muldersdrif gemeente afkondigings 11 april 2010

10
S SONDAG 11 APRIL 2010 08:30 Gelei deur ds Kenneth Mckenzie Teks: 1 Kor 13 Tema: God se luister... 2de week in Paastyd Handelinge 5:27-32 Open 1:4-8; Joh 20:19-31; Ps 118:14-29 Januarie 2010 Vandag 11 08:30: Erediens GEEN JEEP-diens en Kinderkerk Maandag 12 19:00 Bestuursraad SKOLE HEROPEN Dinsdag 13 10:00 Strewers – by kerk vir Potjiekos Woensdag 14 GEEN Bybelskool Sondag 18 08:30: Erediens 08:30: JEEP-diens en Kinderkerk met Gaskunstenaar - Wanda de Kock 8 Mei 2010 om 08:30 vir 09:00 Kaartjies NOU beskikbaar in voorportaal by Theda/Memory/Ada of kerkkantoor Volwassenes: R50 Kinders 6-12: R30 Pensioenarisse: R40 Vir elkeen se maandelikse bydrae wat so gereeld ontvang word!! www.muldersdrifgemeente.co.za Afkondigings en ander nuus kan hier gelees word – het jy al ons webwerf besoek? Gaan kyk gerus!! Kalender Fokustekste Teks en tema vir vandag: AFKONDIGINGS 11- 17 April 2010 Vroueaksie Ons sê DANKIE!

Upload: vanessa-van-wyk

Post on 23-Mar-2016

253 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Afkondigings 11 April 2010

TRANSCRIPT

Page 1: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 11 April 2010

S

SONDAG 11 APRIL 2010

08:30 Gelei deur ds Kenneth Mckenzie

Teks: 1 Kor 13 Tema: God se luister...

2de week in Paastyd

Handelinge 5:27-32 Open 1:4-8; Joh 20:19-31; Ps 118:14-29

Januarie 2010

Vandag 11 08:30: Erediens GEEN JEEP-diens en Kinderkerk

Maandag 12 19:00 Bestuursraad SKOLE HEROPEN

Dinsdag 13 10:00 Strewers – by kerk vir Potjiekos

Woensdag 14 GEEN Bybelskool

Sondag 18 08:30: Erediens 08:30: JEEP-diens en Kinderkerk

met

Gaskunstenaar - Wanda de Kock

8 Mei 2010 om

08:30 vir 09:00

Kaartjies NOU beskikbaar in voorportaal by

Theda/Memory/Ada of kerkkantoor

Volwassenes: R50

Kinders 6-12: R30

Pensioenarisse: R40

Vir elkeen se maandelikse bydrae wat so gereeld ontvang word!!

www.muldersdrifgemeente.co.za Afkondigings en ander nuus kan hier gelees word – het jy al ons webwerf

besoek? Gaan kyk gerus!!

Kalender

Fokustekste

Teks en tema vir vandag:

AFKONDIGINGS 11- 17 April 2010

Vroueaksie

Ons sê DANKIE!

Page 2: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 11 April 2010

KWAGGASRUS:

30KM VANAF BRITS

KOSTE Volwas: R320 pp Kinders 7-14: R250 pp Voorskool: R100 pp

Kos en verblyf ingesluit, reël eie vervoer Oord-reëlings: ten minste 60 persone

Voltooi asb die inskrywingsvorm

beskikbaar in voorportaal en handig in by die kerkkantoor

10% deposito betaalbaar met bespreking

Kan jy self nie gaan nie?

Wat van ‘n donasie om ‘n ander gesin te stuur wat dit nie kan bekostig nie?

Kom kuier saam!

Ons volgende GEMEENTE Bring -en-Braai

Sondag 18 April 12:00

ALMAL WELKOM...

Laat weet asb vir Rensia of jy kan bywoon... Tel: 079 697 1163 Epos: [email protected]

‘n GROOT FEES WORD HIERDIE JAAR

BEPLAN! MOENIE DIT MISLOOP NIE!

Ons benodig JOU hulp: Ons vra dat almal wat items het wat

in onbruik is en wat die moeite werd is om op te veil, om dit te skenk vir ons veiling by die Kuierfees - Items soos skilderye, wyn en meubelstukke, ens. sal waardeer word – Kontakpersoon

Gerbus Vermaak

Ou klere en wit olifant items word ook benodig

Het jy dalk ‘n gazebo en/of groot markies-tent wat ons kan gebruik?

Enige persoon wat wil help in die stalletjies op die feesdag, laat weet ons Navrae – Kerkkantoor

Kindertafel benodig asb bydrae soos:

Bestanddele om lekkergoed te maak: Rice Crispies, Karamel, Kondensmelk, Strooi-/Versiersuiker, Klapper

Suigstokkies, Fizzers, Groot pakke skyfies en roomyshorinkies

Items vir tombola

Ons soek nog mammas/ pappas/

oumas/ oupas om te help met verkope

Kontant bydraes ook welkom

Enige navrae vir kindertafel: Benita Nel op 082 551 6466 Ander navrae aan kerkkantoor

Gesinskamp

Gemeente BRING-EN-BRAAI

Page 3: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 11 April 2010

Koördineerder: Anita Duif S: 082 411 7015; H: 011-795 2400 F: 086 589 9332; E - [email protected]

Ons bid vir . . . SIEKES: Erna Coetzee: lupuslyer, ervaar nie tans

heelwat pyn nie, woon kunsklas by. Waardeer ondersteuning baie (082 333 0353) Anna Nelson: gesondheid, gaan redelik goed, sien dr gereeld, verwag toets uitslae op 18/4 (084 585 6714) Lienka Nel (kleindogter van Kobus Labuschagne): nier-operasie, niere funksioneer nou albei, bid vir haar volkome herstel (Riantie – 073 963 6260) Maud en Fred Laurence: gesondheid, gaan beter, kinders ondersteun en sorg baie goed (011-958 5200) Ann Woest: gesondheid, het heelwat pyn, onder sterk verdowing. Dankbaar vir man en dogter wat mooi na haar kyk (011-956 6032) Hettie Booysen: seer hand (011- 659 0537) Ouma van Lynn Booysen: gesondheid, Lynn se ma en tannie is by haar in Jeffreysbaai, baie moeilik vir hul albei om hul moeder te sien ly, vra gebede vir hul ook (Lynn 082 466 9336) Steven Ceronio: groot operasie, dreigende massiewe abdominale aorta aneurisme, betyds gevind. Sterk tuis aan (Petru 079 522 9010) Gerda, skoonsus van Alida MacWilliam: sterk tuis aan, is in rolstoel. Dankbaar vir al die gebede terwyl sy in intensief op ventilator was

2 Kor 5:20 “Ons tree dus op as gesante van Christus”

Baie welkom in die gemeente!

Ons vertrou dat ons gemeente vir jou/julle ‘n ware geestelike tuiste sal bied. Ontmoet asb die diensspan in die voorportaal om meer inligting oor die gemeente te kry, of ‘n nuwe lidmaat-pakket af te haal. U kan ook die kerkkantoor gedurende die week kontak.

Almal geniet die koffie/tee en verversings na

die erediens – ’n tyd vir opvang met vriende en om nuwe mense te ontmoet. As jy nie gewoonlik bly nie, maak vandag jou eerste keer van vele... Donasies vir koffie/tee-fonds word baie waardeer, DANKIE! Gebruik asb geldbussie by bedieningsluik...

Koördineerder: Ansie du Plessis : 082 853 6532

1 Pet 5:7 “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle”

Gebed is die sleutel wat al die pakhuise van God se eindelose genade, krag en voorsiening oopsluit. Alles wat God is, en alles wat God het, is beskikbaar deur gebed.

Gebedskamer en gebed Indien u graag wil hê dat iemand vir u of saam met u moet bid, hetsy vir ‘n versoek of lofprysing, sal daar elke Sondag iemand beskikbaar wees na die diens. Saam dra ons mekaar se laste en saam deel ons in mekaar se vreugde en prys Sy Naam!

Voorbidding Laat weet asb die kerkkantoor, die leraars of

koördineerders waarvoor ons vir jou kan bid.

Dorkas Groep Besoekers & Nuwe Intrekkers

Gebedsaksie

Koffie en tee na erediens

Page 4: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 11 April 2010

Musiek Aksieleier gesoek.. Om musiek vir eredienste te koördineer...

Kontak kerkkantoor, Anton Steyn of leraars

‘Mag julle ’n wonderlike verjaardag beleef’

Vandag 11 April 2010 Milla Hattingh 083 399 2389 Veronica Roos 082 223 6513 Trudie Heystek 082 816 8766

Maandag: 12 April Johan Jv Rensburg 083 702 5110 Martin Zietsman 011-958 2018

Dinsdag: 13 April Johan Minnaar 082 331 8668 Thea Venter 072 406 3366

Woensdag: 14 April Hetty Vermaak 082 851 5911

Donderdag: 15 April Blikkies Auret 082 600 6818 Abraham van Wyk 072 493 4157

Vrydag: 16 April Suzette Swanepoel 071 819 2822

Saterdag: 17 April Michael Wentworh 083 445 0133

Volgende byeenkoms is op

Dinsdag 13 April

10:00

by kerk vir Potjiekos Bring: nog ‘n eetdingetjie en geldjie vir

Potjie

(Ons uitstappie na Luipaardsvlei Ouetehuis sal op ‘n ander keer plaasvind)

SOEK JY NA WYSHEID? (1)

(Spreuke 3:27-28) Deur: Benescke Botha

Ansie se hart was seer toe sy daardie dag by die winkel uitgestap het. ’n Paar uur vantevore moes sy nog langs haar geliefde ma se oop graf staan. Met haar emosies in ’n warboel en met trane wat steeds vlak sit, moes sy vinnig na ’n tissue gryp. Dit is toe dat die vreemde vrou wat voor die winkeldeur verbygestap het, langs Ansie gaan staan het. “Ekskuus tog, maar jy is mos hartseer?” Daar was ’n sagtheid in die vreemde vrou se stem. Ansie kon net knik. “Kan ek vir jou ’n gebed doen?” Half uit die veld geslaan oor haar omgee het Ansie weer net geknik. Dit is toe dat die onbekende vrou Ansie daar voor die winkel omhels en vir haar die mooiste gebed van vertroosting bid. Toe sy klaar gebid het, het sy Ansie nog ’n drukkie gegee voordat sy vriendelik gegroet het en verder gestap het. Nie een maal het sy Ansie enigsins ongemaklik laat voel deur haar oor haar seer uit te vra nie.

Vir ’n oomblik het Mariki in ’n straat in Nieu Seeland gaan staan. Die pyn in haar heup was nou ondraaglik. Tot voor hierdie dag het sy reeds vier groot heupoperasies gehad. Vir ’n ruk lank het dit beter gegaan, maar daardie dag was die pyn terug – so erg dat dit vir haar moeilik was om te loop. Dit is toe dat ’n vreemde man met die swart jas wat agter Mariki gestap het langs haar gestop het. “Ekskuus tog, hoekom loop jy so mank?” Half onkant betrap deur sy reguit vraag, het Mariki vinnig teruggeantwoord: “My heupe pyn.” Vaagweg het sy die man herken as iemand wat in ’n ander afdeling in haar gebou gewerk het. Hulle het egter nog nooit met mekaar gepraat nie. “Kan ek vir jou bid?” Weer was Mariki verbaas oor sy vraag, maar met die pyn wat sy ervaar het, het sy gou toestemming gegee dat hy sy hande op haar heupe kon sit om vir haar te bid. Die man het skaars begin bid toe Mariki ’n vreemde warm gevoel in haar heupe ervaar. Dis toe die man “Amen” sê, dat sy besef dat die pyn heeltemal weg is. Oorstelp van vreugde wou Mariki hom bedank, maar toe sy opkyk het sy besef dat hy reeds besig was om in die pad af te verdwyn. Die pyn in haar heupe het nooit weer teruggekom nie.

Dit was ’n warm dag toe Willem die pad na sy familie se plaas aan die grens van Botswana

Verjaardae

Voel die lewe se hartklop…

Strewers

Page 5: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 11 April 2010

aangedurf het. By die dorpie Stella, net voor Piet Plessis, het hy ingedraai om vir hom iets te ete te koop. Hy was nou rasend van die honger. Tot sy blydskap was daar ’n groot hoender op die spit buite die winkel en dit was nie lank voordat hy en die geroosterde hoender terug in die kar geklim het nie. Al wat Willem nou gekort het, was ’n koelteboom waaronder hy sy middagete kon verslind. ’n Kilometer buite Stella het hy gestop en sy hoender op die kar se enjinkap reggeskuif. “My basie...” dit was die stem van ’n ouerige man wat die stilte van die middag onderbreek het. “Basie, ek bid nou al vir drie dae lank vir kos...” daar was ’n desperaatheid in die man se stem wat ’n ou ’n entjie van Willem af gestaan het. Vir ’n splitsekonde het Willem weer na sy hoender gekyk en dan terug na die verhongerde man. Moet hy

nou wraggies hierdie hoender weggee? ’n Glimlag het egter gou hierdie gedagtes verdryf. “Raai wat,” het Willem nou begin terwyl hy die hoender na die honger man uithou. “Vandag is jou gebed verhoor. Hier, dit is vir jou. En... ” Vir ’n oomblik het Willem in sy sak gevroetel voordat hy die blink R5-munt ook na die man uitgehou het. “Hiermee kan jy vir môre ook kos koop.” Die ouerige man se oë het vol trane geskiet. “Basie... basie sal nie kan verstaan hoe... dankie Basie... dankie...” Willem het geglimlag, maar moes die keer self hard aan sy trane sluk voordat hy kon verder praat. “Vergeet van my en dank die Here vir hierdie kos...”

Spreuke 3:27-28: “Moenie 'n weldaad weerhou

van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie. Moenie vir iemand sê: "Gaan eers terug en kom môre weer, dan help ek jou," as jy nou reeds kan help nie.”

’n Hartseer vrou buite ’n winkel. ’n Vrou wat mank in die straat loop. En ’n honger bedelaar. Ek wonder... Wat sou gebeur het as die vreemde vrou nie by Ansie gestop het nie? As die man in die swart jas nie vir Mariki gebid het nie? En as Willem nie sy hoender met die verhongerde man gedeel het nie? Hoeveel mense sou uitgemis het op ’n geleentheid om God se liefde te ervaar? Besef jy dat God daagliks ook op jou pad geleenthede plaas waarin jy sy liefde aan die mense rondom jou kan demonstreer? Gaan jy dit vandag doen? Sterkte.

Vader God, dankie vir U liefde in my lewe. Help

my om vandag doelbewus te kyk vir geleenthede in my lewe waar ek u liefde aan my medemens kan demonstreer. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Adjo is geklee in ’n mini-rompie en kleeftoppie. Sy leun teen die toonbank in ‘n rookgevulde kroeg en probeer hard om uitlokkend te lyk. “Ek hou die meeste van uitlanders,” sê sy. “Hulle betaal goed en behandel my beter as die plaaslike kliënte.” Adjo is slegs 11 jaar oud.

Mark bewe in die koue voor dagbreek. Sy gebreekte roeispaan van hout is bykans te swaar om op te lig. Hier waar hy saam met die ander die kanoe moet roei, het hy twee dae laas iets te ete gehad. Hy gehoorsaam egter sy baas se bevele sodat hy nie ‘n loesing kry nie. “Ek hou nie daarvan hier nie,” sê hy. Mark is maar 6 jaar oud.

Kinderhandel is ongelukkig ’n harde werklikheid, veral in Afrika. Seuns en dogters so jonk as 7 jaar word verhandel, hoofsaaklik vir hul arbeid. Die reise wat hulle moet meemaak is dikwels gevaarlik en berigte is al ontvang van kinders wat op sulke togte sterf, veral wanneer hulle in ontoereikende vaartuie ter see vervoer word. Die kinders word binne ’n land of oor internasionale grense heen gesmokkel, soms met die sameswering van grenswagte. Sodra hulle hul bestemming bereik het, is dit moeilik om vas te stel wat van hulle geword het.

Die wortel van die probleem Die hoofrede vir kinderhandel is geld. Ouers stuur hul kinders weg in die hoop dat hulle geld sal ontvang. In talle huishoudings maak een minder mondjie om te voed ook ’n beduidende verskil. Baie van diegene wat verhandel word, verdien uiteindelik nie die geld wat aanvanklik belowe is nie. Die waarde van ’n kind se lewe kan egter met geen geld ter wêreld vergelyk word nie!

Wrede omstandighede Afgesien van die gevaarlike reise wat die meeste van hierdie kinders moet meemaak, word hulle gedwing om lang ure in ongunstige omstandighede te werk. Ongeag hul ouderdom of geslag, moet kinders dikwels 10 tot 20 ure per dag werk, , tot 7 dae per week, sonder dat daar enige tyd vir rus, ontspanning of opvoeding gebied word. Daar word nie aan hul basiese behoeftes aan kos, gesondheid, sanitasie en klere voldoen nie en die kinders word soms nie betaal nie. Hulle word boonop deur hul werkgewers geslaan en moet ander vorme van fisiese mishandeling verduur. Veral kinderhuishulpe word seksueel uitgebuit in die huishouding waar hulle in

Mensehandel in Afrika

Page 6: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 11 April 2010

diens staan. Baie verhandelde kinders loop weg, maar kan nie na hul ouerhuis terugkeer of alternatiewe werk kry nie. Sommige wend hulle dan tot prostitusie om ’n bestaan te maak.

Ander misdrywe Kinders se menswaardigheid word ook op talle ander aaklige maniere aangetas. Van hulle word as kinderbruide verkoop, as seksslawe aangehou of as dwelmsmokkelaars of kindersoldate gebruik. Sommige word vir hul liggaamsdele vermoor, of verkrag omdat daar geglo word dat omgang met n maagd HIV/Vigs sal genees.

God se kosbare kleingoed In ’n kultuur waar mishandeling dikwels geheim gehou word, is dit uiters noodsaaklik dat mense hulle teen hierdie boosheid begin uitspreek en ander daaromtrent opvoed. TWR beplan ’n program met die naam God’s Precious Little Ones,

wat veral kinders oor die gevare van hierdie soort misdrywe wil inlig en hulle leer hoe om potensiële misdadigers of mishandelaars te herken. TWR hoop dat God’s Precious Little Ones die ongeregtighede teen kinders wat die toekoms van Afrika is, sal help verminder en uiteindelik sal help keer. God’s Precious Little Ones sal ’n besprekingsprogram van 15 minute wees wat kinderadvokate, kinders, onderwysers en jeugpastore sal betrek. Daar sal ook spesiale boodskappe van Christen-sokkerspelers wees wat as rolmodelle beskou word. Ons hoop om die program in Mei 2010 te begin uitsaai kort voor die aanvang van die Wêreldbekertoernooi. Dit is tydens geleenthede soos dié wat mensehandel ’n groot gevaar is, veral vir kinders in ons land.

NG Gemeente Wilgespruit

Kunsmark op

20-22 Mei

Stel jy belang om ’n stalletjie te hê?

Kontak Vania Swanevelder op 083 305 3371 of 011-768 1915

of epos: [email protected]

Spesiale 9-dag toer na

Israel saam met

Ds Manie Groenewald

VERTREKDATUM UITGESTEL NA

SEP / OKT

Vir meer besonderhede skakel:

Manie

op 082 854 0703 of epos: [email protected]

NG Gemeente Kloofendal Soek na: DEELTYDSE JEUGWERKER, halfdag-pos

Werksaamhede: � Die werk sal hoofsaaklik op die

ouderdomsgroepe 12-18 gerig wees � Verantwoordelikheid vir die Jeugbyeenkoms

een aand per week � Betrokkenheid by die Kategeseskool

Sondagoggende � Besoeke by die plaaslike hoërskole asook

behulpsaam wees by die ACSV indien deur die skole daartoe versoek � Huisbesoek by elke tiener in die gemeente � Bywoning en mede-organisering van

Jeugdienste Sondagaande � Skakeling en werwing van buite-kerklike tieners

in die omgewing � Betrokkenheid by gemeentelike uitreike en

kampe asook die bywoning van die jaarlikse stranddiens aan die einde van die jaar � Dien op die Jeugkommissie van die Kerkraad Stuur volledige CV en twee referente voor of op 26 April aan: Die Gemeentebestuurder, NG Gemeente Kloofendal, Posbus 5254, Horison, 1730. Navrae aan kerkkantoor op 011-679 2102 of epos: [email protected]

Vakature

Page 7: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 11 April 2010

Brief ontvang vanaf Algemene Sinode van NG Kerk:

PERSVRYSTELLING NA AANLEIDING VAN DIE MOORD OP MNR EUGENE TERRE’BLANCHE

Die moord op die AWB-leier, mnr Eugene

Terre’Blanche, het groot nuusgolwe binne en

buite Suid-Afrika gemaak. Voor- en teenstanders

van die standpunte van Terre’Blanche keur sy

wrede, weersinwekkende moord af.

Sulke optrede teen openbare figure, wat die

motief ookal mag wees, lei nie tot oplossings nie.

Dit verhoog die spanning tussen mense in Suid-

Afrika en vergroot die kloof tussen verskillende

radikale en minder radikale groepe.

Die moord op Terre’Blanche beklemtoon

andermaal die noodsaaklikheid dat:

� Die reg, wet en orde in Suid-Afrika

gehandhaaf word. Vreedsame skikkings en ‘n

effektiewe staatsapparaat wat die Bybels-

verantwoorde regte van mense beskerm, is

onontbeerlik. Sulke regte is onder andere die

reg op lewe, op ‘n verantwoordelike vryheid

van spraak en die reg op ‘n gefundeerde,

onderlinge meningsverskil;

� Emosionele liedere en slagspreuke wat

rassespaning verhoog nie deur die land

bekostig kan word nie. President Zuma se

beroep op kalmte en wetsgehoorsaamheid

word verswak deur sy skynbare onvermoë of

weiering om Julius Malema hieroor vas te vat.

Sy belofte tydens die onlangse ete met

Afrikanerkultuur- en kerkleiers om aan hierdie

saak aandag te gee, het net mooi niks

opgelewer nie;

� Geweldsmisdaad, of dit nou polities

gemotiveer word of nie, uitgeroei moet word.

Dit is ironies dat ‘n menselewe soms so min

werd is in ‘n land waarin die doodstraf

afgeskaf is;

� Suid-Afrikaners ‘n hartsverandering nodig

het. ‘n Hartsverandering wat alleen deur God

en sy Woord bewerk kan word.

Prof Piet Strauss – Moderator NG Kerk (082 557

3414)

Dr Kobus Gerber – Algemene Sekretaris NG Kerk

(082 895 5680)

As Jesus op sy plek is

’n Klein seuntjie kom in en vra sy pa om met hom te speel. Sy pa was moeg en wou sy koerant lees. Uiteindelik skeur hy ’n wêreldkaart uit ’n tydskrif en skeur dit in klein stukkies. Toe gee hy die stukkies vir sy seun, en sê: “Neem hierdie stukkies en pak hulle op die eetkamertafel uit. As jy hulle in die regte orde kry, sal dit ’n prentjie maak.”

Hy het skaars met sy koerant gaan sit, toe is Danie terug met die stukkies netjies aanmekaar geplak in die regte volgorde.

Sy pa was verstom: “Boet, hoe het jy dit so gou reggekry?”

“O, dit was maklik. Agterop die kaart was ’n prentjie van Jesus. En toe Jesus op die regte plek was, was die hele wêreld reg!”

Page 8: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 11 April 2010

Omgeegroep skriffundering: Heb 10:19-25 & Gal 6:9-10

Kontakbesonderhede

Portefeuljeleier: Danie Knipe 082 493 3908

Geestelike Leier: Ds Neels 083 560 3814

Kontak enige van die leiers in u omgewing as u wil inskakel by een van die groepe Omgeegroep Kontakpersoon Kontak no Epos adres Dag Tyd

Driefontein / Swartkops

Stefan Rudman 082 567 5586 [email protected] Dinsdae 19:00

Featherbrooke Kobus Nel 083 310 0834 [email protected] Dinsdae 19:00

Honingklip/Steynsvlei Fielie Swanepoel

083 380 4706 [email protected] Wissel 19:00

Renosterspruit / Lanseria

Johan Nell 082 444 2625 [email protected] Vrydae 19:00

Ducks Nest 208, Featherbrooke

Ronnie Collatz 011-662 1005 [email protected] Sondae 18:30

Abraham van Wykweg 45, Muldersdrif (Jong gesinne)

Vermaak & Vanessa van Wyk

083 419 3883 [email protected] Donderdae 19:00

Lanseria / North Riding / Lammermoor (In die Kinderkerkgebou)

Jacqueline Klem

082 920 6679 [email protected] Vrydae 18:00

Plovers Nest 1121 Featherbrooke Est (Jong gesinne)

Johan & Vivienne J van Rensburg

011-662 2678 [email protected] Donderdae 19:00

Honeydew Martie & Kriek Badenhorst

010-222 0651 [email protected] Sondae 17:00

Helikia (Jong Volwassenes)

Charmaine Joubert

076 544 4406 [email protected] Woensdae 19:00

Bybelskool Ds Neels 083 560 3814 [email protected] Woensdag oggende & aande

9:30 &

19:00

‘n Omgeegroep Gemeente

Page 9: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 11 April 2010

Leraars Ds Neels Kloppers Tel: 083 560 3814 epos: [email protected]

Ds Kenneth Mckenzie

Tel: 084 455 3267 epos:[email protected]

Kerkkantoor Administrateur: Maryna de Jager Tel: 079 697 1163

Faks: 086 698-7605 epos: [email protected] Kerk-SMS: 082 851 5163 Admin Assistent: Rensia Swanepoel epos: [email protected]

Posbus Adres Kantoorure: NG Muldersdrif Ma – Vry 08:00-16:00 Posbus 52 Sondae na oggenddiens Muldersdrif 1747

BANKBESONDERHEDE Bank: ABSA Takkode: 632005 Rek Naam: NG Kerk Muldersdrif Rek no: 310580023 LOPENDE REKENING (TJEK)

Dienspersoneel Terrein/ Koster Jack Segomotso 083 548 8263

Helikia – Jong Volwassenes Aksie Leier Jaco Crous

082 853 5250 Epos: [email protected]

Jeug Portefeulje Leier Wessel Duif

083 408 0377 Epos: [email protected]

Kategese: Juniors (2 jaar tot Graad 3) Leier: Adele de Jong – 083 263 6566 Kinders van die ouderdom 2 jr tot Gr 3 gaan direk na die Kinderkerk voor erediens. Verdaag 09:45.

Seniors (Graad 4 – 10) Leier: Ronel Duif – 083 324 5977 Gesamentlike jeugdiens vir 30 minute in saal, gaan dan na hul kategese lokale. Verdaag 09:45.

Finalejaars – Graad 11 Leier: Ds Kenneth – 084 455 3267 Finalejaars hanteer materiaal soos deur leraars voorberei. Sondae om 16:30 in die kinderkerk

Bestuursraad 2010 Funksionele Portefeuljes

Bemarking & Vermaak van Wyk Kommunikasie 083 419 3883 Erediens Anton Steyn 082 785 6657 Finansiële Bestuur Gerbus Vermaak 082 440 0968 Hulpbron Bestuur Johan Nell 082 444 2625 Bedienings Portefeuljes

Gemeente Theda Human 082 678 1905 Getuienis VAKANT Jeug Wessel Duif 083 408 0377 Omgeegroepe Danie Knipe 082 493 3908 Pastoraal Neels van Wyk 082 377 3250 Bestuurs Forum B/Forum Koördinering Nico Doman 011- 662 2956 Inligting Johan Vermeulen 082 464 6820 Strategies VAKANT

Strewers Fanie Human

082 678 1905

ander kontakpersone Tegniese ondersteuning: Hannes v/d Merwe 011- 662 2651/ [email protected] Spyseniering: Ferma Bekker 072 958 4757

Neem asseblief kennis dat die gemeente geen landlyne het nie, kontak ons op die bogenoemde selnommers

Gemeente Besonderhede

Stel jy belang om deel van die Bestuursraad van ons gemeente te wees? Ons het ‘n paar vakatures –

indien jy belangstel, kontak die kerkkantoor of gesels met enige van die leraars…

Page 10: Muldersdrif Gemeente Afkondigings 11 April 2010

Te koop

Juwele met ‘n Boodskap Die “Testimony Jewellery & Décor” reeks:

• Halssnoere en armbande vir groot en klein • Boekmerke, steutelhouers, versierings en

geskenkies Skakel Ansie du Plessis op 082 853 6532

of epos [email protected]

Dienste

BOEKHOU DIENS Alle boekhou dienste tot met balansstaat - sluit in alle debiteure, krediteure, banke en rekonsiliasies.

� Jaareind state – nie net vir maatskappye nie � Aankoop en installasie van Pastel pakkette � Payroll, UIF, PAYE, BTW

Skakel Karin Grové op 082 821 1146

LIBRI KARWAS Benodig u motor ‘n deeglike was, politoer of valet? Kom na ons vir die beste kwaliteit in die Weste. Ons is geleë in Strubensvallei, by HIRSCH’S agter MAKRO. Vir meer besonderhede, kontak Sakkie op 072 757 9336

Pastorale Terapeut Geregistreerde berader : Huwelike & verhoudings, Individuele terapie, Volwassenes & Adolossente. Eis terug van mediese fonds.

Skakel Susan Eksteen op 076 051 1455 / 011-954 0987

Anastasis Edu-Help Sukkel jou kind om te studeer en te konsentreer? Ons spesialiseer in studiemetodes, breinprofiele, disleksie en ADHD. Ons bied ook trauma-, huweliks- en ander berading gebaseer op Bybelse beginsels.

Kontak Kobus Agrella op 071 689 0772 of epos: [email protected]

NUTSMAN/HANDY MAN Vir enige herstelwerk aan jou huis soos bv: Waterdigting, fasieborde / geute, verfwerk binne en buite, bouwerk en plafonne.

Kontak Dirk op 083 519 9604

SATERDAG AVONTUURKAMP Wil julle Saterdae rustig inkopies doen? Bring dan jul kinders 5-10jr vir ‘n opwindende buitelug avontuur vanaf 08:00 tot 14:00. Ons speel speletjies (eier & lepelresies, toutrek, sakresies, ens) en klouter hindernisbaan – alles onder toesig. Middagete en snacks word bedien.

Skakel Lizelle Brummer op 082 888 1776

Herstelwerk aan en/of nuwe grasdakke

Kontak Dirk op 082 784 7856

Vir alle naaldwerk, verstellings ens. Kontak Hantie du Toit op

082 797 1623 of 011-958 1030

Dienste

LOODGIETER Vir enige loodgieter-werk.

Kontak Dewald op 076 758 0650

DOEK-KOEKE ’n Besonderse geskenk: Ideaal vir Ooievaarstee of nuwe Mamma. Verskillende kleure & temas beskikbaar. Vir navrae skakel Lizelle Brummer op 082 888 1776

POLAR ROOMYS Verskeidenheid roomyse beskikbaar vanaf R36 per boks. Kontak my gerus vir ‘n pryslys: Elize op 083 585 5372

Akkommodasie

TUINHUIS TE KOOP Aranos, Stoult Straat, Radiokop: 2 slaapkamers, 1 badkamer met sitkamer en kombuis. Eie tuin en dubbelmotorhuis. Troeteldier-vriendelik. Meer besonderhede skakel Mike op 082 963 4730

KAMER TE HUUR Berrario, naby N1: Kamer te huur ; privaat badkamer, gebruik van kombuis, DSTV, verkieslik student. R2500 p/m, water en elektr. ingesluit

Kontak Attie op 082 471 5227

VAKANSIE BY DIE SEE Suntide Beach Club (aka Banana Beach), Port Shepstone. 23 April tot 1 Mei 2010 : week te huur. Vakansiehuis vir tot 8 persone, braai fasiliteite. Self catering, ten volle ingerig. Daaglikse dienste.

Meer besonderhede skakel Daleen ter Wolbeek op 082 466 0433 of epos: [email protected]

Gesoek

TWEEDEHANDSE LAPTOP Het jy dalk ’n skootrekenaar wat nie meer gebruik word nie? Ons beplan ’n opleidingsentrum en benodig dringend skenkings van rekenaars vir die opleiding.

Kontak Lizelle Brümmer op 082 888 1776

KINDERBOEKE Laerskool in Krugersdorp is opsoek na kinderboeke en/of naslaanboeke in goeie toestand, engels of afrikaans vir hul nuwe biblioteek. Bring asb na kerkkantoor of skakel Rensia op 071 819 2822

Kennisgewingbord