ligdraer - gereformeerde kerk ontdekkers · groot kan ooit hierdie “in die here” verhouding...
TRANSCRIPT
Ligdraer Gereformeerde Kerk Ontdekkers
12 November 2017
Oggenddiens: 9H30 Aanddiens: 18H00
(Kleuterbediening tydens oggenddiens: kleuters 3 - 7 jaar) Jaar 49 – nr. 44
Hartlik welkom aan elkeen vanoggend
by die feesmaal van ons Here
Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens
saam met ons ’n koppie tee / koffie in die saal te geniet.
Kom kuier lekker saam en leer mekaar ken.
D ie Ligdraer sal op 26 November 2017 die laaste keer gepubliseer word en dan
weer in 2018 in ’n splinternuwe baadjie! Maar ek gaan nie nou al die aap uit
die mou laat nie.
Dit is met leedwese dat ons verneem het van die afsterwe van Patricia Hendricks se
moeder. Ons bid hulle en die familie die vertroosting van die Here in hierdie tyd toe.
Dink asseblief ook in julle gebede aan Jan Kloek wat ’n operasie ondergaan het.
Lourens het vir ons ’n pragtige foto van Daniela gestuur waar sy saam met Linette
van der Merwe, mezzo-sopraan, opgetree het, bl. 4. Baie dankie Lourens.
Neem asseblief kennis dat daar nie 24 Desember en 31 Desember enige aand
eredienste sal wees nie.
Indien daar enigiemand kan help met die voorbereiding van die etes vir Kersfees sal
ons dit waardeer. Kontak vir Hendrik. By voorbaat dankie.
Ek herinner julle aan die GK Ontdekkers se Jaarbeplanner en kontakbesonderhede
boekie wat wat in die saal beskikbaar is en Elna vra dat julle een /huisgesin sal
neem asseblief.
Indien daar van julle is wat graag deel van die gehoor wil wees waar “Klavierkuiers
met Pedro” opgevoer word (Hendrik en ek was Woensdagaand by die opname van
Mathys Roets), lees op l. 8 vir bespreking en tye wanneer kunstenaars sal optree.
En daarmee groet ek tot aanstaande week, mooi loop en groete van huis tot
huis. Mockie ([email protected] 083 280 2092)
2
Baie geluk aan ons lidmate wat gedurende die komende
maand verjaar. Mag dit ’n baie spesiale dag wees!
Lidmate se name en telefoonnommers is in die almanak,
skakel hom / haar gerus.
Siekebesoek vir die maand van November word deur Sonia
Richards, 082 633 1200 en Martie Diederichs, 084 011 6288
behartig. Indien jy van enigiemand weet wat siek is en ’n
besoekie sal waardeer, is hulle die dames wat geskakel kan
word.
Vakansie woonstel te huur:
St Michaels
9 - 16 Desember 2017
4 Persone R 10 000
2x badkamers
Onderdakparkering Sekuriteit
Balkon kyk uit oor die see
2 minute se stap van die see
Woonstel word daagliks
skoongemaak
Lizette Henop - 082 930 9283
Militêre Veterane As u enigsins in die SA Weermag diens verrig het, kan u as Militêre Veteraan registreer.
Van die voordele is soos volg:
Gratis Mediese dekking vir die veteraan – nie eggenote nie.
Beurse/ Studiegeld vir u kinders of self.
SDR- Pensioen van R1200-00 per maand as u jaarlikse inkomste minder as R125 000-
00 is.
Kompensasie vir Beserings/ Sielkundige skade tydens diensplig opgedoen.
Vir meer inligting skakel Marius Boshoff 071 176 3646.
Enkel man/vrou woonstel te huur. Slaap, half badkamer met sit, eet en kombuis – oopplan. Huur R 2 800-00 plus elektrisiteit. Skakel Marinus by 082 416 4262 vir be-sigtiging. Beskikbaar vanaf die 1 ste Desember
3
Help my, my brein het aan die slaap geraak - deur Stephan Joubert
“Help my, ek slaap dikwels in die kerk,” sê iemand. “Wel, dis minstens ook ’n opinie,” waag ek dit. Feit is, oorbekendheid lei soms tot verveeldheid. Die Here het aan ons almal ’n brein in werkende toestand gegee. Een van die funksies van hierdie fenomenale orgaan is om “kopkaarte” of “maps” te maak wat ons lewe voorspelbaar en veilig maak. Van kleins af rig ons brein ons af hoe om te dink, te voel en op te tree. Op dié manier spaar dit sommer ook energie. Trou-ens, ons brein is die “oorspronklike Eskom” wat op beurtkrag probeer oorleef. Daardie 23-25 watt se energie wat op enige gegewe oomblik vir die brein beskikbaar is, moet sinvol en spaarsamig aangewend word. Een van die brein se voorkeur maniere hoe om dit te doen, is om ons te laat dagdroom. Geleerdes bereken ons dagdroom tot soveel as 46,9% van die tyd. Nee, dag-droom is glad nie sleg nie. Dagdromery aktiveer verskillende areas van ons brein en wakker ook kreatiwiteit aan. Maar wanneer verveeldheid en oorbe-kendheid die rede is vir ons kerklike dagdromery, dan is ons in die moeilikheid.
Wanneer ons eie geloofshandelinge so oorbekend raak dat ons onsself selfs aan die slaap kan bid en dat preke ons gunsteling dagdroom-tyd is, dan is dit hoogtyd dat ons ons kop in God se teenwoordigheid herbesoek. Die Here het bedoel dat ons geloof nie net ons hart moet verander nie, maar ook ons kop. Paulus se woorde in Romeine 12:2, dat ons moet toelaat dat God ons denke verander sodat ons Sy wil mag ken, is steeds waar. Paulus bedoel hier dat God se wil geopenbaar word aan mense met nuwe koppe wat herbedraad is om Hom reg te hoor, te sien, te luister, te leer, te praat en te doen!
As ons die wil van God opnuut en vars in ons eie lewe wil leer ken, dan moet ons ons kop van voor af vir Hom gee. Ons moet toelaat dat Hy ons denke ver-ander. Hier's 'n paar praktiese riglyne om ons hiermee te help:
* Besoek elke week ’n paar Bybelgedeeltes wat jy nog nie tevore gelees het nie, of waaroor jy nog nie indringend nagedink het nie. * Praat korter, maar meermale elke dag met die Here. * Sien God raak op plekke en in mense waar jy Hom nie tevore opgemerk het nie. * Omring jou met kreatiewe gelowiges wat nuwe skatte uit die Here se Woord opdiep en wat nie net vasval in die hersirkulering van flou of oorbekende kerk-taal nie. * Lees goeie boeke wat jou dwing om vars te dink. * Pak jou kritiese ingesteldheid weg en maak elke dag ruimte vir verwondering in jou lewe. Sien iets groot en mooi in God raak, asook iets mooi in mense se lewe. O ja, en sê dit ook vir hulle.
4
KERSSANGDIENS 19 November
18:00
Wim Verhagen, ’n gaskunstenaar van
Pretoria, kom ’n kersprogram met die ti-
tel: ‘Jesus bron van al my lewe’ aanbied.
Kom sing saam en deel in die herden-
king van Jesus se geboorte. Bring
asseblief ’n bordjie eetgoed vir ’n ge-
sellige saam-kuier.
Groete. MSO
Daniela en Linette van
der Merwe (mezzo-sop-
raan) by die optrede van
die Mozart Koor in die
Sanlam Ouditorium van
die Universiteit Johan-
nesburg op 28 Oktober
2017.
Foto - Lourens
MARKDAG –Diakonie
Antoinette van Niekerk en Heleen
Cloete het ’n gedugte span gevorm
met die voorbereiding en hantering
van die Markdag – aktiwiteite. Baie,
bàie dankie! Ons opregte dank gaan
ook aan ons lidmate en diakens wat
met die voorbereidings gehelp het,
stalletjies beman het en oral
behulpsaam was.
Groete. Daniela
Indien jy enige Mrs. Balls chut-
ney bottels het en dit nie wil ge-
bruik nie, mag ek vra dat jy dit
asseblief kerk toe sal bring. Ek
moet 100 bottels voor 25 Desem-
ber 2017 bymekaar maak. By
voorbaat dankie.
5
PREEKSKETS: Filippense 4: 4 - 7
Wat 500 jaar terug tot die hart van Martin Luther deurgedring het en waarvoor hy bereid
was om te sterf, is vandag so relevant as wat dit destyds was. Luther het die diepste waar-
heid van die Bybel ontdek wat so ’n kragtige blydskap in hom en al die protestante losgelaat
het, dat dit die geskiedenis van die ganse wêreld verander het.
Die blydskap wat Luther in die Bybel ontdek het, is die blydskap waartoe Paulus ons oproep
met die woorde: “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!” Die “bly” waarvan Pau-
lus hier praat, het ’n Persoon tot inhoud. “Wees altyd bly IN DIE HERE!” Christus is ons
blydskap!
Toe Paulus hierdie woorde geskryf het, het hy in die tronk in Rome gesit. Dit het daartoe
bygedra dat hy grootliks van die hulp van ander gelowiges afhanklik was EN dat hy enige dag
kon verwag om dood gemaak te word. Tog staan hierdie brief wat hy aan die gemeente in
Filippi geskryf het bekend as sy “Blydskapsbrief ” (vgl. 1:4; 2:17; 3:1). En dan hoor ons dit
weer hier in 4:4: “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!
Hierdie blydskap van Paulus is nie ’n oppervlakkige vreugde nie, want dis ’n blydskap “IN
DIE HERE!” Die apostel het ’n onvernietigbare vreugde in sy hart omdat hy in só ’n innige
verhouding met Christus lewe, dat dit vir Hom voel asof Jesus daar by hom in die tronk is.
Met Jesus daar by hom, weet hy: Deur die geloof het hy reeds saam met Jesus gesterf. Daar-
om het hy geen sondeskuld meer wat hom bang vir God se oordeel hoef te maak nie; Hy het
ook reeds saam met Jesus in ’n nuwe lewe opgestaan. ’n Lewe wat, as hy nou sou sterf, hom
in die volmaakte teenwoordigheid van Jesus gaan bring; Geen krag hoe sterk of bomenslik
groot kan ooit hierdie “in die Here” verhouding breek nie, want deur sy Gees bly Christus in
die hart van elke gelowige, soos Hy belowe het om vir ewig by ons te wees.
Blydskap in die Here is die wonderlike sekerheid: Ek stukkende sondaar is in Christus
vergewe. Ek is vry van enige veroordeling van God. Ek is God se beminde en deur sy Gees
is Hy by my. Hierdie liefdevolle saamwees met God sal tot in ewigheid nooit van my weg
gevat kan word nie.
En as ons diep geraak word deur gebeure en slegte omstandighede? Ons hoef nie te maak
asof ons nie seer gekry het nie. As daar dinge is wat ons blydskap in Christus bedreig, skryf
die apostel: “Maak dit deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.” Wan-
neer ons só biddend saam met Christus leef, sal ons ontdek dat die vrede van God – wat alle
verstand te bowe gaan – ons harte en gedagtes bewaak! Anders gestel: Blydskap in Christus
wat bo alle omstandighede uitstyg, is ’n saak van gebed.
Daarom, al doen ons dit in trane, al doen ons dit op ons knieë in gebed: “Wees altyd bly in
die Here! Ek herhaal: Wees bly!
6
Oggenddiens: 9H30
BLYDSKAP wat nie eers vir die die
dood bang is nie!
Lied 215: 1 & 4
In Christ alone (Walter Hardwick)
ONTMOETINGSDIENS
Votum / Seëngroet
Ps. 9: 1 & 7 & 10
Geloofsbelydenis: Nicea
VERSOENINGSDIENS
Formulier: Selfondersoek
Ps. 86-2: 2 & 6
WOORDDIENS
Gebed
Skriflesing: Filippense 4: 4 - 7
Fokusvers: Filippense 4: 4
NAGMAAL
Nagmaalformulier
Ps. 23: 3
Ps. 118: 7 & 12
ANTWOORDDIENS
Gebed
Opneem van offergawes
Sb. 14-2: 1 & 2
GROETSEËN / AMEN
Aanddiens: 6H00
Kerklike tug?
Stemmingsliedere
Ps. 121-2: 2 & 3
ONTMOETINGSDIENS
Votum / Seëngroet
Sb. 1-2: 1 - 3
Ps. 42: 1 & 7
WOORDDIENS
Gebed
Skriflesing: 1 Korintiërs 5: 1 - 13
Fokusvers: 1 Korintiërs 5: 7
Heidelbergse Kategismus: Sondag 31
ANTWOORDDIENS
Gebed
Opneem van offergawes
Sb. 15-7: 1 & 2
GROETSEËN
AMEN
Bespreking (Vraag & Antwoord)
AANDGEBED
Aandgebed: Lied 565
7
Beurtlys vir diakonie
19 November 2017
Kollekteer en tel van kollektes
Antoinette van Niekerk (K)
Mieke Boshoff
Martie Lessing
Bettie Voges
Kollekteer
Koos Richards
Oplaaibeurte
Ons Huis
Koos Richards
Petra Prozesky
082 633 1200
083 226 8824
D McDonald
Koos Richards
082 633 1200
Klein Helderkruin
Elize Coetzee
072 490 5402
Middagdiens - Ons Huis 16:45
Bettie Voges
Gedagte vir die week
“Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle
liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal
weet dat julle dissipels van My is.” Johannes 13: 34 & 35
Bybelstudie
Maandae 19H00
Woensdae 8H30
Tema: Vreugdevol Vry!
12 November 2017
Kollekteer en tel van kollektes
Martie Lessing (K)
Elize Coetzee
Mieke Boshoff
Antoinette van Niekerk
Kollekteer
Bettie Voges
Oplaaibeurte
Ons Huis
Bettie Voges
Nardus van der Walt
072 424 5942
082 453 3600
D McDonald
Nardus van der Walt
082 453 3600
Klein Helderkruin
Elize Coetzee
072 490 5402
Middagdiens - Ons Huis 16:45
Rein Coetzee
8
Woonstel te huur. Slaap, vol badkamer met sit, eet en kombuis – oopplan.
Huur R 4400-00 plus elektrisiteit.
Skakel Marinus by 082 416 4262 vir besigtiging.
Beskikbaar vanaf die 1 ste Desember.
Hendrik en ek was daar, dit was fantasties!
9
Redaktrise: Mieke Boshoff
Vakansie!!!!!
Dis altyd so lekker om na uit te sien. Geen skoolwerk of ander
oefeninge wat gedoen moet word nie. As die skole of
universiteite weer begin kan ’n mens met nuwe moed aan die
gang spring.
Die Bybel praat nêrens van vakansie nie. Tog praat die Skrif oor
rus en rentmeesterskap. Vakansie is ’n tyd om te
rus. In Genesis 2 rus die Here nadat Hy met die hele skepping klaar
was.
Ek het geleer dat geen mens regtig tot ruste kom as daar nie ’n nuwe
ontmoeting met God is nie. Die Here bied ons wonderlike
geleenthede. Ons mag juis ons vrye tyd gebruik om Hom beter te leer ken. Daar is niks
wat ons aanjaag of dwarsboom nie. Vakansie en naweke is díe kans om jou God beter te
leer ken. Kom nader aan Hom. Spandeer meer tyd om met Hom te praat. Alle
verhoudings loop dood as daar nie met mekaar gepraat word nie. Wat van ’n
gebedswandeling? Lees ’n goeie boek, enetjie wat jou geloof bou. Jou geloof is baie
belangriker as jou beursie. Investeer in jou geloof. Versamel skatte in die hemel. Al gaan
mens nie iewers heen met vakansie nie, geniet van die rus wat jy kry. ’n Mens kan
jouself die gelukkigste wese op aarde ag, want jy het deel aan die salige hoop van die
Evangelie. Omdat jy weet dat God lief is vir jou. Die skatte in
die hemel sal jou nooit teleurstel nie. ’n Droomvakansie op
een van die groot passasiersbote, ja dit kan teleurstellend
wees. ’n Duur oorsese vakansie, ja dit kan handevol geld kos,
maar maak dit ’n mens gelukkig? Maak dit ’n mens vredevol?
Nee, nie rêrig nie – vind vrede by Jesus Christus. By Hom
allenig kan ’n mens ware vrede, rus en tevredenheid vind. Om nie eens van
vakansieliefdes te praat nie, daar is Een wat jou onvoorwaardelik liefhet. Niks kan jou
skei van die liefde van Christus nie. Regte egte ontspanning is aan die voete van ons
10
Here Jesus Christus. Nie soos Marta wat heeltyd wou werk nie, maar soos Maria wat
na elke woord van sy onderwysing geluister het. Elke week gee die Here ons 1 dag
vakansie, op daai dag mag ons na die prediking gaan luister. Verkondiging van die
Evangelie wat ons krag gee vir ieder en elke dag wat voorlê.
Elke Sondag sien ek die bure gaan,
met hul netjiese klere oppad na die kerk.
Mamma, jy is Sondae tog by die werk,
kan ek maar eenmaal met hulle saam?
Dis vervelig so allenig tuis,
soms kyk ek die kerk op die tv.
As ek my kom kry dan is ek besig om te neurie.
Ek sou self graag wou sien waaroor hulle so juig.
Hulle praat baie oor God en Jesus,
Ook in die liedjies wat hulle sing.
Dis sulke vredige klanke,
dalk loop God self deur die banke.
Al is Hy nie sigbaar daar nie,
dit kan wees dat mens Hom voel.
Miskien moet ek die bure gaan vra,
hulle weet seker wat ek bedoel?
Ons Skepper is elke oomblik, elke dag, elke week en ons lewe lank by ons. Hy vat nie
verlof of vakansie nie.
“Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die
steek laat nie, jou nie alleen laat nie.” (Deut. 31: 8)
11
————————————————————————————————————
Gebedsversoek. Skeur af en plaas in kollektesak. Ek sal as gebedskoördineerder dit na
die diens insamel. Jy kan anoniem bly of die versoek onderteken.
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_____________________________________________________________________
“en Hy het gerus . .. “Genesis 2: 2
Hierdie teks se letters is in die
boom langsaan weggesteek. Kyk
of jy dit kan vind.
12
GEBEDSLEIDING
Here U bid nie net vir ons nie, maar ook vir
díe wat deur ons woorde tot geloof in U
sal kom. U bid dat ons almal een mag
wees, soos U en die Vader, die Vader wat
in U is en U Here Jesus in Hom, sodat ons
in U mag wees en die hele wêreld mag glo
dat U deur die Vader gestuur is. Dat U ons
liefhet soos U Jesus Christus liefhet. (vgl Joh. 17)
Ons smeek U om ons as U kinders in hierdie land en nasie te gebruik. Laat
ons voorbeelde wees tot bekering van diegene wat nog geen ontmoeting
met U gehad het nie. Die goddeloosheid in ons land, die teistering wat die
aarde ondervind. Menselewens wat ’n geskenk is van U, het geen betekenis
meer nie. U is in beheer en sal oorwin. Ons bid dat ons spoedig mag bid
“geval, geval het die grote Babilon. Dit het die blyplek van die bose geeste
geword.” (Open. 18: 2)
Gee ons asseblief standvastigheid in ons vreemdelingskap hier op aarde.
Dat ons verstandelik wakker en nugter kan wees, ons hoop volkome geves-
tig op die genade wat ons deel sal word by die wederkoms van Jesus Chris-
tus. Laat ons gehoorsame kinders wees wat nie ons lewe inrig volgens die
begeertes wat ons vroeër gehad het toe ons U nog nie geken het nie. Eerder
dat ons heilig sal lewe soos U wat ons geroep het, heilig is. (1 Petrus 1)
Ons smag soos pasgebore babatjies na die suiwer geestelike melk, sodat ons
kan opgroei en die saligheid verkry. (1 Petrus 2)
Hoor tog my gebed o God, moet tog nie onverskillig staan teenoor my
smeking nie. (Ps. 55)
U is die Almagtige, ek sal U Naam altyd besing en dag na dag my geloftes
betaal. (Ps. 61)
Net by U o God vind ons rus en van U kom ons redding. (Ps. 62)