monnies nuusbrief 1 2013

8
LAERSKOOL MONUMENTPARK Okapiweg 20 Tel: 012 460-6607 Posbus 25016 012 460-5026 Monumentpark Faks: 086 645-6166 Pretoria www.monnies.co.za 0105 [email protected] Uitgawe 1 van 2013 Tydperk: 11 tot 17 Januarie 2013 Geagte ouers / voogde Dit is vir ons baie aangenaam om die volgende sake vriendelik onder u aandag te bring. UIT DIE KANTOOR Aan die begin van 2013 sien ons met groot afwagting uit na die res van die jaar. Ons sien uit na hoogtepunte op talle terreine, akademie, sport, kultuur asook ʼn paar sosiale geleenthede. Teken solank die volgende spesiale datums op u kalender aan: 6 Februarie 2013: Bring en Braai 8 Mei 2013: Gholfdag 2 Augustus 2013: Monniefees Hartlik welkom aan al ons leerders, veral die 111 nuwe graad R-leerders, die 157 graad 1-leerders asook die 12 nuwe inskrywings vanaf ander skole. Ons glo dat hulle en hul ouers sommer gou deel van die Monniegemeenskap sal word. Ons hoop nie die nuwe skoolure het u eerste skooldag te veel omgekrap nie en ons glo dat almal sommer gou aan die nuwe roetine gewoond sal raak. Wat is ʼn skool, sonder personeel. Aan al die uitgeruste, entoesiastiese personeel, wil ek baie welkom sê, mag 2013 vir u ʼn uitnemende jaar wees. ʼn Spesiale welkom aan ons nuwe personeel: Mnr Francois van Staden (Graad 5) Mnr Francois le Roux (Graad 4) Mev Mientjie Malan (Graad 1) Mev Salomi Morkel (Graad 3) Mej Iona Blom (Rekenaarsentrum) Assistent onderwysers: Mej Andri Burger Mej Lezanne Duvenage Mej Lieze Grobler Mej Evellynn Hemmens Mej Maricel van der Merwe Ek glo en weet, dat u sommer vinnig volbloed Monnies sal wees. My wens vir al die Monnies is dat ons Kol 3:23 as rigsnoer vir 2013 sal gebruik: Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie.” Groete Salie Kritzinger

Upload: hendrik-van-den-berg

Post on 14-Mar-2016

257 views

Category:

Documents


37 download

DESCRIPTION

Laerskool Monumentpark strewe daarna om ‘n skool van voorkeur te wees, deur die aanbieding van uitsonderlike onderwys, opvoeding en lewensvaardighede aan elke leerder wat daaraan toevertrou word.

TRANSCRIPT

Page 1: Monnies Nuusbrief 1 2013

LAERSKOOL MONUMENTPARK Okapiweg 20 Tel: 012 460-6607 Posbus 25016 012 460-5026 Monumentpark Faks: 086 645-6166 Pretoria www.monnies.co.za 0105 [email protected]

Uitgawe 1 van 2013 Tydperk: 11 tot 17 Januarie 2013 Geagte ouers / voogde Dit is vir ons baie aangenaam om die volgende sake vriendelik onder u aandag te bring.

UIT DIE KANTOOR Aan die begin van 2013 sien ons met groot afwagting uit na die res van die jaar. Ons sien uit na hoogtepunte op talle terreine, akademie, sport, kultuur asook ʼn paar sosiale geleenthede. Teken solank die volgende spesiale datums op u kalender aan:

6 Februarie 2013: Bring en Braai 8 Mei 2013: Gholfdag 2 Augustus 2013: Monniefees Hartlik welkom aan al ons leerders, veral die 111 nuwe graad R-leerders, die 157 graad 1-leerders asook die 12 nuwe inskrywings vanaf ander skole. Ons glo dat hulle en hul ouers sommer gou deel van die Monniegemeenskap sal word. Ons hoop nie die nuwe skoolure het u eerste skooldag te veel omgekrap nie en ons glo dat almal sommer gou aan die nuwe roetine gewoond sal raak. Wat is ʼn skool, sonder personeel. Aan al die uitgeruste, entoesiastiese personeel, wil ek baie welkom sê, mag 2013 vir u ʼn uitnemende jaar wees. ʼn Spesiale welkom aan ons nuwe personeel: Mnr Francois van Staden (Graad 5)

Mnr Francois le Roux (Graad 4) Mev Mientjie Malan (Graad 1) Mev Salomi Morkel (Graad 3) Mej Iona Blom (Rekenaarsentrum) Assistent onderwysers: Mej Andri Burger Mej Lezanne Duvenage Mej Lieze Grobler Mej Evellynn Hemmens Mej Maricel van der Merwe Ek glo en weet, dat u sommer vinnig volbloed Monnies sal wees. My wens vir al die Monnies is dat ons Kol 3:23 as rigsnoer vir 2013 sal gebruik: “Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie.” Groete Salie Kritzinger

Page 2: Monnies Nuusbrief 1 2013

2

BELANGRIKE DATUMS VIR DIE EERSTE KWARTAAL 11 tot 17 Januarie 2013: Sien program van die week Vrydag, 18 Januarie 2013: Dag 5 Graad 1: Kerkdiens Me Ida van Rooyen verjaar Maandag, 21 Januarie 2013: Dag 6 Tennis: Liga begin Tennis: Inligtingsvergadering (18:00) Me Hannelie Jansen verjaar Dinsdag, 22 Januarie 2013: Dag 7 FK-vergadering (17:00) Woensdag, 23 Januarie 2013: Dag 8 Donderdag, 24 Januarie 2013: Dag 9 Atletiek: vs Die Poort (weg) Me Belinda Buitendag verjaar Vrydag, 25 Januarie 2013: Dag 10 Swem: Friendly Friday te Crawford College en CBC Me Bessie Stofberg verjaar Me Sandra Steenkamp verjaar Maandag, 28 Januarie 2013: Dag 1 Redenaars: Uitdunne – graad 3 en 5 (14:00) Tennis: Liga Me Salomi Morkel verjaar Dinsdag, 29 Januarie 2013: Dag 2 Redenaars: Uitdunne – graad 6 en 7 (14:00) BL-vergadering (17:30) Woensdag, 30 Januarie 2013: Dag 3 Redenaars: Praatjiemiddag vir graad 2 en 4 (14:00) Me Marlene Haarhoff verjaar Donderdag, 31 Januarie 2013: Dag 4 Atletiek: P8 te Hoërskool Garsfontein Vrydag, 1 Februarie 2013: Dag 5 Swem: Friendly Friday te DSG en Pta Chinese School Saterdag, 2 Februarie 2013: Me Virginia Jakkals verjaar Maandag, 4 Februarie 2013: Dag 6 Tennis: Liga Dinsdag, 5 Februarie 2013: Dag 7 Atletiek: Cluster Woensdag, 6 Februarie 2013: Dag 8 Graad R tot 7: Bring-en-Braai vir alle personeel en ouers Donderdag, 7 Februarie 2013: Dag 9 Rugby en Netbal Hokkie: Begin oefen

Vrydag, 8 Februarie 2013: Dag 10 Swem: Friendly Friday te Lynnwood Ridge en St Paulus

Page 3: Monnies Nuusbrief 1 2013

3

Maandag, 11 Februarie 2013: Dag 1 Tennis: Liga Skaak: Vergadering (18:00) Dinsdag, 12 Februarie 2013: Dag 2 FK-vergadering (17:00) Woensdag, 13 Februarie 2013: Dag 3 Donderdag, 14 Februarie 2013: Dag 4 Rugby: Ouerinligtingsvergadering (18:00) Vrydag, 15 Februarie 2013: Dag 5 Swem: Friendly Friday te Pta Chinese School en WHPS D4 Netbal: Afrigterskursus te Hoërskool Garsfontein Me Adri van Niekerk verjaar Saterdag, 16 Februarie 2013: Atletiek: Distriksbyeenkoms (Pilditch) Maandag, 18 Februarie 2013: Dag 6 Voorkoms inspeksie Tennis: Liga Dinsdag, 19 Februarie 2013: Dag 7 Redenaars: Graad 1 tot 3 – Monnies gala-aand (18:00) Woensdag, 20 Februarie 2013: Dag 8 Redenaars: Graad 4 tot 7 – Monnies gala-aand (18:00) Donderdag, 21 Februarie 2013: Dag 9 Netbal: Ouerinligtingsvergadering (18:00) Vrydag, 22 Februarie 2013: Dag 10 Swem: Friendly Friday te Woodhill College en Hatfield Christian School Netbal: Afrigterskursus, vlak 1 Maandag, 25 Februarie 2013: Dag 1 Swem: Tweede uitdunne: O/8 (13:00); O/9 en O/10 (13:45) Tennis: Liga Dinsdag, 26 Februarie 2013: Dag 2 Swem: Tweede uitdunne: O/11 en O/13 (13:45) BL-vergadering (17:30) Woensdag, 27 Februarie 2013: Dag 3 Redenaars: Werkswinkel – Graad 6 en 7 ATKV deelnemers Donderdag, 28 Februarie 2013: Dag 4 Vrydag, 1 Maart 2013: Dag 5 Atletiek: Gissa Netbal: O/11 en O/13 kamp Saterdag, 2 Maart 2013: Atletiek: Gissa Netbal: O/11 en O/13 kamp Me Leandra Strauss verjaar Sondag, 3 Maart 2013: Netbal: O/11 en O/13 kamp Maandag, 4 Maart 2013: Dag 6 Me Leana Cronjé verjaar

Page 4: Monnies Nuusbrief 1 2013

4

Dinsdag, 5 Maart 2013: Dag 7 Rugby: Fondsinsameling Woensdag, 6 Maart 2013: Dag 8 Donderdag, 7 Maart 2013: Dag 9 Mini-Netbal: Afrigterskursus Netbal: Tuis Me Lize Hattingh verjaar Vrydag, 8 Maart 2013: Dag 10 Swem: Interskole gala – E-liga (CBC) en G-liga (tuis) Koor: Kamp Me Rianna van der Walt verjaar Saterdag, 9 Maart 2013: Koor: Kamp Skaak: D4-proewe Maandag, 11 Maart 2013: Dag 1 Netbal: D4 eksamen Dinsdag, 12 Maart 2013: Dag 2 FK-vergadering (17:00) Woensdag, 13 Maart 2013: Dag 3 Me Christa Scheepers verjaar Donderdag, 14 Maart 2013: Dag 4 Me Lezanne Duvenage verjaar Vrydag, 15 Maart 2013: Dag 5 Redenaars: ATKV (eerste rondte) Saterdag, 16 Maart 2013: Redenaars: ATKV (eerste rondte) Swem: Ouerinligtingsvergadering – 18:00 in skoolsaal Sondag, 17 Maart 2013: Mnr Salie Kritzinger verjaar Maandag, 18 Maart 2013: Dag 6 Mnr en Mej Monnie Me Denise Vorster verjaar Dinsdag, 19 Maart 2013: Dag 7 BL-vergadering (17:30) Woensdag, 20 Maart 2013: Skool sluit om 11:00 Donderdag, 21 Maart 2013: Menseregtedag Vrydag, 22 Maart 2013: Netbal: Afrigterskursus, vlak 2 Saterdag, 23 Maart 2013: Netbal: Afrigterskursus, vlak 2 Rugby: Toer (O/11 en eerste span) te Jubaweni Sondag, 24 Maart 2013: Rugby: Toer (O/11 en eerste span) te Jubaweni Maandag, 25 Maart 2013: Rugby: Toer (O/11 en eerste span) te Jubaweni Dinsdag, 26 Maart 2013: Rugby: Toer (O/11 en eerste span) te Jubaweni Vrydag, 29 Maart 2013: Goeie Vrydag Me Helena Myburgh verjaar

Page 5: Monnies Nuusbrief 1 2013

5

Sondag, 31 Maart 2013: Me Nell-Mari Basson verjaar Maandag, 1 April 2013: Gesinsdag Woensdag, 3 April 2013: Me Maricel van der Merwe verjaar Dinsdag, 9 April 2013: Skool open

KULTURELE AANGELEENTHEDE 1. JUNIORKOOR

Me Celeste Kruger en Mientjie Malan berig soos volg: Ons wil graag alle graad 1 tot 3 ouers herinner aan die Juniorkoor oudisies wat op 15 en 16 Januarie 2013 plaasvind. Oudisies word in K74 gehou vanaf 13:40. Ons hoop om alle junior Monnies daar te sien.

2. REDENAARS 2013

Me Bessie Stofberg berig soos volg: Ons het die temas ontvang vir die 2013 ATKV-redenaarskompetisie en gee dit graag deur. Graad 1 – 3 Graad 4 – 5 Graad 6 – 7 Familie Omgewing Geld Eet Praat Skryf Speelgoed Ryk Dakke Enige onderwerp binne hierdie temas kan gebruik word. Op 15 Januarie sal Annelie van Jaarsveld ʼn werkswinkel by ons skool kom aanbied. Ons sal die tegnieke leer om goeie beredenerende praatjies te skryf. Alle ouers en leerders is welkom om dit by te woon. Alle graad 2- en 4-leerlinge sal in 2013 ʼn praatjiemiddag bywoon waarna ons vyf leerlinge per graad sal aanwys wat op 19 EN 20 FEBRUARIE 2013 aan die Monnies gala-aand sal deelneem. Graad 1-leerders sal hulle praatjies in hulle onderskeie voogklasse doen. Mev Karin Steyn sal meer inligting hieroor deurgee. Graad 3, 5, 6 en 7 leerders sal op uitnodiging aan die Graaduitdunne deelneem. Alle leerders is egter welkom om hul name by die onderskeie organiseerders op te gee vir deelname aan die uitdunne. DATUMS VIR 2013: Werkswinkel: Dinsdag, 15 Januarie: 18:00 Uitdunne per graad: Graad 3 en 5: Maandag, 28 Januarie: 14:00 Graad 6 en 7: Dinsdag, 29 Januarie: 14:00 Praatjiesmiddag vir Graad 2 en 4: Woensdag, 30 Januarie: 14:00 Monnies Gala-aand Graad 1 – 3: Dinsdag, 19 Februarie: 18:00 Monnies Gala-aand Graad 4 – 7: Woensdag, 20 Februarie: 18:00 ATKV: Eerste rondte Vrydag, 15 Maart en Saterdag, 16 Maart Organiseerders: Graad 1 – 3: Mev K Steyn Graad 4 – 5: Mev B Stofberg Graad 6: Mev P van Aardt Graad 7: Mev A Maree

SPORTAANGELEENTHEDE

1. BINNE SKOOLVERBAND 1.1 RUGBY

Mnr Pieter Petzer berig soos volg: O/11 A en die Eerste span toer vanaf 23 tot 26 Maart 2013 na Jubaweni. Verdere inligting sal nader aan die tyd deur gegee word.

1.2 TENNIS

Me Selma van der Westhuizen berig soos volg: Daar is belangrike tennisinligting op die kommunikeerder.

VERJAARSDAE Woensdag, 9 Januarie: Me Maryke van Aswegen Vrydag, 11 Januarie: Me Jacqueline Liebenberg

Page 6: Monnies Nuusbrief 1 2013

6

1.3 SKAAKMev. K Steyn berig soos volg: Baie welkom aan al ons ouers na ‘n welverdiende vakansie. Mag dit vir u en u gesin ‘n wonderlike jaar wees. Die skaakoefentye neem onderskeidelik op Maandag, 14 Januarie en Dinsdag, 15 Januarie ‘n aanvang. Sien program van die week. Let asseblief daarop dat ons eerskomende Maandag om 17:40 sal verdaag as gevolg van die oueraand. Inskrywingsvorms en inligtingsbriewe is by mev Karin Steyn beskikbaar. Belangrike datums: Maandag, 11 Februarie: Skaakinligtingsvergadering om 18:00 in die skoolsaal. Saterdag, 9 Maart: Individuele proewe Saterdag, 4 Mei: Wynie Robberse Skaaktoernooi om 07:00 in skoolsaal. Woensdae: Tweede kwartaal: Skaakliga Woensdag, 30 Oktober: Skaaktoekenningsfunksie Ander datums sal later aan ouers deurgegee word.

1.4 SWEM Me Marlene Haarhoff berig soos volg: Uitdunne: Aangesien ons alreeds in Januarie ons eerste gala swem, moet ons vroeg uitdunne hou. Alle leerders is welkom om deel te neem. Swemspan die volgende datums is BAIE BELANGRIK: 14 Januarie 2013: Eerste uitdunne: O/8 (13:00); O/9 en O/10 (13:45) 15 Januarie 2013: Eerste uitdunne: O/11 tot O/13 (13:45) 25 Februarie 2013: Tweede uitdunne: O/8 (13:00) tot O/9 en O/10 (13:45) 26 Februarie 2013: Tweede uitdunne: O/11 tot O/13 (13:45) Ouderdomme: Indien jy gedurende 2012 O/7 geswem het, gaan jy gedurende 2013 O/8 swem. Al die swemmers wat hierdie jaar vir die skoolspan O/7 geswem het, gaan 2013 O/8 swem. Al die swemmers gaan met ander woorde een ouderdom opskuif. Friendly Friday: 25 Januarie 2013 Crawford College en CBC 1 Februarie 2013 DSG en Pta Chinese School 8 Februarie 2013 Lynnwood Ridge en St Paulus 15 Februarie 2013 Pta Chinese School en WHPS 22 Februarie 2013 Woodhill College en Hatfield Christian School Interskole galas: 8 Maart 2013 E-liga te CBC 8 Maart 2013 G-liga te Laerskool Monumentpark Ouerinligtingsvergadering: 16 Januarie 2013 – 18:00 in die skoolsaal Oefentye: Swemspan oefen gedurende 2013 vanaf 13:45 tot 14:45, Maandae tot Donderdae.

1.5 ATLETIEK

Me Petro van Aardt berig soos volg: Onthou: WATER BOTTEL OEFENPROGRAM:

Maandae tot Vrydae Middelafstande 06:30 – 07:30 Maandae Naellope, spiesgooi en diskus 14:20 – 15:20 Verspring, hekkies, hoogspring en gewigstoot 15:20 – 16:20 Dinsdae en Donderdae Naellope, spiesgooi en diskus 14:00 – 15:00 Verspring, hekkies, hoogspring en gewigstoot 15:00 – 16:00

11 Januarie 2013 Huissport – Baan- en veld items. Tyd: 13:00 2013 (voorlopige datums)

10 Januarie 2013 Gr R en 1 Atletiek 11 Januarie 2013 Huissport 17 Januarie 2013 Tuisbyeenkoms 24 Januarie 2013 Wegbyeenkoms – Die Poort 31 Januarie 2013 P8 5 Februarie 2013 Cluster byeenkoms 16 Februarie 2013 Distrik 1 + 2 Maart 2013 Gissa

Page 7: Monnies Nuusbrief 1 2013

7

SAKE VAN ALGEMENE BELANG

1. SKOOLTYE VIR 2013 As gevolg van die nuwe kurrikulum se tyd allokering wat geïmplementeer moet word, word die skoolure vir 2013 dien ooreenkomstig aangepas na: - Graad 3 tot 7: 07:25 tot 13:40 - Graad 1 tot 2: 07:25 tot 13:00 - Graad R: 07:25 tot 12:45

2. SLUITKASSIES

Vanaf Maandag 14 Januarie kan leerders weer sluitkassies (lockers) vir 2013 kom bespreek en betaal. Dit sal R130.00 vir die jaar beloop. Maandag, 14 Januarie kom graad 7-leerders sluitkassies bespreek. Dinsdag, 15 Januarie graad 6-leerders Woensdag, 16 Januarie graad 5-leerders Donderdag, 17 Januarie graad 4-leerders Leerders wat gedurende die jaar hokkie en krieket gaan speel, moet dit asseblief noem, sodat hulle van die groter sluitkassies kan bespreek.

OUERSKAP Om nuwe drome te droom ‘n Nuwe begin het gewoonlik ‘n nuwe droom en doel. ‘n Nuwe begin is vars en hoopvol, maar soms is daar ook ‘n mate van angs en onsekerheid wat daarmee gepaardgaan. Die jaar begin met baie nuwes: Dalk is jou kind ’n nuwe Graad R of Graad 1 leerder. Dalk is jou kind nuut in Graad 7 en vir oulaas nuut in die Laerskool of sommer net nuut in Monumentpark. Mag elke ouer saam met sy kind nuwe drome droom. Mag hierdie drome en ideale trappe na geluk wees. Moenie jou doelwit te hoog stel nie, want dan gaan dit gepaard met angs en vrees om te misluk. Wees realisties en leer jou kind om sukses te ervaar deur stap vir stap nader aan sy groot doelwit te kom. Werk hard as jy ‘n akademiese droom droom, oefen getrou as jy ‘n sportdroom najaag, en reik uit as jy mens wil bereik en liefde wil saai. Vind geluk in elke klein trappie na sukses, dan sal jou drome waar word. Ouerskap se wens vir elke Monnie-ouer en kind is ‘n gesinsjaar vol liefde en vrede. Maak gesinstyd en saamwees ‘n doelwit vir die jaar.

PROGRAM VAN DIE WEEK

Vrydag, 11 Januarie 2013: Atletiek: Huissport – 13:00 Maandag, 14 Januarie 2013: Dag 1 Voorkoms inspeksie Skaak: 16:30 tot 18:00 Justin Wilken (Klas 30) (Maandag 14 Januarie

verdaag leerders om 17:40 as gevolg van oueraand.) Leiers: Kamp Ouerinligtingsvergadering: Graad 4 – 17:00 in saal Graad 5 en 6 – 17:45 in saal Graad 7 – 18:30 in saal Swem: Eerste uitdunne – O/8 (13:00) O/9 en O/10 (13:45) Atletiek: Oefening soos hierbo uiteengesit Dinsdag, 15 Januarie 2013: Dag 2 Leiers: Kamp Skaak: 13:30 – 14:30 Yolande Sutil (Leerders wat eers om 13:40

verdaag kan dan by res van groep aansluit.) (Klas 30) Graad 1: Fotodag Swem: Eerste uitdunne – O/11 tot O/13 (13:45) Graad 1 tot 7 Redenaars: Werkswinkel – Annelie van Jaarsveld (18:00) Juniorkoor: Oudisies in K74 Atletiek: Oefening soos hierbo uiteengesit

Page 8: Monnies Nuusbrief 1 2013

8

Woensdag, 16 Januarie 2013: Dag 3 Swem: Swemspan – 13:45 tot 14:45 Swem: Ouerinligtingsvergadering – 18:00 in skoolsaal Juniorkoor: Oudisies in K74 Atletiek: Oefening soos hierbo uiteengesit Donderdag, 17 Januarie 2013: Dag 4 Swem: Swemspan – 13:45 tot 14:45 Atletiek: Tuisbyeenkoms Skaak: 13:45 -14:45 Leer skaak speel (Mevv Karin Steyn en Christa

Scheepers in Klas 30) Vriendelike groete SJ Kritzinger HOOF

PRIVAATAANGELEENTHEDE MUSIEKSENTRUM Welkom terug ouers en leerders Aansoekvorms vir 2013 is reeds uitgedeel. Voltooi asseblief so spoedig moontlik en stuur terug om u kind se plek te verseker. Aansoekvorms is ook by ontvangs of by die Musieksentrum beskikbaar indien u nie een ontvang het nie. Leerders van 2012 moet ook weer registreer. Lesse begin Maandag, 14 Januarie, so bevestig asseblief u kind se lestyd voor dan. Navrae: Hannalie Claassen – 082 858-7566

Studiekursus Februarie 2012 – Theresa van den Berg

'n Oggend of middagkursus word gedurende Februarie aangebied. Die kursus is spesiaal vir leerders in Graad 4-7. ʼn Ouer (een ouer/voog) moet saam met sy kind die kursus by te woon. Die kursus word oor 3 drie Saterdae aangebied. Met inskrywing en navraag sal nog verdere inligting aan u gestuur word. Besoek www.theresas.co.za vir meer inligting en vir tye. Skryf vroeg in om teleurstelling te voorkom. Plekke is beperk. E-pos navrae en inskrywings met kind se naam en graad asook kursus waarvoor ingeskryf word (Oggend of Middag) na [email protected]

Opvoedkundige Sielkundige

Sel 082 374 6876

www.theresas.co.za

Nuusbrief geborg deur: Sweef Dramastudio – Celia: 082 565-5082 Modelling – Brenda: 082 824-1932 of Melinda: 083 521-9676