laerskool voortrekker eeufees
TRANSCRIPT
n Gelukkige kind, ‘n suksesvolle skool! A happy child, a successful school!
Laerskool Voortrekker Eeufees
1939 – 2019
2021-04-13 OUEROMSENDBRIEF NR 8 VAN 2021
Geagte Ouers/Voogde
1. BEHEERLIGGAAM Die oorhandiging tussen die ou- en nuwe Beheerliggaam het suksesvol plaasgevind op Donderdag, 8 April. Vervolgens ‘n uiteensetting van wie in beheer is van die verskillende portefeuljes:
Portefeulje Naam
Ex-Officio Mnr. G. Claassen
Voorsitter Dr. G. Tshephe
Onder Voorsitter Me. E. Letsoalo
Tesourier Me. S. Jacobsz
Sekretaris Me. M. Madisha
Akademie Me. M. Mathews
Bemarking Mnr. T. Basson
Ouerkomitee Me. M. v.d. Walt
Sport en Kultuur Mnr. T. Basson en Me. M. Madisha
Geboue en Terrein Mnr. O. Letlape en Mnr. S. Mabaso
Sekuriteit Mnr. O. Letlape en Mnr. S. Mabaso
Dissiplline Mnr. D. Labuschagne en Me. E. Letsoalo
Om kommunikasie met die Beheerliggaam te vergemaklik is die volgende adres geskep wat ouers kan gebruik: [email protected]
2. POSTE BESKIKBAAR Aansoeke vir die volgende 2 poste word ingewag:
2.1 FAKTOTUM/TERREINOPSIGTER
Vereistes: Nutsman ervaring Algemene herstelwerk Kennis van elektrisiteit en loodgieter werk Tweetalig Verkieslik inwoon op die perseel Gemaklik wees met kinders Goeie menseverhoudings Geen kriminele rekord
PO Box 52474 President Steynstraat 538 Tel: 012 546 6541/2 Dorandia Pretoria-Noord Faks: 086 506 3209 0188 0182 E-pos: [email protected] NPO/NWO nr.: 020-208
n Gelukkige kind, ‘n suksesvolle skool! A happy child, a successful school!
CV met ‘n onlangse foto (ID formaat) Lys van referente wat gekontak kan word
Salaris: Beskikbaar op aanvraag
Sluitingsdatum: 16 April 2021
Aansoekvorm:
Beskikbaar by die kantoor of kan elektronies versoek word by [email protected] Kan per hand afgelewer word of na [email protected] gestuur word.
2.2 MAATSKAPLIKE WERKER
Vereistes: Geregistreerde Maatskaplike werker Beskikbaar gedurende skoolure (07:30 – 14:30) 2 dae per week Tweetalig Bereid om huisbesoeke te doen Gemaklik met kinders Goeie menseverhoudings Verwysings CV met ‘n onlangse foto (ID formaat) Lys van referente wat gekontak kan word
Salaris: Beskikbaar op aanvraag
Sluitingsdatum: 16 April 2021
Aansoekvorm: Beskikbaar by die kantoor of kan elektronies versoek word by [email protected] Kan per hand afgelewer word of na [email protected] gestuur word.
3. POSITIEWE LEERDERS
Baie geluk aan die volgende 2 leerders wat uitgewys is vir hulle voorbeeldige en positiewe gedrag: Grondslagfase Naam: Samuel Sangojinmi Motivering van Juf. Anika Ludick: In Lukas 10:7 staan: ''n Arbeider is sy loon werd.'’ Hierdie jaar het Samuel nuwe betekenis aan die vers gebring! Samuel het aan die begin van die jaar met net een voorneme skool toe gekom en dit is om die jaar ‘n baie spesiale jaar te maak. ‘n Jaar om aan ander en aan homself te bewys dat ons tot alles in staat is, solank jy in jouself glo, op die positiewe konsentreer en fokus op jou droom. Met 'n positiewe houding en harde werk het Samuel soveel bereik in so 'n kort tydjie. Ons is trots op jou Samuel!
n Gelukkige kind, ‘n suksesvolle skool! A happy child, a successful school!
Intersenfase Naam: Linzel van Wyk Motivering van Juf. Juanri du Plessis: In Galasiërs 6:9 staan: Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Linzel het al soveel gegroei in hierdie jaar. Sy probeer altyd haar bes en werk hard in alles wat sy aanpak. Sy neem leiding in haar klas en staan altyd reg om haar klasmaats te help. Linzel is altyd vriendelik en beleefd en behandel haar onderwysers en maats met respek. Dit is ‘n plesier om haar in die klas te hê en ons is so trots op die goeie vordering wat sy maak. Welgedaan Linzel!
4. SIELKUNDIGES Na aanleiding van vele versoeke van ouers word die inligting van sielkundiges wat beskikbaar is by die skool of in die omgewing van die skool geplaas: Mev Emsie Führi - 079 495 8869 Mev Masipa - 083 437 0595
5. REDENAARS - 2021 Die redenaars van 8 April was ‘n reuse sukses danksy al die Fesies se entoesiasme en harde werk. Graag wil ons geluk sê aan al die deelnemers:
Graad 4 Graad 5:
1ste plek: Ruben Jacobsz 1ste plek: Chrizaan Bikkies
2de plek: Cleveland Campher 2de plek: Wiandri Viviers
3de plek: Jordan Grobler 3de plek: Carla de Bruyn
Deelname: Jordan de Jager Deelname: Kaseka Mukendi
Graad 6: Graad 7:
1ste plek: Mekayla Fouché 1ste plek: Juané Greyvenstein
2de plek: Kaede Govindasamy 2de plek: Kate-Lynn Grobler
3de plek: Corlia du Plooy 3de plek: Layla Broodryk
Deelname: Sonja Buitendag Deelname: CJ Janse van Vuuren
Foto’s kan ook besigtig word op ons Facebook blad. ‘n Spesiale geluk aan Mekayla Fouché in Gr. 6/1 wat die algehele wenner is van 2021!
6. SPORT EN KULTUURAKTIWITEITE Wetgewing is gepubliseer wat skole die groenlig gee om weer met aktiwiteite te begin. Ons doen ‘n beroep op ouers om hulle kinders aan te moedig om weer aktief te raak. Aangesien daar ‘n lang periode verloop het sedert leerders by buitemuurse-aktiwiteite betrokke was sal daar eers gefokus word op basiese fiksheid en vaardigheid voordat daar oorgegaan sal word na kontakoefeninge. Oefeninge begin volgende kwartaal. Streng voorwaardes en Covid maatreëls sal toegepas word.
n Gelukkige kind, ‘n suksesvolle skool! A happy child, a successful school!
7. KOMMUNIKASIE VIA WHATSAPP - QR KODES
Ons het besluit om van Whatsapp gebruik te maak, aangesien dit die mees gebruikte metode is vir vinnige kommunikasie. Vir hierdie doel sal die skool een nommer gebruik om vanaf te kommunikeer. Die Whatsapp-groepe is volgens die leerders se verskillende grade geskep. Whatsapp het ‘n limiet van 254 deelnemers per groep, wat beteken slegs EEN ouer per leerder mag registreer. U kan nie boodskappe op die groep stuur nie. Let daarop dat ander ouers in die groep u telefoonnommer sal kan sien. Ons vra alle ouers om mekaar se privaatheid te respekteer. Om die QR-kode te skandeer, doen asseblief die volgende:
Android / Enige toestel behalwe ‘n iPhone iOS / Apple iPhone
- Maak u Whatsapp oop. - Maak u Whatsapp oop.
- Kies die kamera-ikoon links bo aan die bladsy.
- Kies die kamera-ikoon onderaan die bladsy.
- Hou u foon oor die korrekte QR-kode. - Hou u foon oor die korrekte QR-kode.
- U foon sal die QR-kode skandeer en u outomaties by die gekose groep voeg.
- U foon sal die QR-kode skandeer en u outomaties by die gekose groep voeg.
- Welkom! - Welkom!
‘n Video ter verduideliking sal ook binnekort op ons Facebook blad beskikbaar wees. Skandeer asseblief die onderstaande QR-kode/s wat op u kind se graad van toepassing is. ONTHOU: Slegs een ouer per leerder per graad. Dankie.
Graad R Graad 1 Graad 2
Graad 3 LSEN Graad 4
n Gelukkige kind, ‘n suksesvolle skool! A happy child, a successful school!
Fesiegroete _______________________ MNR. J. G. CLAASSEN HOOF
Graad 5 Graad 6 Graad 7