murraysburger · murraysburger website. hard copies available at contact details on page 2 april...

10
MURRAYSBURGER The secret is out! Go to www.murraysburg.co.za The Murraysburger is available on the website. Hard copies available at Kweperlaan Coffee Shop on request. Contact details on page 2 Okt 2013 No 31 Murraysburg Kommando Rit 2013

Upload: others

Post on 08-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: MURRAYSBURGER · MURRAYSBURGER website. Hard copies available at Contact details on page 2 April 2011 Price: R1.00 The secret is out! Go to  The Murraysburgeris available on …

MURRAYSBURGER

April 2011 Price: R1.00

The secret is out!

Go to www.murraysburg.co.za

The Murraysburger is available on the website. Hard copies available at

Kweperlaan Coffee Shop on request.

Contact details on page 2

Okt 2013 No 31

Murraysburg Kommando Rit 2013

Page 2: MURRAYSBURGER · MURRAYSBURGER website. Hard copies available at Contact details on page 2 April 2011 Price: R1.00 The secret is out! Go to  The Murraysburgeris available on …

-2-

Kommandorit vir ‘n “Novice” Die besluit is geneem. ‘n Perd is beskikbaar. Ek gaan die week tevore op ‘n oefenlopie. Skaap bymekaarmaak. ‘n Stappie, ‘n draffie en ‘n klein galoppie! Die saak is reg. Skaap is in die kraal. Die nag word daar rondgerol van opgewondenheid. Op D day - die wekker gaan 6uur af, maar ek wag al vir hom van 5uur af. 7 Uur word Lady gelaai. Ek vertrek eers 8.30 want Lady wou nie sommer klim al het ons die vorige dag geoefen!!! Percy dink goed om ‘n ekstra sinkskuiling spesiaal vir Lady op die bakkie te bou sodat sy heel snoesig kan ry. Dit was ‘n gesmeek, mooi praat, belowe, bakkie op ‘n ander skuinste trek, perd in die pad opry om rustig te raak. Toe nog ‘n windpomp pyp oor die agterstewe om haar op te druk en toe ‘n gebedjie. Ai Liewe Jesus, is die geleentheid nou nie vir my bedoel nie? En toe klim Lady! Philip sê ‘n lappie ligweg oor die oë vir goggas, maar dit maak haar senuweeagtig. Ewe gaaf maak die werkers toe ‘n klein sinkplaatjie voor haar kop vas. Ek is oppad met my “horse in sy horsebox”. Gelukkig het Lady prominente merke anders hoe gaan ek haar ken. ‘n Perd lyk mos soos ‘n perd. Brookefield is in rep en roer. Perde. Sulke mooies. Skou perde, Palaminos, Boerperde en myne. 20 Ruiters. Lady laat haar nie afsit nie en klim flink af om die spulletjie op “groundlevel” te bekyk. Ek saal haar op en gee my bagasie af vir die oorslaap. My hart klop in my keel maar hou dit vir myself. Adri vra die Here se seën op die rit en daar gaan ons. Jy VOEL die energie in die lug. Twee perde spring met mening weg maar kom darem tot bedaring. Louw het vele male gesê, kom net, ons ry net RUSTIG. Stap ook (maar bietjie “boring”). Toe ek my kom kry vind Lady die oomblik so groot dat sy eintlik weier om agter te ry of enigsins gerem te word. Haar ore beweeg in alle rigtings, sy loer vir my uit die hoek van die oog. Dit is immers ook ons eerste kennismaking!!! Almal het gesê dit is so ‘n oulike perdjie. Mooi geaardheid. Maar waar kom hierdie vuur nou vandaan? Ek wonder nog net hoe ek gaan bo bly. Ek moes later vra, moet tog nie vir my te veel punte aftrek as ek my saaltjie hier voor vasgryp nie! Lady het ‘n paar goeie lopies ingesit. Louw moes maar so op sy saalsak klop en vra of ek nie bietjie hoesgoed wil hê nie. Dit werk tot vir seer spiere, uitputting en om jou te laat ontspan. Wie kon dit weier? Philip weer het sy kamaste aan my afgestaan vir daai knyp in die kuite. My eie hulpmiddel was om my fietsrybroek onder aan te trek om my sitvlak te red. Moet my nie verkeerd verstaan. Wat is lekkerder as ‘n perd op galop. Die bloed vloei deur jou are. Sit daarby die wonderlikste natuurskoon. Maar ek wil darem hê Lady moet weet wie is baas. Ek het toe so iets uitgewerk en glo dit het gehelp op die einde. Ek wou seker ook nie erken ek het meer afgebyt as wat ek kon eet nie. Ons was in uitgelese geselskap. ‘n Klomp jong manne op die kruin van hul lewe wat darem ook soms hul hande vol gehad het. Met afsaal tyd kon ek net dankbaar wees. Ag eintlik is dit wat ek heeldag gevoel het. Wat ‘n voorreg en vreugde om te kon ry. Mens giggel so binnetoe. Om die aand net bene uit te skop was goed. More is nog ‘n dag. Toe more kom het ek meer die gevoel van die besigheid gehad. En Lady. Sy was gewillig om nie met elke roering weg te vlieg nie. Ek was so trots op daai perd! Ek het toe ook begin verstaan dat haar baas haar geleer het, galop is om vinnig op ‘n plek te kom. Ek is ook geleer om agtertoe te lê as ek wil rem, nie net met die arms te trek nie. En skielik is als verby. Wat ‘n wonderlike ervaring. Om met mense te wees wat dieselfde vreugdes deel. Selfs Adri Smit, Elsje, Hannes en NW. Hoe laai mens ‘n onwillige perd? Hy klim net sê Michau. En Lady het geklim. Danksy 4 brawe sterk manne.

Dankie aan almal betrokke - Sarie Reynolds -

BRIEWE/LETTERS TEL/FAKS: 049 844 0135 SMS: 072 388 9284 / 082 5093 120 EPOS: [email protected] / [email protected] POSADRES: Voortrekkerstraat 30, Murraysburg, 6995

Skuilname mag gebruik word, maar alle briewe moet vergesel wees van ‘n naam, adres en handtekening. Die redaksie behou die reg voor om briewe te verkort of te verwerp. Die sperdatum vir bydraes is middel van die maand.

Pseudonyms may be used, but all letters must be supported by a name, signature and address. The editors reserve the right to edit or reject letters. The deadline for contributions is middle of the month.

VAN DIE REDAKSIE .......................

Die hoogtepunt van hierdie afgelope maand se aktiwiteite was sekerlik die Murraysburg Kommandorit. Die lewe op Murraysburg is beslis nie eentonig nie – mens moet net jou oë en ore oophou! En baie dankie vir Sarie en Louw se bydraes. Dít is wat 'n gemeenskapskoerant maak.

Page 3: MURRAYSBURGER · MURRAYSBURGER website. Hard copies available at Contact details on page 2 April 2011 Price: R1.00 The secret is out! Go to  The Murraysburgeris available on …

-3-

An excellent way to beat the winter cold

Erika Grebe and Jenny Ballantyne have found the perfect recipe to thwart the cold. The red wine evening with gourmet food which they hosted on the 24th August at Erika Grebe’s ATE Eatery surpassed all expectations.

None of the patrons even thought about the dismal weather while enjoying Grebe’s expert cookery paired with Ballantyne’s well chosen wines. Ballantyne had chosen a Pinot Noir ( Kaapzicht Bin 3 2010 ) to supplement the starter confit pork belly with a coffee glaze, confit beetroot and beetroot crackling because of the wine’s layered savoury-sweet flavours of spiced dark cherries, toasted oak, mocha, dark chocolate and leather. It’s finely honed tannins give the wine balance and structure and a well-defined, expressive finish.

Pinot noir wines are amongst the most popular in the world. Joel Fleischman of Vanity Fair describes Pinot noir as "the most romantic of wines, with so voluptuous a perfume, so sweet an edge, and so powerful a punch that, like falling in love, they make the blood run hot and the soul wax embarrassingly poetic."

Pinot noir is also used in the production of Champagne (usually along with Chardonnay and Pinot Meunier ) and is planted in most of the world’s wine growing regions for use in both still and sparkling wines.

With the main course, slow braised ox tail in red wine, served with parsley dumplings Ballantyne had selected a Zandvliet Estate Shiraz 2009. The guests, amongst whom a whole group who were celebrating Elana Grobler’s birthday, appreciated Ballantyne

sharing some of her wide knowledge of wines. She explained that this dark garnet red wine complemented the main course well because of its rich complex nose showing flavours of plums, prunes and cinnamon with hints of mixed spice and the deep, intense flavours which follow through to a supple and complex palate with the added dimension of dark chocolate.

It was interesting to learn that the Shiraz vineyards of Zandvliet are planted mainly in the direction of the prevailings winds, on the gentle slopes of the foothills south of the Cogmans river. The clayey limestone-rich soils contribute salty, mineral characters and elegance to the wine. As a result Zandvliet Shiraz remains one of South Africa’s favourite red table wines.

Shiraz is a dark-skinned grape grown throughout the world and used primarily to produce red wine. With the dessert, chilli infused chocolate fondant with salted nut brittle, a Cabernet/Merlot blend was served. Jenny Ballantyne had chosen a Kaapzicht View of the Table Mountain wine which is easy on the palate and with its hint of chocolate, caramel and chilli flavours very palatable.

The wining and dining experience offered by Erika Grebe with the support of husband Hein and Jenny Ballantyne was most enjoyable and will hopefully be repeated in the near future.

Murraysburg het nou 'n

Facebook blad. https://www.facebook.com/murraysburg,

Ons wil graag almal daar buite wat so ver sit op hoogte hou met dinge wat in ons dorpie

gebeur.

Jenny Ballantyne sharing her knowledge of wine

Happy patrons at the ATE Eatery

Page 4: MURRAYSBURGER · MURRAYSBURGER website. Hard copies available at Contact details on page 2 April 2011 Price: R1.00 The secret is out! Go to  The Murraysburgeris available on …

-4-

Liz Graeme maak manne gesondheidsbewus

Op 28 Augustus het die Troubergwyk van die NG-gemeente ´n baie geslaagde en goedondersteunde manne-aand met Liz Graeme, refleksioloog van Graaff-Reinet, as spreker in die skousaal aangebied. Haar onderwerp was Die handhawing van goeie lewenskwaliteit – na liggaam en siel / Maintaining health from a male perspektive. Danksy Graeme se wye ervaring en kennis van haar onderwerp het sy gou-gou die manne, van wie sommiges onder dwang teenwoordig was, se belangstelling so geprikkel dat hulle vrylik aan die gesprek deelgeneem en vrae gevra het. Komende van nie die eie vrou nie, het die manne ernstig begin luister en is verskeie van hulle oortuig van die heilsame waarde van die drink van baie water, die eet van groente en vrugte, veral vars, die vermy van Coke en ander gaskoeldranke en natuurlik die skadelikheid van witbrood en ander verfynde produkte. Dat ´n glasie lemoensap saam met bloeddrukpille hulle werking ondermyn, was interessante nuwe inligting. So ook dat Omega 3–kapsules, waarop meer as een vroulief aandring, nie so effektief soos lewertraankapsules is nie. Graeme het ook die belangrikheid van ´n foliensuuraanvulling beklemtoon. Na die praatjie het die dames van die Troubergwyk geurige hoenderpastei, gebakte ertappels en groen ertjies vir die gesondheid bedien en het die manne heerlik, sonder gewetenswroeging oor hulle vroue alleen by die huis, saamgekuier. Die vroue het gesellig by die Kweperlaan Koffiewinkel byeengekom en die manne hulle aandjie uit gegun. Dit is werklik ´n pluimpie vir Liz Graeme dat oud en jonk, al was nie alle manne vrywillig daar nie, die praatjie uiters interessant gevind en die aand terdeë geniet het. Die Troubergwyk onder leiding van Sarie Reynolds en Susanna van der Merwe moet met hulle inisiatief gelukgewens word!

Henriette Fowler deel insigte

Henriette Fowler het tydens die Septembervergadering van die boekklub haar insigte in die denke van die Suid-Afrikaanse filosoof, Marthinus Versfeld, met die lede gedeel. Aangesien elke lid van die boekklub, wanneer dit haar beurt is, boeke volgens haar smaak aankoop, word die dames aan ´n wye verskeidenheid boeke blootgestel. Elsie Smuts het onder andere twee van Marthinus Versfeld se essaybundels, Die neukery met die appelboom en ander essays asook Oor gode en afgode aangekoop en Henriette Fowler het hierdie werke, sowel as Versfeld se denkrigtings in die algemeen, helder en interessant aan die lede bekendgestel. Dit was nie net interessant nie, maar ´n belewenis om ´n kykie in die wye algemene en vakgerigte kennis van Henriette Fowler te kon kry en Murraysburg was bevoorreg dat so ´n beskeie, maar merkwaardige persoon soveel moeite gedoen het om ´n moeilike onderwerp toeganklik te maak. Sy het haar so goed van haar taak gekwyt dat verskeie lede daarin belangstel om nader met Versfeld se filosofieë kennis te maak.

From a Buick Owner’s Manual of 1914

Speeding – don’t try any speeding. Drive slowly at first and be sure that you have learned to handle your car properly under all conditions of road and traffic before attempting any high speed. 15 miles per hour is plenty fast enough for the new driver.

Henriette Fowler (van Flinkdink faam) by die Kweperlaan in Murraysburg

When you burn your fingers playing with fire, don’t

blame the fire!

Page 5: MURRAYSBURGER · MURRAYSBURGER website. Hard copies available at Contact details on page 2 April 2011 Price: R1.00 The secret is out! Go to  The Murraysburgeris available on …

-5

Ken die gevare in jou Tuin

Rykie de Klerk se tuinbouprogram het die ouer lede weer eens onder die indruk van die kreatiwiteit en inisiatief van die jong lede gebring. Haar nuuskierige sestien maande oue Frederik, wat die wêreld om hom met al sy sintuie wil ontdek, het haar genoop om met nuwe oë na die plante in haar tuin te kyk en haar bevindinge ook met behulp van illustrasies met al die ander jong ma’s en oumas te deel.

Danksy haar navorsing het sy besef dat meer as 300 van die nagenoeg 20 000 plantspesies, wat in Suid-Afrika voorkom, giftig is en dat baie daarvan gewilde tuinplante is. Een van die mooistes is die Aronskelk of varkoor, wat juis hier in die Karoo besonder getroetel word omdat min tuine oor genoeg water en halfskadu vir hierdie mooi, maar dorstige plante beskik. Die stingel is giftig en die mond en tong sal dadelik brand indien van die sap ingesluk word. Dit kan die keel laat toeswel en tot versmoring lei.

Die selonsroos of oleander is een van die giftigste plante aan die mens bekend en is ´n paar jaar gelede in ons land deur wetgewing verbied. Die simptome is naarheid, diarree, stadige pols en hartversaking. Dit kan wel met sekere teenmiddels, wat beslis nie in klein plattelandse dorpies beskikbaar is nie, behandel word. Toe Alexander die Grote uit Macedonië die Nabye Ooste binnegeval het, het sy perde gevrek nadat hulle van die plant gevreet het en is sy soldate vergiftig toe hulle vuur met die selonshout gemaak en spitte daarvan gesny het.

Oor die seringbessies is daar meningsverskil, want blykbaar is nie alle bome ewe giftig nie. Die ryp bessies bevat twee gifstowwe waarvan die een die spysverteringskanaal irriteer en die ander een stuiptrekkings veroorsaak. Sou ´n kleuter slegs twee bessies eet, moet maagspoeling onverwyld toegepas word.

Die mooi rooi en swart saadjie van geluksbone of Abrus precatorius word dikwels vir armbandjies, hangertjies, ensomeer gebruik, maar is so giftig dat een gekoude pitjie tot die dood kan lei. Gelukkig is sy smaak so sleg dat dit sommer vinnig uitgespoeg word.

Die wolfsboontjie of lupien met sy mooi blou, geel, wit of pers blomme word as veevoer aangeplant, maar daar is bevind dat dragtige koeie dikwels aan mismaakte kalwers met vervormde skedels of gesplete verhemeltes geboorte gee nadat hulle daarop gewei het. Die meeste gevalle van plantvergiftiging word deur die olieboom of stinkblaar veroorsaak. Nogtans gebruik tradisionele genesers dit as muti vir enige aandoening. Die sade, ook "malpitte" genoem, veroorsaak verskriklike hallusinasies. Dit bevat atropien, ´n middel wat voor operasies toegedien word om spoeg en slym te laat opdroog. Vergiftiging veroorsaak ´n droë mond en vel, belemmer urinering en laat die pols vinniger klop.

Al is die hele plant giftig, is veral die saad van broodbome vir die mens baie gevaarlik . Die vroulike bome se keëls lê soos in ´n blarebak in die kruin van die plant. Vroeër het sekere swart stamme op ´n manier van die gif ontslae geraak deur die fyngemaalde pitte vir ´n paar weke te begrawe voordat hulle dan daarvan brood gebak het. Dit dui natuurlik op die oorsprong van die naam.

Bushman’s poison met sy welriekende mooi blomme is een van die nege giftigste plante ter wêreld. Die Boesmans het die melkerige sap aan die punte van hulle spiese gesmeer.

Oral in Suid-Afrika is die maanblom ´n gewilde tuinblom, maar die blare, blomme en sade bevat stowwe wat soos atropien werk en koors, droë mond en hallusinasies veroorsaak.

De Klerk het ook prente van giftige paddastoele en slange gewys en almal het tot die gevolgtrekking gekom dat ´n nuuskierige kleuter liefs van kleins-af geleer moet word om mooi plante, blomme, sade, paddastoele en slange slegs op ´n afstand te bewonder.

Rykie de Klerk

Page 6: MURRAYSBURGER · MURRAYSBURGER website. Hard copies available at Contact details on page 2 April 2011 Price: R1.00 The secret is out! Go to  The Murraysburgeris available on …

-6-

Denise Minnaar motiveer VLV

Soos ´n vars briesie het Denise Minnaar, tuinboukundige van Kleinfontein, die lede gemotiveer om met nuwe oë na hulle tuine te kyk. Sy het haar Power Point- aanbieding met ´n wintertoneel van haar tuin begin. Alhoewel alles met ‘n dik lag sneeu bedek was, het dit nogtans danksy die goeie struktuur ´n eie bekoring gehad. Sy het beklemtoon dat dit moontlik is om uit niks met goeie beplanning ´n tuin, wat nie net in die somer betower nie, tot stand te bring.

Die eerste stap is om struktuur te skep en die tuin as eenheid te beplan. Fonteine, boë, pilare, tuinbeelde en immergroen heinings moet so geplaas word dat dit gedurende alle seisoene interessante fokuspunte is. By die keuse van bome, struike en heinings moet nie net die klimaat in ag geneem word nie, maar ook of hulle bladwisselend is al dan nie. Juis in die koue dele van die Karoo is immergroen plante ´n groot aanwins. Minnaar demonstreer met haar foto’s die belangrike rol van heinings in haar tuin en gee sommer die wenk om ´n eenvoudige draadstruktuur te maak, wat oor die heining geplaas kan word om egalige snoei te vergemaklik.

Die grond moet reeds in April voorberei en kompos en mis, verkieslik perdemis, ingewerk word. Aangesien mis die grond laat verhit, hou dit die wortelstelsels warm en voorsien dit voldoende voeding sodat die nuwe groei, sodra dit warmer begin word, letterlik kan uitbars. Skaap- en bokmis moet nie gebruik word nie omdat dit die plante brand.

Klipmure vang warmte vas en die hoeveelheid sowel as die soort son (oggend- of middagson) moet bepaal word. Minnaar het foto’s van houtkaste vol welige kruie, wat in ´n driehoek van mure wat middagson kry, geplaas is, vertoon. Die kaste is hoër as die grond en moet natuurlik goed dreineer. Sulke kaste is ook ideaal vir aarbeie en ander groente aangesien water bespaar word.

By die tuinbeplanning moet daarop gelet word dat oortollige water goed kan dreineer en dat bome en groot struike so geplant word, dat die uitsig nie versper word nie. Aangesien arbeid al hoe duurder word, moet die tuin eenvoudig wees en die werk, wat dit sal vereis, beperk word. Dit is ook goed om plante, wat gereeld teen siektes gespuit moet word, te vermy.

Indien daar deur middel van ´n CD-speler musiek in die tuin verskaf kan word, sal dit die sleurwerk vir die tuinwerker(s) aangenamer en hulle meer produktief maak.

Denise Minnaar se entoesiasme het selfs die lou tuiniers begeester en sal menige tuin in die distrik veranderinge ondergaan!

Die voorsitter, Theresa Troskie, het verslag van die onlangse uiters geslaagde kongres gedoen. Sy is baie beïndruk deur die puik organisasie, besondere sprekers en keurige verversings. Dr. Susan Vosloo, die baanbreker hartchirurg, is vir haar werk vereer en Tim du Plessis van Media 24 se toespraak oor ons land en sy mense was treffend vanweë sy positiewe aanslag in ´n tyd, wanneer so baie pessimisties is oor die vooruitsigte vir ons land.

Adrie Conradie, finalis van die Boerderyvennoot-kompetisie, het die tak bedank vir die wonderlike geleentheid om Murraysburg te kan verteenwoordig. Die bestuur vir 2014 is : Theresa Troskie (voorsitter), Adrie Conradie (sekretaris), Kay Hesselink (tesourier), Elana Grobler, Renée Louw, Maretta Theron, Lize-Marie van der Merwe, Lina van den Berg en Hannelize van Heerden.

Ou Boeke? Moet dit asseblief nie gaan staan en verbrand

soos die Limpopo se Dept van Onderwys doen nie. Tannie Elsie Smuts soek dringend na ou boeke wat sy vir die Hospice in Paarl en vir TEARS in Vishoek wil skenk vir hulle tweede- handse boektafels. Die Hospice en die goeie werk wat hulle doen, het geen bekendstelling nodig nie maar nie

almal weet wie TEARS is nie. Dit staan vir “The Emma Animal Rescue Society”. Besoek gerus hulle webwerf by

http://www.tears.org.za/ om meer van hulle te wete te kom. Kontak tannie Elsie by 049 844 0227

Page 7: MURRAYSBURGER · MURRAYSBURGER website. Hard copies available at Contact details on page 2 April 2011 Price: R1.00 The secret is out! Go to  The Murraysburgeris available on …

-7-

Hulpkreet van “Down Under”

Ons het 'n versoek ontvang van oud-Murraysburger Johan Marais, vanuit Australië. As daar van ons dames is wat kan help – stuur tog asseblief vir Johan 'n resep. Die arme man het my nou al 'n paar keer gevra vir 'n resep maar met die beste wil in die wêreld is ek nie in staat om hom te help nie! Hoe lyk dit “Dames van die Karoo Cuisine” – hier is julle kans vir 'n bietjie oorsese reklame! Hi Ek is Johan Marais en woon huidiglik in Australie. Ek het by Barbara Theron in die kliphuis gebly in 1996 toe ek daar skool gehou het. Wat ek soek is die metode hoe om kerrie skaapstertjies gaar te maak. Wil ook weet hoe om die stertjies skoon te maak. Julle het nie dalk 'n plaaslike resepteboek wat dit insluit nie? Dan kan ek een bestel. Groete uit Oz. Regards / Groete Johann Marais [email protected]

Dis weer tyd vir 'n Murraysburg fliek

aand!!!!

Hierdie kennisgewing is om almal van die datum te verwittig dat jy geen verskoning

het om dit te mis nie. Datum: Saterdag 19 Oktober - skryf dit

nou in jou dagboek. Fliek: Great Gatsby!!!

Weer op die Groot Skerm op die groot groen grasperk by Jenny en Chris! Jenny sal hamburgers beskikbaar hê teen R30 vir die wat nie hul eie piekniek mandjies wil neem nie. Dit sal baie gaaf wees as ons getalle vir die lekker kuier aand kan kry asb. Sal later meer detail en herhinner e-pos stuur. Heerlike dag! Adri Smit E-pos: [email protected] www.doenit.net Sel: 082 564 2814 Fax: 086 554 9227

Page 8: MURRAYSBURGER · MURRAYSBURGER website. Hard copies available at Contact details on page 2 April 2011 Price: R1.00 The secret is out! Go to  The Murraysburgeris available on …

- 8 -

Nog 'n Versoek Johan Coetzee van die Weskaap het gevra of daar iemand is wat kan inligting verstrek oor sy ma Rowena van Eyssen (gebore du Preez). Johan was op 'n baie jong ouderdom aangeneem deur die Coetzee-egpaar en hy wil graag meer uitvind omtrent sy biologiese ma, Rowena. Sy het tot 1953 gewoon in “Arbeidsgenot”, die huis op die noordwestelike hoek van Berrange en Hofmeyer Straat en tans behoort aan WR en Julie Avenant. Johan wil graag meer weet omtrent sy ma se latere lewe en ook waar sy begrawe is. As daar enige van ons lesers is wat meer weet van Rowena en/of die du Preez families, skakel gerus met Johan by:

[email protected]

of Selno 082 771 5023

Wat 'n Voorbeeld

Een van die mooiste strate in Murraysburg is sekerlik die stukkie van Markstraat en Joubertstraat langs die huis van oom Oscar en Tannie Elsie Smuts. Die Crab Apples se persrooi blomme in die lente is 'n lus om te aanskou, en in die herfs word die straat getooi in 'n Josefskleed van kleure verskaf

deur die Appel-, Ash- en Pruimbome langs hulle huis. Enige besoeker aan Murraysburg wat toevallig langs daardie straat afry ken met reg sê “wat 'n dorp om op trots te wees!”

Hierdie bome is egter almal deur oom Oscar self geplant en deur die jare met liefde versorg. En dit is nie net 'n kwessie van die bome plant en natlei nie, elke boom is omhein in 'n stewige hok om donkies, bokke en koeie daarvan te weerhou om die jong bome op te vreet. Die Murraysburg munisipaliteit lewer darem ook hulle deel om hierdie straat so fraai te hou deur kennisgewings buite die dorpsingange te plaas wat sê “Pas op vir Loslopende Diere”!

En daar eindig dit nog nie. Oom Oscar se geskenk

aan tannie Elsie vir haar 80ste verjaardag was om verlede maand nog 6 Eikebome vêrder af in die straat te plant. Die boompies het hy self gekweek van akkers wat hy by Moolmanshoek in die Vrystaat gekry het.

En dan verwag die munisipaliteit nog van hulle om belasting te betaal!

Crabb Apple in die Lente

Crab Apple in die Herfs

Ash en Kersiebome in die Herfs

Page 9: MURRAYSBURGER · MURRAYSBURGER website. Hard copies available at Contact details on page 2 April 2011 Price: R1.00 The secret is out! Go to  The Murraysburgeris available on …

- 9 -

Jaarlikse Murraysburg Kommando Rit Met die swaard van koue weer oor ons koppe het die rit Saterdag oggend op Brookfield afgeskop. Dit was egter gou duidelik dat die 19 dapper perderuiters, een van die mooiste dae in die karoo gaan beleef wat ons in ‘n lang tyd gesien het en dit laat ‘n mens wonder of die liewe Vader nie ook ‘n perderuiter is nie.

Winston Churchill het gesê “there is something about the ouside of a horse, that is good for the inside of a man”, en kort voor lank was dit nie net die perde wat begin afkoel het nie, maar ook die ruiters wat al hoe rustiger geraak het en die natuur begin bewonder het.

Ons het die roete oor Angora geneem tot by Badsfontein, waar ons die aand oorgeslaap het. Daar is sommer vining nuwe vriende gemaak, en ek wil my verstout om te sê, ook ‘n nuwe romanse of twee.

Die volgende oggend het ons van Badsfontein na Snyderskraal gery, waar Jaco ons self op sy perd se rug ingewag het, om ons deur sy grond te begelei. Na ‘n kort stop by die opstal het ons die laaste stukkie na Brookfield vertrek. Teen die tyd het die seer spiere en boude begin intree, maar dit was ook duidelik dat dit nie die entoesiasmie gaan demp nie.

By aankoms op Brookfield, het almal gou gegroet, en is die ruiters uitmekaar as vriende.

Op so ‘n rit is daar so baie mense wat agter die skerms help. Dit is maar ‘n baie ondankbare werk aangesien dit nie altyd raakgesien word nie. Ek wil net graag van die geleentheid gebruik maak om ‘n paar bedankings te doen.

Almal wat ekstra perde beskikbaar gestel het vir die rit, en gehelp het met die vervoer daarvan. Baie dankie ook aan Grootfontein Landbou Kollege, vir die groep studente wat julle gestuur het, en Elsje Kruger wat dit moontlik gemaak het om die jongspan deel van die naweek te maak. Spesiale dank aan Michau Du Toit, Jaco van der Berg en Izak van der Merwe vir toegang tot julle pragtige plase, krale en fasiliteite. Dankie vir die ondersteuning gedurende die rit wat julle verleen het. Sonder hierdie 3 Murraysburgers sal daar nie ‘n rit kon wees nie, en hulle maak my trots om deel van Murraysburg se gemeenskap te wees. Baie dankie ook aan Adri Smit vir die reëlings met die kos, logistiek en

opruimimg agter die groep. Adri offer haar naweek op om seker te maak dat ons weer ‘n volginde keer so ‘n rit kan aanpak.

Laastens wil ek almal bedank wat hulle weg oopgesien het om die naweek saam met ons te geniet en lekker te kuier. Hoop om almal weer volginde jaar op die rit te sien.

- Louw Kruger -

Video kan gesien word by: http://youtu.be/HlpPzs5QMy0  

                                                                                                         

Page 10: MURRAYSBURGER · MURRAYSBURGER website. Hard copies available at Contact details on page 2 April 2011 Price: R1.00 The secret is out! Go to  The Murraysburgeris available on …

- 10 -

- Murraysburg 150 jaar - Ons kom agter dat daar nog baie mense is wat nie bewus is van hierdie juweel van 'n

boek oor Murraysburg nie. Dit is 'n moet vir enige oud-Murraysburger asook vir enige student in die geskiedenis van ons land en veral die sentrale karoo. Die boek is

beskikbaar by die Kweperlaan of kan bestel word by Alida Pienaar by 082 599 0366