maliewales - vroue landbou unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41...

48
1 Maliewales Desember 2014 With many winding turns, That leads us to Who knows where, But I'm strong. Strong enough to care. Ah, She ain't heavy, Cause, she's my sister. So on we go! Her welfare is my concern. No burden is she, To where, we'll get there! But I know she will not uncomfort me… Ah, she ain't heavy. Cause, she's my sister. When the going gets rough, I've got a sister, I've got a friend. Ah, you must call me. She’s my sister

Upload: others

Post on 04-Jul-2020

10 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

1

Maliewales

Desember 2014

With many winding

turns, That leads us

to Who knows

where, But I'm

strong. Strong

enough to care. Ah,

She ain't heavy,

Cause, she's my

sister. So on we go!

Her welfare is my

concern. No burden

is she, To where,

we'll get there! But

I know she will not

uncomfort me…

Ah, she ain't heavy.

Cause, she's my

sister. When the

going gets rough,

I've got a sister, I've

got a friend. Ah,

you must call me.

She’s my sister

Page 2: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

2

MALIEWALES DESEMBER UITGAWE ~ TYDSKRIF UITGAWE VAN MALIEVELD STREEK, VROUE LANDBOU UNIE STUUR BYDRAES VIR VOLGENDE UITGAWE NA EUNANZA FARRELL [email protected] 072 436 4139

ADVERTENSIE-SPASIE BESKIKBAAR KONTAK MARIETTE JOUBERT 083 334 0303 BL. NR ARTIKEL

3 Redaksioneel... So kom alle goeie jare tot ‘n einde...

3 Groeteboodskap van Mariette Joubert

4 Portugal

4 Kortverhaal: Rondawel nommer 308

6 Gedigte

7 Padkos vir my Oupa

8 Verbeel jou dat jy die volgende prys gewen het...

9 Machel se Onderberg~Streekvergadering resepte

10 Malie-liefie ~ ATKV Rooibandjie dankie sê

11 Die siel van my Kebuis is my Ouma...

12 Wie is Hester Schoeman?

13 Gesinne van Vlamlelie tak leer mekaar beter ken...

13 Streekprojek 2015-2016 ~ Solidariteit Brei...

14 Poem: Moondancers

15 Doen & Leer saam met die jongspan

16 Aartappels

17 Ouma inspireer kleinkinders...

18 Clover Koek Bak Kompetisie

19 Piekniekmandjies & Padkos Idees...

25 Groot geword in ‘n Portugese Huis

27 Hekel Oggend

27 Vlu vroue ... knap besigheidseienaars

27 Flamboyant dames hard besig met voorbereiding vir hul afsluitfunksie

28 Fleur de lis hou prettige vergadering

28 Finesse groete lojale lid Nora van Staden wat Strand toe verhuis...

29 Vlu-lede neem die Kaap op horings

30 Jeanetta le Roux het talent

31 Groeteboodskap van Rina Potgieter

31 Vlamlelies woon hulle eerste kongres by

32 Geluk aan ‘n waardige vrou..

32 Pro-Councilor – my vertroueling

33 Vlamlelies vier lente saam met die slange

34 Hier kom die... Rooibokke

35 Vlamlelies leer skilder

35 Die waarheid...

36 Judith Maritz ~ Finesse se Vonkelvrou 2014

37 Ingelegte Avokado

37 Vlamlelies verband hulle vingers

38 Be wary of misleading adverts and spend wisely during the festive season

39 Broomstick en Badplaas

39 Raak weer kind

40 Die VLU-koek

41 Gesondheid...

43 Belangrike Datums vir 2015

45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

49 Word deel van die VLU Vroue Landbou Unie

Page 3: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

3

Redaksioneel... So kom alle goeie jare tot ‘n einde... Baie dankie vir elkeen wat deur die jaar hulle bydraes stuur vir die Maliewales en dis so lekker om met elke uitgawes om mede lede te leer ken en te sien die interessante vroue wat ons organisasie maak in wat dit is. Vir sommige was 2014 uitdagende jare en ander weer opwindend. Hoe dit ookal sy, mag 2015 vir jou ‘n mooi jaar wees. Mag ons leer uit die dinge van 2014 en dit toepas in 2015. Mag ons laat los van pyn en seerkry en

vaster hou aan vriendskap en seëninge. Mag jy met hierdie woorde 2015 ingaan:

God, grant me the serenity to accept the things I cannot change,

The courage to change the things I can, And the wisdom to know the difference.

Skakelgroete Eunanza Farrell

Malieveld Skakelbeampte 2

BYDRAE DEUR MARIETTE JOUBERT

Groeteboodskap van Mariette Joubert Liewe VLU-vriendinne, Vanuit ‘n heerlike, ontspanne atmosfeer in ‘n lugverkoelde rondawel hier by Eiland Spa deel ek graag die volgende gedagtes oor 2014 met julle: Wat ‘n vol jaar het ons weer eens agter die rug, ‘n jaar waarin ek soveel bygeleer het op alle vlakke van my menswees, my vrouwees… Ek besef telkens dat VLU na soveel dekades beslis nog haar oorspronklike beloftes nakom en is oor en oor verwonderd hoe elke tak dieselfde dinge op ‘n uiters oorspronklike wyse aanpak en uitvoer. Ons almal word volgeprop met inligting, nuwe vaardighede, vriendskap en onderskraging – maand-in en maand-uit. En VLU ‘n hond uit ‘n bos uit, net waar ons kom. Ons “Reis”-jaar is verby soos ‘n warrelwind deur ‘n droë mielieland –: Ons het ‘hoog’ deur die lug gedraai met Konferensie, die pad het deur Kongres gegaan en dan ook baie dankie aan Finessetak wat hierdie tema ook in ons laaste streekvergadering laat uittroon het. Dit was ‘n besondere oggend! Aan elkeen van julle ook ‘n groot dankie vir jou toegewydheid tot ons organisasie, ek is so trots op my streek. Julle is voorwaar vroue wat ‘n verskil gemaak het in ons gemeenskappe die afgelope jaar. Werk nou maar hard oor die Desember-ruskans sodat ons kompetisie-artikels klaar kan kom – ons het ‘n provinsiale mylpaal om te bereik, Tambukistreek moet bietjie stof proe volgende jaar! My Kerswense aan julle is LIEFDE en nogmaals LIEFDE. Vir mekaar as VLU-lede, vir gesinne, vir bure, vir diegene by wie ons in die straat verbystap. Kyk na mekaar met Jesus-liefde, God se GROOT geskenk aan ons. Ervaar Sy hand in jou lewe met dankbaarheid en moet nooit huiwer om die Here se genadeboodskap te versprei nie. Ek voel aan my lyf dat ek nou ‘n breuk nodig het, maar tog dwaal my gedagtes gedurig oor die uitdagings wat in 2015 op ons wag en is ek opgewonde oor die vars, nuwe dinge wat wag om ontdek en ontgin te word. Rus maar goed uit, want die Malieveld “Roller Coaster” wag… Liefde, Mariette Joubert

®

Page 4: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

4

BYDRAE DEUR RIKA ERASMUS ~ FLEUR DE LIS TAK

Portugal Ek was bevoorreg om Portugal te kon besoek – Lisbon & die Algarve. Julie & Augustus is hulle hoë seisoen en die ligging baie soos die Kaap, son sak baie laat, temperature hoog maar nie ‘n droë hitte nie. Baie ryk in geskiedenis en bekend vir al hulle kastele en paleise. Plekke wemel van toeriste, jonk en oud meeste “backpack” sommer. Ons eerste indrukke was dan ook blywend. ‘n Skoon en veilige land, mense baie geduldig, behulpsaam, eerlik en skoon. Voetgangers kry voorkeur. Publieke vervoer is vollop, treine, ondergrondse metro, busse ens., hulle publieke vervoer is streng volgens skedule en op ‘n gereelde basis.

Portugal is veral bekend vir hulle hoender, vis, brode en pasteie soet en sout, vars gebak (natas). Die mense drink koffie (Espresso) by kafeetjies, en geniet dan sommer die heerlike pasteitjies. Die Portugese nasie siesta in die middag en kry dan ‘n tweede lewe in die aand, begin eers uitgaan van 21h00 af. Meeste van hulle restaurante sluit eers 24h00.

So vergeet ek dan ook my beursie by ‘n restaurant, 3km van waar ons bly (dapper stap)…… Na seker 4ure skakel ons hulle en sowaar, beursie veilig by die toonbank met al die geld en kredietkaarte.

®

BYDRAE DEUR HELENA DEKKER ~ BARBERTON TAK

Kortverhaal: Rondawel nommer 308 Dit is laat en donker en nat. Donderslae volg met oorverdowende knalle kort op mekaar en helder blitse verlig vlietend die kampterrein. Dowwe kerslig verlig die ontvangs toonbank. Die kragonderbreking kon nie op 'n meer ongeleë tyd gekom het nie. Die skielike wolkbreuk het die rivier in ʼn woedende watermassa verander en die brug weggespoel skaars 'n halfuur nadat 'n toerbussie vol toeriste onverwags in die amper oorvol kamp ingetrek het. Hulle wou net na die wit leeus kom kyk, maar nou moet almal slaapplek kry! En lig! Die kragopwekker is deur die weer raakgeslaan en Marinus begin in die stoorkamer rondvroetel vir pakke kerse en olielampe vir die gaste. Kobie druk haar vingers deur haar alreeds deurmekaar hare. Sy kort nog net slaapplek vir vier mense. Die eetkamer is oorvol met matrasse en beddegoed en die meesste van die toergroep is geholpe behalwe die vier wat geduldig wag. “Wat van rondawel 308?" Vra Marinus skielik agter haar. "Daar is nie iemand in nie." "Dit is onmoontlik. Jy weet ons kan nie iemand in daardie rondawel sit nie," fluister sy vir hom. "Jy weet dit spook daar." "Ons is nie bang vir spoke nie," sê een van die mans wat haar gehoor het. "Ons sal die rondawel vat." Die ander drie skud hulle koppe instemmend. “Buitendien, ek wou nog altyd 'n spook se hand geskud het," spot 'n ander. "Ek is jammer, ek kan julle regtig nie in daardie rondawel sit nie. Die laaste persone wat daar geslaap het, is met 'n ambulans hier weg as gevolg van die spoke."

Page 5: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

5

"Ons is vier groot mans. Wat kan spoke aan ons doen? Gee daardie sleutel, en as dit jou gelukkig sal maak, teken ons 'n vrywaringsvorm of iets. Ek is buitendien nou al so moeg ek sal soos ʼn klip slaap." Met 'n swaar gemoed oorhandig Kobie die sleutel. Sy gee vir Marinus 'n vuil kyk. "Neem asseblief die menere na die rondawel. Gee ook vir hulle twee pakke kerse. Ek het 'n idee hulle gaan dit nodig kry."...................................... 'n Bloedstollende gil laat Kobus verskrik regop in die bed sit. Deur die stikdonker probeer hy die rigting van die geluid bepaal. Die geknars van die vuurhoutjie op die boksie laat hom amper gil, maar hy keer die geluid betyds in sy keel. Hy probeer die vertrek sien in die dowwe lig van die kers se flikkerende vlam. "Het jy dit gehoor?" vra Frans. Hy snuif. Die swaar reuk van yster hang in die lug. ʼn Doodsroggel laat hom verskrik na Eben se bed loop. Hy skud aan Eben. Geen reaksie nie. "Kobus, kom help!" Roep hy benoud. Saam skud hulle hulle vriend wat op sy maag lê. Hulle draai hom om. 'n Gapende wond waaruit bloed roggellend borrel verskyn onder die onthoofde kop wat eenkant toe val. Met 'n gil vlug die twee mans na die anderkant van die kamer. "Steek die ander kerse aan!" gil Kobus vreesbevange. Frans gryp een in elke hand en steek dit vinnig aan. Met afgryse staar hulle na die lyk op die bed. "Wat gaan hier aan?" Vra iemand agter hulle. Met skok swaai hulle om en in die badkamerdeur staan Eben! Hulle draai na die bed en staar verbaas na die onopgemaakte leë bed. Eben loop by hulle verby en wil op die bed gaan sit, maar Frans ruk hom terug. "Moenie!" Tinus sit regop in sy bed. Die volgende oomblik staan hy by sy vriende. Wasbleek. "Daar is 'n bebloede hand in my bed!" Die mans gryp elkeen ʼn kers in die hand. Hulle maak dit staan op die klein tafeltjie by die badkamerdeur, dankbaar dat Kobie so baie kerse saam gegee het. In die helderverligte kamer kyk hulle rond. Net 'n doodgewone witgeverfde rondawel met vier onopgemaakte leë beddens. Nie een van die mans is nou verder lus vir slaap nie en hulle neem plaas op die stoele rondom die tafeltjie. Eben se oë rek oop en hy wys na 'n kol op die vloer. 'n Poel bloedrooi warm stomende bloed word stadig groter en groter en groter. Dan vorm dit 'n streep wat stadig oor die vloer in hulle rigting kruip. Hulle sit versteend. Weet nie wat om te verwag nie. Druppels bloed drup van nêrens uit die lug uit op die streep wat by hulle voete gestop het. Die yster reuk van warm bloed versmorend in die lug. Die druppende druppels begin stadig wyer en wyer en wyer kring tot dit soos 'n sproeier teen die mure en oor hulle reën. Hulle koes vir die bloedreën agter hulle hande. Warm druppels loop oor hulle gesigte, in hulle hare, oor hulle lywe. Die half onthoofde liggaam swaai al in die rondte aan sy voete wat aan ‘n tou wat in die middel van die rondawel se nok vasgemaak is, rond. Vinniger en vinniger. Bloed verf die mure, die mans, die tafel, die grond, rooi. Dan word die bloed minder en minder tot dit net die swaaiende liggaam is. Die kop ruk van die lyf af en tref die oorkantste muur met 'n oorverdowende slag! Dit hop soos ʼn bal tot op die bed waar Eben geslaap het. Die liggaam val met ‘n slag voor die vreesbevange mans en word oor die vloer en deur die bloed gesleep. By die bed word dit opgelig en bo-oor die kop gegooi. Die starende dooie oë loer onder die verfrommelde liggaam uit. Skielik is dit stikdonker. Al die kerse het gelyk doodgegaan. Tinus trek 'n vuurhoutjie. "Is julle ok!?" Vra hy hees. Die ander knik hulle koppe. Vinnig word die kerse aangesteek. Weer is dit net die doodgewone witgeverfde rondawel met vier onopgemaakte leë beddens. Nie 'n liggaam of 'n kop of 'n druppel bloed nie. Hulle kyk na mekaar. Saam stap hulle deur toe. Dis gesluit! Hulle ruk en pluk, maar die

Page 6: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

6

deur bly stewig toe. Stadig loop hulle terug tafeltjie toe en gaan sit. Te bang om te beweeg. Wagtend vir iemand om iets te sê. Frans is die eerste een om te beweeg. Met 'n hand wat erg bewe wys hy na die bed waarop Tinus geslaap het. Een vir een plof daar 'n liggaamsdeel op die bed neer. Agt hande. Agt voete. Vier handlose arms. Drie bene sonder voete. Ses ore. Twee neuse. Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe albasterronde oë! En dan hoor hulle dit al vier. Dit begin sag, baie sag. Soos die ligte skuifel vlug van muise. Vanaf die bed waar die ronde oë nog liggies heen en weer wieg. Nader en nader aan die tafeltjie, nader en nader na hulle toe. Die laggie van die vrou wat eers 'n proeslag is, dan 'n giggel en dan 'n tree of wat weg van hulle hard en uitbundig weergalm. Harder en harder.. Nader en nader.... Waansinnig! Histeries waansinnig...! By die tafel......!! Dit was meer as wat enigeen van die mans kon uithou en met 'n gil storm hulle deur die venster na buite. Na veiligheid! ............................................. Kobie en Marinus probeer so goed as moontlik die wonde wat die glasstukke veroorsaak het verbind terwyl hulle op die polisie en ambulans wag. Die vier mans sit doodstil, starend in die verte. Hulle arms stewig om mekaar vasgeklem. Reageer nie. Sit net bibberend met hulle rue gekeer op die rondawel van vrees. Vier jong mans wie se hare oornag spierwit geword het.

®

BYDRAE DEUR HELENA DEKKER ~ BARBERTON TAK Gedigte deur Helena Dekker

Gedig: Kerswens Vrede, vreugde en rus is my Kerswens vir jou. Met Jesus se Seën Sy Liefde en Trou, is die jaar wat nou voorlê reeds in Sy hand toegevou. Mag Voorspoed en Liefde geluk uit Sy Hand, die pad vir jou mooi maak, Geseënde Kersfees Met die beste Nuwe jaar.

Gedig: Kersfeestyd 'N baba was gebore, ver in 'n dorre land om vir ons aan die kruis te sterf vir die redding van elke siel. Nou is die Hemel vir almal beskore, 'n geskenk uit ons God se hand. Elkeen kan die ewige lewe erf As hy in Gebed voor God neerkniel.

En als begin met 'n Heilige geboorte, Ons Heiland in 'n krip gelê met herders onder sterrelig

en wyse manne van 'n verre land. Hy is ons sleutel na die Hemelpoorte. ”Volg My!” het Hy aan ons gesê. Net Geloof en Gebed is nodig, om te gaan bly in God se beloofde land.

Gedig: Die Kerskind

Lofsing die geboorte van ʼn Redder wat gekom het as kind. Prys die wyse Vader wat ons so goed ken om te stuur ʼn Redder, nie geld of oorlogsgewaad. God kom op maniere en plekke waar ons Hom nie verwag nie, ʼn babatjie, ʼn vriend, ʼn mooi sterre nag. Steek uit jou hande en vou dit om jou, diep in jou hart, daar sal jy Hom vind. Jesus se geboorte het die Lig gebring om die wanhoop in harte te verlig. As jy Hom aanneem, as jy Hom eer, word Hy jou Redder, en jy word Sy kind. Ons grootste behoefte is verlossing uit nood, ons grootste behoefte is om te reik na die hoop. ʼn Kerskind was Sy antwoord, ʼn Man wys en vol sagtheid, ʼn man wat ons altyd, die regte pad kan wys

®

Page 7: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

7

BYDRAE DEUR EUNANZA FARRELL ~ FINESSE TAK

Padkos vir my Oupa

Deur Niël Stemmet My Oupa se Audi se registrasienommer was CCD 66. Die kar was wit en het leersitplekke gehad, as ek reg onthou was die rooi en swart. Die stuurwiel was met

ligbruin leer oorgetrek met sulke leer-rieme wat die stuurwiel styf vashou. Oupa se kar was outomatic, en onse almalkinders, het geleer bestuur in Oupa se mouter. Ek dink ek was ses toe ek die eerste keer Oupa se kar bestuur het. Oupa het my opgetel en op sy skoot het ek gesit, my blou oë kon skaars bo-oor die swart dash board die pad raaksien. Dan sit Oupa die kar in gear en dan ry ons af in die plaaspad. Ek dryf die stuurwiel. Oupa sê : “Hou jou oë op die pad Niël“ dan trap Oupa die petrol, die ruit is oop en ek waai vir die volk met my regterhandjie. Nou met tyd het ek groot geword en deur my skoolloopbaan het ons baie rond getrek in ander dorpe gaan bly. Eers die Paarl, toe Hartswater en daarna Upington. En oralster het Oupa en Ouma kom kuier met CCD 66. Oupa was lief vir rondry en ek dink Ouma ook. Voor Oupa die mouter start moes Ouma eers padkos maak. Dan kom Miena nog vroeër as gewoonlik in om vir Ouma te help met die mandjiekos. Ouma maak frikkadelle, Miena kook eiers, hulle sny boerbrood, smeer plaasbotter op en dan sny Miena skywe tuintamaties en uie op die brood. Ouma pak van die somer se droëperskes in, ook van die winter se biltong. Appelkoos- en perskekonfyt, beskuit , boerseep en kleinkoekies. Die gellingkan word vol fonteinwater gemaak en Miena maak twee flesse moerkoffie waarin sy plaasmelk en winkelsuiker gooi. Saam met die proviand pak Oupa sy geskenke van die plaas: pekanneute, amandels, gedroogte appelkosies, gedroogte korente, gedroogte perskerolle, sy eie wyn, KWV se brandewyn en ‘n groot bos proteas vir my Ma en natuurlik ‘n blik met winkellekkers vir onse kinders. As die son lig agter die berg, start Oupa die kar en dan klim hy en Ouma in die kar. Ouma het ‘n tjalie om haar skouers vir die naglug. Oupa sit die draadloos aan om die 6 uur nuus te luister. So ry hy en Ouma in stilte, die telefoonpale knik verby die vensters. Oupa wys vir Ouma die valk wat deur die lug klief. Elke uur hou Oupa stil vir ‘n mondjie koffie wat hy uit die koppie se piering drink met sulke slurp geluide. Ouma eet ‘n broodjie, met haar servet met die pienk blommetjies op haar skoot oopgestryk om die krummels te vang. Soms hou Oupa stil as hy ‘n veld met blomme sien, dan loop en kyk hy met sy arms agter sy rug die veld voor hom. Hy luister na die voeltjies se gesingery. Hy kyk hoe die miere nes maak, en roep vir Ouma om te kom kyk. Hy vertel vir haar van Eugene Marais se boek “Die siel van die mier “ dan pluk hy vir Ouma ‘n klein bossie veldblomme. Hy maak vir Ouma die deur oop en hulle ry verder. Later hou hulle stil onder ‘n koelteboom en sit by die sementbankies en tafeltjie met die sagte groen rante. Ouma gooi ‘n tafeldoek oor die tafel en pak dan die padkos uit. Oupa kyk in Ouma se waterblou oë en dan sê hy: ”Maak toe die oë” Hy en Ouma eet haar en Miena se padkos. Die motors jaag verby, Oupa skud net sy kop en eet verder.

Page 8: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

8

Ouma vra of Oupa genoeg gehad het. Oupa sê dankie en dan stap hulle kar toe. Oupa trek sy hoed met die tarentaalveertjie oor sy oë en dan dut hy eers sy middagslaap. Later. Oupa start die kar en dan trek hy stadig weg… So ry die twee ou mense in die mouter van dorp tot dorp. Die radio is aan, hulle luister die nuus al om die uur, en net na twee luister Ouma haar Springbokradio stories en saam luister hulle na Jan en Esmé se “So maak mens” program. As Oupa so ry en die radio se stasies gaan af, dan vertel hy vir Ouma stories, hy vertel haar van sy planne met die boerdery, van wat hy dink van die land van ons se politiek en dat hy Ouma eendag oorsee gaan vat. Oupa sê die wêreld het lanklaas reent gehad. Hy en Ouma kyk hoe die plaasdamme en die windpompe verby vliet. Soms vat Ouma haar hand en vou dit soos ‘n klein duifie in Oupa se linkerhand in… As Oupa en Ouma groet na die kuier by ons, gaan staan ek in die straat en kyk hou die wit kar kleiner word. Hoe die oranje flikkers aangaan en as die mouter om die draai gaan swem my oë soos ‘n padkaart in die eerste winter reent.

®

BYDRAE DEUR MAUREEN VAN DER WALT ~ FINESSE TAK

Verbeel jou dat jy die volgende prys gewen het... Elke oggend word R 86,400.00 in jou persoonlike rekening gedeponeer. Maar die speletjie het reëls ook.**** *Eerste Reël :* Alles wat jy nie die dag spandeer nie word teruggevat, jy mag ook nie net geld oordra in ander rekeninge nie. Jy moet dit net spandeer!**** *Tweede reël* Die speletjie kan enige oomblik gestop word sonder 'n waarskuwing. Dis verby! Jy kan nie 'n nuwe rekening oopmaak nie.**** Wat sou jy persoonlik doen? Jy sal alles koop vir jouself en almal wat vir jou saak maak? Selfs ook seker vir mense wat jy nie ken nie, want jy kan onmoontlik soveel geld op 'n dag op jouself spandeer?**** Die speletjie is eintlik waar, die naam is REALITEIT. Elkeen van ons besit so 'n bankrekening, ons sien dit net nie. Die rekening se naam is TYD. Elke oggend as jy wakker word is daar reeds 86 400 sekondes in jou rekening gedeponeer, 'n Gawe van die Lewe. As jy gaan slaap word alles wat jy nie gebruik het nie teruggevat. Dis verlore, vir altyd! Gister is verby. Die rekening kan gesluit word enige oomblik en sonder waarskuwing! So wat gaan jy doen met jou 86 400 sekondes?

Page 9: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

9

Is dit nie dalk meer werd as dieselfde bedrag in Rand nie? Geniet elke sekonde van jou lewe, want: Pasop!, Tyd snel baie vinniger verby as wat ons dink. Dank Jesus vir elke oomblik wat jy het, want dit is net genade!!!**** Wat gaan jy anders doen in 2015...?

®

BYDRAE DEUR MACHEL VAN COLLER ~ ONDERBERG TAK

Machel se Onderberg~Streekvergadering resepte Hier is ons (Onderberg) se lekker kos wat aan julle voor gesit met die Streekverg. Se resepte soos belowe. AARTAPPELSOP 1 X 250gr spek (gesnipper) 2kg aartappels (geskil en in 1/4te gesny) 4 x hoenderblokkies 1 ui (gekap) 1 bossie seldery (gekap) 1t “garlic & herb’ sout Sout & peper na smaak 4L melk & 1L water Braai spek & uie. Voeg res van bestanddele by en kook tot sag. Maak fyn. 1 koppie room kan deurgeroer word indien verkies. BROCCOLI SLAAI 1 Groterige broccoli (in blommetjies gesny) 1 rooi & 1 groen soetrissie (gekap) 2 rooi appels (in blokkies gesny) (moenie skil nie) 1 blik pitmielies 1 kop. grondbone 1 kop. pitlose rosyne. Meng alles saam. HOENDERPASTEI 2kg hoenderborsies 1L water 2 uie gekap 2 blokkies hoender Kook hoender in die water tot gaar. Hou 400ml van aftreksel eenkant. Sny hoender fyn. Braai uie. Roer 50ml meel by uie. Roer aftreksel, 15ml mosterd, 50ml mayonnaise by. Meng met hoender. Skep in oondpan. Maak kors met; 2 eiers 1 kop melk/room of karringmelk 1 kop olie 1 kop meel 1 t sout 4 t bakpoeier Klits eiers, melk en olie saam. Voeg meel, sout en bakpoeier by en meng goed. Gooi oor hoender. Bak @ 180c tot gaar. ®

Page 10: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

10

BYDRAE DEUR ALMARIE VAN ROOYEN ~ NELSPRUIT TAK

Malie-liefie ~ ATKV Rooibandjie dankie sê “ ‘n Kompliment terwyl ek lewe is beter as ‘n honderd op begrafnis”, het ek y ma dikwels hoor sê. “Dankie, siyabonga, thank you, siyabulela, re a leboga, siynomga, re a eboha, ha khensa, ri a livhuwa” is verseker tower-woordjies! Om daarmee saam, ‘n tasbare ATKV rooibandjie te gee, dra die “Dankie” soveel meer inpak en waardering. 20 Maart 2014, tydens VLU Malieveldstreek konferensie was ek bevoorreg om ‘n toekenning te ontvang vir ‘n vrou wat, nie neet ‘n verskil in die Vroue Landbou Unie maak nie, maar ook in die breër gemeenskap. Mariette Joubert, Malieveldstreek voorsitter het dit aan my oorhandig. Die wind was behoorlik uit my seile! Die “Rooibandjie-dankie” het onmiddellik by my opgekom. Toe ek vir die gehoor vra of iemand vir my ‘n rooibandjie het, het ‘n paar dames nader gestorm en almal het spontaan handegeklap. Dit was verseker op daardie oomblik nie ‘n meer toepaslike manier vir my om die bandjie aand Mariette Joubert te gee en daardeur ook ons wonderlike organisasie VLU te bedank vir die eer en erkenning aan my liefdeswerk/passie wat uitleef en my so gelukkig maak nie. Dankie, dankie ook vir die jarelange leerskool, VLU! Wat beslis ‘n groot aandeel in my selfvertroue, deernis

en omgee verbreed het. (Ek wens my pa en ma was

teenwoordig!) My man sê ek is

nog altyd sy sterk, my

kinders is trots en baie bly vir

de raaksien en erkenning

VLU bly baie spesiaal. O ja,

ons wonderlike VLU gebed,

het ek van dag een my eie

gemaak. (...) dit is werklik net

persoonlik), dankie.

Almarie van Rooyen, trotse

lid van Nelspruit Tak

Foto: Mariette Joubert, Almarie van

Rooyen en Rina Potgieter

®

Page 11: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

11

BYDRAE DEUR MARIETTE JOUBERT

Die siel van my Kebuis is my Ouma... Deur Niël Stemmet Toe ek nog kind was, het ek gepraat van ‘n kebuis. Iewers kon myse mond net nie die rol van die ô uitdruk nie. Vir my is die kombuis die hart van die huis – altyd. Ek onthou my ouma, Nellie Stemmet (Gerber), was ‘n ouma so reg uit Charles Perrault se sprokie, Rooikappie. Haar hare was witgrys en die golwe het na agter ge-eb. Haar poeierblou oë so sag dat jy kon bed opmaak daarin. Die mooiste was haar wange, met die blos van pienk perskebloeisels as die hitte van die stoof haar sag laat neurie voor die koolstoof. In die kombuis staan die geelhouttafel wat elke more skoongeskrop is, altyd met ‘n bossie bergblomme in die ou melkbeker met die getjipte tuit. Ek maak die voordeur toe en hardloop in die houtvloergang af tot in my ouma se kombuis. Ek gryp haar bene vas en druk my kop teen haar heupe: Ouma! My hele lyfie deeg vas teen haar heup. Sy vryf my bruin hare en sê: Goeiemôre Niël, my liefkind; wil jy ‘n sny brood hê, my kind? Sy sny vir my die goudbruin korsie van die vars witbrood af wat oondwarm op die houtbord op die houttafel staan. Haar hande smeer plaasbotter met die ivoorbeenmes op die korsie, dan neem sy die silwer konfytlepel en skep sonrooi perskesnipperkonfyt op die brood; die stroop loop af oor die kante. Sy sny twee stukkies geelkaas af en sit dit bo-op. Sy sny die brood deur en sit die blommekiesbord met brood voor my neer. Sy skink vir my moerkoffie uit Oupa se fles, met plaasmelk en ‘n lepel suiker. Dan gaan sit sy oorkant my en sê: Niël, vertel vir Ouma van jou dag… Terwyl ek in haar oë kyk, vertel ek haar van die bome wat stories vertel as hulle blare musiek maak bo my kop; vertel ek haar van die diamantdruppels wat ek vroemôre in die spinnerakke vind; vertel ek haar dat Oupa sê dié somer gaan warm wees vanjaar; vertel ek haar dat as ek groot is, ek ‘n ouma gaan word. Sy staan op en kom sit haar arms om my. Ek ruik die Johnsons-poeier op haar lyf, voel die sagtheid van haar wang, en my oë swem trane want ek is so lief vir my ouma. Vandag soek ek steeds dié ouma in my huis. Ek soek haar op in die ou resepte wat ek lees, die kos wat ek maak en die stories wat myse mond vertel. Ek ruik my ouma in bobotie met geelrys en rosyne, bedien met stoweperskes met ‘n naeltjie, en bros aartappels. Ek herleef weer haar kombuis as ek plaashoender kook met wonderpeper om haar hoenderpastei met die blaardeegblomme bo-op te maak. Ek herleef my ouma in die reuk van koffie wat op die stoof wolkies blaas. Ek proe haar as ek skaaptjops en aartappels saam met sout, witpeper en rasperneut stowe in die oond. My ouma bly in amper elke geur wat ek in my kombuis opsoek. Vandag dek ek tafel sonder haar gestyfde damaslinne. My tafel is skoon. Ek dek ook, soos sy, silwer; my glase is ou kristal wat ‘n leeftyd se wynstories van klaret tot by nuwewêreldse Viognier vertel. En as ons eet, dan vertel ek stories soos oupa Koot altyd sou doen. Ons kyk na mekaar bo-oor die tuinblomme uit die tuin. Anders as op die plaas, begelei Arvo Pärt ons gesprekke van die week se nuus en oor hoe ons kwansuis die probleme van vandag se wêreld gaan oplos. Die kombuis is weer, soos op die plaas, aan die voete van die Langeberge in Dassieshoek. Die bottels herfskleur ingelegde vrugte staan ook soldaat op die rakke, langs die lemoenmarmelade van die winter, die kwepers van die vroeë winter. Die beskuitblikke loop oor van rosyn-en-geelsuikerbeskuit. Gister het ons gemmerkoekies gebak.

Page 12: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

12

Soos Ouma, soek ek groente en vrugte uit by die boer wie se plaasstorie ek ken. Soos sy, glo ek dat elke vrug, groente en dier ‘n siel het. Soos sy, lief ek dit om kos te kook vir dié wat om my tafel aansit. Soos sy, sê die mense dat hulle liefde in myse kos kan proe. Miskien het ek tog nou uiteindelik ‘n/my ouma geword.

®

BYDRAE DEUR HANNIE VAN HEERDEN ~ LOERIE TAK

Wie is Hester Schoeman? HESTER SCHOEMAN – ‘n ware supervrou, sy is nie net ‘n spesiale ma en wonderlike ouma nie, sy is ook al 30 jaar met Hans getroud en ondersteun hom met liefde in al sy bedrywighede.

Met haar talente het sy gesorg dat sy ‘n waardige teenstander in VLU kompetisies is... Hester is ook die Loeries se sameroepster en met haar liefde, geduld en onuitputlike geesdrif sorg sy dat sy die beste uit almal haal. By Hester se Martique lodge en venue sorg sy dat haar bruide se drome waar word, deur hul gaste met haar kreatiwiteit, blommerangskikkings en spyseniering te betower. Hester is ‘n ware rolmodel vir amal.

®

Neil Stemmet is 'n kosskrywer, fotojoernalis, wynplaas -en restaurantkonsultant, gastehuiseienaar, interieurkonsultant, versamelaar en reisiger. al die inligting op die blog is onderworpe aan kopiereg en mag alleenlik gebruik word met toestemming van die outeur

Page 13: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

13

BYDRAE DEUR SUNETTE BARNARD ~ VLAMLELIE

Gesinne van Vlamlelie tak leer

mekaar beter ken... 'n Paar van die nuwe Vlamlelies het besluit dat hulle mans graag die ander mans en dames van die VLU wil leer ken. So besluit ons toe op 'n gesinsaand, en kon

almal mekaar baie beter leer ken. Met 'n skaap op die spit, by Vanessa se gastehuis, bo in die berg met die mooiste uitsig oor Nelspruit het die klomp bymekaargekom. Die mans was sommer al van vroeg die middag daar om vir Johan met die braai van die skaap te help, en kon heerlik kuier voor die dames opgedaag het. Natuurlik, toe die dames opdaag het die partytjie begin. Johan en Vanessa het vooraf vir elke lid gevra dat hulle 3 geliefkoosde liedjies van haar en haar gade moes aanstuur. Niemand het van mekaar se liedjies geweet nie. Dit is gedurende die aand gespeel, en was dit lekker om te raai wie se liedjie speel nou. En as die liedjie herken word, spring die persone op en dans spontaan. Johan en Vanessa en haar Butler het 'n onvergeetlike aand vir ons bewerkstellig, en die klomp het so lekker saamgekuier. Die volgende oggend het al die lede laat weet, hulle mans dink ons is 'n oulike klomp. Hulle wil glad elke maand so 'n byeenkoms hou! Sunette Barnard Voorsitter

®

BYDRAE DEUR SANTA KRUGER

Streekprojek 2015-2016 ~ Solidariteit Brei... SOLIDARITEIT HELPENDE HAND - WêRELD REKORDBOEK POGING Hierdie organisasie wil graag die wêreld rekord oortref met die maak van 1000 kombersies. Blokke word gebrei: Mate is 15 cm x 15 cm. Word in dubbelbreidraad (wol) gedoen en met no 4 penne. (Belangrik anders word dit nie erken as ‘n wêreld rekord nie) ‘n Kombers het 80 blokke. Enige breipatroon mag gebruik word. Takke en lede word gevra om asb deel te neem. U mag/moet gedurende tak vergaderings brei. (Toestemming by Streekvoorsitter) U kan net blokke maak of u kan die kombers voltooi. U kan ook besluit op ‘n tema, bv vir ‘n baba, ‘n kleuter, volwasse, man of vrou. Voltooide blokke of komberse word tydens streek vergaderings by my (Santa) ingehandig. Die eerste aflewering ontvang ons tydens konferensie op 19 Maart 2015. Die volgende Julie maand, dan November. Die jaar 2016 sal dan ook Maart, Julie en November wees, wanneer die projek dan tot ‘n einde kom. Enige navrae : Santa 0836619358

®

Page 14: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

14

BYDRAE DEUR HELENA DEKKER ~ BARBERTON TAK

Poem: Moondancers Inspired by a photo of Kathleen Havenga

In the shadows of the sunset, the moon already high, The earth creatures come together giving homage to the lovely sky. Feathery lovers do a slow step while a lady comes swirling by. Stickmen stretching arms up high And reaching for the sky. Three men rocking in a boat, just trying to keep afloat while a little poodle pup is dancing to the night sky’s rock. Don Quixote on his trusty steed Swaying gently in the whispering breeze. As the sun lays its head to rest I say goodbye to my moonlight dancers In the darkening sky. Helena 8.9.2014

HOWLING AT THE MOON On a bright night under the shining moon The women of Africa gathered under the waning moon They started at once, they started to howl In loud voices in growls and great howls Au auuuuuu, au auuuuu's The men scattered in fear and jumped under beds The dogs shivered and some just dropped dead The cats lost their nerves and seek safety with mice The sound that they hear is definitely not nice The women still howl at the moon in the sky Singing and dancing not stopping not even they try to lower their voices but higher as high They howl and they howl and they howl at the moon Till morning and sunshine in exhaustion they swoon. The men take their hands off their ears Try to stop shiver and banish the fear The cats hug their mice friends The dogs still in hiding the sounds still vibrating In air still as the dead………. The woman's bad howling vibrating in living dog's heads. Asleep, relaxed exhausted they lie On beds and grass wherever they find The howling woman under Africa’s moon, hoping a special full moon will be coming back soon. Helena Dekker 6.5.2012

Maak jou eie geskenke kaartjies

Page 16: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

16

BYDRAE DEUR ALMARIE VAN ROOYEN ~ NELSPRUIT TAK

Aartappels Op die foto: Voor: Aartappels met wyn (broodjie) Links: C.Louis Leipolt “Kos vir die kenner” resepte boek, gedruk in 1934. Agter: Ek Almarie van Rooyen – 5 jaar en my sussie Vasti – 2 jaar oud met die spog aartappels in ons handtjies. Die foto is geneem 65jaar gelde voor ons ou grasdakplaashuis, ons plaas Platland, Brandboontjiesvallei, Duiwelskloof distrik. Al 5 ons kinders is in die plaashuis gebore. Regs: Trou foto van ons ouers – 1932. My vader Rennie van Niekerk, was ‘n suksesvolle groente, vrugte en Afrikanerbees boer. Soos jul kan sien op die foto, die mooiste aartappels was

onder andere uit die vrugbare grond ge-oes. Op ‘n “Welcome Dover” swart houtstoof het ons moeder Minni van Niekerk neè Pohl, die heerlikste aartapelgeregte uit Leipoldt se resepteboek voorberei. Ek was 10 jaar oud toe ons na ons nuwe groter plaashuis getrek het, daar was ‘n antrasiet Aggastoof in ‘n groot kombuis, waar heerlike kos voorberei is en laataand lekker gekuier is. Dankie VLU/Aartappel Raad vir “KOESTER EN BEWAAR VAN ONS ERFFENIS” ONS HET ‘N FANTASTIESE ORGANISASIE! Die lekker wat ek en my 3 susters Marina, Renette en Vasti uit hierdie “delf na ons sorglose gelukkig kinderjare” beleef het, kan geld nooit koop nie. Dit het die lus in my wakker gemaak om vir ons kinders en kleinkinders ons geskiedenis te boekstaaf. Almarie van Rooyen is ’n TROTSE LID VAN VLU NELSPRUIT TAK (Hierdie jaar 82 jaar oud) RESEP SOOS IN C.LOUIS LEIPOLDT SE “Kos vir die kenner” se boek! Aartappels met wyn – Klits ‘n paar groot gekookte melerige aartappels op met ‘n gerasperde neut, ‘n ons gesmelte botter, en ‘n Kelkie sjerriewyn, tesame met die dooiers van twee eiers. Maak daarvan ‘n langwerpige brood; verf die buitekant met geklitste Eier, strooi broodkrummels daaroor, en bak in ‘n met botter gesmeerde skottel in die oond. As dit bruin is, gooi daaroor ‘n sous Gemaak van eier, wyn, suiker en neut, wat ‘n bietjie verdik is deur dit stadig op die vuur tot die kookpunt te bring en dan te klits.

®

Page 17: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

17

BYDRAE DEUR PETRO PRETORIUS ~ FLEUR DE LIS TAK

Ouma inspireer kleinkinders... My twee klein dogters Annebell 6 sy het onder my toesig begin groente plant en sy geniet dit vreeslik baie. Sy het pampoene, wortels en arbeie geplant en sy het nou regtig groen vingers in die foto is haar eerste pampoen oes en dit was n reus. Hy was baie lekker soet gewees. Sy het maar nou n slag om te boer.

Pippa-Lee is n groot geskenk aan ons gewees. Sy is 23 Julie 2014 gebore en al skreeuend in die wêreld gekom. Sy is vreeslik vriendelik vir haar ouderdom en is mal oor oupa. Sy word net te vinnig groot. Sy is ons 3de klein kind en geniet haar vreeslik baie. Liefde Petro

®

Page 18: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

18

Is jy Baas of is jy Klaas as dit by koekbak kom?

BAK ‘n ONTWERPERSKOEK EN WEN GROOT PRYSE. Toets jou vernuf – neem deel aan die CLOVER koekbakkompetisie HOE OM DEEL TE NEEM

Koop die Clover BESTE GEBAK kookboek deur dit by LAPA Uitgewers (www.lapa.co.za of 012-401-0700) te koop – voorsien jou tak- en streeksnaam en jy kwalifiseer vir 40% afslag. Gebruik die koekbeslag van die Sjokoladefudgekoek op bl.73 van Clover BESTE GEBAK as jou basis en skop meel in die oë van selfs die meesterbakkers deur die resep aan te pas en dit jou eie te maak. Die kompetisie begin op streeksvlak waarna elke samestellende organisasie se wenner sal deurdring na die nasionale beoordeling op 3 Junie 2015 by VLU Overvaal se kantore in Centurion, Pretoria.

RIGLYNE • Die kompetisie is oop vir alle SAVLU lede. • Die Sjokoladefudgekoek op bl.73 van die van Clover BESTE GEBAK kookboek MOET die basis van elke

nuwe koek vorm. U ontwerp dus vanuit hierdie resep 'n nuwe koekresep. Wees kreatief. • Clover produkte moet vir die koek gebruik word (waar van toepassing). • Die nuwe resep wat vir die kompetisieinskrywing gebruik word moet saam met die koek ingedien

word (getik op ’n A4-bladsy). • Die volle naam, adres en telefoonnommer van die deelnemer, asoook haar tak-, streek- en

organisasienaam moet agterop die kompetisieinskrywing verskyn. • Finale beoordeling van die wenners uit elke samestellende organisasie sal gedoen word deur Clover.

Wenners sal aangekondig word tydens die SAVLU Kongres 27 tot 29 Oktober 2015. • Pryse op nasionale vlak: Eerste plek: R10000 Tweede Plek: R7000 Derde plek: R5000 Hierdie riglyne sal ook beskikbaar wees op SAVLU se webwerf by www.savlu.org KRITERIA VIR BEOORDELING • Algemene voorkoms • Tekstuur • Smaak • Kreatiwiteit • Oorspronlikheid VIR MEER BESONDERHEDE Henrietta Schoeman [email protected]

Page 19: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

19

BYDRAE DEUR EUNANZA FARRELL ~ FINESSE TAK

Piekniekmandjies & Padkos Idees... Gebruik elke vakansie om ‘n tradisie van

padkos te skep – tuis of op die pad! PIEKNIEKMANDJIES Lekker gebakte broodjie –bak die broodjie in klein broodpannetjies en sny dit klaar en pak dan net lekker smere in soos : kaassmeer, lewerpate, kaas patee, komkommer in Kerrie, peppadews geul met feta, cream cheese ens – dit is iets anders as net koekies soos salticrax – anders kan jy so 3 of 4 verskilende koekies pak bv salticrax, sesame koekies, melba toast, provita’s ens

Life is

short… Make

sure you…

Page 20: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

20

AARTAPPEL EN KAAS (POTATOBAKE) BROODJIE Rencia Odendaal Pretorius 1 pakkie cheese en bacon potatobake (ek gebruik sommer enige ander geur wat kaas in het bv 3 cheeses ens) Jy kan vir afwisseling ook so ‘n bietjie gebraaide spek byvoeg by die resep 300ml gerasperde kaas 100ml melk 300 gr aartappels – geskil en gerasper 450gr bruismeel 1 eier Meng meel en potato bake Voeg aartappels en kaas by en meng deur Meng eier en melk en meng by bg mengsel Knie net effe deur Maak in bol vorm en sit in pannetjie Smeer bietjie melk bo-oor Strooi bietjie droë pietersielie en paprika oor (opsioneel – dit gee die broodjie net mooi kleur) Bak vir 45/50 min by 180 grade C Bak die broodjie in langwerpige broodpannetjies, sny reeds by die huis in skywe, smeer met botter, draai toe in wrap en neem net so saam. Pak gevulde olywe, kersie tamaties, gesnyde komkommer, blokkies kaas , ens – jy kan dit selfs op ‘n stokkie ryg, dit vertoon ook mooi en eet makliker. Vir vleis doen ek gewoonlik die volgende: ek rol ‘n kersie toe in spek en braai in pan tot gaar, maak klein maalvleisbolletjies – groterige blokkies hoender wat ek in suurlemoensap gaar braai, Dan ryg ek dit in op ‘n sosatie stokkie, stukkie hoender, kersie tamatie, dan die maalvleisbolletjie, dan stukkie gerkin, dan die spek en kersie, dan ‘n klein knoppies sampioene, dan weer ‘n stukkie hoender, gaan so aan tot die sosatie stokkie vol is. Maak lekker mosterdsous om die vleis in te druk. Wat ook lekker werk is om worsbroodjierolletjie te vat en dit te vul met ham, kaas, tamatie, blaarslaai en dit dan in 3 stukke te sny, of selfs hoender mayonnaise of tuna mayonnaise. Gebruik selfs hamburgerrolletjie as jy wil en sy die broodrolletjie in 4 – dit vertoon mooi en is lekker “bite size” Pak wiggie kasies, droë wors, gekerfde biltong, Wat ook lekker werk is ‘n bakkie aartappelslaai, noedelslaai, gekookte eiers, As jy baie gesondheidsbewus is, maak vrugte sosaties met pynappel, lemoenskyfie, aarbeie, – dit wat op die stadium in seisoen is en verkrygbaar is in die winkels. Vir nagereg kan jy net lekker sjokolade pak, of dalk van die bakkies flamby wat jy in die winkel te koop kry of vugte slaai of so iets IDEE’S VIR PADKOS/PIEKNIEKMANDJIES Rencia Odendaal Pretorius skryf

Page 21: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

21

Toebroodjies met tamatie,kaas,blaarslaai,komkommerskywe ,koue vleis en ringe uie, of jy kan hotdogbuns gebruik en dit maak soos ‘n health roll of self hamburgerbuns gebruik ipv brood. As jy nie broodjies wil maak nie, koop pakkie salticrax/bacon kips,melba toast – enige sout koekie en kry wiggie kasies, koue vleis, cherrie tamaties, olywe, ringe komkommer , houertjie maaskaas of cream cheese, en eet so vingerhappies Biltong en droë wors Pakkies Simba chips, niknaks, pretzels Vrugte Rooiworsies wat in stukkies gesny is, ryg op tandestokkie met stukkies kaas en uitjies – die rooie en groenes Die euwel van alles – gekookte eiers !!!! maar ai, dit bly maar lekker, en wat is padkos sonder eiers?? Vleise: koue maalvleisbolletjies, hoender boudjies, koue vleise – rol aspersie toe met vleis en steek vas met tandestokkie, vat kersie en rol toe met bacon en braai, die is baie lekker koud, wors wat in “bite size”” stukkies gesny is, gewone weense rooi worsies, rolletjie salamie wat jy kan sny in skyfies Drinkgoed: fles koffie, of fles warm water en pakkies cup of soup in die winter, koeldrank en water Vir lekkergoed vat ons altyd ‘n gemengde pak Royal sjokolade, of paar pakkies wine gums en klein kit kats, bar-one’s, tex PADKOS IDEE’S Om in die motor te eet op die lang pad, kan ’n morsige storie word. Wat jy nodig het is maklike, vinnige en krummelvrye happies om die nimmereindigende pad korter te maak en sommer ook geld te spaar. Hier is ’n lys van bakgat padkos-idees wat die pad na Grabouw geurig en gemorsvry sal maak. • Babawortels is een van die gerieflikste padkos-happies wat daar is en is boonop uiters gesond. Dit neem net een happie en is 100% gemorsvry! Koop ’n pak babawortels en deel dit op in sakkies of in ’n kosblik. As wortels nie juis jou ding is nie, kan jy dieselfde doen met omtrent enige vars vrug of groente. Sny dit op in snye en plaas dit in ’n kosblik en voila: ’n gesonde happie! Yogisip is die ideale padkos-drankie, want dit kan weer toegemaak word en dit is vullend. Yogisip is ook propvol kalsium, so gee gerus vir Boeta as hy nie kan uithou tot middagete onder die koeltebome nie. Neute is ongetwyfeld een van die beste padkos-idees. Gemengde neute is eenvoudig, smaaklik en nie taai nie. Dit ruik nie skerp nie en sal nie sommer vlek nie. Kies ’n verskeidenheid neute soos kasjoeneute, pekaneute, macadamia-neute, amandels en braziliaanse neute. Pretzels is seker een van die mees eenvoudige padkos-soorte wat daar is en kinders is dol daaroor. Gooi ’n paar in ’n verseelbare sakkie en siedaar, nog ’n heerlike happie vir die lang pad!

Page 22: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

22

Grondboontjiebotter en stroop bly maar ’n wenkombinasie wat nooit sal uitsterf nie. Voeg ’n wafel by en jy het ’n watertand-happie wat al die insittendes gelukkig sal maak. Hierdie happie is geskoei op die toebroodjie-idee en sal die hongerpyne vir ’n hele ruk stilhou. Kry jou proteïen-dosis met ’n stukkie biltong. Sny dit fyn op vir ’n vinnige peuselhappie. Sny in dikker stukke vir Kleinboet sodat hy al kouend van sy frustrasies ontslae kan raak. Jy sal verbaas wees hoe baie hierdie kouery help. Die Pizzarol is bietjie meer moeite maar kan as ’n perfekte middagete dien. Neem ’n volgraan meel tortilla en smeer jou gunstelingsous daarop. Bedek met so 12 babaspinasieblare en strooi gerasperde mozzerlla-kaas bo-oor. Verhit in die mikrogolfoond vir so 45 sekondes om die kaas te laat smelt. Rol die tortilla op, laat dit af koel en sny in skywe. Deesdae is die meeste sagte soetgoed suikervry, wat beteken dat jou kinders na hartelus daarvan kan eet sonder om mekaar (en vir jou!) mal te maak. Ouma het iets beet gehad met die haar pakke en pakke droë vrugte. Nie net is dit vol nutriënte nie, dit is ook lekker om aan te kou en sal vinnig-vinnig jou soettand tevrede stel. As jy dit reg stoor, kan jy dit nog op pad huis toe ook geniet. Worsies Hoender Hoendermayonnaisebroodjies Mini hotdogs Mini kaas- en soetrissiehamburgers Quesadillas Padkos is die begin van enige vakansie. Van my kleintyd af eet ons altyd frikkadelle en toebroodjies op die lang pad. Met ‘n fles warm koffie. Die lang pad is egter nog maar altyd ‘n losserige begrip. Begin die lang pad tog nie as jy net uit jou tuisdorp gery het nie? Later jare het my ma egter stuk-stuk begin voet vassteek omdat sy die enigste een in die huis is wat kan toebroodjies maak. Ek sê toe, as sy dit nie wou maak nie, moes sy ons déstyds al op ‘n Wimpy-ontbyttradisie gesit het, dan was daar nie nou probleme nie. So, wees gewaarsku: Kies jou tradisie reg. Padkos bly padkos; as dit een keer gewerk het, gaan jy dit elke jaar moet kan maak! Soos die saak dan nou staan, is frikkadelle en toebroodjies aan te beveel. Maar, as jy meer verskeidenheid aan die dag wil lê, kan jy van die idees gebruik maak. Jy moet minstens ‘n vleisigheid en ‘n broderigheid hê, dan kan jy kreatief raak deur nog southappies en gesonde happies by te voeg. Dis altyd goed om die gesondheid ook in ag te neem!

Page 23: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

23

Ek dink nie ‘n mens moet jouself inperk net omdat jy onveilig voel om letterlik lángs die pad jou padkos te geniet nie, in die kar, langs die pad, is net so lekker en verspil minder tyd. As jy nêrens heen het om te ry nie – maak die kos en hou piekniek – al is dit in die agterplaas! Gebruik bakke wat dig sluit; weggooibare bakke soos roomysbakke werk goed, of gebruik tupperware as jy weet jy gaan dit later in die vakansie weer benodig. ‘n Vleisigheid Maak seker dat jy vleis afkoel voordat jy dit verpak. Plaas dit daarna in ‘n koelsak met yspakke om dit koud te hou. Frikkadelle Het ek al genoem dat frikkadelle ‘n stapelpadkosvoedsel is? Ek dink dis ook ‘n resep waar elke familie sy eie resep en metode het, die is myne. Ek hou van ‘n sterk tamatiegeur. 500 g maalvleis 1 eier sout 5 ml cajun-speserye, braaispeserye of maalvleisspeserye 5 ml gemengde, gedroogde kruie 10 ml tamatiesoppoeier 5 ml bruinuiesoppoeier 60 ml tamatiesous 30 ml blatjang (opsioneel) 5 – 10 ml Worcestersous 10 ml sojasous Meng al die bestanddele saam – dit werk dikwels die beste om dit met die hand te doen. Of ‘n vurk as dit vir jou te morsig is. Ek toets altyd eers ‘n stukkie in ‘n klein pannetjie om te proe of dit na wense is. Dikwels kort dit nog bietjie sout of tamatiesous. Voorverhit die oond tot 180 °C. Rol dan balletjies en plaas dit in ‘n oondpan wat liggies met olie gesmeer is. Jy mag my maar mal noem: ek weeg dikwels die frikkadelle af om almal presies dieselfde te kry – 25 g. Dis darem nie altyd nie, spyseniering = perfeksie! Elk geval, bak dan die frikkadelle vir 18 tot 25 minute, afhangend van hoe groot jy dit gemaak het. Indien dit vetterige maalvleis is sal die frikkadelle onder nie mooi bruin word nie, plaas hulle dan omgedraai op ‘n afkoelrakkie en plaas nog 2 minute in die oond. Worsies Met worsies hoef jy feitlik niks te doen nie. Dun boerewors is heerlik, braai dit bruin en sny dit in klein stukkies. Jy kan sekerlik ook boerewors koop en dit in ringe of kleiner stukkies sny. Klein kaasviennas kan ook net vinnig gebraai word. Hoender Ek was nog nooit ‘n groot aanhanger van hoender wat aan die been in ‘n kar geëet word nie. Tog is dit een van daardie moet-hê items vir menige se padkos. As jy dus die tipe is, sal hoenderboudjies of vlerkies in jou kar verskyn. Andersins, kan jy ook hoender in repies sny en die repies met speserye in olie braai, of dit in eier en broodkrummels doop en dan braai.

Page 24: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

24

‘n Broderigheid Toebroodjies met kombinasies van ham, kaas en tamatie is altyd treffers. Daar is egter nog opsies: Hoendermayonnaisebroodjies Die bestanddele is almal in die naam: mens het regtig net hoender, mayonnaise en broodjies nodig hiervoor. Koop ‘n halwe gaar hoender by jou gekose supermark. Pluis die hoender uit en voeg ‘n paar lepels mayonnaise by totdat dit “nat” is. Voeg hierby ‘n teelepel aangemaakte mosterd en/of gekapte grasuie en ‘n bietjie sout, indien nodig. Sny dan broodrolletjies in die helfte en oop en skep hoendermayonnaise in. Sit ‘n blaarslaaitjie by vir die gesondheid! Mini hotdogs Dis soms moeilik om klein broodjies te kry wat soos klein hotdog-rolletjies lyk. As jy dit nêrens kan vind nie, kan jy gewone rolletjies gebruik en dit dan net halveer. Vir die hotdogsous: Meng 50 ml elk tamatiesous, mayonnaise en blatjang met 2.5 ml aangemaakte Engelse mosterd en 25 ml margarien by in ‘n pan en smelt dit. Voeg viennas by en verhit dit in die sous. Skep dan in elke broodjie ‘n bietjie sous, ‘n halwe worsie en nog sous. Mini kaas- en soetrissiehamburgers Klein burgertjies is een van my gunstelinge, maar tog so duur. Dis aansienlik goedkoper as jy dit self maak – en hulle lyk amper te dierbaar vir eet. Gelukkig net amper! Jy hoef nie kaas op te sit en soetrissiesous by te maak nie, dis net ‘n gedagte. ‘n Gewone burgertjie is net so lekker. Vir die burgers gebruik jy dieselfde vleismengsel as vir frikkadelle. Rol dit dan ook in frikkadelgrootte en druk plat om patties te maak. Braai dan die patties in ‘n klein bietjie olie. Braai tot mooi bruin, voor jy dit omdraai. Draai dit net een keer om. Rasper kaas en skep ‘n klein hopie op elke pattie, net nadat jy dit omdraai, dat dit begin smelt. Om dit te help om beter te smelt kan jy ‘n deksel opsit. Verwyder van die hitte – dit neem so 8 minute om weerskante te braai, afhangend van die dikte. Sit op handdoekrol om die oortollige vet af te skud. Vir die sous: Meng gelyke hoeveelhede tamatie- en soetrissiesous, en voeg ‘n bietjie aangemaakte mosterd by na smaak. Sny die broodjies oop en rooster dit, as jy dit so verkies. Skep dan op elke onderkant ‘n teelepel sous, sit ‘n blaarslaaitjie en ‘n pattie op. Sit dan op die bokant ook ‘n klein skeppie sous as daar nog is en druk toe. Southappies In die supermark se vriesafdeling is daar altyd interessante soutighede, van gewone worsrolletjies tot springrolls. Jy kan dit gaarmaak en net laat afkoel voor jy dit verpak – so eenvoudig soos dit. Samoesas kan ook werk. Heinz se Sensationz-reeks het ‘n paar interessante pasteitjies vir die waaghals. Die groter waaghals kan egter sy eie soutighede maak. Hier is resepte vir quesadillas en quiches. Die lekkerste daarvan is dat jy die vulsel so eenvoudig of interessant kan maak soos jy wil. Quesadillas Quesadillas is net so eenvoudig om te maak soos ‘n toebroodjie. En dit maak ook nie werklik meer skottelgoed nie. Dit word van tortillas of wraps gemaak. Hoewel mens altyd in die rakke by die Meksikaanse kosse “opregte” tortillas kry, is dit baie duur. Wees op die uitkyk vir wraps wat gewoonlik by die pita’s, braaibroodjies en bagels uitgesit word. Hier is wat jy doen: Kry 1 wrap uit, en kry vir hom ‘n maatjie wat ongeveer dieselfde grootte is.

Page 25: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

25

Sprinkel dan kaas (Cheddar, Mozzarella, feta), gebraaide spek, sampioene of uie, tamatiesalsa, of net wat jy kan aan dink daarop. Maak seker dat jy dit van “hoek tot kant” vol kaas het. Sit dan die pasmaat-wrap bo-op. Gooi ‘n bietjie olie in ‘n groot braaipan. Braai die wrapbroodjie tot goudbruin. Voor jy hom omdraai, smeer die bokant met ‘n bietjie olie. Braai dan die kant ook tot bruin. Verwyder van die hitte as dit goudbruin is weerskante, en die kaas gesmelt het. Sny elkeen in 8 skywe. Hoewel die quesadillas heerlik bros is direk na dit gebraai is, en ja, jy moet beslis een proe, word dit later sag – dis egter nog net so lekker. Mini quiches Klein souttertjies is dalk net te veel gevra van die persoon wat op vakansie gaan, maar sou jy jouself in die netelige posisie vind waar jy vir ander mense padkos maak, of dalk op ‘n piekniek gaan is dit ‘n werkbare plan. Vir die deeg kan jy klaarvoorbereide blaardeeg (puff pastry) of shortcrust gebruik. Of maak jou eie deur in ‘n voedselverwerker 1 koppie meel, 7.5 ml bakpoeier, ‘n knippie sout, 125 g botter / margarien (in blokkies gesny), 1 eier en 15 ml asyn verwerk tot dit ‘n deeg vorm. Hou dit in die yskas vir ‘n halfuur voordat jy dit uitrol. Druk sirkels uit jou gekose deeg, en druk dit in gesmeerde klein muffinpannetjies. Skep vulsel* in en bak vir 15 – 20 minute in ‘n voorverhitte oond van 190 °C tot amper styf en goudbruin. *Om die vulsel te maak: Maak 1 koppie witsous, met 30 ml botter / margarien, 50 ml meel en ‘n koppie melk. Voeg 1 eier by en klits goed. Hierby kan jy enige bestanddele voeg, soos Cheddarkaas, fetakaas, ander kase, songedroogde tamatie, olyfstukkies, gebraaide spek, sampioene of uie, of ‘n heerlike kombinasie van jou gunsteling. Gesonde happies Lag maar vir my, dis reg: ek voel altyd beter (maak nie saak wat ek eet nie) as ek ‘n ou blaarslaaitjie of ‘n tamatietjie óók eet. Instant gesondheid! Slaaistokkies is ‘n heerlike manier om jou slaai in te kry langs die pad. Gebruik kersietamaties, stukkies blaarslaai, olywe, komkommer en kraakvars ertjies en ryg dit op stokkies in verskillende kombinasies. Heerlik! Vars vrugte is net so lekker. Veral druiwe is ‘n wonderlike dorslesser! Jy kan vrugtestokkies ook maak, of die vrugte heel inpak. Gaan lees meer op webwef: http://kreatiewekosidees.com/tag/snacks/

®

BYDRAE DEUR HANNIE VAN HEERDEN ~ LOERIE TAK

Groot geword in ‘n Portugese Huis Ons is twee susters wat lede van die VLU Loerietak in Mbombela is. Ons het in ‘n Portugese huis groot geword. Ons ouers Maria-Luiza Correia Arruda Almeida en Adriano Gonçalves Almeida is gebore in Portugal. Ons moeder was ‘n stadsmeisie van die hoofstad Lissabon. Ons vader was van die platteland naby Coimbra in die noorde van Portugal. My ouers het mekaar in Lourenço Marques ontmoet en later het hulle bure geword in Johannesburg, maar omdat ons oupa nie wou hê dat ons moeder met ons vader trou nie, het hy die gesin weer teruggeneem Portugal toe. Nadat ons moeder mondig geword het, het hulle toe met die handskoen getrou op 15 Mei 1943 na ‘n skeiding van 6 jaar. Dit was oorlog tyd en ons moeder het per skip van Oporto na Suid-Afrika gereis. Sy het ons vader op 18 Augustus 1943 vir die eerste keer weer gesien in die destydse Lourenço Marques,

Page 26: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

26

Mozambique. Daarna het sy elke jaar in Meimaand en weer in Augustusmaand hulle huweliksherdenking gevier tot en met ons vader se heengaan. Ons moeder het die mooiste klere ontwerp en gemaak. Sy was 14 jaar oud toe sy as ‘n leerling by ‘n kleremaakster begin leer het om klere te ontwerp en maak. Moeder het klere gemaak in Potchefstroom vir Joodse, Afrikaanse en Engelse kliënte. Sy het gewoonlik die grootste meerderheid van die jaarlikse balletkonsert se klere gemaak. Ons vader het in die boubedryf gewerk as messelaar. Hy was baie tale magtig. Onder andere het hy Zoeloe gepraat, lees en skryf. Elke winter het ons moeder haar eie Portugese worse gemaak, chouriço (knoffelwors), farinheira (meelwors) en morçela (bloedwors) sowel as ham. Die worse en ham is berook en dan is die worse in erdekanne met olie geberg. Sy het ook elke jaar olywe van die Kaap laat kom en haar eie olywe ingelê. Sy het ook die heerlikste kos gemaak asook gebak. Terwyl moeder gesit het by haar naaimasjien het sy Springbok Radio geluister. Sy het altyd Esmé en Jan smiddae geluister en dan die resep neergeskryf. Dan het sy altyd vir die tannie oorkant die straat gevra: “Is this eggs or onions” want sy kon nie die verskil tussen eiers en uie uitmaak nie. So met die jare saam het sy ook geleer om Afrikaanse kos te maak. Sy het ook altyd groente en vrugte ingelê en konfyte gekook. Sy het altyd die Portugese kweper marmalade gemaak wat in die son gedroog word en in snye gesny word amper soos kaas. Ons het in die Roomskatolieke kerk groot geword. Ons het by die plaaslike kloosterskool (Convent) skoolgegaan. Ons was vyf kinders – twee dogters en drie seuns. Olga, Alvaro ons broer wat al oorlede is, Fernanda, Luiz en Paulo. Olga het in St 9 na die Hoёr Handelskool gegaan, maar nie die jaar klaargemaak nie. Ons oupa Arruda het vir haar saam met hom Portugal toe geneem per skip. Vanaf Oktober 1960 tot April 1961 het sy saam met oupa gereis en sodoende al die familie in Portugal leer ken en ‘n stiergeveg bygewoon. Fernanda het in St 8 na die Hoёr Handelskool gegaan waar sy een van drie meisies was wat Engels was. Die boeke was almal Engels, maar die klas is in Afrikaans gegee. Sy moes Afrikaans Hoёr Graad en Engels Laer Graad doen om dieselfde voorgeskrewe boeke te hê as die Afrikaanse kinders in die klas. Sy moes ook eerste Snelskrif leer en in St 9 eers Shorthand. Haar Afrikaanse onderwyser in St 8 was niemand anders as Elsabe Steenberg (skryfster) se man. Meneer Steenberg het baie moeite met Fernanda gedoen om haar te help met haar Afrikaans. Sy was die eerste een in die gesin om haar matriek te maak. Toe Olga tot trou kom het ons ouers van haar aanstaande verwag dat hy die Katolieke geloof moes aanneem om met haar te kon trou. Hulle het eers ‘n paar jaar voor Jan se afsterwe weer na die NG Kerk oorgegaan. Almal van ons het die Protestantse geloof aangeneem saam met ons eggenotes.

Page 27: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

27

My moeder het vir Olga en myself al haar vaardighede geleer. Sy het ons trourokke sowel as ons skoonsusters se trourokke gemaak, was baie lief vir lees. Sy het Engels en Portugees gelees. Sy kon ook Afrikaans praat want ons vyf kinders het almal met Afrikaners getrou. Ons maak nog af en toe Portugese kosse gaar en verlang dan terug na ons ouerhuis. Ons praat Portugees en kan dit lees maar nie skryf nie want ons het nie Portugese skool toe gegaan nie. Ons het nie ‘n kersboom in ons huis met kersfees gehad nie en ons het nie met kersfees geskenke gekry nie. Ons moeder het altyd gesê die Christus-kind het ons geskenke gebring. Ons het dit op die 6de Desember gekry. Goeie Vrydag is altyd gevier deur kerk bywoning en geen musiek in die huis nie. Kersfees het ons die middernag kerkdiens bygewoon en dan huis toe gegaan en al die heerlike kosse ge-eet wat moeder voorberei het.

®

BYDRAE DEUR SUZETTE MYERS ~ QUERIDA TAK

Hekel Oggend Heidi Morse (staande) en Elena Martens

Lede van die Querida-tak het onlangs bymekaar gekom om mekaar te help om ‘n mandala met T-Yarn te leer hekel. Tussendeur het Santa ook vir ons gewys hoe om Tunisiese hekelwerk te doen.

Santa Kruger

Met ‘n lekker koppie koffie, ‘n gawe stuk koek en vrolike geselskap het almal dit gou onder die knie gekry. Na die gesellige informele klas het almal besluit dat daar nog baie sulke geleenthede geskep gaan word. Toy van Niekerk

®

BYDRAE DEUR RIKA HUMAN ~ FLAMBOYANT TAK

Vlu vroue ... knap besigheidseienaars Thelna Knott is die eienaar van Nelspruit Flower Market wat vir die derde agtereenvolgende jaar aangewys is as " Die Beste Bloemiste in Best of the Best in Mbombela"

Page 28: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

28

Flamboyant dames hard besig met voorbereiding vir hul afsluitfunksie Ons is hard besig met die lede uitnodigings na die Mexikaanse afsluitingsfunksie 25 November. Retha j van

Rensburg, Jeanette le Roux, Ogies Visscher en RikaHuman BYDRAE DEUR ANDRIA HATTINGH ~ FLEUR DE LIS TAK

Fleur de lis hou prettige vergadering Fleur de Lis hou vergadering. Vlnr Debbie, Wendy en Marieta is by die kospptte doenig terwyl ander lede kuier.

Ester doen die armbrei,sy

konsentreer baie hard, lag lekker want sy is

n gas en het dit eerste

bemeester Cora demonstreer aan die dames hoe om hierdie armbrei te doen.

®

BYDRAE DEUR MAUREEN VAN DER WALT ~ FINESSE TAK

Finesse groete lojale lid Nora van Staden wat Strand toe verhuis... Nora ons groet jou! Mag jy baie lekker bly daar in die vere Kaap in jou oulike huisie. Trek is nooit lekker en is harde werk. As jy so lank op een plek bly en jy maak baie vriende is dit nog moeiliker. Ons glo jy sal net so vinnig weer ander vriende maak in die Strand as wat jy hier het, met jou borrelende geaardheid. Ons hoop dit gaan baie goed met jou en Pierre en omdat julle nou nader aan die tweeling is, glo ek nog beter. Ons groet jou met die woorde May the road rise up to meet you, May the wind be always at your back. May the sun shine warm upon your face, the rain fall soft upon your fields. And until we meet again, May God hold you in the palm of his hand. (Traditional Gaelic Blessing) Baie sterkte met die trek Donderdag en veilig afry Kaap toe. Jy is miskien uit Nelspruit maar nie uit ons harte. Ons gaan jou mis vriendin Liefde Finesse (Die beste tak ooit!!) ®

Page 29: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

29

BYDRAE DEUR SUZETTE MYERS ~ QUERIDA TAK

Vlu-lede neem die Kaap op horings Wat doen ses VLU-lede as hulle in die Kaap land en boonop ‘n splinternuwe bussie kry om mee rond te ry? Hulle sit lag-lag ‘n duisend kilometers in vyf dae op die klok!

Daar is gelag, gesels om die koffiekoppies en natúúrlik inkopies gedoen. Onder leiding van Santa Kruger wat die vakansie gereël het het ons interessante plekke besoek waarvan verskeie ‘n hoogtepunt was. Om in Babylonstoren se tuine rond te loop was asembenewelend! By Kirstenbosch het ons op die nuwe “Snake walk” geloop en die tuine van bo af bekyk. Op Paternoster het ons ou Laevelders raakgeloop en op Darling “Evita se perron” besoek. Vars vis – pas gevang uit

die see - het gesorg vir energie vir die volgende dag se trappe klim, ronddrentel en partykeer se vinnig stap om betyds by die bussie te wees. Party het maar hulle vrese gehad vir die vliegtuig en kabelkar maar met die geterg en moed inpraat van vriendinne, is hierdie vrese gou te bowe gekom. Dit was beslis ‘n welverdiende wegbreek en voorreg wat nooit vergeet kan word nie. Die vriendinne wat saam getoer het was: Janetha Jooste, Jeanette Pieterse, Suzette Myers, Santa Kruger, Elize Eybers en Drinie Alant.

®

Page 30: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

30

BYDRAE DEUR MAUREEN VAN DER WALT ~ FINESSE TAK

Wat ons geleer het

WAT KINDERS GELEER HET: 1. Wanneer jou Ma kwaad is vir jou Pa, moenie dat sy jou hare kam nie. 2. As jou suster jou slaan, moenie terug slaan nie, hulle vang altyd die tweede persoon. 3. Jy kan nie honde vertrou om jou kos op te pas nie. 4. Moenie nies terwyl iemand jou hare sny nie. 5. Jy kan nie ’n stukkie blomkool in jou glas melk wegsteek nie. 6. Die beste plek wanneer jy hartseer is, is op Ouma of Oupa se skoot. 7. Maak nie saak hoe jy die koeldrank meet nie, maar jou broer het altyd meer koeldrank as jy. 8. As daar lekker nagereg is, moenie laaste by die bak uitkom nie. 9. Lekkergoed is geneig om jou eetlus weg te neem en jou boude te laat brand. 10. Honde en katte hou ook nie van ertjies nie. WAT VOLWASSENES GELEER HET: 1. Om ’n tiener groot te maak is soos om jellie aan ’n boom vas te kap met ‘n spyker. 2. Jou ouers was reg toe hulle altyd gesê het, “Wag maar, jy sal verstaan as jy die dag kinders het”. 3. Middeljare is wanneer jy jou ontbytgraan kies vir die vesel en nie die plesier nie. 4. Jy kry jou kinders uit die huis maar nie uit jou sak nie. 5. Geduld is toe nie net ‘n woord nie, dis inspanning. 6. Kinders grootmaak is nie vir sussies nie. 7. Selektiewe doofheid is nie ’n fisiologiese gebrek nie maar ’n verdedigingsmeganisme. 8. Mens wonder hoekom jou kinders jou ander helfte se humeur en geite geërf het. 9. Tieners beskryf die ouderdom tussen tien en geduld. 10. Ouers word “dommer” met elke generasie. WAT DIE OUDERDOM ONS LEER: 1. Om oud te word is verpligtend, om groot te word is opsioneel. 2. Vergeet die gesondheidskosse; ek het al die preserveermiddels nodig wat ek kan inkry ! 3. Wanneer jy Val, wonder jy wat jy nog alles kan doen terwyl jy daar onder lê, sodat dit minstens die moeite werd was. 4. Jy weet jy word ouer wanneer ’n skommelstoel jou dieselfde sensasie verskaf as wat ‘n “roller coaster” gedoen het jare gelede. 5. Dit is frustrerend wanneer jy al die antwoorde ken, maar niemand doen die moeite om jou te vra nie. 6. Tyd mag miskien ’n wonderlike geneser wees, maar dis ’n patetiese skoonheidskundige. 7. Wysheid is veronderstel om te kom met die grysheid, maar somtyds kom net die grysheid. 8. Jou sig verbeter met die ouderdom want jy hou die boek al verder weg van jou oë af. 9. Die enigste een wat jou gereeld wil sien is jou dokter. 10. Plooie maak nie seer nie. ®

Page 31: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

31

BYDRAE DEUR RINA POTGIETER

Groeteboodskap van Rina Potgieter Liewe Malieveld vriendinne Die jaar het met ‘n spoed gehardloop en dis die einde van 2014! Dit was vir my ‘n heerlike voorreg om saam te kon kuier by die laaste streekafsluiting en te kon ervaar hoe elke lid dit geniet. Malieveldvriendinne straal warmte, liefde en entoesiasme uit vir ons organisasie, dankie daarvoor! Elke voorsitster het met trots vertel hoe hulle as tak ‘n verskil in hul gemeenskap gemaak het en as streeksvoorsitster het Mariette ook met trots geluister hoe ‘haar’ lede bygedra het tot ‘n sukses verskil-maak-verhaal in 2014 - en as VLU Mpumalanga presidente het ek ook met trots geluister en weereens besef hoe kosbaar ons organisasie vir elkeen is, hoe kosbaar ons vriendskappe vir mekaar is en hoe spesiaal God elkeen van ons verskillend in ons vrouwees gemaak het. Baie dankie

Mariette, die bestuur en elke lid in Malieveldstreek vir julle toewyding en liefde waarmee julle 2014 se VLU bedrywighede aangepak het, ‘n verskil in lewens gemaak het en duidelik sigbaar was in julle gemeenskappe! Mag ons in hierdie Feestyd verby die koek, die kredietkaart en die kerse kyk na die Krip, die Kruis, en die Christus as ons enigste eregas in die Kersgety. Geseënde Feestyd vir elke Malieveld vriendin en mag almal uitsien na 2015, gevul met lewensvreugde en VLU lekkertes! VLU liefde Rina Potgieter Presidente ~ VLU Mpumalanga

®

BYDRAE DEUR MARIAAN LOURENS ~ VLAMLELIE

Vlamlelies woon hulle eerste kongres by 2014 Se Kongres by Hazyview was die eerste Kongres wat in die Vlamlelies se hoedanigheid as nuwe tak bygewoon is. Drie van die Vlamlelies het die Kongres bygewoon. Sunette, Maaida en Dolla het heerlik saamgekuier en die Kongres baie geniet. Dit was weer vol verrassings en opwinding. Ons is trots op Sunette wat een van die dames was wat die ATKV prys vir die

Page 32: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

32

rooibandjieverhaal ontvang het. Dit was ook 'n voorreg om foto's saam met Dr Koos van der Merwe asook Leon van Nierop te kon kry. Dit was weereens 'n propvol kongres wat nie teleurgestel het nie. Baie geluk aan Rina en haar bestuur wat vir ons so 'n lekker kuier gereël het, ons sien al klaar uit na volgende jaar. Mariaan Lourens Skakelbeampte

®

BYDRAE DEUR EUNANZA FARRELL ~ FINESSE TAK

Geluk aan ‘n waardige vrou.. Die wat Gezina Pretorius van Witrivier ken, se lewe is voller en ryker, want sy is ‘n besonderse vrou. Sy is weer aangewys as Finesse se tak kompetisie wenner van 2014. Sy is ‘n voorbeeld vir elke vrou. Sy sorg dat verskonings nie in haar pad staan om deel te neem nie. Sy is hierdie jaar deur baie moeilike maande met haar gesondheid, maandelikse infusie besoeke aan die hospitaal, dreigende anemie, kroniese pyn, arteritis om net ‘n paar te noem. Nogtans daag sy op by Finesse se tak vergaderings, moedig en gereed om vir iemand anders iets positiefs te beteken. Sy is ‘n inspirasie vir elke VLU lid. Miskien die grootste voorbeeld vir ons om nie toe te laat dat omstandighede en verskonings in ons pad staan om voluit te lewe nie. Sy hou aan die Vader vas en dit is waar haar sterkte vandaan kom. Baie geluk Gezina! Wel gedaan. Finesse lief en waardeer jou.

®

BYDRAE DEUR HANNIE VAN HEERDEN ~ LOERIE TAK

Pro-Councilor – my vertroueling Geskryf deur Linda Smith Dit is Novembermaand in die droë Vrystaat. Warm, vaal dae toe ek jou die eerste keer sien. Jy het rooibruin hare en is ‘n bietjie aan die maer kant. Ek sien die vrae in jou oë, die onsekerheid oor wat voorlê. Ek self ken sulke bang onseker tye en toe ons oë ontmoet verenig ons siele. ‘n Magiese band word tussen ons twee gesmee. Moenie bang wees nie – ek streel oor jou neus en nek, ons gaan lekker saam werk, mekaar eers leer ken. Jy word een van die spog perde by die stalle. Jy is ‘n vurige trotse perd wat pronk en met selfvertroue beweeg. Ons raap baie pryse op. Een middag is jy vol lewe en konsentreer nie regtig soos jy moet nie en ek besluit om ons roetine te verander. Ons hardloop voluit om die resies baan. Een, twee keer – jy hardloop soos die wind. My hare waai woes saam jou lang maanhare………….

Page 33: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

33

Die volgende oomblik maak ek my oë oop. Waar is ek? Wat het gebeur? Hoe het ek hier gekom? Ek kan niks onthou nie. Ek kan ook nie praat nie. Dit is asof die woorde nie kan vorm nie. Hoekom lê ek in ‘n kot? Vrae en vrae – iemand kom help, vertel wat aangaan! Ek is al ‘n maand in die hospitaal, ek het van PC geval. NEE wat het gebeur? Daar moet ‘n verduideliking wees. Waar is PC wil ek weet – waar is die woorde, dit wil nie uitkom nie. ‘n paar weke later mag ek huis toe gaan, al die drips en pype is uit. Ek kan so hier en daar ‘n word uit kry – kos, ma, huis en perd. Pa van my na PC toe. Hy runnik en blaas toe hy my sien. Die trane loop oor my wange en uiteindelik kry ek “PC” uit. Ek streel sy neus, sy nek en hy lek my trane af. Na ses maande sê die arbeidsterapeut dat sy klaar is met my. Sy sê ek het merkwaardig herstel en dat dit net beter en beter sal gaan. By die stalle het ek en PC ook harder begin werk. “Trotting poles” en klein “jumps”. Ek en hy draf ook elke dag so drie kilometer, ons moet fiks wees vir die skoue wat voorlê. Die groot dag het aangebreek, ons eerste skou na die ongeluk. Ons gaan die arena in, die oomblik is amper te groot vir my, almal se oë is op ons. Die “jumps” is nie groot nie, maar vir my is dit ‘n oorwinning net om hier te wees in die arena. Die kroon op maande se harde werk. Ons kry ‘n tweede plek en die trane loop vrylik oor my wange. Die meisie wat in ‘n inrigting moes wees, wat die dokters geglo het nie veel vir haarself sal kan doen nie, staan in die wenners sirkel. Ek het dit gemaak……………………..

®

BYDRAE DEUR SUNETTE BARNARD ~ VLAMLELIE TAK

Vlamlelies vier lente saam met die slange Die Vlamlelie-tak van die Vroue Landbou Unie Malieveld het hierdie maand besluit om lente op 'n ander manier te vier, en dit is deur bewusmaking. Chris Hobkirk van die Mpumalanga Parkeraad, bekende slangvanger het die dames meer kom vertel oor die 3 gevaarlikste slange in die Laeveld. Hy het gesê dat hy daar is om 'n boodskap te bring wat hulle huis toe moet neem. Soos almal weet, hiberneer die slange nie hier in die Laeveld nie. Verlede week alleen is Chris 35 keer uitgeroep om slange in woonhuise te gaan vang, en dit is maar nou eers die begin van die seisoen. In Desember word hulle 15 keer per dag uitgeroep. Chris het 20 vrywilligers wat hom help slange vang, hy sê slange kom agter muise en paddas aan in jou huis, as die deure en vensters oopstaan. Hy behandel eers die Pofadder en sê dat dit die mees gevaarlikste slang is. Chris het die slang uitgehaal en op die vloer neergesit. Hy het rondom die slang geloop en hard getrap met sy voete en die slang het nie beweeg nie, maar die oomblik wat hy aan die slang sou raak, sou die slang byt. Hierdie slang is so vinnig dat hy 4 keer kan byt in 1 sekonde. 92% Van die slang se byt is deurdat mense op hom getrap het, of brawe manne wat vir hulle vrouens sê: Hou vas my bier, ek gaan gou hierdie slang vang! Die Pofadder sy byt is verskriklik seer en jy gaan baie maande in die hospitaal deurbring met operasies en veloorplantings.

Page 34: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

34

Chris Hobkirk met ‘n 2.4m Swart Mamba

Die 2de is die Swart Mamba. Chris het 'n Swart Mamba van 2,4 m saamgebring wat besig was om te vervel. Sy oë was melkerig as gevolg van die vervelling en hy kon nie baie goed sien nie, hy was ook geïrriteerd. Die swart mamba se mond is swart aan die binnekant. Hy het 'n grys kleur bo en onder is hy wit. Sal net pik as jy hom in 'n hoek vaskeer. Chris het ook die Egiptiese Kobra vir die dames gewys. Dit is 'n slang wat altyd sal probeer wegkom. Hy maak bakkop en 'n blaasgeluid om jou weg te jaag. Chris het ook 'n paar mites in die kiem gesmoor, soos byvoorbeeld die gesegde dat die Swart Mamba sy stert vasbyt en rol, dit is nie waar nie. Daarom het hy ook 'n Californian King Snake saamgebring. Dit is een van die slange wat as troeteldiere gebruik word. Die dames kon hulle vrese besweer en die slang vashou of aan hom raak. Hulle gesigte het boekdele gespreek, miskien is hulle vrese nou besweer! Bel Chris Hobkirk by 0823723350 vir praatjies en ook as daar 'n ongewenste gedierte jou besoek het.

®

BYDRAE DEUR EUNANZA FARRELL ~ FINESSE TAK

Hier kom die... Rooibokke FINESSE TAK moes die Rooibok verteenwoordig by die Onderberg Streekvergadering. Hulle het oulike rooibok maskers gemaak en getooi in Swart & Rooi opgedaag.

Die was ‘n baie goed georganiseerde Streek-vergadering en Machel en haar span het hulle goed van hulle taak gekwyt. Die diere~tema was prettig en baie interessante. Elke tak moes ‘n dier verteenwoordig en die gehoor meer leer oor die spesifieke dier. Finesse is beslis ‘n span duisend...!

®

Page 35: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

35

BYDRAE DEUR MARIAAN LOURENS ~ VLAMLELIE TAK

Vlamlelies leer skilder Die Vlamlelies het saam met 'n baie bekende skilder, Louis Audie gekuier tydens ons laaste vergadering. Louis het oorsee en hier in Suid-Afrika geleer by onder meer Thornley Stewart, W. H. Coetzee en Gerrie Snyman. Saam het hulle 'n groot invloed op sy lewe gehad. Louis het ons baie kom vertel oor kleur en die meng van kleur, en hoe ons dit kan toepas in binnenshuise versiering, asook kuns. Louis het ook terwyl ons vir hom gestaan en kyk het 'n skildery gedoen en voor ons oë het die mooiste landskap vorm aangeneem. Ons het almal baie geleer en is vas van plan om die kwas op te neem. Daleen Mulder het ons ook deur haar fabriek Bedmat geneem, waar sy

allerhande beddens vervaardig van gewoon tot meganies. Soos regte Goue Lokkies het ons almal die beddens uitgetoets en heerlik saamgekuier.

®

BYDRAE DEUR MARIETTE JOUBERT

Die waarheid... Die waarheid is gewoonlik baie erger as fiksie en die volgende ware storie is genoeg om enige mens twee keer te laat kyk na wat mens eet en drink by die werk. Enige Bank, Poskantoor of Prokureur het maar n bode wat allerhande los werkies ook moet doen, soos om die pos te gaan haal, toilette skoon te maak, vloere te mop en in die meeste gevalle sommer koffie en tee vir die kantoor personeel ook te maak. Veral in onse ou klein dorpie, noem hom maar, Moerlandspan, waar ek vandaan kom is die enigste bode sommer alles en mens sien hulle sommer heel dag so beweeg tussen al die plekke waar niemand lus voel om heen te loop nie. Die lede van ons eie Bank, en hier kan ek beslis nie die naam noem nie, was elke dag stiptelik op hul pos van die Bestuurder tot die Bode. Ou Simon die bode was soos baie ander bodes, maar effens van n slons, of die mooi woord is n regte ou vuilgat. Rooi gesuipte oë, goud-geel tande van al die BB twak wat hy met koerant papier rook, stukkende uniform (want hy verkoop die nuwes), en n natuurlike klankie wat genoeg is om die meeste mense te laat sidder. Die dames in die kantoor het gedurig gekla oor Simon so vrot afstof, nie mooi skoonmaak nie, en daai klankie van hom was een te veel! So, soggens nadat Simon almal se koffie gemaak het, het hulle hom dadelik soveel takies moontlik gegee om hom net uit die bank te kry, wat Simon natuurlik erg misbruik het, en meestal vol papsak wyn onder n boom lê en slaap het, altyd sonder sokkies.

Page 36: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

36

Die klankie was afkomstig van Simon se besondere liefde vir hard gekookte eiers, waarvan hy elke liewe dag ten minse ses verorber het met middag ete, afkomstig van sy eie henne wat skrop om sy kaia in die lokasie. Dis todat Koos, die nuwe Bank bestuurder een dag uit pure moedeloosheid die besemkas agter in die bank loop oop ruk het op soek na skoonmaakmiddels, dat hy op iets vreemds deur die agter ruit afgekom het. Rustig aan die slaap lê ou Simon onder die boom vol hard gekookte eiers en n paar nat sokkies is opgehang aan die venster se diefwering, daar agter waar niemand ooit kom nie. Koos het een en een bymekaar gesit en die volgende oggend vir Simon bekruip oral waar hy gaan en tot sy ewige spyt gesien wat daar gebeur. Die bank het so n 15 Liter blink staal Urn met styf passende deksel wat sommer heel dag so staan en prut vir koffie water en dis nou hier waar die groot kots vir Koos kom staan en wag het. So kom Simon toe in en gaan tap die urn vol water, skakel hom aan en gaan sit al te rustig op die stoel langs die tafel. Mooi pak Simon 6 ROU eiers uit n tassie op die tafel en maak sy skoen veters los. Daarna trek hy sy sokkies uit en plaas 3 eiers in elke sokkie en hang elke sokkie vernuftig oor die rand van die urn in die koffie water en knyp hulle met die deksel vas. Soos die koffie water kook, so kook Simon se eiers, en kry sy sokkies sommer n lekker was ook. Koos sê nadat hy sy laaste stuk dikderm uitgekots het, en die res van die personeel mekaar vertrap het om hulle mangels te loop uitskeur voor die toilet het hulle ou Simon dik gemoer en summier op pensioen gesit. Tot vandag toe staan daai urn in die stoor en drink die personeel bottel water en koeldrank. Dis nou regte moer koffie, om GE-MOER te word oor koffie!

®

BYDRAE DEUR EUNANZA FARRELL ~ FINESSE TAK

Judith Maritz ~ Finesse se Vonkelvrou 2014 Alhoewel Judith nog nie baie jare ‘n vlu vrou is nie, het sy beslis gewys dat daar baie murg in haar pype sit. Sy het by Finesse aangesluit en ons het vinnige lief geraak vir haar. Sy is ‘n innige mens, opreg en oop. Altyd reg om hand by te sit en haar deel in die tak te doen. Sy is baie kreatief en is ‘n kranige ‘Scrapbooking’ entoesias en maak die mooiste kaartjies onder die son. Sy is ywerig om nuwe handvaardighede aan te leer. Sy skilder pragtig en is ‘n student in die kunsvorm. Baie geluk Judith met jou Vonkelvrou toekenning, jy is beslis ‘n waardige vrou. Dankie

dat jy deel van ons tak van knap vroue is. Jy vonkel! Finesse lief en waardeer jou! ®

Page 37: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

37

BYDRAE DEUR ESME VENTER ~ BARBERTON TAK

Ingelegde Avokado Hoe maak ek INGELEGDE AVO'S Sousie: 175ml Olyfolie 18 Teelepels Suurlemoensap 175ml Appelasyn of witasyn 30ml Country garlic en herb (Robertsons) Gemaalde swartpeper

Skud bogenoemde goed saam. Berei avo's voor en sny in kwarte of in blokkies soos verkies. Bedruip liggies met suurlemoensap om te verhoed dat dit verbruin. Mikrogolf op hoof vir 1 minuut. Laat effens afkoel en gooi in bottel met sousie. Kan tot 2 maande bere.

®

BYDRAE DEUR MARIAAN LOURENS ~ VLAMLELIE TAK

Vlamlelies verband hulle vingers Die Vlamlelies doen altyd alles anders, en het besluit om 'n heerlike jaar-afskeid te kombineer met 'n werksklas. So het ons dan besluit om elke 'n handgemaakte geskenkie te bring en self ons tafel te dek, en self ons ete te maak. 'n Organza werksklas sal dan gehou word.

Die Vlamlelies het hulle naam gestand gedoen deur die laaste vergadering in vlamme te eindig. Sunette gee as Voorsitter altyd aan die einde van die jaar 'n klein geskenkie aan elke lid, maar het besluit dat hulle hierdie jaar self hulle geskenkie moet maak. Sy het alles verskaf, vir die dames geleer om die organza blom te maak, en hulle moes hul geskenkie voltooi. Dit het behels dat hulle self hulle organza-blomme moe brand, en dit is waar die vlamme inkom. Na 'n paar vingers wat verbrand is, het die dames met hulle pragstukke gesit. Dit was baie prettig en die dames het heerlik saamgekuier.

®

BYDRAE DEUR MARIETTE JOUBERT

Be wary of misleading adverts and spend wisely

during the festive season

With the end of the year approaching and the festive season gradually creeping in, the National Credit Regulator (NCR) is urging

consumers to be vigilant when entering into credit agreements, said Mpho Ramapala, Acting Manager in the Education & Communication Department at the NCR.

Page 38: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

38

Credit providers should disclose all costs in advertisements if they made reference to monthly instalments, repayment amount or any other cost of credit, she said. “Consumers should be wary of misleading terms in advertisements or direct solicitation for credit such as ‘no credit checks required’, ‘blacklisted consumers welcome’, ‘free credit’, ‘cheap credit’, ‘affordable credit’, ‘low cost credit’ or any wording that has substantially the same meaning”. Ramapala also advised consumers not to leave their identity documents, bank cards / pins and SASSA cards with credit providers when applying for credit. “This is a criminal offence”, she stressed. Consumers should report cases where their bank / SASSA cards and identity documents were taken by credit providers to their local police stations. Due to the year-end celebrations and excitement, the festive season provides the perfect opportunity to spend money that you do not have. “If you want to begin the New Year in a financially sound position, be aware of how you spend your money during this period and save for the New Year”, advised Ramapala. Over the festive period, consumers should be especially wary of “buy now, pay after three months deals” and then incurring additional credit during those three months, cautioned Ramapala. “Consumers should request a pre-agreement statement and quotation when applying for credit. This will enable them to shop around and do a comparison.” The NCR urges consumers to seek loans with NCR-registered credit providers. They can identify such credit providers by a window decal (an orange sticker with an NCR logo) and a registration certificate that will also state the NCR credit provider registration number. To ensure that you are not put in a predicament of having to apply for credit come the New Year, spend wisely this year by following these simple steps: • Do a budget for the festive season and include all debt, rent, electricity, water, insurance, transport,

gifts, entertainment, etc; • When going shopping, have a shopping list to avoid buying unnecessary items; • If you didn’t budget for a holiday earlier in the year, it might be too late and risky in terms of finances

to go on holiday this year; • Be proactive and double-up on your regular payments such as mortgage or rent, lights and water. That

way you will be able to afford costs such as school fees and uniform which will hit you at the start of the New Year;

• Prioritise your home loan and rent; • Shop around for cheaper options; • If you borrow money, make sure you borrow only for what is strictly necessary, and ensure that you

can afford the repayments; • If you’re not sure of exactly how much you want to spend on each person’s present, it’s easy to get

caught up in the moment and overspend. Limit yourself to an amount for each person to help keep track of your spending;

• Items such as school stationery, uniforms or other useful items are a better investment. Choose presents that last long after Christmas;

• Instead of buying expensive presents, set up a savings fund and put away an amount for your loved ones each Christmas. Over time this will grow into a much bigger pot of money that can be used to fund school fees or pay off a car;

• Entertain at home. Ask guests to bring something for the meal so you share the costs of your festive entertainment;

• Each year, set up a separate fund for birthday and Christmas presents as well as holidays. Keeping this money separate will enable you to save for special occasions, while at the same time fund your day-to-day living expenses without going into debt;

• Use your bonus to reduce your debt burden by paying off existing loans. By spending wisely this year, you can reap the benefits next year; and

• Keep track of your spending by either jotting down or keeping the receipts of all your spending. Issued by: National Credit Regulator Tel: (011) 554 – 2722 Website: www.ncr.org.za

Page 39: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

39

BYDRAE DEUR ANDRIA HATTINGH ~ FLEUR DE LIS TAK

Broomstick en Badplaas Vanaf 24 tot 27 Augustus 2014 was Dick en Andria Hattingh (Fleur - de - Lis tak) by Badplaas vir n wegbreek wat die kinders vir hul gegee het, vir Dick se verjaarsdag. Tydens daardie wegbreek was Andria besig met haar broomstick hekel werk. So

vasgevat in die tegniek dat sy selfs by Badplaas langs die swembad daarmee doenig was. Terwyl sy dit doen het daar 2 dames haar genader en ja, Andria het hul gewys en ook van die VLU vertel. Hul was so geïnspireerd dat hul ook dadelik daarmee wou begin het. So is VLU deel van Andria se lewe.

®

BYDRAE EUNANZA FARRELL ~ FINESSE TAK

Raak weer kind deur Koos van der Merwe Daar is raad oor hoe om jou dagtaak te doen, rustig te slaap, bekommernis en stres te hanteer, te rus, fees te vier en kinders groot te maak. Waarskuwings is daar volop – die versoekings van die vlees, die gevaar van te veel voggies, die verleidelikheid van die rykdom – die bedrieglikheid van die bevalligheid, die sekerheid van die ouderdom en die vlugtigheid van die lewe. Ja, as dit by lewenswysheid kom, het hierdie antieke boek selfs vir vandag se mens veel te leer. Een van die wyshede wat my telkens weer laat besef hoe ver ek tekort skiet, is die woorde van Jesus: “Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!” Selfs die psalmis het gesê dat die Here die slimmes onder ons beskaam deur die mond van die suigeling. En hoe waar is dit nie. Almal van ons – van ministers tot generaals, doktore, professore, predikante, direkteurs en prokureurs – kan in ons slim, volwasse wêreld veel van kinders leer. Hoe het ek nie onlangs weer besef hoe min ek soms soos ’n kind dink nie. In trane het my dogtertjie kom vertel hoe sy te na gekom is deur maatjies. Die saak het vir my baie ernstiger as die gewone kinderstryery geklink en ek het dit as my ouerlike plig geag om werk te maak daarvan. Uiteindelik het ’n paar van ons volwassenes redelik ernstig oor die situasie verskil, om ’n paar dae later te sien hoe die dogtertjies lankal daarvan vergeet het. Telkens as ek dae lank tob en daardie dodelike stilstuipe beleef wat glo eie is aan die manlike spesie, dan weet ek ek het kindermedisyne nodig. Om soos ’n kind te kan vergewe, vergeet en verder speel, is voorwaar ’n gawe van Bo. Só kan ons nog baie by kinders leer. Naby ons huis is ’n speelpark in die bos. Ek kan my verluister aan die gilletjies, gelag, tergery en hemelse klanke van kinders wat ure lank buite speel. Elke nou en dan storm hulle die huis in, op soek na iets lekkers, om net weer met spoed die veld in te vaar. Want belangrike dinge moet gedoen word en donker kom en daar is nog lank nie genoeg gespeel nie. En dan bid ek – maak my soos ’n kind. Gee my vandag – om te leef, te speel, te bemin en te vergeet wat vergeet moet word. Te leef met die diep wete daar is ’n Vader wat vir my sê ek kan my sorge by Hom los.

®

Page 40: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

40

BYDRAE DEUR MARIETTE JOUBERT

Die VLU-koek Marise van Wyk Soos die meeste boervroue van die distrik het my ma, Anna, aan die VLV behoort. Sy was ‘n knap vrou. Sy kon net so hard soos my pa boer, beeste doseer en wol klas. En as sy saans haar vier kinders met hul huiswerk gehelp, kos gegee, gebad en in die bed gesit het, het sy begin houtsneewerk doen, brei of borduur. Sy was ‘n uithalerkok, maar daar was een swak skakel in haar arsenaal van boervrouvaardighede. Sy kon nie koek bak nie. En sy was pynlik bewus van hierdie “tekortkoming”. So lief soos my drie broers van babadag af vir boer was, so lief was ek vir my ma se kombuis. Ek kon ure daar verwyl en kyk hoe sy kosmaak. Sy’t my toegelaat om te help roer en klits. Maar daar was een uitsondering. Die kere wanneer sy vir die VLV se bakprojekte moes oefen, is ek die kombuis verbied. Dan moes sy konsentreer. Die kombuisdeur is toegetrek en is ek aangesê om buite te gaan speel. Dit was vir my ‘n bitter pil en hoe ouer ek geword het, hoe swaarder het ek daaraan gesluk. Ma Anna het ‘n hardkoppige, mededingende streep van haar ma, Ouma Maag, gekry. Maar dit is met VLV se bakprojekte dat haar mededingende eienskap in die rooi gedruk is. Ek onthou hoe sy een maand obsessief geoefen het om ‘n perfekte Battenberg-koek te bak. Toe selfs ons skoolmaats nie meer die skaakbordkoek wou eet wat sy in ons kosblikke gepak het nie, het sy haar probeerslae begin vries. En toe sy op D-dag sonder ‘n roset vir haar Battenberg huis toe kom, het die koeke stilweg uit die vrieskas verdwyn. Die rosette vir uithalergebak het haar bly ontwyk en as gevolg daarvan het ons sekere goed nooit weer in die huis geëet nie – Battenberg-koek, mosbolletjies, sjiffonkoek… In die winter van my st. 4-jaar het 'n baasbakster uit die Kaap gekom om vir die dorp se VLV-tak ‘n uithaler wortelkoek te demonstreer. Lede moes die resep nadoen en die volgende maand sou hul pogings by die kongres beoordeel word. My ma het so geoefen dat ons wit plastiekrasper later oranje gevlek was van wortels rasper. Ek is oudergewoonte tydens die baksessies die kombuis verbied en die middag, terwyl sy die finale koek vir die kongres moes bak, is ek aangesê om ouma Maag in die sonkamer geselskap te hou. My renons in die VLV se koekprojekte was teen dié tyd so groot soos Ouma Maag se medisynelus. Ouma Maag se regte naam was Amelia, maar sy’t haar bynaam gekry oor haar liefde vir maagmedisyne. Maak nie saak hoe my ma geraas en gepreek het oor die medisyne-drinkery nie, haar bottel kruiedoepa – met boegoe, brandewyn, en wie weet wat nog als – was haar konstante metgesel en sy’t vas geglo dit hou haar maag “gesond”. As ouma Maag by ons gekuier het, was haar doepa altyd naby haar. Bedags het dit meestal in die kombuis gestaan. Ek weet tot vandag toe nie presies wat my dit laat doen het nie. Kinderwoede teenoor my ma en die VLV-koeke en oor ek uigesluit gevoel het; dalk om hulle terug te kry. Maar toe ons tuinman my ma by die agterdeur roep en sy die kombuisdeur op ‘n skreef laat oopstaan, het ek ingehardloop. Ouma Maag was op die rusbank, verdiep in haar boek. Op die kombuistafel het die bak koekbeslag klaar gemeng gestaan. Ek kon hoor hoe my ma by die agterdeur met Piet oor die Clivia-bolle praat. Toe vang my oog ouma Maag se bottel maagdoepa…

Page 41: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

41

Daar’t heelwat in die bak geval, die bottel het twee keer so “gloeg-gloeg” gemaak. Ek het die doppie teruggedraai en die koekmengsel verwoed geroer. Weer by die kombuis uitgeglip. Daardie aand kon ek nie slaap nie. Wat as die tannies siek word van die koek? Wat as hulle my ma by die VLV skors? Toe my ma die volgende middag haar blou Cressida voor die skool parkeer, het my bene soos lood gevoel. Toe dit boonop lyk of sy my halfpad kom ontmoet, het ek geweet – vandag kry ek die pak slae van my lewe. Ek het in my spore vasgesteek toe ek haar sien. Die vlamrooi roset op haar jas se lapel was amper so groot soos haar triomfantlike glimlag. Haar wortelkoek het gewen! Kan ek dit glo? Dis omdat sy die meel drie keer gesif het, omdat sy plaasbotter gebruik… het sy heelpad plaas toe gesels. Vir my 12-jarige gewete het alles te veel geword. In trane het ek net daar met die hele sak patats uitgekom. Vandag nog, 30 jaar later, onthou ek steeds my verbasing toe my ma ná ‘n paar minute se stilte begin lag en sê: “Toemaar, my kind, alle baasbaksters het mos ‘n geheime bestanddeel.”

®

BYDRAE DEUR RIKA HUMAN ~ FLAMBOYANT

Jeanetta le Roux het talent

Jeanette le roux was een van die gasvrouens va die vergadering waartydens haar artikels uitgestal was. Sy is heel links op die foto saam met Thelna Knott en Mariette Lombard.

Jeanette le Roux is die skepper van die pragtige artikels

®

GESONDHEID

Gesondheid... Al ooit gewonder of daar ‘n ander manier van eet

is...Is Tim Noakes se lewenstyl vir jou...? Ons almal droom van ‘n dieet waar jy vir ontbyt roereiers met room en gebraaide spek eet. Is die hoëvetlaekoolhidraatdieet wat prof. Tim Noakes verkondig die antwoord op mense wat dieet se drome, of is dit ‘n gesondheidstydbom wat wag om te ontplof?

Page 42: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

42

Is die hoëvetlaekoolhidraatdieet wat prof. Tim Noakes verkondig die antwoord op mense wat dieet se drome, of is dit 'n gesondheidstydbom wat wag om te ontplof? Dik, romerige Griekse jogurt en neute, skaaptjops met brosgebraaide vetjies… En die kilogramme smelt weg. Tot 6 kg per maand. Jy slaap beter, voel energiek, jou bloeddruk verbeter en jy kan tipe 2-diabetes omkeer. Hardlopers verbeter boonop hul tye. Dit, sê Tim Noakes, wêreldbekende professor in oefen- en sportwetenskap aan die Universiteit van Kaapstad, is wat ‘n dieet met lae koolhidraat, hoë vet en matige proteïen vir jou kan doen. En al wat leef en beef, is gaande daaroor. Sy resepteboek. The Real Meal Revolution in samewerking met ‘n voedingkundige en twee sjefs, verkoop soos soetkoek. Hoekom verloor jy gewig? • Volgens prof. Noakes hou die baie vet jou langer versadig en eet jy minder gereeld (net elke 6 – 12 uur) en daarom neem jy minder kilojoules per dag in en verloor gewig. • Omdat jou bloedglukose stabiel is (vetmetabolisme gebruik nie insulien nie) word jy ook nie maklik honger nie. • Vanweë die lae koolhidrate in die dieet skakel jou liggaam oor na ‘n proses genaamd “ketose” waar jou vetstore vir energie verbrand word. Grootste fout Moenie sekere elemente van hierdie dieet volg en ander ignoreer nie, sê prof. Noakes. Jy gaan net resultate bereik as jy die eetplan nougeset volg. As jy die hoë vet van room en kaas aangryp, maar koolhidrate ook eet, gaan jy in grootte verdubbel. Dis ‘n bietjie soos ‘n voertuig waarvan die enjin of diesel of petrol gebruik. Jy kan nie een dag diesel ingooi en die volgende dag petrol nie. Jy moet jou liggaam leer om oor te skakel na ‘n vetverbrandingsmetabolisme om vet vir energie te verbrand. Dit kan net gebeur as jy jou koolhidrate laag genoeg hou. Anders gebruik jou liggaam insulien om die koolhidrate te metaboliseer en te veel insulien maak jou honger en is ook die boodskapper wat vir jou liggaam sê om ekstra energie as vet te berg. Hoe werk die dieet? Dit is nie ‘n hoëproteïendieet nie. “Jou proteïeninname behoort dieselfde as voorheen te bly, dis net jou vette wat heelwat meer word en koolhidrate wat byna heeltemal uitgesny word. Jou porsiegrootte vir proteïen (80 g vleis per maaltyd) moenie meer wees as die grootte en dikte van die palm van jou hand nie.” Volgens hom is dit heeltemal moontlik vir mense om sonder ‘n enkele gram koolhidrate te leef en oefening te doen. Boonop sê hy dat ‘n groot persentasie mense aan chroniese siektes ly omdat hulle ‘n intoleransie vir sekere elemente in grane het. “Koolhidrate hou jou ook vanweë die insulienrespons honger en koekies en selfs brood bevat gewoonlik min voedingstowwe. Die hoë sout en suiker wat dikwels deel van hierdie produkte is, dryf jou om nog meer daarvan te eet. Suiker is ‘n ‘gif’ waaraan mense verslaaf geraak het en moet tot elke prys vermy word – 25 tot 50 g koolhidrate per dag is genoeg.” “As jou huidige dieet vir jou werk, jy nie met jou gewig sukkel nie en jy energiek en gesond voel, bly eet wat vir jou werk,” beveel Prof. Noakes aan. Die lewenstyl Riglyne volgens prof. Noakes Vermy alle suiker en graanprodukte – dus brood, koekies, koeskoes, rys, aartappels en mieliemeel. Sny alle verfynde koolhidrate uit en probeer eerder jou koolhidrate uit laekoolhidraatgroente kry. Moenie buitensporig proteïene eet nie. Hou op eet sodra jy versadig is. Eet vet, maar maak seker dis die regte vet. Eerder olyf-, klapper-, makadamia- of avokado-olie, varkvet en diervette as saadolies soos van sonneblom, kanola, druiwepit of katoen. Eet baie groen en blaargroentes, maar versigtig met vrugte vanweë die hoë suiker. Vermy alle sojaprodukte met die uitsondering van MNG-vrye sojasous by geleentheid.

Page 43: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

43

Suiwelprodukte is toelaatbaar, mits jy nie ‘n reaksie teen laktose het nie, of ervaar dat dit jou gewigsverlies belemmer nie. En alles moet volroom wees. Vermy geprosesseerde en voorafbereide kos en kies vleis van vrylopende diere en organiese groente as jy kan. En as jy oefen? “Ek glo daar is min rede om meer as 200g koolhidrate per dag in te neem ongeag hoeveel jy oefen. Die geheim is om vas te stel hoeveel koolhidrate optimaal vir jou werk. Dit behoort gewoonlik tussen 25 en 200g per dag te wees.” In sy boek verduidelik hy dat baie mense ook insulienweerstandig is en nie koolhidrate normaal kan metaboliseer nie. Insulien reguleer die berging van vette en as jy baie insulien vrystel, gaan jou liggaam nie ekstra glukose as glikogeen in die spiere en lewer stoor nie, maar alles eerder as vet berg. Hy glo dis hoekom daar heelwat atlete is wat ondanks harde oefening steeds nie gewig kan verloor nie. Lae koolhidrate en oefen Dr. Lize Havemann-Nel, ‘n senior lektor in voeding aan die Noordwes-Universiteit, sê 200g koolhidrate per dag (soos prof. Noakes vir atlete voorstel) is heel voldoende vir iemand wat lae tot matige intensiteit oefening doen vir algemene fiksheid. Vir ‘n professionele atleet, uithou-atleet, of iemand wat daagliks hard oefen en aan wedrenne deelneem, is dit nie genoeg nie. Daar is talle bewyse dat voldoende koolhidrate in die oefenseisoen (5 -12 g/kg liggaamsgewig per dag) en tydens kompetisies (30 – 60 g/kg per uur) prestasies verbeter. Ook dat te min koolhidrate prestasies benadeel en immuniteit verlaag. “Oorgewig atlete se sonde is soms dat hulle hul ná oefening met kos beloon. ‘n Uur se harde oefening (spin-klas) kan 400 kaloriee verbrand, maar ‘n groot muffin by ‘n koffiewinkel het sowat 600 kaloriee. Dus gaan jy gewig aansit as jy jou ná ‘n harde gimsessie met ‘n muffin beloon.

®

DAGBOEK

Belangrike Datums vir 2015 14 Januarie Skole open 16 Januarie Radio Laeveld 19-23 Januarie ALGEMENE JAARVERGADERINGS:

Voorlegging van Voorsitters-en finansiëleverslae vir goedkeuring 23 Januarie Sperdatum vir Maliewales 28 Januarie SA Nasionale verbruikersunie vergadering 30 Januarie Dagbestuurvergadering 30 Januarie Radio Laeveld 31 Januarie Takinligting by Streekvoorsitster 31 Januarie Finaliseer jou tak se 5-60 jaar lidmaatskaptoekennings vir Konferensie 6 Februarie Streeksvergadering @ R30-00/persoon Tyd: 8:00

Gasvroutak: Flamboyant 13 Februarie Radio Laeveld 27 Februarie Radio Laeveld 3 Maart Communique sperdatum 3 Maart Metaalvoorraad sperdatum 13 Maart Radio Laeveld 15 Maart Sperdatum vir ledelyste 18 Maart Blomme rangskikking vir Konferensie

Tyd: 10:00 – 13:00 Venue: Bee Eaters 19 Maart KONFERENSIE 2015 Tyd: 8h30 vir 9h00 Venue: Bee Eaters Registrasiekoste: R250p/p 25 Maart Skole sluit 25 Maart SA Nasionale verbruikersunie vergadering

Page 44: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

44

27 Maart Radio Laeveld 30 Maart Sperdatum vir VLUM beurs 31 Maart Inskrywingsvorms t.o.v. Beoordelaarseksamen April WBPV bewusmakings maand by alle takvergaderings 3 April Goeie Vrydag 6 April Paas Maandag 10 April Radio Laeveld 13 April Skole heropen 24 April Radio Laeveld 30 April Deposito: Kongresgeld April Swazilandtoer – datum later bekend 8 Mei Radio Laeveld 22 Mei Radio Laeveld 27 Mei SA Nasionale verbruikersunie vergadering 14 Mei Hemelvaartdag 3 Junie Communique sperdatum 3 Junie Metaalvoorraad sperdatum 5 Junie Radio Laeveld 19Junie Radio Laeveld 26 Junie Skole sluit 3 Julie Radio Laeveld 10 Julie Sperdatum vir Maliewales 20 Julie Skole begin 17 Julie Radio Laeveld 24 Julie Dagbestuursvergadering 29 Julie SA Nasionale verbruikersunie vergadering 30 Julie Sperdatum vir balans van kongresgelde 31 Julie Streeksvergadering @ R30-00/persoon Tyd: 8:30 vir 9:00

Gasvroutak: Vlamlelie 31 Julie Radio Laeveld 14 Augustus Radio Laeveld 28 Augustus Radio Laeveld 19-20 Augustus VLUM Kongres te Numbi Hotel September SAVLU bewusmakings maand by alle takvergaderings 3 September Metaalvoorraad sperdatum 3 September Communique sperdatum 11 September Radio Laeveld 15 September Sperdatum vir ledelyste 25 September Radio Laeveld 30 September SA Nasionale verbruikersunie Jaarvergadering Oktober Borskankermaand 2 Oktober Skole sluit 9 Oktober Radio Laeveld 12 Oktober Skole heropen 23 Oktober Radio Laeveld 26-28 Oktober SAVLU Kongres by Aldam, Vrystaat 6 November Sperdatum van Maliewales 6 November Radio Laeveld 13 November Dagbestuursvergadering 20 November Radio Laeveld 21 November Streeksvergadering en afsluiting @ R35 p/lid Tyd: 8:30 vir 9:00 Gasvroutak: Fleur-de-Lis 4 Desember Radio Laeveld 9 Desember Skole sluit

Page 45: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

45

BYDRAE DEUR SANTA KRUGER ~ KOMPETISIE SAMEROEPSTER

VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016 VLU MALIEVELD – KOMPETISIE 2015 AFDELING – BORDUURWERK –VERSKEIDENHEID STEKE ‘nSkinkbordlappie met ‘n verskeidenheid van borduursteke Riglyne *’n gekoopte lappie met ‘n gedrukte patroon mag gebruik word *’n lappie wat egter self ontwerp is sal meer punte verkry. * ‘n te groot verskeidenheid sal dalk deurmekaar vertoon.

*maak seker dat die steke die artikel komplimenteer *goeie materiaal keuse is belangrik. *’n Skinkbordlap kan reghoekig, oval, rond of enige ander fatsoen wees, afhangende van die fatsoen van die skinkbord waarop dit gebruik gaan word. Vir ‘n reghoekige of ovaal skinkbordlap word die verhouding 2:3 aanbeveel. Die skinkbordlap moet vir ‘n skinkbord van middel grootte gemaak word. Die ontwerp vir ‘n skinkbordlap moet nie verhewe gedeeltes hê nie. Kies die randafwerking met groot omsigtigheid, want dit dra baie by tot die geslaagdheid van die artikel.

VLU MALIEVELD – KOMPETISIE 2015 AFDELING – FOTOGRAFIE Tema :Dít gebruik en in my kombuis Riglyne *Jumbo grootte foto vir tak en konferensie. *montering moet aanpas by die foto. NIE NODIG OM SWART TE WEES NIE *sorg dat die agtergrond nie te prominent is nie. *nie tuis druk nie.

VLU MALIEVELD – KOMPETISIE 2015 AFDELING: Poësie ‘n Akrostiese gedig word verlang. Hiermee word ‘n word, frase, of gedeelte uitgespel vertikaal deur die eerste letters van ‘n groeplyne in volgorde. Met ander woorde, jou gedig sal soos volg lees; M... Y.... K... O.... M... B... U... I... S...

Navrae: Mariette Joubert VLU MALIEVELD – KOMPETISIE 2015 AFDELING – BREI EN HEKELWERK KOMBINASIE Enige artikel waar brei- en hekelwerk gekombineer word. Riglyne *voorkoms moet aantreklik en modieus wees. Die artikel moet ‘n netjiese, professionele indruk skep. *indien ‘n kledingstuk gemaak word, moet dit maklik aan en uit getrek kan word.

*dit is belangrik dat die verhoudings van ‘n kledingstuk ten opsigte van lengte, wydte, halsopening, lengte en wydte van moue asook skouerbreedte goed moet wees. *patroonsteke moet aanpas by die artikel wat gemaak word.

Page 46: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

46

*enige tipe wol of gare kan gebruik word wat die spanning van die artikel sal wys. *tekstuurwol/gare kan in KLEIN hoeveelhede gebruik word. *spanning is baie belangrik, aangesien die artkel brei en hekelwerk saam gedoen word. *dit is moeilik om die % van brei en hekelwerk te gee, aangesien die artikel dit sal bepaal.

VLU MALIEVELD – KOMPETISIE 2015 AFDELING – MASJIENWERK Gebakhouer (vir dra van warm geregte) Riglyne *styl en verhouding word bepaal deur die grootte van die bak *die tipe materiaal moet stewig geweef wees, *materiaal moet wasbaar wees *beplanning vir die houer moet goed beplan word *voltooide artikels word nie gewas nie *steeklengte en naald moet pas by die tipe tekstielstof, bv by dikker

materiaal sal langer steeklengte hê asook ‘n dikker naald. *konstruksiewerk, soos bv nate, moet met die masjien gedoen word. *afwerking en tooisels kan met die hand en/of masjien gedoen word. *maak optimaal gebruik van masjienwerk, maar moet geskik wees vir die betrokke artikel.

VLU MALIEVELD – KOMPETISIE 2015 AFDELING – HANDVLYT Polimeer/Filaniklei slaailepelstel Riglyne: *algemene ontwerp en grootte: balans, verhouding en geskiktheid asook oorspronklik. *polimeer of filanieklei moet gebruik word *kleurvol, monokromaties,

*netheid is belangrik. *algemene afwerking is baie belangrik.

*Kleie word gebak. ALLE KLEI EN LEPEL STELLE IS BESKIKBAAR BY NELLIES SCRAP AND CRAFTS. KLASSE WORD OOK AANGEBIED. RIANA V SCHALKWYK 0824529063 ENIGE VAN HIERDIE TIPE WERK SAL GESKIK WEES. KLEI MONSTERS EN ETIKETTE MOET ASB INGESLUIT WEES. VLU MALIEVELD – KOMPETISIE 2015 AFDELING – REKENAAR ONTWERP Riglyne *1 x A4 bladsy van enige kleur word gebruik. Die blads y word in 3 gevou, met inligting aan weerskante *onthou dat kern begrippe en “lusmakers” op brosjures gebruik word en dat maklik leesbare letter tipes verkies word. *foto’s en illustrasies mag gebruik word, maar nie meer as 50% nie. *gebruik jou eie tak se kontak besonderhede *daar is baie wenke op die internet beskikbaar. VLU Malieveld mag dalk net besluit om jou brosjure vir ons bemarking te gebruik!! Navrae: Mariette Joubert

Page 47: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

47

VLU MALIEVELD - KOMPETISIE 2015 AFDELING: GEBOTTEL Hierdie resep word gebruik. (geen ander nie) MIELIE-ATJAR 6 Groenmieliekoppe (nie suiker mielies nie) ½ Middelslag-kopkool 2 Grootuie 2 Rooi soetrissietjies 200g Karamelsuiker 10ml Mosterdpoeier 10ml Koekmeelblom 10ml Sout 2ml Borrie 500ml Bruin asyn Maak die mielies skoon en sny die pitte teen aan die stronke af. Kerf die kopkool baie fyn op. Skil die uie en sny dit fyn op. Halveer en ontpit die soetrissie en kerf dit fyn op. Vermeng al die bestanddele buiten die asyn deeglik in ‘n groot kastrol. Roer die asyn geleidelik by. Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en prut dit ‘n halfuur lank. Bottel die atjar warm en verseёl dit dadelik. NB. ENIGE GROOTTE FLES SAL AANVAAR WORD.

BLOMME BELANGRIK Daar is gevra dat al die streke in VLU Mpumalanga hul blommekompetisie inligting vir konferensies sal voorhou aan die FLORA UNIE ten einde onduidelikheid vir die deelnemers uit te skakel. Na voorlegging van hierdie blomme inligting is die volgende terug ontvang: ‘n Deelnemer moet 2(twee) keer ‘n eerste plek in ‘n afdeling behaal het alvorens sy kan opskuif na ‘n volgende afdeling. Jy mag nie aan ‘n laer afdeling deelneem as waarin jy die vorige jaar deel geneem het nie. As jy nog nooit deelgeneem het nie,

mag jy aan enige afdeling deelneem en hoef jy nie noodwendig by die “Beginners” te begin nie– jy mag dan net nie volgende keer afskuif nie! BELANGRIK NB Geen rangskikking of deel van ‘n rangskikking mag vooraf gemaak word en dan neergesit word op jou rangskikspasie nie. Slegs die raamwerk of “mechanics” (indien enige) mag tuis gedoen word. Almal begin 10h00 te rangskik en moet 13h00 klaar wees. Indien jy klaar is, moet jy die lokaal verlaat. Die beoordeling begin 13h15 en geen deelnemer mag dan in die lokaal wees nie. Deelnemers mag nie gesels of raad en wenke uitdeel nie. Geen plant materiaal mag uitgeruil word tydens rangskikking nie. Geen deelnemer mag die lokaal verlaat om nog plant materiaal te gaan kry nie. Jy mag nie namens iemand anders rangskik nie. Geen laat inskrywings mag gedoen word nie, jy skryf reeds in tydens Februarie streekvergadering. Rangskikkings in al die afdelings ontvang dieselfde tafelspasie. Plant materiaal moet ten minste 75% oorheers. Die beoordelaar se beslissing is finaal. Die afdelings is as volg: Beginners Middelbaar Gevorderd Tema :Vir my kombuis. Enige navrae kan gerig word aan Santa Kruger by 083 661 9358

tatumzzrildelenit au gue duis dolore te

feugatnullafacilisi. Ut wisienim ad

minimveniam,

quisnostrudexercitaionullamcorpersuscipitlob

ortisnisl ut aliquip ex en commodoconsequat.

Duis te feugifacilisi per suscipitlobortisnisl ut

aliquip ex en commodoconsequat.

Loremipsumdolorsitamet,

consectetueradipiscingelit, sed diem

nonummynibheuismodtincidunt ut

lacreetdolore magna aliguam erat volutpat.

Primary Business Address

Your Address Line 2

Your Address Line 3

Your Address Line 4

Phone: 555-555-5555

Fax: 555-555-5555

E-mail: [email protected]

Business Name

tatumzzrildelenit au gue duis dolore te

feugatnullafacilisi. Ut wisienim ad

minimveniam,

quisnostrudexercitaionullamcorpersuscipitlob

ortisnisl ut aliquip ex en commodoconsequat.

Duis te feugifacilisi per suscipitlobortisnisl ut

aliquip ex en commodoconsequat.

Loremipsumdolorsitamet,

consectetueradipiscingelit, sed diem

nonummynibheuismodtincidunt ut

lacreetdolore magna aliguam erat volutpat.

Primary Business Address

Your Address Line 2

Your Address Line 3

Your Address Line 4

Phone: 555-555-5555

Fax: 555-555-5555

E-mail: [email protected]

Business Name

Page 48: Maliewales - Vroue Landbou Unievlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/malie...41 Gesondheid... 43 Belangrike Datums vir 2015 45 VLU Malieveld Kompetisie Artikels 2015 - 2016

48

WORD DEEL VAN DIE VLU

Vroue Landbou Unie

Liewe vriendin, Jy word genooi na die Vroue Landbou Unie. Kom kuier

gerus by een van ons oggend-, middag- of aand- takke, kom ontmoet nuwe

vriendinne en verryk jouself op alle terreine van vrouwees, wat ‘n

waardevolle bydrae tot jouself en jou gesin sal bied.

Hier kan jy deur middel van kwaliteit programme en projekte jouself toerus

as tuisteskepper en meelewende landsburger, sodat jy kennis en vaardighede

kan ontwikkel tot voordeel van die gemeenskap en die land en wat jy ook aan

ander kan oordra.

Kom en geniet tyd saam met positiewe dames, maak bietjie tyd vir jouself, kom leef jou vrouwees

uit en verbreed jou horisonne saam met ons.

Vir meer inligting besoek gerus:

Vroue landbou unie Malieveld: Vroue Landbou Unie ~ Provinsie: SA VLU:

http://vlumalieveld.weebly.com www.vlumpumalanga.weebly.com www.savlu.org

...of vind ons op FACEBOOK: VLU Malieveld Streek

VLU Mpumalanga

Vroue Landbou Unie SA

Hoekom die VLU? VLU is nie meer net op die boervrou gerig is nie. Alhoewel van die lede se manne nog boer, is die groter meerderheid van ons lede in dorpe en stede. Mense moet ‘n kopskuif maak omtrent die VLU – ons is nie net boervroue nie en is nie ou tannies met styfgekrulde hare en voorskote nie! Ons is dinamiese vroue wat onsself op alle lewensterreine van vrouwees wil bekwaam en verryk tot diens aan die gemeenskap. VLU bied aan elke vrou ‘n wonderlike geleentheid om haar uniekheid en talente uit te leef! Wat ons uniek maak, is die handvaardighede wat ons aanleer. Ons streef daarna om dames te leer om o.a. naaldwerk te doen, te brei, te hekel, kunsvaardighede te bemeester, blomme te rangskik, te bak, produkte te bottel, fotografie te bemeester en die nuutste tegnologie baas te raak. Alhoewel ons aanpas by die tyd, werk ons tog daaraan dat sekere handvaardighede nie verlore moet gaan nie soos bv. sekere borduursoorte. Elke tak, streek en provinsies het projekte en temas vir die jaar. Alhoewel ons nie ‘n liefdadigheidsorganisasie is nie, is ons projekte van so ‘n aard dat ons die gemeenskap dien. Ons werk gestruktureerd en doelgerig en gebruik ons tyd oordeelkundig! Vroue ontdek en ontgin hul talente. Ons bied vele kursusse en werksklasse aan deur kundiges waar vroue hulself kan bekwaam. Ons konsentreer op opleiding van vroue en om vroue die geleentheid te bied om haar vrouwees uit te leef. Ons leer ook meer oor bome van die jaar en kies jaarliks ‘n persoonlikheid, skrywer en produk waaroor ons meer inligting bekom. En so verbreed dit ons horisonne. VLU is nie daar vir vroue wat alles kan doen nie, dis juis daar om vroue vaardighede te leer sodat sy weer ‘n bydrae tot die gemeenskap en haar gesin kan maak. Elke vrou is uniek en elke tak het ‘n eie karakter, maar saam het ons een visie, missie en doel en reik ons uit na mekaar en na ander