middelskool herzlia - weebly

15
1 NAAM ONDERWYSER KLAS PUNT PERSENTASIE MIDDELSKOOL HERZLIA GRAAD 7 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL 21 NOVEMBER 2013 TYD: 1 UUR 15 MINUTE PUNTE: 90 Hierdie vraestel bestaan uit 3 afdelings (15 bladsye) AFDELING A: LEESBEGRIP (20) LU 3 AS 3.4 AFDELING B: TAAL (50) LU 6 AS 6.1; 6.2; 6.3 AFDELING C: LETTERKUNDE (20) LU 3 AS 3.1 Beantwoord alle vrae op die vraestel. Skryf netjies in swart of blou pen.

Upload: others

Post on 28-Nov-2021

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

1

NAAM

ONDERWYSER

KLAS

PUNT

PERSENTASIE

MIDDELSKOOL HERZLIA

GRAAD 7

AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL

21 NOVEMBER 2013

TYD: 1 UUR 15 MINUTE

PUNTE: 90

Hierdie vraestel bestaan uit 3 afdelings (15 bladsye)

AFDELING A: LEESBEGRIP (20) LU 3 AS 3.4

AFDELING B: TAAL (50) LU 6 AS 6.1; 6.2; 6.3

AFDELING C: LETTERKUNDE (20) LU 3 AS 3.1

Beantwoord alle vrae op die vraestel.

Skryf netjies in swart of blou pen.

2

AFDELING A

LEESBEGRIP

Lees die volgende artikel goed deur en beantwoord die vrae wat daarop volg in VOLSINNE tensy anders aangedui:

One D straks (miskien) in 2014 in Suid-Afrika

1. ‘n Mens kan nie te ver verkeerd wees as jy die Britse popgroep One Direction die gewildste groep (populêrste) in die wêreld noem nie.

2. Stories loop rond dat hulle dalk volgende jaar in Suid-Afrika gaan kom optree, maar

plaaslike promotors wil in hierdie stadium niks bevestig nie. Tog ontken niemand dit ook openlik nie . . .

3. Toe die vyf groeplede onlangs hul rolprentdebuut gemaak het met die konsertfliek en

dokumentêr One Direction: This Is Us, het dit die loket in die VSA en Brittanje oorheers. Dit het R184 miljoen by die Amerikaanse loket verdien in die naweek wat dit daar begin wys het.

4. One Direction, wat bestaan uit Niall Horan, Zayn Malik, Liam Payne, Harry Styles en

Louis Tomlinson, het ook nou uiteindelik die titel van hul derde album bekend gemaak. Midnight Memories sal op 25 November amptelik uitgereik word en kan reeds vooraf op iTunes bestel word. Die groep het sê dat dié album, wat hul derde ateljee-album is, ’n sterker rockklank het as hul vorige albums.

5. One Direction het vanjaar reeds meer as 100 optredes in 21 lande gehad gedurende hul

eerste wêreldtoer. Hulle sal egter hul tasse nie te diep kan wegpak nie, want kort ná die uitreiking van Midnight Memories gaan ’n wêreldwye stadiontoer volg met onder meer twee aande in die legendariese Wembley-stadion.

6. Dit is vir insluiting op hierdie wêreldtoer wat Suid-Afrikaners solank duim vashou. Die

groep se huidige radiotreffer, “Best Song Ever”, sal op die nuwe album wees. Dié liedjie is onlangs as liedjie van die somer aangewys in MTV se musiekvideopryse en die video daarvan is al meer as 100 miljoen keer op YouTube gekyk sedert dit in Julie aanlyn uitgereik is.

7. Dit was vir ’n rukkie die musiekvideo wat die meeste trefslae (mense wat daarna gekyk

het) in een dag op YouTube gehad het, tot Miley Cyrus se “Wrecking Ball” verlede week hierdie rekord oortref (verbeter) het.

8. Die groep het in 2010 gewild geraak nadat hulle aan die Britse talentprogram The X

Factor deelgeneem en derde geëindig het.

9. Hulle het daarna meer as 32 miljoen albums verkoop en 61 nr. 1-plekke op treffersparades behaal.

3

1. Wie is One Direction? (1) _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ 2. Kies die korrekte antwoord tussen hakies: (1) Midnight Memories sal op (25; 26; 27) November vrygestel word. 3. Noem twee prestasies (suksesse) wat One Direction al bereik het. (2) _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ 4. Hoekom moet One Direction nie te gou hulle tasse wegpak nie? (1) _________________________________________________________________

_________________________________________________________________ 5. Hoeveel keer is die video van Best Song Ever al op YouTube gekyk? (1) _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ 6. In watter posisie (plek) het One Direction geëindig toe hulle aan X-Factor

deelgeneem het? (1) _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ 7. Noem die stadion in Londen waar hulle vir twee aande sal optree. (1) _________________________________________________________________ 8. Hoe het One Direction bekend geword? (1) _________________________________________________________________ _________________________________________________________________

4

9. Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Indien ONWAAR, gee die korrekte antwoord. (5) 9.1 One Direction bestaan uit vier lede. _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ 9.2 Best Song Ever is die musiekvideo met die meeste kykers op YouTube. _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ 9.3 Midnight Memories sal die groep se derde album wees. _________________________________________________________________ _____________________________________________________ ____________ 10. Haal een word (in paragraaf 4) aan wat aandui dat “One Direction: This is us”

hulle eerste rolprent (film) is. (1) _________________________________________________________________

11. Hoekom, dink jy, is One Direction so populêr? (1)

_________________________________________________________________

_________________________________________________________________

12. Noem een van die liedjies wat op hulle nuwe album sal wees. (1)

_________________________________________________________________

13. Haal een woord aan (in paragraaf 4) wat aandui dat One Direction in meer as een kontinent gaan optree. (1) _________________________________________________________________

14. Hoe gaan die nuwe album van One Direction klink (sound)? (1) _________________________________________________________________ 15. Noem een land waar hul rolprent (film) baie geld verdien het. (1)

_________________________________________________________________

Totaal: [20]

5

AFDELING B

TAALWERK

VRAAG 1

1.1 Skryf die regte vorm van die woord(e) tussen hakies. (8) Die klein (mens) ________________ bly in ‘n woud, waar alles (vinnig) ________________ as

in die regte lewe beweeg. MK, ‘n (teenoorgestelde geslag van seun) _________________ se

(teenoorgestelde geslag van ma) _____________________ is seker dat daar iets soos Leaf

Men bestaan. Die koningin, Tara, is in beheer van baie (dier) _________________ en ander

lewende wesens. Die soldate ry op die rug van klein (voëls) _________________. Baie (kind)

________________ dink dat die fliek nie die (goed) ________________________ fliek is wat

hul nog gesien het nie.

VRAAG 2

2.1 Skryf die korrekte vorm van die deelwoorde tussen hakies. (4)

2.1.1 Die (lag) ________________________ koningin speel met die diertjies.

2.1.2 Die kinders is opgewonde oor die (nader) ______________________ vakansie sodat

hulle die fliek kan sien.

6

2.1.3 Die (skok) ________________________ Leaf Men is bang vir die Boggans wat die woud

wil vernietig.

2.1.4 Die Leaf Men het die (vermoor) ___________________ koninging gevind.

2.2 Skryf die volgende sinne soos aangedui (2)

2.2.1 Die Leaf Men (daagliks | vlieg | in die woud). (Skryf die sin oor met die korrekte woordorde.)

________________________________________________________________________

________________________________________________________________________

2.2.2 Die Boggans (het | vernietig | die woud | om wraak te neem | vir jare lank) (Skryf die sin oor met die korrekte woordorde.) _______________________________________________________________________ _______________________________________________________________________

VRAAG 3

3.1 Skryf die volgende sinne soos aangedui. (11) 3.1.1 Troye Sivan het duisende video’s gemaak. (Skryf die sin in die teenwoordige tyd.) _______________________________________________________________________ _______________________________________________________________________ 3.1.2 PewDiePie het die meeste vriende op YouTube. (Skryf die sin dat dit verlede tyd.) _______________________________________________________________________ _______________________________________________________________________

7

3.1.3 Ylvis het die video The Fox gemaak. (Skryf die sin oor in die lydende vorm en begin soos aangedui.) Die video The Fox _________________________________________________________ ________________________________________________________________________ 3.1.4 Caspar Lee is ‘n Suid-Afrikaner. (Skryf die sin dat dit nie so is nie.) ________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________

3.1.5 Troye is ‘n groot rolprentster. Hy is ook ‘n YouTube-ster. (Verbind die sinne met maar.) _______________________________________________________________________ _______________________________________________________________________

3.1.6 Tieners kyk na al die YouTube-sterre se videos.

(Skryf die sin dat dit reeds gebeur het.)

_______________________________________________________________________ _______________________________________________________________________ 3.1.7 Iemand kan hul eie YouTube-kanaal begin. (Skryf die sin dat dit nie so is nie.) _______________________________________________________________________ _______________________________________________________________________ 3.1.8 JacksGap is baie populêr. Almal kyk na sy video’s. (Verbind die sinne met omdat.) ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ 3.1.9 Die graad sewes sê: “Ons is mal oor Troye Sivan.” (Skryf die sin oor in die indirekte rede.) _______________________________________________________________________

8

_______________________________________________________________________ 3.1.10 Die meneer vra die kinders: “Hoekom kyk julle so baie YouTube-videos?” (Skryf die sin oor in die indirekte rede.) ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ 3.1.11 Troye Sivan is ‘n groot rolprentster. (Skryf die sin in die toekomende tyd.) ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________

VRAAG 4

4.1 Skryf die regte vorm van die woord(e) tussen hakies. (6) One Direction is een van die (bekend) ______________________ seunsgroepe wat daar is.

Die (een woord vir baie ryk) _______________ groep bestaan uit vyf lede. Die (jonk)

_______________ seuns se (nuut) ________________________ video, Best Song Ever, was

‘n reuse sukses. Zayn Malik, die seun met die (baie swart) ______________ hare, maak al die

meisies se (knie) ______________ lam.

VRAAG 5

5.1 Skryf die volgende sinne soos aangedui. (6)

5.1.1 Miley Cyrus speel nog die rol van Hanna Montana. (Skryf die sin dat dit nie so is nie.) _______________________________________________________________________ _______________________________________________________________________

9

5.1.2 Sy hou daarvan om baie aandag te kry. Sy dans baie snaaks. (Verbind die sinne met daarom.) ______________________________________________________________________ ______________________________________________________________________ 5.1.3 Tieners sal haar musiek sing. (Skryf die sin oor in die lydende vorm en begin soos aangedui.) Haar musiek _____________________________________________________________ _______________________________________________________________________ 5.1.4 Sy het ‘n suksesvolle jaar gehad. Sy het deur goeie en slegte tye gegaan. (Verbind die sinne met al.) ________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________ 5.1.5 Duisende tieners kyk Hanna Montana. (Skryf die sin oor in die lydende vorm en begin soos aangedui.) Hanna Montana __________________________________________________________ _______________________________________________________________________ 5.1.6 Het jy al die video Wrecking Ball gesien?. (Skryf die sin dat dit nie so is nie.) _______________________________________________________________________ _______________________________________________________________________

10

VRAAG 6

6.1 Vul die korrekte voornaamwoorde (bv. hy, haar, sy, hulle) in. (4)

Zach en Matthew is baie stout en (Zach en Matthew se) _______________ ma is baie kwaad

vir hulle. Matthew is gehok omdat (Matthew) ________________ sy ma se gunsteling ornament

gebreek het. (Sy ma se) _______________ gesig word bloedrooi van woede. (Matthew se)

____________ hart is gebreek omdat hy weet dat hy iets verkeerd gedoen het.

VRAAG 7

7.1 Kies die korrekte voorsetsels uit die blok hieronder en voltooi die sinne. (3)

7.1.1 Matthew se ma is ________________ die muur.

7.1.2 Die ornament val ______________ die harde vloer en breek in stukke.

7.1.3 Sy ma kyk ____________ Matthew met ‘n rooi gesig.

na met teen aan op van

11

VRAAG 8

8.1 Skryf die volgende sinne oor in die indirekte rede. (2)

8.1.1Die ma sê aan haar seun: “Jy dryf my teen die mure uit.”

_______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________

8.1.2 Die seun vra: “Sal Mamma my vergewe?”

_______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________

VRAAG 9

9.1 Onderstreep die korrekte woord tussen hakies. (4)

My pa se (familie / gesin) woon op ‘n plaas in die Karoo. Ons (besoek / kuier) hulle elke

vakansie en ry dan op volstruise. Die laaste keer wat ek daar was, was ek 13 (jaar / jare)

oud. Ek het vir hulle gevra om vir my (klere / kleure) te koop.

Taalwerk: 50

12

POËSIE

VRAAG 1

Bestudeer die onderstaande gedig en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Nuwe Skoolreëls

1. Weg met kwaai onderwysers 2. en somme doen op die bord – 3. die stuur van sms’e 4. is ons skool se nuwe sport! 5. Weg met grys uniforms; 6. koebaai skoene en kouse – 7. ons hou nou elke dag 8. drie uur lank pouse! 9. Huiswerk en take 10. word dadelik verbied; 11. ‘n prettige popliedjie 12. vervang ons ou skoollied. 13. Geen stoute kind 14. mag ooit weer detensie kry nie. 15. Niemand loop ooit weer 16. in ‘n netjiese ry nie. 17. Daar’s splinternuwe Playstations 18. in elke liewe klas… 19. Skool sou soveel pret wees 20. as ék die skoolhoof was!

Jaco Jacobs

1. Beantwoord die volgende vrae:

1.1 Wie is die spreker in hierdie gedig? (1) _______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________

1.2 Noem twee dinge wat die spreker sal verander as hy die skoolhoof was. (2)

_______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________

13

1.3 Haal een woord aan wat dui daarop dat die leerders nie van skoollied hou nie. (1)

_______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________ 1.4 Watter soort rym word hier gebruik? (1)

_______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________ 1.5 Sal jy daarvan hou as jou skool nie reëls gehad het nie?

Gee ‘n rede vir jou antwoord. (1)

_______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________

1.6 Kies die korrekte antwoord: (1) In reël 11 is daar ‘n voorbeeld van:

a) assonansie

b) alliterasie

c) metafoor

d) vergelyking

2. Skryf of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. As dit ONWAAR is, moet die korrekte stelling gegee word. (3)

2.1 Die spreker hou van orde.

_______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________ 2.2 Die spreker wil graag Playstations in al die klasse hê.

_______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________ 2.3 Die spreker hou nie van kwaai onderwysers nie

_______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________

Totaal: [10]

14

VRAAG 2

Gekruiste lyne

1. Vul die ontbrekende woorde in. (4)

Mev. Green het ‘n verpleegster nodig gehad omdat sy ‘n ______________

was. Die man moes die vrou se _____________________ en

___________________ steel sodat dit na ‘n roof (diefstal) kon lyk.

Mev. Green het die polisie gebel om ‘n __________________ aan te

meld.

2. Trek ‘n sirkel om die nommer van die korrekte antwoord. (4)

2.1 Die veiligheidswag gaan na die polisiekantoor om

A: van die moord verslag te doen.

B: oor die buurt verslag te doen.

C: oor die trein verslag te doen.

2.2 Die man moes die vrou vermoor as die trein verby ry, want

A: dan kon hy op die trein klim en vlug.

B: die trein raas en niemand sou die vrou hoor gil nie.

C: die trein raas en die vrou sou nie die moordenaar hoor nie.

2.3 Mev. Green wou haar man bel om te sê

A: hy moet huis toe kom.

B: dat iemand vermoor gaan word.

C: dat sy na hom toe wou kom.

2.4 Mev. Green het stilgebly nadat sy met die polisie gepraat het, want sy wou hê die

moordenaar moes dink

A: sy is weg.

B: sy is dood.

C: sy is siek.

15

3. Beantwoord die volgende vrae in volsinne. (2) 3.1 Hoekom was mevrou Green alleen by die huis?

_______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________ 3.2 Wat sou jy doen as jy sersant Peach was?

_______________________________________________________________________

_______________________________________________________________________

Totaal : [10]

Leesbegrip: 20

Taal: 50 Prosa: 20

Groottotaal: 90

PUNTEVERSPREIDING: November 2013

Vraestel 1: Begrip 20 Taal 50 verwerk na 20 Vraestel 2: Prosa: Nuwe Skoolreëls 10 Gekruiste lyne 10 Totaal: 20 Taalwerk: Tye 4 Selfstandige nwe. 7 Byvoeglike nwe 7 Voornaamwoorde 4 Voorsetsels 3 Voegwoorde 4 Ontkenning 4 Indirekte rede 4 Deelwoorde 4 Lydende vorm 3 Verwarrende woorde 4 Woordorde 2