viljoen het hulle gemaklik

gewen en hulle behaal ’n prag-

tige telling van 25-7.

Die Beeldtrofee se eerste tree

was teen Brandwag in Benoni

en hulle wen 24-10. Ongelukkig

het Dyllan Janse van Vuuren ’n

besering opgedoen gedurende

die oefening en is hy uit vir die

seisoen.

Die kwart-eind rondte was teen

Oosterland in Secunda waar

hulle net-net 24-20 gewen het.

Die half-eind speel hulle teen

Leeuwenhof in Germiston en

nadat hulle teen halftyd net met

5 punte voor was, het hulle

“harde” rugby begin speel en

wen 50-7.

Lees verder op bl 3

Jaar 36 Volume 3 November 2016

DIE BLOUMASJIEN SE #1!

2 NEWS • NUUS

Redaktrise

Cecilia Engelbrecht

Onderwysers

Joekie Lessing

Karin Steyn

Fotograwe

Raymond Kockott

Eduanette Venter

Sharon Venter

Tegniesespan

Mariam Cassim

Joernaliste Christof Bekker

Gisela Bekker

Toiné Botha

René Buitendag

Anjé de Wet

Carmen du Toit

Franco du Toit

Barend Groenewald

Danré Grové

Anké Hurn

Hendrik Joubert

Hermina Joubert

Salomina Joubert

Raymond Kockott

Bianca Koekemoer

Anria Kruger

Rucardo Kruger

Dries le Roux

Juane le Roux

Shiné Longuiera

George Magongwa

Lebo Moabelo

Robyn Morrison

Dawie Muller

Elani Naude

Nickie Oosthuizen

Rumay Oosthuizen

Theressa Oosthuizen

Keagan Ross

Emil Sinclair

Carel Smit

Monique Smit

Nicolene Smit

Ildonné Strauss

Johan Strauss

Alisha Theunissen

Phindile Tjale

Sharon Venter

Michelle Vorster

Eben Wagner

Lianca Welgemoed

Riëtte Uys

POTTIEKANERREDAKSIE

Bennette Riekert (18), ’n Gr 12-leerder

van 2015, is op 31 Augustus 2016 in

’n vragmotorongeluk oorlede. Hy sou

op 9 September 2016 19 geword het.

Bennette sal onthou word vir sy puik

rugbyspel vir die eerstespan en sy

groot liefde vir jag. Bennette se toe-

komsplanne was om te boer. Hy was

’n nederige seun met ’n goeie sin vir

humor. Hy was baie geliefd. Sy dood

is ’n geweldige verlies.

Die Pottiekanerredaksie spreek mede-

lye uit teenoor die leerder se familie

en vriende.

BOBAAS RUGBYSPELER STERF ONVERWAGS!

NEWS • NUUS 3

JONG WEDRENJAER STERF TRAGIES! Louis Ruytenberg (19), ’n Gr 12-leerder van 2015, is op 2 Oktober

2016 in ’n motorongeluk oorlede.

Louis sal onthou word vir sy passie vir motors. Hy het as renjaer

aan verskeie wedrenne deelgeneem. Hy het resieskarre ook self

opgebou. Hy was meer onlangs ’n beoordelaar vir die kaskarre van

Piet Pot se 2016 Grand Prix. Louis het altyd sy klas se kaskar vir

die Grand Prix bestuur toe hy nog op skool was en het ook gehelp

om kaskarre te bou.

Louis se ma, Karien Ruytenberg, was vir jare deel van die Blou-

masjien waar sy in die kantoor as sekretaresse gewerk het.

Louis was baie geliefd. Hy was ’n nederige en vriendelike seun. Sy

skielike dood, ’n maand na die dood van Bennette Riekert, is ’n

geweldige verlies.

Die Pottiekanerredaksie spreek medelye uit teenoor die leerder se

familie en vriende.

vervolg van bl 1

Hierdie uitslag beteken dat hulle in die finaal teen Ben Viljoen speel maar in Vryburg, sowat 700km van Potgietersrus af.

“Met oom Log aan die stuur was die pad gesellig en die seuns het daardie aand in Vry-burg se koshuis geslaap. Met `n groot gesukkel was almal ‘vroeg’ in die bed na ’n span-sessie. Dis nou nadat ons die koshuis se deure moes sluit, omdat daar meisies naby was,” sê meneer Labuschagne.

Met die afskop van die wed-stryd was dit duidelik dat Ben Viljoen vergeet het van die vorige keer wat ons hulle gewen het en nou moes ons

seuns baie hard werk. Die eer-ste helfte was hulle 14-12 agter en met 4 minute oor het William ’n drie in die hoek gedruk en die seuns was nog steeds 20-17 agter.

Soos ons op “Facebook” gesien het, het Gaby Nel vir ons die laaste paar minute op kamera vasgevang. Daar kon jy sien hoe Siphiwe Tjale amper ’n drie druk en net so paar fases later hoe Mogaka Mase-mene in die hoek oorduik, wat beteken dat hulle met ’n skit-terende 22-20 wen. Siphiwe Tjale is vir seker die speler van die wedstryd en hy ontvang ’n beloning van R750.

Elke speler ontvang ’n Beeld- sak en medalje. Meneer Labuschagne sê: “Hierdie

vergaanbare goed is nie waarom ons die wedstryd speel nie. Ons doen dit vir die herin-neringe, wonderlike broeder-skap, mekaar en omdat God ons die talente gegee het.”

2016 sal onthou word as die jaar toe Piet Potgieter die eer-ste keer ’n Beeldtrofee gewen het, maar dit sal nie die laaste jaar wees nie. Elke speler sal die jaar onthou wat hulle so hard gewerk het en duisende kilometers gery het. Die jaar sal onthou word deur die afrigting-span sowel as die ouers. Dit was alles die moeite werd.

Ons glo Piet Potgieter sal volgende jaar sommer ’n paar Beeldtrofees huis toe bring.

DIE BLOUMASJIEN SE #1!

4 OPINION • OPINIE

Hierdie was ’n baie suksesvolle

en besige jaar wat amper agter

die rug is.

Die tyd het so vining verby

gevlieg, dat ons nou al in die

vierde kwartaal is en almal

skryf eindeksamen.

Januarie, die rustigste maand

van die hele jaar! Ons moes

net boeke oortrek en nuwe

onderwysers leer ken. Feb-

ruarie is daar net geoefen,

geoefen en geoefen. Alles was

die moeite werd en ons hou

die skool se naam hoog,

presteer uitstekend en verwerf

’n tweede plek by die Interhoër.

Maart was dit wintersport. Elke

kind het sy uiterste bes gegee

en sy hart uitgespeel. Daar was

ook groot opwinding met al die

sporttoere wat plaasgevind het.

In April het daar baie tennis-

wedstryde plaasgevind asook

die Wiskunde-deurnag waar die

leerlinge meer Wiskunde in een

aand gedoen het as deur die

hele kwartaal. In Mei vind die

Bosveld Kunsfees, koorkamp,

landloop, wintersport, WOW-

spelfees en wynveiling plaas.

Eksamen gedurende Junie het

baie kinders geniet terwyl

ander onder ’n klip wou

wegkruip. Julie was besig met

fotodag, Interhoër-skaak, -gholf

en -landloop. Ons het as skool

een geword en saam om

VREDE gebid.

Augustus was die Kierieklap-

perfees wat ’n fondsinsame-

lingsprojek vir die Dienssen-

trum vir bejaardes is. Interhoër-

toneel, Bosveld musiekfees en

Tour de Pot was weereens ’n

reuse sukses. Die Posduif-

veiling het ook ’n groot inkom-

ste aan die skool gebied en die

Vissegala en Aand van die

Kampioene het almal geniet.

September was die riller van ’n

rekordeksamen.

Die leerlingraadsimposium,

Kaskar, Wildsfees en Revue

het plaasgevind. Die hoogte-

punt van hierdie kwartaal was

die interhoër-swem, toe ons vir

mev. Grové in trane gehad het

toe ons vir die negende opeen-

volgende jaar die Interhoër

gewen het (’n nuwe rekord).

Ons groet ook ons matrieks

met die Matriekafskeid en wens

hulle ’n voorspoedige jaar toe.

Hierdie was ’n baie besige jaar,

maar ons het dit almal oorleef.

Ons het hoogtepunte sowel as

laagtepunte gehad. As elkeen

vandag terugkyk na die begin

van hierdie jaar, sal ons agter-

kom dat ons nie meer dieselfde

mense is nie. Hierdie jaar het

ons gegroei in geloof met die

massagebed en ons het as ’n

skool ontwikkel. Ons het baie

sterker geword en ons staan

vas in ons beginsels en

waardes. Elkeen is gevorm en

is wyser.

Ons moet dankbaar wees dat

ons die voorreg het om in so ’n

wonderlike skool te wees waar

elkeen kan leer en ontwikkel.

Ons moet bly wees dat ons op

’n eerlike manier kan deelneem

en in ’n goeie gees. Die belang-

rikste is dat ons vir God moet

loof en aan Hom alle eer en

dank betoon, want sonder

Homs sal ons niks kan bereik

nie.

Wees ’n trotste Pottie, want

eens ’n Pottie, altyd ’n Pottie!

REDAKTRISE SE BRIEF!

OPINION • OPINIE 5

HPP verenig in gebed — vierde jaar in ’n ry!

Anjé de Wet

Baie van julle het dalk ’n rowwe jaar agter die rug. Van julle moes ‘n geliefde aan die dood afstaan. Ander se ouers het dalk geskei. Of jy het dalk die woorde “DRUIP” op jou rapport gesien. Dié, my mede-leerlinge, is genoeg rede vir jou om moed op te gee.

Het jy al ooit gewonder of daar werklik iemand is wat verstaan hoe moeilik dit vir jou is? Is daar iemand wat regtig vir jou omgee?

Die antwoord is JA ! Die Bybel sê in Psalm 34:18,19, “Die Here is naby die gebrokenes van hart, en die verbryseldes van gees red Hy. Baie is die rampspoede van die regverdige maar, uit hulle almal verlos Hy hom.” Hoe wonderlik is dit nie tog dat die “God van alle vertroosting” werklik vir jou omgee en jou wil help nie.

Jy voel dalk dat die probleem te groot is vir jou en dat jy dit nie kan oorkom nie. Maar kyk net wat belowe ons Almagtige God in Korintiërs 10:13, “God is getrou, en Hy sal nie toelaat dat julle versoek word bo wat julle kan verdra nie, maar saam met die versoeking sal Hy ook die uitweg gee, sodat julle dit sal kan verduur.” Ja! God laat nie iets toe om te gebeur as Hy weet jy dit nie kan oorkom nie. Die slagspreuk sê: “As God dit toelaat, dan kan ek dit vat.” God het nie opgegee met jou nie, so moet nooit met jouself opgee nie.

Carmen du Toit

Isaiah 40:8: The grass withers, the flower fades, but the word of our God will stand forever. As human nature dictates, we are prone to bouts of doubt … bouts of uncertainty. “Am I good enough?” “Can I do that?” “It’s impos-sible!” Sound familiar? If it does, don’t feel bad because you’re not alone. This is all perfectly natural. You see, it is normal, even instinctive, for the human brain to doubt in itself and its abilities. However, you should realise that this is only a mortal quality, one that God in his Glory does not possess. Thus, it is of utmost importance that you should give yourself over to God, in order for Him to guide you towards your true purpose in life. We are entering an age of new beginnings, a time of blossoming dreams and goal setting. It is crucial that we realize that in this time of change, we should keep our faith constant. Our faith must be a consistency in a world that continually shifts, often leaving us alone and unsure amidst the turmoil. Let God lead you towards an enlightened future; let Him banish your uncertainty and help you realize your full potential. You are about to enter a new phase in your life, and it is up to you to decide whether or not you’ll do it as a meek lamb or a roaring lion!

SIELSKOS SOUL FOOD

Hoërskool Piet Potgieter is ’n

skool in die hart van die Bosveld

waar normes, waardes en sedes

geskoei is op die Woord van

God. Dit is ’n waardegedrewe

skool waar ’n gees van opgewon-

denheid heers want dit is hier

waar daar ’n wenkultuur geskep

word elke dag. Hoërskool Piet

Potgieter het blink-oog kinders en

elkeen maak ’n verskil en bete-

ken iets by die skool. Ons is trots

op ons leuse: Handel reg!

6 OPINION • OPINIE

Onder die einste koelteboom dink ek ná oor die jaar van 2016. Wat ’n jaar! Vroeg in die jaar het elke Pottie kennis gemaak met die hartseer teleurstelling toe ons hoor die Interhoërtrofee pronk nou in ’n ander skool se voorportaal. Vir oulaas het Marnus gesorg vir hoendervleis-atletiek, Peter het ons vermaak met sy uithou-vermoë en baie het vir die laaste keer langs die atletiek-veld gesit as ouers van Piet Potgieter. Daar was maar min tyd vir skouers hang. Die wintersport-program het ons volle aandag geverg en tydens hierdie seisoen het ons sommer gou-gou weer oorwinning geproe. Pragtige prestasies is behaal en geskiedenis is gemaak. Akademie en kultuur het ook hulle plekkie in die son verdien met uitmuntende uitslae. Gesinne is uitmekaar geruk weens die verlies van ’n geliefde. Vir baie sal hierdie jaar onvergeetlik wees, ’n jaar waar ’n laaste asem uitgeblaas is. Vir ander weer is dit ’n jaar waar ’n asem vir die eerste keer ingeasem is. Wanneer ek in die vierkant staan en luister na al die kennis wat die personeel aan die leerders oordra, besef ek hoe bevoorreg ek is om deel van die Bloumasjien te wees – die kennis maak met die Gaby’s, Swannie’s, Armand’s en Peter’s, dié wat jou lewe verryk en verander. Dan is daar selfs dié wat jou sterker maak – die Fanie’s en ook die Luan’s!

Kaskar, Wynveiling, Pos-duifveiling, Modeparade en Matriekafskeid was die hoogte-punte wat onder sukses gelias-seer kan word. Ons het vorige leiers gegroet en nuwes ver-welkom. Groot dinge lê voor … onsekere dinge. Wat hou 2017 in vir ons, die Bloumasjien, in? Watter verrassings gaan Inter-hoër bring? Wat 2017 gaan bring weet niemand van ons nie. Onsekerheid kan soms

vreesaanjaend wees. 2017 het baie dinge waaroor ek onseker is, maar hier is ’n paar dinge waaroor ek deeglik seker is! Die goed en die sleg is deel van hierdie lewe. Aanvaar dit. Die slegte is ’n leerproses. “This too shall pass”! Soms moet daar eers slegte dinge gebeur voordat daar goeie dinge kan kom. Elkeen van ons verdien die beste wat die lewe het om te gee. Ons moet werk vir die goeie dinge. Goeie dinge en belangrike dinge is vir ewig. ’n Dag sonder ’n lag is ’n dag gemors. ’n Glimlag en stilte is twee waardevolle dinge. ’n Glimlag kan baie probleme oplos en stilte kan baie pro-bleme voorkom!

Jy word dit wat jy glo. Gee moed op met jou frustrasies, maar moenie moed ópgee nie. Vergeet van die terugslae, maar nie van jou doelwitte nie. Moenie jou bekommer oor jou verlede nie; bekommer jou wel oor jou toekoms. Jou hande is daar om te dien en jou hart om lief te hê. Mik vir die maan. As jy dit mis sal jy tussen die sterre beland. Glo in jouself. Jy weet meer as wat jy dink jy weet. Jy kan nie ’n positiewe lewe lei met negatiewe gedag-tes nie. Dis nie altyd die “Hercules” wat die dag red nie. Soms is dit sagte “Sneeu-witjie’s”. As jy nie vra nie, sal die antwoord altyd nee bly. As jy nie vorentoe tree nie, sal jy altyd op dieselfde plek bly. As geleenthede nie klop nie, bou dan ’n deur! Geniet elke oom-blik, goed of sleg, mooi of lelik. Ons moet elke dag dankie sê. Die ware lewe begin juis buite jou gemaksone. ’n Vry mens is iemand wat sy drome verander in realiteite. Ons vind ware ge-luk wanneer ons ophou kla oor ons probleme en die Here dank vir die probleme wat ons nié het nie. 2016 het my een ding geleer: die lewe is kort. Toets grense, vergewe vinnig, soen stadig, wees werklik lief, lag onbeheer-baar lekker en moet nooit spyt wees oor dinge wat jou laat glimlag nie. Moenie vir toestemming wag vir “great-ness” nie. Volg jou hart! Steeds onseker oor 2017? Bring it on!

Pottie Spook BOE!

OPINION • OPINIE

Juané le Roux Revue 2016! Wat ‘n opwindende ervaring. Dit was die grootste algehele revue in Hoërskool Piet Potgieter ge-skiedenis. Meer as 400 leer-ders het deelgeneem. Die kinders het baie hard ge-oefen aan hul danse en al was hulle hoe moeg vir die bewegings, het hulle nog met tonne energie opgetree. Daar was ’n groot verskeidenheid van idees wat in die Revue ingegaan het: van “Glow in the Dark”-bewegings tot “Grease”-herlewing.

’n Hoogtepunt, wat ek glo die kinders en ouers nie gou sal vergeet nie, is mnr. Renier Labuschagne en mnr. Ruan Pot-gieter met hul baie interessante balletinterpretasie. Almal het pret gehad al moes ons ure en ure lank oefen om elke tree en handbeweging reg te kry. Op die ou end was die Revue van 2016 ’n reuse sukses en ons hoop om dit spoedig weer te doen!

Have you ever had a dream

that’s too good to be true? It’s

the kind of dream that brings

you to a sudden stop for a few

seconds.

Well … ?

Don’t just stand there! Set

some goals! Dreams without

goals stay dreams!

If you’re not where you are, if

you’re not where you want to

be, and if you don’t have what

you want to have, go out and

be the change you want to see!

Don’t get me wrong. Life’s

tough and it’ll beat you to your

knees and keep you there

permanently. If you fall, try and

land on your back because

then if you look up, you can get

up!

Fear is real. There’s the fear of

not making it or the fear of

losing, but the biggest fear is

the fear of success. What if you

make it and you can’t handle

the heat? Remember at all

times, you don’t have to fear.

Fear is a choice.

Faith conquers fear. So, you

have to have faith in your

goals.

If goals were easy to achieve,

everybody would be achieving

their goals. That doesn't mean

you have to lose faith. If you

want something, you have to

give it your all to achieve it.

He who says he can’t and he

who says he can are both

correct.

It’s all about getting your mind-

set right because if there’s no

enemy within, the enemy

outside can do no harm.

A dream is there to show you

that it is already yours. All you

have to do is man up, stand up,

go out and claim it!

Nickie Oosthuizen TEEN TALK

’N RASENDE SUKSES!

Anké Hurn

Op Saterdag 10 September 2016 het KANSA

’n heerlike familiedag by Kameeldoring

Gholfklub gehou. Oud en jonk het hierdie

geleentheid bygewoon.

Die dag is met ’n pretdraf en fietsry op die

Thornybush-terrein afgeskop. Na die pretdraf

en fietsry het ongeveer 92 gholfers hulle

vaardighede op die gholfbaan gewys, terwyl

die kindertjies op die springkastele baljaar

het en aan die heerlike melkskommels en

eetgoed gesmul het. Groot en klein se ge-

sigte is ook kleurvol geverf deur Ansa Smit.

Die familiedag is afgesluit deur ‘Thys, die

Bosveldklong’, wat ook KANSA gereeld

ondersteun. Thys se familie is ook geraak

deur kanker met die afsterwe van sy broer

vroeër vanjaar.

Thys se optrede het hope vermaak verskaf

en selfs ’n paar mense se voete laat jeuk om

danspassies uit te haal.

Die komitee van KANSA sê dat hulle op ’n

familiedag besluit het, omdat hulle besef het

dat die gemeenskap lus is vir n verandering.

Hulle hoop volgende jaar se familiedag gaan

nog groter en beter wees.

Die komitee bedank almal wat hulle onder-

steun het, al die borge en veral vir NTT

Toyota en Thorny Bush Landgoed.

KANSA hou gereeld fondsinsamelingprojekte

om kankernavorsing, versorging, ondersteu-

ning en opleiding aan persone wat geraak

word deur die gevreesde siekte te verskaf.

Raak gerus betrokke

by KANSA-projekte in

ons dorp.

Skakel gerus vir

Ansa Smit

(Kansa-vrywilliger)

083 272 2196.

8 SOCIAL • SOSIAAL

KANSA HOU FAMILIEDAG

OPINION • OPINIE 9

Toiné Botha

Het jy al ooit gaan staan en dink

hoe anders jou lewe sou wees

sonder die mense wat dag en

nag rondom jou is?

Vriende is die mense wat jy

half-drie die oggend wakker bel

as jy nie kan slaap nie. Vriende

is die mense wat jou troos, al

weet hulle nie wat om te sê nie.

Dis die mense met wie jy jou

hartsake deel en skinderstories

uitruil.

Hulle is die mense wat jou met

jou wildste drome aanmoedig,

jou ondersteun in absoluut alles

wat jy doen, en die meeste van

die tyd doen hulle dit saam met

jou.

’n Vriendskap moet versigtig

hanteer word, daar kan nie

leuens en beskuldigings

permanent rondvlieg nie. Een

ding wat baie gebeur is as daar

‘n nuwe liefde tussen twee

vriende kom. Daarvoor het ek

net een ding te sê: REGTIG?

Meisies, om jou beste vriendin

weg te gooi vir n seunsvriend is

een van die domste dinge wat jy

kan doen.

Jy dink hy is al wat jy nodig het,

maar meeste van die tyd is dit

die meisie wat jou jare lank al

ken wat

jou verder

g e l u k k i g

gaan hou. Dit kan presies

net so vir die seuns omgedraai

word.

Vriende is van die belangrikste

iets in jou lewe. Jy kan nie vir n

oomblik dink dat jy hulle nie

gaan nodig hê nie.

Hulle is die mense met wie jy

van kleintyd af beplan om die

wêreld mee te reis, met wie jy

jou trourok en matriekafskeid

beplan. Julle beplan om na

dieselfde universiteit te gaan,

beplan om dieselfde beroepe te

beoefen.

Vriende hoef nie by dieselfde

geslagte te bly nie. Natuurlik

kan seuns en dogters beste

vriende wees, maak nie saak

wat ander mense sê of dink nie.

Soms is jou beste maatjie jou

troeteldier!

Dink net, hoe gaan dit voel om

eendag stoksielalleen op jou

voorstoep te sit sonder ’n vriend

of vriendin om mee te praat?

Om ‘n vriendskap te laat werk,

moet dit van altwee kante kom.

Die een kan nie net die heeltyd

om verskoning vra as jul baklei

Jy en ek kan deel in liefde

Ons kan rus in die wete

Soos ou vriende doen

En selfs deur pyn en misverstande Kan ons glo in ons drome

Soos ou vriende doen ...

het nie. Die ander een moet

ook darem ’n bietjie verant-

woordelikheid aanvaar.

Kom ons wees eerlik. Almal

het daardie een spesifieke

persoon vir wie jy enigiets in

die wêreld sal doen nodig.

Alle mense is verskillend.

Hulle verskil soos rissies en

sjokolade, maar dit is wat

vriendskappe so spesiaal

maak! Leer mekaar nuwe

goed, word saam groot en

oud. Wees daar vir mekaar

wanneer jul die ander nodig

het.

Om vriende te maak is

moeilik, maar om hulle te

verloor is maklik. Eerlikheid,

lojaliteit en respek is van die

belangrikste waardes wat jy in

’n vriendskap moet hê, anders

het ek slegte nuus vir jou ...

Daarsonder sal dit nie werk

nie.

Vriende en vriendinne is

spesiaal. Jy kry net een van

elke mens. Moenie dink dat jy

nog een om elke hoek en

draai ontmoet nie. Kry vir jou

iemand met wie jy dwarsoor

die klas kan praat, of

onverwags ’n aanhaling uit ’n

film of boek kan sê en hul

presies weet waarvan jy

praat.

Waardeer jou maatjies en sê

vir hulle jy is lief vir hulle, want

jy weet nie hoe lank hulle nog

by jou gaan wees nie.

GEDAGTEWANDEL

Anria Kruger

Op 29 Julie 2016 was ons redenaarspan weer vuur en vlam by die jaarlikse Interhoër te Hans Strij-

dom. Daar is gekrabbel in verskeie lokale en gebabbel tot die beoordelaars ons geglo het. Met

‘bielie’-temas, moeite, geduld en selfvertroue het ons skool in die vyfde plek geëindig. Ons sprekers

het onder uitermatige omstandighede gepraat dat dit bars, net soos ware Potties kan. Volgende jaar

bring ons weer die beker huis toe waar hy hoort!

Dawie Muller

Daar word gesê: as jy wil ver-

beter, moet jy jou met die

bestes vergelyk. Dít het HPP

Toneel oor en oor gedoen.

Hierdie jaar het Piet Pot ’n uit-

nemende stuk opgevoer.

Skoonskip, geskryf deur Jan-

nes Erasmus, is deur die

toneel-hart van die skool,

Tannie Yvette Wessels, deur

die akteurs uitgeleef.

Daar was tye om te lag en tye

om te huil. Daar was ook trane

van frustrasies. Wynand

(gespeel deur Morné van der

Bank) het sy arm gebreek.

Sybrandt (gespeel deur Kurt

Kruger) het regtig pakslae

gekry — die hale was sigbaar

op sy rug. Boeboe (Leoné

Human) was altyd moeg en lus

vir ‘sweeetsss’. Megan Smuts

se karakter het altyd vuil

gevoel. Die kaptein (gespeel

deur Dawie Muller) se oogklap

het almal laat skrik.

So kon ’n mens ’n toneel skryf

daaroor. Interhoër Toneel te

Hans Strijdom was vir elke

leerder ’n volledige kleed-

repitisie en goeie voorbereiding

vir deelname by die ATKV.

Tydens die Interhoër het Piet

Pot derde plek verower. Die

beste byspeler was Leoné

Human. Die beste hoofspeler

was Morné van der Bank.

Kommentaar soos: “Julle is

‘impressive’,” van die begin af

het gehelp met die atmosfeer

en energie.

By die ATKV wen HPP Silwer

vir “Ensamble”, Stelontwerp,

Kostuums, Klankbaan en

Regie. Die produksie het ’n

Brons toekenning ontvang. Die

tegniese aspekte was ’n Goud

werd! HPP was weer eens

briljant.

Die leerders en skool bedank

Yvette Wessels vir al haar

liefde en opoffering. Sonder

haar leiding sou die jong

akteurs nie dít wat hul bereik

het kon bereik nie. Elke leerder

wat deelgeneem het aan hier-

die jaar se toneel het so veel

talent en potensiaal.

Hou hulle volgende jaar dop!

10 CULTURE • KULTUUR

IMPROVISEER EN REDENEER

TONEEL 2016

‘MAJOR FREQUENCIES’ NEEM DEEL Ildonné Strauss As ons Sêr en sport teen mekaar moet afspeel, sal sport seker ’n gewilde keuse wees, maar wat van die kinders wat nie fiks genoeg is om in die hokkiespan te wees nie en wat ly aan rugby-beserings … Selfs fietsry kan gevaarlik wees! Sêr, afgelei van die woord serenade en oorsee bekend as a capella-groepe, het by universiteite ontstaan en is ’n groep waar daar net van die menslike stem gebruik gemaak word om klanke te skep.

♪ ♫ ♪ Sêr may be for the elite in the singing class, seeing that you don’t only require a good voice but also an excellent ear, but it is a very entertaining and enjoyable activity. It’s not necessarily for everyone, but I think you have a better chance to join a singing group than coming into a netball team in the middle of the season.

♪ ♫ ♪ Daar is ’n verkeerde persepsie dat sêr nie fisieke voordele het

nie, maar om vir 20 minute te dans en sing is genoeg oefening vir selfs die gehardste sportman, sonder die kans vir ernstige beserings, natuurlik.

♪ ♫ ♪ Your standard a-capella group has a minimum of 15 and a maximum of 25 learners. Every year from across our country, universities have sêr competi-tions where different universi-ties come together to compete against each other. There is also a very popular national television show called “Sing Off”, where the best a-capella groups compete.

♪ ♫ ♪ Hierdie gier het ook oorgewaai na hoërskole en Tzaneen het laas jaar die eerste sêr-kompetisie vir hoërskole aangebied. HPP se sêr-groep, die “Major Frequencies”, het natuurlik ook gaan deelneem. Die sêr het hierdie jaar weer gaan deelneem.

♪ ♫ ♪ Although sêr is not as well known as most sport activities

at school, it certainly is gaining ground and is something to look out for. Once you’ve heard an a-capella group sing you will be hooked.

♪ ♫ ♪ In Hoërskool Piet Potgieter het ons die voorreg om so ‘n groep te hê. In die skool se groep is daar 20 leerders. Die “Major Frequencies” is in die begin van September Tzaneen toe om aan die jaarlikse kompetisie deel te neem. Daar het hulle teen vyf ander skole gesing.

♪ ♫ ♪ “Major Frequencies” gave an awesome performance, one could even say the best they have ever performed. It was exciting and exhilarating to watch these 20 teenagers on stage acting as pirates, for that was their theme this year: pirates.

♪ ♫ ♪ Die sêr-groep hierdie jaar was definitief ’n sukses wat met baie oefening tot groot presta-sies gelei het.

CULTURE • KULTUUR 11

Unchartered 4: A Thief’s End

Rucardo Kruger

Uncharted 4, being the last game of the Uncharted series, had to live up to the expecta-tions. The Developers at Naughty Dog worked very hard to complete the project and did a great job. They spent 10’s of millions of dollars producing and perfecting their master-piece. The Playstation 4 excusive, Un-charted 4, is an action adven-ture video game that follows the protagonist Nathan ‘Nate’ Drake who has retired from for-tune hunting. He and his old friend and partner Sully, re-unites and begins to search for clues for the location of the long lost Captain Henry Avery’s treasure in order to save his older brother Sam’s life. The game takes place in differ-ent locations around the globe, from Italy to Scotland, Panama to Madagascar, and each new area is breathtaking, full of scenes that look like postcards,

only you can explore them. The new game engine designed for Uncharted 4 and the power of the PS4’s system has enabled the developers to do a lot more than they could for the previous games on the topic of gameplay as well as visuals. They have also intro-duced new aspects to the game including a new parkour system and various new

weapons and equipment in-cluding the new grappling hook. The game also allows the player to drive the cars himself. Unlike the previous entries to the series, Uncharted 4 has offered modified environments that enable the player to achieve his goal in more than one way, and take more than one path towards it.

Is this the best video game of the generation?

Johan Strauss

A classic action role-playing game from 2011, loved by most gamers is finally getting the re-mastered or special edition we all hoped for.

What the new edition lacks in ingame content, it makes up for

in graphical enhancement and it will be able to run on the next generation consoles including Ps4, Xbox One and PC (will only be an update for previous edition).

To satisfy their console players Bethesda decided to make modding a possibility for them.

This will allow them to shape the world in a way they would like to see it.

For those who don’t know what Skyrim is about, its a game based on Nordic mythology with the Bethesda Elder Scrolls twist we all know and love .

The Elder Scrolls V: Skyrim Remastered

12 REVIEW • RESENSIE

THE MEN’S NIGHT OUT George Magongwa

For the first time in the history

of Piet Pot, the men were given

a night out. The evening started

off slowly.

The tables were set, each

representing a different rugby

jersey. This definitely gave the

right impression — it’s not

called “men’s night out” for

nothing, or as the men called it

“Manne-aand”!

This was not an event to attend

if you were not hungry. The

smell of all the potjies on the

red hot coals and flames was

mouthwatering. The men were

able to do their cooking in the

company of good friends and

acquaintances.

For entertainment, they had

Willie Jay on board.

The teachers who enjoyed the

evening were Mr. Douw Oost-

huizen, Mr. van Rensburg, Mr.

Hermann and Mr. Grové. Mrs.

Malan’s husband also joined

the fun.

The evening gave the men a

well-deserved break where

they could relax and enjoy the

dishes, prepared for adults

(+18) only. There were six

different “potjies” and they were

judged informally by judges

who attended the evening.

Well done to Mrs. Malan and

Mrs. Kockott, who initiated the

idea. What a fabulous event!

Rumay Oosthuizen

Aan die leerders in Graad 10 is

’n LO-gemeenskaps taak

gegee. Alle Graad 10-leerders

het in groepe deelgeneem om

hul hulp aan die gemeenskap

te bied.

Verskillende take is aangebied,

o.a. om by die DBV en outehuis

te help. Leerders het ook

parkies opgeruim en skoon ge-

maak.

Sommige leerders het geld

gegee, terwyl ander fisies

gewerk het om ’n verskil te

maak. Die taak het vereis dat

elke groep ten minste 10 uur vir

die gemeenskap moes opoffer.

Die Pottiekaner het met juf.

Elzette Badenhorst gaan

gesels om by haar te hoor wat

die doel van die taak is.

Juf. Badenhorst het gesê dat

deur die taak te doen, baie

kinders geleer het om ’n bydrae

te maak om iemand of met iets

anders te help. Deur hul betrok-

kenheid het die leerders besef

dat wanneer hul iets gee son-

der om iets terug te verwag,

kan dit ander se lewens positief

beïnvloed. Juf. Badenhorst het

beklemtoon dat wanneer die

leerders gee, voel hulle goed.

Baie van die leerders het nie

besef dat daar noodsaaklike

behoeftes is by plekke soos die

DBV nie. Ander het nie eers

geweet dat die dorp ’n DBV het

nie.

Die leerders het deur middel

van die LO-taak besef dat daar

mense en diere in hul gemeen-

skap is wat regtig swaar kry.

Hulle het die geleentheid gekry

om te help en om te voel dat

hulle ’n verskil kan maak, al is

dit nie groot nie.

As elke mens bereid is om net

’n bietjie van hul tyd, energie of

geld te gee daar waar daar

behoefte is, sal dit ’n groot ver-

skil in ons dorp maak.

Die leerders het die voorreg

van gee geproe toe hul vrywillig

opgetree het!

SOCIAL • SOSIAAL 13

OKTOBER IS OMGEEMAAND!

JAKARANDA-FLUISTERINGE Stories versprei dat Arno Smit die meisies ’n ding of twee kan leer,

Gaan iemand braaf genoeg wees om te probeer?

Ons nuwe nuus vir die kwartaal: Christian en Theressa ...

Kan hulle moontlik die volgende CG en Shiné wees?

“NEWBIES”

Ons weet nie wat om van JD en Sharon te glo nie,

Tog beteken hul liefdevolle dade meer as ander se verkeerde en on-

ingeligte woorde.

Dawie en Lara staan nog sterk terwyl Jacques Natascha verruil het vir Eduanette!

Ten minste is haar nuwe vriendskap met Anri net die regte medisyne vir ’n gebroke hart.

Al die min stories om te vertel laat mens wonder of daar nie nuwe talent die skool betree het vir wie

elke meisie se hart nie kan ophou klop nie.

Met swaar harte skryf ons vir moontlik die laaste keer van ons 2016-“power couples”:

Janke en Christiaan Brandon en René

Johan en Mel

Almal weet dat hoërskool ’n slegte reputasie vir verhoudings het. Dis weer daardie tyd van die jaar

wat ons ons matrieks groet en al hulle skandale en skindernuus wat saam met hulle Piet Pot betree

het.

Sal ons ‘couples’ hou of gaan hul paaie skei?

Ons weet die reël sê: ‘Matriekvakanse is jou SINGLE-vakansie … wat die oog nie sien nie, kan die

hart nie seermaak nie!’

14 OPINION • OPINIE

DOWN MEMORY LANE

First of all, let us bid farewell to our power couples:

Rabia and Booth,

Millicent and Khetwa, and

Kamo and Teekay!

Now, let’s welcome the young ones:

Katlio and Simphiwe ...

#wenotsurewhat’sgoingonbutwhatever

Junior and Priska.

There must be something going on with

the grade 11’s because everyone seems to be in love!

It all started with Ramokoni and Biggie;

They were followed by Tlaweng and his Queen

#seewhatidid?

The most adorable Boka and Nthati seem

to have inspired Casey and Riaz;

Sphiwe and Valencia are keeping it low-key

with Fish and Mathepana following in their footsteps.

We hope you all last as long as Tebogo and Puse.

If I find a man,

Can we please be as perfect as Tangy and Karabo.

OPINION • OPINIE 15

Lebo Moabelo

Juf. Verster se babadogter, Julinga, is

op 20 Oktober gebore.

Mnr. Alwyn Olivier, wat verlede jaar

hier by HPP afgerig het, en Tuanette

Louw is verloof.

Juf. Martha Ngoasheng is die nuwe

Sepedi-onnie in klaskamer 20. Sy

neem die leisels by Juf. Hermina Mo-

kadikwa, wat einde Julie afgetree het

oor.

Tannie Carien van Heerden is die

nuwe tikster in die kantoor in Tannie

Karien Ruytenberg se plek.

POTTIES NUUSFLITSE

16 SOCIAL • SOSIAAL

Robyn Morrison

Die matriekafskeid-mode-

parade word elke jaar deur die

Gr 10-leerders en hul ouers

aangebied.

Die 2016-modeparade was

soos al die vorige jare ook ’n

reuse sukses!

Die hekke het om 16:00

geopen en die pawiljoen was

stampvol mense. Daar was

hierdie jaar vir die gehoor ook

’n groot skerm op die veld.

Die matrikulante het soos iets

uit ’n storieboek gelyk. Dit was

beslis ‘Potties in Wonderland”.

Die seuns en meisies het op

verskillende oorspronklike

maniere arriveer. Daar was

spoggerige voertuie, ’n perde-

koets en ’n TLB!

Hulle is by die verhoog afgelaai

waar hulle op die ritme van

goeie musiek oor die rooi tapyt

kon stap. Hul hoogtepunte en

toekomsplanne is deur mnr.

Malan voor die gehoor uitge-

lees.

Die gehoor het dit baie geniet

om die mooi uitrustings te sien.

Die matrikulante is met

gholfkarretjies na die voor-

bereide ingang tot die Pierneef-

saal geneem.

Dit was ’n wonderlike rooi

tapyt-vertoning en ’n aan-

gename ervaring vir beide die

gehoor en die matrikulante.

Foto’s: Helena Kockott

DIE ROOI TAPYT

Nicolene Smit

Dit was nog ’n onver-

geetlike ervaring vir ons

matrikulante. Die saal en

m o d e p e r a d e h e t

asemrowend mooi gelyk.

Die aand was ’n reuse

sukses.

Die Pottiekaner het ’n

onderhoud met Gaby Nel gehad om meer uit te vind

oor haar ervaring:

Wat was jou hoogtepunt van die matriekafskeid? Vir seker, om al my vriende

en vriendinne te sien. Almal

het ongelooflik gelyk!

Hoe het jy en Marnus saam opgeëindig? Ek en Marnus is nog altyd beste vriende. Ek het

vir seker die “hotste date”

gehad!

Het jy van die tema gehou of sou jy iets anders verkies? Ek het baie van die tema

gehou. Die saal was werklik

mooi.

Is jy bly die aand is nou verby? Ek kan nie glo tyd het so vinnig verbygevlieg nie. Ek

is hartseer dat dit verby is,

maar die herinneringe sal altyd

bly.

Wat kan jy ons vertel van die ete? Ons het ’n driegang-maaltyd gekry. Die graad 11’s

was wonderlike kelners.

Ek het gesien die dansbaan is aansienlik klein? Hoe het almal gedans gekry? Almal het

nie gelyk gedans nie, so dit

was perfek. Ons het maar

tussen deur die tafels ook

gedans.

Hoe was die musiek? Ons het die musiek baie geniet.

Dankie, mnr. Ruan.

Het jy enige raad vir die toekomstige matrikulante?Geniet elke oomblik en klim uit

jou gemaksone uit. Die jaar

vlieg vinnig verby – daar is nie

tyd om spyt te wees nie.

GABY OOR MATRIEKAFSKEID SOCIAL • SOSIAAL 17

Kleur en Fleur! 18 SOCIAL • SOSIAAL

SOCIAL • SOSIAAL 19

Ildonné Strauss Daar is al hoe meer bewyse dat groepsang ‘n hele reeks gesondheidsvoordele het. Só is daar dan ook nou bewys dat jou psige baat vind wanneer jy in ‘n koor sing. ‘n Onlangse studie is onder mense wat in kore sing, alleen sing of ’n spansport beoefen gedoen. Alhoewel al drie aktiwiteite hoë punte gekry het vir psigologiese welstand, het koorsang by verre uitgestaan as die voordeligste aktiwiteit. Om deel van ’n koor te wees gee nie alleen die gevoel van samehorigheid nie, maar sang word ook ervaar as iets sinvol en kreatief. Op die fisiese vlak, verhoog koorsang suurstofvlakke in die bloed en dit veroorsaak dat “goed voel”-hormone afgeskei word, wat weer op hulle beurt stresvlakke en bloeddruk verlaag. Dit word selfs al voorgeskryf vir pasiënte wat aan depressie lei en ander psigologiese toestande. As jy dus aan skoolstres ly, is die koor die regte plek om te kom ontlaai.

20 CULTURE • KULTUUR

Ildonné Strauss Die Bosveld Musiekfees is ’n jaarlikse instelling waar daar groot talente ontdek word en waar daar vir kinders die geleentheid gegee word om hul talente met ander te deel. Die Musiekfees het afdelings vir kleuters tot matrieks. Kinders leer om voor gehore op te tree en om te sien wat musiek vir ander beteken. Daar word elke jaar ’n beoordelaar van buite die dorp gekry om die kinders te leer en opbouende kritiek te lewer. Daar is verskil-lende afdelings waar kinders kan meeding. Daar is ’n vokale afdeling waar leerders in die kategorieë, Afrikaans, Engels, volksliedjie, eie keuse of ’n keurspel kan deelneem. Daar is

ook ’n instrumentale afdeling waar die kinders hul talente in verskillende genres kan wys. Die kunsfees het hierdie jaar baie kinders met uitsonderlike talent gelewer, naamlik Cara Sinclair wat die senior afdeling vir vokaal Afrikaans, Engels en eie keuse gewen het. Cara het ook die kunslied en keurspel-afdeling se trofeë verower. Oni Molamo het die junior afdeling vir vokaal gewen en het daardie trofee huis toe geneem. Natasha Koen het die senior trofeë vir instrumentaal barok, klassiek en 20 en 21ste eeu verower. Natasha het ook die senior instrumentale trofee vir die beste senior kandidaat gewen. Johan Vosser het die trofeë vir die junior afdelings

barok, klassiek en 20 en 21ste eeu verower. Johan het ook die trofee vir die beste junior kandi-daat verower. Jané Dippenaar het die beste beginner tweede jaar en die senior romantiese afdelings gewen. Indien jy nog nie ons kore of selfs ander kore hoor sing het nie, kan jy op die vierde dag by die musiekfees ’n draai gaan maak. Daar sal jy spreekkore en orkeste ook kry. Die afge-lope twee jaar het Hoërskool Piet Potgieter die trofee vir beste hoërskoolkoor gewen en spog graag daarmee. Daar was voorheen ook ’n sanggroep van Pietersburg wat deelgeneem het.

KOOR VERLIG SKOOLSTRES

BOSVELD MUSIEKFEES

Phindile Tjale

Dit was die grootste voorreg

om te kon deelneem aan die

ATKV-Redenaars Finaal. Dit

het op 12 Augustus 2016 in

Buffelspoort by die ATKV-

vakansieoord in Rustenburg

plaasgevind.

Om deur te dring na die finaal

moes elke deelnemer in ver-

skeie rondtes deelneem.

In die eerste rondte het hulle na

die inhoud van jou toespraak

gekyk om te sien of jy die regte

inligting verskaf. Hulle het ook

gekyk of jy die vermoë het om

duidelik te kan praat en

oogkontak te kan maak.

In die tweede rondte — die

Semi-finaal — het alle skole in

Limpopo deelgeneem. Hierdie

rondtes is by Curro Heu-

welkruin gehou. Deur al die

rondtes is ek aangewys as die

wenner in die streek.

Die Finaal, op 12 Augustus,

was ’n belewenis. Daar was

bekende name soos Sumarie

Uys, Carlyn Fransman, Francis

Brown, ens. Een van die beste

komediante, Schalk Bezuiden-

hout, was die spreker vir die

prysuitdelings-aand. Hy het

gesê: “Kultuur sal altyd min

geag word terwyl sport die

bobaas sal wees.”

Daar was 41 hoërskoollede

landswyd wat deelgeneem het.

Daar was baie kontantpryse en

’n prys vir beste taalgebruik.

Ek was een van die gelukkiges

wat ervaring gekry het en

advies deur Jozua Malherbe

ontvang het.

Ek moedig julle almal aan om

aan die ATKV-Redenaars deel

te neem. Dit is waar wat hulle

sê: “Afrikaans is pret!”

CULTURE • KULTUUR 21

René Buitendag

Sowat 300 leerders van 100 skole het op Saterdag, 22 Oktober 2016 byeengekom om hul spelver-moë te toets. Dit is die kompetisie se tiende jaar en vyfde landswyd. In graad 4 is die wenner eers in die 71ste rondte aangewys en in graad 7 het dit 68 rondtes geneem. WOW, ’n akroniem vir Woorde open Wêrelde se doelwit is om ’n liefde vir lees by leerders te kweek. Madelein Leibrandt het ’n vyfde plek in die graad 10-groep behaal. Die graad 9-dogters het met mening gespel, maar kon ongelukkig nie ’n plek onder die eerste tien deelnemers behaal nie. Vanjaar het ons ook die Goede Hoop Kasteel, Die Kompanjie Tuine en Kirstenbosch besoek. Die wegbreek is nie net vir spel nie, maar om ook bietjie meer van ons land te sien. Maak seker jy kry vroeg in 2017 al jou woorde en begin spel om jou plek Kaap toe te verseker!

Foto: Verskaf

WOW! POTTIES SPEL IN STELLENBOSCH

ATKV-REDENAARS

EAT kry ook ’n beurt!

CHESS INTERHIGH Johan Strauss

On the 25th of July 2016, our school was part of the Chess Interhigh against all the schools in the district where we took fifth place.

It was a rainy day, but Piet Pot’s chess team’s spirit could not be dampened. This time, unfortu-nately, spirit wasn’t enough. The team played with vigour, but unluckily lost all matches.

Sadly, this was Sammy Maponya’s last Chess Interhigh.

Cecilia Engelbrecht

Die leerlingraadsimposium het

op Dinsdag en Woensdag 6 en

7 September by die Oog in

Naboomspruit plaasgevind.

Twee dae wat ons afkry van

skool, het almal gedink, maar

dis toe nie die geval nie. Ons

het om en by nege-uur daar

aangekom waar ons ingedeel

is en ons kamers gaan inspek-

teer het. Ons was bevoorreg

toe ons hoof, mnr. Badenhorst

vir ons ’n paar woorde kom

spreek het en ons sterkte

toegewens het. Die opleiding

het elfuur begin en ons is deur

dominee Dawie gelei.

Ons het die dag op ’n gepaste

manier begin en daarna het

ons almal hard gewerk en fyn

geluister. Ons is in drie groepe

ingedeel en elke groep moes

’n naam uitdink wat bestaan uit

’n voël, dier en boom. Die

name was onderskeidelik

Krimmetarentaleeus, Geel-

massies en Vinkedoringbuffels.

Dominee Dawie het ons almal

fyn dopgehou en ontleed. Elke

leerder moes iets vertel van

hom of haar wat niemand

anders weet nie en daar was ’n

paar interessante antwoorde.

Die eerste spanwerk-oefening

wat ons gedoen het, het on-

moontlik gelyk. Almal het

gedink niemand sal dit kan

regkry nie, totdat die een groep

kon en die oorblywende

groepe was beide gemotiveerd

en het alles gegee en probeer

tot hulle sukses behaal het. Dit

was ook vir ons ’n les gewees.

Al lyk dinge in die lewe asof dit

onmoontlik is en daar geen uit-

weg is nie, is daar een. Jy

moet net nie die probleem

alleen aanpak nie, want baie

oë sien saam beter as een. As

’n groep sal ons baie meer kan

bereik as wat elkeen alleen

iets wil doen.

Die eerste dag van die simpo-

sium het ons afgesluit deur ’n

heerlike ete en om die

kampvuur te sit en gesels. Nie-

mand was moeg nie en almal

het eers baie laat in die bed

geklim, terwyl ander probeer

Wetenskap leer en later agter-

gekom het dit ’n mors van

kuiertyd was.

Die vol-

gende og-

gend het

ons die

onderwys-

ers gaan wakker maak met

koffie en beskuit en almal was

reg en opgewonde vir die dag.

Elke oefening wat dominee

Dawie ons laat doen het, het ’n

les gehad wat elke leerder laat

dink en perspektief laat sien

het. Na twee dae se opleiding

het ons as ’n leerlingraad baie

sterk saamgestaan en ons was

bereid om enige iets aan te

pak wat oor ons pad kom.

Namens al die leerlingraads-

lede wil ons baie dankie sê vir

die onderwysers wat saam met

ons die pad gaan stap: mev.

Grové, mev. Viljoen, en mnr.

Oosthuizen. Ons sien uit na

die jaar wat voorlê.

We are a team that cannot be

broken!

T -together

E - everyone

A - achieves

M – more

22 NEWS • NUUS

LEERLINGRAADSIMPOSIUM 2016

DIP YOUR TOES IN HISTORY—

MYTHS AND FACTS!

Myth #1: Walt Disney first drew

Mickey Mouse.

Fact: Walt Disney co-created Mickey Mouse with his chief

animator Ub Iwerks.

Myth #2: Vincent van Gogh cut off his own ear.

Fact: Van Gogh cut off the lower part of his left ear, not the

entire ear.

Myth #3: Einstein was an underachiever at school.

Fact: Einstein actually excelled in Science. He was just bad at

French (the language in which

the exams were taken). He also

had learning disabilities, ADHD

and dyslexia.

Myth #4: Thomas Edison invented the electric light

bulb.

Fact: Edison did not invent the light bulb, but invented a

way to keep it turned on. The

first light bulb dates back to the

1800’s .

Myth #5: Isaac Newton dis-covered gravity when an apple

fell on his head .

Fact: Most of the story is true. He did sit under an apple tree,

but the apple fell to the ground

next to him and not on his

head.

Myth #6:

The 18th century French queen, Marie-Antoinette said: “Let them eat cake!” Fact: The phrase first appeared in Jean-Jacques

Rousseau’s autobiography,

“The Confessions”, written in

1766. Marie-Antoinette would

have been 10 years old at that

time and not yet a queen when

she said it.

Rebel Wilson owes her ca-reer to Malaria. While being treated for the disease, she hallucinated that she was a famous actress winning an Oscar, which inspired her to pursue the career. Taylor Swift’s first job was brushing bugs, mainly praying mantises, off of Christmas trees. (Her parents owned a Christmas tree farm in Penn-

sylvania). Bruno Mars is not named af-ter a planet. His real name is Peter Gene Hernandez. Brad Pitt’s first job was as a chicken mascot for a fast food restaurant. Liam Payne has a phobia of spoons … (How does he eat his cereal?) Mal Blanc voice of Bugs Bunny got into a near-fatal car accident in 1961 that resulted in a triple skull fracture and a three week long coma. After

many attempts to stir Blanc, the doctor decided to try a different tactic. He said “Bugs, can you hear me?” Blanc in the voice of Bugs Bunny re-sponded with: “What’s up, Doc”. From that point the doc-tor could talk to him through his character. Chuck Norris’ first name is actually Carlos. (Carlos Norris jokes just wouldn’t have been funny … ever!)

ENTERTAINMENT • VERMAAK 23

CELEB-FACTS

FUN FACTS Monique Smit

24 SOCIAL • SOSIAAL

Dawie Muller

Elke jaar bied Hoërskool Piet Potgieter ’n fees van wild aan. Ag, nee man! Nie wild soos in “wild” nie, maar wild soos in die Bosveld se beste vleis. Boere, ouers, alumni en bekendes word genader vir skenkings van wildskarkasse.

Hierdie vleis word dan verwerk vir verkope. Dit is ’n goeie manier om fondse in te samel. Hierdie jaar het die organi-seerders besluit om die kaskar-projek meer blootstelling te gee en die Wildsfees saam met die jaarlikse Grand Prix te hou.

Dit was lekker wild by die kaskardag! Lekker wildsprodukte was te koop: • Worsbroodjies gevul met

vars gebraaide wildswors • Wildsbiltong • Wildsmaalvleis

So sluit ons ’n lekker kaskar- wedren met nog lekkerder Bos-veld genot af. Wildsfees 2016 was heel anders, maar ’n reuse sukses!

Hermina Joubert

Hierdie jaar se Kierrieklapper

Kunstefees was weer eens ’n

reuse sukses met ’n wye ver-

skeidenheid dinge om te doen

en te sien.

Die Kierrieklapper Kunstefees

is hierdie jaar vir die 16de keer

op Hoërskool Piet Potgieter se

skoolterrein gehou.

Mense van dwarsdeur die land

en die omgewing besoek die

fees.

Hierdie jaar was daar ’n klomp

bekende kunstenaars by die

fees, soos Elvis se seun, Bren-

dan Peyper, SAARKIE die

band, Joshua na die Reën,

ADAM en Elvis Blue.

Sanger Dillion Lerm het weer

by die fees as seremonie-

meester opgetree.

Daar was ook vermaak vir die

kinders soos Lollos, Rooikap-

pie, Babalela en Clarice.

Die rofstoeiers het ook weer

kom kuier en daar was ’n sterk-

manvertoning .

Die talentvolle kinders van die

dorp het opgetree. Daar was

gimnastiek, trompoppies, ’n

volksanggroep en talle dan-

sers.

Daar was baie stalletjies hierdie

jaar asook die bekende rond-

omtalie. Liz Meiring se ver-

toning is in die skoolsaal

aangebied.

Die jaarlikse fondsinsameling is

ten bate van die Potgietersrus

Dienssentrum. Die geld word

vir die behoeftes van die

bejaardes in ons dorp gebruik.

Dit maak hierdie fees besonder

spesiaal. Baie mense werk vry-

willig by die fees om daarvan ’n

sukses te maak. Dit is werklik

’n groot gemeenskapsprojek en

ek is dankbaar dat ek deel kon

wees van hierdie span.

Ek het die voorreg gehad om

saam met die bekendes te

werk. ’n Mens leer dat hulle ook

net mense is wat hul drome wil

uitleef.

Dit laat my dink: “If famous

people can follow their dreams

then so can we!”

Ons sien uit na volgende jaar

se fees.

WAT ’N FEES!

KIERRIEKLAPPER JOLYT

SOCIAL • SOSIAAL 25

Michelle Vorster

Vir die tweede jaar in ‘n ry het

graad 11A (Angry Nerds),

onder leiding van juf. Illze Ma-

lan, die Grand Prix gedomi-

neer.

11A het die Grand Prix in die

verskeie afdelings gewen:

meeste bloed geskenk, meeste

gees, meeste geld ingevorder

en die meeste wedrenrondtes.

11A het ook die wedrenrekord

van 20 rondtes met slegs 10

sekondes gemis.

9A (The Avengers) het die

algehele Grand Prix vir die

juniors gewen. 9A het ook die

beker vir die beste kaskar

verower.

11A het R35 555 en

9A het R30 724 in-

gesamel. R104 192

in totaal van al die

klasse is ingesamel.

Die Grand Prix is ook ge-

kombineer met die skool se

jaarlikse bekende wildsfees.

Kaskar is ’n byeenkoms

waarna die hele skool elke jaar

uitsien. Al die harde werk om

geld in te samel, die kompetisie

wat opbou tussen klasse en

selfs die beserings wat opge-

doen word by die wedren, word

met oorvloed geniet.

Wie sal 2017 se nuwe wenners

wees?

Foto’s: Helena Kockott

ANGRY NERDS DOMINEER GRAND PRIX 2016-WENNERS

26 OPINION • OPINIE

Shiné Longuiera

Pottiekaner het met ’n paar matrikulante oor hul matriekjaar gesels.

Hoe het jy vir die rekordeksamen voorberei en was dit enigsins anders as vorige eksamens?

Vir die rekordeksamen het ek so ’n bietjie vroeër as gewoonlik begin leer en probeer rustig en kalm

bly wanneer ek ’n vraestel geskryf het. Dis lekker, maar terselfdetyd baie besig en stresvol.

Rekordeksamen is bietjie anders as vorige eksamens, omdat dit vreemde mense is wat die toetse

opstel en jy weet glad nie wat om te verwag nie! — Waldo Kruger

Watter raad het jy vir volgende jaar se matrieks?

Daar gebeur so baie dinge in matriek. Tyd gaan so gou verby. So, gebruik elke liewe oomblik en

maak die beste van elke situasie, al is dit nie lekker nie. Hou vas aan jou geloof want dan sal jy alles

met sukses kan afhandel. Belangrikste van alles: moenie moed in jouself verloor nie. Baie sterkte

aan 2017 se matrieks! — Marinel Janse van Rensburg

Wat was vir jou die hoogtepunte van jou matriekjaar?

Hoërskool Piet Potgieter, die Blou Masjien, is ’n masjien wat my geleer het dat aanhouers wen en

dat dit nie saak maak hoe moeilik enige situasie kan wees nie. Piet Pot staan bankvas agter jou en

ondersteun jou deur dik en dun! — Corlia Steyn

Riglyne vir volgende jaar se matrieks?

Neem deel aan alles. Om uit te vind iets is nie vir jou bedoel

nie, is beter as om aan die einde van die jaar te sit en spyt

te wees oor wat jy nie gedoen het nie! Kuier baie saam met

jou vriende, versterk bande en skep herinneringe, want

eendag as jy oud is, is dit waaraan jy gaan terugdink as jy

aan jou skooljare dink. Laaste maar nie minste nie, werk

hard vir jouself. Niemand wil eendag spyt wees dat hulle nie

hard gewerk het toe hulle die kans gehad het nie. Jou

matriekpunte bly die res van jou lewe saam met jou! —

Heino Viljoen

Het jy die rekordeksamen meer stresvol ervaar as vorige eksamens en hoekom so?

In my matriekjaar was die rekordeksamen eintlik die stres-

volste! Ek het eintlik besef dat na dié een is daar nog net

een oor en as jy jou punte opmors, gaan jy moet hard leer

om daarvoor op te maak. So, die stres het my bietjie ge-

vang! Ek ervaar minder stres met die eindeksamen want ek

het darem al die rekordeksamen agter my. Soos ek sê, dis

maar net die idee dat as jy opmors, gaan jy ekstra hard

moet werk! — Johan Cronje

Foto: Verskaf

TOT DIE LAASTE KLOK LUI

NEWS • NUUS 27

Salomina Joubert

Kan jy glo dat die Kersmark

alweer vir die agtste jaar

(sedert 2009) so vinnig gekom

en gegaan het?

Hierdie jaar was daar ’n

verskeidenheid geskenke om te

koop: van juwele tot klere en

handgemaakte houtitems.

Daar was weer ’n lekker teetuin

wat smaaklike eetgoedjies

verskaf het vir dié wat ’n bietjie

dors was en lus was vir iets

soets om te eet.

Dankie vir al die ondersteuning

van almal wat ’n draai gemaak

het. Kom weer volgende jaar

vir meer en mooier Kersge-

skenke.

Ons wens aan almal ’n

geseënde Kersfees en ’n voor-

spoedige Nuwe Jaar toe.

René Buitendag

Op Maandag, 18 Oktober het ongeveer 220 leerders pryse by die Lourierprysuitdeling ont-vang. Die dekor op die verhoog is weer eens baie professioneel gedoen en jy het sommer dadelik geweet dat jy by ’n prestigefunksie is. Meriete en Erekleure is vir Sport, Kultuur en Akademiese prestasies uitgedeel. Een van die hoogtepunte van die aand is altyd die aankon-diging van die hoofleiers en vanjaar was geen uitsondering nie. Ons hoofleiers vir 2017 is soos volg: Hoofseun: Abrie van der Merwe Hoofdogter: Cecilia Engel-brecht

Onderhoofseun: JD Vorster Onderhoofdogter: Riëtte Uys Vanjaar het twee leerders die besondere prestasie ontvang van 12 jaar nooit afwesig van skool nie: Monique de Sousa en Dries Visagie. Vanjaar se vonkproppe is: Gr. 8 – Annika Oosthuizen, Gr. 9 – WC van Staden, Gr. 10 – Anria Kruger en Gr. 11 – Michelle Vorster. Die Sportseun is JD Vor-ster en die Sportdogter is Monique de Sousa. Die leerlingraadslid van die jaar is Armand Steyn. Die Kultuurseun is Dawie Muller en die Kul-tuurdogter is René Buitendag. Die Pottie van die Jaar-

toekenning is vanjaar aan Hermina Joubert toegeken omdat sy altyd oral betrokke was en die grootste Pottie-ondersteuner is. Aan die einde van die aand is die slimstes van die slimstes in graad 12 aangekondig en ons Dux Leerders vir 2016 is Edu-ard Barnard en Gaby Nel.

MERKWAARDIGE PRESTASIES BELOON

Foto: Helena Kockott

KERSMARK 2016!

THERESSA TRAVELS

Theressa Oosthuizen

28 NEWS • NUUS

Piet Pot se sportsterre skitter

internasionaal.

Kurt Kruger en Cobus van Wyk

was meer onlangs in Portugal

vir “Laser-run”. Bo en behalwe

die geleentheid om oorsee deel

te neem, is hulle erg beïndruk

met die land.

Met propvol beursies kon hulle

so baie inkopies doen in al die

unieke winkeltjies, dat daar nie

genoeg pakplek was vir alles

wat hulle gekoop het nie. Hulle

het ook baie lekker geëet.

Cobus was beïndruk met die

mense en verras om al die

graffiti orals op die mure in

Portugal te sien. Kurt was net

so beïndruk met die mense wat

vir ander stop as hul oor die

pad wil gaan. Hulle het nie-

mand bekend raakgeloop nie,

maar het baie mense ontmoet

wat hulle vir baie jare sal

onthou. Die gees en vriendelik-

heid van die mense asook die

atmosfeer en stadslewe twaalf-

uur die aand was ’n besondere

ervaring. Beide Kurt en Cobus

wil bittergraag weer Portugal

toe gaan om net weer alles te

kan beleef.

Kurt het ook saam met Morné

van der Bank en Danré Grové

Sarasota in die VSA besoek vir

Triathle en Biathle. Hulle sê

hulle het baie aantreklike en

oulike meisies daar ontmoet,

maar volgens Kurt is die

meisies in Portugal baie

mooier. Die kos in Amerika is

uniek en verskriklik lekker,

maar baie duur. Morné reken

Suid-Afrika se aartappelskyfies

bly die lekkerste. Een voordeel

in Amerika was dat elke plek

“bottomless” koeldranke gehad

het.

Is die gras groener aan die

ander kant? Kurt sê: “Dit is

soveel keer skoner en veiliger.”

Danré was ook beïndruk dat dit

in Amerika so skoon en veilig

is. Hy sê: “Waar ons was, is

baie water en die landskap is

letterlik groen. Die tegnologie is

ons ook ’n bietjie voor.” Vol-

gens Morné was die mense

baie gaaf en behulpsaam. “Die

Amerikaners sal jou altyd help

as jy dit nodig het en hulle is

baie trots op hul land en vlag,”

sê Kurt.

Daar was nie veel tyd om huis toe te verlang nie want hulle is vrekbesig gehou. Gelukkig is al drie dit eens dat, al lyk alles so mooi in Amerika, nie een van hulle kans sien om hul geboor-teland vir die VSA te verruil nie.

NEWS • NUUS 29

Sharon Venter

By die Lourierfunksie, op 17 Oktober 2016, het mnr. Baden-horst met trots die nuwe hoofleiers van 2017 aange-kondig: Abrie van der Merwe en Cecilia Engelbrecht. Die onderhoofdogter is Riëtte Uys en die onderhoofseun, JD Vorster.

Baie geluk aan hierdie hoofleiers. Hier volg ’n paar vrae aan ons hoofseun en hoofdogter van 2017.

Abrie, watter waarde is vir jou die belangrikste om uit te leef? Integriteit. As jy integriteit het, sal jou ander waardes ook in plek wees en jy sal altyd die beste ‘jy’ wil wees.

Cecilia, as jy een verandering in die skool kan maak, wat

sal dit wees? Dat al ons seuns uit respek sal opstaan tydens gebed in opening.

Abrie, as hoofseun, waarna sien jy die meeste uit in 2017? Ek sien uit om voor te loop in al die aktiwiteite wat voorlê, met ’n sterk leerling-raad en mede h o o f l e i e r s langs my en om die vlag by die Interhoër te hys.

Cecilia, watter nalatenskap sal jy wil los as jy aan die einde van die jaar uittree as hoofmeisie? Mense besef nie hoeveel ’n vriendelike glimlag vir ander beteken nie. Wees ’n voorbeeld van God se liefde. God se liefde en genade moet

in jou oë en glimlag gesien word. Jy hoef nie altyd woorde te gebruik nie. Deur jou gedrag, glimlag en empatie kan jy brȗe tussen mense bou.

“Dankie dat julle vertroue in my

gestel het. Ek dink 2017 gaan

‘n groot jaar wees.” – Abrie van der Merwe

“Geen skool is suksesvol son-

der sy leerders nie en geen

leerder is suksesvol sonder die

ondersteuning van hul ouers

nie. Ouers, wees onvoor-

waardelik lief vir julle kinders,

spandeer tyd saam met hulle,

glo in hulle en staan vas in julle

waardes.” – Cecilia Engel-brecht

2017 SE HOOFLEIERS

Danré Grové Dinsdag, 18 Oktober 2016, het aangebreek – die dag waarna ons so uitgesien het!

Van vroeg af het ons op O.R. Tambo aangekom en mekaar met groot blydskap by die Emirates “Check-In” ontmoet. Wat ’n mooi prentjie het die Suid-Afrikaanse span gemaak in die groen en goud kleredrag waarin almal moes vlieg. Na agt uur se vlug het ons in Dubai geland. Ons was sprakeloos oor alles wat ons gesien en beleef het! Dit is net onmoontlik om te beskryf maar Dubai is absoluut ‘WOW!’ Na twee uur op Dubai se

lughawe het ons aan boord gegaan vir die vyftienuur vlug na Sarasota waar ons in die luukse Marriott Courtyard Hotel gebly het. Die kompetisie het by die Nathan Benderson Park plaas-gevind waar daar in die meer geswem is. ’n Gedeelte van die hardloop het op seesand plaas-gevind en die res op wis-selende terrein. Die Suid-Afrikaanse span het hul uitstekend van hul taak ge-kwyt en Morné van der Bank, Kurt Kruger en Danré Grové het onderskeidelik ’n 10de, 11de en 13de plek vir Triathle behaal en ’n 18de, 20ste en

24ste plek vir Biathle. Die ervaring en kompetisie was van onskatbare waarde. Toe die drie daelange kompe-tisie verby is, is die span vir drie dae na Disney World in Orlando. Dit was ongelooflik. Elke Disneypark, elke winkel-sentrum was eenvoudig net uit ’n ander wêreld. Dit is herin-neringe vir ’n leeftyd. Elke lid van die Suid-Afrikaanse span kan getuig van ’n uit-stekende toer na die wêreld-kampioenskappe in die VSA en van puik organisasie van die SAMPA-bestuur.

WÊRELDKAMPIOENSKAP VSA

Now most of us have heard

about fencing, but what is it

really and how does it work?

Well, fencing is a combat sport

where you use — yes, you

guessed it — a sword to defend

yourself or attack your oppo-

nent.

A fencing match normally

consists of two people who

duel against each other for

three minutes or until someone

scores five points. Later on,

matches can reach up to 15

points for 9 minutes with a

minute rest after every three

minutes. Why three minutes,

you may ask? Scientists have

proven that three minutes is the

maximum time that you can

use your full body’s energy and

movement continuously before

affecting it negatively. Thus,

three minutes is more than

enough. Fencing is such an

energetic and tiring sport where

you need to be both physically

and mentally fit.

There are three categories in

fencing: Foil, Epee and Sabre,

each with their own rules, but

with the same concept, i.e. hit

your opponent with your sword

and score a point.

Each category has its own

challenges and thousands of

different styles on how to fence

them. Fencing is surely one of

only a few sports in the world

where no two opponents are

alike.

Fencing is for everyone. It

doesn't matter what age you

are, whether you are just a

school learner or a 60 year old

person sitting in a wheelchair,

you will be able to fence.

Fencing is beneficial because it

boosts your physical fitness

and stamina. It also teaches

you how to make a decision

quickly and react within split

seconds. Fencing isn’t the sec-

ond fastest sport in the world

for nothing.

What about the “dreaded” costs

of equipment? With almost all

clubs that have their own

equipment, there is no stress in

having to buy equipment

straight away and with a good

budget control and buying at

the right places, fencing is

really not an expensive sport.

So with fencing being such an

adrenalin filled sport that is so

much fun, there is no reason

for you not to start immediately

at your nearest club.

What could be more amazing

than someone asking you:

“What sports do you do?” and

you answering: “I fight with

swords.”

Eben Wagner

30 SPORT

Historic swords (left) and their

modern counterparts (right).

EN GARDE!

Raymond Kockott

Vissegala 2016

Junior Victor Ludorum : Franco Botha

Junior Victrix Ludorum : Lené Kruger

Senior Victor Ludorum : Danré Grové

Senior Victrix Ludorum : Anje de Wet

Klaswenners: Gr 11A

Baie geluk aan die volgende leerders

wat gekies is vir die Limpopospan en

op 20 Augustus deelneem aan 'n inter-

provinsiale gala in Boksburg.

Congratulations to the following learn-

ers who where chosen for the Limpopo

team to compete in an interprovincial

gala in Boksburg on 20 August.

Franco Botha, Heinrich Strydom, Ray-

mond Kockott.

SPORT 31

VISSEGALA 2016

32 SPORT

Rucardo Kruger

Die Interhoër Landloop het hierdie jaar

by Hoërskool Hans Strijdom in

Naboomspruit plaasgevind op Dinsdag,

26 Julie.

Soos gewoonlik het Piet Potgieter se

landloopspan uitstekend gevaar en die

beker huis toe gebring.

Ons atlete het hul karakter gewys deur

die dag se kompetisie te oorheers en te

oorrompel.

Die atlete het individueel ook baie goed

gevaar en het verskeie afdelings gewen

en sodoende hul persoonlike doelwitte

bereik.

Die skool wil die atlete bedank vir hul

deelname en sterkte toewens vir die

jare wat kom.

Riëtte Uys

Nog ’n jaar van hokkie, nog

’n jaar van geskiedenis! Die

hokkie van Piet Pot stel

nooit teleur nie!

Vanjaar was definitief een

van die suksesvolste hok-

kie seisoene in die ge-

skiedenis! Met drie spanne

wat deurgedring het na die

No o rd va a l - kom pe t i s i e

waarvan hul almal in die

Top 4 geëindig het, is

beslis ’n uitstaande presta-

sie.

Die o/14 A-span het eerste

in die Noordvaal-kompe-

tisie geëindig . Dit is die

eerste keer dat ’n o/14-

span van ons skool hierdie

prestasie behaal het.

Die eerstespan het hul

harte uitgespeel en derde

geëindig, terwyl die o/15-

span in die taai kompetisie

vierde geëindig het.

Die beste vordering van die

jaar is toegeken aan:

o/14A Jo-Ann Ledwaba

o/15A Lené Kruger

o/16A Shiné Longuiera

2de span Johané Nel

1ste span Megan Bruwer

Mag die volgende seisoen

net nog beter wees.

HOKKIE PRESTEER WAAR DIT ’HOORT!

LANDLOOP BEKER WEER TUIS ...

SPORT 33

Alisha Theunissen

Netbal staan terug vir niks!

Hierdie seisoen was beslis ’n

opwindende seisoen en almal

het die uitdaging baie geniet en

baie daaruit geleer. Die meisies

het werklik uitgehaal en gewys

waarvan hulle op alle terreine

gemaak is, nie net op die baan

nie maar ook van die baan af.

Dit was ’n besige seisoen ge-

wees, Die eerstespan was op

toer en het dit geniet tot die

laaste netbalwedstryd gespeel

is.

Die eerstespan se toer het

plaasgevind die eerste week

van die Maart skoolvakansie.

Die brawe eerstespan net-

balmeisies het vroegoggend

deurgery luggawe toe en op ’n

vliegtuig gespring af Kaap toe.

Alhoewel die vlieg sommige

van die span op hulle senu-

wees gehad het, was hulle baie

opgewonde en het baie uitge-

sien na die nuwe ervarings wat

vir hulle voorgelê het. Natasha

Grobler het gesê: “Ek sal graag

weer daarheen wil toer. Ons

meisies het mekaar beter leer

ken en ons is nader aan

mekaar.” Die eerstespan het

nie net nuwe mense ontmoet

en hard geoefen nie, maar die

nuwe aankomelinge het ook

hulle ontgroening deurgegaan

en gewys hulle is deel van die

span. Die eerste netbalspan

van 2016 was werklik ’n familie

wat vir ons skool baklei het en

sy naam hoog gehou het.

Anje de Wet is vanjaar vir die

tweede jaar na mekaar die

enigste meisie wat gekies is vir

die Limpopo-span. Daar is in

totaal ses netbalmeisies van

HPP wat op 16 Mei 2016

gekies is vir die Bokkieweek,

om Verre Noord te verteen-

woordig, wat in die

Junievakanise in Kroonstad

plaasgevind het. Natasha

Grobler, Cecilia Englebrecht en

Amoré Botha is in die

eerstespan, saam met Anje de

Wet in die 0/16-span en Elizmia

de Wet en Denja Pertorius in

die 0/15-span om Verre Noord

van 4 tot 8 Julie 2016 te

verteenwoordig.

Die meisies het hierdie seisoen

baie geniet en baie geleer.

Almal is baie opgewonde om te

sien wat voorlê en watter uit-

dagings vir hulle wag. Een ding

is vir seker: ’n Netbalmeisie van

HPP staan terug vir niemand

nie en hou nie op baklei tot

daardie eindfluitjie aan die

einde van die laaste wedstryd

van die seisoen geblaas word

nie.

Foto: Sharon Venter

Foto: Jennita Ngundu

NETBAL STAAN VIR NIKS TERUG

Carel Smit

2016 is op sy einde! En tog

was dit ’n jaar van baie hoogte-

punte.

Wat die fietsry betref was Piet

Potgieter vierde van 13 hoër-

skole in die Limpopoprovinsie.

Die spanne bestaan uit vier

ryers, nl. Carel Smit, Arno Smit,

Brandon Janse van Vuuren en

Eldric Bekker. Ander ryers van

Piet Potgieter het ook gery,

maar net een of twee wedrenne

bygewoon. Dié ryers was die

volgende: Wilma Nel, Pieter

Pretorius en Spanner Theunis-

sen.

Daar is vier wedrenne gehou:

Phalaborwa (Tour de Gat),

Stanford Lake College (Tour de

Lake), Potgietersrus (Tour de

Pot) en dan laastens Louis

Trichardt, Hang-lip (Tour de

Lip).

Van Piet Potgieter se ryers het

baie goed gevaar en goeie

posisies in die Limpopo Provin-

sie beklee waarvan Carel Smit

tweede in die Provinsie is on-

der die ouderdomsgroep

“Youth Boys” (15-16 jr), Arno

Smit eerste is onder die ouder-

domsgroep Sub-Juniors (13-14

jr), Eldric Bekker derde is onder

die ouderdomsgroep “Youth

Boys” (15-16 jr) en Brandon

Janse Van Vuuren derde was

onder die ouderdomsgroep Sub

-Juniors (13-14j r).

Die SA’s is op die 8ste en 9de

Oktober in Magaliesburg by

Bekker Hoërskool gehou, waar

Carel Smit ‘n algehele 24ste

plek in sy ouderdomsgroep

behaal het, Arno Smit ’n 11de

plek in sy ouderdomsgroep,

Brandon Janse Van Vuuren

48ste in sy ouderdomsgroep en

Eldric Bekker 58ste in sy

ouderdomsgroep was.

Die SA’s was ’n lekker ervaring

en die standaard op dié vlak is

baie hoog.

Ons sien uit na volgende jaar

se wedrenne saam met ons

afrigter, Hein du Plessis, wat

alles die jaar moontlik gemaak

het.

Ons nooi die res van Piet Pot-

gieter uit om deel te neem en

die sport te bevorder.

34 SPORT

2016 IS OP SY EINDE!

SPORT 35

Let’s talk about swimming from

your perspective!

“It’s just a race.”

No, it isn’t. It’s life or

death, bruh. Okay, fine, every

race isn’t going to be

the anchor leg of the 4×100 m

at the Olympics, but you better

believe that is what we dream

about when we are lying in bed

at night and what we pretend it

to be when we get up on the

blocks.

“You’re getting up at 5 am to workout!”

When the alarm clock goes off,

it’s still dark outside, even for

most of the summer. Yet, there

we are schlepping our bag out

the front door, heading to the

pool.

In later years, we will be grate-

ful that we learned how to get

up before the rest of the world

to work out, but for now we feel

a little annoyed that our friends

have the option of sleeping for

another few hours while we

have to shake off the yawns

with a casual 5 km.

“Isn’t swimming boring?

Isn’t walking boring? How

about watching TV? Sure,

swimming looks like we are just

putting our heads down and

plodding mindlessly back and

forth for hours on end, but there

is a whole lot more to the sport

than just getting your laps in.

Getting to train and race with

your best friends may be many

things, but boring is not one of

them.

“Do you actually have fun?”

On the surface, anything that

requires dedication and a

nearly absurd amount of hard

work does not look like fun. The

sport isn’t for the feint of heart.

Nevertheless, as most swim-

mers know, working hard to get

better at something is fun.

Doing it with a bunch of people

you love is fun. Getting up on

the blocks and swimming faster

than ever before is really fun.

You have to be there and you

have to be a part of it to under-

stand!

Taking the Plunge with … Raymond Kockott

36 SPORT

Dries le Roux

Die Marius Papenfus Dag is ’n

jaarlikse tradisie by Hoërskool

Piet Potgieter waar die matriku-

lante die res van die skool

(Graad 9-11) aanvat. Hierdie

jaar, soos elke vorige jaar, het

die stryd ’n groot skare pawil-

joene toe gelok.

SOKKER

Dit het alles by die sokker

begin. Dit was ’n vinnige en

opwindende wedstryd en die

Res het 5-2 teen die Matrieks

gewen.

NETBAL

By die netbal was albei kante

baie aanvallend veral met die

R e s - s p a n s e v i n n i g e

bewegings. Hulle het die Ma-

trieks weer eens ore aangesit

met ’n telling van 22-5. Wel

gedaan!

HOKKIE

Voordat ons matrikulante

gespeel het, het ons eers

sports gehad met die onder-

wysers en oudleerders van die

skool. Twee spanne is gevorm

en die telling was 2-2.

Ons het net soveel opwinding

met die Matrieks teen die Res

geniet. Teen halftyd het albei

spanne nog geen punte gehad

nie. Met net tien minute oor in

die tweede helfte, het die

Matrieks hul eerste doel

aangeteken. Die eindtelling

was dus 1-0 vir die Matrieks

wat ’n skitterende wedstryd

gespeel het.

RUGBY

Die yster van bulle het mekaar

uitgedaag en ’n harde wedstryd

gespeel. Die begin het baie

goed gelyk vir albei kante,

maar die spel het begin uitrafel

vir die Res toe die Matrieks

oorneem en met ’n bielie van ’n

telling van 20-5 gewen het.

Abrie van der Merwe het ’n skit-

terende vertoning gelewer die

hele wedstryd deur. Van der

Merwe he t saam met

medespelers Lourens Kruger

en Raymond Botha puik drieë

gedruk.

Dit was weer soos elke jaar die

moeite werd om na te kyk.

Wat sal volgende jaar se

Matrieks teen die Res oplewer?

Sal die punte vir die Netbal-

span dié keer in die Matrieks se

guns wees of sal beheer vir die

ander drie sportsoorte dié keer

Raymond Kockott

On 7–8 October, the following

swimmers were chosen to

swim in the Limpopo team:

Mornè van der Bank, Raymond

Kockott, Heinrich Strydom en

Franco Botha.

They swam in Pretoria at Hill-

crest swimming pool. The gala

was called NTS Invitational

Gala (Interprovincials).

The competition was grueling

and very tough. Raymond

Kockott won two bronze med-

als in the 100 m free and 400 m

free, and he achieved 4th place

in the 100 m fly and 50 m

free. Franco Botha won a

bronze medal in the 200

m fly. Botha came 4th in

the 1500 m free and 200

m back, and 5th in the 100

m back. Heinrich Strydom

achieved a bronze medal

in the 200 m free.

It was a day of great fun

where new friends were

made and old friends re-

united. There were a lot

of inside jokes and great

memories were made.

MATRIEKS VS RES

NTS INVITATIONAL— INTERPROVINCIALS

Franco duToit

Pottiekaner het met Renier La-

buschagne, afrigter van die

o/15-span gaan gesels:

Wat is meneer se “motto” in die lewe?

Dit beteken nie omdat jy dit ver-

dien jy dit gaan kry nie. Jy moet

hard werk.

Wat was meneer se doelwitte hierdie jaar vir die o/15’s? My en “coach” Hans se doelwitte

was om Limpopo en Beeld te

wen, maar meer om karakter,

uithouvermoë en respek by

elke seun te kweek.

Wat was meneer se benade-ring vir die sukses van die o/15’s?

“Coach” Hans sê altyd die

seuns moet rugby geniet en

hoe geniet jy dit? Deur te wen.

Fiksheid is ook belangrik.

Wat was die hoogtepunt van 2016?

Toe daar op die seuns “geskiet”

is by die toer … Nee! Nee!

Definitief toe ons die wendrie

druk teen Ben Viljoen.

Wat was die spanningvolste oomblik in die seisoen?

Ek dink die amper verloor teen

Oosterland was vir my baie erg.

Maar niks wen in die laaste 43

sekondes van die Beeld finaal

nie!

Tydens die finaal was daar ’n

oomblik wat meneer getwyfel het?

Nee, glad nie. Ek het vir Tjale

na ons tweede laaste drie

geskreeu hy moet vinnig pale

toe skop want ons moet gou

weer gaan “score”.

Hoe het meneer die seuns gemotiveer om positief te bly?

Deur grappies. Ons motiveer

glad nie. Dit maak almal net op

hul senuwees. So, grappies

vertel — met ’n gefokusde visie

—- is wat ons doen.

Is daar een komiese oomblik wat meneer nooit sal vergeet nie, wat tydens die seisoen gebeur het?

Definitief! Toe die manne ’n

foto wou neem by die dam, het

die sekuriteit sy haelgeweer

gebruik om hulle weg te jaag.

Maar ook toe Mbata se kop en

skouer in een oefening beseer

is.

Is daar ’n hartseer oomblik wat meneer sal onthou?

Ons het darem nie baie hart-

seer beleef nie.

Hoe het dit gevoel toe daardie laaste drie in die doodsnikke van die wedstryd gedruk word?

Daar is nie woorde om dit te

beskryf nie. As ek nou nog

daaraan dink, kry ek hoender-

vleis!

Hoe was die opwinding in die bus terug Potties toe?

Mmmm. Nee! Ek weet nie.

Maar ek weet Oom Log het al

sy dae gehad.

Hoe voel dit om te weet meneer is deel van hierdie geskiedenis?

Ek en “coach” Hans voel

geëerd en trots. Ons het laas-

jaar geweet ons moes die

Beeld al gewen het en ons het

hierdie jaar ons fout reggestel.

Wat is meneer se vooruit-sigte vir volgende jaar?

Ons gaan in Jeppe toer om

teen sterk spanne te speel.

Daaruit wil ons nog meer

karakter kweek. Dan sal ons

altwee ons titels moet verdedig.

Ek is seker Piet Pot se ‘Beeld

Droogte’ is verby. Volgende

jaar maak ons dit twee spanne!

SPORT 37

KOLLIG: RUGBY-AFRIGTER

RENIER LABUSCHAGNE

38 SPORT

Franco du Toit

Wat ’n jaar is 2016 nie! Die

nuutgevonde Bloumasjien beur

volspoed vorentoe en herskryf

geskiedenis.

Vir die eerste keer in die

geskiedenis van Hoërskool Piet

Potgieter wen ’n o/15-

rugbyspan die Beeldtrofee vir

medium skole. Voorwaar iets

om op trots te wees!

Ons het hierdie o/15-rugbyspan

al van verlede jaar af dopgehou

en geweet daar lê nog groot

hoogtes vir hulle voor. En

sowaar word hulle gekroon as

Limpopo kampioene asook

Beeldtrofeewenners vir 2016.

Baie geluk aan die afrigters,

Renier Labuschagne en Hans

du Plessis, die spanbestuurder,

Wessel Venter, asook elke o/15

speler wat hulle harte uit-

gespeel het en ons skool se

naam hoog gehou het.

Die o/15’s is tydens die jaar-

likse prysuitdeling as die span

van die jaar aangewys.

Dit gaan voorwaar baie goed

met HPP se rugby en dit verbe-

ter jaar na jaar. Dankie aan my

mede volbloed (bloubloed) rug-

bymanne wat rugby met soveel

passie speel en nie terugstaan

vir enige skool, hoe groot of

hoe klein nie. ’n Goeie voor-

beeld is toe die o/16-span

hulle staal gewys het teen

Frikke Meyer.

By die prysuitdeling het almal

hulde gebring aan elke rug-

byseun, van o/14 tot by die

eerstespan, om vir hulle dankie

te sê vir ’n mooi seisoen en vir

harde werk en deursettingsver-

moë.

Hierdie jaar spog ons met die

meeste seuns nog wat ons

skool op provinsiale vlak

verteenwoordig het. Van die

Grant Komo-week tot by die

Bokkieweek in Kroonstad. Ons

is ook baie trots op Waldo

Kruger wat in Potchefstroom

aangewys is as die speler van

die toernooi en vir homself ’n

beurs losgeskop het.

Die prysuitdeling was ’n goue

geleentheid om dankie te sê

aan al ons borge wat nie

geskroom het om ons rugby-

manne se uitrustings te borg

nie. Ook ’n groot dank is be-

toon aan ons afrigters: Douw

Oosthuizen, André Grové,

Bradley Pieterse, Willie van

Rensburg, Renier Labu-

schagne, Willem Hermann, en

Ruan Potgieter asook die buite-

afrigters, SJ Jonker, Hans du

Plessis, Deon Klein en Leslie

Venton. Sonder hulle toewy-

ding en liefde vir rugby sou ons

skip se seile nie kon

styf span teen die

aanslae nie.

Ons bedank ook ons

nuwe kaptein, mnr.

Cas Badenhorst, wat

deur die seisoen die

stuurwiel van hierdie

skip styf vasgehou

het en ons na groot

hoogtes gelei het.

Foto: Raymond Kockott

Foto: Anneline Venter

Foto: Verskaf

RUGBY SE HELDE!

SPORT 39

Barend Groenewald

2016 was die o/15’s se jaar.

Van die begin van die seisoen

af het hulle puik rugby gespeel.

Samehorigheid en nederigheid

was van hulle goeie eien-

skappe. Hulle samespel het

gesorg dat hulle suksesvol

was.

Hulle het gedoen wat min rug-

byspanne van Piet Pot al reg-

gekry het en dis om die groot

wedstryde te wen en nie te vou

onder die druk nie.

Daar was ’n atmosfeer van vol-

wasse rugby by die o/15’s,

veral as mens besef dat hul al

hul Beeldtrofee-wedstryde weg

gespeel en nog die finaal ge-

wen het toe tyd reeds verstreke

was. Die karakter wat hulle

daardie dag getoon het, sal

enige All Black hoendervleis

gegee het.

Wat afrigting betref, het hulle

twee passievolle afrigters ge-

had, by name mnr. Renier La-

buschagne en mnr. Hans du

Plessis as ’n buite-afrigter. ’n

Mens kan die beste spelers in

die wêreld in ’n span hê, maar

sonder goeie afrigters sal

daardie span niks beteken nie.

Hierdie twee afrigters het iets

vir hierdie o/15’s geleer wat

deesdae skaars in Suid-Afrika

is, veral op Super rugbyvlak, en

dit is om vir die hele wedstryd

saam te speel.

Dit is een van die beste spanne

wat hierdie skool nog ooit ge-

had het.

Dit was ’n seisoen en span om

te onthou. Ons salueer die

o/15’s vir ’n uitstekende

seisoen!

Barend Groenewald

Wat was die rede vir die o/15- rugbyspan se sukses? Ons het baie hard gewerk en ons was plat op die aarde.

Hoe voel dit om die Beeld-trofee te wen? Dit is onbeskry-flik!

Julle het ’n paar sterspelers gehad wat deur die seisoen beseer is, veral tydens die finaal. Hoe het julle aangepas? Ons het ’n paar goeie o/14-spelers gekry om vir ons te kom speel. Verder het ons geleer om beter as ’n span saam te werk a.g.v. beseerde spelers.

Wat maak mnr. Labuschagne so ’n goeie afrigter? Hy is ’n

goeie voorbeeld vir ons en werk self ook baie hard. Hy hou ons nederig en hy ondersteun ons. Hy is eintlik baie meer as net ’n afrigter.

Julle het ’n goeie samespel tussen die voorspelers en agterspelers. Is dit iets wat julle baie geoefen het of gebeur dit maar net vanself? Ons, as span, ken mekaar baie goed omdat ons al lank saam speel. So, dit is daardie ver-houding wat ons het wat maak dat die voor– en agterspelers so goed saamspeel.

Wie is die snaakste speler? Zander Neethling!

Wie is die hardwerkendste? Ons kaptein, Wiehan van der Kolff.

Watter bydrae het julle span-bestuurder, mnr. Wessel Venter, tot julle puik seisoen gelewer? Hy het alles vir ons geörganiseer sonder dat ons oor iets hoef te bekommer het. Hy was altyd daar om ons te help.

2016 — DIE O/15’s SE JAAR!

ONDERHOUD MET JUSTIN NEL

CHAMPIONS, NINTH YEAR IN A ROW! Raymond Kockott

What a day! We didn’t really think we had a chance to win because our contenders were so strong.

When the gala finally started, Piet Pot was lagging behind in all the medley races. When the 50 m

freestyle was finished, we were trailing behind Ben Viljoen, who was in first place, with 35 points.

We had a team meeting and said we were throwing our trophies away. So, we all decided to get our

act together, because we were the fastest in the fly and the back. After the fly and back, we were

leading by 6 points. The problem we had at that point was to hold that lead. We knew we had one of

the fastest relays there, but we could not afford a disqualification otherwise we could just kiss the

trophy good bye. In the end, we won with 60 points ahead of the nearest school. Records went flying

and the trophies came back home where they belong. Every person that swam that day did an

amazing job and also had tremendous fun.

The swimming team would like to thank Mr. André Grové and Mrs. Mariette Grové for their dedica-

tion, passion and commitment to the school, the team and the swimmers. The team would also like

to thank Mr. Cas Badenhorst, our dynamic principal, for his motivation and support. To every person,

teacher, parent and learner of Hoërskool Piet Potgieter, a special thank you for your contribution and

personal interest in the team and its achievements.

We look forward to 2017 and a year of brilliant performance in the water. We invite all learners who

are keen swimmers, who have not yet joined the team, to be a part of this amazing team. You won’t

regret it!