noordkaap 20130911

12
Tel (053) 831 2331 Woensdag 11 September 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS Die Diamantstad se koerant Wiele rol in kankerstryd Lecrecia Prins “DIT is amper soos ’n fees op wie- le, maar met ’n ernstige bood- skap.” Só beskryf Janie du Plessis, kan- keroorwinnaar en motivering- spreker, haar ervaring op die Can- cer.vive-toer wanneer meer as 50 vroue en mans jaarliks 2 300 km ver op motorfietse vir opvoeding en bewusmaking van kanker aan- durf. Du Plessis is 15 jaar gelede met borskanker gediagnoseer. Sy sê die les wat sy daaruit ge- leer het, is elkeen kry iets wat hy of sy moet oorkom. “Om te kan oorleef moet jy ’n sin vir humor hê, ’n lus vir die lewe en in God glo. “Hiermee kan jy oor die moeilik- ste hekkie kom. “Ek het besluit om bewustheid oor kanker te skep en sodoende kan ek meer lewens red.” Volgens Mabet van Wyk, woord- voerder, fokus Cancer.vive op die sogenaamde “skaam kankers” soos testikulêre, servikale, pros- taat-, ovariële, bors- en kolonkan- ker. “Die kankers staan bekend as die silent killers, omdat hulle weens ’n gebrek aan kennis, vrees of skaamte te laat gediagnoseer word.” Een van die toerlede, Handré Hanekom (21), was een jaar oud toe hy met testikulêre kanker ge- diagnoseer is. Volgens hom het hy geen bestra- ling ontvang nie en is die kanker net weggesny. Verlede jaar het Hanekom osteo- sarkoom (’n kankeragtige beenge- was wat meestal by tieners ont- wikkel word) in sy bobeen gekry. Hanekom het ’n operasie onder- gaan en in Junie verlede jaar met bestraling begin. Verlede maand het hy sy bestraling voltooi. “Ek is nou eers twee dae op die toer en ek het al baie gehuil en ge- lag. “Dit is ’n ongelooflike ervaring. Ek voel klaar beter, omdat ek 24/7 saam met mense is wat dieselfde pyn ervaar het.” Hy wil graag ander jong mense van kanker bewus maak, omdat hulle altyd dink hulle is te jonk om sulke siektes op te doen. “Luister na jou liggaam en moet nooit langer as ’n week met ’n pyn loop nie, laat kyk daarna.” Cancer.vive het elke jaar ’n an- der roete wat gevolg word en elke jaar is daar ander mense wat hulle by die toergroep aansluit. Hulle stop op verskeie dorpe om die in- woners oor kanker in te lig. Die groep gebruik konsert- opvoerings om hul boodskap oor te dra. Vanjaar gaan hulle van Pretoria tot Kaapstad ry. In die Noord-Kaap gaan hulle dorpe soos Douglas, Prieska, Wil- liston en Calvinia besoek. JANIE DU PLESSIS (links), Carina Vorster en Handré Hanekom is almal toerlede van die Cancer.vive-toer- groep wat 2 300 km vir die bewusmaking van kanker reis. Foto: Lecrecia Prins

Upload: noord-kaap

Post on 26-Mar-2016

293 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Noordkaap 20130911

TRANSCRIPT

Page 1: Noordkaap 20130911

Tel (053) 831 2331 Woensdag 11 September 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS

Die Diamantstad se koerant

Wiele rol in kankerstrydLecrecia Prins

“DIT is amper soos ’n fees op wie-le, maar met ’n ernstige bood-skap.”Só beskryf Janie du Plessis, kan-

keroorwinnaar en motivering-spreker, haar ervaring op die Can-cer.vive-toer wanneer meer as 50vroue en mans jaarliks 2 300 kmver op motorfietse vir opvoedingen bewusmaking van kanker aan-durf.Du Plessis is 15 jaar gelede met

borskanker gediagnoseer.Sy sê die les wat sy daaruit ge-

leer het, is elkeen kry iets wat hyof sy moet oorkom.“Om te kan oorleefmoet jy ’n sin

vir humor hê, ’n lus vir die leween in God glo.“Hiermeekan jy oor diemoeilik-

ste hekkie kom.“Ek het besluit om bewustheid

oor kanker te skep en sodoendekan ek meer lewens red.”VolgensMabet vanWyk, woord-

voerder, fokus Cancer.vive op diesogenaamde “skaam kankers”soos testikulêre, servikale, pros-taat-, ovariële, bors- en kolonkan-ker.

“Die kankers staan bekend asdie silent killers, omdat hulleweens ’n gebrek aan kennis, vreesof skaamte te laat gediagnoseerword.”Een van die toerlede, Handré

Hanekom (21), was een jaar oudtoe hy met testikulêre kanker ge-diagnoseer is.Volgens hom het hy geen bestra-

ling ontvang nie en is die kankernet weggesny.Verlede jaar hetHanekomosteo-

sarkoom (’n kankeragtige beenge-was wat meestal by tieners ont-wikkel word) in sy bobeen gekry.

Hanekom het ’n operasie onder-gaan en in Junie verlede jaar metbestraling begin. Verlede maandhet hy sy bestraling voltooi.“Ek is nou eers twee dae op die

toer en ek het al baie gehuil en ge-lag.“Dit is ’n ongelooflike ervaring.

Ek voel klaar beter, omdat ek 24/7saam met mense is wat dieselfdepyn ervaar het.”Hy wil graag ander jong mense

van kanker bewus maak, omdathulle altyd dink hulle is te jonk omsulke siektes op te doen.“Luister na jou liggaam enmoet

nooit langer as ’n week met ’n pynloop nie, laat kyk daarna.”Cancer.vive het elke jaar ’n an-

der roete wat gevolg word en elkejaar is daar andermense wat hulleby die toergroep aansluit. Hullestop op verskeie dorpe om die in-woners oor kanker in te lig.Die groep gebruik konsert-

opvoerings om hul boodskap oorte dra.Vanjaar gaan hulle van Pretoria

tot Kaapstad ry.In die Noord-Kaap gaan hulle

dorpe soos Douglas, Prieska, Wil-liston en Calvinia besoek.

JANIE DU PLESSIS (links), Carina Vorster en Handré Hanekom is almal toerlede van die Cancer.vive­toer­groep wat 2 300 km vir die bewusmaking van kanker reis. Foto: Lecrecia Prins

Page 2: Noordkaap 20130911

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013

Vroeg uit vere omvoëls te bestudeer

Charné Kemp

OM feite vir Afrika se oudste aaneenlopendeversamelsvoëlstudie te versamel moet weten-skaplikes bereid wees om vroeg al uit die verete wees.Dié jaarlikse opname op Benfontein (een van

De Beers se plase) duur twee weke, net voordatdie broeiseisoen begin.Soggens om 04:00 staan dr. Rita Covas, ’n Por-

tugese wetenskaplike wat by die UniversiteitvanKaapstadgeaffilieer is, enhaarvoorgraadseen nagraadse internasionale studente op om nadie kolonies in die veld te ry. Hulle span dievangnette en wag dat die dag breek.Met koffie en toebroodjies in die hand, bly die

wetenskaplikes warm en wakker, en wag . . .Net voordat die son opkom,moet die voëls uit

die vere geskudwordmet ’n handeklap en sisge-luide.Wanneer hulle dan uit die kolonie (nes) vlieg,

wordhulle indienettegevangenversigtiguitge-haal en in gemaklike materiaalsakkies gesit.Covas sê dit is die enigste

voël in die wêreld wat sosiale organisasie en sa-mewerking só sterk gebruik om te oorleef.Sy is sedert 1998 betrokke by die opname, wat

in 1993 begin het.Aanvanklik is die voëls net gering en getel,

maar deesdae versamel hulle allerhande feite.“Daar is steeds baie vrae oor hoe hulle saam-

werk en organiseer.Wie is dominant?Wie is diehelpers, broers of susters, of onverwante voëls,wat kuikens help grootmaak?”Die kuikens word meestal insekte (en ’n biet-

jie saad) gevoer. Twee van die studente is besigmet verhandelings.Margaux Rat, ’n Franse student wat by die

Percy Fitzpatrick-instituut by die UniversiteitvanKaapstad studeer, bestudeer die dominanteverwantskappe en hoe dit die samewerking enorganisasie beïnvloed.Sy het ook ’n voerbak onder die kolonie.Sodoende kan sy sien watter voëls word deur

wie gevoer.“Die mannetjies en wyfies kan net met bloed-

toetse van mekaar onderskei word. Verwant-skappewordookmetbloedtoetse bepaal.Omdo-minansie te bepaal tel ek die vere op die kante,wat ons skildvere noem.“Die swart kol onder die snawel is dalk ook

’n kenmerk van dominansie.”Rat moet elke voëltjie se skildvere op die lin-

ker- en regterkant tel, endievoël vandriekante,met ’n identifikasienommer, fotografeer.Lara Broom, ’n Portugese nagraadse student,

doen ’n studie oor die oorlewing van jong voëlsas ’n moontlike gevolg van die helpers.Sy ondersoek ook of elke

voël ’n unieke gekwetter het. Wanneer hullevrygelaat word, neem sy elkeen se geluid op.Maxime Loubon en Frank Theron, Franse

dierkundiges, het al verskeie voëlsoorte (soosalbatrosse), walrusse enmoordwalvisse in afge-

lëe dele van die wêreld bestudeer. Tydens diéBenfontein-opname trek Theron bloed, weegdie voël, en soek nuwe primêre vere op die vler-ke.Loubon teken al die data sorgvuldig aan wat

elke student vir hom gee.Covasmeet die voël se bek (driemates) en die

poot. Sy sit ookdie transpondeerder op elke voëlse rug.LisaNupen, ’nKapenaar, is doktorale student

wat in seevoëls soos pikkewyne, malgasse enkormorante spesialiseer. Sy gaan die geringdevoëls na.Ongeringde voëls kry nuwe genommerdeme-

taal- en plastiekringe aan albei pote. Die uniekekleurkombinasie van die plastiekringe maakdit maklik vir ’n wetenskaplike om hulle van ’nafstand te identifiseer.Jacques De Satge is ’n Suid-Afrikaner wat in

biologiese en ekologiese evolusie belang stel.Hyhelpmet al die take enverseker dat diewe-

tenskaplike nie die verskillende voëls verwarnie.Daar is 30aktiewekoloniesopBenfontein.Die

groep bestudeer 16 daarvan.Die meeste voëls wat hulle vanjaar in ’n kolo-

nie gevind het, was 77 individue. Met Noord-kaap se besoek is kolonie 20 bekyk.Daar woon sowat 27 voëls waarvan 20 bestu-

deer is. (Die ander het weggevlieg).Die neste bestaan uit verskeie kamers.Daar kan tot ses voëls in een kamer bly. Soms

woondaarookrooikopvinkeofdwergvalke (watkuikens vang) in die kamers.Slange kan hulle in die somer opvreet.

DR. RITA COVAS het die snawel vanversamelvoël se hoogte, wydte enlengte, asook die lengte vandie poot,gemeet, en transpondeerders op dierug geplaas. Foto’s: Emile Hendricks

DIE versamelvoël se bloed word getrek, en hy word geweeg, ge­meet, gefotografeer, sy skildvere getel en gekwetter opgeneemwanneer hy vrygelaat word.

REGS: Die groep studente haal die netterondom die nes in die kameeldoringboomaf wat gebruik is om die versamelvoëlsvroeër die oggend te vang.

MARGAUX RAT dra die voëltjies wat in gemaklike materiaalsakkiegeplaas is. Hulle word in die hitte van die voertuig gesit.

MARETH HUGO is aangestel as dienuwe hoof van die Hoërskool Dia­mantveld. Sy is die eerste vrou in 78jaar wat die skool sal lei. Sy is reedssedert 1985 by die skool, eers as on­derwyser en die afgelope jare as ad­junkhoof. Sy het die afgelope jaar ashoof waargeneem. Foto: Verskaf

Page 3: Noordkaap 20130911

NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013 3

*RICAyour SIM.Offers valid 1 September – 30September 2013.All prices areinclusive ofVAT. Limitations apply to these products and promotions. For theselimitations and full terms and conditions please visit www.cellcdirect.co.za

JHB

4340

5

CALL084 145• FREE SIM• FREE CONNECTION• FREE DELIVERY

To order, have your credit card/bank account details, ID and reference number 12092013/NK/E ready or visit www.cellcdirect.co.za

CHANGE TO US AND KEEP YOUR NUMBER.

DIRECT

PMx24

PMx24

Samsung GalaxyMusic Smartphone

R79on Straight Up 50 TopUp*

Features: 3.5G, 5MP camera, fulltouchscreen, 8GB memory with SkyDriveaccess, 1000s of apps available for download.

50SMS/MMS

50MINUTES

50MB DATA

99c per min. on per second billing

BlackBerry® 9320Smartphone

R129on Straight Up 50*

Features: BlackBerry® 7.1 OS, FM Radio,Wi-Fi Hotspot, 3.2MP camera.

50SMS/MMS

50MINUTES

50MB DATA

99c per min. on per second billing

BlackBerry® 9320

R129R129

IncludesBlackBerry®Internet

Service planat R57

HOTBUYSCome on summer

26512Th

eFIReTR

eeDeS

IGNe&

Oe

12995MEN’S CANVASFROM

19995MEN’S CASUALS FROM

Valid from 12th September 2013. While stocks last.

www.hub.co.za

CLIENT CARE • 0861 843 482GENERAL QUERIES • 031 582 1100 (office hours) FAX • 011 710 3378

KWAZULU-NATAL: Galleria, Amanzimtoti • Chatsworth Centre, Chatsworth • West Street, Durban • Value Centre (shoes only), Springfield Park • Sanlam Centre,Empangeni • Gateway, Umhlanga • Scott Street, Newcastle • Phoenix Plaza, Phoenix • Church Street, Pietermaritzburg • Pinecrest Centre, Pinetown • Woolley

Street, Port Shepstone • Boardwalk, Richards Bay • Shelly Centre, Shelly Beach • Pavilion, Westville GAUTENG: Trade Routes Mall, Lenasia • GreenstoneShopping Centre, Modderfontein • West Rand Retail Crossing, West Rand • Saveways Crescent Centre, Witbank MPUMALANGA: Riverside Mall, GovernmentBoulevard, Nelspruit FREE STATE: Middestad Mall, Bloemfontein NORTH WEST: City Mall, Klerksdorp NORTHERN CAPE: Diamond Pavillion Mall, Kimberley

Va

CLIENT CAREGENERAL QUERIES 031 582

Also available at selected

stores

Versamelinligting oorvoëls in NK

FRANK THERON plaas hier van die versamelvoëls wat op die plaas Benfontein buite Kim­berley gevang is in sakke. Dit is deel van ’n studie oor die organisasie van voëls.

DIE studente wat deel is van die studie oordie organisasie van voëls pak op ná die vangvan versamelvoëls op die plaas BenfonteinbuiteKimberley. Ses studente vanSuid­Afri­ka, Portugal en Frankryk neem aan die stu­die deel. Foto’s: Emile Hendricks

AANTEKENINGEword gemaak ten tyde vandie jaarlikse opname van versamelvoëls opBenfontein.

LINKS: Frank Theron, ’n student van Frank­ryk, laat ’n versamelvoël vry.

Page 4: Noordkaap 20130911

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013

Tel. 053 831 2331Faks 053 831 2330

Johan Rossouw

Ruan Bruwer

Verkoopsbestuurder

Redakteur

Posbus 1583Kimberley 8300

Die Diamantstad se koerant

Kby verdienbeter as diéIN Beaconsfield, op die hoek vanVrystaatweg en Mainstraat, is ’n gatin die pad. ’n Diepe.Rondom die gat is hope grond. Of

dit grond is wat uit die gat kom, enof dit veronderstel is om ’n replikavan Kimberley se mynhope te wees,is nie duidelik nie.Wat wel duidelik is, is dat al gerui-

me tyd nog nie juis iets gedoen is omdit reg te maak nie. Weliswaar isdaar veiligheidstroke rondom diegat gebind. Maar die stroke lê op diegrond.Dus, nie net onaansienlik nie,

maar ook gevaarlik. Soos wat dieGroot Gat simbolies van Kimberley

is, so wil ’n mens simboliek in Bea-consfield se Groot Gat sien.Simbolies van onvoldoende in-

standhouding, verswakkende infra-struktuur,wat oral in die stad gesienkan word.Dit gebeur te dikwels dat water in

strate lê lank nadat ’n pyp gebars het(wat ook te dikwels gebeur).Te dikwels dat vullissakke vol

rommel steeds in strate in diemidde-stad lê lank nadat die rommel pligs-getrou deur skoonmakers opgeruimis.Kimberley, die hoofstad van die

Noord-Kaap en bekend as die Dia-mantstad, verdien beter.

GEBEURTENISSE op 11 September indie geskiedenis:1950 – Jan Christian Smuts, ’n held

van die Anglo-Boereoorlog, twee keereerste minister van Suid-Afrika eninternasionaal erkende staatsman, sterfop 80-jarige ouderdom.1959 – Die Sowjetunie lanseer die

Luna 2, die eerste ruimtetuig wat diemaan bereik.1990 – Altesaam 19 mynwerkers sterf

en 22 word beseer in ’n ondergrondseontploffing in die Vaal Reefs-goudmyn inNoordwes.1998 – Die 455 bladsye lange klagstaat

teen pres. Bill Clinton oor sy verhoudingmet Monica Lewinsky word op dieinternet versprei.2001 – Vier passasiersvliegtuie word

geskaak tydens ’n Al-Kaïda terroriste-aanval in Amerika – twee vliegtuie vliegteen die Wêreldhandelssentrum in NewYork vas, waarna die geboue inmekaar-stort, ’n derde vlieg in ’n vleuel van die

Pentagon in Washington D.C. vas en ’nvierde stort in Pennsilvanië neer.Byna 3 000 mense sterf in hierdie

terreuraanvalle.2012 – Die akteur Goliath Davids sterf

op 83-jarige ouderdom.Geboortes op die dag:1956 – Joan Hambidge, Suid-Afrikaan-

se digter en letterkundige.1974 – Annie Malan, sakevrou en

voorheen aktrise.1986 – Chiliboy Ralepelle, Springbok-

haker.

Alleen,maar nie eensaamHannes Noëth

SY het maar so aangegaan. Dag virdag.Week virweek. Die aantalmensewat sy in ’n maand gesien het, kon ekop my een hand tel. Dit het haar niegepla nie. Wat haar gepla het, is asmense onnodig met haar sukkel. Ashulle haar wou dwing om in te pas inhul lewenstyl.“Ek hetmy lewe,” het symaklik ge-

sê. En so was dit. Sy het haar lewe ge-had. Sy kon nie verstaan dat menseso aan haar karring nie. Sy was niemoeilik van geaardheid nie. Inteen-deel. Wanneer jy die slag wel by haarsou kom, is jy oorlaai met goedheiden gasvryheid.Die kuiers was altyd interessant,

altyd opbouend, altyd ver verby die

grense van alledaagse fieterjasies. Sywas nie ’n vrou van fieterjasies nie.Hoekom sy vir 50/60 jaar so heel al-leen op die plaas gebly het, kon nie-mand sê nie. Sy het ook nooit daaroorgepraat nie.Ek kon so wonder oor die alleen-

heid. Is dit nie erg nie? Eendag het symy vermaan. Berispe. Vermaan om-dat ek gedink het dat die alleenheiderg moet wees. Vir wie sou sy nouweghardloop? Vir wie sou sy noubang wees? Sy ken haarself. Sy skriknie vir haarself nie. Sy is nie bang omtussen mense te kom nie. Die verskil

is: Sy is gemaklik met haarself. Dievermaning na my kant toe was een-voudig en kristalhelder: “Alleen isnie eensaam nie.” Alleen kan een-saam wees, maar alleen wees, is nienoodwendigeensaamnie.Dit isnetasjy jouself nie kennie dat jy bang is omalleenmet jouself te wees. Sy het baiegesien hoemense ’n eilandword in ’nsee vanmense.Mense vat nie jou een-saamheid weg nie. Al is jy tussen dui-send van hulle. Die groot vraag is, asjy soos sy op haar eie in hierdie wê-reld is, is jy alleen of is jy eensaam.“Ek is alleen dominee, maar ek is

nie eensaam nie.”Toe hulle my bel en sê sy is in een-

saamheid gevind, twee dae nadat syoorlede is, kon ek hulle reghelp. Sy isalleen gevind, nie eensaam nie.

KIMBERLEY-NUUS van die afgelopeweek:) Die Noord-Kaapse landskap verander metsonkragparke wat oral in die provinsieopskiet.Van Upington tot Kathu tot Kimberley tot

De Aar word verskeie sonkragparke reedsopgerig, terwyl nog talle in die beplannings-fase is.Beleggings van miljoene rande is reeds

deur buitelandse maatskappye in diéaanlegte gedoen, met nog miljoene wat kom.Dit is veral in die konstruksiefase waarinduisende werkgeleenthede in die provinsiegeskep word.) Volgens Karel Phentela, voorsitter vandie Noord-Kaapse Toerismeraad, gaan hulledie maand gebruik om Noord-Kapenaarsbewus te maak van al die toerisme-attrak-sies van die provinsie.“Vir die volhoubaarheid van toerisme in

die provinsie moet ons ’n kultuur vanbinnelandse toerisme skep. Ons wil Noord-Kapenaars en Suid-Afrikaners aanspoor omtoeriste in hul eie omgewing te wees,” hetPhentela gesê.) Die skietvoorval in Carringtonwegwaarin ’n vermeende rower doodgeskiet isnadat hy ’n polisieman se keel met ’n mesgesny het, het skaars vyf minute geduur.Ao. Cecil de la Rey het in die landdroshofoor dié voorval getuig wat in JanuarieKimberley laat gons het.De la Rey en sers. Lucas Jacobs het twee

verdagtes, Hendrik Coetzee en AnthonyKruger, opgelaai om hulle polisiekantoortoe te neem. Coetzee het Jacobs, wat

bestuur het, se keel van agter met ’nknipmes gesny.Coetzee is in die gebeure daarna doodge-

skiet. Lees die volledige berig op bl. 10.) Die ongewone koue tydens die GariepKunstefees het mense afgeskrik en sowat13 000 minder feesgangers as verlede jaarhet deur die hekke geloop.Theuns Zimmerman, uitvoerende feesbe-

stuurder, sê 59 402 mense, wat personeelledeen borge insluit, het die fees besoek.“Die koue het aan kaartjieverkope gevat.

Ons kan dit ook sien in koffieverkope watdie hoogte ingeskiet het. Koeldrank, dranken roomys het swakker as in die vorigejaar verkoop.”) Die wêreld se beste skaatsers gaan aandie straat- en verf-afdelings van die nuweKimberley Diamond Cup-kampioenskapdeelneem.Die kompetisie vind van 27 tot 29 Septem-

ber by die Kumba-skaatsplaza plaas. Hullegaan om die wêreldkampioenskaptitel en ’ndeel van die prysgeld van sowat R5,13 mil-joen meeding. Die Kimberley Diamond Cupvervang die Maloof Money Cup-wêreldkam-pioenskap.

SKETS: Danie Cronjé.

SO MAAK DIE WEER MINIMUM MAKSIMUMDONDERDAG 6°C 28°CVRYDAG 6°C 26°CSATERDAG 3°C 25°C

Page 5: Noordkaap 20130911

NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013 5

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.

Prices apply to Game Kimberly store only.

Prices valid from 11 - 15 September 2013

RainbowChickenFamilyPolony 1kg

21

22per pack

CloverCheddar orGouda Cheese240g

HotdogRolls 6’s

per pack799SunfoilSunflowerOil 750ml

1350

SnowflakeCake Flour2.5kg

1890

Assorted Vegetables 8kg(Pack may vary in-store)

FARMERS DEAL

4999per pack

ChocolateCake

3899each

1895per tray Large Eggs

18’s

Lamb Pack5990per kg

Fresh ChickenBraaipack

29per kg

R

Mixed ChickenPortions 5kg

95per pack

HOTBUYS4995T-BAR SANDALS

21995WEDGE SANDALS

17995PEEP TOE WEDGES

9995FLATTIE SANDALS

FROM13995SLING BACK CASUALS

15995COLOUR BLOCK PEEP TOES

Come on summer

26512Th

eFIRe

TRee

DeSIGNe&

Oe

Valid from 12th September 2013. While stocks last.

www.hub.co.za

CLIENT CARE • 0861 843 482GENERAL QUERIES • 031 582 1100 (office hours) FAX • 011 710 3378

KWAZULU-NATAL: Galleria, Amanzimtoti • Chatsworth Centre, Chatsworth • West Street, Durban • Value Centre (shoes only), Springfield Park • SanlamCentre, Empangeni • Gateway, Umhlanga • Scott Street, Newcastle • Phoenix Plaza, Phoenix • Church Street, Pietermaritzburg • Pinecrest Centre, Pinetown

• Woolley Street, Port Shepstone • Boardwalk, Richards Bay • Shelly Centre, Shelly Beach • Pavilion, Westville GAUTENG: Trade Routes Mall, Lenasia •Greenstone Shopping Centre, Modderfontein • West Rand Retail Crossing, West Rand • Saveways Crescent Centre, Witbank MPUMALANGA: RiversideMall, Government Boulevard, Nelspruit FREE STATE: Middestad Mall, Bloemfontein NORTH WEST: City Mall, Klerksdorp NORTHERN CAPE: Diamond

Pavillion Mall, Kimberley

CLIENT CARE • GENERAL QUERIES • 031 582 1100 (offi ce hours)

Also available at selected

stores

Lecrecia Prins

SEKRETARESSES in Kimberley is verledeWoensdagoggend deur die Noord-Kaapse Ka-mer van Koophandel en Industrie (Nokki) ophul jaarlikse Sekretaresse-dag bederf.Die sangerDavid Fourie het vir die vroue ge-

sing terwyl hulle ontbyt geëet het. Fourie hetook ’n paar uitgesonder om saam met hom tedans.Die vroue is gemasseer terwyl hulle na ’n

praatjie geluister het oor hoe om beter na hulgesondheid om te sien. Die massering het ’nontspanne atmosfeer in die vertrek tussen dievroue laat heers.Robyn Ansley, sekretaresse van Bruce Phil-

lips, skoolhoof van St. Patrick’s College (CBC),is as die sekretaresse van die jaar aangewys.Sy het ’n Cecil Nurse-stoel gewen.Ansley het gesê sy het nie geweet sy is be-

noem vir die Sekretaresse vir die Jaar-kompe-tisie nie. Sy sou by die werk gebly het omdatsy baie werk vir die dag gehad het.“Dit is ’n groot eer om te wen. Dit is dae soos

diéwaar ons almal besef ditwat ons insit, wordraakgesien.”Ansley sê sy is so bly oor haar stoel en sy

gaan dit met haar kollegas deel omdat hulle al-mal dit verdien.Marieta Hibbert van Astra Travel is die

naaswenner. Hibbert sê as sy nie haar bestuur-der, Cecil Daniëls, herinner het om haar te be-noem nie, sou hy vergeet het.

“Die stoel wat ek gewen het, kom nuttig tepas aangesienmynegebreekhet.Ek is die enig-ste eenmet ’n Cecil Nurse-stoel en is baie inge-nome met my stoel.”

Vroue vir dag bederf

NOKKI het die se­kretaresses in Kim­berley met gesken­ke en vertoning deurdie sanger DavidFourie bederf. Voorvan links, is Manikale Roux van Halsted& Co, Marieta Hib­bert vanAstraTravelen Stephanie Car­stens van Vodacomin die North CapeMall; agter: Made­leine Ehlers van dieFlamingo Casino enDavid Fourie.

Foto’s: Lecrecia Prins

ROBYN ANSLEY, sektretaresse van BrucePhillips, skoolhoof van St. Patrick’s College(CBC) , is as die sekretaresse van die jaaraangewys. Hier staan sy by die nuwe CecilNurse­stoel wat sy ontvang het.

Page 6: Noordkaap 20130911

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013

Page 7: Noordkaap 20130911

NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013 7

LOSLITDAG isVrydagkleurvol saammetdie personeel vandie poli­sie en departement van omgewingsake en natuurbewaring byYon­der vir die bewusmaking van persone met gestremdhede gevier.Die inwoners van Yonder het hulle by vanjaar se tema,Gaan groot,aangesluit deur uitrustingsmet groot brille te dra. Van links isMarkMakhele (departement van omgewingsake en natuurbewaring),Esmarie Westraadt (Yonder), Patrick Mabilo (die departement vanomgewingsake en natuurbewaring) en Quiwen Naudé (departe­ment van omgewingsake en natuurbewaring). Foto:Emile Hendricks

Page 8: Noordkaap 20130911

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013

Lecrecia Prins

DIE hospitaalbestuurder van Medi-clinic Kimberley het Loslitdag in ’nrolstoel deurgebring.Stephan Deetlefs is deur Dorothy-

Anne Howitson, ondervoorsittervan die Nasionale Raad vir Personemet LiggaamlikeGestremdhede, uit-gedaag en hy het dit aanvaar.Die doel van die uitdaging is om

mense van persone met gestremdhe-de bewus te maak.Deetlefs moes vir die dag in ’n an-

der kantoor werk, omdat daar nettrappe na sy eie kantoor is.Hy sê hy het anders en selfbewus

gevoel, omdat mense na hom gekykhet.“Toe Dorothy-Anne my die uitda-

ging gee, het ek gedink: Hoe moeilikkan dit nou wees? Dit maak jou be-slis selfbewus. Jy moet jou houdingverander as jy in ’n rolstoel sit. Onswil almal onafhanklik wees, maartog is jy so afhanklik. Ek dink dit isdie grootste ding om te oorkom. Jykan byvoorbeeld nie ’n deur oop-maak nie.“Mense wou my twee keer oor die

pad help. Iemand anders in ’n rol-stoel het saammet my by die inganggestop sodat ons kan kyk wie waseerste. Ek is dankbaar vir die mensewat wil help, want dit is moeilik in

’n rolstoel.”Hy sê dit is tydrowend om in ’n rol-

stoel te wees.“Ek het van Mediclinic af na die

Curomed-gebou gegaan en dit wasmoeilik. Die rolstoelafrit by die ver-keerslig is so skerp en die pad vol ga-te dat die rolstoel vassit.“Onsdinkondernemings enhospi-

tale is rolstoel-vriendelik.As jy egterin ’n rolstoel beland, kom jy agter ditis nie die geval nie. Daar is wel plekdaarvoor gemaak, omdat die wet ditvereis, maar dit is byvoorbeeld ’nsentimeter te smal.“Ek dink ondernemings en staats-

departemente kan meer doen om ge-stremdes te help. Die minste wat onskan doen, is om seker te maak rol-stoel-vriendelike gebiede funksio-neer soos dit moet.”Volgens Deetlefs het hy uit ’n an-

der oogpunt gesien hoe dit in ’n rol-stoel is. Hy sê die eenwat hy gebruikhet, is redelik nuut, maar daar isgoed wat los is.“Ek weet nou presies waaraan my

tegniese span aandag moet gee. Ekkan nou sê hulle moet die rolstoelehier stywervasdraai of daarhoër lig.“Dit is klein goedjies waarop jy

kan verbeter.”Deetlefs sê die dag het hom baie

selfbewus gemaak, omdat mense an-ders na hom gekyk het.

Dag in dié stoel niemaklik

STEPHAN DEETLEFS, bestuurder van die Mediclinic in Kimberley, probeer die pad na die Curomed­gebouvan Mediclinic af in sy rolstoel oorsteek. Foto: Emile Hendricks

NIEMAND wat voorspellings gewaag het indie rugbyraai-kompetisie vanNoordkaap, insamewerking met die Flamingo-casino, hetSaterdag se telling reggehad nie.Die Goue Leeus was met 38-32 baas.Omdat niemand die eindtelling reggeraai

het nie, het ons gekykwie se voorspelling dieGriekwas se eindtelling reg het of die naastedaaraan is. Kobus Hansen het 32 punte virdie Griekwas reg voorspel wat homdieweekse wenner maak. Hiermee wen hy ’n R350-eetbewysvandieHarvestCharcoalGrill-res-taurant by die casino.Die kompetisie duur die hele Curriebeker-

reeks – dus is dié prys elke week op die spel.Lesers moet elke week raai wat hulle re-

ken die eindtelling in die Griekwas se wed-stryd in die Curriebeker-reeks daardie na-week gaan wees. Deelnemers moet hul tel-ling SMS voordat die wedstryd begin. In dienaweek se geval (Griekwas speel tuis teendie Haaie) moet die SMS voor Saterdag om15:00 gestuur word. ’n SMS daarna word niein aanmerking geneem nie.Omdeel te neemstuurnet ’n SMSna 45527.

Begin die SMS met die sleutelwoord “Tel-

ling”gevolgdeurdie telling en jounaam.By-voorbeeld: Telling Griekwas 40 Haaie 30Jan Snyman.Jy kan meer as een keer ’n voorspelling

waag, maar slegs een voorspelling per SMS.Elke SMS kos R1,50. Die wenner salMaan-

dag per SMS in kennis gestel word hoe enwaar hy of sy die prys kan afhaal.

Hier is wenner

DIE vyf mense wat kaartjies na verlede Saterdag se Curriebekerwedstryd opGWK-park gewen het, is LlewellynCoetzer, Koos Jacobs, KobusHansen, Han-netjie Geldenhuys en Tinus Grove. Die SMS-lyn was tot verlede Donderdagom 13:00 foutief en ons vra opreg om verskoning vir diegene wie se SMS’enie wou deurgaan nie.

NOORDKAAP en GWK Properties is op soekna daardie lojale Griekwas-ondersteunerswat met elke tuiswedstryd op die paviljoen siten hul span aanmoedig.

Die vennote het twee kompetisies waarinondersteuners lekker pryse kan wen – en jyhoef nie veel moeite te doen om te wen nie.Noordkaap se fotograaf neem lukraak men-

se op die paviljoen met sy lang lens af. As jyin jou Poubloutrui afgeneem is en die foto ver-skyn volgende Woensdag in die koerant is jydanksy GWK Properties ’n R700-kontantprysryker. Die kompetisie geld al die Griekwas setuiswedstryde. Dan is daar die groot kompeti-sie – die prys hier is ’n naweek vir twee opdie Magersfontein Memorial Golf Estate. Dieprys se waarde is sowat R2 500.Om hiervoor in aanmerking te kom moet

ondersteuners ál vyf die Griekwas se tuiswed-stryde bywoon. Ná die laaste wedstryd op 5Oktober teen die Cheetahs gaan ondersteu-ners ’n paar dae hê om virNoordkaap vyf ver-skillende foto’s te stuur wat as bewys dien dathulle al vyf wedstryde bygewoon het.Hou in gedagte dat foto’s verkieslik tydens

die wedstryd geneem moet word met die tweespanne op die agtergrond sodat ’n mens kansienbywatter verskillendewedstryde ditwas.Hou daardie foto’s en stuur hulle ná 5 Okto-

ber per e-pos vir Noordkaap. Die e-pos-adressal nader aan die tyd verskaf word. Jy hoefnie ’nGriekwa-trui vir dié spesifieke kompeti-sie te dra nie. Uit die inskrywings wat Noord-kaap kry, sal dan ’n naam getrek wordwat dieprys van die naweek op Magersfontein salwen.Moet dus nie die Griekwas se tuiswedstryd

Saterdag teen die Haaie misloop nie.

Lojale ondersteuners beloon

INDIEN dit jy in die Griekwas­trui is, is jy ’nR700­kontantprys van GWK Properties ry­ker. BelGWKPropertiesby053­832­0734omjou prys op te eis. Foto: Emile Hendricks

Page 9: Noordkaap 20130911

NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013 9

INFINITI het vroeër bekend ge-maak dat hy in die toekoms baienou met Mercedes-Benz gaansaamwerk. Op die FrankfurtseMotorskou sal ’n mens die eerstevrugte van dié wiel-teen-wiel-ge-skuur indie gedaantevandie slan-ke Infiniti Q30 kan gadeslaan.Die Q30 is nog net ’n konsepmo-

del, maar te oordeel aan sy lynelyk hy darem baie soos die nuweMercedes A-klas. Die nuwe A-klasis terloops heel onlangs in Suid-Afrika bekend gestel.Volgens die ooreenkoms tussen

die Duitse en die Japanse groepsou hulle veral op die gebied vantoekomstige enjins beter saam-werk. Maar die Q30 lyk daremgans te veel na die gewone A-klasom net as ’n gedeelde enjin deurte gaan.Dit is interessant dat Infiniti –

die weelde-handelsmerk van Nis-san – die roete van die luukse luik-rug wil volg. Klaarblyklik rekendie groot groepedit iswaardievol-gende groot groei in verkope gaanlê.BMW is lankal hier verteen-

woordig met sy gewilde 1-reeks,terwyl die nuwe A-klas ook sy tra-disionele stompneus-en-hoëdak-kievoorkoms vir ’n normale luik-rug-soort ontwerp verruil het.Self sê Infiniti, die konsepmo-

del, is nie net ’n luikrug nie, maarook ’n baba-sportnuts of ’n koepee.Dit is veelseggend, want dit bete-ken die Q30 kan later ’n vierdeurén ’n koepee wees.Dit kan egter ook, soos Merce-

des se nuwe GLA, ’n stadsnuts-buksie die lig laat sien. Dink dusaan die BMW X1, die Audi Q3 ofeerder die Volvo XC40.Tans het Infiniti wel ’n kompak-

te sportnuts, die EX37; maar diémeneer is net ’n deftige NissanQashqai en veel meer sportnuts(veldryvriendeliker) as wat dieQ30 sal wees.As ’n mens Mercedes se model-

uitbreiding met die nuwe A-klasvolg, waar daar ’n luikrug(A-klas), ’n sedan (CLA) en ’nsportnuts (GLA) is, sal Infiniti se-ker ook die Q30 later met ’n kortbagasiebak bied, soortgelyk aandie CLA. Vervaardigers verwysdeesdae hierna as ’n sportsedan.Nog geen inligting is oor die en-

jins of die ratkaste bekend nie, enInfiniti reken produksiemodellesal eers teen 2015 gereed wees.Maaronsverwagvoorlopigdat diebuksies die groep se lieflike 3,0 li-ter-turbodiesel en woema-V6 van3,7 liter kan benut. Dit behoort dieQ30 in die liga van BMW se top-1-reeks te plaas wat verrigting be-tref.

DIE aankondiging datdie jongAussieDanielRicciardo sy landge-noot Mark Webbervan volgende jaar afby Red Bull gaan ver-vang, het een van diegroot besprekings-punte in Formule Eenafgesluit.

Nadat Webber inJunie aangekondighet hy verruil F1 vol-gende jaarvir ’n sport-motorprogram vanPorsche is wyd oor syplaasvervanger be-

spiegel. Kimi Räikkö-nen sebestuurwas, naverneemword, in ern-stige onderhandelin-ge met Red Bull be-trokke totdat dit plat-geval het. Eindelikhet

RedBull op die 24-jari-ge Ricciardo besluit.Daar is verskeie re-

des waarom dit sinmaak.Ricciardo is in sy

tweede volle F1-sei-

soenbyToroRossona-dat hy in 2011 ’n halweseisoen by HRT deur-gebring het.In daardie tyd het

hy bewys hy het heel-wat talent, is van na-ture vinnig, leer sylesse en werk goedsaam met die tegnici.

Ricciardo aangestel

Q30 nuut van InfinitiDIE Infiniti Q30. Foto: Verskaf

Page 10: Noordkaap 20130911

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013

BRIDGING CASHwhile waiting for

PENSION/PACKAGE

payout(lump sum only)

086 1101 388083 6700 788

Cash same day

PARK AND SELL. Resultsguaranteed. Cars, bakkies,trucks, caravans, etc.071 967 0285

SCAFFOLDING FORSALE. 071 595 0315.

PLAFONISOLERING:THERMGUARD LITE NKKoel in somer, warm in win-ter. SABS. Gratis kwotasies.082 388 0307 of 053 832 9194.

LOOKING FOR OFF-CAMPUS accommodation?Well, look no further.KPA Private StudentAccommodation and alsoUnilofts bring you beautifulfurnished and unfurnishedaccommodation.From a room in a studenthouse to the high securitycomplex of Unilofts, we willfind you a home away fromhome that suits all yourneeds.Don't be the last to startlooking.Contact us now at051 411 2600/072 0880 166 orvisit the website atwww.studentaccommodation.co.za

1980 HILUX 1.8, tralies,R22 500. 1996 Hilux 2.4d,R45 000. 071 967 0285.

2005 FIESTA, R45 000.2002 Tazz, R33 500. 1998 Golf3, R28 500. 071 967 0285.

8-TON-BEESTROK,R59 500. 1997 Hi- Lux 2.8d,4x4, R69 500. 071 967 0285

KAR OF BAKKIE gesoek.R10 000 of R25 000 kontant.071 967 0285

1997 COLT 2.5, CANOPY,R39 500. 1999 Courier 2.5dcanopy, R39 500.071 967 0285.

MEENTHUIS TE HUURRHODESDENENetjiese tweeslaapkamermeenthuis.Lugversorgers, ingeboudekaste, volvloer matte,oopplansitkamer, kombuis,enkelbadkamer, snoesigestoep met braai,enkelmotorhuis, veiligeenkelafdak met elektriesehek in n baie veilige kom-pleks.Slegs nie - rokers welkom.Geen troeteldiereBeskikbaar vanaf:01/10/2013Lang huurtermyn verkieslikR5, 500 p.m water en ligteuitgesluit.Deposito betaalbaar.Tel: 083 458 7193

'BACHELOR'-WOONSTELR2 200 p.m.Water en ligte ingesluit.084 800 8046

SWEETS/CHOCOLATES/CHIPS/BISCUITS/

DRINKS DISTRIBUTIONStart your own business.

Affordable cost.Myer 012 547 5767

[email protected].

André Botha

DIE skietvoorval in Carringtonweg waarin’n vermeende rower doodgeskiet is nadat hy’n polisieman se keel met ’n mes gesny het,het skaars vyf minute geduur.“Op daardie oomblik dink jy net aan jou

lewe. Om te dink oor iemand anders seoptrede is onmoontlik,” het ao. Cecil de laRey in die landdroshof oor dié voorvalgetuig wat Kimberley in Januarie laat gonshet.De la Rey en sers. Lucas Jacobs het op

dié dag twee verdagtes, Hendrik Coetzee enAnthony Kruger, opgelaai om hulle na diepolisiekantoor te bring.In Carringtonweg het Coetzee Jacobs, wat

bestuur het, se keel van agter met ’nknipmes gesny. Coetzee is in die gebeuredaarna doodgeskiet.Kruger staan nou tereg op aanklagte van

roof met verswarende omstandighede enmenseroof nadat hy en Coetzee na beweringdie dag voor die skietvoorval vir ColeenLouw in die North Cape Mall van ondermeer juweliersware en ’n selfoon beroof hetnadat hulle haar met ’n mes gedreig het.Die juweliersware is ná die voorval in

Coetzee se sak gekry.Jacobs het getuig hy en De la Rey het in

’n polisie-dubbelkajuitbakkie in Beacons-field gery toe hulle die twee mans gesienstap het.Hul voorkoms het ooreengekom met die

beskrywing van die twee verdagtes in dierooftog in die North Cape Mall.Die mans het heeltyd rondgekyk asof

hulle iets soek.Hulle het die mans agtervolg en in

Sentraalweg net voor Carringtonweg byhulle gestop en gevra om saam polisiekan-toor toe te gaan vir moontlike uitskakelingas verdagtes.Die mans is deurgesoek en ’n knipmes en

spieëltjie is by Kruger gekry.Net nadat die voertuig by Carringtonweg

ingedraai het in die rigting van die HalfwayHouse het Coetzee, wat agter Jacobs gesithet, vorentoe gespring en Jacobs se keelmet ’n mes gesny.De la Rey het getuig hy het sy diensre-

wolwer op Coetzee gerig en twee skotegeskiet.Dit het egter nie afgegaan nie. Hy het

Coetzee met die vuis geslaan.Kruger het die vuurwapen by hom

probeer afneem.Hy het getuig Kruger het die ruit gebreek

en uitgespring. De la Rey het hom agterna-gesit en gevang.Jacobs het getuig Coetzee wou hom weer

sny.Hy het uitgespring en Coetzee geskiet.Hy is twee maande ná die voorval weens

onder meer stres met siekteverlof.Barend Titus, vir Kruger, het aan De la

Rey gesê Kruger se weergawe verskil vansyne en het verskeie stellings deur Krugeraan hom gestel.“Dit is leuens,” het De la Rey gesê.Die verhoor word op 27 November

voortgesit.Elmar Steyn kla aan en streeklanddros

Danie Schneider is op die bank.

Verdagtein hofoor roof

ANTHONY KRUGER met sy verskyningWoensdag in die landdroshof in Kimberley.

Foto: Lecrecia Prins

BETREKKINGS

Page 11: Noordkaap 20130911

NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013 11

JOHANACKERMANN (regs) en Swys de Bruin, onderskeidelik die hoof­ en hulpafrig­ter van die Goue Leeus, was verlede Saterdag g’n onbekendes aan GWK­park nie.De Bruin het van 1999 tot 2003 die Griekwas gebrei en heel interessant het Acker­mann ’n handjievol wedstryde in 2003 se Curriebeker­kwalifiseringswedstryde virdie Poubloues onder De Bruin gespeel. Ackermann het drie seisoene (2003 tot 2005)sy provinsiale rugby in Kimberley gespeel. Dié twee het Saterdag net nadat die eind­fluitjie geblaas het (die Leeus het net­net gewen) eers saam gebid, iets wat minin professionele rugby gesien word. Toe Noordkaap hulle kort ná die eindfluitjie inhul afrigterslosie afgeneem het, wou hulle weet of hulle moet glimlag . . .

Foto: Ruan Bruwer

G’n onbekendes hier

Ruan Bruwer

DIE senter Jacobus Paulus Nel, oftewel JP soosalmal hom ken, is een van die mees ervare rugby-spelers in Suid-Afrika wat reeds in 2000 (’n jaarná skool) sy senior provinsiale buiging vir dieWes-telike Provinsie gemaak het.’n Jaar later het hy die eerste van 78 wedstryde

vir die Bulls in Superrugby gespeel.Tussen 2001 en 2009 het hy ook in presies die-

selfde getalwedstryde (78) vir die Ligbloues in dieCurriebekertoernooi uitgedraf. JP was ook ’n lidvan die 2002- Suid-Afrikaanse o.21-span wat dieo.21-Wêreldbekertoernooi op tuisbodem ver-ower het. Hy het verlede jaar slegs in drie wed-stryde vir die Poubloues uitgedraf weens ’n hand-besering en vanjaar nog net vier keer.

Waar het jy grootgeword en waar was jyop hoërskool? Op Worcester gebore en aanWorcester-Gimnasium gematrikuleer.

Kan jy jou heel eerste drie onthou? Ja, ditwas o.6-rugby vir Worcester Primêr.

Wiewas jourugbyheld toe jy ’n tjokkertjiewas? Die voormalige Australiese senter TimHoran.

Wat was jou grootste rugby-oomblik of-prestasie? Om die Superrugby-trofee saammet die Bulls in 2007 en 2009 te verower.

En jou grootste teleurstelling? Om in 2005in die eindstryd teen die Vrystaat te verloor ensodoende van ’n vierde agtereenvolgende CB-ti-tel weerhou is.

Wat verg dit om ’n goeie provinsiale rug-byspeler te wees? Mental toughness, veral inKimberley.

Wanneer het jy jouself die eerste keer opTV gesien? Dit was in 1999 vir die WestelikeProvinsie se o.21-span in Bloemfontein.

Wat is die snaaksste ding wat al met jouof ’n spanmaat op die rugbyveld gebeur het?Op skool was ek op pad om ’n drie te gaan druktoe ’n speler my broek aftrek. Ek het die bal gelosom eers my rugbybroek op te trek.

Watter vraag vra mense buite Kimberleyjou meestal as jy sê jy speel vir die Grie-kwas? “Wat is daai bruin kolle op die veld?”

Wat is die lekkerste en slegste ding daar-van om vir die Griekwas te speel en hier tewoon? Lekkerste is die mense en spanmaats.Slegste is Kimberley wat net te ver van alles is.

HalfwayHouseofSpringbokPub?HalfwayHouse en daarna die Bok.

Wat is die een groot voordeel om ’n profes-sionele rugbyspeler tewees?Om te kan rugbyspeel en nie te sleg daarvoor betaal te word nie.

JP ou hand op veld

JP NEL

TWEE van die Goue Leeus se uitblinkers wat verlede Saterdagin Kimberley uitgedraf het, het in die Noord­Kaap skoolgegaan.Willie Britz (losvoorspeler) het in 2006 aan die Hoërskool Dia­mantveld matriek geskryf en tussen 2004 en 2006 vir die eerstespan uitgedraf – die laaste twee daarvan as slot. Ná ’n draai inBloemfontein enWelkomhet hy sy heil verlede jaar in Johannes­burg gaan opsoek en het sedertdien een van die Leeus se staat­makers geword. Foto’s: Emile Hendricks

DIE slot Franco van der Merwe het tussen 1999 en 2001 vir die eerste rugbyspan van die Hoërskool Hartswateras losvoorspeler gespeel. Hy het ná skool eers vir die Luiperds gespeel voordat hy in 2007 na die Leeus is.

Vir Hartswater gespeel

Page 12: Noordkaap 20130911

12 NOORDKAAP, WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2013

SportSportDie Diamantstad se koerant

Sege Saterdag nodigná vier nederlae

Ruan Bruwer

POTE HUMAN is nie ’n afrigter watmaklik sy lot bekla nie, maar niemandsal hom verkwalik as hy vandeesweekwonder hoekom die ongeluk nou bed-maats met die span word nie.

Die Griekwas het tot dusver in dieCurriebeker-reeks min geluk gehad;nie net wat beserings betref nie, maarook verkeerde skeidsregterbeslis-sings wat die span benadeel het.

Verlede Saterdag teen die Leeus(Griekwas het met 32-38 verloor) is ’ndrie aan die wenspan toegeken watnooit ’n driewasnie. Die vleuelAntho-ny Volmink het duidelik uitgetrapvoordat hy die bal geplant het. Dit isdeur die beamptes misgekyk. Drie na-wekegelede teendieWestelikeProvin-sie het die flank Deon Fourie ook ’n“drie” gedruk, maar in stadige aksiekon duidelik gesien word hoe hy diebal in die duikslag verloor het.

Human het so diplomaties moontlik

probeer bly.“Dit (verkeerde beslissings) maak

dit moeilik om die spelers positief tehou. Ek glo nie skeidsregters benadeel’n span doelbewus nie. Maar, ja, onswas ongelukkig twee keer aan die ont-vangkant en dit is twee wedstryde watons naelskraaps verloor het.”.

Daar was darem ’n tikkie goeienuus. Slegs Jean Stemmet (senter,borsbesering) kan moontlik Saterdagse tuisstryd teen die Haaie misloop.Die Aussie-slot Rory Arnold se appèlteen sy skorsing van sewe wedstrydehet geslaag en hy kan weer vandees-week oorweeg word.

Om die regulasie-spook vry tespring is ’n segeSaterdag ononderhan-delbaar, want ná ’n puik begin met ’nwegsege teen die Haaie het die Grie-kwas vier agtereenvolgende nederlaebeleef.

Human gee toe hulle sal aansienlikbeter moet verdedig om dit te kan ver-mag. Die Leeus het ’n hele paar keer

’nmanongemerkaandie buitekant ge-had en drie keer so gaan druk.

Volgens Human kan dit aan gebrek-kige kommunikasie toegeskryf word.DieGriekwashet boonop telkens drieëafgestaan kort nadat hulle met moeitepunte bekom het.

“Ons het hulle ses keer deurgelaat.Dit is nie goed nie.”

Die voorspelers kan geeneen van lyfwegsteek beskuldig word nie met ver-al die nuweling Carel Greeff (agtste-man) wat weekliks sy stempel afdruk.Teen die Leeus het die voorspelersteen die einde duidelik oemf gekort enofskoon hulle baie naby daaraan ge-kom het om die moontlike wendrie tedruk was die spierkrag net-net nie ge-noeg nie.

“Ons het met twee slotte gespeel watdie eerste keer ’n wedstryd op die vlakbegin het.

“Maar geenverskonings nie, ons hetgenoeg geleenthede gehad,” het Hu-man gesê.

DIE flank van die Griekwas Burger Schoeman probeer van Tian Meyer, skrumskakel van die Leeus, wegkom. Dievoorspelers het die bal goed teen die Leeus gedra en kan tevrede met hul werkverrigting wees. Foto: Emile Hendricks

Wen kaartjies teen HaaieDIE wedstryd Sater-dag tussen die Grie-kwas en die Haaie be-gin Saterdag om 15:00op GWK-park.

Vyf lesers vanNoordkaap kan elk ’ndubbelkaartjie na diewedstryd wen.

Stuur ’n SMS na45527. Begin die SMSmet die sleutelwoord“Kaartjies” gevolg

deur jou naam envan. Byvoorbeeld:Kaartjies. Jan Sny-man.

Jy kan tot Vrydagom 10:00 ’n SMSstuur. Jy kan soveelkeer inskryf soos jywil. Elke SMS kosR1,50.

Die vyf wenners salVrydag om 11:00 perSMS in kennis gestel

word. Hulle kan hulkaartjies tot 16:00 bydie Griekwaland-

Wesse Rugbyunie sekantoor gaan haal ofSaterdag van 08:00 af

by die toegangshekagter die hoofpavil-joen.