liturgiese riglyne ommunikaatjiegkcenturion.co.za/wp-content/uploads/2018/03/4-mrt.pdf70nc. dit is...

4
8 Liturgiese Riglyne S O N D A G O G G E N D 9:00 Die Here is my hele lewe! Aflegging van geloofsbelydenis Klas van 2017/18 Skriflesing: Psalm 16 (OAV) Levitikus 25:23-28 Teksvers: Psalm 16:5,6 Sing: Ps 118:12,14 Sb 14-1:3 Ps 16:1,3 Sb 1-1:1,2,3,7 Sb 13-2 Orrelis: Corlea vd Walt Projektor: Jaco Wattel Klank: Chal vd Bergh Prediker: Ds Maarten van Helden S O N D A G A A N D 18:00 Staan vas in jou geloof, God het bepaal wat in die toekoms gaan gebeur Skriflesing: Daniël 11 Teksvers: Daniël 11:21, 44 en 45 Sing: Ps 118:13, 14 Ps 46:1, 6 Sb 15-3:1, 2, 3, 4 Sb 10-1:2, 4 Sb 13-2 Orrelis: Corlea vd Walt Projektor: Pieter vd Dussen Klank: Hein Kaiser Prediker: Ds Paul vd Berg Die Here openbaar in Daniël 11 aan sy kinders watter verskriklike tyd gaan aanbreek wanneer die Antichris, in persoon, in al sy woede net voor die wederkoms van Jesus Christus teen die gelowiges gaan optree. Daniël 11 fokus eerstens op die opkoms van die antichristelike regering van Antiochus Epiphanes in ongeveer 168vC. Jesus het ook in die evangelies aan die dissipels verkondig dat die tipe lyding wat Antiochus Epiphanes veroorsaak het, ook ‘n werklikheid sal wees in die tydperk van ongeveer 70nC. Dit is met die verwoesting van die tempel. Die einde van die verskrik- like vervolging en lyding van die gelowiges sal in die tyd net voor die weder- koms van Jesus Christus op sy ergste wees volgens Openbaring. Om staande te kan bly in die stryd en vervolging deur die antichristelike magte en eindelik die Antichris self, is daar nou tyd om jou voor te berei en toe te rus deur die werk van die Heilige Gees. Net die wat in Jesus Christus glo, sal die genade ontvang om te volhard tot met die wederkoms van Jesus Christus. Die lewe bring onvermydelik voorspoed én teenspoed, sukses én teleurstellings. Waar vind mens vreugde in hierdie gepolariseerde bestaan? Laat die Here deel van jou lewe wees. Laat Hom deel wees van die pakkie van uitdagings, suksesse en teleurstellings! As Christus werklik deel word van ons aardse ‘pakkie’, sal ons bestaan nie waardeloos vermors wees nie. In Hom is dit Immanuel – God met ons. Ook vir die 10 jongmense wat vandag openbare belydenis van hulle geloof doen, kom die belofte van Psalm 16… Ek is deel van jou lewe. Ook die opdrag: Laat Hom deel wees van jou lewe. Heeldag. Elke dag! OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion Pentateug K Jaargang 43 Nr 08 4 Maart 2018 Webblad: http://www.gkcenturion.co.za So staan die eerste vyf boeke van die Bybel immers bekend: Die Pentateug. Ook genoem die eerste vyf boeke van Moses. Eintlik soos een boek in vyf gelyke dele! Hierdie eerste vyf boeke vertel van God se grootheid in skepping en herskepping. Waar Hy alles so mooi geskep het, het ons sonde dit verniel en dood gebring. In sy genade gebied Hy telkens lewe uit die dood. So lei Hy sy volk uit die slawehuis van Egipte en gee hulle die belofte van Kanaän. Hierdie genade kom nie sonder offers en bloed nie. Die hele Israelitie- se tabernakeldiens van offers en simboliek wys heen na die komende Messias wat met Sy offer en dood versoening vir ons by God sou bewerk. Interessant mag dit wees om te verneem dat die boek Psalms ook ʼn Pentateug vorm. Soek u verder sal u vind dat die eerste vyf boeke van die Nuwe Testament ook ʼn Penta- teug vorm! By besondere nagaan van die baie bekende vierde Kneglied van Jesaja 53 sal u merk dat dit ook ʼn Pentateug vorm. Die Kneglied begin eintlik by 52:13 en bestaan in vyf gelyke strofes wat elkeen ʼn besonde- re faset van Jesus as die Messias beskryf. Die beskrywing van Jesus in Jesaja is egter so helder dat ons nou vanuit die lig van die NT en veral die vier Evangelies kan sien hoe Jesa- ja 53 letterlik in Jesus se lewe tot vervulling gekom het. Jesus is die vervulling van die Ou Testamentiese Pentateug! Elke Pentateug handel dus oor Christus. In die eerste vyf boeke van Moses word Hy belo- we om die slang se kop te vermorsel. In elke deel van die offers en tabernakeldiens word Hy gesimboliseer! Die Psalms sing van hierdie Messias! En in die eerste vyf boeke van die NT word Hy ‘n werklikheid. Hy woon onder ons en sterf en betaal vir ons. Hy staan op en leef en stig sy Christelike kerk op aarde. Hy reik uit na al die nasies! Soos Moses die Middelaar van die ou verbond/testament was, is Jesus Christus die Mid- delaar van die nuwe verbond! Hy wat deur vernedering en verbryseling en dood vir ons oorwinning oor sonde en straf bewerk en verkry het. Hy wat deur gehoorsaamheid tot in die dood die Naam kry wat bo elke Naam is (Fil 2). Hy wat deur lyding die heerlikheid ver- kry en vir ons gebring het. Hy het nie net gekom nie, maar Hy kom weer. Here van die Here en Koning van die Konings is Hy! Ds Maarten

Upload: others

Post on 02-Mar-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Liturgiese Riglyne OMMUNIKAATJIEgkcenturion.co.za/wp-content/uploads/2018/03/4-Mrt.pdf70nC. Dit is met die verwoesting van die tempel. Die einde van die verskrik-like vervolging en

8

Liturgiese Riglyne S O N D A G O G G E N D 9:00

Die Here is my hele lewe! Aflegging van geloofsbelydenis Klas van 2017/18

Skriflesing: Psalm 16 (OAV) Levitikus 25:23-28 Teksvers: Psalm 16:5,6 Sing: Ps 118:12,14 Sb 14-1:3 Ps 16:1,3 Sb 1-1:1,2,3,7 Sb 13-2 Orrelis: Corlea vd Walt Projektor: Jaco Wattel Klank: Chal vd Bergh Prediker: Ds Maarten van Helden

S O N D A G A A N D 18:00

Staan vas in jou geloof, God het bepaal wat in die toekoms gaan gebeur

Skriflesing: Daniël 11 Teksvers: Daniël 11:21, 44 en 45 Sing: Ps 118:13, 14 Ps 46:1, 6 Sb 15-3:1, 2, 3, 4 Sb 10-1:2, 4 Sb 13-2 Orrelis: Corlea vd Walt Projektor: Pieter vd Dussen Klank: Hein Kaiser Prediker: Ds Paul vd Berg

Die Here openbaar in Daniël 11 aan sy kinders watter verskriklike tyd gaan aanbreek wanneer die Antichris, in persoon, in al sy woede net voor die

wederkoms van Jesus Christus teen die gelowiges gaan optree.

Daniël 11 fokus eerstens op die opkoms van die antichristelike regering van Antiochus Epiphanes in ongeveer 168vC. Jesus het ook in die evangelies aan die dissipels verkondig dat die tipe lyding wat Antiochus Epiphanes veroorsaak het, ook ‘n werklikheid sal wees in die tydperk van ongeveer 70nC. Dit is met die verwoesting van die tempel. Die einde van die verskrik-like vervolging en lyding van die gelowiges sal in die tyd net voor die weder-

koms van Jesus Christus op sy ergste wees volgens Openbaring.

Om staande te kan bly in die stryd en vervolging deur die antichristelike magte en eindelik die Antichris self, is daar nou tyd om jou voor te berei en toe te rus deur die werk van die Heilige Gees. Net die wat in Jesus Christus glo, sal die genade ontvang om te volhard tot met die wederkoms van Jesus

Christus.

Die lewe bring onvermydelik voorspoed én teenspoed, sukses én teleurstellings. Waar vind mens vreugde in hierdie gepolariseerde

bestaan?

Laat die Here deel van jou lewe wees. Laat Hom deel wees van die pakkie van uitdagings, suksesse en teleurstellings! As Christus werklik deel word van ons aardse ‘pakkie’, sal ons bestaan nie waardeloos vermors wees nie. In Hom is dit Immanuel – God met

ons.

Ook vir die 10 jongmense wat vandag openbare belydenis van hulle geloof doen, kom die belofte van Psalm 16… Ek is deel van jou lewe. Ook die opdrag: Laat Hom deel wees van jou lewe.

Heeldag. Elke dag!

OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion

Pentateug

K

Jaargang 43 Nr 08 4 Maart 2018 Webblad: http://www.gkcenturion.co.za

So staan die eerste vyf boeke van die Bybel immers bekend: Die Pentateug. Ook genoem

die eerste vyf boeke van Moses. Eintlik soos een boek in vyf gelyke dele!

Hierdie eerste vyf boeke vertel van God se grootheid in skepping en herskepping. Waar Hy alles so mooi geskep het, het ons sonde dit verniel en dood gebring. In sy genade gebied Hy telkens lewe uit die dood. So lei Hy sy volk uit die slawehuis van Egipte en gee hulle die belofte van Kanaän. Hierdie genade kom nie sonder offers en bloed nie. Die hele Israelitie-se tabernakeldiens van offers en simboliek wys heen na die komende Messias wat met Sy

offer en dood versoening vir ons by God sou bewerk.

Interessant mag dit wees om te verneem dat die boek Psalms ook ʼn Pentateug vorm. Soek u verder sal u vind dat die eerste vyf boeke van die Nuwe Testament ook ʼn Penta-teug vorm! By besondere nagaan van die baie bekende vierde Kneglied van Jesaja 53 sal

u merk dat dit ook ʼn Pentateug vorm.

Die Kneglied begin eintlik by 52:13 en bestaan in vyf gelyke strofes wat elkeen ʼn besonde-re faset van Jesus as die Messias beskryf. Die beskrywing van Jesus in Jesaja is egter so helder dat ons nou vanuit die lig van die NT en veral die vier Evangelies kan sien hoe Jesa-

ja 53 letterlik in Jesus se lewe tot vervulling gekom het.

Jesus is die vervulling van die Ou Testamentiese Pentateug!

Elke Pentateug handel dus oor Christus. In die eerste vyf boeke van Moses word Hy belo-we om die slang se kop te vermorsel. In elke deel van die offers en tabernakeldiens word Hy gesimboliseer! Die Psalms sing van hierdie Messias! En in die eerste vyf boeke van die NT word Hy ‘n werklikheid. Hy woon onder ons en sterf en betaal vir ons. Hy staan op

en leef en stig sy Christelike kerk op aarde. Hy reik uit na al die nasies!

Soos Moses die Middelaar van die ou verbond/testament was, is Jesus Christus die Mid-delaar van die nuwe verbond! Hy wat deur vernedering en verbryseling en dood vir ons oorwinning oor sonde en straf bewerk en verkry het. Hy wat deur gehoorsaamheid tot in die dood die Naam kry wat bo elke Naam is (Fil 2). Hy wat deur lyding die heerlikheid ver-kry en vir ons gebring het. Hy het nie net gekom nie, maar Hy kom weer. Here van die

Here en Koning van die Konings is Hy!

Ds Maarten

Page 2: Liturgiese Riglyne OMMUNIKAATJIEgkcenturion.co.za/wp-content/uploads/2018/03/4-Mrt.pdf70nC. Dit is met die verwoesting van die tempel. Die einde van die verskrik-like vervolging en

2

Kerk se bankbesonderhede: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 409

Inbetalings vir die Diakonie: Rek Naam: Diakonie Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 280 589

Inbetalings vir die Susters: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Susters Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 417

ALGEMENE INLIGTING EREDIENSTYE

Afrikaanse Oggenddiens: 9:00 Engelse Diens: 11:00

Sothodiens: 12:30 Afrikaanse Aanddiens: 18:00

KOLLEKTES

Vandag tydens erediens: Barmhartigheid By die deure: Sustentasie

Volgende week: Tydens erediens: Barmhartigheid

By die deure: Emeritaatsversorging

DIENSBEURTE: Ouderlinge: Jan Reinecke Alethea : Koos Pretorius Diaken: Janes van Rooy

NUWE INTREKKERS: Nuwe intrekkers word gevra om na die erediens voor by die klavier aan te meld.

KLEINGROEPKOMMISSIE: Riaan van Schalkwyk [email protected] 072 436 4763

KOMMUNIKAATJIE ELEKTRONIES: www.gkcenturion.co.za

EREDIENSTE OP INTERNET: http://kerkdienstgemist.nl/assets/516 (direk of opname)

LUISTER NA EREDIENSTE OP SLIMFOON: TOEP: Kerkdienst Gemist

BIBLOS BYBELVERSPREIDINGSPROJEK: Esmé 0833816428/esmel.prins @gmail.com vir navrae

KATKISASIE: Vandag: Les 6; Sb 10-2:1 Volgende week: Geen KLEUTERKATKISASIE (2-5jr): Ouers neem asb u kleuters ná Skriflesing na die kleuterklas (kamer 4).

Kantoorure: Ma-Do 08:00 - 13:00 Telefoon: 012 664 2614 Basdenlaan 226 Faks: 012 664 0004 Lyttelton Epos: Kerkkantoor—[email protected] 0140 Ds Maarten van Helden: 012 664 1384/ 072 143 1855

Ds Gerrit Kruger: 012 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 012 347 0494/ 084 263 2055

Lidmate se kontakbesonderhede: Skakel die kerkkantoor of stuur asb ‘n e-pos indien u kontakbesonderhe-de verander: [email protected]

Kollektes sal nog steeds in banke/ deure opgeneem word vir diegene

wat nie Zapper gebruik nie

7

EVK Julie-Uitreik

Kom saam op die uitreik tydens die Julie skoolvakansie!

Ons beplan om Botshelo Trust in Botswana te besoek en vir díe wat lus is vir ekstra avontuur, kan

saamry na Covenant College in Zambië (Petauke).

Daar is vele projekte waaraan aandag gegee gaan word, van breek en bou en opslaan en afhaal

tot klas gee en kosmaak en vaardighede leer. Wees deel van hierdie uitreik en word self verryk.

Eddy Niezen: 083 455 2760

Anél van der Walt: 082 567 3643

Yskastert vir Nagmaalsete 11 Maart 2018

Die susters wil graag ‘n lekker yskastert voorsit as nagereg by volgende naweek se Nagmaalsete.

As jy bereid is om ‘n yskastert te maak kom gee jou naam asb buite onder die olyfboom op.

Ek kan help met ‘n vinnige resep!!!

Nagmaalsete: 11 Maart 2018

U word hartlik uitgenooi na Nagmaalsete, 11 Maart 2018 om 12:00. Die Diakonie verskaf gebraai-

de hoederstukkies sowel as rolletjies.

Voltooi vormpies soos verskaf deur diakonie en gooi in kollektesakkies.

Bring saam:

Een slaai per gesin vir gemeenskaplike slaaitafel.

Eie eetgerei, glase, drinkgoed.

Stoele. U is ook welkom om 'n gazebo of iets dergeliks saam te bring.

Ons hoop om U daar te sien!!

Page 3: Liturgiese Riglyne OMMUNIKAATJIEgkcenturion.co.za/wp-content/uploads/2018/03/4-Mrt.pdf70nC. Dit is met die verwoesting van die tempel. Die einde van die verskrik-like vervolging en

6

Eljada Huis

Die skoolvakansie is minder as 'n maand weg en ons probeer genoeg kos insamel vir

die vakansie.

Ons benodig die volgende items asseblief: koffie, rooi en swart tee, weetbix, hawer-mout, aanmaak koeldrank (drink'o'pops), langlewe-melk, margarien, grondboontjiebot-ter, bovril, konfyt, eiers, macaroni, spaghetti, blikkies gemengde groente, blikkies chaka-

laka, tamatie en uie blikkies, kookolie, sout, mariebeskuitjies en jellie.

Toiletware: waslappe, badseep, sanitêre doekies, aanrol en deodorant vir mans en

vroue, tandepasta, skeermesse, sjampoe en waspoeier.

Petra 082 9277324 /Pierre 082 688 7495/

Eljada Huis 072 855 8289

Baie dankie Jan die Koperkan

Voor by die hoofingang van die kerk staan ʼn koperkan. Alle gelde wat daarin gegooi word, word geskenk vir ons teologiese student. Kom

skenk gerus al u kopergeld wat rondlê.

Baie dankie vir almal wat hierdie projek van ons so mildelik onder-

steun.

Kevin Leo Vertoning fondsinsameling van

GK Wierdapark Vrydagaand 23 Maart 2018 om 19:00

H/v Willem Botha en Meyerstraat, Wierdapark

Koördinate S25.51.12.0. O28.08.32.5.

Kaartjies daagliks beskikbaar by kerkkantoor tussen 08:00 – 13:00 (012 654 5629)/Joey vd Walt 083 450 9726 /Jorina Buys 083 277 7684

@ R100 pp, kinders onder 10 jr is gratis.

Kerrie en rys met ‘n koeksister sal voor die verto-ning verkoop word @R40. Bestellings kan saam

met die koop van die kaartjie geplaas word.

3

Ons gee om vir Mekaar “Moet oor niks besorg wees nie...” Fil 4:6

Ons Emeritus ds Ben vd Walt is weer opgeneem in Unitas Hospitaal.

Annetjie Rademan sterk aan in Kloof hospitaal na haar rugoperasie (A5—664 2585).

Mollie Buys sterk nog aan in Unitas hospitaal na haar nieroperasie (C9—665 3038).

Thinus Nel (snr) het geval en sy heup gebreek, hy is opgeneem in Unitas hospitaal en gaan komende

week ʼn heupvervangingsoperasie ondergaan (C1—664 1067).

Meelewing word betuig met:

Johan en Dororthy Kruger na die afsterwe van Dorothy se vader.

Kas en Marie vd Walt na die moord van hul susterskind, op die plaas naby Coligny.

Lidmate word aan die liefdevolle versorging van die Here opgedra

Geluk Aflegging van Belydenis van Geloof:

Jaco Wentzel (en doop) Gert Reinecke Zanlie van Aswegen Christine Venter Melindie Wait Dihan van Niekerk Corné Snyman Marco Els Harry Cassidy Heinrich Buys Geboorte:

Tewie en Susan Human met die geboorte van Hendrika (Erica) op 28 Feb 2018. Frikkie en Corlia van Biljon met die geboorte van Jonathan Maarten en Thomas Johannes op 23 Feb 2018.

Vergaderings/Aksies 5 Maart—Senior Aksie 10:00

8 Maart—Kerkraadsvergadering 19:00

11 Maart—Nagmaal word tydens al drie eredienste bedien.

Alle Laerskoolkinders

Page 4: Liturgiese Riglyne OMMUNIKAATJIEgkcenturion.co.za/wp-content/uploads/2018/03/4-Mrt.pdf70nC. Dit is met die verwoesting van die tempel. Die einde van die verskrik-like vervolging en

4

Martin’s Begrafnisdienste Centurion. Ge-moedsrus tydens ‘n moeilike tyd. Begrafnisse, verassings, begrafnispolisse en repatriasies. Kontak 0126602028 of 24H: 0823004292. Adres: Lytteltonweg 65, Centurion

Kombuise– en Gasinstallasies- Ons is ge-kwalifiseerde binnehuis ontwerpers sowel as gesertifiseerde LP GAS installeerders; ons spesialiseer in die ontwerp, vervaardiging en installering van nuwe kombuise sowel as re-stourasie dmv verf tegnieke. W vd Walt 0823086238; [email protected] of Meryke Deetlefs 0844445443; meryke @mery-d.co.za

Pensionaris bederf julself- Pedikuur: R90 Behandel eelte, ingroei toonnaels, liddorings en skuur hakke asook ‘n ligte voet massering. Knip en verf naels. Manikuur: R90 Versorg (cuticles) knip en verf naels. Salon is by Lavie Aftree Oord. Ansie Kruger 0720631062

Centurion Florist skenk weekliks die helfte van die kerk se ruiker. Bestel ruikers vir enige geleentheid plaaslik & oorsee. (012664-0685 ) centurionflorist@ discoverymail.co.za.

Betroubare persoon gesoek om na ons babatjie om te sien, op ‘n een-tot-een basis. Moet Afrikaans magtig wees en goeie verwy-sings hê. Maryke Mulder by 082 968 0474.

Hoop & Help Life Coaching en Pastorale Berading, gratis, Maandagoggende by die Kerkgebou. Skakel Esther du Plessis by 0718682257 vir 'n afspraak. Depressie, trau-ma, verhoudings, besighede, studente en leerlinge almal welkom.

Varkvleis vars van die Plaas in Hoopstad. R55pkg heel of halwe vark. Opgesny en ver-pak in jou keuse. Andries Roos 082 584 9326 of Bets Roos 082 687 488

Lidmate met eie besighede

As 'n inisiatief vanaf die Diakonie se kant en om aan te sluit by ons Koinonia-tema wil ons graag 'n lys saamstel van gemeentelede met hulle eie besighede en dit beskikbaarstel aan gemeente-lede. Sodoende kan ons mekaar ook in besig-

heid ondersteun.

Indien u belangstel om u besigheid op hierdie lys te laat plaas moet u asseblief 'n epos stuur na [email protected] met besigheidsnaam, u naam en van, epos adres, webwerf adres en

telefoonnommer.

Senior Aksie

5 Maart 2018

om 10:00

in die kerksaal

Is u te oud om moter te bestuur?

Vir die antwoord kom luister gerus na mnr Layton Beard, Bestuurder, Openbare Betrekkinge van die AA (Automobiel Asso-siasie).

5

VERJAARSDAE

TEESKINKBEURTE

Instruksies vir die regsit voor die diens, skink en opruim na die erediens is in die kombuis

opgeplak.

4 Maart B11 Karin Verreynne C02 Wyksusters C03 Elmarie van der Walt C06 Doret Pretorius 11 Maart B19 Melissa Visser C05 Marie Coetzee C07 Gerda Pieters C08 Liza Pretorius

BELYDENDE LIDMATE

DOOPLIDMATE

Indien u bereid is om te help met die afhaal van blomme vir Sondae skakel vir Ronel Hoogenboezem 083 292 3534

4 Mrt Jac Botha C08 082 814 2230

Marlene Erasmus C07 663 2832

Alta Heystek A10 082 337 0081

Elmo Johl B20 083 299 1014

5 Mrt Freek du Toit C04 667 5327

Larrie Erasmus A10 082 322 6221

Johannes Kruger C06 082 948 8739

6 Mrt Johan Jordaan A14 654 7952

André Kurpershoek A02 084 651 0306

Petrus Mulder C05 072 964 0781

Sandra Pohl A10 664 6590

Jeanette van der Bijl A12 348 3144

7 Mrt Charl du Plessis E01 082 412 9557

Annlia Nel B18 083 324 1893

Thea Smit A14 651 1789

8 Mrt Jaco Basson C03 082 802 2150

Linda Jordaan A03 072 635 5172

Hugo Kruger A09 083 515 6448

Leon Lourens A06 664 6935

Solly Muhlarhi E01 079 356 9591

Mari Oosthuizen A01 082 851 5539

Sarina Viljoen C07 663 8770

9 Mrt George Cronje C05 082 784 8556

Jeanine Pretorius B17 076 763 6133

10 Mrt Fanus Grobler A04 347-2854

Hennie Jv Rensburg B01 082 370 9553

Antone Lubbe A09 084 514 6317

Tinus Nel B19 083 384 2886

Antony Wagner B05 660 2456

5 Mrt J'laine Kruger C06 082 948 8739

8 Mrt Annika vd Walt E01 653 4607

9 Mrt Leanka Snyman B10 083 517 5803