laerskool rynfield inperkingsnuusbrief 10 … · 3 gr 4,5,8,9, 3 augustus die gemeenskap het met...
TRANSCRIPT
LAERSKOOL RYNFIELD
INPERKINGSNUUSBRIEF 10
Geagte Ouers 4 Junie 2020
Groete aan al die Rynie huisgesinne. Ons hoop almal is veilig en gesond!!
Verlede Sondagmiddag en -aand was daar ‘n Babelse verwarring oor die
oopmaak van skole vir Gr 7 leerders op I Junie. Die minister van Onderwys het
haar mediakonferensie uitgestel na Maandag wat almal in die duister gelaat
het. Later die betrokke aand is ‘n mediaverklaring uitgereik wat aangedui het
dat die Gr. 7 leerders eers Maandag, 8 Junie 2020, sal begin.
Bogenoemde stel skole in ‘n swak lig en dit lyk asof skole onbevoeg is om
besluite te neem. Dit was egter buite ons beheer en ons vra die Gr. 7 ouers
weereens om verskoning oor die laat kennisgewing verlede Sondag.
As alles goed gaan, meld die Gr 7 leerders eerskomende Maandag 8 Junie
2020 aan. Dieselfde reёlings soos verlede week gekommunikeer nl:
EERSTE DAG REёLINGS VIR GR 7 LEERDERS:
Leerders meld vanaf 07:00-07:30 op die betrokke dag aan.
Skoolure 07:30- 13:00. Hek open 07:00 in oggende.
Slegs die hek by die snoepie is oop in Matherstraat(Netbalbane)
Leerders kom aanvanklik met eie masker. Sal skoolmasker ontvang by hek
sowel as ‘n lapmasker voorsien deur die Departement.
Temperatuur sal by hekke gemeet word. Leerders met ‘n koors van 38+ sal
huis toe gestuur word.
Leerders gaan die eerste dag na die pawiljoen waar personeel hulle sal
ontvang en seker maak dat hulle 2m uitmekaar sit.
‘n Inligtingsessie en opleiding rakende veiligheismaatreëls, dra van masker,
geen fisiese kontak, ens. sal gedoen word.
Die 4 graad 7 klasse word in 8 klasse verdeel en ‘n personeellid word aan
elke klas toegeken. Ongeveer 13 leerders in ‘n klas.
Leerders gaan na hulle onderskeie klasse. Kan ‘n ander klas wees as hulle
normale registerklas. Slegs een leerder by ‘n tafel 2m uitmekaar.
Leerders bly die hele skooldag in dieselfde klas en wissel nie.
Personeel wissel volgens ‘n rooster na die 8 klasse om les te gee.
Onderrig begin en sal op die wyse plaasvind tot verdere kennisgewing.
Geen handboeke en skryfbehoeftes mag gedeel word nie, maak seker u
kind bring sy eie.
Leerders met onderliggende siektetoestande skakel met Juf Liezel om
spesiale reëlings te tref. Let asb daarop dat ‘n doktersbrief ingehandig moet
word vir spesiale reëlings wat akademie betref.
Alhoewel ons alle beskermende materiaal/middels voorsien, beveel ons aan
dat leerders eie vloeibare seep en klein houers saniteerder saambring.
Eie klein handdoek word ook aanbeveel om hande af te droog na was.
Snoepie is gesluit tot verder kennisgewing. Pak asb voedsame kosblikke.
Kleredrag: Maandae en Woensdae – Skooluniform (Winters- of
Somersdrag)
Dinsdae en Donderdae - Vrydagdrag, skoolsweetpak
Vrydae - Gewone huisklere
Leerders moet asb daagliks ‘n skoon stel klere aantrek.
All leerders moet direk na skool, op die laatste 13:15, opgetel word, naskool
uitgesluit.
Die volgende is die nuutste datums wat deur die Minister van Onderwys in die
Staatskoerant gepubliseer is en wat ‘n goeie aanduiding is van die ander grade
se infassering. Let assbelief daarop dat mense nou kan kommentaar lewer en
dat dit nie finaal is nie:
NR GRADE DATUM 1 Gr 7 en 12 1 Junie
(8 Junie) 2 ECD (Gr RR en R) ,
Gr 1,2,3,6,10,11 6 July
3 Gr 4,5,8,9, 3 Augustus
Die gemeenskap het met skok verneem van Mnr Wright, Skoolhoof van
Hoërskool Brandwag, wat verlede Vrydag ‘n hartaanval gehad het. Dit gaan
tans goed met hom en hy sterk aan by die huis. Mnr Wright is ‘n goeie vriend
van die Rynies en namens Laerskool Rynfield wens ons hom ‘n spoedige herstel
toe. Ons het ook reeds vir hom ‘n lekker bederfpakkie vanaf die Rynies laat
aflaai. James, ons hoop jy is gou weer op die been!
Mnr Wright sterk aan by die huis
Epos-adresse
Ons huidige Telkom epos-adresse is tans buite werking en ons het reeds ’n
week terug die fout aangemeld. Ons vra om verskoning vir die ongerief en
besef dat daar eposse is wat nog nie beantwoord is nie.
Intussen het ons met die vernuwing van ons webtuiste ook nuwe epos-adresse
vir die skool wat binnekort ook op ons webtuiste sal verskyn:
KULTUUR
Ons Rynies hou aan presteer by die kunswedstryd !
Gr.2 Kayleigh Human Bybellees Forte rondte
Gr.4 Annabel Kleijnhans Bybellees Forte rondte
Gr.5 Cara Bieseman Voorbereid Itemwenner
Onvoorbereid Itemwenner
Bybellees Forte rondte
Prepared Itemwenner
Unprepared Forte rondte
Bible reading Itemwenner
Luze Human Onvoorbereid Forte rondte
Ralf Ewest Onvoorbereid Forte rondte
Gr.6 Shanante Bower Voorbereid Forte rondte
Jana Nelson Voorbereid Forte rondte
Anja Terblanche Prepared Forte rondte
Onthou dat inskrywings vir voordrag by ConSpirito 9 Junie sluit. Om te registreer :
www.conspirito.co.za
Gauteng Redenaars Nuusflits :
Hierdie kompetisie gaan aanlyn voort. Die kinders wat na die Interne Redenaars deurgedring
en ingeskryf het, sal eersdaags verdere inligting ontvang.
Indien daar graadgroepe is wat reeds spanredenaarsgroepe gereed het, kan julle gerus juf.
Barbara kontak vir hulp met afrigting en afronding (083 600 5554).
Hierdie Redenaarsliga gee ook hierdie jaar die geleentheid vir privaatinskrywings. Vir
verdere inligting kontak gerus: [email protected]
Sluitingsdatum : 26 Junie
TEN SLOTTE
W Janse van Rensburg
Laerskool Rynfield