monnies nuusbrief 4

8
KERNWAARDE: Uitnemendheid – gee jou beste LAERSKOOL MONUMENTPARK Okapiweg 20 Tel: 012 460-6607 Posbus 25016 012 460-5026 Monumentpark Faks: 086 645-6166 Pretoria www.monnies.co.za 0105 [email protected] Uitgawe 4 van 2013 Tydperk: 1 tot 7 Februarie 2013 Geagte ouers / voogde Dit is vir ons baie aangenaam om die volgende sake vriendelik onder u aandag te bring. KULTURELE AANGELEENTHEDE 1. VOORTREKKERS Me Corlia Coetzee, telefoonnommer 084 568-1315, berig soos volg: ALLE GRAAD 1 tot 3 Nie-Voortrekkers: Is jy lus vir ‘n naweek vol pret en plesier? Wonder jy wat ons alles by die Voortrekkers doen? Wil jy graag nuwe maats maak? Kom kamp dan saam met ons bestaande Graad 1tot 3 lede by die Kiddie Klappie Kamp op 15 tot 16 Februarie 2013 by Altelekker Jeugkampterrein. Dit kos net R190. Inskrywingsvorms kan aangevra word by Corlia Coetzee, 084 568-1315 of pdposbus@gmail,com. Sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag, 8 Februarie 2013 en daar kan net ‘n beperkte aantal maats saamgaan, so moenie te lank wag nie! Ons hoop om sommer baie van julle daar te sien! 2. REDENAARS Me Bessie Stofberg berig soos volg: Baie geluk aan die volgende leerders wat deurgedring het na die Gala-aand van die Redenaars op 20 Februarie 2013. Die name is in geen spesifieke volgorde nie: Graad 3: Mi-Kae Conradie, Charl Gibbs, Reuben Kruger, Kira van Peer en Marli Viljoen Graad 5: Mikayla Steenkamp, Carla Dippenaar, Wernich van Dyk, Sammy Hurst, Tiana Brink Graad 6: Wilandri Hills, HJ Prinsloo, Liezl Steynberg, Jo-ané Verhoef, Charee du Preez Graad 7: Carmen Briers, Beate Els, Annie Kruger, Braam Viljoen, Constant Viljoen Graad 2 en graad 4 se name volg sodra die uitdunne afgehandel is. VERJAARSDAE Donderdag, 7 Februarie: Me Virginia Jakkals

Upload: hendrik-van-den-berg

Post on 24-Mar-2016

300 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Uitgawe 4 van 2013 Tydperk: 1 tot 7 Februarie 2013

TRANSCRIPT

Page 1: Monnies Nuusbrief 4

KERNWAARDE: Uitnemendheid – gee jou beste

LAERSKOOL MONUMENTPARK Okapiweg 20 Tel: 012 460-6607 Posbus 25016 012 460-5026 Monumentpark Faks: 086 645-6166 Pretoria www.monnies.co.za 0105 [email protected]

Uitgawe 4 van 2013 Tydperk: 1 tot 7 Februarie 2013

Geagte ouers / voogde Dit is vir ons baie aangenaam om die volgende sake vriendelik onder u aandag te bring.

KULTURELE AANGELEENTHEDE 1. VOORTREKKERS

Me Corlia Coetzee, telefoonnommer 084 568-1315, berig soos volg: ALLE GRAAD 1 tot 3 Nie-Voortrekkers: Is jy lus vir ‘n naweek vol pret en plesier? Wonder jy wat ons alles by die Voortrekkers doen? Wil jy graag nuwe maats maak? Kom kamp dan saam met ons bestaande Graad 1tot 3 lede by die Kiddie Klappie Kamp op 15 tot 16 Februarie 2013 by Altelekker Jeugkampterrein. Dit kos net R190. Inskrywingsvorms kan aangevra word by Corlia Coetzee, 084 568-1315 of pdposbus@gmail,com. Sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag, 8 Februarie 2013 en daar kan net ‘n beperkte aantal maats saamgaan, so moenie te lank wag nie! Ons hoop om sommer baie van julle daar te sien!

2. REDENAARS

Me Bessie Stofberg berig soos volg: Baie geluk aan die volgende leerders wat deurgedring het na die Gala-aand van die Redenaars op 20 Februarie 2013. Die name is in geen spesifieke volgorde nie: Graad 3: Mi-Kae Conradie, Charl Gibbs, Reuben Kruger, Kira van Peer en Marli Viljoen Graad 5: Mikayla Steenkamp, Carla Dippenaar, Wernich van Dyk, Sammy Hurst, Tiana

Brink Graad 6: Wilandri Hills, HJ Prinsloo, Liezl Steynberg, Jo-ané Verhoef, Charee du Preez Graad 7: Carmen Briers, Beate Els, Annie Kruger, Braam Viljoen, Constant Viljoen Graad 2 en graad 4 se name volg sodra die uitdunne afgehandel is.

VERJAARSDAE Donderdag, 7 Februarie: Me Virginia Jakkals

Page 2: Monnies Nuusbrief 4

2

Kernwaarde: uitnemendheid – gee jou beste�

SPORTAANGELEENTHEDE 1. BINNE SKOOLVERBAND

1.1 SPORTRAAD Voorsitter: Adv G Soer (Beheerliggaam) 071 462-4027 Onder voorsitter: Mnr H Fourie (Adjunkhoof) 072 502-6230 Sekretaris: Me P van Aardt [email protected] Organiseerders: Atletiek Me P van Aardt [email protected] Gholf Mnr J de Beer 083 387-3545 Hokkie Me M Pringle 076 745-1364 Krieket Mnr J de Beer 083 387-3545 Landloop Me T Strick 084 989-0882 Netbal Me E van Rooyen 084 491-7777 Rugby Mnr P Petzer 079 891-7424 Sagtebal Me R Potgieter 082 934-0575 Skaak Me K Steyn 082 786-0469 Swem Me M Haarhoff 083 652-4328 Tennis Me S van der Westhuizen 082 607-0503 Ouerverteenwoordiger: Atletiek Me E Matthee Gholf Me N Harper Rugby Mnr D Siebrits 082 887-4278 Skaak Me R Marais 084 312-3739

1.2 TENNIS

Me Selma van der Westhuizen berig soos volg: Uitslae van die wedstryde wat op 28 Januarie 2013 gespeel was: B1 seuns oop: Wen 31 – 25 vs Die Poort B2 seuns oop: Wedstryd uitgestel B3 seuns oop: Verloor 54 – 1 vs Pretoria-Oos B2 dogters oop: Wen 32 – 23 vs Die Poort B3 seuns O/11: Verloor 27 – 28 vs Pretoria-Oos C1 seuns O/11: Verloor 36 – 19 vs Anton van Wouw B/C dogters O/11: Verloor 32 – 23 vs Die Poort

1.3 SKAAK Me Karin Steyn berig soos volg: Belangrike datum: Skaakinligtingsvergadering op Maandag, 11 Februarie 2013 om 18:00 in die skoolsaal. Inskrywingsvorms: Onthou asseblief die afskrif van u kind se geboortesertifikaat en ‘n klein foto’tjie.

1.4 SWEM Me Marlene Haarhoff berig soos volg: Swemspan die volgende datums is BAIE BELANGRIK: 25 Februarie 2013: Tweede uitdunne: O/8 (13:00) tot O/9 en O/10 (13:45) 26 Februarie 2013: Tweede uitdunne: O/11 tot O/13 (13:45)

Page 3: Monnies Nuusbrief 4

3

Kernwaarde: uitnemendheid – gee jou beste�

Ouderdomme: Indien jy gedurende 2012 O/7 geswem het, gaan jy gedurende 2013 O/8 swem. Al die swemmers wat hierdie jaar vir die skoolspan O/7 geswem het, gaan 2013 O/8 swem. Al die swemmers gaan met ander woorde een ouderdom opskuif. Friendly Friday: 1 Februarie 2013 DSG en Pta Chinese School 8 Februarie 2013 Lynnwood Ridge en St Paulus 15 Februarie 2013 Pta Chinese School en WHPS 22 Februarie 2013 Woodhill College en Hatfield Christian School Interskole galas: 8 Maart 2013 E-liga te CBC 8 Maart 2013 G-liga te Laerskool Monumentpark Oefentye: Swemspan oefen gedurende 2013 vanaf 13:45 tot 14:45, Maandae tot Donderdae. Terwille van die liga op 8 Maart 2013, is daar ekstra oefening vanaf 5 Februarie 2013 op Dinsdae en Donderdae vanaf 06:00 tot 07:00 (oggend) saam met Gerhard. Swemspanne sowel as die uitslae sal weekliks op skool kommunikeerder beskikbaar wees. Klubgeld: Graag herinner ons al die swemmers aan die R80,00 klubgeld wat by die finansiële kantoor (glaskas) betaalbaar is.

1.5 HOKKIE Me Marlie Pringle berig soos volg: Alle graad 5 tot 7 hokkiespelers se oefening begin die week van 18 Februarie 2013. Juniorspanne sal eers later begin. Ouers moet asseblief daarop let dat daar nie O/11 spanne is nie, die graad 5’s speel as onder 12. Oefentye vir kwartaal 1 is, is as volg: O/12 dogters: Maandae en Donderdae 14:00 tot 15:00 O/12 seuns: Dinsdae en Donderdae 14:00 tot 15:00 O/13 dogters: Maandae en Donderdae 14:00 tot 15:00 O/13 seuns: Dinsdae 14:30 tot 15:30 Tye sal die tweede kwartaal verander! Die SMS wat aan ouers uitgestuur was, is slegs vir Celeste Viljoen se hokkie akademie wat tans aan die gang is. Verdere reëlings in verband met oefeninge sal so spoedig moontlik aan u deurgegee word.

1.5 RUGBY Mnr Pieter Petzer berig soos volg: Rugby oefening begin Maandag, 4 Februarie 2013 vanaf 16:00 tot 17:15 vir al die O/12 en O/13 rugby seuns saam met mnr Gerhard Soer. Wees asseblief betyds en onthou om reg aan te trek en ‘n waterbottel saam te bring. Oefentye vir volgende week: Donderdag, 7 Februarie: Proewe O/9 14:00 tot 14:45 O/10 15:00 tot 15:45 O/11 15:45 tot 16:30 Vrydag, 8 Februarie: Oefen O/12 en O/13 14:00 tot 15:30 Maandag, 11 Februarie: O/9 14:30 tot 15:30 O/10 15:30 tot 16:30 Vaardighede O/11 tot O/13 14:30 tot 16:00 Dinsdag, 12 Februarie: Oefen O/11 14:00 tot 15:00 O/12 en O/13 15:00 tot 16:30 Vaardighede O/9 tot O/10 14:00 tot 15:00

Page 4: Monnies Nuusbrief 4

4

Kernwaarde: uitnemendheid – gee jou beste�

Oefentye vanaf Donderdag, 14 Februarie 2013: Maandae, Dinsdae en Donderdae O/9 14:30 tot 15:30 O/10 14:30 tot 15:30 O/11 15:30 tot 16:30 Tweede en Derde 15:30 tot 16:30 Eerste 16:30 tot 17:30 Spelers wat na afloop van die Atletiek Cluster byeenkoms in die Distrikspan opgeneem word, sal later by die rugby oefening inskakel. Atlete sal na afloop van die atletiek ‘n regverdige geleentheid kry.

1.6 NETBAL Me Estelle van Rooyen berig soos volg: Alle netbaldogters begin op Maandag, 11 Februarie 2013, oefen en NIE soos berig is op Donderdag, 7 Februarie 2013, nie. Oefentye 2013:

Ouderdom Dae Oefentyd O/6 Dinsdae en Donderdae 13:15 tot 14:00 O/7 Maandae

Dinsdae en Donderdae 14:15 tot 15:15 13:15 tot 14:15

O/8 Maandae Dinsdae en Donderdae

14:15 tot 15:15 14:00 tot 15:00

O/9 Maandae Dinsdae en Donderdae

14:15 tot 15:15 14:00 tot 15:00

O/10 A, B en C Maandae Dinsdae en Donderdae

15:15 tot 16:45 15:00 tot 16:30

O/11 A, B en C Maandae Dinsdae en Donderdae

15:15 tot 16:30 15:00 tot 16:30

O/12 A, B en C Maandae Dinsdae en Donderdae

15:15 tot 16:45 15:00 tot 16:30

O/13 A en B Maandae Dinsdae en Donderdae

15:15 tot 16:45 15:00 tot 16:30

Indien daar meer dogters by O/13 is, sal ‘n C-span ook beskikbaar wees.

SAKE VAN ALGEMENE BELANG

1. MY SCHOOL EN MAKRO KAARTE Onthou asseblief om u My School-

en Makro-kaarte te gebruik! 2. ASSEBLIEF, ASSEBLIEF, ASSEBLIEF, ALLE OUERS LET OP VIR KOPLUISE

Die ongewenste, dikwels onopgemerkte, lastige vriendjies is steeds met ons. So ʼn “EPIDEMIE” word nie hokgeslaan indien almal nie saamwerk nie. Ons vra dringend maar baie vriendelik dat u u kind/ers se koppe deursoek en indien u die gevaartetjies opmerk, u die nodige stappe sal neem ASSEBLIEF!! Slegs indien almal saamwerk gaan ons wen!!!

Page 5: Monnies Nuusbrief 4

5

Kernwaarde: uitnemendheid – gee jou beste�

3. FOTO’S Die fotograaf het gister die foto’s gebring. Boetie-en-Sussie foto’s sal op ‘n latere datum geneem word, u sal vroegtydig in kennis gestel word. In samewerking met die fotograaf het die skool besluit op die volgende werkswyse ten opsigte van betaling van die foto’s: Die fotograaf sal alle bestellings/herbestellings hanteer. Die fotograaf sal ook alle finansies hanteer. Die proses vir graad R en graad 1 foto’s sal soos volg verloop: R80,00 per pakket U kan die foto by u kind se klas besigtig. Betaling KBA, alle foto’s vir graad R en graad 1 is reeds gedruk, sodra u betaal, kan u

die foto ontvang. Indien u meer foto’s wil bestel, is u welkom om die fotograaf te kontak. (Sien brief by

foto’s aangeheg, vir kontakbesonderhede.) Die proses vir graad 2 tot graad 7 foto’s sal soos volg verloop: R75,00 per pakket U ontvang ‘n sakkie met ‘n bestelvorm en ‘n klein voorbeeld van die foto, van die

fotograaf. Let asseblief op dat u die jpg. nommer op die bestelvorm skryf, wanneer u die

foto’s bestel. LET WEL: U voltooi die bestelvorm en sit dit korrekte bedrag geld in die sakkie. (die

sakkie word net so vir die fotograaf gegee. Dus kan die skool nie kleingeld gee nie.) Die voogonderwyser merk op ‘n klaslys af as bestellings, ontvang word. Neem asseblief kennis, dat die skool ontvangs erken vir ‘n bestelvorm, nie vir die

bedrag geld in die sakkie nie. Na die sperdatum word alle bestellings aan die fotograaf oorhandig en hulle hanteer al

die admin sowel as die finansies van alle bestellings.

Sluitingsdatum vir bestelling van alle foto’s is 4 Maart 2013 4. VOORKOMS

Ouers en Monnies, baie dankie vir julle netjiese voorkoms. Julle lyk pragtig en ons is trots om vir al ons besoekers die netjiese, blinkoog Monnies te wys. Onthou dat: Seuns se hare moet netjies en kort wees – as dit aan die kraag of ore raak is dit reeds

te lank! Dogters mag nie allerhande haarversiersels dra nie – slegs wit en groen rekkies, linte,

scrunchies ens is aanvaarbaar. Silwer knippies mag ook gedra word. Die bruin inskuifknippie (“bobby pin”) is aanvaarbaar. “Alice band” met blomme en versiersels (al is dit wit/groen) is nie toelaatbaar nie.

Oorbelle – slegs ringetjies of knoppie-oorbelle mag gedra word. Die knoppie met blink steentjie of verjaarsdagsteentjie in is nie korrek nie.

In die somer dra ons nie sweetpakbaadjies saam met ons rokke/grys broek + hemp nie. Die sweetpakbaadjie word in die winter saam met die sweetpakbroek gedra.

‘n GROEN Dri-Mac word slegs gedra wanneer dit reën. Die verkeerde sokkies word gedra – slegs wit sokkies, wit sokkies met groen Monnie-

ogies (beskikbaar by klerewinkel), wit sokkies met 2 groen Monnie-strepe (beskikbaar by klerewinkel) mag gedra word.

“Secret Socks” en kort enkelsokkies (soos atlete dra) is nie korrek nie. Heelwat leerders dra die kort sokkies (soos atlete dra) gedurende MV. Hierdie sokkies is nie toelaatbaar nie, selfs al is dit wit. Wit sokkies (van gewone lengte) en die sokkies beskikbaar by die Monnies Klerewinkel mag gedra word.

Page 6: Monnies Nuusbrief 4

6

Kernwaarde: uitnemendheid – gee jou beste�

MV klere – indien die hemp nie langer as die heup is nie mag dit los gedra word – dit vertoon netjies. Hemde wat enigsins langer is, moet ingesteek word.

Dankie, by voorbaat vir u hulp in hierdie verband.

5. OUER/ONDERWYSER BRAAI Ons herinner u vriendelik aan die Ouer/Onderwyser Braai van Woensdag, 6 Februarie. Onthou dat daar van 17:30 – 18:00 ouerverteenwoordigers gekies word in u kind se registerklas. Vanaf 18:00 kuier ons almal lekker saam op die rugbyveld. Daar sal plek vir elke graad aangedui word. Bring gerus u gasbraaier saam indien u so verkies, maar hou in gedagte dat ons nie op die rugbyveld braai of vuurmaak nie. U kan egter u braaier op die plaveisel by die lapa/braai area opslaan. Indien u nie wil braai nie is u welkom om steeds saam te kuier en u eie ete te nuttig. Ons parkeer buite en daar sal vanaf 17:00 motorwagte aan diens wees. Onthou asseblief om u eie stoele saam te bring.

OUERSKAP Vir ouers met jonger kinders: My kind se sterk wil bots met myne. Wat kan ek doen? Kanaliseer jou kind se gedrag in ‘n positiewe of ander rigting net voor die groot uitbarsting.

Wees ingestel op jou kind se nie-verbale gedrag, want so kan jy moontlik die uitbarsting keer voor dit hoef te gebeur.

Respekteer jou kind se idee’s en soms ook eise. Miskien is dit vir jou kind regtig belangrik dat jy sy kosblik altyd op ‘n sekere plek in sy tas bêre en raak hy moedeloos wanneer dit op die verkeerde plek is. Maak dan liewer ‘n ander plan en gee bv. vir jou kind sy /haar kosblik aan om self te bêre.

Luister na jou kind en ook na haar/sy kant van die saak. Dink altyd aan hoe jy behandel wil word en respekteer as ouer jou kind op dieselfde manier.

Kinders met ‘n sterk wil het vaste roetine en struktuur nodig. Dit skep veiligheid en help hul om hulle lewe te struktureer.

Leer jou kind om onafhanklik te wees en vertrou dat jou kind sekere take op haar eie kan uitvoer. Kinders met ‘n sterk wil van hulle eie wil voel dat hulle beheer oor situasies het, daarom is dit belangrik om hulle geleentheid te gee om te kan kies, te waag en te probeer.

Gee vir jou kind keuses wat hy self kan maak en uitvoer, Moenie altyd namens hom dink en doen nie. Die keuses wat ‘n kind kan maak moet ouderdomstoepaslik wees en binne jou grense en waardesisteem pas. Jy is en bly steeds die ouer.

Werk aan ‘n positiewe en goeie verhouding met jou kind want dit bied ruimte vir positiewe ouerskap en kommunikasie. Wees bewus van jou kind se gevoelens en demonstreer jou liefde en geduld deur aanraking, tyd wat saam gespandeer word en positiewe erkenning.

Maak altyd seker dat jou kind weet wat jy van hom verwag want dan kan/sy daarvolgens optree.

Motiveer positiewe gedrag deur respek en liefde te betoon. Wees geduldig,-kommunikeer sonder om te skree en gesels dikwels oor waardes wat jul as gesin nastreef.

PROGRAM VAN DIE WEEK

Vrydag, 1 Februarie 2013: Dag 5 Swem: Friendly Friday te DSG en Pta Chinese School

Page 7: Monnies Nuusbrief 4

7

Kernwaarde: uitnemendheid – gee jou beste�

Maandag, 4 Februarie 2013: Dag 6 Skaak: Justin Wilken – 16:30 tot 18:00 (K30) Swem: Swemspan – 13:45 tot 14:45 Atletiek: Soos in Monnie-Nuus 1 Tennis: Oop dogters – B2: vs St Mary’s DSG (weg) O/11 dogters – B/C: vs Constantiapark (weg) O/11 seuns – C1: vs Swartkop (weg) O/11 seuns – B3: vs Anton van Wouw (weg) Oop seuns – B3: vs Anton van Wouw (weg) Oop seuns – B2: vs Swartkop (weg) Oop seuns – B1: vs Danie Malan (weg) Dinsdag, 5 Februarie 2013: Dag 7 Skaak: Yolande Sutil – 13:45 tot 14:45 (K30) Swem: Swemspan – 13:45 tot 14:45 Atletiek: Cluster Woensdag, 6 Februarie 2013: Dag 8 Ouergebedsgeleentheid: 07:30 tot 08:00 by die skool Swem: Swemspan – 13:45 tot 14:45 Blinkoog Monnies Juniorkoor: 14:00 tot 15:00 in K74 Seniorkoor: 14:00 tot 16:00 in die saal Redenaars: Graad 4-Praatjiemiddag (14:00 tot 17:00) Verkiesing van ouerverteenwoordigers – 17:30 in registerklas Graad R tot 7: Bring-en-Braai vir alle personeel en ouers Donderdag, 7 Februarie 2013: Dag 9 Ouergebedsgeleentheid: 07:30 tot 08:00 by die skool Swem: Swemspan – 13:45 tot 14:45 Skaak: 13:45 – 14:45 (Leer skaak speel – me Karin Steyn en

Christa Scheepers in K30) Atletiek: Soos in Monnie-Nuus 1 Rugby: Proewe Vriendelike groete SJ Kritzinger HOOF

Nuusbrief geborg deur: Cartridge Hyper Elarduspark: 012 345-3264 Studio of Motion – 071 604-2249

Page 8: Monnies Nuusbrief 4

8

Kernwaarde: uitnemendheid – gee jou beste�

PRIVAATAANGELEENTHEDE

Ekstra  wiskunde  klasse         Graad 4 – 12                   Susan van Staden         Sel: 072 683 5549 

                                     E‐pos: [email protected] 

 

Monnies Winkel Winkel tye vir 2013 Maandag: 07:00 – 07:30 en 13:15 – 14:00 Dinsdag 16:15 – 17:00 Woensdag: 07:00 – 07:30 en 13:15 – 14:00 Donderdag: 16:15 – 17:00 Vrydag: 07:00 – 07:30 Groete Aletta: 082 693-4767 Elize: 082 781-1149 MUSIEKSENTRUM Huur van Musieksentrumboeke: Huurgeld is R70 per jaar en sal op u rekening aangetoon word. Hierdie boeke is slegs vir beginners beskikbaar. Daarna moet leerlinge hulle eie boeke aankoop. Aankoop van musiek en teorieboeke: Omdat ouers se tyd so beperk is, koop die Musieksentrum van tyd tot tyd namens die ouers boeke vir kinders aan. Hierdie boeke word deur die betrokke onderwyser bestel, en dan word dit daarvolgens aangekoop. Die Musieksentrum maak geen wins op hierdie boeke nie. Dit is slegs `n diens wat ons aan u lewer om so spoedig moontlik te kan begin werk. Sodoende spaar ons almal `n rit na die musiekwinkel. Hierdie boek-aankope sal ook op u rekening verskyn. Rekening navrae: [email protected]