marketstraat 145, fairland 011 678-4591/2 ... · ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te...

9
Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 21 nr 36 13 November 2014 Vinkie Laerskool Fairland BELANGRIKE DATUMS 14 – 27 November Eksamen: Gr. 4- tot gr. 7-leerders 27 November Gr. 7-afsluiting (Gold Reef City) 10 Desember Skool sluit om 11:00 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Baie dankie aan die personeel, leerders en ouers wat my verjaarsdag so spesiaal gemaak het. Dit was ‘n ongelooflike dag en ervaring wat my altyd sal bybly. Ek is voorwaar bevoorreg om deel te wees van so ‘n wonderlike span. Behandeling van sportvelde Die behandeling van sportvelde begin op 12 November.Geen persoon sal op die sportvelde toegelaat word vir hierdie tydperk nie (12 Nov. – 12 Jan.) Baie dankie vir u samewerking in dié verband. Afsluitingsfunksie Die gr. 1- tot gr. 6-leerders het Vrydag 7 November heerlike pret gehad. Elke leerder het dié dag terdeë geniet. Sport- en kultuurtoekenningsaand/ Gr. 7-toekenningsaand Beide aande was ‘n groot sukses. Baie geluk aan elke leerder wat ‘n toekenning ontvang het. Personalia Ons dink in besonder aan Verna van Greunen wat ‘n groot operasie ondergaan het. Ons dink steeds aan Louise le Roux wat nog in die hospitaal is, sowel as aan Hendrik Eloff wat vandeesweek met behandeling begin. Ons dra julle in ons gebede op aan ons Hemelse Vader en bid julle volkome herstel toe. VERJAARSDAE Baie geluk aan Theresa Schutte wat op 17 November verjaar. Ons glo en vertrou dat jou nuwe lewensjaar sommer baie voorspoedig en geseënd sal wees. REDAKSIE Soms is dit net te maklik om soos ‘n volstruis jou kop in die sand te steek, want jou brein weier om die waarheid as sulks te aanvaar. Die Engelse praat van “in denial” wees en dit is dan presies wat ons doen. Of ons dit doen as blote beskerming teen die onafwendbare of as selfverdedigingsmeganisme teen ‘n waarheid wat vir ons onverteerbaar is, die uiteinde is dieselfde. Ons hou nie daarvan om dinge wat nie in ons vooropgestelde idees oor hoe ons lewens moet verloop, te konfronteer of in oënskou te neem nie.Vandaar dan die ontkenning van die waarheid. Dapperheid lê meermale diepgesetel in jou persepsie van die waarheid, eerder as in die realiteit daarvan.Teoreties gesproke reageer mense op een van twee maniere, soos bepaal deur die reaksies wat in hulle oerbrein plaasvind, maar ook as gevolg van die feit dat hulle omstandighede bepaal hoe hulle gekondisioneer is.Wanneer hulle dan hierdie waarhede tromp-op loop, sal hulle of veg of vlug. En dis hoekom sommige mense aggressief optree en ander bloot volstruis-speel. Die brein is ‘n komplekse orgaan wat baiemaal deur die hart regeer word. Sodra dit die norm word, is ons logiese denke gekompromiteer, reageer ons met ons met ons “gut”. Emosies verwar en vertroebel die waarheid verder. Gelukkig is daar altyd iemand wat dit regkry om gebalanseerde gevolgtrekkings te kan maak en almal op die egalige pad terug te lei, terwyl die kronkel- en afdraaipaaie vermy kan word. Maar ai, dis soms bitter moeilik om emosies daaruit te hou, want ons is tog uiteindelik gemaak om te voel. Dalk lê die oplossing daarin om jou te omring met engele [lees vriende wat ‘n kalmerende uitwerking op jou het], wat jou balans help herstel. Mense wat met jou oopkaarte speel sonder om dit wat jy voel, af te maak as belaglik of onbelangrik. Sulke mense verryk jou lewe en hang nie net om die rante rond, reg om te kritiseer as jy die waarheid verontagsaam nie. Ek hoop jy het ook so ‘n engel in jou lewe en dat hulle jou sal help om regtig te sien, om die waarheid ook jou eie te maak, sonder dat jy dit as ‘n bedreiging ervaar. Erika

Upload: others

Post on 05-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ... · Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel

Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 21 nr 36 13 November 2014

Vinkie Laerskool Fairland

BELANGRIKE DATUMS14 – 27 November Eksamen: Gr. 4- tot gr. 7-leerders27 November Gr. 7-afsluiting (Gold Reef City)10 Desember Skool sluit om 11:00

UIT DIE HOOF SE KANTOORBaie dankie aan die personeel, leerders en ouers wat my verjaarsdag so spesiaal gemaak het. Dit was ‘n ongelooflike dag en ervaring wat my altyd sal bybly. Ek is voorwaar bevoorreg om deel te wees van so ‘n wonderlike span.Behandeling van sportveldeDie behandeling van sportvelde begin op 12 November.Geen persoon sal op die sportvelde toegelaat word vir hierdie tydperk nie (12 Nov. – 12 Jan.)Baie dankie vir u samewerking in dié verband.AfsluitingsfunksieDie gr. 1- tot gr. 6-leerders het Vrydag 7 November heerlike pret gehad. Elke leerder het dié dag terdeë geniet.Sport- en kultuurtoekenningsaand/ Gr. 7-toekenningsaandBeide aande was ‘n groot sukses. Baie geluk aan elke leerder wat ‘n toekenning ontvang het.PersonaliaOns dink in besonder aan Verna van Greunen wat ‘n groot operasie ondergaan het.Ons dink steeds aan Louise le Roux wat nog in die hospitaal is, sowel as aan Hendrik Eloff wat vandeesweek met behandeling begin. Ons dra julle in ons gebede op aan ons Hemelse Vader en bid julle volkome herstel toe.

VERJAARSDAEBaie geluk aan Theresa Schutte wat op 17 November verjaar. Ons glo en vertrou dat jou nuwe lewensjaar sommer baie voorspoedig en geseënd sal wees.

REDAKSIESoms is dit net te maklik om soos ‘n volstruis jou kop in die sand te steek, want jou brein weier om die waarheid as sulks te aanvaar. Die Engelse praat van “in denial” wees en dit is dan presies wat ons doen. Of ons dit doen as blote beskerming teen die onafwendbare of as selfverdedigingsmeganisme teen ‘n waarheid wat vir ons onverteerbaar is, die uiteinde is dieselfde. Ons hou nie daarvan om dinge wat nie in ons vooropgestelde idees oor hoe ons lewens moet verloop, te konfronteer of in oënskou te neem nie. Vandaar dan die ontkenning van die waarheid. Dapperheid lê meermale diepgesetel in jou persepsie van die waarheid, eerder as in die realiteit daarvan. Teoreties gesproke reageer mense op een van twee maniere, soos bepaal deur die reaksies wat in hulle oerbrein plaasvind, maar ook as gevolg van die feit dat hulle omstandighede bepaal hoe hulle gekondisioneer is. Wanneer hulle dan hierdie waarhede tromp-op loop, sal hulle of veg of vlug. En dis hoekom sommige mense aggressief optree en ander bloot volstruis-speel.Die brein is ‘n komplekse orgaan wat baiemaal deur die hart regeer word. Sodra dit die norm word, is ons logiese denke gekompromiteer, reageer ons met ons met ons “gut”. Emosies verwar en vertroebel die waarheid verder.Gelukkig is daar altyd iemand wat dit regkry om gebalanseerde gevolgtrekkings te kan maak en almal op die egalige pad terug te lei, terwyl die kronkel- en afdraaipaaie vermy kan word. Maar ai, dis soms bitter moeilik om emosies daaruit te hou, want ons is tog uiteindelik gemaak om te voel.Dalk lê die oplossing daarin om jou te omring met engele [lees vriende wat ‘n kalmerende uitwerking op jou het], wat jou balans help herstel. Mense wat met jou oopkaarte speel sonder om dit wat jy voel, af te maak as belaglik of onbelangrik. Sulke mense verryk jou lewe en hang nie net om die rante rond, reg om te kritiseer as jy die waarheid verontagsaam nie.Ek hoop jy het ook so ‘n engel in jou lewe en dat hulle jou sal help om regtig te sien, om die waarheid ook jou eie te maak, sonder dat jy dit as ‘n bedreiging ervaar.Erika

Page 2: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ... · Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel

2

AKADEMIEEKSAMENROOSTER

DAG DATUM GR. 4 GR. 5 GR. 6 GR. 7

Vrydag 14/11 Engels Engels Engels EBW

Maandag 17/11 Wiskunde Wiskunde Wiskunde Engels

Dinsdag 18/11 LO

Woensdag 19/11 Afrikaans Afrikaans Afrikaans Wiskunde

Donderdag 20/11 SK

Vrydag 21/11 SW SW SW Afrikaans

Maandag 24/11 NW NW NW NW

Dinsdag 25/11

Woensdag 26/11 LV LV LV SW

Donderdag 27/11 Tegnologie

EksamenreëlingsDie gr. 4- tot 7- leerders het reeds hul eksamenafbakening ontvang en dit is ook op die School Communicator beskikbaar.Die leerders skryf daagliks tydens die eerste sessie eksamen.Gr. 4 en gr. 5 skryf in hul registerklasse en gr. 6 en gr. 7 in die saal.Dagrooster tydens eksamen: 07:25 tot 07:45 Registerperiode en inneem van boeke07:45 tot 08:00 Beweeg na saal 08:00 tot 10:15 Eksamen10:15 tot 10:45 POUSE10:45 tot 12:00 Studiesessie12:00 tot 12:20 POUSE12:20 tot 13:00 StudiesessieVir die duur van die eksamen kom die leerders om 13:00 uit.Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel sal die administratiewe personeel van die kantoor gereed wees met die uittekenboeke. Ons vra egter vriendelik dat ouers nie voor 10:00 hiervoor by die skool sal opdaag nie. Indien u nie u kind vroeër kan kom haal nie, kan u kind eers om 13:00 gehaal word.

Indien ouers nie self hul kind kom haal nie, maar ‘n drywer, vriend of familielid stuur, moet hulle in besit wees van ‘n brief wat aandui dat hulle magtiging het om die leerder te kom haal.Die personeel sal daagliks aan diens wees: Ma. en Do. tot 14:00, Di. en Wo. tot 13:30 en Vrydae tot 13:00 vir die leerders wat by die skool bly.Die naskoolsentrum funksioneer normaalweg tot en met Dinsdag 9 Desember. Die naskoolsentrum sal vir die res van die vakansie gesluit wees.Vanaf Vrydag 28 November tot Woensdag 10 Desember 2014 sal die leerders die personeel behulpsaam wees met die gereedmaking van die lokale vir 2015. Sommige van die personeel verskuif na ander klaskamers, tafels word afgeskuur en handboeke word gekontroleer.Die rapporte sal op Woensdag 10 Desember 2014 tussen 07:30 en 08:00 by die registerklasse uitgedeel word. Op dié dag sluit die skool om 11:00. Indien u dan reeds met vakansie vertrek het, moet ‘n gefrankeerde koevert vroegtydig by die registeronderwyser ingehandig word.Dankie vir u samewerking in die verband.

KULTUURRevue DVDDie bestellings sluit finaal op Vrydag 14 November. Alle DVD’s sal saam met die rapporte huis toe gestuur word.

SPORTRUGBYKonkadatums 2015o/9A - 19 – 21 Maart 2015o/10A - 23 – 25 Maart 2015o/11A - 6 – 9 April 2015o/13A - 30 Maart – 2 April 2015NETBALo/13A - 31 Maart – 4 April Georgeo/10 – o/13 - 17 – 19 April (A- tot D-spanne) RalokaTENNISSeniorsUitslae:Seuns B - Fairland wen Louw Geldenhuys 53 – 28Tennisoefening: Maandae 7:00 – 8:00 (in die oggend) - by Jean – Top 8 seuns en dogtersDaagwedstryde: Daagwedstryde sluit nou 10 Desember 2014.

Page 3: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ... · Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel

3

Seniorseuns - Voorlopige rangleer vir 20151. Kyle Swanepoel 2. Johan Muller3. Divan Pienaar 4. Connor Kilbourn5. Leon Dörfling 6. Aiden Viljoen7. Berndt Schreuder 8. Reynard du Toit9. Herman du Plessis 10. Ruben Kruger11. Johann Beyers 12. Franco Welgemoed13. Zack van ZylSeniorseuns - Juf. NadiaSeniordogters - Juf. TinekeJuniorsTennisoefening: Maandae16:00 – 17:00 (by Jean – Top 8 seuns en dogters)Indien ‘n leerder nie bogenoemde oefening kan bywoon nie, moet daar voorafverskoning by juf. Lizahn gemaak word.KRIEKETUitslae:o/9A Fairland 162/3 vs Dalmondeo 104/ Beste Kolwer: Deon Muller 65* Beste Bouler: Deon Muller 4beurte; 3 paaltjies; 16 lopiesFairland wen met 58lopies.o/11A Fairland 162/1 vs Fontainebleau 161/4 Beste Kolwer: Aiden van den Berg 85* Beste Bouler: Johan Bredenkamp 5 beurte; 1 paaltjies; 27 lopiesFairland wen met 9 paaltjies.1ste span Fairland 177/9 vs Fontainebleau 166/8 Beste Kolwer: Herman Neveling 58 Beste Bouler: Janko de Swardt 3 paaltjies, 26 lopies, 5beurteFairland wen met 11 lopies.Micheal VermeulenMini-krieketUitslae: o/7’s wen 3 verloor 1 o/8’s wen 4 verloor 0Juf. Estelle

ONDERSTEUNERSHEMDE EN –PETTEDaar is nog ondersteunershemde- en pette beskikbaar by Adele Ekron in die kantoor. Ons doen ‘n beroep op ons ouers om asb. ‘n ondersteunershemp en –pet aan te skaf sodat Fairland se ondersteuners duidelik kan uitstaan.

INLIGTINGSENTRUMAlle gr.5 leerders wat belangstel om in 2015 diens te doen as ‘n medialeier of ‘n leesklub-leier moet voor/op Donderdag 20 November hul name persoonlik by Juf. Leanie kom opgee en ‘n motiveringsbriefie skryf hoekom jy graag wil diens doen as ‘n medialeier/leesklubleier. Daarna sal daar ‘n keuringsproses wees waar die gr. 5-vakonderwysers ‘n kriterialys sal voltooi waarvolgens die leerders dan gekeur sal word vir òf ‘n medialeier òf ‘n leesklubleier.DankieLeanie TaljaardALGEMEENVERE-KASVere-kastye:1. Verlore klere ( nie skoolklere) by Vere-kas, wat tydens revue in klasse agtergeblyhet.Kom

kyk asb.2. Neem asb. kennis dat die Vere-kas tydens die eksamen net op die volgende oggende oop sal

wees:(Vr. 14 Nov., Ma. 17 Nov., Wo. 19 Nov., Vr. 21 Nov., Ma. 24 Nov., Wo. 26 Nov. )NB: Die Vere-kas sal nie oop wees in die middae tydens die eksamen nie.3. Die laaste dag wat die Vere-kas oop sal wees, is Vrydag28 November.Ons sal dan langer as

gewoonlik oop wees (tot 10:00)vir die wat graag wil kom voorbereiding doen vir volgende jaar.

Dankie vir almal se ondersteuning deur die jaar en julle moet lekker rus en ‘n geseënde Kersfees hê.KerfeesgroeteLillian Ankersmit082 324-5034PA EN SEUN-KAMP6 – 8 Maart (Malonjeni)MA EN DOGTER-KAMPAandag alle mammas en dogters. Ons kamp volgende jaar van 6 – 8 Maart 2015.Besprekingsvorms kan vanaf Maandag 17 November 2014 by Adele Ekron in die kantoor afgehaal word.Baie dankieKaren Nel

Page 4: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ... · Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel

4

Laerskool Fairland se swemspan het voorwaar ons naam hoog gehou tydens die afgelope 4 gala’s wat plaasgevind het op 17, 24, 31 Oktober en 7 November.

Uitslae is soos volg:17 Oktober - Tweede plek uit 5 skole24 Oktober - Eerste plek uit 3 skole31 Oktober - Tweede plek uit 6 skole7 November - Derde plek uit 7 skoleOns is baie trots op ons swemspan!SwemgroeteJuff. Vivia, Lindsay en mnr. Johan

RUGBYShae Hiepner is op 25 Oktober deur Diggers Rugbyklub as die beste o/13-speler van die jaar aangewys en hiervoor ontvang hy ‘n trofee. Baie geluk Shae!

GIMNASTIEKDaniéle van der Merwe en Tina-Mari Meyer neem saam met hulle groep deel aan die South-African Gymnastics Federation se Nasionale Gymnaestrada kwalifiserende kompetisie.Die groep kwalifiseer en word gekies om Suid Afrika volgende jaar in die” 15th World Gymnaestrada Games” wat in Helsinki Finland in Junie 2015 gehou sal word, te verteenwoordig.Dit is ‘n groot eer om gekies te word en om teen die hele wêreld se gimnaste te kompeteer. Ons is trots op ons dogters en wens hulle sterkte toe met die voorbereiding!!

ADVERTENSIESCONSTANTIA SKOOLKLEREOuers kan nou vir Constantia kontak om te hoor of hul reeds die klere ontvang het.Tel.no.: (011) 791-1300Adres: Hoërskoolsentrum, Malibongwerylaan, Robindale, Randburge-posadres: [email protected] leweransier:Sportmans Warehouse:Tel.no.: (011) 431-0406Adres: Heathway Square, Beyers Nauderylaan, Cresta, Johannesburgwebtuiste: www.schoolandleisure.co.za

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND• Gholf - Ruan Basson ([email protected])• Swem - Johanette Judels ([email protected])• Avontuursport - Lindsay Stadtlander ([email protected])• Ruitersport - Marli Grobbelaar ([email protected])SWEM

Page 5: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ... · Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel

5

DECEMBER - HOLIDAY TENNIS CAMP - COME JOIN THE FUN! Water balloons, jumping castle (water slide), swing ball and more fun. WHEN: 11th Dec. – 13th Dec. (3 days) OR 5th Jan - 9th Jan 2015. WHERE: Fairlands Tennis Club All levels of play welcome! AGES: 6 – 13 TIME: 8:00 – 12:00 COSTS: 1 day @ R250 per child (4 hours) 3days @ R550 per child (12 hours) 5 days @ R900 per child (20 hours) Payment information to be advised. TO BRING: Sunblock, towel, dry clothes, racket, hat and a friendly face! CLOSING OF ENTRIES: 3rd December (Dec Camp) & 31st Dec (Jan Camp) Register with, Merisa Steyn on 083 651 7826 or [email protected] Please send your dates you would like to enter on email to obtain your confirmation of entry.

AGE GROUP 1: 10 – 13 years 08:30 – Attendance and welcoming (all ages) 09:00 – 10:00 (with water breaks) Three (3) game situations: 1. Serving and returning, 2. Playing groundstrokes and rallies 3. Approaching the net and passing the net player. Five (5) basic tactics: 1. Consistency 2. Moving the opponent 3. Maintaining good court position 4. Playing to strengths. 5. Exploiting the opponents’ weakness 10:00 – 11:00 Match play 11:15 – 12:00 (FUN TIME IN THE SUN)

JUNIOR CODE OF CONDUCT AGE GROUP 2: 6 – 9 years 08:30 Attendance and welcoming (all ages) 9:00 – 10:00 (with 5 minute water break) Three (3) game situations: 1. Serving 2. Basic forehand and backhand 3. Volleys Five (5) basic tactics: 1. Consistency – what it means and hitting the ball to the same area 2. Moving the opponent – hitting the ball away from your friend making him move.

3. Maintaining good court position – movement 4. Playing to strengths – where’s my friends strengths? (What is he good at?) 5. Exploiting the opponents weakness – what’s my friend weakness in the game (what’s he struggling with?) All situations and tactics are learned during play to gain a better understanding 10:00 – 11:00 (FUN TIME IN THE SUN) 11:10 – 12:00 Match playADVERTENSIEBORDE Die bordop die hoek van Marketstraat en 7de Laan is pas nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar:12 spasies: 1.18m x 0.46m (Koste: R1500 per spasie jaarliks)1 spasie: 2.46m x 1.215m (Koste: R4000 per spasie jaarliks)(Die koste sluit die maak van die borde uit.)

We Redefine Your Beauty R230 – Natural/French Tips with Gel or Acrylic R300 - Manicure & Pedicure R380 – Full Leg, Hollywood, Full Face Wax (Plus FREE Underarm) Maggie 076 712 2271 www.roodepoortbeautysalon.co.za

TYDDEEL TE HUUR Mtunzini Forest Lodge tyddeel te huur. Noord van Ballito. Moderne 2 slaapkamer wat 4 mense slaap. DSTV, klubhuis. swembad, restaurant en kroeg in lodge. Klipgooi van Princes Grant gholfbaan. Pragtige uitsig! 100m van die see af. 5 tot 12 Desember vir R5999. Skakel Shaun op 082 9055 437

ADVERTENSIEBORDE

Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is pas nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar:

12 spasies: 1.18m x 0.46m (Koste: R1500 per spasie jaarliks) 1 spasie: 2.46m x 1.215m (Koste: R4000 per spasie jaarliks) (Die koste sluit die maak van die borde uit.)

Page 6: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ... · Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel

6

NUUT OORGEDOENDE HUIS TE KOOP IN WELTEVREDENPARKPragtige huis in ‘n doodloopstraat en veilige area.• 3 Slaapkamers• 2 Badkamers• 3 Motorhuise• Bediendekamer• Ruim cottage • Swembad en lapaVir enige navrae skakel 082 565 5620PIRATES JUNIOR CRICKET CLINIC9-12th December 2014 or 15-18th December 2014Specialized, individual coaching, batting, bowling, fielding, speed and agility training.Fun learning environment.Time 9:00 – 12:00, ages 6-13, cost R1000 for the clinicContact Liam 0711604378 or Daryn 0836266475

Page 7: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ... · Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel

7

Sheree, helfte A5 asb!!!!

Page 8: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ... · Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel

8

Sheree, helfte A5 asb!!!!

Page 9: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ... · Ouers wat hul kinders wil kom haal om tuis te studeer, mag hulle om 10:15kom haal. Die leerders moet uitgeteken word en vir dié doel

9