ligdraer augustus 2013pdf - cvsa.co.za augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ......

40
Die Ligdraer Augustus 2013 Nr 235 Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika

Upload: tranminh

Post on 03-Mar-2018

272 views

Category:

Documents


22 download

TRANSCRIPT

Page 1: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

DieLigdraer

Augustus 2013 Nr 235

Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika

Page 2: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

‘Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ’n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid.’ 1 Petrus 1:24,25

Voorblad

Indien u ‘n artikel in die Ligdraer wil plaas, kontak die redakteur, Hermann Havenga, by die volgende nommers:

Huis 018 462 9304Selfoon 084 437 6266of e-pos aan [email protected]

Die Ligdraer is in PDF formaat beskikbaar op die Kerk se webwerf by www.cvsa.co.za

DieLigdraer

Augustus 2013 Nr 235

Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika

Page 3: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

Inhoud1 Is u lou, koud of warm?

8 My Jesus leef!

9 Gered deur sy wonderkrag

21 Loof en prys die Here!

22 Pinkster 2013

24 ‘n Toepaslike gelykenis

25 Die lig is so mooi en helder

27 Goue ure van gebed

28 Huwelike

29 Verjaarsdae 70

31 Dopelinge

31 Nuwe lidmate

32 Sterfgevalle

33 Algemene Inligting

35 Ete vir senior lidmate

36 Spesiale dienste

+

+

Page 4: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

Is u lou, koud of warm?

311

Fan

ie V

isa

gie

(le

raa

r)

Boodskap van ons leraar op Sondag 2 Junie 2013

Open 3: 16: “Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.”

Dit is sekerlik die tragieste toestand wat die Kerk vandag in verkeer – die louheid waarmee mense die Here dien. Terwyl 'n mens somtyds bekommerd is oor wat of waaroor om te praat, dan kom hierdie dinge by jou op en dan besef jy dit is die dinge waarna ons dalk moet kyk en wat vir ons elkeen dalk 'n probleem kan wees. Ek het vir u gelees daar waar Elia nader kom en hy vir die volk sê: “Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.” Hulle was so beïnvloed deur die omstandighede van daardie tyd, hulle het hom niks geantwoord nie. Koning Agab het met Isébel, die dogter van Et-Baäl van die Sidoniërs getrou, en sy het hom beïnvloed om die Baäldiens in Israel te kom hervestig en weer op te bou. As u daar lees sal u ook

sien hy het self vir Baäl 'n tempel gebou in Samaria, en hy het self voor Baäl gebuig. Die invloed wat hierdie vrou op sy lewe gehad het, het tot gevolg gehad dat die hele volk Israel in groot nood verkeer het. Ons ken die geskiedenis waar Elia vir hom gesê het dit sal vir drie en 'n half jaar nie reën in die land nie, en almal het daaronder gely.

Ek het beskrywings gelees, ons lees dit maar as 'n vertelling uit die geskiedenis, maar as ek myself moet voorstel: Geen reën in Suid-Afrika vir drie en 'n half jaar nie - weet u waarin sal ons ons begewe? Hoe sal ons lyk, hoe sal ons dors hê, hoe sal ons soek na water? Israel soveel te meer, hulle waterbronne is nie naasteby so volop soos by ons nie. Die beskrywing sê soos wat die kinders gesterf het, het die ouers hulle later begin eet om te oorleef.

Page 5: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

312

Haglike, walglike toestande, as gevolg van die invloed wat Isébel op Agab gehad het. Daar word geskryf in die Woord van die Here dat in sy tyd is die fondament van Jerigo gelê ten koste van die bouer se oudste seun, en die poorte is ingesit ten koste van sy jongste seun. Hy het hom nie gesteur aan wat God en sy gebod vir hom daargestel het nie. Hy het hierdie dinge toegelaat omdat daar 'n invloed in sy lewe was wat dit teweeg gebring het. Dan sien ek die mense van Laodicéa en ek sien dit gaan goed. Onder omstandighede ryk en verryk. Eintlik baie welvarende mense.

Hierdie Agab, wat die koning en die heerser is, laat toe dat Isébel hom beïnvloed – dìt is daar waar die probleem lê. Hy as koning van Israel en as eggenoot van Isébel kon standpunt ingeneem het as hy wou, maar sy was soos 'n honger aasvoël. Alles wat hy toegelaat het, het sy opgepik, en dit het die hele volk beïnvloed. U en ek moet versigtig wees vir die invloed wat ander mense op ons lewe kan hê om ons te probeer rig. Baiemaal word daar dinge gesê of toegelaat wat maak dat jy jou lewensstyl of patroon verander, en so bietjie aanpas. En so sien ek die Kerk vandag - beïnvloed deur baie dinge waarmee die sielemoordenaar, somtyds deur gebruik te maak van mense, ons beïnvloed om te verander en aan te pas by dit wat mense gelukkig maak. En in hierdie proses is 'n volk besig om so lou te word dat hulle dit nie besef nie.

Daardie dag op Karmel het die Here

uit die hemel uit geantwoord, en die volk het daarna gesê: “Die HERE, Hy is God, die HERE, Hy is God!” Maar, die invloed van Isébel het in daardie land gegeld - omdat Agab dit toegelaat het. Ek het vir ons net so 'n paar ve rs ies ge lees u i t d ie geskiedenis wat daarna plaasgevind het. Hoe sy Nabot se grond op 'n oneerlike manier aan Agab laat toekom het. Hoe sy self vir hom sê: “Staan op, eet brood, en laat jou hart vrolik wees: ek sal jou die wingerd van Nabot, die Jisreëliet, gee.” En sý het die briewe geskryf en sý het dit uitgestuur. Hoekom? Agab het nog nooit by die plek gekom waar hy besluit het dít is die pad wat die Here die volk in geroep het, en dít is die pad wat hy sal loop nie. Hy het hom laat beïnvloed. Dierbare broer en suster, miskien is dit dalk die meeste van ons se probleem in hierdie lewe – ons laat ons deur die begeertes van ander mense beïnvloed om af te wyk van die Woord van die Here af, en om die werk en die pad wat die Here ons in geroep het somtyds so bietjie aan te pas. Ons gaan dalk rond en kry ander gedagtes en idees, en ons verander die pad waar die Here ons in geroep het. Ek wil vir u baie duidelik sê: die Woord van die Here sal die riglyn wees waarlangs u en ek moet wandel.

Mense is so beïnvloedbaar dat hulle lou word, en die Here sê: “As jy lou is, spuug Ek jou uit my mond uit.” Ek wonder hoe het die mense van Laodicéa gelyk? Mense wat welvarend was, mense wat 'n winsgewende tekstielnywerheid bedryf het. Wat salf gehad het wat uit

Page 6: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

313

'n klipsteen kom wat wêreldwyd bekend was. Mense wat aansienlike kinders van die Here was. Mense wat aanvaarbaar was vir mekaar. Mense wat so gelewe het dat dit vir hulle reg gelyk het om daarlangs te lewe en so op te tree. En wanneer die Almagtige deur sy grootheid vir Johannes sê: “Skryf aan die gemeente van Laodicéa en sê vir hulle: 'Julle het ryk en verryk geword, en het aan niks gebrek nie, maar julle weet nie dat dit julle is wat beklaenswaardig is nie, en blind en naak.'” Dierbare broer en suster, kinders van die Here, Christene: Is u en ek nie dalk op daardie plek waar ons voorspoed en ons geld en die invloed wat mense op ons lewe gehad het ons by plekke gebring het waar ons vir onsself aanvaarbaar is nie? Ek het my so verwonder dat die Here Hom hoeveel keer uitspreek teen rykdom. Want, rykdom het die vermoë om jou oog weg te trek van die God aan wie jy trou gesweer het. Jy het hom nie regtig nodig nie. Jy kan aanhou lewe en doen wat jy wil – jy het genoeg geld om te oorleef. Ryk en verryk, en het aan niks gebrek nie. En soos die welvaart meer word, word die invloed van die vyand, van die Isébels in u lewe, al hoe groter op die kind van die Here se lewe, en ons wyk af, ons maak verskonings om nie die pad te loop nie. Ons laat sonde verbygaan, ons kyk weg.

Die Kerk kyk vandag weg van die sonde in hierdie wêreld. Draai sy kop weg, want ons wil nie twis veroorsaak nie. Ons wil nie onenigheid veroorsaak nie. Ons wil hê almal moet gelukkig en tevrede die Here

dien. Ons is dalk bang om lidmate te verloor, en op dié manier is ons besig om al hoe meer, en al hoe dieper, weg te dwaal en op die plek te kom waar ons walglik raak vir ons Saligmaker. Ek dink die wonderlikste wat ek hieruit kon leer is dat ons almal gesondig het, soos wat Johannes sê, en dit ontbreek ons aan die saligheid. Maar wanneer u en ek hier in die huis van die Here is om vir 'n rukkie te kyk waarlangs is ons besig om te loop en hoe lyk ons lewe, dan vra ek vir elkeen: Het u in u lewe op die plek gekom waar u met Jesus van Nasaret 'n vaste besluit gemaak het, en gesê het: “Here, van nou af loop ek die pad wat U vir my daargestel het deur u Woord.” Nie deur mense nie. Nie deur my nie: môre is ek of een van ons evangeliste weg, ons is almal net mense. Maar, die Woord van die Here stel 'n duidelike riglyn, en ons lewe al so asof sonde nie meer sonde is nie, ons maak verskonings daarvoor. Mense wat saamwoon buite die huwelik word aanvaarbaar - maar klein ogies kyk daarna, en hulle sien maar die pad w a t h i e r d i e m e n s e l o o p i s aanvaarbaar vir die samelewing. Homoseksuele verhoudings - dit is die soort dinge waarvoor ons die kop gerieflikheidshalwe van wegdraai en sê: “Nee wat, dit sal seker nie skade doen nie. Ons moet maar net liefde gee.” Die Woord van die Here sê u en ek sal moet kyk na hierdie dinge en ons sal moet begin optree, en ons sal moet volgens die Woord van die Here begin lewe. Hy het ons geroep in 'n nou pad. Ons het baiemaal gespog Hy het die Geeswerk in 'n nou pad geroep. Hoe loop ons - hoe loop u en

Page 7: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

44

ek daardie nou pad? Is u en ek bereid om die gevolge te dra? Die dag wanneer 'n sondaar by die ou ruwe kruis gaan kniel, die dag wanneer die Here se Gees in jou hart kom dan is daar nie meer 'n begeerte na die aardse dinge nie. Ek wonder hoeveel mense het van sport 'n god gemaak? Hoeveel van u sit by die huis wanneer u in die huis van die Here kon sit, omdat daar een of ander rugbywedstryd is? Maar ons is tevrede, want almal praat dieselfde taal. Hoeveel van u pappas het u kinders geleer: “Ek het die Here Jesus in my lewe ontdek, en ek loop daardie pad, en ek dien die Here in opregtheid? Ek gaan opstaan en ek gaan doen wat die Here van my vra.” Ons leer 'n geslag om bang te wees om te bid - ons is skaam. En die Here Jesus staan en kyk na mense wat hulle beroem as Christene. Laodicense wat ryk en verryk geword en aan niks gebrek het nie. Dit is nie vreemd dat die Here sê: “Ek raai julle aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is. Salf om julle oë mee te salf. Wit klere sodat julle julle naaktheid kan bedek.” Dit is die foute wat hulle gemaak het wat die Here daar uitlig in Laodicense en Hy sê vir hierdie mense: Julle dink julle het alles, maar julle besef nie julle het niks nie.

Ons kyk na die invloed wat mense byvoorbeeld op ons lewe gehad het, die invloed wat die vyand op ons lewe gehad het. Hy sit reg om elke ding wat jy nie wil optel of verantwoordelikheid voor wil vat in jou lewe nie, uit te buit

en hy gaan jou beïnvloed sodat jy al hoe meer, en al hoe verder van die Here af wegdwaal. Hy gaan jou tevrede maak met dit wat jy besig is om te doen. Ek gaan vir u 'n voorbeeld noem – ek het in hierdie week so baie dinge gelees wat my laat sidder het: Mense sal byvoorbeeld sê hierdie kansel is maar net 'n stuk hout. Die kerk is maar net 'n gebou van stene. Ek lees daar in Josua, toe die Fillistyne die ark van die Here weggevoer het, waar daardie ark gekom het het hy groot verwoestig gesaai, want God was ontevrede. Dalk net 'n stuk hout wat met goud oorgetrek is, maar dit was God se ark, en Hy het sy seël daarop gesit. Ons moet versigtig wees hoe ons met dié dinge wat die Here vir ons gegee het en sy seël opgesit het, ligtelik omgaan. As die Here se seën daarop rus moet ons versigtig wees. Ek onthou waar broer Hermann Havenga gesê het hy sien hier voor die kansel staan 'n groot blommeruiker, en ek het so besef die Here is besig om hierdie plek te heilig. U en ek moet dit heilig ag. Ons moenie hier inkom met allerhande dinge wat vir die Here 'n oneer is nie. Somtyds ons k leredrag, ons voorkoms, somtyds ons naaktheid. Dit is die dinge wat vir die Here 'n gruwel is. Dit is die dinge wat Hy wil hê u en ek op moet let, en ons moet dit gaan regstel.

Weet u, ons kan al die lelike dinge agterlaat - al die groot sondes wat vir almal voor die handliggend is, en dan stap u hier in met onvrede, of met jaloesie, of hebsug, of hoogmoed, en dan sê die Here: “Jy is onaanvaarbaar

Page 8: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

315

– want jy luister nie na my woord nie!” Hierdie Woord is ewig waar. Daar in Mattheus 7 waar die Here feitlik besig is om sy prediking af te sluit, sê Hy: “En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, is soos iemand wat sy huis op die sand gebou het, en die storm het gekom en die huis het geval, en sy val was groot.” Die Here Jesus sê in daardie gedeelte jy moenie jou vyand vervloek nie. Jy moet jou ander wang draai. Mense sal sê dit is te streng.

Die Here se pad kan nie verander nie. Sy reëls kan nie verander nie. Dit is die riglyne wat Hy daar gestel het. Dit is die pad waarlangs u en ek moet loop. As u afgunstig is, as u kwaad praat van iemand, as u besig is om hoogmoedig te lewe – of wat dit ookal mag wees, dan sê die Here vir u: “Gaan staan stil, jy is besig om jou te laat beïnvloed deur die Isébels van die lewe.” Die kinders van die Here, die Kerk van Christus, is 'n samekoms van die heiliges. En dit is een tree ver. Dit is een deur ver. Hy sê vir die Laodicense: “Ek staan by die deur en ek klop.” En dan kom ek terug na die gedagte toe: Hy sê nie: “As jy my klop hoor” nie. Hy sê: “As jy my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan en saam met jou maaltyd hou.”

Dit het tyd geword dat u en ek die Woord van die Here sal vat en dit lees en dít uithaal wat die Here bedoel het, nie dit wat ons, of ander mense, of predikers, of wie ookal bedoel nie, maar wat die Here bedoel. Wanneer Hy sê: Jy moet na my stem luister as Ek klop, dan sê Hy u en ek is te besig – ons

kan nie sy stem hoor nie. Hoekom nie? Want ons lewe is te gejaagd. Ons het dalk nie genoeg tyd om op ons knieë te gaan staan en te hoor wat die Gees vir ons wil sê nie.

Dit is 'n wonderlike voorreg om vir u te sê dat God se genade groter is as al die groot sondes wat nou voor u lê. Hy sê vir dieselfde Laodicense: “As julle jul bekeer en terugkom na My toe gaan julle die oorwinning behaal en gaan julle saam met My op trone sit en regeer soos wat Ek op 'n troon sit by my Vader.” En die Woord van die Here sê Hy is nie onsimpatiek met u en my nood en ons probleme nie. Hy ken dit, Hy het hier gelewe, maar Hy het oorwinning behaal aan die ou ruwe kruis. Hy sê: As julle oorwinning behaal, maak Ek vir julle plek in die hemel. Dit is die goeie nuus van die evangelie dierbare broer en suster: die mens wat dit ernstig bedoel met die Here, die mens wat sy lewensstyl aanpas om die Here alleen na te volg, is die mens wat aan die einde van sy lewe as 'n oorwinnaar met 'n kroon op sy voorhoof, die oorwinning sal behaal en in daardie goudstad sal inloop en die erfenis ontvang wat ons Here Jesus vir ons klaargemaak het.

U en ek sal moet kyk na ons lewe. Ek dink so - hoeveel jare word in hierdie Geeswerk gebid vir herlewing, en ons sien nie herlewing nie. Hoekom nie? Het die Here nie dalk al lankal sy aangesig weggedraai nie? Wil die Here nie hê ons moet so bietjie stilstaan en so bietjie kyk wat wil HY hê moet ons doen nie? Ons wil so alles doen wat ons wil, maar wat wil die

Page 9: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

316

Here hê? Waar het die Here u nodig? Is u bereid om u beskikbaar te stel en te sê: “Here waar U lei daar sal ek meegaan”?

Dit is 'n voorreg om so 'n Here Jesus aan u voor te stel en te sê sy genade hou nie op nie. Hy maak die deur wyd oop vir Laodicéa. So wyd oop dat nie een van hulle verlore hoef te gaan nie. Maar Hy kan nie die sonde verdra nie. Hy sal dit in die volgende miljoen jaar, as die aarde so lank bestaan, steeds nie verdra nie. Hy wil hê u en ek moet besef ons moet by die kruis kom kniel, ons moet daardie sondelas afgooi en sê: “Here hier is ek, én my huis, én my kinders, én my geld, en alles wat ek besit. Here, van nou af lewe ek soos U wil hê ek moet lewe.” Nie wat ek dink ek moet doen nie, maar wat die Here wil hê ek moet doen. Hoe hoor ek dit? Op my knieë wanneer ek met my Skepper praat, wanneer ek nie vir ander mense bid wat siek is nie, maar wanneer ek voor die Here neerbuig en sê: “Here, ek is 'n sondaar wat straf verdien!”

Dit mag u dalk skok, maar elke keer as ek op my knieë gaan staan, dan moet ek sê: “Here Jesus, ek is 'n groot sondaar, en ek vra U maak my skoon. Maak my heilig, maak my waardig.” Môre moet ek weer gaan, want hier binne-in my is somtyds gedagtes wat die Here nie mee tevrede is nie. Dit is die pad waar die Here sy kinders in roep – die pad van heiligmaking. Die pad waar ons mekaar werklik sal liefhê, en die pad waar hulle wat nie die pad wil loop nie uitgegooi sal word en die rug op gekeer sal word. Die

Woord van die Here sê dit, ons reëls sê dit: daar kom 'n stadium waar ons nie meer sal sê ons dra en ons sleep hierdie mense saam nie. As hulle 'n oneer vir die werk van die Here is, sê die Woord van die Here hulle mag nie meer deel wees van die gemeente nie. En dit is die Nuwe Testament wat dit sê – as u dit dalk wil bevraagteken.

Dit het tyd geword dat ons die werk van die Here moet suiwer hou en reinig, en alleen wanneer hierdie werk skoon en rein voor God staan sal Hy sy Heilige Gees op ons almal uitgiet. Die Here wil hê ons moet in hierdie dae op die plek kom waar ons onsself in sy goddelike hand sal plaas en sê: “Here, tot hiertoe het ek dalk nie besef nie, want die invloed van Isébel het al my mag van my af weggeneem.” As Agab gesê het: “My vrou, ek dien die Here, ek sal nie toelaat dat jy hierdie invloed op die volk het en hierdie afgode die land inbring nie” - dan het Israel tot eer van die Here gelewe. Dan was daar nie 'n hongersnood en 'n dors in daardie land nie. Maar die toelaat van hierdie dinge, die slapheid in sy houding, het veroorsaak dat die Here toornig geword het, en Hy het die hele volk daaronder laat ly. Ek wil hê ons moet stil word en ons moet kyk waarlangs gaan hierdie pad. U hoef nie vir my of enige een as 'n voorbeeld te gebruik nie. Vat die Woord van die Here, gaan maak hom oop en gaan lees wat daarin staan. Begin met die bergrede. Gaan lees dit deur. As u doen wat Hy sê sal u agterkom hier gebeur nou iets hier in my hart wat anders is as voorheen. Ek het baiemaal vir mense gesê as jy net

Page 10: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

317

daardie drie hoofstukke uitskeur uit die Bybel uit en jy lewe daarvolgens sal jy salig sterf, want dit is Jesus van Nasaret se eie woorde tot sy kudde. Hoeveel van u sit dalk vanmôre hier wat sodra iets vir u nie goed genoeg is, of teen u draai, dan tree u heeltemal opstandig op nie? Is die Here met u en my tevrede?

Ek kom terug na die laaste ou versie toe: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.” Ek wil tog net vir u hierdie versie in Openbaring lees oor die oorwinning: Hy sê: “Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeente sê.” As u 'n oor het, gee dan ag op wat die Gees vir u sê. Ek sou dalk eerder vir u wou sê: “Dien maar die Here, gaan maar aan”, maar die Gees is ontevrede met hierdie Geeswerk, omdat ons mense ryk en verryk geword het en hulle eie standaard van diening aan die Here daargestel het. Die Here is nie daarmee tevrede nie.

U en ek kan met die woord maak wat ons wil, maar die Here sal ons daarvoor verantwoordelik hou. Maak seker vanmôre! U hoef nie hier uit te gaan – u weet dit is wat my so aangryp: dat elke mens wat hier inkom nie nodig het om hier uit te gaan soos u hier ingekom het nie – want, HIER is die lewe. Hier kom die woord van die lewe tot nietige sondaars. Die

sondaar wat ag gee stap hier uit en hy is 'n nuwe mens. Die kind van die Here wat lou geword het, stap hier uit aan die brand vir die Here, want sy goddelike Gees se krag is so groot dat dit enige mens op aarde nuut kan maak. U en ek moet op die plek kom waar ons sê: “Ja Here, ek HOOR wat die Gees vir my sê. Ek wil my lewe aanpas, ek wil my lewe regmaak”. En die dag wanneer ons dit begin raaksien en doen, sal u sien hier binne-in u spring die fontein van lewe op, en daar begin iets anders in u plaasvind.

Mag die Here gee dat u hierdie woord sal vat en dat dit in hierdie week wat voorlê soos hamerslae teen u sal slaan. Dat die Here hier mense sal roep wat bereid sal wees om die pad te loop wat ons van die begin af veronderstel was om te loop, en dat ons in hierdie dae sal sien waar lê die krag wat niemand eers weet daar is nie, want dit is sy belofte.

Moenie dat die invloed van mense u weerhou van u saligheid nie. Dit lyk ek wil vir u sê gryp die geleentheid, kom kniel by die ou ruwe kruis. Kom maak reg met Jesus. “…die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.” Dit is 'n belofte: Die Here sal ons nie begewe en ons nie verlaat nie. Laat ons elkeen in God se spieël kyk – dalk is u so vol trots dat u sê: “Ek het die Here nie nodig nie.” Ek wil vir u sê die Gees sal oortuig - ek hoef nie, maar gee ag op daardie roepstem.

Page 11: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

Ongeveer vier en 'n half jaar gelede het ek 'n gewone sinusoperasie ondergaan, waarna ernstige komplikasies ingetree het. Ek is weer met breinvliesontsteking opgeneem, waarna ek nie veel kan onthou van die gebeure nie. Die dokter aan diens het aan Annette gesê sy gaan my ontslaan, want ek gaan tog binnekort 'n beroerte aanval kry. My huisdokter het gereël dat ek Johannesburg toe geneem word, aangesien dit op 'n feestyd is en die meeste sjirurge in Klerksdorp nie beskikbaar is nie. In die ambulans het hulle vir my suurstof toegedien, en kon ek glo na 'n klein rukkie op 'n vraag reageer. Wim, Petrolene en my skoonma het agter die ambulans aangejaag na die Wilge hospitaal.

Met ons aankoms by die hospitaal het ek glo 'n hewige epileptiese aanval gekry. Op hierdie tydstip het Fanie en Sanet Duminy ingestap. Hy en ons leraar het ooreengekom om op dieselfde tyd te begin bid. Intussen kon ek nie hier opgeneem word nie, want ons moes R180,000 betaal vir die operasie. Ek is weer per ambulans na Johannesburg algemene hospitaal toe, waar die higiëne glo baie swak was. Na vier dae kon Annette die dokter aan diens oortuig om my terug te stuur na die Wilmed hospitaal in Klerksdorp. Die aand van 24 Desember is ek weer terug Johannesburg toe. U sal verstaan, ek weet van al hierdie gebeure niks, en vertel hierdie gedeeltes op hoorsê. Toe ek uiteindelik in die saal opgeneem is het Fanie en Sanet, Annette, en Hanro en Gisela glo vir mekaar geseënde Kersfees toegewens. Hier het ek gelê en is aan 'n lyntjie gehou terwyl hulle wag dat die abses van die brein af wegskuif. Op 3 Februarie het die dokter vroeg die saal binnegekom en gesê hy het goeie nuus. Vir my het dit beteken hulle kan uiteindelik opereer! Groot was my verbasing toe hy sê dit het nog nooit in die mediese geskiedenis gebeur nie, dit moet 'n wonderwerk wees – want die abses het opgedroog! Hulle kon my ook nou meedeel dat die abses op 'n plek gesit het, waar as iemand sou waag om te opereer, ek baie ernstige gevolge sou oorhou.

Ek het hierna nog vir twee maande opvolgondersoeke nagekom waarop dokter Retief vir Fanie Duminy en myself meegedeel het ek is 'n lewende wonderwerk! Fanie Duminy se antwoord: “Ons dien 'n God wat lewe. Ons het hom gesond gebid, en ons weet dit is 'n wonderwerk!”

Ek wil dan ook van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê aan ons leraar en Susan, Fanie en Sanet, ons evangeliste, en almal wat gebid het. Ook diegene wat vir Annette so getrou bygestaan het. Dit is voorwaar 'n voorreg bo alle voorregte om aan hierdie Geeswerk te kan behoort!

Joh

an

Pre

toriu

s

My Jesus leef!

318

Page 12: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

Ek is aan moedersknie geleer om te bid, die welbekende half Hollandse gebedjie: “Ben 'n kindjie klein en teer, Jesus maak my hartjie rein.” Die Kinderbybels met hulle kleurryke illustrasies van Dawid en Goliat, en Daniël in die leeukuil het 'n groot indruk op my kindergemoed gemaak. Ek onthou hoe ek as klein seuntjie gereeld by oom Koos Oberholzer wie ouderl ing was in die Leeudoringstadgemeente gaan uitkniel het. So klein was ek dat ek by geleentheid selfs onder eerste gebed by hom gaan kniel het, dan het hy maar net sy hand op my gesit.

Ek was stout in die kerk en het gereeld pak gekry oor my streke. Oom Piet Visagie (oom Tonie se broer) het eenkeer vir my vinger gewys onder tweede gebed. 'n Ander keer het ek agter om die kansel gekruip terwyl my ma orrel speel. Oom Kerneels van Rensburg het kerk gehou en hy het langs die kansel gestaan en sing met die slot lied. Hy het die gewoonte gehad om ritmies vorentoe en agtertoe te wieg op sy voete en ek het gefassineerd ondersoek ingestel. Ek het 'n speletjie begin speel. As sy hakke

lig het ek my hand onder sy voet ingedruk en vining uitgeruk as sy hakke weer sak. Ek het dit 'n paar keer gedoen totdat ek my misreken het. My pinkie het onder sy hak beland - dit was baie seer maar ek durf nie uitroep of sy aandag trek nie. Na wat soos 'n ewigheid voel het sy hakke weer gelig en kon ek my hand uitkry en is druipstert terug agter die kansel in. 'n Ander keer het ek saam met oom Koos Botha en oom Fanie Visagie (evangelis) Klerksdorp toe gery vanaf Leeudoringstad. By Harrisburg rond ry ons skielik in 'n swerm insekte in. Oom Koos wat bestuur het swenk toe na die regterkant van die pad en ry 'n hele rukkie aan die verkeerde kant terwyl hy sê: “Kyk Faan, die goggas is net aan die linkerkant van die pad.” Ek het dit terdeë geniet, hy het dit ongetwyfeld gedoen om my as kind te vermaak.

My ouers het my gereeld buitekerke toe gevat: Krans; Ebenhaezer. Pinkster en Kersfees was ons altyd in Klerksdorp. Ek onthou hoe my pa my eenkeer vorentoe gevat het teen my sin onder tweede gebed. Hy het vir my gebid daar voor die kansel en

Petr

ie R

oss

ou

w

Gered deur sy wonderkrag

319

Page 13: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

ek het skelm gehuil - wou nie gehad het hy moes sien ek huil nie. Ek het groter geword, en as Adams nageslag ook stouter. Ek wil geensins die illusie skep dat ek 'n modelkind was nie. D a a r i s d i n g e w a t ' n m e n s onnadenkend as jong kind en tiener kan doen wat jou lewenslank ten kwade bybly.

Ek onthou hoe predikers in detail uitgewy het oor Jesus Christus en die kruisdood en ek het dikwels gewens hulle wil bietjie minder oor Hom praat. Ek kon my makliker met die doen gedeelte as kind assosieer as die vryspraak van sondes deur die geloof in Jesus. Om tegelykertyd rein sowel as sondaar te wees was vir my verwarrend. Alhoewel die evangelie baie duidelik aan my oorgedra is my hele jong lewe deur, het die krag van Christus en die kruis vir my grootliks versluierd gebly. Ek het dikwels besluite geneem, ek onthou hoe ek onder andere by Baviaanskrans besluit het ek gaan die Here waaragtig dien en het Hom plegtig en met baie trane belowe ek sal my bes doen, maar tot my teleurstelling moes ek agter kom dat ek nooit my beloftes aan die Here kon hou nie, ongeag hoe hard ek probeer. Het maar altyd gedink dat ek nie hard genoeg probeer om reg te lewe nie. Na so 'n val het ek maar weer voortgeploeter en myself bykans vryelik oorgegee aan vlae sonde. Wanneer ek ook al besluit het om die Here te dien en 'n oorgawe gemaak het, het ek daardie selfde dag of allermees die volgende oggend oppad skool toe in die bus weer geval, verkeerde gedagtes, verkeerde

woorde, verkeerde optrede. Na so 'n val het dit vir my sinneloos gevoel om weer te probeer en aan te gaan asof niks gebeur het nie. Ek het gevoel daar moet eers weer trane wees voor nog 'n poging. Daar was mense wat vir my gebid het deur my lewe, ouers, grootouers, die laaste paar jaar tot nou toe het daar nog mense bygekom wat vir my gebid het. My ma het ook by verskeie geleenthede dat ons huidige leraar (voor hy leraar was) op my verjaardag op 26 Desember vir my bid. As kind en jongmens het ek maar altyd 'n weerstand gehad en weggeskram van sulke dinge af en het die absolute minimum by mense gaan uitkniel.

As tiener het ek slegte gewoontes begin aanleer, goeie geselskap as swakheid in plaas van deug beskou. Ek het bevriend geraak met maats wat 'n slegte invloed op my gehad het. Die rook gewoonte en 'n breë spektrum van verkeerde dinge het spoedig gevolg. Ten spyte van my Christelike opvoeding was ek 'n wêreldling in murg en been en het geen vastigheid hoegenaamd in my gehad nie.

Na skool is ek Pretoria toe en 'n donker hoofstuk in my lewe het aangebreek. Ek wil graag in 'n neutedop net die buitelyne en omvang skets van die dinge waarmee ek te doene gehad het.Ek het myself begin oorgee aan 'n roekelose, sondige leefstyl. Ek het begin drink en in die kroeë en hole van die stad begin rondhang. Ek het vriende gemaak met hulle wat soos ek gevoel, gedink en gedoen het, en dit is inderdaad so dat jy iemand aan sy vriende ken. Ek het by geleentheid vir

3110

Page 14: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

van my voormalige vriende gevra: “Pla dit julle nie wat ons doen nie?” Dan het hulle altyd gerusstellend geantwoord: “Jy bekommer jou te veel.” Ek het geweet my lewe is verkeerd en het maar gedurig ver lore gevoel , meedoënloos onwrikbaar was die wete dat daar 'n dag van afrekening sal aanbreek waar ek voor die regterstoel sal moet verskyn en ek het God as die groot Regter gesien wat my hel toe gaan stuur. Ek het gesien hoe mense al hulle waardigheid verloor onder die invloed van sterk drank. Ek het die opdrifsels gesien wat daar in die mens s e h a r t i s - r e s p e k t a b e l e , wetsgehoorsame burgers van die samelewing wat te kere gaan asof iets vreemds oor hulle gekom het en hulle dinge sien doen wat hulle in 'n duisend jaar nie sou doen in normale omstandighede nie. Ek was slegter as hulle wat my omring het, en was baie vindingryk met nuwe vermaak. Op my voorstelle het menige een erger dinge gedoen of langer aangehou as wat hy sou as ek nie by was nie. Ek het 'n stamina gehad wat sondige dinge aanbetref - aangeblaas deur alkohol wat my soms verstom het. Verskeie kere het ek die voorneme uitgespreek teenoor hulle by my dat ek gaan ophou drink en breek met die sondige leefstyl. Ek het dan alle drank wat ek nog gehad het uitgegooi of weggegee om maar na 'n paar dae weer te begin. Ek was in die land van die doodskaduwee en my beste poging om te ontsnap was futiel.Oor tyd heen het dinge vererger. Sondae was net nog 'n dag van vermaak. Ek onthou dat daar by g e l e e n t h e i d ' n P r e t o r i a Nagmaalnaweek was wat ek nie een diens in die kerk was nie - dit terwyl ek

die hele naweek in Pretoria was. Ek het nooit werklik getwyfel aan die bestaan van God nie en het dikwels in my die wil gevind om op te hou met my sondige lewensstyl, maar nooit die krag gehad om los te breek nie. Dat ek nie iets gruweliks oorgekom of my lewe verloor het gedurende daardie tyd nie is 'n godswonder. Male sonder tal het ek deurgedruk dagbreek toe, dronkmans partye bygewoon, gedans, gefuif en jolyt sonder ophou, vroeg in die môre, laat in die aand. Elke dag gedrink en geniet die beste wat die wêreld en sonde kon bied.

Ek is in 2005 Engeland toe en het daar dinge gesien en beleef. Baie mense het nie 'n idee van hoe erg dit daar kan gaan nie, ten minste in die kringe waarin ek my bevind het. Ek wil geensins voorgee dat dit oral so gegaan het nie. Jongmense wat skielik onder ouer toesig uit is bevind hulle skielik in 'n vakuum weg van enige behoudende invloed af. Hoe hulle 'n samelewing op hul eie vorm w a a r n i e m a n d t e ë h o u o f verantwoordbaarheid eis nie. Gesien hoe Afrikaanse kinders om 'n kombuistafel sit en dwelms gebruik asof hulle maar net koffie of tee drink. Poeiers wat gesnuif word, pille, dagga. Hoe jy dwelms kan bestel en dit word by jou voordeur afgelaai asof jy 'n pizza bestel, die tipe van ding gebeur heel waarskynlik ook in Suid-Afrika. Laat my dink aan die Pilanesberg olifante wat motoriste begin aanval het. 'n Span kundiges is aangestel om die fenomeen te ondersoek aangesien dit raar is en nie in ander wildtuine gebeur nie. Na hulle die situasie 'n tyd lank ondersoek het het hulle gevra:

3111

Page 15: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

''Where is the patriarchs?'' Dit blyk toe dat hulle 'n groep jong olifante daar gevestig het sonder ou bulle wat deel uitmaak van die trop. Hulle het toe 'n paar ou bulle van die Krugerwildtuin af ingebring en die aggressie en aanvalle op motors was iets van die verlede.

Terug in Suid-Afrika op eie bodem het ek my weer in Pretoria gevestig en voortgegaan met my sondige bestaan. Vroeg in 2007 het die toestand waarin ek myself bevind het onuithoudbaar begin word. Ek het tot die dood toe v e r l o r e g e v o e l s o n d e r e n i g e lewenskwaliteit en ek het besef die drank het hande uitgeruk - veral toe ek op 'n dag ervaar dat dit vreemd voel as ek nie alkohol in my sisteem het nie. Ek het op die internet by die Alkoholiste Anoniem se webtuiste ingegaan en gesien dat ek al die simptome van 'n volbloed alkoholis het - dit het my laat skrik.

Ek het my verootmoedig en gevra die Here moet my asseblief help en met baie trane voor Hom my hart uitgestort en my sonde bely daar in my woonstel. Ek het alles wat ek in voorraad gehad het in die drein afgespoel. As ek reg onthou was dit oor 'n naweek, vroeg in Maart 2007 - die spesifieke dag en datum het my ontgaan. Dit het goed gegaan tot die volgende week se Donderdag voor ek weer geswig en drankwinkel toe gery en 'n bottel gaan koop het. Ek was teleurgesteld in myself en ek was teleurgesteld in die Here. Ek het Hom dan so opreg en met baie trane gevra dat Hy my moet help en tog het ek geswig voor die versoeking. D ie Sondag na d ie bet rokke

Donderdag het ek Pretoria kerk toe gegaan, alhoewel ek in 'n geweldige stryd gewikkeld was. Ek het gevoel my lewe is misrabel, ek het geen lewensvreugde nie, ek voel konstant ellendig oor my sondige bestaan terwyl my vriende klaarblyklik van krag tot krag gaan en die lewe in sy volheid geniet. “Toneel speel en nou en dan kerk toe gaan sodat my ouers goeie verslag by ander kan kry, is ook sommer die laaste strooi”, het ek by myself gedink. “Van nou af gaan ek nie meer dat enige iets my pla nie, ek gaan ook nou die lewe geniet soos my vriende en nie toelaat dat enige iets my pla nie.” Dit is die gedagtes wat in my gewerk het terwyl ek op die bank in die kerk sit. Oom Fanie Visagie (evangelis) het die oggend kom kerk hou, as ek reg onthou was tannie Marietjie in vir 'n nekoperasie. Hy het uit Johannes 15 gelees en die volgende verse het 'n indruk op my gemaak: Joh 15:1-2 Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. Elke loot wat in my nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, die maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.

Joh 15:4-6 Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so kan julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. Hy het begin praat oor die wynstok en die lote. Hy het onder andere die wilde

3112

Page 16: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

ranke van die wingerdloot vergelyk met die sonde in ons lewe en gesê dat soos die lote wilde ranke maak, so is die sonde ook in ons lewe. Soos die wilde ranke afgesnoei word so moet ons die sonde ook in ons lewe afknip. Hy het voortgegaan en gesê dat ons sien dat wanneer die wilde rank afgesnoei word dan groei dit weer, die volgende sin wat hy gesê het het vir my die verskil gemaak: “Maar as die wilde rank weer en weer gesnoei word dan groei dit later nie meer nie.” Dit was 'n sin net soos die vorige sinne maar iets het in my hart gebeur en ek het gesê: “Here, nog een keer sal ek probeer”, en daar onder tweede gebed op my knieë gegaan en my hart uitgestort voor die Here en ek kon nie wag om by die huis te kom nie.

Toe ek by die huis kom het ek weereens alles wat ek intussen aangeskaf het in die drein afgegooi. Vanaf daardie oomblik in die kerk kon ek agterkom daar is iets anders in my hart. Ek het my smaak vir drank verloor. 'n Groot probleem waarmee ek gesit het was dat my hele ondersteuningstelsel daarmee heen was. Ek het nie vrymoedigheid gehad om met mense oor my probleem te praat nie. Almal met wie ek daagliks vir jare interaksie gehad het was wêreldlinge en hulle het nie veel begrip vir my posisie gehad nie - hulle kon my nie help nie al wou hulle. As geheelonthouer was dit ook nie meer vir my 'n plesier om na ligsinnige dronkmans praatjies te luister nie. Ek het wel 'n keer of wat weer probeer saamdrink, maar behalwe dat ek veroordeel tot die dood toe gevoel het, het drank sy glans vir my verloor en het dit nie meer die houvas gehad wat dit

vroeër gehad het nie. Daar is mense wat van my kan sê: selfs na jou bekering het ek jou dit of dat sien doen - ek wil graag die prediker Sam Storms aanhaal:1. As nuwe bekeerlinge is alle Christene in 'n mindere of meerdere mate aards/wêrelds/vleeslik2. Onder Christene wat lankal reeds b e k e e r d i s m a g s o m m i g e aards/wêrelds/vleeslik wees.Eersgenoemde is normaal, laas genoemde abnormaal.

Meeste van my swak gewoontes en passies het my nie oornag verlaat nie. Ek moes stryd voer, soms vir my gevoel ten bloede om die vleeslike luste een na die ander deur die krag en genade wat Jesus my verleen teë te staan. Maar waar dit vroeër in my lewe vir my gevoel het of ek 'n verloor stryd gevoer het, het ek nou skielik deur sy krag oorwinning begin behaal. Dinge soos die rook gewoonte het my nog bykans twee jaar aangekleef voor ek dit kon los. Anders as vroeër was daar nou 'n weersin in my hart teen my sondige begeertes. Dinge wat ek vroeër plesier uit geput het was nou vir my afstootlik. My voor- en afkeure het 'n algehele metamorfose ondergaan soos wat in II Korintiërs 5:17 staan: “Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.”

Die stryd was hard en bitter, is nog steeds hard en bitter, en as ek die biografieë en getuienisse van die geloofshelde lees en hoor, sal dit hard en bitter bly totdat die blye dag a a n b r e e k w a n n e e r e k d i e Doodsjordaan oorgesteek het. Maar

3113

Page 17: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

ek dank die Here vir die stryd, want dit is 'n werking Gods tot saligheid, die lewe self. Hulle wat geen stryd ervaar nie het rede tot groot kommer.

Ek het nou daagliks begin bid, Bybel gelees en baie gereeld kerk toe begin gaan. Die ou vriende het soos skille van my, en ek van hulle, afgeval. Die Here het vir my mense beskik wat in die moeilike tyd vir my daar was. Mense in ons Pretoria gemeente met wie ek geestelik kon praat en by wie ek kon gaan kuier as die eensaamheid te erg was. Ek het ook in daardie tyd ernstig vir die Here gevra dat hy tog vir my 'n lewensmaat sal beskik. Drie maande later het ek en Francisca Strydom saamgery Klerksdorp toe, en het ons aangetrokke tot mekaar begin voel. Dit was die begin van 'n mooi verhouding. Ek het vantevore ook by haar toenadering gesoek, sonder enige sukses, en toe dinge so mooi uitwerk het ek van die begin af geweet hierdie spesiale iets kom van die Here af. Ons is dan ook op 17 Mei 2008 in Pretoria deur ons leraar in die huwelik bevestig.

Geloofsekerheid'n Nuwe fase het in my lewe aangebreek. Dieselfde lig wat oor die volk in duisternis geskyn het, het ook oor my sy dierbare lig begin skyn. Ek kon nie ontken dat die Here iets groots in my lewe gedoen het deur my los te maak van my sondige lewenswyse nie. Tog het ek nie die vrymoedigheid gehad om te kan sê dat ek gered is nie. Ek het meer en meer by mense gaan kniel dat hulle vir my bid. Ek het maar gedurig uit die Bybel gelees en persoonlik stiltetyd gehou, apart van

my en my vrou se stiltetyd. Ek het 'n plek bereik waar ek geglo het soos wat dit in I Johannes I:9 geskryf staan: ''As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig''. Tog het ek maar kruppel gegaan aan ongeloof en nog getwyfel as ek sien hoe die vlees se vuil begeertes so spontaan onkeerbaar na vore kom soos wat die liedjie sê: Al rys my sonde soos 'n vloed. Ek onthou hoe oom Kosie Pretorius baie jare gelede 'n boodskap gebring het en hy het onder andere gesê dat 'n mens by die wêreldse plekke en plesiere kan wegbly, maar met die sondes van die gedagtes is dit net die genade van die Here wat kan help. Daar was gedurig die element van onsekerheid, by tye in 'n mindere en soms in 'n meerdere mate.

In 2011 was ons vir 'n huwelikseminaar in Middelburg en na ons aangemeld en ingeboek het is daar aan ons vorms gegee vir admin doeleindes wat ons moes voltooi. Ek het by een vraag vasgesteek, op 'n skaal van 0 – 100 moes jy aandui hoe seker jy is dat jy gered is. Ek was gekonfronteerd en het die vraag oorgeslaan en die res van die vraelys ingevul om op die einde weer terug te kom na die spesifieke vraag toe. Nadat ek lank daaroor getob het het ek my merkie hoog in die 90's gemaak en by myself gedink dat dit heelwaarskynlik beter is as baie ander mense. Ek het gevoel my ou sondes is vergewe, en ek weet dat Jesus vir my kom sterf het. Tog was daar nog die element van twyfel.

Ons is opgedeel in groepies en is met

3114

Page 18: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

opset so opgedeel dat jy nie met jou huweliksmaat in dieselfde span is nie. Die groepies het dan oor die loop van die paar dae wat ons daar was bymekaar gekom en gebid, en sekere dinge saam gedoen weg van die groot groep waar die lesings aangebied is. Daar was ook die kere wat elkeen in die groepie individueel met die groepleier wat in ons geval 'n vrou was bymekaar moes kom om 'n lysie te behandel en dan uiteindelik saam te bid. Ek moes 'n lysie invul van sondes en dan het ons dit bely voor die Here. Ek het baie van die sondes wat ek alreeds by vroeëre geleenthede voor die Here bely het ook weer op die lysie gesit om dubbel seker te maak dat dit vergewe is. Noudat ek dit weer in herinnering roep besef ek dit was 'n growwe teken van ongeloof. Ons kon die teenwoordigheid van die Here kragtig ervaar terwyl ons saam gebid het. Nadat ek gebid het het sy gebid en terwyl sy bid het sy die Here gevra om my 'n visie of gesig te gee dat my sondes werklik vergewe is. Terwyl ons nog onder gebed was het sy skielik opgehou bid en gevra wat sien ek. Die stilte het uitgerek en ek was verleë, want behalwe vir die teenwoordigheid van die Here het ek niks gesien of besonders ervaar nie. Ek antwoord haar toe dat ek niks sien nie en sy het die gebed afgesluit.

Toe ek direk daarna in ons kamer kom was Francisca nog nie daar nie, en ek het 'n paar oomblikke op die bed gaan lê met my hande agter my kop gevou, terwyl ek die gebeure van flussies in stilte oordink en spesifiek die ongemaklikheid rondom die gebed. Skielik onmiskenbaar helder het die woorde by my opgekom soos net die

Heilige Gees dit in jou kan werk. Die tweede gedeelte van Handelinge 1:8 ''en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde''. Ek het opgespring, dit was 'n groot oomblik. Dit was vir my 'n bevestiging dat my sondes vergewe is en dat Jesus vir my gesterf het.

Na die Middelburg ervaring het ek voortgegaan terwyl my pad was soos in Prediker 4:18 staan: ''die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe''. Die Here het my laat groei in kennis en genade rondom die ewige dinge.

Ek het maar nog altyd 'n belangstelling in geskiedenis gehad, en dinge van die verre verlede hou vir my 'n besondere bekoring in. Ek het al meer in die glorieryke hervorming in Europa begin belangstel. Ek het geskrifte en biografieë van Martin Luther, Johannes Calvyn, Johannes Hus, John Wycliffe, John Knox en verskeie kerkvaders gelees. Veral die kommentaar wat Martin Luther oor die Sendbrief aan die Galasiërs geskryf het, het die Here gebruik om in 'n toenemende mate onkunde en twyfel oor my redding soos mis voor die môreson te laat verdwyn.

Ek het ook onder andere oom Pieter Swanepoel se “Bekeringsgeskiedenis van 'n Boerekind in S.A” gelees en ek haal aan:''Ek vrees vir die groot ewigheid en dink altyd hoe ek in die ewigheid so verlore sal wees en die stem van God hoor: Gaan weg jou vervloekte, ag, wie kan die

3115

Page 19: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

verlorendheid en die donker vrees beskryf. Ek begeer so om van die Here te hoor, maar hoor net gedurig van die wêreldse stories. Ek lê op die aarde, moedeloos, wanhopig verlore en roep: Genade, genade. My siel was beangs tot die dood toe. Menige dag vrees ek dat ek voor die aand sal sterf en dan is ek vir ewig verlore. In die nag word ek verskrik deur die duiwel en die dood sodat ek nie kan slaap nie. Wie kan die toestand beskryf, ek voel so bang dat ek van plek tot plek vlug en gedurig om genade roep sonder om genade te vind. Die ewigheid is donker en vreeslik voor my, die een dag benouder vir my siel as die ander dag. Ek soek na uitkoms en vind dit nie, so bly ek in 'n ontsettende donker toestand en loop gedurig met vrees vir die dood, want my siel is verlore, ja, verlore en geen vriend weet van bekering nie. Hulle probeer my afleiding te gee deur wild te gaan jag. Ek gaan jag en as ons by die wild kom skiet ek soms 'n blesbok en sny hom keel-af. As die bloed uitloop kniel ek by die bloed neer en ween en sê aan die Here Jesus, so het Hy sy bloed gestort vir die sonde, dan vra ek Hom tog om my sonde weg te neem deur sy bloed. Ek voel so 'n medelye met die Here omdat Hy so swaar gely het en dan ween ek daaroor. Toe ek tot bekering gekom het kon ek sien waarom kon ek nie regkom nie. Ek beskou nie die bloed van die Here Jesus as alleen magtig en heilig om my sonde weg te neem nie, maar het net altyd medelye met sy bloed.'’

Ek het toenemend begin besef dat ek 'n geloofsprobleem gehad het en vandaar die gedurige twyfel. Sonder geloof kan 'n mens nie die minste van die koninkryk van die hemele in

ontvangs neem nie. Jesus moedig ons aan om soos kindertjies te word. Die prediker Dwight L. Moody het eenkeer gesê dat twee en 'n half mense by 'n spesifieke geleentheid tot bekering gekom het. Die omstanders het gedink hy praat van twee grootmense en 'n kind. Agterna het dit geblyk dat hulle verkeerd was en dat meneer Moody eintlik bedoel het dat twee kinders en 'n grootmens tot bekering gekom het.

Soos oom Pieter Swanepoel het ek ook heeltemal te min waarde geheg aan wat Jesus Christus, die waaragtige lig van die wêreld, vir my gedoen het. Sy volmaak afgehandelde werk was vir my grootliks versluierd. Ek het ook voortdurend die sonde onderskat en my lewe lank dit self probeer beveg, en het dit as iets beskou wat binne my beheer is. Iets wat ek kan doen of aflê soos wat ek wil. Het nie die mens se desperate toestand verstaan nie. As 'n mens nie die oorsprong van sonde verstaan nie kan jy nie die oplossing daarvoor korrek diagnoseer nie. Die sondige natuur is die basis van alle sondige begeertes soos wat Jesus dit ook uiteensit in Markus 7:21-22 ''want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, a f g u n s , l a s t e r i n g , h o o g m o e d dwaasheid. Wie kan ontken dat 'n hart waaruit al sulke dinge kom nie duidelik boos is nie?

Ek het besef dat ons nie op 'n stadium in ons lewe besluit om te sondig, of 'n fout gemaak en van 'n perfekte sondelose toestand oorgegaan het na

3116

Page 20: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

'n sondige toestand nie. Ek haal aan:Efesiërs 2:3 onder wie ons almal ook v r o e ë r g e w a n d e l h e t i n d i e begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.

Jeremia 17:9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken. Die King James stel dit selfs nog mooier: ''the heart is deceitful above all things, and desperately wicked…''

Psalm 51:3 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.

Job 25:4 Hoe sou dan 'n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit 'n vrou gebore is?

Romeine 3:10-12 ''soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.'’

Ons word gebore met 'n ingeboude doodsvonnis, slawe van die sonde. Voor ons wedergeboorte het ons nie 'n keuse as om te sondig nie. Sonde is nie iets wat ons agterna aangeleer het nie. Al word dit ook onderdruk tot die uiterste toe soos die Fariseërs van ouds gedoen het, bly dit futiel, die hart bly steeds desperaat korrup. Sonde is slegs die simptoom van die probleem, en die probleem is: 'n desperaat

korrupte hart vanaf geboorte.

As Adams nageslag is ons daarmee gebore en sondig ons omdat ons nie 'n keuse het nie. Die jongste kind wat die lewe binne kom en die sonstraaltjie van sy familie word is nie soos sy moeder hom miskien liefderik noem, 'n klein ''engeltjie'' of die ene ''onskuld'' nie, maar hy is 'n klein ''sondaar''. Die kleinding lê in sy wiegie en maak fraai geluidjies en bewegingkies maar in sy hart dra hy die saad van elke moontlike soort sonde. Gee ag as hy groter word en opgroei en kort voor lank merk 'n mens by hom op 'n hardnekkige geneigdheid om te doen wat verkeerd is en 'n traagheid om te doen wat reg is. Jy sal die ontvouing van swak humeur, korruptheid, s e l f s u g , e i e w y s h e i d , hardkoppigheid, jaloersheid, en dies meer waarneem wat verstommend vinnig hulle kop uitsteek. Wie het hom dit geleer? Niemand. Hy is so gebore. Die Bybel leer nie dat die mens sondaars word nie maar dat ons sondaars gebore is.

Die Here het ook vir oom Pieter Swanepoel op 'n besondere manier gewys op die erfsonde, ek haal aan: “en ek sien in my hart sonde wat ek nog nooit gedoen het nie. Toe was ek verwonderd dat 'n mens sonde kan hê wat jy nog nooit gedoen het nie. Toe sien ek dit is die sonde waarmee ek gebore is.”

Geen mens is opgewasse teen die sonde nie. Soos ek honderde, selfs duisende kere in my lewe toe ek nog

3117

Page 21: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

in die vlees was, gesien het: my beste pogings om weerstand te bied in eie krag teen die sonde was nie goed genoeg nie. Maak nie saak watter taktiek ek gebruik en tot watter uiterste ek gegaan het om dit teë te staan nie. Ek het besef ek is heelwat slegter as wat ek gedink het. Die Here het daardie punt baie duidelik by my tuis gebring. Dit het gegaan soos met 'n klomp kwetterende voëls in 'n boom - as ek my hand uitsteek om die een se nek om te draai raas daar tien ander tegelykertyd.

Voor my bekering het my ou sondige natuur my gedomineer, my optrede, my gedagtes, my woorde en dade. Ek was 'n slaaf van die sonde. Met die beste wil ter wêreld kon ek nie anders as om te sondig nie. Na my redding is ek met Christus gekruisig, en ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. Ek is nou in die ware wynstok ingeënt. Deur geloof in die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem is my sondes versoen. Die ou sondige, eerste natuur wat ek van Adam geëerf het is nog teenwoordig in my, alhoewel nie meer dominant nie. Die vlees is onrehabiliteerbaar sleg en saam met Paulus roep ek uit: “ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van die dood?” Ek sal die sondige komponent oorhou en stryd voer daarteen totdat, soos wat die huweliksformulier dit stel: die dood ons skei. Die ou vleeslike natuur is nou my aartsvyand soos in Galasiërs

5:17-18 staan: ''want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie''. Voor in ons liedeboekie word dit ook aangehaal in Romeine 8:14 ''Want almal wat deur die Gees van God gelei word, die is kinders van God''. My gemoed is nou 'n slagveld waar harde gevegte daagliks woed. Dit voel of ek aan 'n ter dood veroordeelde misdadiger vasgeboei is. Die misdadiger (my vlees) staan my teë en in samewerking met Satan en die wêreld poog hy gedurig om 'n staatsgreep uit te voer. Dit wat die vlees bedink is vyandskap teen God en dit kan Hom nie behaag nie. Dit rebelleer tydig en ontydig.

Die digter van Gesang 81 beskryf die stryd so in vers 2:Ag, U sien wat ek te ly hetdeur die kwaad wat in my woon,hoe ek worstel en te stry het!Ag, U sien wat ek te ly hetdeur die kwaad wat in my woonen hom telkens weer vertoon.

Die wet kan my nie meer aankla nie, ek is onder die vloek uit Rom 10:4 “'want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.” Baie mense wil hier uitroep met ander woorde jy sê ons kan doen wat ons wil? Mag God verhoed dat ek ooit wetteloosheid aanmoedig. Ek haal aan Romeine 6:15: “Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!'' Ek vind dat my nuwe

3118

Page 22: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

natuur hom verlustig in die Here se insettinge, en sy wil is vir my 'n lus. My nuwe natuur wil sy gebooie bewaar want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking. My nuwe natuur is lief vir die wet en omhels die wet. Die wet is nou my vriend waar dit voor my bekering my vyand was. Johannes 14:21: ''Wie my gebooie het en die bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hom sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar''. Daar is ook geskrywe I Petrus 1:16 ''…wees heilig, want Ek is heilig.''

Die wet is goed en reg vir die doel waarvoor dit gegee is. Dit handhaaf wet en orde, dit hou die ongeredde mens se sondige natuur wat ons van Adam geërf het in toom soos tralies 'n gevaarlike ongedierte teëhou. Dit tree op as tugmeester na Christus toe, dit is soos 'n soeklig wat my sondige toestand verlig het, want sonder die wet sou ek nie my desperate toestand agter gekom het nie. Die wet het my laat wanhoop in myself. Die oorsprong van die probleem is blootgelê naamlik: 'n desperaat korrupte hart. Sonde is bloot net die simptoom van die eintlike probleem. Deur die wet het ek besef dat ek Christus nodig het. Die wet eis baie, maar bied geen hulp aan om die eise wat hy stel na te kom nie. Jesus verwag net so baie, ja, selfs nog meer soos blyk uit Mattheus 5:21-48 waar Hy die standaarde van die Wet selfs nog hoër lig, maar wat Hy verwag van my vervul Hy self in my.

'n Gruwelike dwaling is dit wanneer 'n

mens geregtigheid probeer verwerf soos die Fariseërs en Skrifgeleerdes deur wetsonderhouding weg van Christus af. Jesus noem hulle addergeslag, soos wit gepleisterde grafstene maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid. Die wit duiwel van geestelike sonde is baie gevaarliker as die swart duiwel van wêreldse sondes. Hoe wyser en hoe beter iemand is sonder Christus, hoe meer waarskynlik sal hy die evangelie ignoreer en teëstaan soos die Fariseërs inderdaad gedoen het.

As iemand sê sy siel is gered, hy het geloof in Christus, maar sy geloof verander nie sy lewe nie, die persoon i s g e m a k l i k i n s o n d e s e teenwoordigheid, hy dra nie vrugte wat by die bekering pas nie, is so persoon 'n leuenaar. So 'n persoon se geloof is niks werd nie en sal hom verlore laat gaan. Daar is baie goddelose mense wat hulleself by die kerk van God voeg. Jy sal nie sy ware karakter agterkom nie - totdat die tyd kom wanneer hy kan wins maak deur te sondig, of waar hy plesier kan verkry deur die sonde, of waar hy vervolging kan ontsnap deur sonde, eers dan sal jy uitvind wat hy werklik is. Ek sien baie sulke mense rondom my, mense wat in vrede lewe met die sonde in hulle lewe maar tog sê hulle is Christene. Jakobus 2:17 “Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.''

Christus het ons nie vrygemaak om te sondig nie, maar het ons vrygemaak sodat ons nie meer die sonde sou dien nie, sodat ons goeie vrugte kan dra.

3119

Page 23: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

Lukas 6:43 “want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk 'n mens tog nie vye nie, en 'n mens sny ook nie druiwe van 'n doringbos nie. Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek die mond.'' As iemand die wet onderhou en goeie werke doen sonder die wedergeboorte deur die geloof in Jesus Christus speel hy toneel en hy sal verlore gaan so seker as wat die aarde draai. Hy sal met g o e i e w e r k e , a a l m o e s e , wetsonderhouding en wat ook al ander opofferings verlore gaan. Daar is net een weg volgens Joh 10:9 ''Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word'' Ek is die Here dankbaar elke dag van my lewe dat Hy my gered het deur sy wonderkrag sonder verdienste, net uit genade. Niks wat ek gedoen het, of nog gaan doen in die toekoms kan my redding verdien nie. Maar ek het die blye versekering dat ek gered is op grond van dit wat die vlekkelose Lam van God vir my gedoen het aan die kruis. Sy juk is sag, sy las is lig. Ek het nie altyd stryd nie. Soms rus ek by die waters waar rus is, en ander kere lê Hy my neer in groen weivelde. Plekke waar ek onuitspreeklike vrede beleef, wat alle verstand te bowe gaan. Hy gee my lewensvreugde en laat nuwe vergesigte vir my oopgaan. Ook in die donkerste oomblikke van beproewing en stryd verlaat Hy my nooit nie. Jesus Christus het nou my alles geword, en ek word daagliks van

gedaante verander na sy beeld, van heerlikheid tot heerlikheid.

Lukas 7:41-43: “'n Sekere geldskieter het twee skuldenaars gehad, die een het vyfhonderd pennings en die ander een vyftig geskuld; en omdat hulle niks gehad het om te betaal nie, het hy dit aan altwee geskenk. Sê nou, wie van hulle sal hom die meeste liefhê? En Simon antwoord en sê: Ek veronderstel die een aan wie hy die meeste geskenk het. En Hy antwoord hom: Jy het reg geoordeel.'’

Ek was die een wat vyf honderd pennings geskuld het. My sondes was baie maar dit is vergewe. Ek kan nie neutraal staan nie, ek het Hom lief want Hy het sy lewe afgelê vir my. Niks kan ooit weer vir my dieselfde wees nie. Ek kan nie wag vir die oomblik wanneer ek daar by Hom kan gaan inwoon nie. Alles het nuut geword, die oue is verby.

“Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is. En dit is vir julle die teken: julle sal 'n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê. En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê: Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae! “

“As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.”

3120

Page 24: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

Graag wil ek getuig van die Here se grootheid en goedheid.

Ek was baie siek en het baie pyn verduur. Ek moes 'n heupvervangingsoperasie ondergaan, maar behoort nie aan 'n mediese fonds nie, en sou baie lank moes wag voordat ek by 'n staatshospitaal gehelp kon word.

Deur die genade van God en almal se gebede en geldelike bydrae tot die operasie kon ek vroëer gehelp word. Die operasie was 'n groot sukses en ek is vandag sonder pyn. Ek loof en prys God! Hy is groot!

Baie dankie aan elkeen wat 'n bydrae gemaak het, en vir my gebid het. Baie dankie aan ons leraar en evangeliste en almal wat my in die hospitaal en ook tuis besoek het. U gebede het my deurgedra.

Lett

ie N

ag

el

Loof en prysdie Here!

21

Geloof Hoop Liefde

Page 25: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

Ek wou nie in hierdie uitgawe 'n artikel plaas nie, want ek het geen boodskap sover ontvang nie. Ek het myself belowe ek gaan nou maar terug sit, hande oor mekaar gevou soos ek baie foto's van ons oumense gesien het, met die hande oormekaar gevou op die skoot.

Een oggend na die sing in die kerk sê Johnny vir my: “Ouma jy moet bietjie gaan rus. Ek sien jy is baie moeg.” Ek het vir hom gesê dit is reg en dadelik kamer toe gegaan. Ek kon nie dadelik aan die slaap raak nie. My gedagtes maal rondom Pinkster. Ek dink aan die dienste wat verby is. Dit het vir my baie stil verloop. Dis nie soos ek Pinkster ken nie, ten spyte daarvan dat ek my uiterste bes probeer het om toenadering te soek, was daar tog 'n doodsheid by my wat ek nie kon verklaar nie. Dis asof ek 'n stem hoor sê: “Staan op, gaan haal jou skryfgoed, daar's nie tyd om te slaap nie. Ek het werk vir jou om te doen.” Ek wou dit eers ignoreer en probeer slaap. Onmiddellik was ek helder wakker. Die vaak en die moegheid was weg. Ek dink toe ek weet nie hoe lank die Here my nog wil spaar nie, maar solank ek lewe wil ek gehoorsaam wees aan die stem van die Here. Dit voel vir my of die dood elke tree

saam met my loop.

Ons lees in die Bybel die beloofde jare is maar sewentig, en as ons baie sterk is tagtig jaar, en gou gaan di t verby, maar die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet. En hoe ondervind ek dit nie. Broer Hermann Havenga het gesê hy sien in sy geestesoog 'n pragtige, groot blommeruiker wat die grootheid van die Godheid voorstel en wat verlig word deur die glans van die Heilige Gees. 'n Ryke erfenis vir elkeen wat hierdie Godheid deel van hul lewe maak. Br Johann Rossouw het ook vir ons vertel van 'n prediker wat iewers was, en meteens voel hy die bose magte wat hom omring (iets soos demone). Hy het hulle vervloek en die bloed van Jesus oor hom afgepleit. Toe hoor hy die woorde: “Die alewige kruis, die alewige kruis”, en dadelik het die bose magte weggegaan. Daar is niks wat teen die bloed van Jesus kan standhou nie. Hy het ons gekoop met sy bloed. Die Here Jesus het sy kosbare bloed gestort aan die kruis op Golgota. Dit is daardie bloed wat slawe vrymaak.

Die sing van liedere in die vroeë oggende was vir my baie geseënd. Dit was net lekker om so saam te kon wees. Deur die genade van

Mie

mie

van

Heerd

en

Pinkster 2013

22

Page 26: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

die Here kon ek al die dienste bywoon. Die persone wat die woord gebring het in die aande het hulle uiterste bes gedoen om ons aan te moedig om tog ons lewe met ons Skepper reg te maak. Elkeen het 'n besonderse, dog dringende boodskap gelewer. Ons lewe in 'n baie donker wêreld. Die uurglas is vinnig besig om leeg te loop. Leraar Fanie Visagie het gesê ons moet gevul word met die Heilige Gees. Ek dink ons almal het daardie begeerte om gevul te word met die Heilige Gees, maar die moed ontbreek om te gaan vir gebed. Ek het ondervind dat as daar uitnodiging gemaak word dan is daar meer vrymoedigheid. Ek het in 'n vorige Ligdraer aangehaal, maar ek wil dit in alle erns weer beklemtoon: Neem die vrymoedigheid dat iemand vir jou bid. Onmiddellik tree die Heilige Gees in en jy voel die werking van die Gees in jou binneste, en so word jy versterk.

Wyle oom Fanie Roos het ook altyd uitnodigings gemaak. Dan het hy gevra: “Is daar nog iemand?” Tot vir die derde keer het hy gevra: “Is daar nie miskien nog iemand nie?” As hulle klaar vir die persone gebid het wat vorentoe gegaan het, en die diens verby is, het wyle oom Fanie gevra: “As daar nog iemand is wat voel hy of sy is nog nie tevrede nie, moet hulle in die kerk agterbly. Die ander kan maar huistoe gaan.” Dan het hulle vir daardie persone gebid. Ekself het van daardie geleenthede gebruik gemaak, en dan was daar baie genade. Broer Johan Pretorius het gesê daar is so 'n breë stroom van genade wat vloei, diep onder, soos in

'n canyon. As ons van daardie genade wil verkry, moet ons laag buig om daarby uit te kom. Broer Johan het ook gepraat van iemand wat gepreek het, en toe sê die persoon: “Ek wil amper vir julle sê, ek smeek julle”, want hy het baie ernstig gepraat. Toe sê broer Johan ook vir ons: “Broers en susters, ek smeek julle, kom maak julle lewe reg met God. Dis Pinkster, genade tyd! Daar is nie 'n beter geleentheid as nou nie.” Ons kan nie met ons saligheid speel nie. Dis goue geleenthede hierdie. Ons dink ons is op die regte pad. Ja, ons gaan saam kerk toe, is dood tevrede met onsself, maar as die basuine blaas en die Here kom met die wederkoms, dan sal ons voor die regterstoel staan en die boeke geopen word. Dan sal ons die Here van aangesig tot aangesig sien. Ons kan dalk sê: “Here, ek het U huis besoek en U gebooie onderhou”, dan sal die Here sê: “Jammer, ek sien nie jou naam in die Boek van die Lewe nie. Ek het jou nooit geken nie, gaan weg!” Dan is dit vir ewig te laat, wat 'n teleurstelling!

Dierbare broer en suster, ek wil nie my Here Jesus teleurstel nie. Ek is sy kind en ek lewe net vir Hom om eendag by Hom te gaan woon. Watter blye ontmoeting sal dit wees as ons al ons dierbares wat ons vooruitgegaan het weer kan sien, veral ons lieflingkindjie Marina wat daarbo vir ons wag. Dit sal 'n volmaakte oomblik vir my wees. Hoe heerlik sal dit nie wees om vir altyd en altyd by haar te kan wees nie. “As ons almal in die hemel, daardie dag so vol

3123

Page 27: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

vreugde saam geniet. Sien ons almal J e s u s , e n s i n g s a a m d i e oorwinnaarslied.”

Nou is Pinkster 2013 verby. Onherroeplik verby. Daar het tog vir my ook 'n ou ligstraaltjie deurgebreek. Saterdag en Sondag met die vroeëdiens het ek groot seën ontvang. Broer Johan le Grange het vir my gebid en ek het gevoel daar kom so 'n vrede in my gemoed. 'n Liefde vir my

Meester, en 'n liefde vir al ons mense. Ons behoort mos aan die Here. Hy het ons duur gekoop met sy bloed. Die Nagmaal was ook baie geseënd, en die afsluitingsdiens was vir my 'n hoogtepunt. Die Here het my bo verwagting geseën en my opnuut gevul met die Heilige Gees. Ek wil aan die Here al die lof, eer en aanbidding bring, want Hy is goed. Aan sy liefde is daar geen einde nie. Wat 'n wonderlike Pinkster 2013.

Oorgeneem van JAMES BURNS

Die engelse digter Coleridge was op 'n dag besig om met 'n man te redeneer wat nie

daaraan geglo het dat ons aan kinders godsdienstige voorligting moet gee nie. Sy

teorie was dat die kind se denke nie bevooroordeeld moet raak in enige spesifieke

rigting nie. As die kind dan genoeg wysheid het, moet hy die geleentheid hê om self

sy godsdienstige oriëntasie te kies.

Coleridge het niks geantwoord nie, maar na 'n ruk het hy die besoeker genooi om na

sy tuin te kom kyk. Coleridge vat hom toe na 'n stuk van die tuin waar daar net

onkruid groei. Die man kyk toe na Coleridge en sê: “Maar dit is nie 'n tuin hierdie

nie! Daar is niks anders as onkruid nie!” “Wel, jy sien,” antwoord die digter, “ek wou

nie op enige manier inbreuk maak op die vryheid van die tuin nie. Ek wou net die

tuin 'n kans gee om homself uit te druk en sy eie vorm van produksie te bepaal.”

'n Baie eenvoudige gelykenis, maar baie tydig! Ons dwaal reeds van die

moederskoot af van die Here af weg. As ons nie voorgegaan word en geoefen word

om die regte pad te loop nie, gaan ons van nature die verkeerde pad kies.

‘n Toepaslike gelykenis

3124

Page 28: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

Graag wil ek twee gebeurtenisse gedurende die tydperk wat ek in Ierland werksaam was met u deel.

Dit is nou tien jaar wat ons vader weg is na sy ewige tuiste, en wil ek die gebeure rondom 15 Junie 2003 met u deel. Terwyl ek die oggend reg maak vir werk kom daar 'n beklemming in my hart dat ek moet teruggaan Suid-Afrika toe. Dit is asof iets my druk: “Jy moet teruggaan huis toe.” Ek het dit aan my mede huismaats ook genoem. So het ek maar die dag deurgegaan, m a a r t e l k e n s k o m d i e beklemming by my op. Die aand na werk het ek maar vroeg gaan inkruip. Dit was asof ek baie meer onrustig was. Terwyl ek slaap kom die volgende droom, of gesig, by my op:

Ek sien myself staan by ons kerk op die stoep en ek kyk hoe my pa in sy kis lê. Alles is wit – die blomme, sy klere... Die volgende persone kom simpatiseer met my: Oom Pieter Rossouw; oom Dawie Kruger en oom Rudolph van Eenden. Net daar hoor ek my

pa sê: “Die lig is so mooi helder.” Ek word uit die droom, of wat mens dit ookal kan noem, wakker geruk deur die lui van my foon. Dit was my swaer Gert Rossouw, en hy was sommer hartseer. Ek sit regop in my bed en vra: “Wat is fout?” Hy noem toe aan my dat my pa gedurende die nag 'n massiewe hartaanval gehad het, en dat hy my op hoogte sal hou van wat verder gebeur.

Geskok gaan maak ek vir my koffie (ek wil aan u noem dat my d r o o m w e g i s u i t m y gedagtes).Toe ek terugkom in my kamer lui my foon weer. Dit is weer my swaer wat noem dat my pa weer 'n hartaanval gehad het, en dat die hart so beskadig is dat hulle hom per ambulans na Johannesburg Medi-Kliniek neem. Hy noem aan my dat ek m a a r m o e t r e g m a a k e n terugkom Suid-Afrika toe, so gou as moontlik. Tussendeur my reëlings om terug te kom, kry ek egter die Maandag 16 Junie die boodskap: “Hy is weg.” 'n Oproep wat 'n mens se hele l e w e n s k o e r s v e r a n d e r . Woensdagoggend op pad terug

Sa

kkie

Vis

ag

ie

Die lig is somooi en helder!

3125

Page 29: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

Klerksdorp toe van die lughawe af, sit ek en my swaers Gert en Frans elkeen met ons eie gedagtes, en skielik lui Gert se foon. Dit is my sus Duifie wat wil weet waar ons is. Sy vra dat ons wanneer ons in Klerksdorp kom by my ma-hulle se woonstel moet omgaan en kyk vir my pa se wit safaripak (hy was baie lief daarvoor en my ma wil hê dit moet vir hom aangetrek word). Toe Gert dit aan ons noem kom die droom wat ek daardie nag ondervind het vir die eerste keer terug na my toe. Ek het dit aan my familie genoem, en aan oom Tonie Visagie en ons leraar oom Fanie Visagie. Oom Fanie noem toe aan my dat my pappa daardie hele naweek al sy kinders gesien het - so asof hy dalk geweet het wat gaan gebeur, en dat dit liewe Jesus was wat op sy manier my gewys het dat Hy my pappa gaan kom haal.

Die dag met die begrafnis het ek eerste na my pa gaan kyk (waar sy kis op die stoep staan). Dit was 'n wit kisruiker, en sy klere was ook wit. Iemand vat aan my skouer en toe ek omkyk is dit oom Pieter Rossouw. Later wyle oom Dawie Kruger en so ook wyle oom Rudolph van Eeden. Ek het die berusting gekry dat my pa op 'n veilige plek is, en het vrede in my hart gekry – veral toe oom Fanie Visagie (evangelis) tydens die bedankings genoem het dat hy, elke keer wanneer hy ou Kosie se houtwerk sien, om genade sal vra vir Koos Visagie se nageslag.

Daar het ook 'n ander insident in Ierland gebeur: Ons huis het een Sondagoggend aan die brand geraak.

Een van ons huisvriende van Poland het in die vroeë oggendure tuis gekom en het vir hom gaan kos maak. Terwyl hy in die sitkamer gaan sit het hy aan die slaap geraak, en daar het 'n brand in die kombuis ontstaan. Nadat ons deur iemand wakker gemaak is, het die rook al so versprei deur die huis dat ons niks kon sien nie. Toe ons met die trappe afkom het die vlamme begin opgaan na die boonste vertrekke. Ons het na buite gestorm en terwyl ons staan en kyk hoe die huis brand het die brandweer daar aangekom. Nadat die krag afgeskakel is het hulle na binne gegaan en die vuur begin blus. Een van die brandweermanne het na ons toe gestap en gesê: “Manne, julle is gelukkig, as julle nog vyf minute langer gewag het, het die huis ontplof.” (Die vuur was al tot by die gaspype van die verhittingstelsel).

Ek het omgedraai en skielik, so asof ons leraar langs my staan, hoor ek die gebed: “Here, dink asseblief aan ons mense daar in die buiteland.” Ek het hoendervleis uitgeslaan en toe ek afkyk op my horlosie, het ek besef dit is die tyd wat die volk van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika op hulle knieë was met die slot gebed. Ek kon net sê: “Dankie Here, U is getrou.” Ons aanbid 'n ware, lewende God.

3126

“Aan U, o God,my dankegesange”

Page 30: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

Here hoeveel blye dae skenk U nie aan my?Dae vol van sonskyn wat ek aan U moet wy.Maar, ek is so besig met my eie dinge Heer

dat ek soms vergeet om U te loof en eer.

Dankie Heer dat deur u Gees se kragU my laat onthou dat U op my gebede wag.

Daardie goue tye aan u deurboorde voetgee my weer hoop en krag en moed.

Met ope arms staan U Heer en Hemelvaderen wag geduldig dat u kinders tot U nader.

Met oë van liefde kyk U dan na ons en luister,al is ons nederige gebedjies net 'n fluister.

Ons weet U sal ons nooit van U verstootwanneer ons tot U nader in ons nood.

U Heilige Gees tree met sugting vir ons inen dra ons gebede deur na U wie ons bemin.

Voor u deurboorde voete kniel ons neer,en tot u troon kom ons nou nader Heer.

Dit is vir ons goud werd om U te dien sonder vrees,en om in u heilige teenwoordigheid te wees.

Ek bring aan U al die lofbetoning en eervir die goue tye van gebed met U my Koning Heer.Dat U altyd daar is en ook luister onse Hemelvader

wanneer u kinders in eerbied tot U nader.

Ons dank U Heer vir hierdie goue ure,U breek die skanse en die skeidingsmure.

Wanneer ons smekend en eendragtig tot U nadertree U in en maak die pad oop na ons Hemelvader.

Goue ure van gebed

27

Louis Nagel

Page 31: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

3128

Johann von Benecke en

Saartjie Rossouw

is in die huwelik bevestig

op 28 April 2013 deur

pastoor Johann van Eden.

Albie Brazer en Bianca Schutte is op Sondag 10 Maart 2013 by Limerick Lodge getroud.

Hein ver Burgh en Nita Rossouw

is op 20 April 2013in Leeudoringstad getroud

Huwelike

Page 32: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

Verjaarsdae 70+

September3 - Ella Vermeulen (Koekemoer) - Klerksdorp3 - Sus Strydom (Van Renburg) - Klerksdorp8 - Nellie Strydom (Manders) - Klerksdorp9 - Fanie Rossouw - Klerksdorp11 - Sonny Vermeulen - Klerksdorp12 - Sannie le Grange (Jordaan) - Klerksdorp15 - Nick van Wyk - Klerksdorp16 - Miemie van Heerden (Labuschagnè) - Klerksdorp18 - Delene Coetzee (Brown) - Klerksdorp20 - Ben Roos - Klerksdorp24 - Cathy le Grange (Ely) - Klerksdorp29 - Bettie Roos (Van Heerden) - Vryburg

Oktober1 - Fanny van der Merwe (Le Grange) - Klerksdorp5 - Rita Oberholzer (Venter) - Levubu6 - Jannie Duminy - Klerksdorp12 - Hettie Botha (Smit) - Pretoria15 - Annatjie de Beer (Van Heerden) - Johannesburg18 - Nienie Visagie (Pretorius) - Klerksdorp22 - Marie Duminy (Havenga) - Klerksdorp22 - Kotie van Rensburg (Halliday) - Aliwal Noord25 - Tabitha Strydom (Visagie) - Klerksdorp29 - Lettie Oberholzer (Swanepoel) - Klerksdorp30 - Doris Linde (Strydom) - Vryburg

3129

Page 33: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

November

2 - Louis Randles - Klerksdorp6 - Miem Swart (Fourie) - Klerksdorp7 - Annetjie Jonker (Visagie) - Klerksdorp8 - Joey Rossouw (Van Deventer) - Leeudorigstad16 - Rita du Rand (Spies) - Klerksdorp21 - Bennie Duminy - Klerksdorp22 - Miems van Zyl (Galloway) - Vanderbijlpark23 - Ans Duminy (Pretorius) - Klerksdorp25 - Lettie Scholtz (Oberholzer) - Klerksdorp26 - Henry Massyn - Pretoria28 - Annatjie Myburgh (Rossouw) - Klerksdorp

Desember1 - Joey le Grange (Van Rensburg) - Klerksdorp2 - Sannie Visagie (Van der Merwe) - Klerksdorp 5 - Rita Swanepoel (Van Rensburg) - Klerksdorp 6 - Dora Barnard (Brazer) - Klerksdorp7 - Dirkie Blom (Luus) - Klerksdorp - Joan le Grange (Vermeulen) - Klerksdorp13 - Fransie Duminy (Viljoen) - Klerksdorp15 - Truia Rossouw (Rossouw) - Klerksdorp21 - Pieter Pretorius - Westonaria23 - Lienie Oberholzer (Rossouw) - Klerksdorp24 - Breggie van Rensburg (Swanepoel) - Klerksdorp

3130

Page 34: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

Dopelinge

Naam Ouers Plek DatumMika van Rensburg Jannie en Sonja Leeudoringstad 2013-02-03Duné van Aswegen Danie en Judie Ebenhaezer 2013-03-30Petrus Duminy Bennie en Elanie Ebenhaezer 2013-03-30Cassedey van Staden Ivan en Samantha Klerksdorp 2013-04-14Thinus Visser Tienie en Annetjie Klerksdorp 2013-05-05Zara Torien Gareth en Lizelle Klerksdorp 2013-05-18Demi-Leigh du Plessis Nico en Karien Klerksdorp 2013-05-18Stian Swart CF en Roelien Klerksdorp 2013-05-18Pieter Pretorius Jaco en Ilze Klerksdorp 2013-06-16

Klerksdorp 18 Mei 2013

Bloempark 20 April 2013

Pieter LiebenbergCornel O’Kelly

Diana KokChris Kok

Dawie SwanepoelCF Swart

Roelien SwartAnnetjie Visser

Nuwe Lidmate

3131

Page 35: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

Sterfgevalle

BenSwart

1943-02-242012-05-09

TallieStrydom1937-01-302013-07-14

BenSwart

1943-02-242012-05-09

FanieRoos

1929-09-142013-07-04

BenSwart

1943-02-242012-05-09

LydiaLe Roux1934-01-162013-06-18

BenSwart

1943-02-242012-05-09

LenaSwanpoel1935-04-012013-06-16

BenSwart

1943-02-242012-05-09

BertusMaré

1940-12-292013-06-12

BenSwart

1943-02-242012-05-09

JohanVan Rensburg

1928-01-202013-05-06

BenSwart

1943-02-242012-05-09

FlorrieMassyn1937-07-202013-04-20

BenSwart

1943-02-242012-05-09

KoosVan Rensburg

1942-12-302013-04-30

BenSwart

1943-02-242012-05-09

BettieMarais

1919-12-132013-04-09

BenSwart

1943-02-242012-05-09

JohnLe Grange1928-11-172013-04-03

3132

Page 36: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

Algemene inligtingFinansiële ondersteuningDie Kerk se bankbesonderhede is as volg:

Christelike Vereniging van Suid-Afrika

ABSA bank (Tjekrekening) ABSA bank (Tjekrekening)Rekeningnommer 3030 230 018 Rekeningnommer 40 5155 4280

HulpfondsRekeningnommer 91 8911 5604

KerkkantoorGisela PretoriusTelefoon 018 462 2381Faks 018 462 4203 / 086 219 7949Selfoon 079 441 3493E-Pos adres [email protected] Posbus 330, Klerksdorp, 2570Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag 07:30 - 12:00

Adresveranderinge‘n Vriendelike versoek aan al ons lidmate om, wanneer u adres of kontakbesonderhede verander, ons so gou moontlik daarvan in kennis te stel.

Sodoende bly ons rekords op datum en kan ons u Ligdraer korrek versend en ook by u huisbesoek doen wanneer ons in u omgewing is. U kan die nuwe besonderhede aan enige van ons evangeliste verskaf, of dit e-pos na [email protected]

3133

Page 37: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

KontaknommersLeraar Evangelis Koos Botha 082 335 6454Evangelis Neels Botha 082 562 5628Evangelis Fanie Duminy 012 807 5802 082 823 4861Evangelis Fanie Visagie 082 331 0432

Fanie Visagie 018 462 1282 082 324 3248

Klankopnames

Alle Jongelingsverenigings, verskeidenheid van musiek en sang asook die boodskappe op Sondae in Klerksdorp sowel as tydens spesiale dienste is op CD beskikbaar teen die volgende pryse (versendingskoste uitgesluit):

R20 per CD R40 per MP3 CDR50 per CD in argief (10 jaar en ouer) asook alle spesiale Cd’s

Buiten bogenoemde is daar ook 'n verskeidenheid ander CD's beskikbaar.

Bestellings en betalings kan gedoen word by die kerkkantoor of by br Gert Strydom (083 654 4949 of 018 462 6833)

Baviaanskrans S 27°20’58.08” O 26°26’06.84”

Bloempark S 26°44’00.77” O 27°44’02.14”

Ebenhaezer S 26°34’13.82” O 24°30’11.86”

Klerksdorp S 26°52’27.70” O 26°39’04.06”

Leeudoringstad S 27°14’13.45” O 26°14’42.90”

Pretoria S 25°52’31.92” O 28°05’49.73”

Vryburg S 26°56’50.10” O 24°43’09.30”

GPS Koördinate van kerkterreine

3134

Page 38: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

Die Kersete vir ons senior lidmate sal hierdie jaar plaasvind DV Saterdag 30 November 2013 om 12 uur in die Kerksaal. Almal vanaf 60 jaar word hartlik uitgenooi om by hierdie spesiale geleentheid lekker saam te kuier om die etenstafel.

Kontak vir sr Marlene le Grange om u bywoning te bevestig.Huis - 018 464 2078Sel - 083 304 9381

3135

Page 39: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God

dienste

20142013

Spesiale dienste

3136

Pretoria7 tot 9 Februarie

Baviaanskrans7 tot 9 Maart

Ebenhaezer18 tot 21 April

Bloempark9 tot 11 Mei

Klerksdorp30 Mei tot 8 Junie

Pretoria8 tot 10 Augustus

Baviaanskrans12 tot 14 September

Ebenhaezer10 tot 12 Oktober

Bloempark7 tot 9 November

Klerksdorp19 tot 28 Desember

Baviaanskrans8 tot 10 Februarie

Pretoria8 tot 10 Maart

Ebenhaezer28 tot 31 Maart

Bloempark19 tot 21 April

Klerksdorp10 tot 19 Mei

Pretoria16 tot 18 Augustus

Baviaanskrans6 tot 8 September

Ebenhaezer27 tot 29 September

Bloempark8 tot10 November

Klerksdorp17 tot 26 Desember

Page 40: Ligdraer Augustus 2013pdf - cvsa.co.za Augustus 2013pdf.pdf · blom val af, maar die woord ... Tydskrif van die Christelike Vereniging van Suid-Afrika. Inhoud 1 Is u lou, ... God