lewensorientering gr 6 - boek...oor ons uitoefen. by die huis moet ek doen wat my ouers of...

3
44 13. Gesagstrukture Aktiwiteit Die volgende oortredings word deur leerlinge in Gr. 6 begaan: 1. Kies in julle groepe ‘n gepaste straf vir elke oortreding. 2. Bespreek in julle groepe of die staat weer die doodstraf vir moordenaars moet instel. Motiveer jou antwoord. 3. Stel ‘n lys op van alle persone wat in gesagsposisies in ons samelewing staan. Leerinhoud Gesagsverhouding Almal van ons staan in ‘n verhouding met mense wat gesag oor ons uitoefen. By die huis moet ek doen wat my ouers of pleegouers van my vereis. Die skoolhoof en onderwysers oefen weer gesag by die skool uit. Verder is daar nog spankapteins of klasleiers wat op die sportveld of in die klas gehoorsaam moet word. Dit is egter nie net ons as kinders wat onder gesagstrukture staan nie. Ook ons ouers, onderwysers en ander volwassenes staan gedurig onder gesagstrukture. Geen persoon kan maar optree soos hy self goeddink nie. Almal, Aanhoudende geselsery in klas Skelm rook tydens pouse Afskryf gedurende ‘n toets Huiswerk word selde voltooi Bakleiery na skool Boek vergeet by die huis ‘n Gesin het bepaalde gesagstrukture wat gehoorsaam moet word.

Upload: others

Post on 18-Jan-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Lewensorientering gr 6 - Boek...oor ons uitoefen. By die huis moet ek doen wat my ouers of pleegouers van my vereis. Die skoolhoof en onderwysers oefen weer gesag by die skool uit

44

13. Gesagstrukture

Aktiwiteit

Die volgende oortredings word deur leerlinge in Gr. 6 begaan:

1. Kies in julle groepe ‘n gepaste straf vir elke oortreding.

2. Bespreek in julle groepe of die staat weer die doodstraf vir moordenaars moet instel. Motiveer jou antwoord.

3. Stel ‘n lys op van alle persone wat in gesagsposisies in ons samelewing staan.

Leerinhoud

Gesagsverhouding

Almal van ons staan in ‘n verhouding met mense wat gesag oor ons uitoefen. By die huis moet ek doen wat my ouers of pleegouers van my vereis. Die skoolhoof en onderwysers oefen weer gesag by die skool uit. Verder is daar nog spankapteins of klasleiers wat op die sportveld of in die klas gehoorsaam moet word. Dit is egter nie net ons as kinders wat onder gesagstrukture staan nie. Ook ons ouers, onderwysers en ander volwassenes staan gedurig onder gesagstrukture.

Geen persoon kan maar optree soos hy self goeddink nie. Almal,

Aanhoudende geselsery in klas

Skelm rook tydens pouse

Afskryf gedurende ‘n toets

Huiswerk word selde voltooi

Bakleiery na skool

Boek vergeet by die huis

‘n Gesin het bepaalde gesagstrukture wat gehoorsaam moet word.

Page 2: Lewensorientering gr 6 - Boek...oor ons uitoefen. By die huis moet ek doen wat my ouers of pleegouers van my vereis. Die skoolhoof en onderwysers oefen weer gesag by die skool uit

45

hoe belangrik hy of sy ookal mag wees, is byvoorbeeld aan die landswette gebind. Selfs die staatspresident moet belasting betaal. In Romeine 13:1 eis die Here van ons dat “elke mens hom moet onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is.” Dit is ‘n opdrag om gehoorsaam te wees aan diegene wat gesag oor ons uitoefen. In besonder vir kinders om gehoorsaam te wees aan hulle ouers (Ef. 6:1).

Hoekom moet ons gesag aanvaar ?

Die Skrif leer dat alle mag deur God ingestel is. Wie teen gesag in opstand kom, kom daardeur teen God in opstand. Daarom is dit belangrik om jou te onderwerp aan ouers, onderwysers en ander gesagsdraers. Die Here stel juis gesagsdraers daar sodat ons ‘n rustige stil lewe kan lei. Deur orde te skep, kan alle mense in vrede langs mekaar saam leef en kan ons ook God in rustigheid dien.

Om hiervoor te sorg, eis die Here van gesagsdraers om hul gesag uit te oefen. Ons ouers ontvang die opdrag om ons te dissiplineer indien ons doen wat verkeerd is. Ook onderwysers moet duidelike reëls by die skool neerlê en ferm, konsekwent daarby hou. Indien oortredings wat leerlinge begaan oor die hoof gesien word, kom gesagsdraers nie hul roeping voor God na nie.

Net so moet die staatsowerhede ook hulle gesag uitoefen. Diegene wat oortree, moet gestraf word, selfs al beteken dit dat ‘n owerheid ‘n persoon se lewe neem.

Gesagsuitoefening deur middel van straf

Deur diegene wat reëls oortree te straf, moet hulle tot die besef kom dat dit wat hulle gedoen het, verkeerd was. Straf moet juis die oortreder teruglei na dit wat reg is. Indien straf nie gegee word waar dit wel nodig is nie, besef die oortreder gewoonlik nie die erns van die saak nie, en kan hy maklik in die toekoms weer so ‘n oortreding begaan.

Hoewel Eli ‘n godvresende man was, het hy nie sy kinders, Hofni en Pinehas, na behore getugtig nie. Sy seuns het al meer begin doen wat verkeerd was.

‘n Onderwyser handhaaf gesag in die skool.

Opdrag

Lees 1 Samuel 2:27-36. Wat was die gevolg van Eli se opvoeding van sy kinders? Vergelyk Eli se situasie met jou eie opvoeding.

Page 3: Lewensorientering gr 6 - Boek...oor ons uitoefen. By die huis moet ek doen wat my ouers of pleegouers van my vereis. Die skoolhoof en onderwysers oefen weer gesag by die skool uit

46

Gesagstrukture in die kerk

In die kerk van die Here ontvang ouderlinge die opdrag om die gemeente te regeer namens Christus wat die Hoof is van sy kerk (I Tim. 3:1-2). Teen lidmate wat hulle skuldig maak aan openbare sondes, moet in liefde met tug teenoor hulle opgetree word. As lidmate moet ons ons aan hierdie tug onderwerp. Ons moet ook die ouderlinge eer. Nie ter wille van hulle as persone nie, maar omdat hulle dienaars van God is.

Mag jy jou teen gesag verset?

In die Skrif lees ons dat ons die Here onse God moet liefhê met ons hele hart en siel, en ons naaste soos onsself. Dit is die kern van die geloof. Indien ‘n persoon wat gesag oor ons uitoefen dit van ons sou vereis om hierdie gebod teen te gaan deur God te verwerp of ons naaste doelbewus skade te berokken, moet ons aan God en sy gebooie meer gehoorsaam wees as aan mense.

Op verskeie plekke in die Bybel lees ons hoe God se gelowige diensknegte weier om bevele uit te voer wat direk in stryd is met dit wat God eis. Daniël se drie vriende weier om koning Nebukadneser se goue beeld te aanbid, terwyl Petrus weier om die Joodse raad te gehoorsaam as hulle hom opdrag gee om nie verder die evangelie te verkondig nie. In beide hierdie gevalle kom hulle in verset omdat gehoorsaamheid aan God belangriker is as gehoorsaamheid aan mense. Hulle stel die eer van God eerste. Tog bly gesagsdraers in diens van God en moet ons hulle eer.

Sou dit ooit gebeur dat ons ouers, onderwysers of die staat van ons eis om direk in stryd met dit wat ons in die Skrif leer, op te tree, moet ons weier. Tog moet ons nog steeds gehoorsaam aan hulle bly in alles wat reg is. Verder moet hulle deurentyd met die nodige eer behandel word, want al tree hulle verkeerd op, bly hulle steeds ampsdraers wat deur God in daardie amp geplaas is.

Daniël het drie maal per dag tot God gebid, al is dit deur Daruis verbied.

Assesseringsopdragte

1. Hoekom moet ons gehoorsaam wees aan die gesagstrukture wat oor onsaangestel is?

2. Wat eis die Here van gesagsdraers ten opsigte van die uitoefening van hulle gesag?

3. ‘n Onderwyser vra jou om tussen periodes uit te glip by die skoolterrein om vir hom lekkers te gaan koop by die kafee. Hoe sal jy reageer?