noord kaap 15 mei 2013

10
Tel (053) 831 2331 Woensdag 15 Mei 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS Die Diamantstad se koerant Charné Kemp DIE nuwe halsdoeke en beenwind- sels wat die 3 Suid-Afrikaanse Infan- terie-bataljon- (3 SAI) rekrute gister tydens hul verbymars gedra het, het hul reg tot vryheid van die stad Kim- berley ekstra spesiaal gemaak. Bykans 600 soldate en instruk- teurs het gister voor die stadsaal op die maat van die musiek van die Suid-Afrikaanse Leërorkes op Kroonstad geparadeer. Die bevelvoerder van 3 SAI-batal- jon, kol. Arthur Nziweni, en die uit- voerende burgemeester, Agnes Ntlangula, het die soldate geïnspek- teer voordat hulle deur die stad ge- marsjeer het. Dit was die eerste keer wat Ntlan- gula die plegtigheid in haar amp by- gewoon en ’n kort boodskap gelewer het. Goolam Akharwaray, die muni- sipale bestuurder, het haar vergesel. Die infanterie-bataljon oefen die reg net elke tweede jaar uit. Die eenheid het dié eer, die reg tot vryheid van die stad Kimberley, in 2005 verkry. Dit was die vyfde keer dat hulle dit uitgeoefen het. Die soldate en vaandeldraers het ook in Galeshewe en Roodepan ge- marsjeer. Talle nuuskieriges het saamge- drom om die parade te aanskou. Parade iets besonders LEDE van 3 Suid-Afrikaanse Infanterie-bataljon staan op aandag voor Kimberley se stadsaal ten tyde van die parade waar die eenheid die reg tot vrye toegang van die stad ontvang het. Foto: Emile Hendricks

Upload: noord-kaap

Post on 11-Mar-2016

267 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Noord Kaap 15 Mei 2013

TRANSCRIPT

Page 1: Noord Kaap 15 Mei 2013

Tel (053) 831 2331 Woensdag 15 Mei 2013 www.noordkaap.co.za GRATIS

Die Diamantstad se koerant

Charné Kemp

DIE nuwe halsdoeke en beenwind-sels wat die 3 Suid-Afrikaanse Infan-terie-bataljon- (3 SAI) rekrute gistertydens hul verbymars gedra het, hethul reg tot vryheid van die stad Kim-

berley ekstra spesiaal gemaak.Bykans 600 soldate en instruk-

teurs het gister voor die stadsaal opdie maat van die musiek van dieSuid-Afrikaanse Leërorkes opKroonstad geparadeer.

Die bevelvoerder van 3 SAI-batal-

jon, kol. Arthur Nziweni, en die uit-voerende burgemeester, AgnesNtlangula, het die soldate geïnspek-teer voordat hulle deur die stad ge-marsjeer het.

Dit was die eerste keer wat Ntlan-gula die plegtigheid in haar amp by-

gewoon en ’n kort boodskap gelewerhet. Goolam Akharwaray, die muni-sipale bestuurder, het haar vergesel.

Die infanterie-bataljon oefen diereg net elke tweede jaar uit.

Die eenheid het dié eer, die reg totvryheid van die stad Kimberley, in

2005 verkry. Dit was die vyfde keerdat hulle dit uitgeoefen het.

Die soldate en vaandeldraers hetook in Galeshewe en Roodepan ge-marsjeer.

Talle nuuskieriges het saamge-drom om die parade te aanskou.

Parade iets besondersLEDE van 3 Suid­Afrikaanse Infanterie­bataljon staan op aandag voor Kimberley se stadsaal ten tyde van die parade waar die eenheid die reg tot vrye toegang van die stad ontvanghet. Foto: Emile Hendricks

Page 2: Noord Kaap 15 Mei 2013

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 15 MEI 2013

Charné Kemp

RAADSLEDE was dit gister op die jongsteraadsvergadering eens die Sol Plaatje-muni-sipaliteit se geldsake lyk aansienlik beter asjare gelede, maar groot kommer heers oordie stygende elektrisiteitskoste.Die voorlopige begroting en geïntegreerde

ontwikkelingsplan is op die raadsvergade-ring gedebatteer.Raadsheer Ronnie Bauser is bekommerd

oor nuwe elektrisiteitstariewe.“Die nuwe bloktariewe wat ingestel gaan

word, kan volgens my berekenings tot 28%meer wees.“Dié elektrisiteitstariewe is skokkend en

sal beslis voornemende sakemanne enbeleggers afskrik.“Die raad is ook heeltemal te optimisties

oor die insameling van agterstalligediensgeld. Daar moet duidelik tussenhuidige en agterstallige rekeninge onderskeiword.”Die DA-raadslid Willem Doman het gesê

daar is geen aanduiding van prestasiebo-

nusse nie.“Dit laat my wonder waar die munisipale

bestuurder se bonus versteek is.”Jahn Pietersen, namens Cope, het gesê

die raad lewer nie die dienste wat hy aaninwoners beloof nie.Sy kollega Rosie Ludick het op haar beurt

gesê die stad raak onbekostigbaar duur. Diebehuising word ook nie reg bestuur nie.In sy antwoord het die ANC-raadslid

Ronnie Morwe gesê die raad het daadwerk-like planne om behuising te verbeter.Jacobus Steyn, ANC-raadslid, het op sy

beurt gesê die burgemeester gaan verskeieaangeleenthede aanpak. Die water- enelektrisiteitsnetwerk gaan verbeter word.Die aanleg by Riverton is verbeter, asookdienslewering aan Ritchie.“Ons het ook ’n nuwe vloot voertuie

aangekoop.“Die raad is baie trots op die surplus

waarvoor hy begroot het. Sake lyk baiebeter as vorige jare.”Die begroting sal op ’n volgende vergade-

ring goedgekeur word.

Sol Plaatje se geldsake lykbeter; sekere sake pla nog

DIE NG gemeente Kimberley (Newton) biedweer vanjaar sy groot basaarfees en motor-skou aan.Dit is opVrydag 31Mei enSaterdag 1 Junie

op die kerkterrein op die hoek van Long- enBlackstraat. Die hekke open Vrydag om12:00.’nGroot verskeidenheid basaarlekkernye,

asook skyfskiet, uitstallings en vermaak, sal

aangebied word.’n Speelterrein vir die jonges sal in ’n veili-

ge omgewing onder toesig wees.Ondersteun ook op 25 Mei om 14:00 die

skattejag gegrond op die Amazing Race asvoorloper vir die basaarfees. ’n Span vanvier mense per motor skryf hom teen R80 inen kry dan leidrade om by verskeie besiens-waardighede en geskiedkundige plekke in

Kimberleyop te daag. Inskrywingskanvoor-af by die kerkkantoor in Blackstraat gedoenword. Die wegspringpunt is op die kerkter-rein en die skattejag eindig ook weer by diekerk.Verskeie gelukstrekkings en pryse is op

die spel en beloof om groot vermaak te ver-skaf. Bel Retha Nagel by 072-281-3545 vir ver-dere inligting.

Kerkbasaar, skattejag, motorskou wag

André Botha

DIE nuwe waarnemende premier van dieNoord-Kaap is net ’n haarbreedte van ’n perma-nente aanstelling in dié pos af.Nietemin het sy nooit gedink sy sou so iets in

haar lewebereiknie,het sy inhaareerste forme-le onderhoud as premier gesê.

Wag voor die mond“Ek sal nou my mond moet hou,” skaterlag

Sylvia Lucas toe sy gevra word oor haar gereel-de tussenwerpsels wanneer opposisiesprekersin die wetgewer praat.Sy is nou die premier, nog waarnemend tot

die administratiewe kwessies rondom haar for-mele aanstelling afgehandel word.Lucas is bekend daarvoor dat sy saamgesels

wanneer ’n opposisielid in diewetgewer aan diewoord is – tot groot vermaak van die besoekersopdiegaleryengroot irritasievandieopposisie.

Pos ’n verrassingHaar aanwysing as premier het vir haar on-

verwags gekom.Verlede jaar op ’n Vryheidsdag-byeenkoms

het synogvir diemense gesê syhet nooit gedinksy sal so ver komnie. ’nOpmerkingwat ’nmenslaat dink aan Margaret Thatcher wat gesê het’n vrou sal nie in haar leeftyd eerste ministervan Brittanje word nie.Nou sit Lucas in die premierstoel. “Ek het nie

gedroom ek sal só ’n pos kry nie. Maar dis dieANC, enigiets is moontlik.”Haar naam was een van drie wat deur die

ANC se provinsiale uitvoerende komitee aandie nasionale uitvoerende komitee gegee is ombyHazel Jenkins as premier oor te neem. ’n An-der was dié vanGrizelda Cjiekella, wat die afge-lope jaar as premier waargeneem het.“Ons het almal ’n gelyke kans gehad. Ek het

dalk ’n breër gemeenskapsprofiel as Grizelda,omdat ek ouer is.“Ek het my nie klaargemaak vir die pos nie.

Ek was gereed vir teleurstelling. Toe die sekre-taris (van dieANC, Zamani Saul) bel, was ekniegeskok nie, maar dit was ’n groot verrassing.”

Upington haar hartsplekDit was inderdaad ’n lang pad wat sy van Pro-gress, toe bekend as Blikkies, op Upington ge-kom het.Upington, haar hartsplek. “Ek is lief vir my

dorp. As ek daar is, dan weet ek ek is by diehuis.”Dit was as leerling aan die Hoërskool Carlton

van Heerden op Upington waar haar politiekebewuswording begin het, met onder meer klas-boikotte in 1979 en 1980.In die eerste jare nadat sy in 1981 gematriku-

leerhet,was syniebaiebypolitiekbetrokkenie,maar omstreeks 1985 het haar gemeenskapsbe-trokkenheid begin. Sy het onder meer gehelpom huurboikotte te organiseer. Sy het ook met’n suksesvolle gemeenskapsaksie in Rosedale,waar sy toe gewoon het, om kitskrag vir die in-

woners te kry gehelp.Haar gemeenskapsbetrokkenheid het nie

daar geëindig nie. Sy het onder meer in dieskoolbeheerliggaam van die Laerskool Wester-kim gedien, waar haar kinders op skool was. Endie kerk: Sy sing steeds in die Katolieke kerkopUpingtonsekoorwanneer sydaar is. “Ekhouvan sing,” sê sy.Haar politieke betrokkenheid het groter ge-

word en in 1992 was sy betrokke by die stigtingvandieANC-Vroueliga se tak inRosedale enhetsy in die takbestuur gedien.Daarna het sy, soos sy self sê, deur die range

gevorder – lidvandieANCseuitvoerendekomi-tee in Siyanda en in 2001 voorsitter van die ko-mitee geword.In 2004 het sy lid van die provinsiale uitvoe-

rende komitee geword.Intussen het sy in 1995 raadslid op Upington

geword, en in 2000 wetgewerlid, wat haar eenvan die langsdienende wetgewerlede maak.

Nooit ophou leer nieIn die wetgewer het sy in verskeie komitees ge-dien totdat sy LUR vir omgewingsake en na-tuurbewaring geword het.Sy het nog nooit opgehou leer nie en is voort-

durend met kursusse besig.As premier is dit veral die jeug en vroue aan

wie sy aandag wil gee. “Ek glo baie sterk dat asjy vroue bemagtig, bemagtig jy ’n nasie.”Ook jeugbemagtiging is noodsaaklik. “Min

jong mense in die Noord-Kaap studeer verder.Ons het meer internskappe en beurse nodig.”Symeen die tallemyne in die provinsie, veral

in die John Toalo Gaetsewe-distrik, doen nie ge-noeg om vaardighede te ontwikkel nie.Groen ontwikkeling is ook iets wat sy wil be-

vorder. “Klimaatsverandering is ’n werklik-heid. Groen ontwikkeling moet meer aandag indie Noord-Kaap kry.”As premier wil sy luister na mense. “Ek het

die gawe om te luister. Ek ken mense, ek stelbelang. Soms is iemand kwaad, maar wil netpraat. Soos ons opUpington sê, hywil net sy bekuitspoel. Mense is dikwels oningelig omdat onsnie vir hulle inligting gee nie. My ma het altydgesê sy het nie rykdom om aan ons na te laatnie, maar sy kan vriendskap van vriende na-laat.”Haar familie is trots op haar. Nie net haar

man, Job, hul kinders en drie kleinkinders nie.Die mense op Upington ook.“Swart enwit, hulle kenmyalmal, hulle is lief

vir my,” sê sy.Soos wat sy lief vir Upington is.

Lucas se hart in die NK

SYLVIA LUCAS, aangewese premier van die Noord­Kaap, in die premierskantoor. Foto: Emile Hendricks

Page 3: Noord Kaap 15 Mei 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 15 MEI 2013 3

Lecrecia Prins

DIE Noord-Kaapse Roofvoëlbewa-ringsforum beplan op 30 Julie ’nwerksessie om boere oor dieskade wat witborskraaie in dieboerdery- en natuurgebiedeaanrig in te lig en hoe om diesituasie te hanteer.

Volgens Ronelle Visagie,roofvoëlkenner en een van dieforum se lede, het die witbors-kraaie se getalle die afgelope tydbaie toegeneem.

Die witborskraaie is opportu-nistiese vreters en pas maklik by’n veranderende omgewing aan.

Alle inheemse diere, insluitenddie kraaie, word in die Noord-Kaap onder die Noord-KaapseNatuurbewaringswet van 2009beskerm en dus mag hulle niesonder die nodige permitte gejagword nie.

Visagie sê mense word ontmoe-dig om gif uit te plaas, wantafgesien dat dit onwettig is, wordander onskuldige spesies roof-voëls en klein soogdiere uitgewis.

“Die afgelope tyd word toene-mend probleme met kraaieondervind. Hulle pas op dorpeaan en skeur selfs vullissakke opsoek na kos oop.

“Daar is ook verskeie grond-eienaars wat kla kraaie pla hulooie wat besig is om te lam of dathulle lammers se oë uitpik.

“Hulle verjaag ook groot arendeen vreet die eiers of kleinkuikens in die neste.”

Voedselbronne vir kraaiebestaan uit ’n wye verskeiden-heid, naamlik rommel op stor-tingsterreine, plekke waarslagplase van afval ontslae raak,diere wat doodgery is, vullis-dromme langs paaie, dooie dierein die veld, asook turksvye, enhulle vreet selfs mielies engrondboontjies. Daar bestaan ook

rekords van 160 klein skilpaddop-pe wat in een broeiseisoen ondereen kraaines opgetel is enpekanneutboere het waargeneemdat hulle selfs die neute vreet.

Die meeste soorte roofvoëlsvreet aas en sal aan ’n dooie lamof ander karkas vreet. Indiendaar gif in so ’n karkas is, sal dieroofvoëls ook daarvan vrek.

Grondeienaars gebruik somskraaie om diere wat in die velddood is op te spoor, want waarkraaie opvlieg, is heel moontlik’n dooie dier waarop hulle aas.

Kraaie broei op ’n verskeiden-heid strukture soos telefoonpale,

kommunikasiestrukture, wind-pompe, kragpale en bome.

Hulle gebruik benewens stokkeook draad en ander materiaalsoos baaltou. Indien nesteuitgegooi word, moet daarop geletword dat kraaie turkooiskleurigeeiers het.

Indien die eiers wit of bruin is,is dit eiers van ’n rooivalk ofander spesie wat daarin broei.Probeer om die nes te behou,aangesien verskeie valkspesies ditbenut, sê Visagie. Geen neste magverwyder word sonder permittevan die departement van omge-wingsake en natuurbewaring nie.

Sessie oor ‘lastige’ witborskraai

WITHIN three years of its establishment, theKimberley Skate Plaza in the Northern Capecapital has become an important dynamic inthe social development of youth in the provin-ce.

The 2013 Maloof season promises a jam-pac-ked schedule of events in the run-up to thechampionships from 27 to 29 September, saysa spokesperson.

“Maloof madness started earlier in Aprilwith the introduction of the first Friday NightLights contest at the skate plaza in Kimberley.”

The state-of-the-art skate plaza was built inconjunction with the American company Ma-loof Skateboarding and the Northern Cape pro-vincial government to host the inaugural Ma-loof Money Cup Skateboarding World Champi-onships in 2011 and has since changed the faceof the sport of skateboarding in South Africa.

Today, the skate plaza has become the reallegacy of the event, as it has grown into a vi-brant community activity centre with hun-dreds of kids from various social and economicbackgrounds gathering there on a daily basis.

This weekly event takes place from 19:00 un-til 22:00 and aims to provide a fun and safe envi-ronment for the youth to play and socialize onFriday nights and to skate the amazing course

under the lights.Music, lucky draws and a traditional South

African braai completes the action. Within thefirst month, attendance has grown impressive-ly and the feedback from participants has beenextremely positive.

In addition, the skate park will be introdu-cing a youth skateboarding league in May andwill also offer progression measuring to gaugethe improvement of skateboarding skills. Kidswill be tested in terms of core skateboardingcompetencies and progress will be rewardedwith fun prizes. A youth music festival is alsoplanned to co-incide with National Youth Dayin June.

Bands and singers can perform in this talentsearch and stand a chance to win R15 000 in mu-sic equipment and other great prizes. The com-petition is open to high school learners and ter-tiary students.

The two-day festival will feature some ofSouth Africa’s best up-and-coming bands withfood, refreshments and vendor booths availa-ble.

Three years ago, the Northern Cape becamethe first host of the Maloof Money Cup Skatebo-arding World Championships outside Ameri-can borders.

A skater’s paradiseTHE Maloof Money Cup Tournament will again be held in Kimberley this year. Photo: Supplied

Page 4: Noord Kaap 15 Mei 2013

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 15 MEI 2013

Tel. 053 831 2331Faks 053 831 2330

Johan Rossouw

Ruan Bruwer

Verkoopsbestuurder

Redakteur

Posbus 1583Kimberley 8300

Die Diamantstad se koerant

Twyfel oor padstrem groei hierKIMBERLEY staan gereed om grootgroei te beleef danksy onder meerdie universiteit wat volgende jaarhier open. Daar is egter ookstruikelblokke.Een van die grootstes is die

onsekerheid oor Bultfonteinwegwat reeds die afgelope vyf jaargesluit is.Die straat is gesluit nadat De

Beers gewaarsku het die GrootGat kan aan die straat se kantinstort. Dit het sakeondernemingsin dié straat, wat altyd besig was,erg geknou. Dit veroorsaak steedsgroot ontwrigting in die omgewing.Herhaaldelike versoeke van die

Noord-Kaapse Kamer van Koophan-del en Industrie (Nokki) datduidelike antwoorde oor dietoekoms van die straat gegee word,

het tot dusver op dowe ore geval.Intussen word die straat as

(onwettige) staanplek vir taxi’sgebruik.As taxi’s toegelaat word om hier

passasiers op en af te laai, waaromkan die straat nie ook vir verkeeroopgemaak word nie?Wat nou gebeur, is dat daar op

enige gegewe oomblik meer mensein die straat is as wat daar sougewees het as normale padverkeertoegelaat sou word.As die gevaar steeds bestaan,

moet mos toegesien word dat daar

géén mense is nie.Dan is daar die vraag of die

gevaar hoegenaamd nog bestaan.Sedert De Beers vyf jaar geledein ’n verslag gewaarsku het die Gatkan instort, is nog geen nuweinligting bekend gemaak oor watdie situasie nou is nie.Nóg deur De Beers, nóg deur die

munisipaliteit.Dit skep ’n situasie wat onseker-

heid veroorsaak by ondernemingsin die omgewing, nuwe onderne-mings ontmoedig om hulle daarte vestig en dit dra tot die agter-uitgang van die middestad by.Daarby is dit in ’n historiese deel

van Kimberley, ’n gebied wat ’ngroot trekpleister vir toeriste kanword. Die aangeleentheid moet nouopgelos word.

‘Vaarwel, myChappie-deler’

Hannes Noeth

SY deel toe daardie dag haarChappie met my. Nie dat ekjuis vir Chappies lief is nie,maar dié een het met soveelliefde gekom dat ek dit nie konweier nie.Eintlik was dit ’n halwe een,

want sy het net een, en om diehele een weg te gee is daremnet ’n te groot offer. Dit waseers ná ’n rukkie dat sy gesêhet: “Nee, ek hou nie daarvannie, jy kan die ander helfte ookkry. Die groen Chappies is nielekker nie.”Maar natuurlik soek ek toe

nie meer die gekoude helfte nie.Ek en haar ouma het te lekkerkoffie gedrink en koekies geëet.Om die tafel gesit en gesels.Huisbesoek gedoen. Oor al die

dinge van die ou tyd gepeins.Dit is toe dat sy wakker worden uit die kamer kom en metdie dominee wat by ouma kuierhaar Chappie kom deel.Daarna raak sy so aan die

praat dat ons skaars weer kongesels. Sy het net te veel om tevertel van alles wat in haarleefwêreld gebeur.Natuurlik moet ons luister en

moet ek en haar ouma in haarleefwêreld inbeweeg.Dit was so ’n jaar gelede. Ek

het vandag met haar ouma bydie kerk gestaan en gesels.Klein Chappie-deler en haar mavlieg die naweek weg. Ver weg,Kanada toe.Soos baie jong mense gaan

hulle ’n nuwe bestaan maak.Ai, en die kleintjie wil mygedagtes nie los nie.Ek dink aan so baie ma’s en

pa’s wie se kinders ver is. Enso baie oumas en oupas wat nahul kleinkinders verlang.Soos die volk van ouds is ons

omtrent in ballingskap. Wel, niein gevangenskap in ’n vreemdeland nie, maar sit ons in onseie land en verlang na hullewat oor die wêreld heen sit. Togis ons dankbaar vir nuwegeleenthede, vir nuwe paaie watoopgaan, vir nuwe tye vanbegin wat aanbreek.Vaarwel, klein Chappie-deler.

Mag jy vreugde vind in jounuwe land waarin jy gaangrootword. Mag jy daar ookdeel en lag soos hier.Nou gaan ek eers vir ’n klein

meisietjie ’n pak Chappies koopom na haar nuwe land saam tevat.

TEAMAUTOMARKKIMBERLEY, ’n gesertifiseerde tweedehandsehandelaar van alle soortevoertuie, is onlangs as die beste Automark­handelaar in sy afdeling in die land aangewys.Vir Oranje Toyota Kimberley Automark was April ’n rekordmaand met 40 voertuie watvan die hand gesit is. Hulle het ’n verskeidenheid van meer as 300 goedgekeurde voertuiebeskikbaar en lewer landwyd af. Jacques Cloete, wat in Februarie verlede jaar as Automarkse bestuurder aangestel is, is ook as die Automark Knight­verkoopsbestuurder van diejaar aangewys. Hy en Sydney McPherson is albei Automark Knights – die beste van diebeste in die Toyota­netwerk. Foto: Ruan Bruwer

DIE jaarlikse Vryfees in Bloemfontein vier van-jaar ’n gelukkige 13de verjaardag.Die fees is vanjaar in die kykNET–Fiëstas as

een van die vier gewildste feeste in Suid-Afrikaaangewys.Vanjaar word alle opvoerings en konserte op

die kampus van die Universiteit van die Vry-staat aangebied – jy kan dus brandstof spaardeur op een plek te parkeer en na al die lokalewaar jou programkeuses plaasvind, voet teslaan.Toegang tot die feesterreinenkunstemarkbly

gratis. Dus hoef jy nie op ’n glas wyn of koedoe-burgers vir die kinders in te boet nie.Die slagspreuk van die fees is vanjaar Harte-

lus. Almal kan op die Vryfees na hartelus bal-jaar,wantdiekunstespyskaartbiedwaarlik ietsvir almal: toneel van alle soorte, kwaai drama,klugtige komedie, alternatiewe andersheid; ’neerste met ’n simfonieorkes; prikkelpoppies virdiemanne; fynmusisering; opskopkonsertemetonder andere Steve Hofmeyr; gewilde gunste-ling-kunstenaars; maar ook vars, nuwe gesigte.Ná ’n lang afwesigheid is daar weer dans op

die fees – sommer ’n groot uitvoering waarin jyenigiets van ballet tot gumboot-danse kan ver-wag;die titel isnievernietSpectacularSpectacu-

lar nie.Onder die 12 kabaret-, musiekteater en klas-

sieke musiek-aanbiedings is ’n Kabaretmaniawat gehore aan die muse met die mes gaan be-kend stel: kabaret.Die Bloemfonteinse stadsorkes gaan groot

klank verleen aan die musiek van AndrewLloyd Webber en vir die manne is daar in BigTopBurlesqueburlesk-poppieswatsingendans.Luister jy fyner is daar Zorada Temmingh se

orrelspel,AndrévanDaalensehobo,MagdaleneMinnaar en Zanne Stapelberg se sopraanstem-me en Charl du Plessis se Bach-jazz. Heeltemalanders – in die trant van musikale, pittige Vic-tor Borge – skerts die Australiese pianis DavidScheel.Die kontemporêremusiekprogrambiednuut-

jies aan soos Chris Chameleon saam met dieBloemfonteinse Kinderkoor, Fyngeslyp metJannie Moolman waarin Bloemfonteinse top-kunstenaars vir ’n konsert onder hande geneemis en die feestreffer en gala-openingskonsertLiedjie vir joumet onder andere LaurikaRauch,die 78-jarige Dorothy Masuka en Karen Zoid.Steve Hofmeyr kom vier 25 jaar op die ver-

hoog in die Callie Human-sentrum, en DanaSnyman kom saam met musiek stories vertel.

Vryfees propvolverskeidenheid

SAKEFORUM

Besoekons vir nogfoto’s ennuus bywww.noord-kaap.co.za.

Page 5: Noord Kaap 15 Mei 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 15 MEI 2013 5

RUS in vrede . . . ag­ter tralies. ’n Aan­duiding van hoe ergmisdaad in Suid­Afrika geword het,kan gesien word indie ABC­begraaf­plaas in Galeshewewaar talle graftemet tralies teen van­dale en diewe be­skerm word.

VANDALISMEendiefstal het die afgelope jare ’n groot probleem inbegraafplase inKimber­ley geword. Foto’s: Emile Hendricks

Rus, agtertralies

Page 6: Noord Kaap 15 Mei 2013

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 15 MEI 2013

André Botha

BYKANS ’n derde van die inwoners van diesentrale deel van Suid-Afrika is werkloos on-danks ’n toename in werksgeleenthede in dieVrystaat die afgelope jaar.Die Noord-Kaap het die derde hoogste werk-

loosheidsyfer in die land.Die Noord-Kaap se werkloosheidsyfer het

sedert die eerste kwartaal van 2012 aansienliktoegeneem,maar daarna redelik bestendig ge-bly.Die provinsie is een van vier in die land

waar die getal mense met werk die afgelopeses maande minder geword het.Luidens die arbeidskwartaalverslag van

Statistieke Suid-Afrika vir die tydperkJanuarie 2013 totMaart 2013 het die getalmen-se wat ekonomies aktief is in die Vrystaat invergelyking met die ooreenstemmendetydperk in 2012 met 3% toegeneem. In dieNoord-Kaap was daar egter geen veranderingnie.Die werkloosheidsyfer in die Noord-Kaap

aan die einde van Maart 2013 was 29,6% en31,6% in die Vrystaat.Dit is ’n skerp toename vir die Noord-Kaap

waar die werkloosheidsyfer in Maart 2012reeds 24,9% was.Dié toename was in April tot Junie, waarna

dit bestendig gebly het en in Januarie totMaart effens afgeneem het.Die Vrystaatse werkloosheidsyfer is die

laagste in ’n jaar. In Maart 2012 was die syfer32,2%. ’n Hoogtepunt is in die tydperk Okto-ber tot Desember 2012 behaal toe die syfer33,2% was.Die getal Vrystaters met werk het tussen

Oktober 2012 en Maart 2013 met 22 000 toege-neem. In dieselfde tydperk het die getalNoord-Kapenaars met 6 000 afgeneem.Landbou was die sektor wat die grootste

groei in werksgeleenthede in die Vrystaat ge-lewer het. Die getal mense werksaam in diésektor in Januarie totMaart 2013 is ’n enorme41% teenoor Oktober tot Desember 2012. Se-dert Januarie 2012 het werksgeleenthede indie Vrystaatse landbousektor met 23% toege-neem.In die Noord-Kaap het die landbousektor se

bydrae egter met 6% afgeneem.Mynbou het egter in die Noord-Kaap heel-

wat nuwewerksgeleenthede gebiedmet ’n toe-name van 17,6% van Oktober 2012 tot eindeMaart 2013. Dit kan aan die groot mynuitbrei-dings in die Kuruman-Kathu-korridor toege-skryf word. Dit is 25% meer as in Januarietot Maart 2012.In die Vrystaat het die getal werks-

geleenthede in dié sektormet sowat 3,7% afge-neem.Die vervaardigingsbedryf in die Noord-

Kaap het ’n groot knou gekry. Dit blyk daaruitdat werksgeleenthede in dié sektor die afgelo-pe jaar met sowat 31% afgeneem het.Die Vrystaat daarteenoor het ’n stewige

groei van 24% getoon.Werksgeleenthede in die boubedryf in albei

provinsies het sterk toegeneem.

Al hoeminderhet werk

Charné Kemp

’nMOEËTessa Stone (30), wat aanvanklik “ ’nhelse skok” gekry het toe sy hoor sy verwag’n vierling, het verlig geglimlag nadat haardogters sonder komplikasies in dieMediclinicKimberley met ’n keisersnit gebore is.Twee van die meisies is ’n identiese twee-

ling. Hulle het nog nie namenie,maar dit gaan’n kombinasie van tradisionele en Engelse na-me wees. Hulle weeg onderskeidelik 980 g,1,2 kg, 1 kg en 945 g.Haar man, Alec Filander, het hom aanvank-

lik “asvaal geskrik, maar is baie opgewondeoor sy nuwe kitsgesin”, sê sy.Stone kon weens die operasie nie haar bed

verlaat om die skoppende en skreeuende mei-sietjies in die intensiewesorg-eenheid te be-wonder nie. Sy het hulle op die fotograaf se ka-meraskerm bekyk.Stone het ’n seuntjie, Lorenzo (7), uit ’n vori-

ge verhouding.“My man, ’n polisieman by die Galeshewe-

kantoor, is vreeslik opgewonde.“Ek is realisties. Ek besef die babas is nou

hier en moet grootgemaak word,” het sy gesê.Sy sal oor ’n paar dae huis toe gaan, maar

haar dogters moet minstens ’n maand in die

intensiewesorg-eenheid bly.Toe sy agt weke en twee dae swanger was,

het Stone uitgevind sy verwag ’n vierling.Daar is reeds twee tweelinge in haar ma se fa-milie.Die kanse om ’n vierling natuurlik te ver-

wek, van wie almal dieselfde geslag is, is baieseldsaam, sê Denise Coetzee, woordvoerdervan die Mediclinic Kimberley waar die viermeisies aansterk.“Die babas is eintlik baie gesond. Nie een

van hulle is op ventilators nie. Tessa is voordie keisersnit met medikasie behandel om hullonge te laat ontwikkel. Hulle haal op hul eieasem.”Stone se vrugwater het begin lek en sy was

in ’n vroeë stadium van kraam. Die doktershet besluit om op 29 weke die keisersnit tedoen.Sy het in die laaste maande van swanger-

skap die dokter weekliks besoek.“Ek was die afgelope drie weke baie onge-

maklik. Ek kon snags nie meer slaap nie.”Wanneer sy ontslaan is, sal Stone daagliks

hospitaal toe gaan om by die babas te kuier.“Ek sal graag wil borsvoed. Die dokters sal

nou kyk of ek genoeg melk het sodat hulle diebabas daarmee kan voer.”

TESSA STONE ná die geboorte van haar vierling in die Mediclinic Kimberley. Inlas: Eenvan die vierling in die broeikas. Foto’s: Emile Hendricks

‘Seldsame’ vier-ling in Kby gebore

Page 7: Noord Kaap 15 Mei 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 15 MEI 2013 7

’n MAN is in hegtenis geneem nadat hy na be-wering eers ’n gestremde man tien keer met ’nmes gesteek en daarna glo sy eie suster ver-moor het deur haar twee keer met ’n mes testeek.Lt. Sergio Kock, woordvoerder van die poli-

sie, sê die 25-jarige verdagte het die 53-jarigegestremde man na bewering Donderdagmid-dag laat tien keer in sy gesig, nek en bors ge-steek terwyl hy in 15de Straat in Homevale ge-stap het.Die verdagte het daarna na sy suster, Anna

Griekwa (27), se huis gehardloop waar hy haarna bewering twee keer in die bors gesteek het.Sy het weggehardloop en in een van die slaap-kamers ineengestort. Sy is op die toneel dood.Die 53-jarige man, wie se naam nog nie be-

kend gemaak is nie, is in die intensiewesorg-eenheid in die Kimberley-hospitaal.Die verdagte, wat op die vlug geslaan het, is

sowat ’n uur ná die voorval in Galeshewe inhegtenis geneem.Die motief vir die aanvalle word nog onder-

soek. Enigeen met inligting word gevra omspeurder-ao. Godfrey Williams by 082-495-4625of 053-807-5500 te bel.

Manvas oor aanvalle

DIE verhoor van André Visagie (59) en sy seun,Jan Visagie (18), is tot 9 September vir die betoëvan die staat en verdediging uitgestel.Visagie, leier van die Geloftevolk-Republikei-

ne en ’n eertydse AWB-leier, word saam met syseun van die onwettige besit van vuurwapens,wapen-onderdele en ammunisie aangekla.Die polisie het op 19 Maart 2011 die gesin by

hulhuis inAndréstraat,Heuwelsig, opgeklopendie huis en motorhuis deurgesoek.Wapen-onderdele, ammunisie, messe, pan-

gas, knaldempers, wurg-apparate, plastiekbot-tels en selfonewat aan skakelaars gekoppelwas,is gekry.Visagie ontken die aanklagte. Hy beweer nie

alles is syne of sy seun s’n nie. Dit is moontlikná ’n rusie deur ’n vorige lyfwag daar “geplant”.

Verhoor uitgestel

André Botha

’n NUWE LUR vir omgewingsake en natuurbe-waring moet aangestel word.As dít dan ’n skommeling (van die uitvoeren-

de raad) is, dan is dit ’n skommeling.“As daar enige ander skommelinge moet

wees, sal onsdit bespreek,” sêSylviaLucas, aan-gewese premier van die Noord-Kaap.Sy wou in haar eerste media-onderhoud se-

dert haar inhuldiging aswaarnemende premiernie die sluier lig oor of sy haar uitvoerende raadgaan verander nie.Daar is heelwat bespiegelings dat verskeie

veranderings indieuitvoerenderaadaangekon-dig sal word wanneer Lucas amptelik as pre-mier oorneem. Een daarvan is dat die omstredeJohnBlock,LURvir finansies, ekonomiese sakeen toerisme, vervang gaanword. Block staan opverskeie klagte van bedrog tereg.Lucas is die LUR vir omgewingsake en na-

tuurbewaring en sal dus ’n plaasvervanger indié pos moet aanstel.Lucas het gesê daar is geen bewyse van kor-

rupsie teen die huidige regering wat sedert 2009aan die bewind is nie.

Nuwe LUR is nodig

Page 8: Noord Kaap 15 Mei 2013

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 15 MEI 2013

Page 9: Noord Kaap 15 Mei 2013

NOORDKAAP, WOENSDAG 15 MEI 2013 9

MOTORSPORTLIEF-HEBBERS kan na ’nopwindende 4x4-kom-petisie Saterdag uit-sien wanneer die en-toesiaste mekaar diestryd op ’n uitdagendebaan buite Kimberleyaansê. Die kompetisiebied die geleentheidaan 4x4-eienaars omhul vernuf en hulvoertuie se vermoë tetoets deur die hinder-nisse op die baan tevoltooi sonder ompunte vir tegniese fou-te af te staan.Die byeenkoms

vind op die Dirt Trax-Weltevredenbaanplaas. Die baan is so-wat 29 km buite Kim-berley op die Petrus-burgpad geleë.Verskeie nuwe mo-

tors, bakkies en nuts-voertuie van Toyota,Nissan, Kia en Ford,asook voertuigbybe-hore, word ook uitge-stal. Besoekers kanverder toetsritte opdie baan beleef. Spesi-ale vermaak sal ookaan kinders gebiedword en hulle kan aaninkleurkompetisiesen ander bedrywighe-de deelneem terwylhul ouers hulle in diemotorsport verlustig.Verversings is be-

skikbaar. Die hekkeopen om 08:00 en toe-gang is R20 per per-soon. Belangstellen-des kan Willem Nagelvir meer inligting by079-885-5226 bel.

Manneslaags in4x4-stryd

’n GEREGTELIKE doodsondersoekgaan gehou word nadat ’n man se lykDinsdagoggend in ’n treintrok opTransnet se Alex-terrein in Kimberleygekry is.Lt. Sergio Kock, polisiewoordvoer-

der, het bevestig Thomas Papier se fa-milie het hom Maandagaand by dieModderrivier-polisiekantoor as ver-mis aangemeld. Neil de Klerk, uitvoe-rende bestuurder: korporatiewe be-marking van GWK, sê Papier, ’n werk-

nemer van GWK, is Maandagoggenddie laaste keer gesien. De Klerk het na-mensGWKsymeegevoelmetPapier sefamilie uitgespreek.“Ons is saammet sy familie en kolle-

gas hartseer oor sy dood.”

Man se lyk in treintrok in Kimberley gevind

Page 10: Noord Kaap 15 Mei 2013

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 15 MEI 2013

7469

COLLECTION OF BID DOCUMENTSElectronic copies of the bid documents will be madeavailable to download via URL from 16 May 2013to 17 June 2013, Monday to Friday from 9am to4pm only (Excluding Saturday, Sunday and PublicHolidays) subject to valid proof of payment.

A non-refundable deposit of R1000.00 payableeither by bank deposit or EFT – Details are asfollows: Nedbank, branch code 145405, A/c no.1454 118 148, A/c holder – Airports Company SouthAfrica SOC Limited (Please quote ref – CORP022/2013 & your company name).

COMPULSORY CLARIFICATION SESSIONA compulsory Clarification Session will be heldat 12:00 on 28 May 2013 at Kimberley RegionalAirport.

CLOSING DATEThe bid closes on Monday, 17 June 2013 at 14:00SA time. All bid documents must be provided induplicate (printed format) and sealed in a clearlymarked envelope / package marked with Bidder’sname, Bid Reference Number and Bid Description,and deposited in the bid box situated at ACSAAdmin Offices, 1st Floor, Room 133, Kimberley.

ACSA is not bound to accept any bids and reservesthe right to reject any or all bids.

LATE SUBMISSIONS WILL NOT BE ACCEPTED.

Enquiries and Contact InformationE-mail: [email protected]: +27 86 535 9125www.airports.co.zaEnquiries will close on 10 June 2013 at 16:00.

RegNo

.1993/004149/06

REqUEST FOR BID (RFB) – CLEANING ATKIMBERLEY REGIONAL AIRPORT.TENDER REFERENCE NUMBER: CORP 022/2013

Airports Company South Africa Limited invites suitably qualified tenderersto submit bids for the above service for Airports Company South Africa SOCLimited.

MANDATORY ADMINISTRATION CRITERIAProposals that do not meet any one of the followingcriteria (Valid proof/certification must be provided)will be disqualified and will not be evaluated further:

1. Original valid certification to affiliated bodies /Institutions (NCCA Certification or similar).

2. Acceptance of Terms & Conditions of Bid.3. Attendance of Compulsory Clarification Session.4. Valid Workman’s Compensation Certification.5. The lack of an original SARS Tax Clearance

Certificate, with no explanation/application ofsame will be disqualified.

NB: No tender will be awarded to any person whosetax matters have not been declared in order by theSouth African Revenue Services.

EVALUATION

Complete bids will be evaluated on two phases:

Phase One: Functionality is a hurdle phase whichdisqualifies Bidders that do not meet the minimumthreshold.

Phase Two: Only those Bidders who have suc-cessfully passed the functionality phase will beconsidered here.

This is based on the 90:10 preferential formula,with 90 reflecting price and 10 reflecting B-BBEErecognition. ACSA shall only accept DTI criteria asproof of B-BBEE status.

LIONS CAR BOOT SALE:18 May 2013, Trim Park.Cornel 082 788 2823

ANTIQUES:KOOP/VERKOOP.Help kliënte landwyd.071 967 0285.www.silvercosilver.co.zafacebook: Silvercosilver

ONS MAAK WEER umotor se vaal en verbleiktehoofligte so goed soos nuut.084 886 7455:

GTS VERVOER en A JLOGISTICS:Vervoer kantoormeubels enmeubels landwyd teen billi-ke pryse.082 574 3270074 585 3978.

PLAFONISOLERING:THERMGUARD LITE NKKoel in somer, warm in win-ter. SABS. Gratis kwotasies.082 388 0307 of 053 832 9194.

UTILITY RUBBERSTAMPS: SAME-DAYSERVICE. TEL./FAKS

053 832 1951

2012 JEEP PATRIOT 2.4Limited te koop. Diensplaningesluit.27 000 km. R275 000.Louis: 076 218 0524Sonja: 084 446 6880

2005 RENAULT CLIO 1.5DCi Expression (Diesel)5-deur.147 800 kmR65 000.Gereeld gediens, volledigediensrekord.Louis: 076 218 0524Sonja: 084 446 6880

CARS AND BAKKIESwanted for cash. Anythingbelow R60 000. Thinus072 472 8686.

KLEIN KAR of bakkie ge-soek. R20 000 - R30 000.071 967 0285/053 963 1409.

Kappie vir 'n Hyundai H100,R4 500.Kappie vir 'n 1400 Nissan-bakkie, R3 500.Kappie vir 'n Isuzu LWB,R3 500084 886 7455.

2-SLK-/2-BADKAMER-MEENTHUIS in Royldenebeskikbaar vanaf 1 Julie.R4 200 p.m. plus deposito.Navrae: 082 388 0307.

PERSEEL TE HUUR. Ge-skik vir kantoor of verkope.120 vk m. Kombuis, toilet enprivaat parkering. R6 500p.m. plus BTW. 082 859 5386.

BEGIN JOU EIE besigheidmet AVON. SMS jou naamen 'ja' na: 084 55 62265 enons skakel jou terug.

OP SOEK NA N DRYWER:Kode 14 met PDP.Faks CV na: 053 582 8002.OWNER DRIVERSREQUIRED with cars,motorbikes 1-, 2-, 4- and 8-ton trucks. Lee 087 808 2991.

NOTICE OFENVIRONMENTALIMPACTASSESSMENTPROCESS.In terms of Regulation 543 ofthe regulations published inGovernment Notice No.33306 of 2010 under Section

54, read with Section 44 ofthe National EnvironmentalManagement Act, 1998 (ActNo. 107 of 1998), notice ishereby given that Anjutone(Pty) Ltd (Reg. N.Reg. N.2011/122767/07) is ofintention to carry out thefollowing activity:Project name: ANJUTONE 2SOLAR PARKProject Description:Anjutone (Pty) Ltd is of theintention to establish arenewable energy-generation facility. Theproject will consist ofconstruction, operation andmaintenance of aPhotovoltaic (PV) PowerPlant with associatedinfrastructure andstructures, having agenerating capacity up to 75MW. The footprint of thesolar park will be up to 300hectares. The facility willcomprise several arrays(strings) of PV modulesmounted on frames; theassociated infrastructureand structures will consistof:(i)internal and externalaccess roads and a smallparking area.(ii) fencing of the plant andvideo security controlsystems.(iii)foundations/mini pilesfor the mountedPhotovoltaic arrays.(iv)electricity accesss pointfor the construction phase,operation phase (ifnecessary) and UPS(Uninterruptible PowerSupply) devices.(v) water access pointand/or water extraction on -site from borehole(s) watersupply pipelines, watertreatment.(vi) sewage system andstorm water collectionsystem(vii) workshop andwarehouse(viii) control building withoffices(ix) cabling linkingPhotovoltaic strings andother internal cabling.(x)medium voltage stationsdesigned to host DC/ACinverters and mediumvoltage power transformers.(xi) one or more mediumvoltage receiving stations,linking in parallel all themedium voltage stations.(xii)one small on - site highvoltage substation withhigh-voltage powertran/sformers, stepping upthe voltage to the voltage ofthe Eskom's grid, a controlbuilding and one 132 kVbusbar with metering andprotection devices (alsocalled 'switching station'')(xiii) two new sections ofhigh-voltage power line,allowing the Eskom's"'ULCO - GANSPAN 1'132 kV/power line/ - crossing theproject site - to loop in and

out of the 132 kV busbar ofthe new on-site loop-in, loop-out substation. Theconnection may also entailinterventions on the Eskomgrid, according to Eskom'sconnectionrequirements/solution.During the constructionphase, the site may beprovided with additional:(i) water access point andwater extraction on-siteborehole(s) point, watersupply pipelines, watertreatment facilities.(ii) pre-fabricated buildings,to be removed at the end ofthe construction phase.Location: The project site isthe Portion 3 of the farmMachorogan 106, BarklyWest RD (857.1512 hectaresin extent), located in theDikgatlong LocalMunicipality, Frances BaardDistrict Municipality,Northern Cape Province.The developed area(footprint) will be up to 300hectares, to be selectedwithin the project sitefollowing the indications ofthe specialist studies duringthe scoping phase. In orderto access the project site, anew section of road -approximately 160 m long -may be built over thePortion 10 of the farmMachorogan 106, BarklyWest RD. A BackgroundInformation Document (BID)providing more informationcan be requested via e-mail(see e-mail address below).An Environmental ImpactAssessment (EIA) process isrequired for the aboveproposed activity. Such astudy is currently beingundertaken by AGES (Pty)Ltd (in order to determinewhether the proposedactivity will result in anysignificant environmentalimpacts.) The project hasbeen registered with theDepartment ofEnvironmental Affairsunder the DEA reference:14/12/16/3/3/2/533 andunder the NEAS reference:DEA/EIA/0001815/2013.In order to ensure that youare identified as aninterested and/or affectedparty, please submit inwriting your name, contactinformation and interest inthe matter, within 30 days ofpublication of this notice, tothe address below.AGES (Pty) Ltd, 120 Mar-shall Street, Polokwane 0699.PO Box 2526, Polokwane0700. Tel. +27 (0) 15 291 1577.Fax: + 27 (0) 15 291 1577. E-mails: [email protected]/[email protected]

NOTICE OFENVIRONMENTALIMPACT

ASSESSMENTPROCESS.In terms of Regulation 543 ofthe regulations published inGovernment NoticeNo.33306 of 2010 underSection 54 read with section44 of the NationalEnvironmentalManagement Act, 1998 (ActNo. 107 of 1998), notice ishereby given that VidigenixLtd (Reg. N.N2011/003516/07) is of theintention to carry out thefollowing activity:Project name: VIDIGENIX 2SOLAR PARKProject description:Vidigenix (Pty) Ltd is of theintention to establish arenewable energygeneration facility. Theproject will consist of theconstruction, operation andmaintenance of aPhotovoltaic (PV) PowerPlant with associatedinfrastructure andstructures having agenerating capacity up to 75MW. The footprint of thesolar park will be up to 300hectares. The facility willcompromise several arrays(strings) of PV modulesmounted on frames; theassociated infrastructureand structures will consistof:(1) internal and externalaccess roads and a smallparking area.(ii) fencing of the plant andvideo security controlsystems.(iii) foundations/mini pilesfor the mountedPhotovoltaic arrays.(iv) electricity access pointfor the construction phase,operation phase (ifnecessary) and UPS(Uninterruptible PowerSupply) devices.(v) water access pointand/or water extraction on-site from boreholes, watersupply pipelines, watertreatment.(vi) sewage system andstorm water collectionsystem.(vii) workshop andwarehouse(viii) control building withoffices(ix) cabling linkingPhotovoltaic strings andother internal cabling.(x) medium voltage stationsdesigned to host DC/ACinverters and mediumvoltage power transformers.(xi) one or more mediumvoltage receiving stations,linking in parallel all themedium voltage stations(xii) one small on-site highvoltage substation with highvoltage power transformers,stepping up the voltage tothe voltage of Eskom's grid,a control building and one132 kV busbar withmetering and protection

devices (also called'switching station').(xiii) two new sections ofhigh voltage power line,allowing the Eskom's'PERING - GANSPAN 1' 132kV power line - crossing theproject site - to loop in andout of the 132 kV busbar ofthe new on-site loop-in loop -out substation. Theconnection may also entailinterventions on Eskom'sgrid, according to Eskom'sconnection requirements/solution.During the constructionphase, the site may beprovided with additional:(i) water access point andwater extraction on-siteborehole (s) point, watersupply pipelines, watertreatment facilities.(ii) pre-frabicated buildingsto be removed at the end ofthe construction phase.Location: The project site isthe Portion 1 of the farmKangkatjies 919 HN (869.6983hectares in extent), locatedin the Greater Taung LocalMunicipality, Dr RuthSegomotsi Mompati DistrictMunicipality, North WestProvince. The developedarea (footprint) will be up to300 hectares, to be selectedwithin the project sitefollowing the indications ofthe specilaist studies duringthe scoping phase.A Background InformationDocument (BID) providingmore information can berequested via e-mail (see e-mail address below).An Environmental ImpactAssessment (EIA) process isrequired for the aboveproposed activity. Such astudy is currently beingundertaken by AGES (Pty)Ltd (in order to determinewhether the proposedactivity will result in anysignificant environmentalimpacts). The project hasbeen registered with theDepartment ofEnvironmental Affairsunder the DEA reference:14/12/16/3/3/2/534 andunder the NEAS reference:DEA/EIA/0001816/2013. Inorder to ensure that you areidentified as an interestedand/or affected party, pleasesubmit in writing, yourname, contact informationand interest in the matter,within 30 days ofpublication of this notice, toaddress below.AGES (Pty) Ltd, 120 Mar-shall Street, Polokwane 0699.PO Box 2526 Polokwane0700.Tel. +27(0)15 291 1577.Fax +27 (0) 15 291 1577. E-mails: [email protected]@ages-group.com

André Botha

DIT is nou nie meer lank voordat die Noord-Kapenaar van die Jaar aangekondig word nie.Beoordeling is gister gedoen en die wenner

word op 28 Mei op ’n spoggeleentheid in dieHorseshoe-motel in Kimberley aangekondig.Ditword deurVolksblad,Noordkaap semoe-

derkoerant, en Kumba Iron Ore aangebied.Kumba Iron Ore is weer die hoofborg van diekompetisie. Dit word ook in samewerkingmetdie GWK as borg gedoen.Die doel van die kompetisie is om individue

en instansies wat ’n verskil maak te vereer.Die benoemdes is vanjaar Wiaan van der

Linde, Fanie de Villiers, Tebogo Merementsi,JohanDeyzel, Huldah Barnard, Sharon Steyn,Ardeth Datnow, Chris Mpisi, Moipone Seutlo-adi en Pat Maqina.Die beeldskone Kimberliet, aktrise, sange-

res en model Gail Mabalane (28, voorheenNkoane) gaan gaste op die toekenningsgesel-ligheid van Volksblad en Kumba Iron Ore sekompetisie vir die Noord-Kapenaar- en dieNoord-Kaapse Instansie van die Jaar ver-maak.Gail was te sien as Lelo Sedibe, ’n mode-re-

dakteur, in die TV-reeks The Wild op M-Netwat onlangs ten einde geloop het.Sy was ook in 2010 een van die 14 finaliste

in Idols. In 2001 was sy een van die finalistevan die Mej. Tiener Suid-Afrika-kompetisie,asook ’n Kaizer Chiefs-rasieleier.Hoewel die kompetisie nou slegs in sy derde

jaar is, het dit reeds groot aansien opgebou.Die eerste wenner in 2011 was Esmaralda

Barnes wat bekroon is vir haar werk om as be-stuurder van die Internasionale LughaweUpington dié lughawe tot onder meer vraglug-hawe op te bou.Anne Maclean is as Kumba Iron Ore en

Volksblad se Noord-Kapenaar van die Jaar2012 aangewys. Maclean het met die louereweggestap danksy haar werk aan die Mathsand Leadership Academy om minder bevoor-regte leerlinge geleenthede te gee om hul wis-kundige vaardighede te ontwikkel.

Wennereersdaagsaangekondig

DIEACVV-Kimberley bied van 15 tot 21 Sep-tember ’n toer vir pensioentrekkers na dieWeskus aan.Verskeie plekke, onder meer Carnarvon,

Calvinia, die Kokerboomwoud en watervalby Niewoudtville, asook Lambertsbaai enSwartriet en die orgideë- en veldblomskouby Darling, sal word besoek.Die toer kos R5 000 waarvan ’n deposito

van R1 000 betaalbaar is om ’n plek te verse-ker.Bel die ACVV-Kimberley se kantoor by

053-831-5815 vir plekbespreking of Ria vander Westhuizen (toerleier) by 082-377-8751 of053-833-3138.

ACVVbied toer aan

BRIDGING CASHwhile waiting for

PENSION/PACKAGE

payout(lump sum only)

086 1101 388083 6700 788

Cash same day

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS