liturgiese riglyne ommunikaatjiegkcenturion.co.za/wp-content/uploads/2018/05/20-mei.pdf · die...

3
6 Liturgiese Riglyne S O N D A G O G G E N D 9:00 Wees verseker dat die Heilige Gees altyd by julle sal bly Skriflesing: Joh 14:15-26; Joh 15:26 – 27; Joh 16:12-15 Teksvers: Joh 14: 15-17 en 25-26 Sing: Sb 1-1:1,7 Sb 16-1:1,2,3 Ps 84:2 Sb 8-1:1,2 Sb 7-2:1,2 Sb 13-3 Orrelis: Corlea vd Walt Projektor: Susan Hoogenboezem Klank: Andre Beumer Prediker: Ds Paul vd Berg S O N D A G A A N D 18:00 Die lewende water Skriflesing: Joh 7:37:39 Openbaring 22:1 en 22 (Esegiël 47) Teksvers: Johannes 7: 38 Sing: Ps 118:12,14 Sb 8-1:1,2 Ps 51:3,4 Lied 588:1,2,3 Sb 13-3 Orrelis: Corlea vd Walt Projektor: Johan Hoogenboezem Klank: Charl vd Bergh Prediker: Ds Maarten van Helden Ons gee vanaand aandag aan die betekenis van die loofhuttefees in Israel en in die Ou Testament. As ons dit verstaan kry die teks ʼn baie besonderse betekenis in terme van die uitstorting en werking van die Heilige Gees in ons lewe. Laat ons op hierdie Pinksterfees maar weer die wonderlike krag en genade van die Heilige Gees eer en aanbid! Jesus is besig om sy dissipels voor te berei dat Hy binnekort na sy Vader toe gaan. Sy Vader sal vir hulle egter ’n ander Voorspraak stuur om vir ewig by hulle te wees. Hierdie Voorspraak is die Heilige Gees. Daarteenoor sê Jesus dat die dissipels die Heilige Gees wel ken en daarom altyd by hulle sal bly en wees. Die Voorspraak, die Heilige Gees, sal hulle alles leer en hulle herinner aan alles wat Jesus vir hulle gesê het. Is die Heilige Gees in jou daaglikse lewe vir jou ‘n werk- likheid? 7:37 En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! 7:38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. 7:39 En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion K Jaargang 43 Nr 15 20 Mei 2018 Webblad: http://www.gkcenturion.co.za PINKSTER Op Pinkstersondag (dit is die eerste dag van die week) word die uitstorting van die Heilige Gees herdenk. Dit was 50 dae nadat Jesus Christus uit die dood opgestaan het en 10 dae nadat Hy opgevaar het na die hemel. Die naam Pinkster is afgelei van die Griekse woord “pentekostē”. Dit beteken 'die vyftigste dag'. Volgens die evangelie van Johannes, in onder andere hoofstuk 14,15 en 16, het Jesus aan sy dissipels die belofte gegee dat sy Vader ‘n Trooster aarde toe sou stuur om altyd met die gelowiges te wees tot met Sy wederkoms. Handelinge 2:1-41 dui dan ook die uitstorting van die Heilige Gees aan wat die dissipels krag gegee het om die Blye Boodskap van Jesus Christus oor die wêreld heen te gaan verkondig. Pinkster word reeds vanaf die 3de eeu n.C. as 'n Christelike fees gevier. Daar is selfs bewerings dat daar reeds in die jaar 130 n.C. na die Pinksterfees verwys was. Gedurende die eerste Pinkster is die Heilige Gees oor Jesus se dissipels uitgestort. Die Heilige Gees het die vorm aangeneem soos die van tonge van vuur, en 'n sterk wind, wat die plek waar hulle byeen was gevul het. Daar staan in Handelinge 2:6-13 die volgende: “Toe die mense die geluid hoor, het ’n groot skare saamgedrom. En omdat elkeen gehoor het hoe daar in sy eie taal gepraat word, het hulle nie geweet hoe hulle dit het nie. 7 Verras en verbaas sê hulle toe: “Die mense wat daar praat, is tog almal Galileërs. 8 Hoe hoor elkeen van ons dan sy eie moedertaal? 9 Perse, Mediërs en Elamiete, sowel as die inwoners van Mesopotamië, Judea en Kappadosië, Pontus en die provinsie Asië, 10 Frigië en Pamfilië, Egipte en die dele van Libië om Sirene, mense uit Rome, 11 Jode sowel as heidene wat die Joodse geloof aangeneem het, Kretensers en Arabiere—ons hoor hulle in ons eie tale praat oor die groot dinge wat God gedoen het.” 12 Hulle was almal verbaas en uit die veld geslaan. Party het vir mekaar gevra: “Wat kan dit tog beteken?” 13 Maar party het gespot en gesê: “Hulle is dronk.” Toe het Petrus met die groep mense gepraat, en verduidelik dat die vreemde verskynsels alreeds deur die profeet Joël geprofeteer was. In Handelinge 2:17-21 haal Petrus Joël 2:28-32 aan. Lees dit gerus om die mooi verband tussen Joël en Handelinge raak te sien. Die mense wat geglo het, het vir Petrus gevra wat hulle moes doen? Petrus het geantwoord: "Bely julle sonde, en word gedoop, elkeen van julle in die naam van Jesus Christus, vir die vergewing van julle sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang." Omtrent drie duisend het gehoor gegee aan Petrus se versoek en was gedoop. Petrus het aan die mense gesê dat die dissipels nie dronk was soos hulle gedink het nie, want dit is nog maar nege-uur in die môre. Dit is geprofeteer dat die Here sy Gees sal uitstort op alle mense en dat hulle seuns en hulle dogters as profete sal optree; dat hulle jongmense gesigte sal sien; en dat die oumense drome sal droom. Die Here sal op sy dienaars en sy dienaresse in daardie dae sy Gees uitstort, en hulle sal as profete optree. Dit is ook belangrik om te onthou dat die eerste Pinksterfees beskou word as die stigtingsdatum of die begin van die oorspronklike Christelike Kerk. Geseënde Pinkstersondag! Glo en beleef die uitstorting van die Heilige Gees in jou lewe as gawe van die Here. Ds Paul

Upload: others

Post on 01-Jun-2020

8 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

6

Liturgiese Riglyne S O N D A G O G G E N D 9:00

Wees verseker dat die Heilige Gees

altyd by julle sal bly

Skriflesing: Joh 14:15-26; Joh 15:26 – 27; Joh 16:12-15 Teksvers: Joh 14: 15-17 en 25-26 Sing: Sb 1-1:1,7 Sb 16-1:1,2,3 Ps 84:2 Sb 8-1:1,2 Sb 7-2:1,2 Sb 13-3 Orrelis: Corlea vd Walt Projektor: Susan Hoogenboezem Klank: Andre Beumer Prediker: Ds Paul vd Berg

S O N D A G A A N D 18:00

Die lewende water

Skriflesing: Joh 7:37:39 Openbaring 22:1 en 22 (Esegiël 47) Teksvers: Johannes 7: 38 Sing: Ps 118:12,14 Sb 8-1:1,2 Ps 51:3,4 Lied 588:1,2,3 Sb 13-3 Orrelis: Corlea vd Walt Projektor: Johan Hoogenboezem Klank: Charl vd Bergh Prediker: Ds Maarten van Helden

Ons gee vanaand aandag aan die betekenis van die loofhuttefees in Israel en in die Ou Testament. As ons dit verstaan kry die teks ʼn baie besonderse betekenis in terme van die uitstorting en werking

van die Heilige Gees in ons lewe.

Laat ons op hierdie Pinksterfees maar weer die wonderlike krag en

genade van die Heilige Gees eer en aanbid!

Jesus is besig om sy dissipels voor te berei dat Hy binnekort na sy Vader toe gaan. Sy Vader sal vir hulle egter ’n ander Voorspraak stuur om vir ewig by hulle te

wees.

Hierdie Voorspraak is die Heilige Gees. Daarteenoor sê Jesus dat die dissipels die Heilige Gees wel ken en daarom altyd by hulle sal bly en wees. Die Voorspraak,

die Heilige Gees, sal hulle alles leer en hulle herinner

aan alles wat Jesus vir hulle gesê het.

Is die Heilige Gees in jou daaglikse lewe vir jou ‘n werk-

likheid?

7:37 En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!

7:38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.

7:39 En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.

OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion K

Jaargang 43 Nr 15 20 Mei 2018 Webblad: http://www.gkcenturion.co.za

PINKSTER Op Pinkstersondag (dit is die eerste dag van die week) word die uitstorting van die Heilige Gees herdenk. Dit was 50 dae nadat Jesus Christus uit die dood opgestaan het en 10 dae nadat Hy opgevaar het na die hemel. Die naam Pinkster is afgelei van die Griekse woord “pentekostē”. Dit beteken 'die vyftigste dag'. Volgens die evangelie van Johannes, in onder andere hoofstuk 14,15 en 16, het Jesus aan sy dissipels die belofte gegee dat sy Vader ‘n Trooster aarde toe sou stuur om altyd met die gelowiges te wees tot met Sy wederkoms. Handelinge 2:1-41 dui dan ook die uitstorting van die Heilige Gees aan wat die dissipels krag gegee het om die Blye Boodskap van Jesus Christus oor die wêreld heen te gaan verkondig. Pinkster word reeds vanaf die 3de eeu n.C. as 'n Christelike fees

gevier. Daar is selfs bewerings dat daar reeds in die jaar 130 n.C. na die Pinksterfees verwys was.

Gedurende die eerste Pinkster is die Heilige Gees oor Jesus se dissipels uitgestort. Die Heilige Gees het die vorm aangeneem soos die van tonge van vuur, en 'n sterk wind, wat die plek waar hulle byeen

was gevul het.

Daar staan in Handelinge 2:6-13 die volgende: “Toe die mense die geluid hoor, het ’n groot skare saamgedrom. En omdat elkeen gehoor het hoe daar in sy eie taal gepraat word, het hulle nie geweet hoe hulle dit het nie. 7Verras en verbaas sê hulle toe: “Die mense wat daar praat, is tog almal Galileërs. 8Hoe hoor elkeen van ons dan sy eie moedertaal? 9Perse, Mediërs en Elamiete, sowel as die inwoners van Mesopotamië, Judea en Kappadosië, Pontus en die provinsie Asië, 10Frigië en Pamfilië, Egipte en die dele van Libië om Sirene, mense uit Rome, 11Jode sowel as heidene wat die Joodse geloof aangeneem het, Kretensers en Arabiere—ons hoor hulle in ons eie tale praat oor die groot dinge wat God gedoen het.” 12Hulle was almal verbaas en uit die veld geslaan. Party het vir mekaar gevra: “Wat

kan dit tog beteken?”13Maar party het gespot en gesê: “Hulle is dronk.”

Toe het Petrus met die groep mense gepraat, en verduidelik dat die vreemde verskynsels alreeds deur die profeet Joël geprofeteer was. In Handelinge 2:17-21 haal Petrus Joël 2:28-32 aan. Lees dit gerus

om die mooi verband tussen Joël en Handelinge raak te sien.

Die mense wat geglo het, het vir Petrus gevra wat hulle moes doen? Petrus het geantwoord: "Bely julle sonde, en word gedoop, elkeen van julle in die naam van Jesus Christus, vir die vergewing van julle sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang." Omtrent drie duisend het gehoor gegee aan Petrus se versoek en was gedoop. Petrus het aan die mense gesê dat die dissipels nie dronk was soos hulle gedink het nie, want dit is nog maar nege-uur in die môre. Dit is geprofeteer dat die Here sy Gees sal uitstort op alle mense en dat hulle seuns en hulle dogters as profete sal optree; dat hulle jongmense gesigte sal sien; en dat die oumense drome sal droom. Die Here sal op sy dienaars en sy

dienaresse in daardie dae sy Gees uitstort, en hulle sal as profete optree.

Dit is ook belangrik om te onthou dat die eerste Pinksterfees beskou word as die stigtingsdatum of die

begin van die oorspronklike Christelike Kerk. Geseënde Pinkstersondag! Glo en beleef die uitstorting

van die Heilige Gees in jou lewe as gawe van die Here. Ds Paul

2

Kerk se bankbesonderhede: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 409

Inbetalings vir die Diakonie: Rek Naam: Diakonie Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 280 589

Inbetalings vir die Susters: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Susters Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 417

ALGEMENE INLIGTING EREDIENSTYE

Afrikaanse Oggenddiens: 9:00 Engelse Diens: 11:00

Sothodiens: 12:30 Afrikaanse Aanddiens: 18:00

DIENSBEURTE: Ouderlinge: Jan van Rooy Alethea : Johan Kruger

Diaken: Adrian van Niekerk

NUWE INTREKKERS: Nuwe intrekkers word gevra om na die erediens voor by die klavier aan te meld.

KLEINGROEPKOMMISSIE: Riaan van Schalkwyk [email protected] 072 436 4763

KOMMUNIKAATJIE ELEKTRONIES: www.gkcenturion.co.za

LEWENDIGE VIDEO UITSENDINGS Volg skakel op gemeente se webblad (gkcenturion.co.za)

EREDIENSTE OP INTERNET: http://kerkdienstgemist.nl/assets/516 (direk of opname)

LUISTER NA EREDIENSTE OP SLIMFOON: TOEP: Kerkdienst Gemist

BIBLOS BYBELVERSPREIDINGSPROJEK: Esmé 0833816428/esmel.prins @gmail.com vir navrae

KATKISASIE: Vandag: Les 12; Ps 100:3

Volgende week: Hersiening Les 7-12; Ps 100:4

KLEUTERKATKISASIE (2-5jr): Ouers neem asb u kleuters ná Skriflesing na die kleuterklas (kamer 4).

Kantoorure: Ma-Do 08:00 - 13:00

Telefoon: 012 664 2614 Basdenlaan 226

Faks: 012 664 0004 Lyttelton

Epos: Kerkkantoor—[email protected] 0140

Ds Maarten van Helden: 072 143 1855

Ds Gerrit Kruger: 012 664 1847/ 082 964 5595

Ds Paul van den Berg: 012 347 0494/ 084 263 2055

Lidmate se kontakbesonderhede: Skakel die kerkkantoor of stuur asb ‘n e-pos indien u kontakbesonderhe-

de verander: [email protected]

5

TEESKINKBEURTE

Instruksies vir die regsit voor die diens, skink en

opruim na die erediens is in die kombuis opgeplak.

20 Mei A06 Heidi van der Walt A08 Ronell Hoogenboezem A09 Nan Viljoen A11 Louisa van der Walt 27 Mei A12 Bieuwkje Pretorius A13 Willemien Riekert B01 Rita van der Vyver B02 Nadine Momberg B03 Ronel Swanepoel

VERJAARSDAE

“...U sorg vir my.” Ps 16:5

BELYDENDE LIDMATE

DOOPLIDMATE

Verhoudingsbou Pa en Seun/Pa en Dogter

6 – 8 Julie 2018 (gewysigde datum)

Jagnaweek Hou solank die naweek oop en bespreek die

onvergeetlike ondervinding as pa met jou kinders by Werni Grüenenfelder 071 491 0797

Wynand van Wyk 072 225 3843 Gerrie Meintjies 082 761 8364

Ds Gerrit 082 964 5595

20 Mei Hennie vdr Vyver B08 658 0121

Madelle Venter B17 082 838 9848

21 Mei Petra Terblanché B11 012 665 1700

Jannalize v Aswegen B18 082 921 2718

22 Mei Sanet Venter C13 082 653 8353

Wicus Zaayman C04 084 500 7918

23 Mei Alta de Beer B10 02 550 8836

Frieda Duvenage B07 664 5676

24 Mei Riana Crafford C11 667 2616

Elma Faber C07 663 4004

Jurgens Swanepoel B18 658 5124

Corli vd Merwe C10 082 460 6498

Martin v Rooyen C15 082 824 2545

25 Mei Andre Celliers A14 660 0952

Maxie de Lang C14 644 1014

Jan Myburgh A04 082 412 0219

26 Mei Thys Maree C02 073 254 9266

20 Mei Dieter Bye C05 079 886 3325

21 Mei Olivia v Niekerk B20 078 804 4541

Kreatief, Brei, Hekel, Wol, Weef, Loom…..as jy enige van hierdie woorde herken MOET jy verder lees!

Ons gaan heeljaar serpe, musse, kniekomber-se en nog vele meer vir liefdadigheid maak – speel met kleure en patrone. Kom kyk by die sustertafel na voorbeelde… Het jy wol, breinaalde, hekelnaalde of looms wat jy kan skenk? Bring dit na die WolHoekie…

“Kietsie” (Phia Lombard – 083 454 9358)

4

Centurion Florist skenk weekliks die helf-te van die kerk se ruiker. Bestel ruikers vir enige geleentheid plaaslik & oorsee. (012664-0685) centurionflorist@ discovery-mail.co.za.

Hoop & Help Life Coaching en Pastorale Berading, gratis, Maandagoggende by die Kerkgebou. Skakel Esther du Plessis by 0718682257 vir 'n afspraak. Depressie, trau-ma, verhoudings, besighede, studente en leerlinge almal welkom.

Kombuise– en Gasinstallasies- Ons is gekwalifiseerde binnehuis ontwerpers sowel as gesertifiseerde LP GAS installeerders; ons spesialiseer in die ontwerp, vervaardi-ging en installering van nuwe kombuise so-wel as restourasie dmv verf tegnieke. W vd Walt 0823086238; [email protected] of Meryke Deetlefs 084 444 5443; meryke @mery-d.co.za.

Pilates klasse in Zwartkop—Liggaams-houding evaluering elke 6 mde. Sien hoe jou postuur verbeter. Billike pryse. Kontak Elmé 0609948023/whatsup/www/pilatescore.co.za.

Te koop, meethuis, Moreletapark R820000. Op 1e vloer in sekuriteitskompleks. 3 Sk, en-suit bk plus 2e bk. Ruim sit-eetkamer, kombuis ingeboude braai op balkon. Pas uitgeverf. Een motorafdak en gaste par-keerplek. Swembad in kompleks. Annamarie van Wyk

0724081354

Tuinwoonstel te huur—R4 300pm (Dep van R500). 2sk met onderdakparkering in veiligheidsgebied. Geskik vir jong professionele persoon/student. Thinus

0832742878

Omgewingspitkos In Jesus se bergpredikasie (Matt 5, 6 en 7) is dit veral opmerklik hoe goed Hy ons sondige lewensmaniere ken. In geheel ‘n prag oes van leringe om ons plig tot geheiligde lewens ook in God se skepping nie te versaak nie. Hy verlang geen luiaards en verkwisters nie, maar eerlike, eenvoudige, matige en vlytige mense wat God se liefde vir en onderhoud van die skep-ping deel. ‘n Fokus op die omgewing wat spruit vanuit ‘n volle Bybelse geloofsoortuiging. Ons vra God dat julle tot volle kennis kan kom van wat sy wil is (Kol 1 : 9).

Skoolverlaterskamp 2018 8 -13 Julie

te Nooitgedacht Kampterrein

Kostes R800 p.p. (Alle etes word voorsien).

Vir enige verdere inligting, kontak my gerus: Peet van der Westhuizen – 078 580 4945

Moot Lite 2018 word gehou by Magaliesberg Kampterrein

SKOLIERE - Gr 6 tot 9 24-29 Junie

R600 pp

HOE SKRYF EK IN Inskrywingsvorm:

https://goo.gl/forms/O5GkIISjBMbPVf3R2

Mootkamp 2018 word gehou by Fraaibos Natuurkamp Brits

SKOOLVERLATERS (Gr 10 tot 12) 23-30 Junie

R700 pp GROEPLEIERS (Studente)

21-30 Junie R900 pp

HOE SKRYF EK IN Inskrywingsvorm:

https://www.mootkamp.co.za/kampinligting.html

Die Diakonie ondersoek die moontlikheid om 'n bussie Sondagoggende beskikbaar te maak om bejaardes, wat nie self by die Kerk kan kom nie,

op te laai vir die oggenddiens.

Die bussie sal ook na die diens weer almal

aflaai.

Kan almal wat belangstel in die beplande diens

en wat glad nie self vervoer het nie, kontak asb:

Anton Smith 082 8563 704/

[email protected]

Liesje Kuperus 0834811160/

[email protected]

3

Ons gee om vir Mekaar “Moet oor niks besorg wees nie...” Fil 4:6

Pieter Burger sterk aan na ʼn besoek aan die hospitaal (C14—082 853 8215).

Ds Ben vd Walt is weer opgeneem in Unitas hospitaal.

Annemie van Rooy het ʼn oogoperasie ondergaan (C4—663 9187).

Cornelia Lee het behandeling ondergaan (A9—654 8110).

Karin Verreynne sterk aan na ʼn operasie (C11—663 3727).

Ds Gerrit het ʼn rugoperasie ondergaan.

André Cilliers het ʼn skoueroperasie ondergaan (A14—660 0952).

Basie Butner vorder goed na sy groot hartoperasie (A8—079 522 8943).

Morné Sevenster sterk nog aan in die hospitaal na behandeling van 10 weke (A2—073 571 5513).

Annemarie van Wyk sterk aan in Unitas hospitaal met malaria, Sarel het ook malaria gehad maar is

reeds ontslaan (C15—072 448 0626).

Doedo Stavast het toetse ondergaan (A7—082 379 2797).

Louis Kruger sterk aan na ʼn Angiogram in Unitas hospitaal (C10—643 1453).

Gerrit Deist se ma is baie siek in Warmbad (B15—083 257 4306).

Meelewing word betuig met Kobus en Kobie van Niekerk (C6—667 1784) na die afsterwe van Kobus se

pa gedurende die week.

Lidmate word aan die liefdevolle versorging van die Here opgedra

Geluk Ryno en Rusanna vd Merwe met die geboorte van Ryan.

Thysie en Elsabe met die doop Menante Erasmus.

Michelle met die doop van Lucas Human.

Vergaderings 21 Mei Evangelisasie kommissie 18:00

Finansiële kommissie 19:00

23 Mei Ouderling Blok Vergaderings

24 Mei Diakonie toerusting (Groep 6) 18:30

Diakonie Vergadering 19:00

30 Mei Ouderlingtoerusting 19:00

KOLLEKTES

Vandag tydens erediens: Barmhartigheid By die deure: Sotho-bediening

Volgende week: Tydens erediens: Barmhartigheid By die deure: Christelike onderwys

Plaas asb u bydraekoevertjies in die kluis agter in die konsistorie

Kollektes sal nog steeds in banke/deure opgeneem word vir diegene wat nie Zapper

gebruik nie