muldersdrif gemeente afkondigings

10
S SONDAG 4 APRIL 2010 08:30 Gelei deur ds Kenneth Mckenzie DOOP : Leon Labuschagne Ouers Nelis en Michelle Teks: Handelinge 10:34-43 Tema: Hy’t waarlik opgestaan! Paasfeessondag en die week daarna Handelinge 10:34-43 Ps 118:1-2, 14-24; 1 kor 15:19-26; Luk 24:1-12 Januarie 2010 Vandag 4 PAASFEES EN DOOP 08:30: Erediens GEEN JEEP-diens en Kinderkerk Maandag 5 GESINSDAG Dinsdag 7 Bestuursform Woensdag 7 GEEN Bybelskool Sondag 11 08:30: Erediens GEEN JEEP-diens en Kinderkerk Pase is die hoogtepunt van die kerkjaar wanneer ons die opstanding van Jesus Christus uit die dood herdenk. Dit is byna asof die gelowiges die oorwinning op Paasfees nie genoeg kan vier nie. Daarom strek die viering van die opstanding oor 50 dae. Die opstanding is so sentraal in die evangelie dat dit byna onmoontlik is om ‘n Christen te wees en nie die opstanding te vier nie. Wie die opstanding werklik ernstig opneem, sal gou vind dat dit hier om veel meer gaan as oppervlakkige goedgelowigheid in die positiewe dinge in die lewe. Die opstandingsevangelie dryf die spot met ons ongeloof en ons verkleefdheid aan die dood. Paasfees wil ons in beweging bring. Die opstanding maak ons opstandig; die opwekking maak ons opgewek. Ná Pase kan ons nie vrede maak met lyding en ongeregtigheid wat nog stuiptrekkings van ‘n bedeling sonder Christus is nie. Kalender Fokustekste Teks en tema vir vandag: AFKONDIGINGS 4-10 April 2010 Wat is Paasfees?

Upload: vanessa-van-wyk

Post on 20-Mar-2016

269 views

Category:

Documents


15 download

DESCRIPTION

Muldersdrif Gemeente Afkondigings

TRANSCRIPT

Page 1: Muldersdrif Gemeente Afkondigings

S

SONDAG 4 APRIL 2010

08:30 Gelei deur ds Kenneth Mckenzie

DOOP: Leon Labuschagne

Ouers Nelis en Michelle

Teks: Handelinge 10:34-43 Tema: Hy’t waarlik opgestaan!

Paasfeessondag en die week daarna

Handelinge 10:34-43

Ps 118:1-2, 14-24; 1 kor 15:19-26; Luk 24:1-12

Januarie 2010 Vandag 4 PAASFEES EN DOOP 08:30: Erediens GEEN JEEP-diens en Kinderkerk

Maandag 5 GESINSDAG

Dinsdag 7 Bestuursform

Woensdag 7 GEEN Bybelskool Sondag 11 08:30: Erediens GEEN JEEP-diens en Kinderkerk

Pase is die hoogtepunt van die kerkjaar wanneer ons die opstanding van Jesus Christus uit die dood herdenk. Dit is byna asof die gelowiges die oorwinning op Paasfees nie genoeg kan vier nie. Daarom strek die viering van die opstanding oor 50 dae. Die opstanding is so sentraal in die evangelie dat dit byna onmoontlik is om ‘n Christen te wees en nie die opstanding te vier nie. Wie die opstanding werklik ernstig opneem, sal gou vind dat dit hier om veel meer gaan as oppervlakkige goedgelowigheid in die positiewe dinge in die lewe. Die opstandingsevangelie dryf die spot met ons ongeloof en ons verkleefdheid aan die dood. Paasfees wil ons in beweging bring. Die opstanding maak ons opstandig; die opwekking maak ons opgewek. Ná Pase kan ons nie vrede maak met lyding en ongeregtigheid wat nog stuiptrekkings van ‘n bedeling sonder Christus is nie.

Kalender

Fokustekste

Teks en tema vir vandag:

AFKONDIGINGS 4-10 April 2010

Wat is Paasfees?

Page 2: Muldersdrif Gemeente Afkondigings

Paasfees kan nie losgemaak word van die kruisgebeure nie. Die vier dae wat met die Donderdagaand begin en met Paassondag eindig, kan gesien word as een onafgebroke liturgie. Tydens hierdie vier dae beleef die pelgrim ‘n eksodus wat deur die dood na die nuwe lewe lei. Op die Donderdagaand word Jesus se laaste paasmaaltyd saam met sy dissipels herdenk, gewoonlik met die viering van die nagmaal. Goeie Vrydag is die dag waarop ons die kruisiging van Jesus Christus herdenk. Op hierdie dag word kerkgeboue van alle versierings en simbole gestroop. Alleen die beker en die bord is daar om ons te herinner aan Christus se bittere lyding. Stil Saterdag is die een dag waarop daar geen rituele voorgeskryf word nie. Op hierdie dag dink ons aan Christus in die graf. Gevolglik is dit ‘n dag van stille afwagting. Die stilte is nie sonder passie nie, maar vol gespanne afwagting op die uitkoms van Christus se worsteling met die dood. Byna soos mense wat nie meer kan wag nie, is die gebruik om in die nanag op te staan en saam te kom vir die nagwaak. In hierdie donker ure is ons bewus van die stryd, maar ook van die wonder van die opstanding. Met die eerste teken van die nuwe dag, tradisioneel die eerste hanekraai (later het dit die sonsopkoms geword), breek die vreugde van die oorwinning plotseling deur met die aansteek van die Paasligte of kerse, die bediening van die doop en die bevestiging van nuwe lidmate.

Ons word oorweldig deur die wonder van die opstanding. Ons nugterheid en beredeneerdheid word getemper deur die feestelikheid. Hierdie dramatiese oomblikke word op baie maniere gesimboliseer: � Die sentrale simbool van Paasfees en

die tyd daarna is lig wat deurbreek. Die

opkomende son herinner ons elke dag aan Christus se oorwinning oor die dood

� In die seisoen van die opstanding speel musiek ‘n baie belangrike rol. Die vreugde oor die opstanding is so groot dat dit ons inspireer tot lofprysing

� Hoewel die paaseier ‘n kommersiële Paassimbool geword het, is die bedoeling van die versierde eiers om ons aan nuwe lewe te herinner

� In teenstelling met die vas van Lydenstyd, word die oorwinning in Paastyd en veral met Paasfees gevier deur allerlei lekkernye te geniet

� Die oorwinning is nie ‘n privaat aangeleentheid nie, maar ook ‘n openbare saak. Daarom is daar in hierdie tyd die gebruik om ‘n optog in die strate te hou met musiek wat speel en simbole wat vertoon word

� Lofliedere en trompetgeskal weerklink op Paassondag, in teenstelling met die stilte van die vorige dag

� Ons herinner mekaar op hierdie dag aan die grootste van alle dramas met die volgende woorde: “Die Heer het opgestaan, die Heer het waarlik opgestaan!”

� In Paastyd word nuwe lewe gevier. Daarom is dit gebruiklik in gemeentes om in hierdie tyd die doop te bedien en nuwe lidmate te bevestig. Vir dié wat gedoop en reeds lidmate is, is dit ‘n tyd van hertoewyding

� Ons vereenselwig ons opnuut met die drama van nuwe lewe uit die dood. Die reis het begin by die sondebesef en selfondersoek van Aswoensdag. Dit sal eindig met die vuur van Pinkster. In Paastyd berei ons ons dus voor om die uitstorting van die Heilige Gees te vier

By ons aan die suidpunt van Afrika is dit nou herfs. Dit word stadigaan weer winter, en dit lyk asof die bome sterf wanneer hulle die goue blare afgooi. Vir ons kand ie natuur nou wys presies hoe diep ons geval het en hoe leweloos ons was. Dan ka ons vreugde soveel groter wees wanneer ons daaraan dink dat Jesus die dood vir ons oorwin het deur uit die graf op te staan.

Hoe vier ons Paasfees?

Simbole, rituele en gebruike in Paastyd

Page 3: Muldersdrif Gemeente Afkondigings

J.E.E.P.-diens : Graad 4 - 10

Kinderkerk : 2 jaar oud tot Graad 3

Kinders kan 09:45 afgehaal word

JEEP T- .

met

Gaskunstenaar - Wanda de Kock

8 Mei 2010

om 08:30 vir 09:00

Kaartjies NOU beskikbaar

in voorportaal of by Theda/Memory/Ada of kerkkantoor

Volwassenes: R50

Kinders 6-12: R30

Pensioenarisse: R40

Kiewiet

Kry jou kopie vandag!!

KWAGGASRUS:

30KM VANAF BRITS

KOSTE Volwas: R320 pp Kinders 7-14: R250 pp Voorskool: R100 pp

Kos en verblyf ingesluit, reël eie vervoer Oord-reëlings: ten minste 60 persone

Voltooi asb die inskrywingsvorm beskikbaar in voorportaal

en handig in by die kerkkantoor

10% deposito betaalbaar met bespreking

Kan jy self nie gaan nie? Wat van ‘n donasie om ‘n ander gesin te

stuur wat dit nie kan bekostig nie?

Kom kuier saam!

Ons volgende GEMEENTE Bring -en-Braai

Sondag 18 April 12:00

ALMAL WELKOM...

Laat weet asb vir Rensia of jy kan bywoon... Tel: 079 697 1163 Epos: [email protected]

LET WEL:

GEEN JEEP of Kinderkerk

VANDAG of 11 April (skoolvakansie)

Gesinskamp

Vroueaksie

Gemeente BRING-EN-BRAAI

Page 4: Muldersdrif Gemeente Afkondigings

‘n GROOT FEES WORD HIERDIE JAAR

BEPLAN! MOENIE DIT MISLOOP NIE!

Ons benodig JOU hulp:

Ons vra dat almal wat items het wat in onbruik is en wat die moeite werd is om op te veil, om dit te skenk vir ons veiling by die Kuierfees - Items soos skilderye, wyn en meubelstukke, ens. sal waardeer word – Kontakpersoon

Gerbus Vermaak

Ou klere en wit olifant items word ook benodig

Het jy dalk ‘n gazebo en/of groot markies-tent wat ons kan gebruik?

Enige persoon wat wil help in die stalletjies op die feesdag, laat weet ons Navrae – Kerkkantoor

Kindertafel benodig asb bydrae soos:

Bestanddele om lekkergoed te maak: Rice Crispies, Karamel, Kondensmelk, Strooi-/Versiersuiker, Klapper

Suigstokkies, Fizzers, Groot pakke skyfies en roomyshorinkies

Items vir tombola

Ons soek nog mammas/ pappas/

oumas/ oupas om te help met verkope

Kontant bydraes ook welkom

Enige navrae: Benita Nel op 082 551 6466

Koördineerder: Anita Duif S: 082 411 7015; H: 011-795 2400 F: 086 589 9332; E - [email protected]

Ons bid vir . . . SIEKES: Erna Coetzee: lupuslyer, baie dankie vir al die gebede en sms’e (082 333 0353) Anna Nelson: gesondheid, verwag toets uitslae op 18/4 (084 585 6714) Lienka Nel (kleindogter van Kobus Labuschagne): nier-operasie gehad op 31/3, goed afgeloop, bid vir haar volkome herstel (Riantie – 073 963 6260) Maud en Fred Laurence: gesondheid, kinders ondersteun en sorg baie goed (011-958 5200) Ann Woest: gesondheid, het heelwat pyn, onder sterk verdowing. Dankbaar vir man en dogter wat mooi na haar kyk (011-956 6032) Hettie Booysen: seer hand (011- 659 0537)

2 Kor 5:17 “Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom”

Baie welkom in die gemeente!

Ons vertrou dat ons gemeente vir jou/julle ‘n ware geestelike tuiste sal bied. Ontmoet asb die diensspan in die voorportaal om meer inligting oor die gemeente te kry, of ‘n nuwe lidmaat-pakket af te haal. U kan ook die kerkkantoor gedurende die week kontak.

Almal geniet die koffie/tee en verversings na die erediens – ’n tyd vir opvang met vriende en om nuwe mense te ontmoet. As jy nie gewoonlik bly nie, maak vandag jou eerste keer van vele... Donasies vir koffie/tee-fonds word baie waardeer, DANKIE! Gebruik asb geldbussie by bedieningsluik...

Dorkas Groep

Besoekers & Nuwe Intrekkers

Koffie en tee na erediens

Page 5: Muldersdrif Gemeente Afkondigings

Koördineerder: Ansie du Plessis : 082 853 6532

1 Pet 5:7 “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle”

Gebed is die sleutel wat al die pakhuise van God se eindelose genade, krag en voorsiening oopsluit. Alles wat God is, en alles wat God het, is beskikbaar deur gebed.

Gebedskamer en gebed Indien u graag wil hê dat iemand vir u of saam met u moet bid, hetsy vir ‘n versoek of lofprysing, sal daar elke Sondag iemand beskikbaar wees na die diens. Saam dra ons mekaar se laste en saam deel ons in mekaar se vreugde en prys Sy Naam!

Voorbidding Laat weet asb die kerkkantoor, die leraars of

koördineerders waarvoor ons vir jou kan bid.

Tydens die skoolvakansie en Paasnaweek sal heelwat mense weer lang afstande ry, ons vra dat julle saam met ons bid vir padveiligheid:

Waarvoor tree ons by die Here in? Die bestuurder van elke voertuig is verantwoordelik om te sorg dat die voertuig onder sy/haar beheer 100% padwaardig is voordat ’n rit onderneem word. Indien die bestuurder hierdie eerste stap nie nakom nie en hy/sy veroorsaak ’n botsing dan is dit toe te skryf aan nalatigheid. Ons gevolgtrekking is dat dit nie noodwendig die voertuig is wat die botsing veroorsaak nie, maar ’n nalatige, roekelose en aggressiewe bestuurder, of anders gestel, sommige van ons goeie ordentlike mense wat in die sogenaamde “padvarke” verander wanneer hulle agter die stuur van ’n voetuig inskuif. Die dood op ons land se paaie kan stopgesit word as sulke bestuurders se gesindhede sal verander. Net God alleen kan dit verander , daarom gaan ons saam bid dat God ons genadig sal wees, dat Hy hierdie gesindhede sal verander.

‘Mag julle ’n wonderlike verjaardag beleef’

Vandag 4 April 2010 Anita Duif 082 411 7015 Kleintjie Strydom 011-958 1400 Maandag: 5 April Lizelle Brûmmer 082 888 1776 Johan Jansen van Rensburg 084 250 2087 Magda Fourie 011-957 0016 Johno Mollett 084 220 2676 Dinsdag: 6 April Anton Seeber 083 364 6779 Louisa Moll 082 968 7224 Woensdag: 7 April Chris van Tonder 011-957 2873 Donderdag: 8 April Johan Vermaak 082 681 5299 Maryna van Wyk 079 781 2204 Vrydag: 9 April Manie du Plessis 072 727 8268 Esmé du Plooy 082 371 2511 Saterdag: 10 April Milla Hattingh 083 399 2389 Veronica Roos 082 223 6513 Trudie Heystek 082 816 8766

HET JESUS ’n KEUSE GEHAD? Deur: Benescke Botha

Jy sit alleen op die harde bankie in die koue, nat en donker tronksel. Terwyl die stank van die sel jou neusholtes bereik weergalm die woorde van die regter van vroeër die dag weer deur jou gedagtes: “Skuldig!” ’n Harde hamerhou op die plank het gevolg terwyl die horlosie jou laaste 24 uur op aarde begin aftel het. In jou land word moordenaars met die elektriese stoel tereggestel en vandag is dit jou beurt. Die spanning in die dodeselle waar jy wag is tasbaar. Skielik klink die laksman se voetstappe op. Wie gaan hy volgende kom haal? “Nee! Nee! Nee!”Dit is die man in die sel reg langs jou. Desperaat pleit hy om genade. Die laksman ken geen. Sy seldeur klap. Dan nog ’n deur en soos sy gille in die

Verjaardae

Voel die lewe se hartklop…

Gebedsaksie

Page 6: Muldersdrif Gemeente Afkondigings

verte verdwyn, begin jou hart weer vinniger klop. Jy weet jy is volgende. Vir ’n oomblik flits jou lewe voor jou verby. Jy sien jouself saam met jou familie in gelukkiger tye. Jy sien al jou suksesse. Maar dan flits jou gedagtes na jou pa se trane toe hy jou vroeër vandag in die hof gegroet het. Julle beide het geweet dit is die einde van die pad. Die laksman se voetstappe ruk jou terug na die werklikheid. Jou hart klop nou in jou keel. Jou mond is droog terwyl ’n koue sweet oor jou hele liggaam uitslaan. Die tyd het aangebreek. Jy sluit jou oë en hou jou asem op terwyl jy wag dat die laksman jou sel se deur moet oopruk. Dit gebeur nie. Die laksman stap verby jou sel na die persoon langs jou. Jy is ontsteld. Jy skree uit na hom. “Kom haal my! Vat my weg! Ek kan nie langer hierdie spanning hanteer nie!” Die laksman draai vir ’n oomblik na jou. “Wat is jou naam?”Jy gee hom jou naam. Hy frons terwyl hy weer na die lys name op sy lys kyk. “Dit kan nie wees nie.” Jy raak kwaad. “Wat kan nie wees nie?” Hy wys met sy vinger na die bladsy. “Kyk, ek het nounet iemand met daardie naam tereggestel.” Geskok kyk jy na hom. “Wat?” Die laksman draai weg om vir jou die foto te bring wat hulle van elke gevangene neem voordat hulle tereggestel word. Terwyl hy die foto in jou hand druk mis jou hart ’n slag. Op die foto glimlag ’n man na jou en terwyl die trane teen jou wange afstroom prewel jy in ’n fluisterstem: “Dit is dan... Dit is dan Jesus!” Die laksman sluit jou sel se deur oop. “Hy het in jou plek gesterf. Jy is vry,” sê hy. “Jy kan maar huis toe gaan.” Flits vir ’n oomblik 2,000 jaar terug in tyd. Kort voor middernag kniel ’n man in die tuin van Getsémané. Dit is sy ernstige gebed wat jou aandag trek: “Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg.” Dit is wanneer jy sien hoe sy sweet nou in bloeddruppels verander waar dit nou op die grond drup dat jy besef dat hierdie man doodsangs beleef. Jy skuif nader en wat jy hoor tref jou diep. “Vader, laat nogtans nie My wil nie maar U wil geskied!” Êrens op die

agtergrond slaap hierdie man se dissipels. En nie vêr daarvandaan nie oorhandig ’n groep skrifgeleerdes nou ’n sak met 30 silwermuntstukke aan Judas Iskariot. Dit is betaling om hierdie Jesus uit te verkoop. Het Jesus geweet wat op Hom wag? Kon hy weghardloop en gaan wegkruip en weier om die lydensbeker te drink? Luister na Jesus se woorde in Johannes 10:17-18 ’n geruime tyd voor hierdie aand in Getsémané: “Die Vader het My (Jesus) lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem. Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit my eie af. Ek het die volmag om dit af te lê, en Ek het die volmag om dit weer op te neem. Dit is die opdrag wat Ek van my Vader ontvang het.” Dit is uit liefde dat Jesus bereid was om sy lewe neer te lê sodat elkeen van ons ’n tweede kans kon kry om ons verhouding met God te herstel. Wanneer laas het jy vir God dankie gesê vir Sy Verlossingsplan? En wanneer laas het jy ’n punt daarvan gemaak om ’n lewe te leef waarop Jesus kan trots wees? Vandag is jou kans. Vader God, baie dankie dat U aan ons ’n tweede kans gegee het om voor U te staan. Jesus, help my om nooit te vergeet hoe belangrik hierdie opoffering van U vir my was nie. Help my om vandag in oorwinning te leef. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

RESOLVING ANXIETY Phil. 4:6 Do not be anxious about anything,

but in everything, by prayer and petition, with

thanksgiving, present your requests to God.

(NIV) Anxiety is very disabling: it is never a good thing. Paul commands his readers that it should be expelled from their lives. "Easier said than done", I hear someone say; and you are

In die werkplek

Page 7: Muldersdrif Gemeente Afkondigings

right ... but it is not impossible, otherwise this verse would not be in the Bible. What is anxiety? It is the fear-laden emotion of uncertainty about the future. Sin infected humanity believes it is in control, or ought to be in control. However, in real life, circumstances can easily run out of control, and relationships do not always go the way we want. When that happens, we naturally try to fix the problem. However, often the matter is too big to be completely fixed, or we make matters worse by our meddling: the problem remains unresolved and then we get anxious. The spiral of anxious thoughts always continues until the uncertainty is resolved. Everybody handles it differently, but the effects can range from desperation to suppressed feelings which manifest the internal tension in unexpected behaviour. The Bible's advice is simple: resolve the matter by giving it to God, and trusting that He will resolve what you cannot. Of course, the Lord knows the future. And He sees how all the different parts of the problem are joined together; so He is uniquely placed to deal with it. God has the authority, power and wisdom to know what to do and the ability to do it. So our task is to tell Him the problem in detail, thanking Him for His promise to care for His children. Of course, He already knows, but He wants us to tell Him (and thank Him for the answer). Our relationship with Him has to be built on trust, and sometimes He will allow unresolved problems to persist, until we have learned to commit them to Him, take our hand off the controls and trust Him to work. We can and should do that with everything - not just 'spiritual' matters. The workplace usually has enough issues so that the watchful believer will pray as much at work as in church. If you know others who follow Jesus at work, it is good to meet regularly to pray ... not just about your own needs, but the needs of the business too. Your decreased anxiety will be a happy relief for your colleagues!

Prayer: Dear Lord. Please forgive me for the

many times when I worry because I do not

pray. And forgive me when I pray, but don't

believe that You can and will hear and

answer. Help me to get into the habit of

committing all the unresolved issues in my life

to You as soon as I notice them. And please

remind me that in giving thanks, I am not only

praising You, but consolidating my

relationship with You. In Jesus' Name. Amen.

Spesiale 9-dag toer na

Israel saam met

Ds Manie Groenewald

VERTREKDATUM UITGESTEL

NA SEP / OKT

Vir meer besonderhede skakel:

Manie

op 082 854 0703 of epos: [email protected]

Musiek Aksieleier gesoek.. Om musiek vir eredienste te koördineer...

Kontak kerkkantoor, Anton Steyn of leraars

Page 8: Muldersdrif Gemeente Afkondigings

Omgeegroep skriffundering: Heb 10:19-25 & Gal 6:9-10

Kontakbesonderhede

Portefeuljeleier: Danie Knipe 082 493 3908 Geestelike Leier: Ds Neels 083 560 3814

Kontak enige van die leiers in u omgewing as u wil inskakel by een van die groepe Omgeegroep Kontakpersoon Kontak no Epos adres Dag Tyd

Driefontein / Swartkops

Stefan Rudman 082 567 5586 [email protected] Dinsdae 19:00

Featherbrooke Kobus Nel 083 310 0834 [email protected] Dinsdae 19:00

Honingklip/Steynsvlei Fielie Swanepoel

083 380 4706 [email protected] Wissel 19:00

Renosterspruit / Lanseria

Johan Nell 082 444 2625 [email protected] Vrydae 19:00

Ducks Nest 208, Featherbrooke

Ronnie Collatz 011-662 1005 [email protected] Sondae 18:30

Abraham van Wykweg 45, Muldersdrif (Jong gesinne)

Vermaak & Vanessa van Wyk

083 419 3883 [email protected] Donderdae 19:00

Lanseria / North Riding / Lammermoor (In die Kinderkerkgebou)

Jacqueline Klem

082 920 6679 [email protected] Vrydae 18:00

Plovers Nest 1121 Featherbrooke Est (Jong gesinne)

Johan & Vivienne J van Rensburg

011-662 2678 [email protected] Donderdae 19:00

Honeydew Martie & Kriek Badenhorst

010-222 0651 [email protected] Sondae 17:00

Helikia (Jong Volwassenes)

Charmaine Joubert

076 544 4406 [email protected] Woensdae 19:00

Bybelskool Ds Neels 083 560 3814 [email protected] Woensdag oggende & aande

9:30 &

19:00

‘n Omgeegroep Gemeente

Page 9: Muldersdrif Gemeente Afkondigings

Leraars Ds Neels Kloppers

Tel: 083 560 3814 epos: [email protected]

Ds Kenneth Mckenzie

Tel: 084 455 3267 epos:[email protected]

Kerkkantoor Administrateur: Maryna de Jager Tel: 079 697 1163

Faks: 086 698-7605 epos: [email protected] Kerk-SMS: 082 851 5163 Admin Assistent: Rensia Swanepoel epos: [email protected]

Posbus Adres Kantoorure: NG Muldersdrif Ma – Vry 08:00-16:00 Posbus 52 Sondae na oggenddiens Muldersdrif 1747

BANKBESONDERHEDE Bank: ABSA Takkode: 632005 Rek Naam: NG Kerk Muldersdrif Rek no: 310580023 LOPENDE REKENING (TJEK)

Dienspersoneel Terrein/ Koster Jack Segomotso

083 548 8263

Helikia – Jong Volwassenes Aksie Leier Jaco Crous

082 853 5250 Epos: [email protected]

Jeug Portefeulje Leier Wessel Duif

083 408 0377 Epos: [email protected]

Kategese: Juniors (2 jaar tot Graad 3) Leier: Adele de Jong – 083 263 6566 Kinders van die ouderdom 2 jr tot Gr 3 gaan direk na die Kinderkerk voor erediens. Verdaag 09:45.

Seniors (Graad 4 – 10) Leier: Ronel Duif – 083 324 5977 Gesamentlike jeugdiens vir 30 minute in saal, gaan dan na hul kategese lokale. Verdaag 09:45.

Finalejaars – Graad 11 Leier: Ds Kenneth – 084 455 3267 Finalejaars hanteer materiaal soos deur leraars voorberei. Sondae om 16:30 in die kinderkerk

Bestuursraad 2010 Funksionele Portefeuljes

Bemarking & Vermaak van Wyk Kommunikasie 083 419 3883 Erediens Anton Steyn 082 785 6657 Finansiële Bestuur Gerbus Vermaak 082 440 0968 Hulpbron Bestuur Johan Nell 082 444 2625 Bedienings Portefeuljes

Gemeente Theda Human 082 678 1905 Getuienis VAKANT Jeug Wessel Duif 083 408 0377 Omgeegroepe Danie Knipe 082 493 3908 Pastoraal Neels van Wyk 082 377 3250 Bestuurs Forum

B/Forum Koördinering Nico Doman 011- 662 2956 Inligting Johan Vermeulen 082 464 6820 Strategies VAKANT

Strewers Fanie Human 082 678 1905 ander kontakpersone Tegniese ondersteuning: Hannes v/d Merwe 011- 662 2651/ [email protected] Spyseniering: Ferma Bekker 072 958 4757

Neem asseblief kennis dat die gemeente geen landlyne het nie, kontak ons op die bogenoemde selnommers

Gemeente Besonderhede

Stel jy belang om deel van die Bestuursraad van ons gemeente te wees? Ons het ‘n paar vakatures –

indien jy belangstel, kontak die kerkkantoor of gesels met enige van die leraars…

Page 10: Muldersdrif Gemeente Afkondigings

Vakature FINANSIËLE ADVISEURS

Ons benodig persone wat ons kan oplei as Finansiële Adviseurs. Individue moet minimum matriek, eie vervoer en laptop hê. Ek betaal R2500 vir elke persoon wat ons kan aanstel wat die inisiële opleiding slaag om geakkrediteer te word.

Stuur CV na [email protected] of faks na 086 547 3977

Dienste

BOEKHOU DIENS Alle boekhou dienste tot met balansstaat - sluit in alle debiteure, krediteure, banke en rekonsiliasies.

� Jaareind state – nie net vir maatskappye nie � Aankoop en installasie van Pastel pakkette � Payroll, UIF, PAYE, BTW

Skakel Karin Grové op 082 821 1146

LIBRI KARWAS Benodig u motor ‘n deeglike was, politoer of valet? Kom na ons vir die beste kwaliteit in die Weste. Ons is geleë in Strubensvallei, by HIRSCH’S agter MAKRO. Vir meer besonderhede, kontak Sakkie op 072 757 9336

Pastorale Terapeut Geregistreerde berader : Huwelike & verhoudings, Individuele terapie, Volwassenes & Adolossente. Eis terug van mediese fonds.

Skakel Susan Eksteen op 076 051 1455 / 011-954 0987

Anastasis Edu-Help Sukkel jou kind om te studeer en te konsentreer? Ons spesialiseer in studiemetodes, breinprofiele, disleksie en ADHD. Ons bied ook trauma-, huweliks- en ander berading gebaseer op Bybelse beginsels.

Kontak Kobus Agrella op 071 689 0772 of epos: [email protected]

NUTSMAN/HANDY MAN Vir enige herstelwerk aan jou huis soos bv: Waterdigting, fasieborde / geute, verfwerk binne en buite, bouwerk en plafonne.

Kontak Dirk op 083 519 9604

ALGEMENE INSTANDHOUDING Vir enige elektriese herstelwerk of instandhouding. Installering van ligte, waaiers, ens. of enige werkies by die huis waarby jy net nie self uitkom nie.

Kontak Louis op 071 490 9471

SATERDAG AVONTUURKAMP Wil julle Saterdae rustig inkopies doen? Bring dan jul kinders 5-10jr vir ‘n opwindende buitelug avontuur vanaf 08:00 tot 14:00. Ons speel speletjies (eier & lepelresies, toutrek, sakresies, ens) en klouter hindernisbaan – alles onder toesig. Middagete en snacks word bedien.

Skakel Lizelle Brummer op 082 888 1776

Dienste

Herstelwerk aan en/of nuwe grasdakke

Kontak Dirk op 082 784 7856 Vir alle naaldwerk, verstellings ens.

Kontak Hantie du Toit op 082 797 1623 of 011-958 1030

LOODGIETER Vir enige loodgieter-werk.

Kontak Dewald op 076 758 0650

DOEK-KOEKE ’n Besonderse geskenk: Ideaal vir Ooievaarstee of nuwe Mamma. Verskillende kleure & temas beskikbaar. Vir navrae skakel Lizelle Brummer op 082 888 1776

POLAR ROOMYS Verskeidenheid roomyse beskikbaar vanaf R36 per boks. Kontak my gerus vir ‘n pryslys: Elize op 083 585 5372

Akkommodasie

TUINHUIS TE KOOP Aranos, Stoult Straat, Radiokop: 2 slaapkamers, 1 badkamer met sitkamer en kombuis. Eie tuin en dubbelmotorhuis. Troeteldier-vriendelik. Meer besonderhede skakel Mike op 082 963 4730

KAMER TE HUUR Berrario, naby N1: Kamer te huur ; privaat badkamer, gebruik van kombuis, DSTV, verkieslik student. R2500 p/m, water en elektr. ingesluit

Kontak Attie op 082 471 5227

VAKANSIE BY DIE SEE Suntide Beach Club (aka Banana Beach), Port Shepstone. 23 April tot 1 Mei 2010 : week te huur. Vakansiehuis vir tot 8 persone, braai fasiliteite. Self catering, ten volle ingerig. Daaglikse dienste.

Meer besonderhede skakel Daleen ter Wolbeek op 082 466 0433 of epos: [email protected]

Gesoek

TWEEDEHANDSE LAPTOP Het jy dalk ’n skootrekenaar wat nie meer gebruik word nie? Ons beplan ’n opleidingsentrum en benodig dringend skenkings van rekenaars vir die opleiding.

Kontak Lizelle Brümmer op 082 888 1776

KINDERBOEKE Laerskool in Krugersdorp is opsoek na kinderboeke en/of naslaanboeke in goeie toestand, engels of afrikaans vir hul nuwe biblioteek. Bring asb na kerkkantoor of skakel Rensia op 071 819 2822

Kennisgewingbord