nn 12 6 issuu

12
www.noordnuus.co.za Find us on Facebook Follow us on Twitter Martie Pretorius ([email protected]) MOKOPANE - Die Nyl Aksiegroep wat bestaan uit boere en belanghebbendes in die omgewing, verwelkom die Limpopo departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme se besluit om toestemming vir mynboubedrywighede suid van Mokopane vir ’n tweede keer af te keur. Sylvania se omgewingsimpakstudie vir die Volspruit Myn is nie deur die departement aanvaar nie omdat mynbedrywighede se uitwerking op die Nyl vloedvlakte volgens die departement onveilig is. Sylvania se voorstelle tot die beperking van die impak is onaanvaarbaar vir die departement, veral wat vloed omstandighede aanbetref. Belanghebbendes het mynboubedry- wighede in talle vergaderings sedert 2011 Volspruit myn afgekeur "Om platina naby die Nylrivier te myn is roekeloos en die Nyl vloedvlakte is ’n sensitiewe gebied wat erg beskadig gaan word." herhaaldelik en sterk geopponeer en die klem is duidelik gelê op die negatiewe impak wat dit op die omgewing gaan hê. Landboubedrywighede sal veral negatief geïmpakteer word deur mynaktiwiteite in die vloedvlakte. Adri Barnard wys daarop dat besoedelde besproeiingswater by voorbeeld die Barnards se sitrustuivoere na Europa kan belemmer. “Om platina naby die Nylrivier te myn is roekeloos en die Nyl vloedvlakte is ’n sensi- tiewe gebied wat erg beskadig gaan word," het die Nyl Aksiegroep se regsverteenwoordi- ger, Emile Honiball by een van die vergade- rings gesê. Die myngroep het egter gesê ten spyte van al die teenkanting gooi hulle nie handdoek in nie en die pad vorentoe sal noukeurig met hulle omgewingskonsultante bespreek word. AfriForum het in ‘n mediaverklaring gesê die departement se weiering is waarskynlik geskoei op die feit dat die impakstudiever- slag nie kon wys hoe mense wat deur die myn geraak sal word, met water bygestaan gaan word nie. Die verslag kon ook nie be- sonderhede gee oor die behoud van ’n biodi- versiteit- en vleiland-afsetstrategie nie. “Myn- bedrywighede is belangrik vir die ekonomie, maar moet steeds volhoubare bronbenutting én die bewaring van sensitiewe ekostelsels en ekostelseldienste verseker,” het Morné Mostert, AfriForum se koördineerder vir Lim- popo gesê. “Ons wil die provinsiale departement bedank vir die wyse waarop hulle die impak- studie hanteer het én vir hulle verantwoorde- like besluitneming.” LEPHALALE – Philip Kgoantha (22) het Susan Kotze (75) in Januarie verwurg en vermoor. Hy is verlede Vrydag in die Modimolle streekshof tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig gepleit het op klagte van moord en gewapende roof. Kotze se lyk is op 4 Januarie in haar huis op ‘n plaas in die Afguns-omgewing gevind nadat sy vroeër die aand nie haar veiligheid radio geantwoord het nie. Haar liggaam is in die sitkamer aangetref waar sy met die Kotze se moordenaar gevonnis draad van ‘n hanger verwurg is. Goeie speurwerk het verseker dat Kgoan- tha vinnig gearresteer is nadat hy met Kotze se blou Ford Bantam bakkie op die vlug geslaan het. Hy is by ’n familielid se huis vasgetrek waar Kotze se bakkie, selfoon en ‘n klein be- drag kontant by hom gevind is. Kotze was ‘n weduwee wat op klein skaal met beeste geboer het en het die laaste maande van haar lewe by ‘n gastehuis op Afguns gewerk. Links: Philip Kgoantha (22) is skuldig bevind en tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Susan Kotze.

Upload: helena-raats

Post on 22-Jul-2016

301 views

Category:

Documents


24 download

DESCRIPTION

Limpopo-based community newspaper - Lephalale & Mokopane

TRANSCRIPT

Page 1: Nn 12 6 issuu

www.noordnuus.co.zaFind us on FacebookFollow us on Twitter

Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - Die Nyl Aksiegroep wat bestaan uit boere en belanghebbendes in die omgewing, verwelkom die Limpopo departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme se besluit om toestemming vir mynboubedrywighede suid van Mokopane vir ’n tweede keer af te keur.Sylvania se omgewingsimpakstudie vir die Volspruit Myn is nie deur die departement aanvaar nie omdat mynbedrywighede se uitwerking op die Nyl vloedvlakte volgens die departement onveilig is. Sylvania se voorstelle tot die beperking van die impak is onaanvaarbaar vir die departement, veral wat vloed omstandighede aanbetref.

Belanghebbendes het mynboubedry-wighede in talle vergaderings sedert 2011

Volspruit myn afgekeur"Om platina naby die Nylrivier te myn is roekeloos

en die Nyl vloedvlakte is ’n sensitiewe gebied wat erg beskadig gaan word."

herhaaldelik en sterk geopponeer en die klem is duidelik gelê op die negatiewe impak wat dit op die omgewing gaan hê.

Landboubedrywighede sal veral negatief geïmpakteer word deur mynaktiwiteite in die vloedvlakte. Adri Barnard wys daarop dat besoedelde besproeiingswater by voorbeeld die Barnards se sitrustuivoere na Europa kan belemmer.

“Om platina naby die Nylrivier te myn is roekeloos en die Nyl vloedvlakte is ’n sensi-tiewe gebied wat erg beskadig gaan word," het die Nyl Aksiegroep se regsverteenwoordi-ger, Emile Honiball by een van die vergade-rings gesê.

Die myngroep het egter gesê ten spyte van al die teenkanting gooi hulle nie handdoek in nie en die pad vorentoe sal noukeurig met hulle omgewingskonsultante

bespreek word. AfriForum het in ‘n mediaverklaring gesê

die departement se weiering is waarskynlik geskoei op die feit dat die impakstudiever-slag nie kon wys hoe mense wat deur die myn geraak sal word, met water bygestaan gaan word nie. Die verslag kon ook nie be-sonderhede gee oor die behoud van ’n biodi-versiteit- en vleiland-afsetstrategie nie. “Myn-bedrywighede is belangrik vir die ekonomie, maar moet steeds volhoubare bronbenutting én die bewaring van sensitiewe ekostelsels en ekostelseldienste verseker,” het Morné Mostert, AfriForum se koördineerder vir Lim-popo gesê.

“Ons wil die provinsiale departement bedank vir die wyse waarop hulle die impak-studie hanteer het én vir hulle verantwoorde-like besluitneming.”

LEPHALALE – Philip Kgoantha (22) het Susan Kotze (75) in Januarie verwurg en vermoor.

Hy is verlede Vrydag in die Modimolle streekshof tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig gepleit het op klagte van moord en gewapende roof.

Kotze se lyk is op 4 Januarie in haar huis op ‘n plaas in die Afguns-omgewing gevind nadat sy vroeër die aand nie haar veiligheid radio geantwoord het nie. Haar liggaam is in die sitkamer aangetref waar sy met die

Kotze se moordenaar gevonnisdraad van ‘n hanger verwurg is.

Goeie speurwerk het verseker dat Kgoan-tha vinnig gearresteer is nadat hy met Kotze se blou Ford Bantam bakkie op die vlug geslaan het.

Hy is by ’n familielid se huis vasgetrek waar Kotze se bakkie, selfoon en ‘n klein be-drag kontant by hom gevind is.

Kotze was ‘n weduwee wat op klein skaal met beeste geboer het en het die laaste maande van haar lewe by ‘n gastehuis op Afguns gewerk.

Links: Philip Kgoantha (22) is skuldig bevind en tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Susan Kotze.

Page 2: Nn 12 6 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 12 JUNIE 20152

Afsterwe betreurMOKOPANE – Daan Holtzhausen (56), is op 8 Junie oorlede na ’n hartaanval. Na jare in Lephalale, het Daan en sy gesin hulself sowat drie jaar gelede in Mokopane gevestig. Hy het vir Equistra gewerk by Mogalakwena Platinamyn as diesel werktuigkundige. Daan was bekend as evangelis en was baie betrokke by die plaas-like skole en besighede. Hy laat sy vrou Ronel en sy drie kinders, Louis, DF en Lindie, agter. Sy begrafnis sal Maandag, 15 Junie, om 11h00 by die NG Oos Gemeente in Thabo Mbeki no. 134 gehou word.

Jannie se mense sê dankieGraag wil ons die volgende mense bedank vir die bystand tydens die vliegongeluk van Jannie Snyders Jnr:

Hennie, Cornel Viljoen en gesin vir die huisvesting in Pretoria, Martiens en Magda Fourie vir die vervoer, Magda en Johann Reyneke vir al die reëlings, ER24 Ambulansdienste, Dr Cloete en personeel van Muelmed Hospitaal, Marius, Anton, Andries en Jaques van Ellisras Brandstof vir jul ondersteuning by Muelmed Hospitaal, en almal wat ons deur hierdie moeilike tyd bygestaan het, elke SMS, telefoonoproep en gebede, Johannie vir jul bid groep. En wil in die besonder elke per-soneellid van Hoërskool Ellisras en Hardekool Akademie asook al Jan-nie se vriende baie dankie sê vir al jul ondersteuning, Mof en Mienie Venter vir jul hulp met die aanbied van die helikopter. Bennie Moller en gesin vir die bystand by Witpoort Hospitaal, asook Dr Radipabe en personeel, om Jannie te stabiliseer na die ongeluk. Dankie ook aan al die familie se ondersteuning. Jannie is ontslaan en sterk tans by die huis aan. -Liefde Jannie, Daleen en Jannie (Jnr) Snyders

Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE – Die dorp se Besigheidskamer het verlede week ’n deur vir karwagte in die dorp geopen deur ’n spesiale borgskap. Na die Besigheidskamer en die Gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF) se voorsitter, Andy Goetsch onderhandel het, is dit goedgedink om aan elke karwag in die dorp, ‘n glim baadjie te verskaf.

Karwagte wat nou saamwerk met die GPF is nou sigbaar aan die publiek. Elkeen van hierdie karwagte is ook voorsien van ’n identiteitskaartjie met ’n foto daarop wat aan

Nuwe baadjies vir karwagtesy of haar glim baadjie aangebring is.

Inwoners wat inkopies gaan doen kan hierdie karwagte nou maklik identifiseer.

“Dit hang van elke persoon af of hy die betrokke karwag gaan vergoed om ’n ogie oor sy voertuig te hou, “ sê Goetsch.

Karwagte onderneem egter om hulle bes te doen om alle motors se veiligheid te verseker.

“Ons het reeds ’n verbetering in die pub-liek se optrede teenoor ons opgemerk,” het een van die GPF karwagte ’n paar uur na die oorhandiging van hulle nuwe baadjies, verlig aan Noordelike Nuus gesê.

Na ’n borgskap van die Mokopane Besigheidskamer, spog karwagte van Moko-pane met glim baadjies om sodoende deur die publiek uitgeken te word as persone wat nou saamwerk met die GPF.

Regs: Só lyk die GPF karwagte se baadjies van agter.

Ongeluk eis pa van tweeMOKOPANE - Stephan Steyn, 'n geliefde inwoner is Saterdag oggend op 41-jarige ouderdom in 'n motorongeluk oorlede.

Stephan het in 1992 aan Hoërskool Piet Potgieter gematri-kuleer en teen druktyd het boodskappe van skok en hartseer steeds op sy Facebook-bladsy en dié van sy matriekgroep ingestroom. Vriende van sover as Singapoer het aangedui dat hulle sy herdenkdiens Vrydag sal bywoon.

Stephan sal onthou word vir sy humorsin en lekker lag, sy opregte vriendelikheid en die moedigheid waarmee hy elke faset van die lewe aangepak het. Sy kinders, Kara en Gium, was sy alles.

Daar word Vrydag (vandag) om 14:00 vir hom 'n gedenk- diens by die NG Kerk Hulp en Hoop in HF Verwoerdlaan aangebied.

Page 3: Nn 12 6 issuu

12 JUNE 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

Suspect arrested for murderABBOTSPOORT – A female suspect was arrested for allegedly killing her boyfriend during the early hours of Saturday morning.

According to W/O Frans Mokoena of the Lephalale police the woman and her boyfriend were allegedly consuming alcohol at a tavern near their house when they were involved in a domestic dis-pute. On arrival at her house the woman allegedly grabbed a knife and stabbed her boyfriend.

The victim passed away on the scene and the suspect was arrested.

W/O Mokoena confirmed that the couple had a history of domestic violence and that a domestic violence register was opened previously.

Local clinic not affected by drug shortagesLEPHALALE – Country-wide drug shortages should not cause concern in this town.

Earlier this month the department of health said that there was a shortage of some medical supplies due to a lack of active pharmaceutical ingredients globally.

The ministry’s Joe Maila was quoted by EWN as saying, “We have experienced a number of problems in terms of supply of medication, but mainly due to a lack of active pharmaceutical ingredients in the country. And it’s not exclusive to South Af-rica; it’s a global phenomenon.”

The main concern was about anti-retroviral (ARV) drugs that were allegedly unavailable in Kwazulu-Natal.

The local municipal clinic in Lephalale has confirmed that they are not experienc-ing any drug shortages. Patients who are using ARVs should continue their medica-tion as received from the clinic.

This statement was confirmed by the Health Minister Aaron Motsoaledi who said that his department was quick to investi-gate any claims of shortages of ARVs but that the country has an adequate supply at this stage.

LEPHALALE- The newly-built Sedibeng School in Onverwacht has been standing empty for six months.

According to a question asked in parlia-ment by the DA (Internal Question Paper: 13/2015, published on 18 May) the estimated cost of building Sedibeng school was about R39-million. Practical completion of the site was done 10 December last year.

“We want our children to move to the new school,” a concerned parent said. She preferred to remain anonymous because she did not want her child to be victimised. She feels that the current premises aren't safe and not sufficiently equipped for children with special needs.

By Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - Two of the three suspects in the Fatana murder case will again appear the Mokopane Magistrate Court on 15 June as their application for bail continues. They are Charles Mogale (45) and Thabo Alfred Matlaila (30), both from Hospital View.

Gideon Fatana, a taxi owner of Mokopane, was shot and killed at his house in Mokopane earlier this year in an assassination-style murder. Mogale and Matlaila were arrested shortly after the shoot-ing.

In a surprising twist, a third accused, Desmond Machaba (48), was added to suspect line-up. Machaba is also a suspect in the murder of Charles Mgidi, owner of a driving school in Mahwelereng, who died after being shot at a local filling station.

Machaba was arrested shortly after the second shooting and is now the third suspect in the Fatana murder case.

Machaba was expected to apply for bail last week but it is be-lieved his bail in the Fatana case was not considered as the Magis-trate in the Mgidi murder case denied him bail.

The suspects remain in police custody.

New school stands abandonedSedibeng School has about 75 pupils.

Their needs vary from children with hear-ing and learning disabilities to children with severe mental disabilities. These pupils are being taught at a premises that is owned by Exxaro mine about 3km out of town.

“Why should I take my child to a school in the bushes every day if there is a better equipped school in town?”

According to the ministry for basic educa-tion's response to the DA's question in the national assembly, the principal refused to move to the new school because all the furni-ture was not delivered.

In the meantime, some parents and the community surrounding the new school are

not happy with this deci-sion. “I live across from the new building and the lights are on every night,” Joey Coetzee said. “I think it is a waste of valu-able electricity to keep lights on in a deserted school.”

According to a source close to the school, the principal of Sedibeng School, Bone Minnaar, said that the Student Gov-erning Board must decide if the pupils should be moved to the new school while awaiting the out-standing furniture.

The department of basic education did not respond to queries by the time of going to press.

Fatana murder case: bail application continues

A full courtroom at the Mokopane Magistrate Court on 4 June where Charles Mogale, Thabo Alfred Matlaila applied for bail in the Gideon Fatana murder case.

AfriForum begin veldtog oor nuwe visumregulasiesAfriForum het ’n veldtog, genaamd Hoe raak nuwe visumregulasies jou?, van stapel gestuur. Dié veldtog volg nadat mense menige gevalle waar hulle deur die regulasies benadeel en verontrief is, onder AfriForum se aandag gebring het.

Die nuwe regulasies, wat op 1 Junie in werking getree het, vereis van alle minder-jariges wat van en na SA reis om in besit van hul eie paspoorte en volledige geboor-tesertifikate te wees. Suid-Afrikaners onder 18 moet 'n volledige geboortesertifikaat asook geskrewe toestemming van albei ouers of voogde hê wat die kind se reis-planne goedkeur.

AfriForum wil 'n opname maak van die omvang van die probleme wat ondervind word met die regulasies. Enige een wat deur die nuwe regulasies verontrief is, kan ’n e-pos stuur [email protected].

Page 4: Nn 12 6 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 12 JUNIE 20154

4

WIMPY delivers in Ellisras and OnVerwacht.Please phone

ALma on 082 879 1582 MOKOPANE- Die Suid-Afrikaanse Vroue

Federasie (SAVF) bedank drie laerskole in Mokopane vir hul bydrae tot die Tekkie Tax liefdadigheidsveldtog.

Laerskool Krugerpark, Potgietersrus Primary School en Sunrise Superkids het onlangs gewys hoeveel hulle vir minder-

LEPHALALE – Die 24-jarige Hennie Badenhorst het verlede week bewys dat daar nog mans met ‘n romantiese siel op ons dorp is.

Hennie het Woensdagoggend besluit om soos die helde van weleer vir sy geliefde Suné Kruger te gaan kuier op sy getroue rydier. Hy het omtrent 'n opskudding veroor-saak toe hy by die plaaslike Kentucky Fried Chicken se inry dienste 'n melkskommel bestel het!

"Ons gaan nou omtrent vier maande uit en ek het gevoel ek wil vir Suné so 'n bietjie bederf," het Hennie gesê.

MOKOPANE – Die Kier-ieklapper Kunstefees (KKKF) vier hierdie jaar

hul 15de bestaansjaar en met kunstenaars soos Riana Nel, Dewald Wasserfall, Snotkop en Bobby van Jaarsveld beloof dit om die beste fees nog te wees!

Behalwe die uitstekende kunstenaars, sal daar talle stalletjies, opvoerings en demon-strasies deur die loop van die feesdae plaas-vind – onthou 6-10 Augustus is feestyd in Mokopane!

Bok van Blerk beloof vermaak vir die hele gesin met ’n spesiale opvoering getiteld “Die Boer en die Skot”, terwyl Frank Opperman

Vyftien jaar van KKKfeeste!beloof om die lagspiere te prikkel met “Die Klaagliedere van Ds. Tienie Benade.”

Daar is kindervermaak met Hannah en Buster die brak, ’n Wow Mini Sirkus, ge-sigverf, steltlopers en ballon kuns. Daar is demonstrasies deur die dorp se dansskole, Gimnastiekklub asook die plaaslike skole se trompoppies en volkspele groepies. Daar is selfs ’n rofstoei demonstrasie!

Derrick Gardner sal ’n vrouedag in die Di-enssentrum vir bejaardes se saal aanbied op 10 Augustus, terwyl die gewilde wilds- en natuurkronkel weer sal afsluit wat met ’n lek-ker kampvuur konsert afgesluit sal work.

Na 15 jaar van feeste reël, weet die KKKF-komitee hoe om ’n uithaler fees aan-mekaar te sit.

“Vir die eerste 11 jaar is al die geld wat

by die KKKF ingesamel is aangewend om die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes te ondersteun,” sê dienssentrum bestuurder Estelle Hartzenberg. “Die fees het gehelp om tekorte aan te vul by die dienssentrum wat poog om vir die dorp se bejaardes te onder-steun.”

“In 2011 het ons besluit om elke jaar ’n deel van die dienssentrum op te gradeer of te verbeter,” sê Hartzenberg.

“Elke jaar hou ons ’n bedrag terug om die volgende jaar se kunstenaars te bespreek en fees te reël, maar die res word vir die diens-sentrum aangewend.”

So is daar verskeie opgraderings gedoen oor die jare, insluitend ’n opgegradeerde rekenaarstelsel, kombuistoerusting is aangekoop, die gebou is opgeknap en geverf, die biblioteek is vergroot, ’n vertrek is ingerig as salon wat die bejaardes teen afslagpryse diens, die haarsalon is opgegradeer, ’n wag-kamer is by die kliniek aangebou, ’n nuwe

motorhuis is gebou vir die leen Sprinter bussie wat vir ’n jaar aan die dienssentrum geskenk is en etes is gesubsidieer (middag-etes was vir twee jaar lank slegs R9 per ete).

Die dienssentrum se lede het gegroei van 338 lede in 2011 tot sowat 650 in 2015. Die dienssentrum bied tans middagetes (wat ook afgelewer word), Trimgim, koor, legkaart bou kompetisies, gesondheid dae, uitstap-pies na die dorp en Polokwane, Pretoria en Johannesburg en selfs toere.

Met die ekonomie wat druk is dit belan-grik dat die dienssentrum ook mooi begroot. “Selfs met die KKKF se geprojekteerde ink-omste vir 2015 toon die dienssentrum se be-groting steeds ’n verlies van sowat R20 000 per maand,” verduidelik Hartzenberg. “Ons pleit dus met die mense van Mokopane en omgewing om asseblief hierdie jaar se fees te ondersteun – kom geniet die feesdae saam met ons rustig met die wete dat jou toegangsgeld ’n positiewe bydra lewer tot die dorp se bejaardes.”

Kom woon die fees by, kom kyk na die konserte en geniet ’n heerlike vier dae vol kuns en kultuur.

Wie sê ridderskap bestaan nie meer nie?

Skole reik uit vir liefdadigheidbevoorregtes omgee deur hulle verskillende bydrae aan die SAVF in Mokopane te oorhan-dig.

Die onderskeie skole het sakke vol blik-kieskos vir dié organisasie ingesamel en ook t-hemde en gekleurde skoenveters gekoop ter ondersteuning van die veldtog.

Lourina Tilley van Potgietersrus Primary School saam met van die skool se leerders wys die kosskenking wat vir die SAVF ingesamel is. Hulle spog ook met hulle nuwe t-hemde wat deur hulle gekoop is om die Tekkie Tax liefdadigheids veldtog te ondersteun.

Page 5: Nn 12 6 issuu

12 JUNE 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za

Carmen de Beaute

Baie geluk met julle

15de verjaarsdag.

5

MOKOPANE – ‘n Vars en gesonde voorkoms kom nie altyd vanself nie, soms het ons so hupstootjie nodig om daardie blosende gelaat en fyn afwerking te kry. Dit is waar ‘n skoonheidsalon soos Carmen de Beauté van onskatbare waarde vir die dorp se vroue (en manne) is. “Ons bied behandelings met regte resultate,” vertel eienaar, Solette Bell.

Solette het Carmen de Beauté sowat 15 jaar gelede gekoop by Corlia Verwey en deur determinasie, vernuf en harde werk is die salon tans een van die bekendste salonne in Mokopane. “Ek was net 22-jaar-oud toe ek die salon, wat toe reeds 10 jaar lank bestaan het, oorgeneem het,” sê Solette.

Vandag bied die salon soveel meer as net basiese skoonheidsbehandeling, benewens die gewone verjongings behandelinge word daar ook chemiese afskilfering, ‘spray tan-ning’ en permanente grimering gedoen.

“Ons het ‘n gevestigde kliënte basis in Mokopane wat nie net vroue insluit nie, maar ook mans en tieners,” sê Solette. “Die tiener mark is veral aan die groei aangesien seuns en dogters van so jonk as nege reeds suk-kel met aknee soos puberteit al hoe vroeër begin.”

Carmen de Beauté bied aan hierdie jong kliënte ‘n spesiale afslagprys vir 13-jaar en jonger. “’n Gesonde selfbeeld is belangrik en as jy vroeg jou kind help om goeie velsorg toe te pas help jy bou aan selfvertroue wat die res van hul lewe hul sal by bly,” sê Solette. Die salon bied ‘n volledige professionele vels-orgreeks spesifiek vir jeugdige kliënte (Nimue Youth).

Solette is in Lephalale gebore en het haar matriekjaar voltooi aan Ellisras Hoërskool. Sy het skoonheid terapie studeer by die Harriet Jane Beauty School in Potchefstroom en het in 1998 by Carmen de Beauté begin werk as terapeut.

Sy het haar man, Leslie, hier ontmoet en besluit om haar in die dorp te vestig. Die egpaar het twee kinders, Rossouw (6) en Kristen (2).

Slegs twee jaar nadat sy by die skoon-heidsalon begin werk het, het sy besluit om die besigheid oor te koop. “Die salon was in die Spar sentrum geleë en soos my kliënte basis gegroei het, het dit baie vinnig te klein geword,” sê Solette.

In 2007, het sy die salon na no. 71A Kru-gerstraat geskuif en haar huisplanne uitgebrei om ‘n splinternuwe salon in te sluit. Sy het tans drie kamers waar behandelinge gedoen word. Solette werk steeds self as terapeut en word bygestaan deur Neelja Bergh wat reeds vyf jaar haar regterhand by die salon is.

Promosie

Sakevrou van formaat!

Soveel meer as mooi gesiggies: Solette Bell, eienaar van Carmen de Beauté, saam met Neelja Bergh, senior terapeut by die die skoonheidsalon.

Onlangs het sy ook ‘n student, Jolene Muller, aangestel wat opgelei sal word om behandel-ing te kan doen.

Die salon spog tans met ‘n verskeiden-heid skoonheidsprodukte insluitende Nimue en Kalahari velsort, die PH-Formula afskilfer-ingsreeks, Kyolan- en John van G-grimering asook die Solal vitamien-reeks.

Elke tweede maand besoek Dr Gys du Plessis, ‘n mediese dokter by die Healthy-Ageing Institute, die salon om sy estetiese vernuf te bied in die vorm van Botox en fill-ers.

Die salon is oop Maandae tot Vrydae en afsprake kan gemaak word by 015 491 7009. Gereelde spesiale aanbiedinge is beskikbaar en kan besigtig word by hul Face-book-blad (www.facebook.com/carmende-beauteskoonheidsalon).

Baie geluk, Solette, met die bedryf van 15-jaar se suksesvolle besigheid by Carmen de Beauté Skoonheidsalon!

- Die Noordelike Nuus span

MOKOPANE - Laerskool Kruger-park het Maandag die leerders wat betrokke was by hul interskole kompetisie se kaartjieverkope, bedank vir hulle bydrae.

Die R128 000 in totaal wat met die kaartjie verkope ingesamel is, is gebruik vir die opgradering van twee tennis-bane van Laer-skool Krugerpark.

Uit die 11 skole wat by dié kompetisie betrokke was, het ‘n Polokwane deelnemer as die gelukkige wenner van 'n nuwe motor weggestap.

Fanie Kemp (regs) van Mokopane het 'n skootrekenaar gewen. Kemp se kleinseun, SJ, is in Graad 1, en is R1 000 ryker na hy 18 boekies vir sy skool verkoop het.

Deur Fransa de Beer

LEPHALALE - Die Ellisras Hoërskool ouerkomitee, onder die wakende oog van voorsitter Mari-etjie van der Walt, het ‘n reuse poging aangewend om fondse in te samel vir ‘n on-vergeetlike matriekaf-skeid vir hulle kinders. Verlede Saterdag was daar ‘n sjampanje ontbyt met inspirerende sprekers in die skoolsaal.

Bianca Bester was die seremoniemeester wat die dames inspireer het met aanhalings uit gedigte soos o.a “Ma” deur Antjie Krog. Gerda du Plessis (grimeer kunstenaar en vel-sorg spesialis) het die dames aangemoedig om nie net na hulself om te sien nie, maar ook na hulle mans se velle.

Chanè Valentine (sangeres) en Shan Fou-rie (kitaar) het die gaste vermaak met mus-iek. Vir die luisteryke aansien was daar Lenie Pieterse (Miss Grand SA Finalist).

Kompetisie sorg vir spog tennisbane

Bo: Hierdie Krugies het die meeste kaartjies verkoop.

Regs: Fanie Kemp is die wenner van die skootre-kenaar. Sy kleinseun, SJ Kemp, het 18 kompetisie boekies verkoop en wen R1000.

EHS ouers skitter vir matrieks

Rina van Schalkwyk (organiseerder), Lenie Pieterse (Miss Grand SA Finalist), Werner Wessels (Style and Image Consultant), Tarien Cronje (Kyna Concilli House of Design), Bianca Bester (MC), Gerda du Plessis (Makeup Artist and Skin Specialist) en Chanè Valentine (sangeres).

Werner Wessels ('n styl en vookoms kon-sultant) het ‘n lewendige praatjie gelewer oor hoe om volgens jou liggaamsbou aan te trek. Die wenkleur van hierdie winter is “Marsala” (wynrooi) en nog gewilde kleure is die verskil-lende skakerings van grys. Hy is ook die afrig-ter van vele Mejj SA’s en ook Mej Heelal.

LEPHALALE – Saterdag se Boere Rumoer dag by die Ebenhaezer kerk was weer ‘n reuse sukses.

Daar is voorsiening gemaak vir fees-gangers van alle ouderdomme. “My kinders was so opgewonde om vir Lollos te sien dat ons al 05:00 uit die bed is," het Marie Be-zuidenhout gesê.

Die kleintjies het omtrent tou gestaan om op die ponies te ry en ‘n paar manne was maar bitter teleurgesteld toe hulle nie daarin kon slaag om die glibberige babers te vang nie. “Toe ek klein was kon ek die visse by dosyne vang, maar my vingers is ook nie meer wat dit was nie," het Oom Koos Preto-rius laggend gesê.

Vier feesgangers wat nie ontevrede huis toe gegaan het nie was die wenners van die Buffelbuljag kompetisie. Emil Schultz was die wenner wat ‘n buffelbul met ‘n minimum horing lengte van 38 duim kan skiet, Jaco du Bruyn het die tweede prys losgeslaan en het ‘n jagpakket om ‘n eland-koei, blouwildebees koei, waterbok koei en koedoekoei gewen. Willie Nel het die derde prys gewen en kan ‘n blouwildebees koei en rooibokooi skiet en Wouter van Zyl het die vierde prys gewen waar hy ‘n elandkoei kan jag.

Boere Rumoer was groot pret!

Page 6: Nn 12 6 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 12 JUNIE 2015 6

Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE- Inkopies van minder as R200 by die Mokopane Superspar het vir Elmarie Fouche (45) van Mokopane ’n splinternuwe Hyundai i10 besorg!

Fouche wat werksaam is by die dorp se speurtak, het verlede Vrydag baie gelukkig met haar nuwe rooi motor by die Spar inko-piesentrum weggery nadat sy as die wenner van week drie in die Spar se landswye “win a car” kompetisie aangewys is. Dié motor is een van 100 Hyundai i10 Glides wat Fouche met R197 se inkopies losgeslaan het.

Splinternuwe motor danksy Superspar

Bo: Elmarie Fouche van Mokopane se blydskap beker loop oor na sy as een van die wenners van ’n nuwe Hyundai i10 Glide in die Spar se landswye “win a car” kompetisie aangewys is.

Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - Neville Adlem, ‘n 57-jarige karwag glimlag van oor-tot-oor nadat die Mokopane Superspar sy gesteelde fiets met

Mooi, nuwe fiets vir Neville‘n splinternuwe een vervang het.

Adlem is ‘n beskeie inwoner wat daagliks ‘n ogie hou oor baie motoriste se voertuie by die Spar inkopiesentrum teen min of geen

vergoeding. Sy enigste vervoermiddel, ‘n fiets, is onlangs by ‘n kerk gesteel waar hy kerkgangers se motors opgepas het.

Die bestuur van die Spar wat bekend is met Adlem het van die diefstal te hore gekom en haar mede bestuur genader.

Danksy dié winkel is Neville nou ‘n splinter-nuwe fiets ryker en kan hy weer oor die weg kom soos normaalweg.

“Ek is baie dankbaar vir hulle goedheid,” het Adlem bly gesê.

Neville Adlem, ‘n inwoner van die dorp wat karre by die Spar inkopiesentrum oppas, wys sy splinternuwe fiets wat deur die Mokopane Superspar vervang is na dit onlangs gesteel is.

“Dit is die heel eerste keer dat ek iets wen. Ek sal seker eers later die gevoel kry,” het Fouche Vrydagmiddag net voor haar nuwe motor se sleutels aan haar oorhandig is, baie in haar skik aan Noordelike Nuus gesê. Sy het aanvanklik gedink sy praat met haar seun oor die foon toe Spar se hoofkan-toor haar voorverlede Maandag in kennis stel sy is een van die gelukkige wenners, het sy verleë gesê.

Mokopane Superspar het vir Fouche ge-lukgewens met haar prys wat sy gewen het net voor die kompetisie vandeesweek gesluit het.

Page 7: Nn 12 6 issuu

12 JUNE 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za

HPP leerders is glad met die mondMOKOPANE - Kinna Wessels van Hoërskool Piet Potgieter is tydens die semi-finale ronde van die ATKV-Re-denaarskompetisie as provinsiale wenner in die ka-tegorie Graad 8 en 9 onvoorbereid aangewys.

Wessels gaan in Augustus aan die nasionale ronde in die Kaap deelneem. Anria Kruger het op haar beurt die redenaars top-vyf, graad 8 en 9 onvoorbereid behaal. Beide leerders word ge-lukgewens.

landswye Radikale Redenaars. Sprekers het hulle goed van hulle taak gekwyt. Chantelle de

Wet en Linda Henning van Pretoria het die skool besoek en die beoordel-ing behar-tig.

Hier is die Graad 5-8 sprek-ers, die Graad 3 – 4 sprek-ers en die Graad 1-2 sprekers.

7

WATERBERG TVET COLLEGE INVITES QUALIFIED AND EXPERIENCED CANDIDATES TO APPLY FOR

THE FOLLOWING POSTS TO BE FILLED ACCORDING TO THE FET ACT NO.16 OF 2006 (as amended in 2012)

IT and Computer Science Centre Ref: WTVETC 2015/06 - LECTURER: Ref: WTVETC 2015/08 - WORKSHOP (Mahwelereng) - 6 months contract Electrical Infrastructure Construction ASSISTANT/ OPERATOR

SALARY LEVEL 3 (R87,330 pa plus 37% in Engineering and Skills Training Centre Engineering and Skills Training Centre lieu of benefits)(Lebowakgomo) - Permanent Position (Lebowakgomo) - Permanent Position

Requirements:SALARY LEVEL 6 (R150,375 pa plus SALARY LEVEL 3 (R87,330 pa plus Level 3/4 Hospitality certificate / Grade 12 benefits) benefits)Certificate or ABET Level 4 or an equivalent Requirements: Requirements:qualification in Food/Hospitality services. REQV 13 qualification majoring in Heavy or Grade 12 * Two (2) years experience at a *Two (2) years cooking experience Light current * Teaching qualification will be an technical/TVET Institution *Knowledge of * Knowledge of menu/cuisines preparations added advantage * Two (2) years' work basic computer skills* Basic Occupational * Deep clean knowledge * Ability to work with experience Facilitation/Presentation skills * Health and Safety knowledge * Knowledge of students and service providers *knowledge Workshop/ Practical/Simulation experience Practical workshop/simulation settings of stock taking *Culinary operations are a Duties and Responsibilities: * Willingness to execute general assistant 24/7 businessFacilitation of NCV/Report 191 programmes * duties * Good communication skills. Duties and Responsibilities:Class Management and Record keeping D u tie s and Responsibilities: Prepares food for Hostel students (Breakfast, *Con t i nuous s tuden t pe r f o rmance Administrat ion of workshop dut ies Lunch, Supper) * Cleaning of kitchens, assessment (theory and practical training) * *Administrat ion of workshop stock storerooms and student dining area.Writing report for submission * Marking of * Photocopying of data for workshop practice

Ref: WTVETC 2015/11-12 - GENERAL assessments * Invigilation of internal and Ref: WTVETC 2015/09 - KITCHEN AID ASSISTANT - CLEANER (x 1) external examinations SUPERVISOR

/GROUNDSMAN (x 1)Engineering and Skills Trianing Centre Ref: WTVETC 2015/07 - FARM IT and Computer Science Centre - (Lebowakgomo) - 1 year renewable FOREMAN

Permanent Positions - SALARY LEVEL 3 contract - SALARY LEVEL 4 (R103,494 pa Rooiwal Farm (Sterkrivier) - 1 year contract (R87,330 pa plus benefits)plus 37% in lieu of benefits)- SALARY LEVEL 6 (R148,584 pa plus 37%

REF: WTVETC 2015/11: (Cleaner)Requirements:in lieu of benefits)REF: WTVETC 2015/12: (Groundsman)Level 3/4 Hospitality certificate / Grade 12 Requirements:Requirements: Certificate or ABET Level 4 or an equivalent Degree or diploma in Agricultural Science * Cleaner: Two (2) years cleaning experience qualification in Food/Hospitality services. Three (3) years experience in general farm * Grade 10 will be an added advantage *Two (2) years cooking experience management * Knowledge of small and large * Ability to work as a team member * Knowledge of menu/cuisines preparations stock management * Knowledge of Broiler Groundsman: Two (2) years gardening/ * Deep clean knowledge * Ability to work with and Layer production management * landscaping experience * Grade 10 will be an students and service providers *knowledge Knowledge of Tunnel and Open land added advantage * Ability to work as a team of stock taking *Culinary operations are a production * Knowledge and understanding of member 24/7 businessfarm work and machinery operations* Duties and Responsibilities:Duties and Responsibilities:Computer literate * Valid driver's license* Cleaner: Cleaning of College facilities Coordination of procurement of kitchen stock Farm operations are 24/7/365 business* Perform any other duty delegated to him/her * Stock control * Prepares food for Hostel Duties and Responsibilities:by Supervisor students (Breakfast, Lunch, Supper) Administration of farm activities * Farm stock Groundsman: Gardening * Sweeping * * Cleaning of kitchens, storerooms and control * Coordination of sales and deliveries Loading/ off-loading * Perform any other duty student dining area * Supervision of staff *Supervision of staff *Coordination of practical delegated to him/her by SupervisorRef: WTVETC 2015/10 - KITCHEN AID training for students * Procurement activities

Enquiries: HR Manager, Tel no: 015 - 492 9000/9021

PLEASE NOTE THE FOLLOWING:The above mentioned applications should be submitted on a Z83 form obtainable from all Public Service Departments, accompanied by a detailed CV and certified copies of all qualifications, ID copy and Driver's License where applicable * Applicants must use the reference number allocated to the post * Faxed or e-mailed applications will not be considered * Communication will only be entered into with short-listed candidates and the successful applicant * If you have not heard from the College within two (2) months of the closing date, you should consider your application as unsuccessful * The College reserves the right not to make appointment(s) to the advertised post(s) * The College is an affirmative and equal opportunity employer, people with disabilities are encouraged to apply.

CLOSING DATE FOR SUBMISSIONS: Thursday, 25 June 2015 at 14:00

APPLICATIONS SHOULD BE FORWARDED TO:POSTAL ADDRESS: The Principal, Waterberg FET College, Postnet Suite #59, Private Bag X 2449, MOKOPANE, 0600 OR HAND DELIVERY: The Principal, Waterberg FET College, C/o Totuis and Hooge Streets (entrance in Hooge street), MOKOPANE, 0601 (08:00 - 16:00)

Leerders skitterMOKOPANE - Laerskool Krugerpark het vroeër die week drie van sy talentvolle kunste leerders bekendgemaak.

Laerskool Krugerpark se Jurinda van Schalkwyk in Graad 5 het ’n vyfde plek behaal tydens haar deelname in die Bosveld Kunstefees by Curro Heuwelkruin in Polok-wane. Sy het teen Graad 4 tot 5 leerders meegeding. Feliciano Dias het hom ook uitstekend van sy taak gekwyt en ’n tweede plek behaal in die Graad 6 tot 7 ouderdoms-groep.

Zia Boltman (Graad 4) is ’n blinknuwe trofee ryker vir haar deelname aan die onlangse Bosveld Kunstefees waar sy erkenning gekry het as beste gedramatiseerde deelnemer. Sy is ook aangewys as die beste algehele kunstefees wenner.

Bossies vaar goed in landloop byeenkomsDeur Lorize Marx

TZANEEN - Die afgelope naweek het Laerskool Bosveld Primary aan die Interprovinsiale landloop-byeenkoms deelgeneem. Die kompetisie was baie straf, maar die leerders het nogsteeds goed gevaar en hulle beste gelewer.

Radikale redenaars besoek Hardekool

LEPHALALE - 35 leerlinge van Hardekool Akademie het Donderdag deelgeneem aan die

“Hou God in ons skole” is ‘n poging om genoeg geld in te samel vir ‘n hofsaak om godsdiensbeoefening in skole te hou.

Groepe van twee skole in die Kaap en vier in Gauteng het hierdie Christelike skole voor die hof gedaag in ‘n poging om godsdiens-beoefening totaal in skole te verbied. Afrifo-rum het reeds R1.4 miljoen aan regskostes bygedra.

Om geld in te samel en mense bewus te maak van hierdie aanslag, het ‘n groepie manne ‘n landswye fietstoer onderneem. Ds Henk Stavast en Derik Francis het tot hede 3 400 km afgelê van Pretoria na die Kaap, Noordwes, Vrystaat en is huidig in Limpopo waar hulle skole besoek en inlig. Hulle word bygestaan deur hulle busbestuurder Charles

Hou God in ons skoledu Preez, Derik Stavast (kamera en media) en Xander de Kock (verteenwoordiger Afrifo-rum).

HIervandaan vertrek hulle na Mpuma-langa en Natal. Ds Henk sê die toer het sy uitdagings, soos onder andere die wind wat vordering bemoeilik. In Struisbaai het hullle op ‘n gelykpad skaars 6km per uur gevorder. Maar natuurlik is dit vir ‘n baie goeie doel: die uitbreiding van die Evangelie.

Hoe kan jy help? Skenk R10 deur jou naam te SMS na 38315. Jy kan ook ‘n do-nasie skenk deur geld in te betaal: Verwysing is Fietstoer. FNB, rekeningnaam Afriforum, Takkode 261 550 Rek nr 623 4989 8398.

Jy kan ook die groep volg op Maroela Me-dia se webblad by www.locatoweb.com.

Bo: Jurinda van Schalkwyk en Feliciano Dias.Links: Zia Boltman.

Page 8: Nn 12 6 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 12 JUNIE 20158

Page 9: Nn 12 6 issuu

12 JUNE 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 9

MOKOPANE – Chess players of Mokopane Primary School who won their opponents of Mokopane South in a friendly chess gathering last week. They also competed against Northern Academy in Polokwane the past weekend where they got to improve their skills and interact with other chess players in their age group. Here they are with their coaches: Anette Bezuiden-hout and Corli Verster.

Bright learners play chessMartie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE - Stoeiers van die Potgietersrus Stoeiklub staan vir niemand op die stoeimat terug nie. Hulle het kragte gemeet tydens verskeie onlangse kampioenskappe.

Stoeiers se uitslae was soos volg:Limpopo Ope Stoeikampioenskappe

Noord-Gauteng: Manie de Jonge verower een goue- en drie silwermedaljes. Rosie Pieterse, Altus du Plessis en Louise Gouveia verower elkeen goud en Pieter Jordaan verwerf ’n bronsmedalje. Wikus van Staden spog met ’n silwermedalje. Zander Benedetti, JP Jou-bert en Dewalt Beukes kry elk ’n “Long Term Development Programme” (LTDP) medalje vir deelname. Danie Venter verwerf goud in Meesters-C en ’n brons in Meesters-A.

Mpumulanga Ope Stoeikampioens-kappe Graceland Casino, Secunda: Dewalt Beukes en JP Joubert verwerf elkeen ’n LTDP medalje vir deelname. Monique Venter verower goud en Manie de Jonge verower ’n goue medalje, twee silwer- en een brons-medaljes. Juan de Beer verwerf silwer en Marnu van der Kolff bron. Pieter Jordaan en Justin Pieterse verower elkeen ’n vierde

Stoeiers wys hul staal by kampioenskappe

plek. Danie Venter verwerf ’n bronsmedalje in Meesters. Nolene Pieterse het onttrek weens ’n besering.

Die klub het sy stoeiers gelukgewens en bedank vir hulle harde werk, dissipline en deursettingsvermoë.

Stoeiers van Potties Stoeiklub wat deelgeneem en uitsonder-lik presteer het tydens die onlangse Limpopo Ope Stoeikampi-oenskappe. Voor van links, Zander Benedetti, JP Joubert en Dewalt Beukes. Agter, Louisa Gouveia, Manie de Jonge en Pieter Jordaan. Afwesig: Rosie Pieterse.

Page 10: Nn 12 6 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 12 JUNIE 201510

LEPHALALE - Hoërskool Piet Potgieter (HPP) het tydens die skool se wintersport in Lephalale op 6 Junie teen EHS Ellisras Hoërskool weereens gewys hoekom die blou masjien tops is.

HPP se uitslae in die onderskeie sport is soos volg:

RugbyDie o/14 span se telling was 34-3. Sim-

phiwe Tjale was die speler van die wedstryd.Die o/15 span het 5-3 gewen. Die speler

van die wedstryd was Onkgopotse Tswai.Die o/16 span het verloor met ‘n punte-

telling van 24-13 in EHS se guns. Hancko Viljoen was die speler van die wedstryd.

Die tweede span het skoonskip gemaak met ‘n verstommende 16-0 puntetelling. Juandre de Lange het die koppe laat draai in dié wedstryd. Alle oë was op die skool se 1ste span wat gewen het met 43-17. Colin

Bossies se Blou Bulle!

Boogskiet boksportDeur Danele Odendaal

LEPHALALE - Saterdag het Laerskool Bos-veld Primary se boogskietspan gesorg vir ‘n dag vol pret!

Die skool het hul jaarlikse “skaaploop” en NASP Interskole Kompetisie gehad. Daar was groot pryse te wen onder andere ‘n skaap-karkas, twee rooibokjagte, een vlakvarkjag, boogskietpyle en kontantpryse.

Dit was weereens ‘n suksesvolle fondsin-samelingsprojek en die skool wil elke borg, ouer en onderwyser bedank wat bygedra het om van dié prettige dag ‘n sukses te kon maak.

HPP wen groot teen EHSSteyn was die speler van die wedstryd.

Hokkie Die o/14 span het gewys wie is baas met

‘n puntetelling van 3-0. Kaylen Deysel was die speler van die wedstryd.

Die o/15 span het 2-0 gewen. Die speler van die wedstryd was Annuschka van der Walt.

Die o/16 span kraai koning met 9-0. Bianca Koekemoer was die speler van die wedstryd.

Die tweede span se puntetelling was 13-0 en Chrisna Malan is as die speler van die wedstryd aangewys.

Die eerste span het 8-0 gewen. Misha Peens was die speler van die wedstryd.

HPP se vyf hokkiespanne gaan weer kragte meet wanneer hulle op 20 Junie in die Limpopo Semi-finale op hulle tuisveld teen hulle teenstanders te staan gaan kom.

Collin Steyn van HPP se eerste rugbyspan is tydens die afgelope naweek se wintersport in Lephalale teen EHS as die speler van die wedstryd aangewys.

Deur Marno Pepler

KRUGERSDORP - Die twee rugby uitblinkers van Laerskool Bosveld Pri-mary, Janco Lötter en Matlapu Modise, het Saterdag die o/13 Limpopo Blou Bulle verteenwoordig teen die Pumas.

‘n Yskoue Krugersdorp kon nie menigte toeskouers stuit om die pawiljoene vol te pak nie. Limpopo het reeds vroeg in die eerste helfte die voortou geneem met `n drie, en 'n daaropvolgende drie in die tweede helfte het die opponente se veggees gedemp. Eers in die doodsnikke van die wedstryd het die Pumas hulself touwys ge-maak en 'n drie aangeteken. Toe die fluitjie vir die laaste keer bulder was die skrif teen die muur - ‘n skitterende 12-5 oorwinning vir die Limpopo Bulle.

Die Bossies is ontsettend trots op Janco en Matlapu, wat menigte male `n op-ponent in sy spore gestuit het. Hierdie is beslis twee seuns om dop te hou!

Page 11: Nn 12 6 issuu

12 JUNE 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 11

BID INVITATION

THE ELECTORAL COMMISSION (IEC) INVITES SUITABLY QUALIFIED SERVICE PROVIDERS TO SUPPLY THE COMMISSION WITH GOODS/SERVICES AS LISTED BELOW.

BID INFORMATION AND DOCUMENTS MAY BE DOWNLOADED FROM THE ELECTORAL COMMISSION’S WEBSITE AT www.elections.org.za OR https://votaquotes.elections.org.za

BID DOCUMENTS MUST BE DEPOSITED IN THE TENDER BOX IN THE FOYER OF THE ELECTORAL COMMISSION’S OFFICE AS INDICATED IN THE BID SCHEDULE BELOW BEFORE THE CLOSING DATE AND TIME.

TENDERSREFERENCENUMBER

SERVICEREQUIREMENT

TECHNICALENQUIRIES

BID BRIEFING DATE AT 11:00 AND PLACE OF BRIEFING

CLOSING DATEAT 11:00 AND PLACE OF CLOSURE

IIEC/LP-03/2015 Local Office Accommodation LIM367 - Mogalakwena [Potgietersrus]

Sello Kgageng (015) 491-7973Mmemezi Dhlamini (015) 283 9105

19 June 201523 c/o Hooge & Van Riebeeck StreetsMokopane

26 June 201523 c/o Hooge & Van Riebeeck StreetsMokopane

BIDS RECEIVED WILL BE EVALUATED IN RESPECT OF THE EVALUATION CRITERIA AS SET OUT IN THE BID DOCUMENTATION AND THE 90/10 SCORING PRINCIPLE AS PROVIDED FOR IN THE PREFERENTIAL PROCUREMENT REGULATIONS, 2011.

SERVICE PROVIDERS ARE GENERALLY ENCOURAGED TO PARTICIPATE IN BIDS OF THE ELECTORAL COMMISSION BY REGISTERING (IF NOT REGISTERED) AS POTENTIAL SERVICE PROVIDERS AT www.elections.org.za OR https://votaquotes.elections.org.za

MANUFACTURERS AND PRODUCERS OF ITEMS THAT CONFORM TO MINIMUM LOCAL CONTENT REQUIREMENTS e.g. TEXTILE, CLOTHING AND FURNITURE ARE ESPECIALLY CALLED UPON TO REGISTER AS POTENTIAL SUPPLIERS.

IMPORTANT: NO LATE BIDS OR SUBMISSIONS WILL BE ACCEPTED!!!

ENQUIRIES – PROCUREMENT BID PROCEDURES:MR VINCENT QWABE MS LINDIWE DLAMINI ePROCUREMENTTEL: (012) 622-5700 TEL: (012) 622-5700 MS MAVIS LOUWTEL: (012) 622-5576 TEL: (012) 622-5462 TEL: (012) 622-5550

IEC-VA194

Wilma se krag ken g'n einde!MOKOPANE - Wilma Nel van Laerskool Krugerpark het vir haarself ’n algehele derde plek opgeraap tydens die afgelope naweek se armdruk kompetisie vir vroue teen curro Heuwelkruin in Polokwane. Haar deelname het linker en regterhand ingesluit.

Page 12: Nn 12 6 issuu

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

UFishing with Christie

By Christie Thomas

It is almost that time of the year again, a time when fisherpeople start to second-guess their intentions... “Is it really worth getting out of bed when it is freezing, to try to catch a bass that doesn’t really want to bite?”

Many anglers go into hibernation when the water turns cold because frankly, fishing is tough in the winter. Not just fishing tough but tough on the body too.

There’s nothing wrong with taking a little time off when it gets cold, maybe pursue a winter sport like hunting or biking, but for those who are dedicated enough to go out and risk frost bite, do not despair. In South Africa you can always find a bass or two to bite, no matter how cold. In America I have caught bass when there was snow lying on the banks, and even from a lake that was still partially frozen.

The secret is to present the bait in the proper place and to fish at a rate slow enough to entice a bass to bite. Water tem-perature is important: look for the warmest water and sunniest banks. I have seen bass move up into the tops of submerged trees to bask in the warmer upper layers of water in the dead of winter.

Baitfish will be more active in the warm-er shallow water and bass still need to feed.

Cold water bassingAllow yourself a bit of a lie-in when win-

ter fishing, wait for the sun to get nice and high and to start warming those shallows. Bass like the sun in winter. It is not neces-sary to get up at the crack of dawn.

Look for drop-offs close to sun-drenched banks, rocky banks or rip rap. In the win-ter bass will not want to move too far from their deep-water winter sanctuary to feed. If you can find a stretch along the bank that is darker than the rest of the surroundings, chances are it will be warmer because dark colours conduct heat better than light.

The number one, most productive lure for winter bass fishing is undoubtedly a Jig and Trailer. The larger the trailer, the slower the fall, keeping the lure in the strike-zone long-er. Target heavy cover or shallow brush close to drop-offs. Fish slowly and methodically. Make sure to keep the jig in contact with the bottom at all times. Drag it from shallow to deep, deep to shallow, over the drop or par-allel to the drop.

A few other good cold water baits include small soft-plastic grubs/finesse worms rigged on a shakyhead jig / dropshot weight / small Texas weight, crankbaits and vertical jigging spoons.

The winter bite is subtle. You will need to fish with a very sensitive rod so that you can easily detect the slightest tick on the line, or the moment your bait feels ‘weightless’ when

it should be making contact on the bottom. Pay attention for the slightest change in the ‘feel’ of your lure and set the hook.

Dress warmly and be prepared for any kind of emergency.

Remember – hypothermia can kill within minutes. Make sure to stay dry and always try to fish with a buddy.

This is not a time to be out alone on the water.