monnies nuusbrief 42

8
KERNWAARDE: gee erkenning LAERSKOOL MONUMENTPARK Okapiweg 20 Tel: 012 460-6607 Posbus 25016 012 460-5026 Monumentpark Faks: 086 645-6166 Pretoria www.monnies.co.za 0105 [email protected] Uitgawe 42 van 2012 Tydperk: 6 Desember 2012 tot 10 Januarie 2013 Geagte ouers / voogde Dit is vir ons baie aangenaam om die volgende sake vriendelik onder u aandag te bring. BOODSKAP VANAF DIE BEHEERLIGGAAM Ek stap by die skool se voorhekkie in en ek sien dat die boom voor die kantoor se laaste tak ook afgesny is. Net die lang stam staan daar. Al weet ek dit was die enigste uitweg om die boom te red voel ek nog steeds hartseer. Ek besef ook dat ondanks die feit dat daar vooraf gekommunikeer is, ouers ongelukkig sal wees en dat die goeie intensie nie noodwendig deur almal raakgesien sal word nie. My gedagtes lei my na Joh. 15:2 wat lees: "Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra". As jy die vers so lees, is jy dadelik bewus van God se goeie intensie maar wanneer jy aan die ontvangkant van die snoeiery is, sien mens nie altyd die goeie intensie raak nie. Kinders, ouers, onderwysers en die skool self het in 2012 op verskeie plekke die snoeiskêr beleef, hetsy deur verlies van familie, vriende, onderwysers, 'n werk, inkomste of selfs vriendskappe en verhoudings sodat net kaal stamme oorgebly het. Maar getrou aan Sy beloftes het nuwe lote ontwikkel en is die vrug wat ons deur die jaar geoes het selfs groter as in vorige jare. Ek wil hiermee elke ouer, voog, onderwyser, vriend, bestuurslid en Beheerliggaamlid bedank dat jy op 'n plek was waar God jou kon gebruik en dat jy getrou was aan die uitbou van Laerskool Monumentpark as 'n skool van voorkeur en uitnemendheid. Geniet die vakansie, eer die feesseisoen en laat ons in die nuwe jaar, saam met die ou reus voor die kantoor 'n verwagting hê van nuwe groei, nuwe hoogtes en buitensporige geseënde vrug. Pieter Arlow

Upload: hendrik-van-den-berg

Post on 26-Mar-2016

235 views

Category:

Documents


8 download

DESCRIPTION

Laerskool Monumentpark strewe daarna om ‘n skool van voorkeur te wees, deur die aanbieding van uitsonderlike onderwys, opvoeding en lewensvaardighede aan elke leerder wat daaraan toevertrou word.

TRANSCRIPT

Page 1: Monnies Nuusbrief 42

KERNWAARDE: gee erkenning

LAERSKOOL MONUMENTPARK Okapiweg 20 Tel: 012 460-6607 Posbus 25016 012 460-5026 Monumentpark Faks: 086 645-6166 Pretoria www.monnies.co.za 0105 [email protected]

Uitgawe 42 van 2012 Tydperk: 6 Desember 2012 tot 10 Januarie 2013

Geagte ouers / voogde Dit is vir ons baie aangenaam om die volgende sake vriendelik onder u aandag te bring.

BOODSKAP VANAF DIE BEHEERLIGGAAM Ek stap by die skool se voorhekkie in en ek sien dat die boom voor die kantoor se laaste tak ook afgesny is. Net die lang stam staan daar. Al weet ek dit was die enigste uitweg om die boom te red voel ek nog steeds hartseer. Ek besef ook dat ondanks die feit dat daar vooraf gekommunikeer is, ouers ongelukkig sal wees en dat die goeie intensie nie noodwendig deur almal raakgesien sal word nie. My gedagtes lei my na Joh. 15:2 wat lees: "Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra". As jy die vers so lees, is jy dadelik bewus van God se goeie intensie maar wanneer jy aan die ontvangkant van die snoeiery is, sien mens nie altyd die goeie intensie raak nie. Kinders, ouers, onderwysers en die skool self het in 2012 op verskeie plekke die snoeiskêr beleef, hetsy deur verlies van familie, vriende, onderwysers, 'n werk, inkomste of selfs vriendskappe en verhoudings sodat net kaal stamme oorgebly het. Maar getrou aan Sy beloftes het nuwe lote ontwikkel en is die vrug wat ons deur die jaar geoes het selfs groter as in vorige jare. Ek wil hiermee elke ouer, voog, onderwyser, vriend, bestuurslid en Beheerliggaamlid bedank dat jy op 'n plek was waar God jou kon gebruik en dat jy getrou was aan die uitbou van Laerskool Monumentpark as 'n skool van voorkeur en uitnemendheid. Geniet die vakansie, eer die feesseisoen en laat ons in die nuwe jaar, saam met die ou reus voor die kantoor 'n verwagting hê van nuwe groei, nuwe hoogtes en buitensporige geseënde vrug. Pieter Arlow

Page 2: Monnies Nuusbrief 42

2

Kernwaarde: gee erkenning�

PRYSUITDELING: DONDERDAG, 29 NOVEMBER 2012

KULTUURTOEKENNINGS Beste kultuurprestasie: Sang Senior Annie Kruger Junior - Beste kultuurprestasie: Dans Senior Nadea Giani Junior Anoeska Hood Beste kultuurprestasie: Drama Senior Sammy Hurst Junior Mi-Kae Conradie Beste kultuurprestasie: Musiek Senior Annie Kruger Junior: Instrumente Anelle Theron Veelsydige Kultuurprestasie Senior Annie Kruger Junior - Klawerbord + Ligte klavier Senior Elmé Kempen Houtblaasinstrumente Senior Tian Lategan Kitaar Senior Alex Kempen Sang ligtemusiek Senior Elmé Kempen

Buitengewone prestasie in spanverband in kultuur: Bybelvasvra

Heather-Lee Rautenbach (3e) Annie Kruger (4e) Anice le Roux Andreas Maree Carmen Briers Beaté Els Brigitte Geyer

Aletia Siebrits

SPORTTOEKENNINGS Atleet van die jaar (Seun Jnr) Alex de Nysschen Atleet van die jaar (Dogter Jnr) Karise Visser Atleet van die jaar (Seun Snr) Reinhardt Grobler Atleet van die jaar (Dogter Snr) Tinita van Dyk Buitengewone sportprestasie in atletiek Johan van Wyk Landloop atleet van die jaar (Seun) Reinardt Grobler Landloop atleet van die jaar (Dogter) Anice le Roux Skaakspeler van die jaar (Jnr) Aden Myburgh Skaakspeler van die jaar (Snr) Matthys van Rooyen Buitengewone sportprestasie in skaak Louhan Fourie Tennisspeler van die jaar (Seun) Martin Otto Tennisspeler van die jaar (Dogter) Jo-ané Verhoef Hokkiespeler van die jaar (Seun) Constant Viljoen Hokkiespeler van die jaar (Dogter) Anice le Roux Sagtebalspeler van die jaar Tinita van Dyk en Marianke van der Merwe Gholfspeler van die jaar Arno Smit Swemmer van die jaar (Seun) Matthys van Rooyen Swemmer van die jaar (Dogter) Engela Venter Netbalspeler van die jaar Zanelle Jacobsohn Krieketspeler van die jaar Jarrad Pieters Rugbyspeler van die jaar Marnus Potgieter Mees veelsydige sportseun van die jaar Renaldo Oosthuizen Mees veelsydige sportdogter van die jaar Cindy van Bers

Page 3: Monnies Nuusbrief 42

3

Kernwaarde: gee erkenning�

GRAAD 4

BESTE PRESTASIE IN DIE VERSKILLENDE LEERAREAS Afrikaans Mikayla Steenkamp

Engels Tiana Brink

Wiskunde Wernich van Dyk

Natuurwetenskap Tiana Brink Tegnologie Mikayla Steenkamp

Sosiale Wetenskappe Jaclyn Greyling

Ekonomiese Bestuurswese Mikayla Steenkamp Kuns en Kultuur Estiaan Vermaak

Lewensoriëntering Estiaan Vermaak

10e Dewald Classen 9e Zanie Görgens 8e Gailyn Wessels 7e Juané Beukes de Kock 6e Michelle Siebrits 5e Jaclyn Greyling 4e Carla Dippenaar 3e Estiaan Vermaak 2e Mikayla Steenkamp 1e Tiana Brink

GRAAD 5

BESTE PRESTASIE IN DIE VERSKILLENDE LEERAREAS Afrikaans Megan Schmidt Engels Megan Schmidt

Wiskunde Francois Marais

Natuurwetenskap Wilandri Hills Tegnologie HJ Prinsloo

Sosiale Wetenskappe Megan Schmidt

Ekonomiese Bestuurswese Wilandri Hills Kuns en Kultuur Jo-ané Verhoef

Lewensoriëntering Megan Schmidt

TOP 10 10e Almari Myburgh 9e Christiaan Botha 8e Charee du Preez 7e Francois Marais 6e Noeline le Roux 5e Elzaan Terblanche 4e HJ Prinsloo 3e Jo-ané Verhoef 2e Wilandri Hills 1e Megan Schmidt

Page 4: Monnies Nuusbrief 42

4

Kernwaarde: gee erkenning�

GRAAD 6

BESTE PRESTASIE IN DIE VERSKILLENDE LEERAREAS Afrikaans Annie Kruger

Engels Beaté Els Wiskunde Aletia Siebrits

Natuurwetenskap Annie Kruger

Tegnologie Annie Kruger Sosiale Wetenskappe Jean Brink

Ekonomiese Bestuurswese Beaté Els

Kuns en Kultuur Annie Kruger / Aletia Siebrits Lewensoriëntering Beaté Els

TOP 10 10e Chanel Louw 10e Michelle Herselman 9e Carmen Briers 8e Macyla Hood 7e Eckard Boshoff 6e Estelle Stander 5e Dominique de Jager 4e Jean Brink 3e Aletia Siebrits 2e Annie Kruger 1e Beaté Els

GEMIDDELD BO 80% VAN GRAAD 4 TOT 7 Simoné de Bruyn Leandri Lombard Lezanne van den Berg Brigitte Geyer Kayla Lötter Tanika van der Merwe Olga Gezorke Renaldo Oosthuizen Tinita van Dyk Zanelle Jacobsohn Marnus Potgieter Charlize van Staden Alex Kempen Heather-Lee Rautenbach Leandri van Vuuren Anice le Roux Carli Stadler Carlo Verster Cara le Roux Cobus Swart Liza-Mari Wolhuter Beanca Pretorius

100% TEENWOORDIG VAN GRAAD 1 TOT 7 Danielle Jacobs Marianka van der Merwe

GRAAD 7

BESTE PRESTASIE IN DIE VERSKILLENDE LEERAREAS Afrikaans Anice le Roux

Engels Anice le Roux

Wiskunde Anice le Roux Natuurwetenskap Anice le Roux

Tegnologie Anice le Roux

Sosiale Wetenskappe Leandri van Vuuren Ekonomiese Bestuurswese Anice le Roux

Kuns en Kultuur Anice le Roux

Lewensoriëntering Anice le Roux

Page 5: Monnies Nuusbrief 42

5

Kernwaarde: gee erkenning�

TOP 10 10e Tanika van der Merwe 9e Alex Kempen 8e Cara le Roux 7e Lize-Mari Wolhuter 6e Renaldo Oosthuizen 5e Simoné de Bruyn 5e Leandri van Vuuren 4e Tinita van Dyk 3e Kayla Lötter 2e Heather-Lee Rautenbach 1e Anice le Roux

PRESTIGE TOEKENNINGS Staatmaker seun van die jaar Carlo Verster Staatmaker dogter van die jaar Eché Boucher Akademiese Toppresteerder Anice le Roux – 96.80 % Sportseun van die jaar Reinard Grobler Sportdogter van die jaar Anice le Roux en Tinita van Dyk Hoofdogter 2012 Heather-Lee Rautenbach Hoofseun 2012 Renaldo Oosthuizen

AANKONDIGINGS Dux Leerder Anice le Roux

AKADEMIESE AANGELEENTHEDE

1. ASSESSERINGSVERSLAE

Assesseringsverslae (rapporte) kan afgehaal word op Vrydag, 7 Desember 2012, tussen 07:00 en 09:00 by die registerpersoneel van 2012. Die skool sluit 09:00.

LEIERS

1. LEIERSKAMP Mev Bessie Stofberg berig soos volg: Let asseblief daarop dat die datums waarop die

leierskamp sou plaasvind geskuif het na Maandag, 14 Januarie tot Dinsdag, 15 Januarie 2013. Meer inligting volg vroeg in die nuwe jaar.

2. LEIERVERGADERING Mev Bessie Stofberg berig soos volg: Alle leiers moet op Dinsdag, 8 Januarie 2013 om

12:00 tot 14:00 by kamer 73 aanmeld vir ʼn baie belangrike beplanningsvergadering.

Page 6: Monnies Nuusbrief 42

6

Kernwaarde: gee erkenning�

SPORTAANGELEENTHEDE 1. BINNE SKOOLVERBAND 1.1 SWEM

Me Marlene Haarhoff berig soos volg: Uitdunne: Aangesien ons alreeds in Januarie ons eerste gala swem, moet ons vroeg uitdunne hou. Alle leerders is welkom om deel te neem. Swemspan die volgende datums is BAIE BELANGRIK: 14 Januarie 2013: Eerste uitdunne: O/8 (13:00); O/9 en O/10 (13:45) 15 Januarie 2013: Eerste uitdunne: O/11 tot O/13 (13:45) 25 Februarie 2013: Tweede uitdunne: O/8 (13:00) tot O/9 en O/10 (13:45) 26 Februarie 2013: Tweede uitdunne: O/11 tot O/13 (13:45) Ouderdomme: Indien jy gedurende 2012 O/7 geswem het, gaan jy gedurende 2013 O/8 swem. Al die swemmers wat hierdie jaar vir die skoolspan O/7 geswem het, gaan 2013 O/8 swem. Al die swemmers gaan met ander woorde een ouderdom opskuif. Friendly Friday: 25 Januarie 2013 Crawford College en CBC 1 Februarie 2013 DSG en Pta Chinese School 8 Februarie 2013 Lynnwood Ridge en St Paulus 15 Februarie 2013 Pta Chinese School en WHPS 22 Februarie 2013 Woodhill College en Hatfield Christian School Interskole galas: 8 Maart 2013 E-liga te CBC 8 Maart 2013 G-liga te Laerskool Monumentpark Ouerinligtingsvergadering: 16 Januarie 2013 – 18:00 in die skoolsaal Oefentye: Swemspan oefen gedurende 2013 vanaf 13:45 tot 14:45, Maandae tot Donderdae.

KULTURELE AANGELEENTHEDE

1. REDENAARS 2013

Me Bessie Stofberg berig soos volg: Ons het die temas ontvang vir die 2013 ATKV-redenaarskompetisie en gee dit graag deur. Graad 1 – 3 Graad 4 – 5 Graad 6 – 7 Familie Omgewing Geld Eet Praat Skryf Speelgoed Ryk Dakke Die heerlike Desember vakansie is dalk net wat ons nodig het om ʼn paar kreatiewe idees te kry vir ʼn treffende oorredingspraatjie. Enige onderwerp binne hierdie temas kan gebruik word. Op 15 Januarie sal Annelie van Jaarsveld ʼn werkswinkel by ons skool kom aanbied. Ons sal die tegnieke leer om goeie beredenerende praatjies te skryf. Alle ouers en leerders is welkom om dit by te woon. Alle graad 2- en 4-leerlinge sal in 2013 ʼn praatjiemiddag bywoon waarna ons vyf leerlinge per graad sal aanwys wat op 19 EN 20 FEBRUARIE 2013 aan die Monnies gala-aand sal deelneem. Graad 1-leerders sal hulle praatjies in hulle onderskeie voogklasse doen. Mev Karin Steyn sal meer inligting hieroor deurgee.

Page 7: Monnies Nuusbrief 42

7

Kernwaarde: gee erkenning�

Graad 3, 5, 6 en 7 leerders sal op uitnodiging aan die Graaduitdunne deelneem. Alle leerders is egter welkom om hul name by die onderskeie organiseerders op te gee vir deelname aan die uitdunne. DATUMS VIR 2013 (Voorlopig): Werkswinkel: Dinsdag, 15 Januarie: 18:00 Uitdunne per graad: Graad 3 en 5: Maandag, 28 Januarie: 14:00 Graad 6 en 7: Dinsdag, 29 Januarie: 14:00 Praatjiesmiddag vir Graad 2 en 4: Woensdag, 30 Januarie: 14:00 Monnies Gala-aand Graad 1 – 3: Dinsdag, 19 Februarie: 18:00 Monnies Gala-aand Graad 4 – 7: Woensdag, 20 Februarie: 18:00 ATKV: Eerste rondte Vrydag, 15 Maart en Saterdag, 16 Maart Organiseerders: Graad 1 – 3: Mev K Steyn Graad 4 – 5: Mev B Stofberg Graad 6: Mev P van Aardt Graad 7: Mev A Maree

OUERSKAP  

Ouerskap en Kersfees:  Om te “bemark” of te “beliggaam” Laas Sondag het ds Jan Venter (van ʼn kerk in die omgewing) se preek my as ouer tussen die oë getref.  Hy het  gepraat  oor  die  feit  dat  ons  samelewing  so  smag  na  “celebrities”  en  leef  van  die  bemarking  van beroemde mense!  Dink maar aan al die sportsterre, popsterre, akteurs en TV‐sterre!   Nou  is  die  moeilikheid  dat  ons  dieselfde  met  ons  geloof  doen:    groot,  spoggerige  kerke,  “celebrity dominees” maar ook met ons opsigtelike en openbare kerklike roetines, gewoontes, en eintlik maar net, kulturele gebruike.    In die dae dink ons veral aan die bemarking rondom Kersfees waarvan ek u niks kan vertel nie! MAAR:  Gelukkig tog vir jou en my hoef ons nie God of Christus te bemark nie!  Nee, Hy vra dat ons Hom sal beliggaam! Dit beteken gewoon dat ons God en Jesus nie beter kan bekendstel aan die wêreld, en veral ons kinders, as om toe te laat dat Hy in ons woon, deur ons werk, en ons sy liefde reflekteer nie.  Ek dink veral aan die karige “bemarking” wat rondom  Jesus se geboorte gedoen  is:   ʼn ster ver weg wat deur  ʼn paar wyse manne gesien word,  ʼn Engelekoor wat  iewers ver weg  in  ʼn veld aan  ʼn paar herders verskyn, ʼn arm ongetroude paartjie  wat in ʼn stal geboorte aan ʼn Verlosser moes gee! Nee wat, die regte “bemarking” het God gebêre deur Sy Seun te beliggaam met Goddelike en menslike eienskappe waardeur daar vandag miljoene mense wesenlik verander is! Ons  as ouers  sal nie onthou word  vir die  geskenke  van Kersfees nie, ook nie  vir die mooi praatjies en prentjies oor  ’n stal, ʼn kind, ʼn ouerpaar, donkies, koeie, wyse manne nie. Nee ons sal onthou word daar waar  ons  Christus  se  liefde  beliggaam  het,  daar waar  ons  kinders  Hom  kon  leer  ken  deur  ons  dade, woorde, aksies, en liefde. Ek vra myself die vraag af, en ek hoop u doen ook: Wat  gaan  ons  kinders  sien  die  Kersfees  as  hulle  na  ons  kyk?  Sien  hulle  die  liggies  en  klokkies  en  die persente  in die winkelvensters? Of  sien hulle hoe God dit bedoel het: ouers wat  verander  is deur die inwonende krag van Jesus. Ouers wat Jesus beliggaam … Ouers wat liefde uitstraal!

Page 8: Monnies Nuusbrief 42

8

Kernwaarde: gee erkenning�

PROGRAM VAN DIE WEEK Vrydag, 7 Desember 2012: Leerders kry assesseringsverslae (rapporte) – 07:00 tot 09:00 Skool sluit vir leerders – 09:00 Dinsdag, 11 Desember 2012: Skool sluit 09:00 vir personeel Maandag, 7 Januarie 2013: Skool open vir personeel Naskool: Vakansieskool – 07:00 tot 17:30 Dinsdag, 8 Januarie 2013: Naskool: Vakansieskool – 07:00 tot 17:30 Leiers: Vergadering – 12:00 tot 14:00 in K73 Woensdag, 9 Januarie 2013: Skool open – 07:25 Donderdag, 10 Januarie 2013: Atletiek: Graad R en 1 – 17:00 Vriendelike groete SJ Kritzinger HOOF

PRIVAATAANGELEENTHEDE

Monnies Klerewinkel Ons is nog Donderdag, 6 Desember 2012 en Vrydag, 7 Desember 2012 tussen 07:00 en 07:30 oop. Op Dinsdag, 8 Januarie 2013 sal ons tussen 08:00 en 10:00 oop wees. Winkel tye vir 2013: Maandag: 07:00 tot 07:30 en 13:15 tot 14:00 Dinsdag: 16:15 tot 17:00 Woensdag: 07:00 tot 07:30 en 13:15 tot 14:00 Donderdag: 16:15 tot 17:00 Vrydag: 07:00 tot 07:30 Aletta 082 693-4767 Elize 082 781-1149 [email protected]