muldersdrif gemeente afkondigings 12 junie 2011

10
Kuierfees inkomste R70 600 Baie dankie ALMAL!! AFKONDIGINGS vir 12-18 Junie 2011 SONDAG 12 JUNIE 2011 Welkom by die erediens - Gelei deur ds Kenneth Mckenzie Fokustekste Pinksterfees en die week daarna Numeri 11: 24-30 Hand 2: 1-12; Ps 104: 24-34; 1 Kor 12: 3b-13; Joh 20: 19-23 Teks en tema vir vandag Teks: 2 Korintiërs 1:6-16 Tema: Die Heilige Gees: stuur my uit Kuier saam met die Strewers Donderdag 14 Julie om 10:00 n Musiekoggend met Steve D. GRATIS Bring al jou vriende, jonk en oud

Upload: vanessa-van-wyk

Post on 11-Mar-2016

236 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Muldersdrif Gemeente Afkondigings 12 Junie 2011

TRANSCRIPT

Page 1: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 12 Junie 2011

Kuierfees inkomste

R70 600

Baie dankie ALMAL!!

AFKONDIGINGS vir 12-18 Junie 2011

SONDAG 12 JUNIE 2011

Welkom by die erediens - Gelei deur ds Kenneth Mckenzie

Fokustekste

Pinksterfees en die week daarna

Numeri 11: 24-30

Hand 2: 1-12; Ps 104: 24-34; 1 Kor 12: 3b-13;

Joh 20: 19-23

Teks en tema vir vandag

Teks: 2 Korintiërs 1:6-16

Tema: Die Heilige Gees:

stuur my uit

Kuier saam met die Strewers

Donderdag 14 Julie

om 10:00

‘n Musiekoggend met Steve D.

GRATIS

Bring al jou vriende, jonk en oud

Page 2: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 12 Junie 2011

Vandag 12 Junie

8:30 NAGMAAL, Erediens

GEEN JEEP-diens en kinderkerk

Maandag 13 Junie

19:00 Bestuursraad

Dinsdag 14 Junie

10:00 Strewers

Woensdag 15 Junie

9:30 Bybelskool

19:00 Bybelskool

Donderdag 16 Junie

PUBLIEKE VAKANSIEDAG – JEUGDAG

Vrydag 17 Junie

Skoolvakansiedag Sondag 19 Junie

8:30 Erediens

8:30 JEEP-diens of kinderkerk

Verjaardae

‘Mag julle ’n wonderlike verjaardag beleef’

Vandag 12 Junie 2011 Marie Badenhorst 010-222 0646

*Ewan Williams 082 909 5397

Louis Oelofsen

Maandag 13 Junie Fred Liebenberg 083 949 3472

Dinsdag 14 Junie Jacobé Meyer 082 554 5714

*De’Niel Storm 011-957 0255

Woensdag 15 Junie Willie Myburgh 084 548 0851

Donderdag 16 Junie

Dubie de Bruyn 082 806 5161

*jeug

Vrydag 17 Junie

Lynette Schickerling 082 498 1111

*Chanteni Roux 011-958 1279

Johan Fourie 082 330 2211

Nadia Jordaan 082 446 6324

Saterdag 18 Junie *Tinus Swanepoel 082 576 2696

Ronél de Jager 083 989 4965

Memory Collatz 078 726 7806

Suhette de Bruyn 082 806 5160

Tania Coetzee 083 679 8286

Kalender Uit die kerkkantoor

Ons sms-stelsel is ongelukkig steeds buite

werking. Ons hoop om dit binne die

volgende week weer aan die gang te kry.

Ons vra om verskoning vir die gebrek aan

smse gedurende die week

1-20 Junie 2011

Nasionale Veldtog

Page 3: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 12 Junie 2011

Koördineerder:

Anita Duif S: 082 411 7015

F: 086 589 9332; E - [email protected]

Ons bid vir . . SIEKES:

Cecile Swanepoel: nog baie siek, wag vir nog toetsuitslae (Rassie 072 298 7919)

Anke en Hannes Willemse: herstel nog van beserings, bly tans oor by vriennde (Hannes 082 556

7031)

Moeder van Dave Schourie: herstel na heupvervanging (Dave 084 788 3798)

Anna Coetzee:gaan beter, is rustig (072 635 5247)

Koördineerders: ANSIE DU PLESSIS : 082 853 6532

RONéL PIETERS : 072 901 2463

Ons LEERMEESTER : - “Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid…” Mat 14:23 - “Daarna het Jesus die brood geneem, God daarvoor gedank en dit uitgedeel…” Joh 6:11 - “Dit het hy gesê omdat Jesus die onrein gees beveel het om uit die man uit te gaan…” Luk 8:29

Ons VOLMAG : - “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger… sodat hy kan heers…” Gen 1:26 - “Vrede vir julle!" sê Hy weer vir hulle. "Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook" Joh 20:21 - “Dit verseker ek julle: Wie in my glo, …hy sal nog groter dinge as dit doen…” Joh 14:12

Waarom iemand ANDERS vra om vir jou te bid? - “As daar iemand van julle is wat siek is… moet julle vir hom bid en hom met olie salf…” Jak 5:14 - “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar …sodat … gesond kan word” Jak 5:16 - “Dra mekaar se laste…” Gal 6 :2 - “… twee saam kan weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie” Pred 4:12

NEEM ASB. VRYMOEDIGHEID OM ENIGE VAN DIE GEBEDSAKSIELEDE TE KONTAK!

(Kontaklyste is beskikbaar in die voorportaal)

Beskikbaar in voorportaal : Gebedsgids – Riglyne vir gebed Vier geestelike wette – riglyne vir verkondiging van evangelie Gebedskaarte – bid vir spesifieke lande se mense Houer vir gebedsversoeke

Page 4: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 12 Junie 2011

U sorg vir my deur Dirk Taljaard (soos uit Matello vers-‘n-dag)

Psalm 16:5 en 6

5 Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. 6 ‘n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi. Wanneer ‘n baba gebore word, het hy of sy permanent sorg nodig. ‘n Baba is hulpeloos en kan niks vir hom- of haarself doen nie. Gelukkig wil ouers graag (omtrent) alles vir ‘n baba doen.

Namate die kind opgroei, kom daar ‘n stadium waar ‘self’ belangrik raak: self loop, self drink, self eet.... Dan voel ouers oorbodig, maar kyk tog met trots hoe dié produk van hulle sorg op eie bene begin staan. Op ‘n stadium verwag ouers selfstandigheid van ‘n kind. Hy of sy kan tog nie vir altyd verwag dat dinge vir hulle gedoen word nie. Trouens, die grootmens-wêreld is ongenaakbaar en as jy nie na jouself kan omsien nie, is jy verlore.

Almal van ons begin in ons geestelike lewe as ‘baba’s’ en moet ook leer om te groei en sterk te word in die geloof. Ons kan ook nie vir altyd die geloof van ons ouers as kruk gebruik nie, maar moet self leer glo. Die gevaar bestaan altyd dat ons te onafhanklik kan raak. Dat ons só selfversekerd raak, dat ons vergeet uit Wie se hand ons eintlik leef. Die Psalm sê: Here,.. U sorg vir my. Dit vra nogal 'n stuk volwassenheid om te erken dat

'n pragtige deel vir my afgemeet is. Dat ek versorg word en afhanklik bly. Ek het dit nie teweeggebring nie. Ek is nie die outeur van my eie lewe nie. Want as dit só was, sou ons ons moeg bekommer het oor môre en oormôre. Dan was ons verantwoordelik om te sorg dat alles in plek val.

Het Jesus ons nie juis hierteen gewaarsku nie? Wat bekommer julle julle oor môre? Môre bring genoeg bekommernisse van sy eie. Geniet vandag as 'n gawe uit die Here se hand... want Hy sorg! Wees dankbaar dat jy vandag jou daaglikse brood sal kry. Here, hou my afhanklik van U vir wat ek vandag nodig het. Maak my dankbaar vir alles wat ek het. Leer

my weer om uit u hand te lewe. Amen

‘n Hartlike van ons aan jou…

Ons vertrou dat ons gemeente vir jou ‘n ware geestelike tuiste sal bied.Ontmoet

asb die diensspan in die voorportaal om meer inligting oor die gemeente te kry

of ‘n nuwe lidmaat-pakket af te haal. U kan ook die kerk-kantoor gedurende

die week kontak. Onthou om die vorms so gou as moontlik terug te bring sodat

julle op ons databasis bygevoeg kan word.

Page 5: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 12 Junie 2011

Ons daaglikse epos wat onder andere ‘n oordenking insluit, beteken vir baie vir heelwat mense, ons waardeer julle terugvoer. Hier volg ‘n herhaling van die afgelope week se daaglikse oordenkings.

As God verskyn - MAANDAG 6 JUNIE

Psalm 68:1-10, 32-35 2 As God verskyn, spat sy vyande uitmekaar, en dié wat Hom haat, vlug vir Hom. 3 Soos rook wegwaai, so dryf U hulle weg; soos was in vuur smelt, so gaan die goddeloses tot niet as God verskyn. 4 Maar vir die regverdiges sal daar blydskap wees, hulle sal juig voor God, hulle sal vrolik en bly wees. 5 Sing 'n lied tot eer van God, sing tot

eer van sy Naam, maak 'n pad vir Hom wat op die wolke ry, en jubel voor Hom wie se Naam Here is. 6 'n Vader vir weeskinders en 'n beskermer van die reg van weduwees is God in sy heilige woning. 7 God laat eensames in 'n huisgesin woon en lei gevangenes uit na vryheid, maar wie teen God in opstand is, woon in 'n kaal woestyn. 8 Toe U

u volk uitgelei het, o God, toe U deur die woestyn gestap het, Sela 9 het die aarde gebewe en het die hemel dit laat reën voor U uit, daar by Sinai, voor God, die God van Israel. 10 U het oorvloedige reëns laat uitsak, o God, U

het u verdorde land weer lewe gegee.

As God op die toneel verskyn dan gebeur dinge, magtige dinge. Dan: - spat sy vyande uitmekaar, en dié wat Hom haat, vlug vir Hom. - Soos rook wegwaai, so dryf U hulle weg; soos was in vuur smelt, so gaan die goddeloses tot niet as God

verskyn. - Maar vir die regverdiges sal daar blydskap wees, hulle sal juig voor God, hulle sal vrolik en bly wees. Daarom kan ons in alle omstandighede ’n lied sing tot eer van God, tot eer van Sy naam en jubel voor Hom. Ons God is MAGTIG – nee Hy is meer as dit, Hy is ALmagtig. Sing tot eer van Sy Almag, Loof Sy Alomteenwoordig-heid, Jubel oor Sy Alswetenheid. Hy is GOD.

God, in eerbied en met respek kom buig ons voor U neer. Met eerbied en respek, dans ons voor U aangesig. Met eerbied en respek loof ons U Heilige Naam. Met eerbied en respek erken ons U is GOD ALMAGTIG. In die naam van Jesus Christus en deur die lering van die Heilige Gees. Amen

Hef ‘n lied aan – DINSDAG 7 JUNIE

Psalm 68:1-10, 32-35 32 Uit daardie selfde Egipte sal geskenke kom, en die Kussiete sal hulle hande smekend na God toe uitsteek. 33

Koninkryke van die aarde, hef 'n lied aan tot eer van God, sing tot eer van die Here, Sela 34 tot eer van Hom wat

ry deur die hemele, die hemele wat van die begin af daar is! Hy laat sy stem, sy magtige stem, weerklink! 35 Erken

dat God magtig is! Hy heers oor Israel, Hy het mag oor die wolke!

Lofprysing is een van die magtigste wapens wat ’n Christen besit. Deur lofprysing fokus ons weer ons gedagtes op God. Ons erken hardop wie en wat God is. Lofprysing verbly God se hart en bring ons direk in Sy teenwoordigheid. Deur ons lofprysing, of dit in woorde of dade of musiek is, eer ons God in ons lewens in die omstandighede waarbinne ons ons bevind. Daardeur erken ons dat God magtig is en dat Hy mag het oor alles in

ons lewens, ook in ons omstandighede vandag. Lofprysing is ’n konstante, oneindige aksie, wat elke dag nuut moet begin.

Abba, ons erken U as God. Ons eer U mag oor hemel en aarde. Ons bely U teenwoordheid in ons lewens vandag. In die naam van Jesus Christus. Amen

Page 6: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 12 Junie 2011

Volhard in die gebed – WOENSDAG 8 JUNIE

Handelinge 1:6-14 12 Daarna het hulle na Jerusalem toe teruggegaan van die berg af. Dit is die Olyfberg, vlak by die stad, 'n sabbatsreis ver. 13 In die stad aangekom, is hulle na die bovertrek toe waar hulle gewoonlik vertoef het. Dit was

Petrus en Johannes, Jakobus en Andreas, Filippus en Tomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus seun van Alfeus, Simon die Seloot en Judas seun van Jakobus. 14 Hulle het almal eensgesind volhard in die gebed saam met 'n

aantal vroue, onder wie ook Maria die moeder van Jesus. Sy broers was ook by.

Die dissipels het sopas die Here, die Een wat hulle nou oortuig was opgestaan het uit die dood om die Joodse volk na oorwinning te lei, sien opvaar na die hemel toe. Hulle het ’n keuse gehad: Draai finaal hulle rug op die Here wat net nooit optree soos hulle verwag of wil hê nie, maar aanmekaar hulle mooi plannetjies omverwerp en ’n ander boodskap verkondig Hou vas in geloof met alles wat hulle het aan die Messias wat hulle leer ken het as wys, vol insig, liefde, deernis en omgee. Die Messias wat hulle belowe het dat dinge net beter en beter gaan word. Die Een wat belowe het Hy stuur ’n nuwe Voorspraak in Sy plek wat vir ewig by hulle gaan kom bly. Hulle kies om na die bekende vertrek terug te keer, om in EENSGESINDHEID te volhard in die gebed. Hulle kies om die woorde van die Messias, hulle vriend, leermeester en beskermer, in hulle harte te oordink, te bespreek en

mekaar te herinner en saam in nederigheid te bly bid.

- Hoe bid hulle? As ’n groep, selfs saam met vrouens, in eensgesindheid.

- Hoe lank bid hulle? Volhardend – TOT hulle die deurbraak en die antwoord gekry het waarvoor hulle gewag het - TIEN dae lank

- Wat bid hulle? Dit weet ons nie, maar siende dat dit eenvoudige werkersklas mense was, was hulle gebede sekerlik ook onopgesmuk, die “eenvoudige” deel van hulle harte, vrese, bekommernisse, hoop en behoeftes en om sekerheid, insig, wysheid, kennis en krag te kry om te kan voortgaan.

Hoe lank is ons bereid om te bid tot ons ’n antwoord kry? Hoe gemaklik is ons daarmee om te volhard saam met

ander in gebed?

Vader, ons bring ons hart, ons behoeftes, ons vrae. En in die naam van Jesus Christus kom deel ons dit eerlik

en opreg met U. Dankie Vader, dat ons weet dat U elke gebed hoor en beantwoord. Altyd. Amen

Ek bid vir hulle – DONDERDAG 9 JUNIE

Johannes 17:1-11 1 Nadat Jesus dit gesê het, het Hy na die hemel toe opgekyk en gesê: 9 "Ek bid vir hulle. Ek bid nie vir die

wêreld nie maar vir dié wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort. 10 Almal wat aan My behoort, behoort aan U; en wie aan U behoort, behoort aan My; en Ek word deur hulle verheerlik. 11 Ek bly nie langer in die wêreld

nie, maar hulle bly nog in die wêreld. Ek kom na U toe. "Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam, die Naam wat U My gegee het, sodat hulle net soos Ons een kan wees.

Hoe wonderlik is dit nie, Jesus Christus self tree vir ons in by die Vader. Hy bid vir elkeen van die wat Sy naam aangeneem het en in Hom glo. Hy bid vir ons beskerming en bewaring, welwetend hoe Hy ons hier agterlaat na Sy hemelvaart. Hy, die Drie-Enige God, sit aan die regterhand van God en tree elke dag vir my en jou in. Hy is die BEMIDDELAAR vir ons – Hy staan die vyand se oordeel teenoor ons teë by die Vader. Hoekom? want deur ons word Jesus self verheerlik en ook omdat ons deur die Vader aan Hom gegee is as ons heerser. Geen geestelike leier is groter as Christus nie, ons het die opperbevelvoerder wie persoonlik vir ons intree, by die naam. Hoe groots is dit nie en hoe veilig laat dit ons nie voel nie!

Vader, ons rig ons harte en gebede na U. Ons bid saam met Jesus Christus vir ons families, Ons vriende, Ons werk, Ons gemeente, Ons dorp en land en Bowenal vir U Koninkryk hier op aarde. Amen

Page 7: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 12 Junie 2011

Omgeegroep Kontakpersoon Kontak no Epos adres Dag Tyd

Driefontein / Swartkops

Stefan Rudman

082 567 5586

[email protected] Dinsdae 19:00

Featherbrooke Kobus Nel 083 310 0834

[email protected] Dinsdae 19:00

Honingklip / Steynsvlei

Fielie Swanepoel

083 380 4706

[email protected] Wissel 19:00

Renosterspruit / Lanseria

Johan Nell 082 444 2625

[email protected] Vrydae 19:00

Abraham van Wykweg 45, Muldersdrif

Ronnie Collatz 011-662 1005 [email protected] Sondae 18:30

Lanseria / North Riding / Lammermoor (in Kinderkerk)

Sanette du Plessis

076 309 7942

[email protected] Donderdae 18:30

Plovers Nest 1121 Featherbrooke Est (Jong gesinne)

Johan & Vivienne J van Rensburg

011-662 2678

[email protected] Donderdae 19:00

Honeydew Martie & Kriek Badenhorst

010-222 0651

[email protected] Sondae 17:00

Helikia (Jong Volwassenes)

Charmaine Joubert

076 544 4406

[email protected] Woensdae 19:00

Bybelskool Ds Neels 083 560

3814 [email protected]

Woensdag oggende &

aande

9:30 &

19:00

Page 8: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 12 Junie 2011
Page 9: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 12 Junie 2011

Dienste

PASTORALE BERADING Geregistreerde berader bied:

• Christelike berading en ondersteuning • Trauma en emosionele pyn • Huweliks- en verhoudingsterapie • Depressive en die rou-proses

Eis terug van jou mediese fonds. Kontak Susan Eksteen op 076 051 1455 /

011-965 0987

Gilda Harris Fotografie Studio nou oop in Muldersdrif!

Swangerskap-; Baba-; Gesins- en Troufoto’s 083 317 7025 / 082 5677 446

www.ghphotography.co.za email: [email protected]

Herstelwerk aan en/of nuwe grasdakke Kontak Dirk op 082 784 7856

BOEKHOU DIENS Alle boekhou dienste tot met balansstaat - sluit in alle debiteure, krediteure, banke en rekonsiliasies.

� Jaareind state – nie net vir maatskappye nie � Aankoop en installasie van Pastel pakkette

� Payroll, UIF, PAYE, BTW Skakel Karin Grové op 082 821 1146

NUTSMAN/HANDY MAN Vir enige herstelwerk aan jou huis soos bv: Waterdigting, fasieborde / geute, verfwerk binne en buite, bouwerk en plafonne.

Kontak Dirk op 083 519 9604

LOODGIETER Loodgieter-werk. Kontak Dewald op 076 758 0650

VAN WYK RAME Kontak ons vir enige raam van skilderye, foto’s, sertifikate en vele meer.

Kontak Vanessa van Wyk op 083 419 3883

Dienste SIELKUNDIGES

Psigoterapie (kinders, adolessente en volwassenes),

studiemetodes, huweliksvoorbereiding, huweliksberading, assesserings (skoolgereedheid, skolastiese problematiek, vakkeuse, beroepsvoorligting), ouerleiding, gesinsterapie en werkswinkels. Mediese fonds tariewe, kontant korting.

Kontak Andri Burger op 082 853 343 of Annemarike de Beer op 084 208 7518

Epos: [email protected]

Wegneemetes JUDY SE KOMBUIS

Gesonde kos wat geskik is vir bv. kinders se

middagete of indien mammas nie tyd het vir

kosmaak wanneer dinge te besig raak.

Standaard porsie R20 genoeg vir 1 volw

Medium porsie R25 genoeg vir 2 kdrs

Groot porsie R30 genoeg vir 2 volw

Hoendernoedelgereg Bobotie met rys

Stroganoff Lasagne

Kerrie en Rys Herderspastei

Spek en kaas macaroni Chicken-a-la-king

Spaghetti Bolognaise Vark goulash

Bees en groentebredie Bees goulash

Hoender en groentebredie Hoender goulash

Romerige kerriehoender Spaanse hoender

Stysel by elke gereg.

Bel my vir bestellings, of kom koop in die saal

na kerk... Judy 082 851 5649

Kennisgewingbord

Page 10: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 12 Junie 2011

Leraars Ds Neels Kloppers

Sel 083 560 3814 [email protected]

Ds Kenneth Mckenzie

Sel 081 376 6709 [email protected]

Kerkkantoor Sel 079 697 1163

Faks 086 698 7605 Administrateur Maryna de Jager [email protected]

Kerk-SMS 082 851 5163

Admin Assistent: Rensia Swanepoel [email protected]

Musiekleier Sanet Louw

082 824 9388

Dienspersoneel Terrein/ Koster Jack Segomotso

083 548 8263

Helikia – Jong Volwassenes Aksie Leier Jaco Crous: 082 853 5250

Epos: [email protected]

Jeug - Portefeulje Leier Sanette du Plessis

076 309 7942

Bestuursraad 2011

Portefeulje Bestuursraadlid Kontaknommer

Funksionele Portefeuljes

Bemarking & Kommunikasie Vermaak van Wyk 083 419 3883

Erediens Anton Steyn 082 785 6657

Finansiële Bestuur Gerbus Vermaak 082 440 0968

Hulpbron Bestuur Johan Nell 082 444 2625

Bedienings Portefeuljes

Gemeente Ronél Pieters 072 901 2463

Getuienis VAKANT -

Jeug Sanette du Plessis 076 309 7942

Omgeegroepe Danie Knipe 082 493 3908

Pastoraal Neels van Wyk 082 377 3250

Bestuursforum

Bestuursforum Koördinering Nico Doman 082 568 2120

Inligting Johan Vermeulen 082 464 6820

Ander kontakpersone

Strewers Anita Duif 082 411 7015

Tegniese ondersteuning Hannes v/d Merwe 011-662 2651

Spyseniering Ferma Bekker 072 958 4757

BANKBESONDERHEDE

Bank ABSA

Takkode 632005

Rekeningnaam NG Kerk Muldersdrif

Rekeningnommer 310580023

LOPENDE REKENING (TJEK)

Gemeente Besonderhede

Neem asseblief kennis dat die

gemeente geen landlyne het nie, kontak

ons op die selnommers