laerskool eikestad prospektus€¦ · laerskool eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots...

20
G L O E N GR O E I LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS

Upload: others

Post on 20-Jul-2020

7 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS€¦ · Laerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne

GLO EN GROEI

LAERSKOOL EIKESTAD

PROSPEKTUS

Page 2: LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS€¦ · Laerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne

INHOUDSOPGAWE

1. ‘N WOORD UIT DIE KANTOOR 1

2. DIE GESKIEDENIS VAN LAERSKOOL EIKESTAD 2

3. AANSOEKPROSEDURE 2

4. SKOOLGELD 3

5. SEKURITEITSHEKKE 3

6. SKOOLVERLATING 4

7. LAERSKOOL EIKESTAD SKOOLDRAG 4

8. KLEREBANK 7

9. AKADEMIE 7

10. LEERONDERSTEUNING 8

11. BIBLIOTEEK 10

12. REKENAARSENTRUM 10

13. KULTUUR 11

14. MUSIEKDEPARTEMENT 11

15. SPORT 12

16. SPORTDRAG 13

17. LAERSKOOL EIKESTAD ONDERSTEUNERSKLUB 16

18. VERRYKINGSPROGRAM 16

19. OMGEEPROJEKTE 17

20. DIE EIKIE-HART PROJEK 17

21. NASORG 18

Page 3: LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS€¦ · Laerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne

www.eike.co.za | 1

1. ‘N WOORD UIT DIE KANTOOR

Brief van die waarnemende skoolhoofLaerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne ons ‘n tuiste vir die kinders skep.

Ons kernwaardes, wat ons streef om deel van almal se daaglikse lewe by die skool te maak, is OMGEE, RESPEK INTEGRITEIT, VERANTWOORDELIKHEID en EERLIKHEID.

Dit is ons strewe om die beste geleenthede vir elke leerder van die skool te bied. Moedig u kind asseblief aan om betrokke te raak en in te skakel en deel te neem aan die skoolaktiwiteite, sodat hulle daardeur die geleenthede wat geskep word, gebruik om te ontwikkel.

Ons personeel is tot uitnemende onderwys verbind en in ooreenstemming met ons skool se visie en missie, streef hulle ten alle tye daarna om ‘n hoë standaard van onderwys in die skool te bly handhaaf. Ons glo daarin om geleenthede te skep waarin ons leerders se kennis, vaardighede en houdings op verskillende maniere ontwikkel word, sodat hulle akademies, fisies, sosiaal en emosioneel kan groei.

Die ouers se betrokkenheid speel ‘n groot rol in die onwikkeling van die kinders en die sukses van die skool. Bly ingelig, toon deurlopend belangstelling in wat u kind doen, help waar u kan en sterk die skool met ‘n positiewe gesindheid van samewerking. Saam kan ons die kinders lei en inspireer om hulle volle potensiaal te bereik.

Mag u en u kind se verbintenis met Laerskool Eikestad werklik ‘n aangename en verrykende lewenservaring wees.

Eikiegroete

Dirk Coetzee

Page 4: LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS€¦ · Laerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne

www.eike.co.za | 2

2. DIE GESKIEDENIS VAN LAERSKOOL EIKESTAD

Paul Roos en Bloemhof met hul ryke tradisies kan met reg die vader en moeder van ons skool genoem word.

Voor 1951 het Paul Roos Gimnasium laer- en hoërskoolleerlinge gehuisves. In 1951 is die Laerskool Paul Roos afgestig met meneer Sam de Kock as eerste skoolhoof. Dit was `n parallelmediumskool met klasse van standerd 1 tot 5. Die seuns van graad 1 en 2, asook al die laerskooldogters, was tot 1959 deel van die Hoërskool Bloemhof.

In 1960 het `n volwaardige Laerskool Bloemhof met mev. Elize Buys as hoof ontstaan. In 1976 het onderhandelinge onder leiding van prof. B. Bouwer, eertydse voorsitter van Bloemhof Meisieskool, begin om die seuns van Laerskool Paul Roos en dogters van Laerskool Bloemhof as een skool te verenig.

`n Geskiedkundige mylpaal word op 18 Januarie 1977 bereik toe die “nuwe skool” begin met mnr. C.A. Skibbe as hoof en mev. Elize Buys as vise-hoof. Mnr. Skibbe moes in hierdie tussenfase die skool wat in twee geboue gehuisves was, 1.5 km van mekaar verwyder, bestuur. Mnr. W. Barnard was die eerste adjunkhoof van die skool.

Op 13 April 1977 word amptelik goedkeuring verleen aan die naam Laerskool Eikestad. `n Blye geskiedkundige dag breek aan toe die voltooide skoolgebou op 31 Oktober 1986 deur mnr. Gene Louw ingewy en alle leerlinge onder een dak verenig is.

3. AANSOEKPROSEDURE

Om deel van die Eikie-familie te word, kan die volgende prosedure gevolg word:

Neem asseblief kennis dat aansoeke vir 2020 vanaf 15 Februarie aanlyn by die WKOD se webblad gedoen moet word by https://wcedonline.westerncape.gov.za/admissions-201920. Sluitingsdatum vir aansoeke is 15 Maart 2019. Bewys van aanlynaansoek tesame met die ondersteunende dokumentasie moet ook teen 15 Maart by die skool ingehandig word (geen e-posse). Eers daarna sal die proses t.o.v. goedkeuring, al dan nie, begin. Die uitslag van die aansoek sal op die aanlynsisteem verskyn sodra dit afgehandel is.

Alle aansoeke moet vergesel word van:• Afskrif van leerder se geboortesertifikaat & kliniekkaart

• Paspoort grootte foto van leerder (GEEN afskrifte)

• Afskrif van leerder se huidige skoolrekening & nuutste rapport

• Bewys van woonadres

• Afskrif van beide ouers se ID-dokumente (paspoort dokument word NIE AANVAAR NIE)

Page 5: LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS€¦ · Laerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne

www.eike.co.za | 3

Aansoeke vir die volgende jaar open gedurende Februarie en sluit teen einde Maart, volgens datums bepaal deur die WKOD. Suksesvolle aansoeke word skriftelik in kennis gestel teen die einde van die tweede kwartaal.

Die toelatingsbeleid vir Laerskool Eikestad word bepaal deur die Beheerliggaam aan die hand van die SA Skolewet, nr 84 van 1996 en die Wet op Nasionale Onderwysbeleid, Nr 27 van 1996 asook Pronvisiale Wetgewing.

4. SKOOLGELD

Die finansies van die skool word konserwatief bestuur en is jaarliks aan ’n eksterne ouditproses onderworpe.

Ons poog om onderwys en ontwikkelingsgeleenthede van uitstaande gehalte vir die leerders te skep. Die skool word egter finansieel op ’n beperkte mate deur die staat ondersteun en daarom moet ons dit self op ’n finansieel haalbare grondslag bestuur. Dit is dus van kardinale belang dat die totale begrote bedrag vir skoolgeld, wel betaal word. Aangesien die skool nie op ‘n winsgewende basis funksioneer nie, maar van jaar tot jaar op ’n kontantvloeibegroting funksioneer, kan ons slegs met die bedrywighede van die skool voortgaan indien alle ouers hulle verantwoordelikheid nakom.

Beide die vader en moeder en/of waar van toepassing, enige voog, van elke leerling is aanspreeklik, gesamentlik en afsonderlik, vir betaling van skoolgeld.

Skoolgeld is vooruitbetaalbaar en mag onder geen omstandighede agterstallig raak nie. Betaling kan eenmalige of in 10 paaiemente aangebied word en kan per debietorder of elektroniese oorplasing geskied.

Indien dit vir u finansieel onmoontlik is om die skoolgeld te bekostig, kan u aansoek doen vir vrystelling (Graad R uitgesluit). Die nodige vorms moet by die finansiële beampte aangevra en ingedien word. Aansoeke sal net oorweeg word indien dit volledig voltooi en alle stawende bewyse aangeheg is.

5. SEKURITEITSHEKKE

Die voetgangerhekke by die skool is toegerus met elektroniese sluitmeganismes. Die hekke kan slegs met ’n elektroniese skyfie ontsluit word. Ouers kan ’n skyfie by die sekretaresse bekom.

Toegangstye is soos volg:06:00 – 08:30 d.m.v. skyfies 08:30 – 12:30 slegs deur hoofingang, m.a.w. ontvangs 12:30 – 20:00 d.m.v. skyfies Oor naweke geld die volgende: 06:00 – 20:00 slegs d.m.v. skyfies

Page 6: LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS€¦ · Laerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne

www.eike.co.za | 4

6. SKOOLVERLATING

Leerlinge mag onder geen omstandighede op eie houtjie tydens skoolure die skoolterrein verlaat nie. Wanneer ‘n leerling siek is, sal hy/sy nie sonder die medewete van ouers huis toe gestuur word nie. Die telefoonoproep waarmee die ouers van die siekte in kennis gestel word, moet vanaf die sekretaresses gemaak word, sodat hulle daarvan bewus kan wees. Dit is verkieslik dat ouers persoonlik siek kinders by die skool kom haal.

Aangesien leerlinge skoolpligtig is, mag die skoolhoof nie toestemming verleen aan ouers dat leerlinge tydens die amptelike skooljaar uit die skool mag bly, vir ander redes as siekte nie. Ouers moet self oordeel of versoeke om leerlinge uit die skool te hou, geregverdig is. In so ‘n geval, moet die skoolhoof kennis dra van so ‘n verwikkeling.

In noodgevalle sal leerlinge toegelaat word om doktersafsprake, in skooltyd, na te kom.

7. LAERSKOOL EIKESTAD SKOOLDRAG

Gr. 1-3 (Seuns en Dogters)

Somer

• Die Eikestad gholfhemp met Eikestad kortbroek (seuns)/ broekromp (dogters)

• Oorwegend wit tekkies met kort, wit sokkies is nie verpligtend nie

Winter

• Die Eikestad sweetpak met Eikestad gholfhemp

• Die Eikestad langmoutop van poolstof (“Fleece”top) is ‘n addisionele kledingstuk en kan bo-oor die gholfhemp en slegs onder die sweetpakbaadjie gedra word.

• Die donkerblou polonek top is ‘n addisionele item vir koue dae en mag slegs onder die poolstof (“Fleece”) top en onder die sweetpakbaadjie gedra word.

• Oorwegend wit tekkies met kort, wit sokkies is verpligtend

Page 7: LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS€¦ · Laerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne

www.eike.co.za | 5

Reënbaadjie• Die Eikestad reënbaadjie kan bo-oor die die skooldrag gedra word vir beskerming teen die reën.

• Wynrooi- of donkerblou reënbaadjies word ook toegelaat.

Graad 4-6 (Seuns)

Somer

• ’n Donkerblou formele skoolkortbroek en die wit Eikestad skoolhemp met die skoolwapen op.

• Die Eikestad oortrektrui en die sweetpakbaadjie mag oor die Eikestad skoolhemp gedra word.

• Swart skoolskoene met Eikestad skoolkouse is slegs verpligtend vir Graad 7’s.

Winter

• Die Eikestad sweetpak met die Eikestad gholfhemp.

• Die Eikestad langmoutop van poolstof (“Fleece”top) is ‘n addisionele kledingstuk en kan bo-oor die gholfhemp en slegs onder die sweet-pakbaadjie gedra word.

• Oorwegend wit tekkies met kort, wit sokkies is verpligtend.

Vrydae in die Winter

Die volledige Sweetpak moet tydens saalperiode gedra word.

Graad 4-6 (Dogters)

Somer

• Die Eikestad Skoolrok.

• Die Eikestad oortrektrui en die sweetpakbaadjie mag oor die skoolrok gedra word.

• Swart skoolskoene met kort, wit sokkies is slegs verpligtend vir Graad 7’s.

Winter

• Die Eikestad sweetpak met die Eikestad gholfhemp.

• Die Eikestad langmoutop van poolstof (“Fleece”top) is ‘n addisionele kledingstuk en kan bo-oor die gholfhemp en slegs onder die sweet-pakbaadjie gedra word.

• Oorwegend wit tekkies met kort, wit sokkies is verpligtend.

Vrydae in die Winter

Die volledige sweetpak moet tydens saalperiode gedra word.

Page 8: LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS€¦ · Laerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne

www.eike.co.za | 6

Reënbaadjie• Die Eikestad reënbaadjie kan bo-oor die die skooldrag gedra word vir beskerming teen die reën.

• Wynrooi- of donkerblou reënbaadjies word ook toegelaat.

Graad 7 (Dogters)

Somer

• Die Eikestad Skoolrok

• Die Eikestad oortrektrui en die sweetpakbaadjie mag oor die skoolrok gedra word.

• Swart skoolskoene met kort, wit sokkies is slegs verpligtend vir Graad 7’s.

Winter

• Die sweetpak soos vir Graad 4-6, OF

• Die Eikestad Skoolrok

• Die Eikestad oortrektrui en die sweetpakbaadjie mag oor die skoolrok gedra word.

• Swart skoolskoene met swart “Opaque” kouse is verpligtend.

(Hierdie drag is ook verpligtend vir Vrydae)

Graad 7 (Seuns)

Somer

• ’n Donkerblou formele skoolkortbroek en die wit Eikestad skoolhemp met die skoolwapen op.

• Die Eikestad oortrektrui en die sweetpakbaadjie mag oor die Eikestad skoolhemp gedra word.

• Swart skoolskoene met Eikestad skoolkouse is slegs verpligtend vir Graad 7’s.

Winter

• Die Sweetpak soos vir graad 4-6, OF

• ’n Donkerblou formele skoolkortbroek en die wit Eikestad skoolhemp met die skoolwapen op.

• Die Eikestad oortrektrui en die sweetpakbaadjie mag oor die Eikestad hemp gedra word.

• Swart skoolskoene met Eikestad skoolkouse is verpligtend.

(Hierdie drag is ook verpligtend vir Vrydae. Die Sweetpak is wel op koue Vrydae toelaatbaar.)

Page 9: LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS€¦ · Laerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne

www.eike.co.za | 7

8. KLEREBANK

By die Klerebank word tweedehandse skoolklere, wat in ‘n redelike goeie toestand is, teen baie billike pryse aan ouers beskikbaar gestel. Winters-, somers- en sportsdrag word by die klerebank verkoop.

Die Klerebank is afhanklik van skenkings van tweedehandse klere, voorraad word nie deur die skool aangevul nie.

Klerebank tye: Maandae 13:15 tot 14:00

Dinsdae 07:30 tot 08:15

Woensdae 10:00 tot 11:00

Donderdae 13:15 tot 14:00

Vrydae 07:30 tot 08:15

Verlore klereDie klerebank lewer ook ‘n diens om verlore klere te stoor. Merk asb al die klere, dan is dit makliker om die eienaar te vind.

Ondersteunersitems

Ondersteunersitems is ook beskikbaar by die Klerebank en bestaan uit ‘n “Buff”, Mus, Kombers en Sambreel.

9. AKADEMIE

Die primêre rede vir die bestaan van enige skool is die akademiese ontwikkeling van die kind. Dit vorm die baie belangrike kern waaruit die etos, sport, kultuur en waardes van die skool spruit.

By Laerskool Eikestad is die akademiese standaard vir die afgelope vier dekades ons ononderhandelbare fokuspunt en die brandpunt waaruit ons ontwikkel en groei. Ons streef na soliede onderwys in ons klasse. Ons poog om die beste leerkragte aan te stel om ons leergierige kinders in liefde te onderrig, met die beste leermiddels beskikbaar. Sodoende wil ons stewige fondamente vir ons leerders en hul toekoms lê.

Wat is die uiteinde? Laerskool Eikestad word telkens deur die WKOD beloon as ‘n skool met baie hoë akademiese standaarde. So het ons in 2017 weer ‘n toekenning vir UITMUNTENDE WISKUNDE-ONDERRIG van die Minister van Onderwys, ontvang. In 2018 het ons ‘n toekenning vir uitstekende prestastie in Taal en Wiskunde ontvang.

Ons sistemiese uitslae dui jaar na jaar aan dat ons na uitnemendheid streef. Die hoërskole waardeer ons vir die kaliber graad 8-leerders wat ons aan hulle lewer. Die kinders wat ons skool verlaat, presteer pragtig in hulle nuwe omgewings. Ons oud-skoliere haal op ’n gereelde basis die WKOD se merietelyste, en ‘n baie groot persentasie van ons oud-leerders kwalifiseer uiteindelik vir tersiêre opleiding.

Page 10: LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS€¦ · Laerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne

www.eike.co.za | 8

Ons skoolgemeenskap (kind, ouer en onderwyser) heg groot waarde aan hoë akademiese standaarde. Ons kinders lees en leer graag, wat die wenresep vir akademiese vordering is.

Oor die jare heen het Laerskool Eikestad homself gevestig as ’n goed gebalanseerde opvoedkundige sentrum wat uitstekende akademiese resultate lewer. Die waardes waarop ons klem lê, sement die akademie, sport en kultuur saam. So GLO en GROEI ons geliefde skool om sy skaduwees van puik opvoeding oor Stellenbosch, maar ook oor die ganse land, te laat val.

Ons salueer elke kollega, leerder en ouer wat ’n bydrae gemaak het tot iets baie groter as hulself. Die kunstenaar sal vergaan, maar sy werk sal altyd voortbestaan.

10. LEERONDERSTEUNING

By Laerskool Eikestad is die holistiese ontwikkeling van elke leerder baie belangrik. Ons besef dat elke Eikie uniek is en daarom unieke talente en ook struikelblokke het. U as ouer kan verseker wees van vroeë identifikasie en gereelde kommunikasie tussen u en die skool in ‘n hoogsvertroulike en professionele omgewing. Dit is ons doel om te verseker dat elke leerder tot sy volle potensiaal ontwikkel.

‘n Leerondersteuningskoördineerder koördineer alle fasette van ondersteuning ten opsigte van emosionele-, gedrags- en skolastiese probleme. Vir elke leeder met spesiale onderwysbehoeftes word ‘n ondersteuningsplan vir sy/haar unieke behoeftes opgestel. Die koördineerder is ook betrokke by die proses en die monitering van die leerder se vordering.

Proses van verwysingIndien ‘n leerder deur die klasonderwyser geïdentifiseer word as ‘n leerder met ‘n leer, gedrags- of emosionele hindernis, word daar in gesprek getree met die leerondersteuner en ook ‘n vergadering met die ouers belê. Hierna word ‘n aksieplan saamgestel om almal se samewerking en rolle te koördineer, sodat die leerder die beste moontlike ondersteuning en geleentheid kan ontvang om sy/haar volle potensiaal te ontwikkel.

Intervensie begin eers in die klas met die onderwyser en daarna, indien ons sien die leerder vorder steeds nie na wense nie, sal aanbevelings gemaak word oor die volgende vlak van ondersteuning. Hierdie intervensie mag didaktiese hulp of studiehulpklasse insluit. Teen die tyd wat ‘n leerder dus verwys word vir terapie, is daar reeds alles moontlik in die klas gedoen om die leerder skolasties te ondersteun.

Die ouer kontak die terapeute self en dit bly u keuse watter terapeut u wil gebruik. Ons het privaat terapeute wat in die skool werksaam en betrokke is en vir u gerief leerders kan onttrek tydens skoolure. Dit gebeur so ver moontlik in periodes wat die leerder pas.

Leerders se vordering word op ‘n gereelde basis gemoniteer deur die Leerondersteuningskoördineerder en die skoolgebaseerde ondersteuningspan (SGOS: Skoolhoof, Akademiese Hoof, Grondslagfase Hoof, Onderwyser, Ouers en terapeute betrokke by die leerder). Bogenoemde is ook `n aksie wat op aanbeveling van die WKOD plaasvind. Die hoofdoel is dus dat leerders wat ondersteuning ontvang so funksioneel as moontlik word en weer terugbeweeg na die klaskamer. Vordering is ons prioriteit.

OuerleidingDit kan oorweldigend wees indien jou kind geïdentifiseer word met ‘n struikelblok in enige area. Ouerleiding behels spanwerk tussen ouers, die leerondersteuningskoördineerder en klasonderwyser om die beste ondersteuningsplan vir jou kind saam te stel.

Page 11: LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS€¦ · Laerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne

www.eike.co.za | 9

Kontak gerus ons leerondersteuningskoördineerder by [email protected], indien jy wil gesels oor jou kind en nie weet watter roete om te volg nie.

Die Span Om die beste vir ons leerders te bied, glo ons aan spanwerk. Die span bestaan uit:

• Die ouers

• Die klasonderwyser

• Die leerondersteuningskoördineerder

• Die skoolgebaseerde ondersteuningspan (SGOS)

• Die terapeute

• Ander spesialiste

Terapeute is op die perseel en kan die leerders tydens skoolure of na skool spreek. Die ouers kan egter enige ander terapeut van hulle keuse gebruik. Kontak die leerondersteuningskoördineerder vir meer/nog opsies in hierdie verband.

GerieweLaerskool Eikestad is in die proses om `n terapie-gang in te rig. Dit is ons doelwit om `n leerondersteuningsentrum op die been te bring wat uitstekend toegerus is vir ondersteuning en terapie van verskeie vorme.

Ons beskik reeds oor `n ruim arbeidsterapielokaal wat in volle swang is. Hierdie lokaal word gedurig aangevul met verskeie apparate wat nodig is vir die verskeie behoeftes van terapie. Ons leen ook verskeie apparate aan leerders om in die klas te gebruik sodat hul onderrig- en leerproses meer effektief is.

Tans word die twee leerondersteuningslokale vir spelterapie en leerondersteuning gebruik. Die lokale is goed toegerus met hulpbronne en skep `n ontspanne terapie omgewing.

Inklusiwiteit geniet prioriteit in Laerskool Eikestad. Die geriewe wat ons aan leerders vir terapie doeleindes beskikbaar stel, getuig hiervan. Ons sien uit na die groei van hierdie sentrum.

Didaktiese hulpOns onderwysers bied ekstra hulp in die middae vir tale en wiskunde in die vorm van didaktiese klasse. As deel van die leerder se ondersteuningsplan, verwys die onderwyser of leerondersteuningskoördineerder `n leerder vir didakties om as addisionele intervensie te dien. `n Didaktiese groepie bestaan uit `n maksimum van agt leerders sodat daar gespesialiseerde aandag aan elke leerder gegee kan word.

Die tye van die klasse is beskikbaar op die Kommunikeerder onder: Buitemuurse Rooster.

Ouditiewe Perseptuele Vaardighede ProgramHierdie program poog om veral graad R-leerders se ouditiewe vaardighede op te skerp sodat hul slaggereed is vir graad 1. Dit is baie belangrik dat kinders oor die vaardighede beskik oor hoe om effektief te luister, veral in klassituasies wanneer instruksies gegee word. Indien ‘n kind in graad R is, kan ouers gerus hulle kind vir die program inskryf.

Page 12: LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS€¦ · Laerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne

www.eike.co.za | 10

11. BIBLIOTEEK

Laerskool Eikestad het ‘n goed toegeruste biblioteek wat besoekers met oorgawe uitnooi om rustig te kom sit en lees.

Kinders wat met blink ogies elke pouse toustaan om boekies te lees en uit te neem – dít is deel van die daaglikse opwinding by Laerskool Eikestad. ‘n Miernes van bedrywighede rondom groot tafels met die nuutste vaklektuur, sowel as storieboeke, netjies uitgestal. ‘n Fees vir ons lesers se oë! Dit is ‘n loutere plesier om die genot van lees so te beleef.

Weg is die dae van leerders wat net moet stillees en saggies navorsing doen. Die biblioteek soos dit vandag is, is die plek om kennis uit te ruil en interessante onderwerpe te bespreek, nie die ou biblioteek soos die leerders van 40 jaar gelede dit beleef het nie. Kleurvolle plakkate en pragtige projekte is orals sigbaar en het al die ou modelle en minder kleurvolle projekte vervang.

Ons biblioteek streef daarna om die nuutste en gewildste boeke aan te koop en daarom het ons gereeld uitstallings van Afrikaanse en Engelse boeke. Hier word die leerders aan ‘n magdom verskillende boeke bekendgestel en prikkel dit behoorlik die leeslus – en dan delf hulle sommer so speel-speel diep in die interessante feiteboeke ook.

Navorsing kan vinning en maklik gedoen word m.b.v. die internet, goeie rekenaarprogramme of die nuutste naslaanboeke.

Die interaksie met die rekenaarsentrum bied ook aan leerders die geleentheid om telkens ‘n wye spektrum van kennis op te doen met hul navorsing. Gereelde gesprekke sorg dat die biblioteek en die rekenaarsentrum hand aan hand ons kinders verryk.

Ons vier Wêreldboekedag, Internasionale Biblioteekweek, Leesweek en Biblioteekmaand, en dit is by hierdie geleenthede wat ons leerders kennis maak met ons skrywers, uitgewers, en baie spesiale persone en weldoeners.

12. REKENAARSENTRUM

Laerskool Eikestad het ‘n goed toegeruste rekenaarsentrum met die nuutste programme en die leerders geniet elke oomblik van rekenaar-onderrig. In noue samewerking met die biblioteek verseker ons dat die leerders die maksimum inligting vir elke taak tot hul beskikking het. Hulle leer met selfvertroue hoe om hierdie belangrike tegnologie te bemeester.

In die rekenaarsentrum gebruik leerders Microsoft en Google tydens hul navorsing en die voltooiing van hul werksopdragte.

In ons pragtige rekenaarsentrum word die leuse van ons skool voluit uitgeleef, want in die hedendaagse tegnologiewêreld is GLO en GROEI die sleutel tot sukses.

Page 13: LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS€¦ · Laerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne

www.eike.co.za | 11

13. KULTUUR

KoreOns het ‘n Akkerkoor (Gr 1-3) en Eikekoor (Gr 4 –7). Ons kore is oraloor bekend en tree gereeld op by funksies, kunswedstryde en kompetisies soos die ATKV Applous.

Redenaars

Redenaars by Laerskool Eikestad is ‘n lewendige en dinamiese komponent van Eikestad Kultuur. Ons missie is om goeie taalgebruik onder leerders te bevorder. Ons skep ook die geleentheid om voor openbare gehore ‘n toespraak te lewer – voorwaar ‘n vaardigheid wat so ‘n leerder lewenslank sal baat.

Interne kompetisies word ter voorbereiding aangebied. Kompetisies soos die ATKV, Oppie Tong Af en Radikale Redenaars bied aan redenaars die geleentheid om plaaslik sowel as Nasionaal deel te neem.

Ons graad 3 tot 7-leerders ontwikkel ook op hierdie wyse hul selfvertroue en leierseienskappe.

Wat jy moet weet: Een toespraak per leerder per jaar word gebruik. Buite-afrigting is by die skool beskikbaar. Riglyne en belangrike datums word deur die redenaarshoof aan ouers gekommunikeer.

14. MUSIEKDEPARTEMENT

Die pragtige klanke van viool, blokfluit, tjello, saksofoon, klarinet, dwarsfluit, kitaar, ukulele, klavier en sang vul die gange van ons skool van vroeg soggens tot saans.

Eikestad is uniek in die opsig dat leerders ‘n keuse kan uitoefen tussen 10 instrumente.

Entoesiastiese musiekonderwysers koester en kweek ‘n groot liefde vir musiek by ons skool. Reeds vanaf Graad R word ons leerders blootgestel aan musiek in Musiekoriëntasie.

Ons skool het ook ‘n goed toegeruste orkesklas propvol Orff-slaginstrumente (soos marimbas xilofone, metallofone, glockenspiels en tromme) waarop Graad R- tot 3-leerders heerlik kan saamspeel.

KlavierLeerders neem aan Eisteddfods en praktiese eksamens deel. Ons klavierleerlinge presteer jaarliks uitsonderlik in die UNISA, ABRSM en Trinity praktiese eksamens. Daar is ook meer as 50 leerders wat jaarliks UNISA teorie eksamens skryf, en elke jaar is daar ten minste vyf wat 100% behaal. Die Hennie Joubert merieteprys vir uitsonderlike prestasie in musiek (prakties sowel as teories) is al drie keer aan ‘n leerder van Eikestad toegeken.

By die Stellenbosch- en Helderbergkunswedstryd presteer ons uitstekend. Ons het gereeld leerders wat bekers en medaljes op die pryswennerskonsert ontvang.

TjelloOns het in 2016 met tjellolesse begin. Elke jaar is daar meer en meer leerders wat tjello speel, en hierdie leerlinge vorm dan ook deel van die skool se orkes.

Page 14: LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS€¦ · Laerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne

www.eike.co.za | 12

Viool en DwarsfluitViool is baie gewild by Eikestad. Leerders word hiervoor gekeur en kan alreeds in Graad 1 met lesse begin. Sodra hulle gereed is, vorm hulle ook deel van die skoolorkes.

Kitaar en UkuleleOns het 30 leerders wat kitaar speel en drie wat ukulele speel. Beide instrumente kan vanaf Graad 4 geneem word, in groepsverband of individueel.

Saksofoon en KlarinetDie blaasinstrument-lesse van ons musiekdepartement is baie gewild. Leerders word getoets in Graad 3 en begin dan in Graad 4 met lesse. ‘n Getal van tussen 30 en 40 blasers word onderrig in Eikestad en vorm ‘n sterk basis vir ons orkes. Trinity eksamens word jaarliks gespeel. Ons saksofoon- en klarinetleerlinge vaar besonder goed by die kunswedstryde en pryswennerskonserte.

BlokfluitEikestad het 40 blokfluitleerlinge. Ons gee onderrig in sopraan- en alt-blokfluit, in groepsverband en individueel. Dié instrument is baie goeie voorbereiding vir saksofoon, klarinet asook dwarsfluit. ‘n Blokfluit is ‘n goedkoop en maklike instrument om die genot van saam musiekmaak mee te beleef.

SangIndividuele en groepsang word by ons skool aangebied. Ons het 100 sangleerlinge wat deelneem en pragtig presteer in sang-eksamens en kunswedstryde.

OrkesOns skool het ‘n wonderlike seniororkes wat uit 20 lede bestaan. Die orkeslede is in Graad 4 tot 7, en hulle gaan deur ‘n keuringsproses. Ons orkes is uniek in die opsig dat al vier musiekfamilies verteenwoordig word. Ons orkes tree gereeld op by funksies en kunswedstryde waar hul besonders presteer. Dit is ‘n voorreg om deel van ‘n laerskoolorkes, wat op so ‘n hoë standaard musiek maak, te wees.

15. SPORT

Die visie van Laerskool Eikestad is dat gebalanseerde opvoeding ondersteun word deur ‘n uitnemende buitemuurse sportprogram. Hierdeur word ons leerders aan sport- en lewensvaardighede asook die opwinding van kompeterende sport blootgestel. Die sportdoelwitte by Laerskool Eikestad is die volgende:

• Maksimale deelname

• Vaardigheidsontwikkeling

• Kundige en entoesiastiese afrigters

• Gesonde kompetisie oor ‘n wye font

Page 15: LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS€¦ · Laerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne

www.eike.co.za | 13

• Talentontginning

• Prestasie is nie ’n maatstaf op sigself nie, maar moet die gevolg wees van suksesvolle toepassing van die bogenoemde

• Uitnemende sportfasiliteite

Die skool bied tans die volgende sportkodes aan (die skoolprogram laat toe dat kinders meer as een sport per seisoen kan in deelneem):

Somersporte• Atletiek

• Krieket

• Swem

• Tennis

• Skaak

Nie-skool sporte word so ver moontlik ondersteun deur die skool se kommunikasieforums, en prestasies word erken.

16. SPORTDRAG

Grondslagfase (Gr. 1-3)

Seuns en Dogters

LO-periodeDie Eikestad gholfhemp met Eikestad kortbroek (seuns) / broekromp (dogters)

Swemdrag:Eikestad swembroek (seuns/dogters) met Eikestad swempet is slegs verpligtend vir Spanswemmers

Atletiek:• Die Eikestad gholfhemp met die Eikestad kortbroek (seuns)/broekromp (dogters) OF die Eikestad

Atletiekhemp en Atletiekbroek (nie verpligtend)

• Interhuisdrag: Akkerhempies (rooi/geel/blou) OF die Eikestad gholfhemp en Eikestad kortbroek (seuns)/ broekromp (dogters)

Mini-Krieket:• Die Eikestad gholfhemp met die Eikestad kortbroek

• ’n Wit breërand kriekethoed of die Eikestadpet is opsioneel

• Oorwegend wit tekkies met kort, wit sokkies is verpligtend tydens wedstryde.

Tennis:Netjiese- en gemaklike oefenklere met tekkies

Wintersporte• Landloop

• Netbal

• Rugby

• Hokkie

• Skaak

Page 16: LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS€¦ · Laerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne

www.eike.co.za | 14

Hokkie:• Die Eikestad gholfhemp met die Eikestad kortbroek (seuns)/broekromp (dogters)

• Tekkies of Hokkieskoene met die Eikestad hokkiekouse (oorwegend donkerblou)

Netbal:• Die Eikestad gholfhemp met die Eikestad broekromp

• Tekkies met kort, wit sokkies

Rugby:• Die Eikestad rugbytrui met ‘n tradisionele donkerblou rugbybroek

Seniorfase: Graad 4-7

Seuns

LO-periode:Die Eikestad gholfhemp met die Eikestad sportkortbroek of die Eikestad atletiekbroek

Swemdrag:Die Eikestad swembroek met die Eikestad swempet is slegs verpligtend vir spanswemmers

Atletiek:

• Die Eikestad Atletiekhemp en Atletiekbroek is slegs verpligtend vir die atletiekspan

• Interhuisdrag: Akkerhempies (rooi/geel/blou) en Eikestad sportkortbroek of atletiekbroek

Krieket:(0/10-0/13)• Die Eikestad gholfhemp en ‘n wit kortbroek

• ’n Wit breërand kriekethoed of die Eikestadpet is opsioneel

• Eikestad lang hokkiekouse (oorwegend donkerblou) met oorwegend wit tekkies

Tennis: (0/10-0/13)• Die Eikestad gholfhemp met die Eikestad kortbroek en tekkies met kort, wit sokkies

• Slegs die Eikestadpet mag gedra word.

Hokkie: (0/10-0/11)• Die Eikestad gholfhemp met die Eikestad kortbroek

• Tekkies of hokkieskoene met Eikestad hokkiekouse (oorwegend donkerblou)

• Die 0/13- Groep se kouse is donkerblou met wynrooi strepe

Rugby: (0/10-0/13)• Die Eikestad rugbytrui met ‘n wit rugbybroek

Page 17: LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS€¦ · Laerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne

www.eike.co.za | 15

Seniorfase: Graad 4-7

Dogters

Tennis: (0/10-0/13)• Die Eikestad tennis-, hokkie- en netbaldrag en die Eikestad sokkies met tekkies

• Slegs die Eikestadpet mag gedra word

Hokkie: (0/10-0/11)• Die Eikestad tennis-, hokkie- en netbaldrag

• Tekkies of hokkieskoene met Eikestad hokkiekouse (oorwegend donkerblou)

• Die 0/13-Groep se hokkiekouse is donkerblou en wynrooi strepe.

Netbal: (0/10-0/13)Die Eikestad tennis-, hokkie- en netbaldrag met tekkies en die Eikestad sokkies

0/13A spanneAangesien hulle as die Senior Spanne van die Skool gesien word, mag hulle unieke drag hê. Kleure moet ooreenstem met die Skool se amptelike kleure. Die 0/13-drag moet in samewerking met die Sporthoof en die Klerekomitee goedgekeur word. Indien die spanne van ‘n borg gebruik maak, moet dit ook voldoen aan die reëls soos uiteengesit in die Borgebeleid.

SportsakDie Eikestad sportsakke is by die Klerebank beskikbaar

EikestadpetDie Eikestad pet mag met alle sportsoorte gekombineer word

Wit, langmou Eikestadhemp • Dit word bo-oor sportdrag gedra en dien as ‘n opwarmingshemp

• Die sweetpakbaadjie moet ook na wedstryde gedra word

Page 18: LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS€¦ · Laerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne

www.eike.co.za | 16

17. LAERSKOOL EIKESTAD ONDERSTEUNERSKLUB

Die hoofdoel van hierdie klub is om fondse vir Eikestad sport in te samel deur ’n Eikestad-tuiste te skep waar die Eikestad Familie betrokke kan wees by die ondersteuningsaktiwiteite van die skool. Ons wil die breë Eikestad-gemeenskap, mans en vrouens, deel maak van dié klub. Word deel van die Eikestad Familie deur deelname aan al ons aktiwiteite!

Hoe?• Eikestad (ondersteuners, ouers en besighede) betaal ledegeld per jaar (sluit ondersteuningsbaadjie in).

• Skenkings en donasies

• Fondsinsamelings en funksies

Voordele:• Klubbaadjie vir mans en vrouens.

• Toegang tot die aktiwiteitsentrum tydens en na afloop van tuiswedstryde.

• Uitnodiging na alle fondsinsamelingsgeleenthede van die skool.

Vir meer inligting of indien u as ‘n borg wil betrokke raak kan u vir Albert Fullard kontak by [email protected]

18. VERRYKINGSPROGRAM

Die Verrykingsprogram, waaraan leerders in Graad 6 op ‘n vrywillige basis kan deelneem, bied aan hulle die geleentheid om lewensvaardighede te ontwikkel en dit in die praktyk uit te oefen. Daar word van leerders verwag om ‘n nuwe vaardigheid aan te leer, diens te lewer by die skool en in die gemeenskap, en om hulle organisatoriese vaardighede te verbeter.

Die leerders raak betrokke by byvoorbeeld ander skole in die gemeenskap, die DBV, ouetehuise en bestaande gemeenskapsprojekte. As deel van die selfontwikkelingsproses het leerders al leer kook, blogs begin, nuwe instrumente leer bespeel of nuwe sportsoorte probeer. Een het selfs eenvoudige rekenaarprogrammering aangeleer!

Die tuintjie onder Laerskool Eikestad se naam by ‘n groot kruising in Stellenbosch was die werk van ‘n groepie van hierdie leerders. Hulle help ook graag by die skool se klerebank, by die CSV of by jonger grade met sport of ekstra lesse. Ouers span graag hierdie kinders se organisatoriese vaardighede in om jonger boeties en sussies se verjaarsdagpartytjies te koördineer, spyskaarte te beplan of uitstappies vir die gesin te reël.

Met terugvoer-aande staan mens dikwels verstom oor die kinders se inisiatief, gewaarwordinge en persoonlike groei.

Page 19: LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS€¦ · Laerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne

www.eike.co.za | 17

19. OMGEEPROJEKTE

Die skool se kernwaardes – Omgee, Respek, Eerlikheid, Integriteit en Verantwoordelikheid – is ‘n stewige raamwerk waaróm die leerlingleiers en leerlinge in Laerskool Eikestad gevorm word.

“Om te gee, maak mens gelukkiger as te ontvang” is ‘n lewensleuse wat ons graag by ons kinders wil tuisbring, en met dít as dryfveer loods die leerlingraad verskeie liefdadigheids- en waardeprojekte elke jaar. Hierdie projekte betrek ál die leerlinge van die skool.

Clothing4Children se projekdoelwit is om klere, skoene, toiletware, komberse en sagte speelgoed aan behoeftige kinders en volwassenes in gemeenskappe rondom Stellenbosch te voorsien. Ons is baie dankbaar vir wat ons het, en ons wil graag omgee op ’n tasbare manier aan ons gemeenskap toon.

House of Grace is ’n kinderhuis in ons gemeenskap waar ongveer 20 kinders met die ouderdomme 1 maand tot 15 jaar versorg word. Die kinderhuis is ‘n nie-staatsgeondersteunde-instansie en benodig hulp in alle vorme. Ons skool se leerders maak ‘n bydrae in graadverband van enige nie-bederfbare produkte om te verseker dat hierdie kinderhuis vir elke kind ‘n ware tuiste word.

Die Stellenbosse Dierebeskermingsvereniging (DBV) is ‘n nie-winsgewende organisasie wat die dieregemeenskap van Stellenbosch dien en op donasies funksioneer. Kinders reik maklik uit na diere in nood, en die skool bied met hierdie projek die geleentheid om omgee en verantwoordelikheid as kernwaardes toe te pas. Leerders word herinner aan hul verantwoordelikheid teenoor hul eie troeteldiere. Hierdie organisasie word deur ons leerders d.m.v. donasies ondersteun.

Hiermee word daar gepoog om elke leerder van ons skool te leer dat ‘n mens leiding kan neem om te gee en so ‘n sinvolle bydrae in jou gemeenskap kan maak.

20. DIE EIKIE-HART PROJEK

‘Eikie-Hart’ is ‘n spontane inisiatief wat uit die skool en ons ouergemeenskap ontstaan het en gee sigbaar erkenning aan die beginsel/kernwaarde van omgee. Dit bestaan uit ouers wat besef het dat daar ‘n nood is in ons skool vir emosionele, finansiële en professionele ondersteuning vir van ons leerders. Dit word ook as verlengstuk van ons Leerondersteuning Departement beskou. Hierdie ondersteuning word met sensitiwiteit en liefde hanteer en bly ten alle tye vertroulik.

Die ‘Eikie-Hart’ bestaan uit ‘n paar komponente: 20.1 Kospakkie-projekVan ons leerders kom elke oggend met ‘n leë maag skool toe – en soms was daar ook nie veel oor die naweek geëet nie....so het die kospakkie projek ontstaan. ‘n Spyskaart word vir die week opgestel en Gr. 6-leerders maak dan al om die beurt, toebroodjies vir ons Eikie-Hart kinders. ‘n Pakkie sluit 2 toebroodjies, ‘n vrug, ‘n southappie en wanneer moontlik ‘n bederfie, soos ‘n koekie of lekkertjie in.

20.2 Professionele ondersteuningVan tyd tot tyd kom daar ‘n leerder op ons pad wat dalk arbeidsterapie, spraakterapie of sielkundige terapie moet ontvang, maar die ouers het net bloot nie die fondse om dit te betaal nie. Daar is skaars genoeg geld om kos vir die week te betaal, wat nog van terapie. Alhoewel die terapeute ons bystaan met ‘n beter tarief, maak ons dit ons taak om te help met die balans.

Page 20: LAERSKOOL EIKESTAD PROSPEKTUS€¦ · Laerskool Eikestad is ‘n skool waarop ons almal baie trots is. ‘n Ryke kultuur gebaseer op ons kernwaardes, is mettertyd hier gevestig, waarbinne

www.eike.co.za | 18

20.3 Skoolklere en sporttoerusting ondersteuningDit gebeur dat behoeftige kinders dringend skoolklere of skoene benodig (veral in die winter) en daar word dan aan Eikie-Hart se deur geklop. So ook dan, word daar soms sporttoerusting benodig.

20.4 Koskratte vir behoeftige gesinne: Die bystand vir hierdie gesinne, word met die grootste sensitiwiteit hanteer. ‘n Krat met nie-bederfbare items word vir hierdie gesinne gepak en oorhandig. Weereens is ‘n volledige ondersoekproses en kontrole in plek om te verseker dat die hulp by die regte persone uitkom.

Om hierdie dienste te kan lewer is daar fondse op ‘n deurlopende basis nodig. Verskeie projekte is reeds hiervoor geloods bv. Civvie-dae en die Kaartjieprojek.

Die Kaartjieprojek is ‘n besonderse projek waar alle leerders van Gr. R – 7 ‘n kunswerk/tekening gedurende ‘n kunsklas skep. Hierdie skets word in ‘n kaartjie omskep en pakkies van 6 kaartjies of ’n notaboekie word te koop aangebied. Die leerder se naam word ook agter op die kaartjie gedruk. ‘n Persentasie van die omset word geskenk aan die projek.

Die Eikie-Hart komitee betaan uit ‘n span betrokke ouers, die Leerdondersteuningsopvoeder en ‘n administratiewe personeellid.

21. NASORG

Die doel van Eikestad Nasorg is om ‘n harmonieuse omgewing te skep met ‘n huislike atmosfeer waarbinne die leerder homself na skool kan uitleef en sodoende gemoedsrus vir ouer en kind bewerkstellig, asook gemaklike integrasie tussen skool en na-skoolse aktiwiteite. Ons Nasorg is hierdie jaar 12 jaar oud. Ons het met ‘n skamele 18 leerders begin. Ons getalle het gegroei tot ±120 leerders.

Die Nasorg poog om die ouer te steun met betrekking tot die kind se:• Fisiese ontwikkeling deur middel van sportaktiwiteite

• Akademiese ontwikkeling

• Algemene ontwikkeling

Die Nasorg wil die beste diens vir u kind verseker deur te sorg dat u kind veilig en gelukkig bly. Die personeel strewe daarna om aandag en liefde te gee waar nodig.