kroonnuuskn 20141014

12
Kroonnuus Kroonnuus TEL (056) 212 3171 DINSDAG 14 OKTOBER 2014 WWW.KROONNUUS.CO.ZA GRATIS Tharine Hurter AL 44 jaar is daar deur ’n NG predikant in Afrikaans van die antieke preekstoel van die NG kerk Môrewag op die hoek van Stewart- en Britsstraat gepreek. Van 1 November af sal die NG kerk Môrewag egter nie meer bestaan nie. Die kerk, wat in 1970 van die NG kerk Kroonstad-Wes afgestig het, is in erge finansiële verknorsing en die lidmaattal het aansienlik gedaal. “Sedert 1994 het die voedingsbron vir lidmate en die demografie van die omgewing aansienlik verander,” sê ds. Pieter Prinsloo, leraar van die gemeente. Die kerkgebou en die hele kompleks, inslui- tend die kombuis, kategeseklasse en Ebenaeser- kerksaal, is vir R1,5 miljoen aan Christ Sanctuary (CS), ’n charismatiese kerkbeweging van Amerika verkoop. “Die geboue is aansienlik meer werd, maar ingevolge die NG kerk se beleid is net die grond- en slopingswaarde van ’n eiendom as riglyn neergelê indien ’n kerk of ander eien- dom van die kerk verkoop moet word.” Hy sê die lewensvatbaarheid van Môrewag het die afgelope dekade aansienlik gedaal. Amptenare van die departement van korrek- tiewe dienste (DKD) en Spoornet was die voedingsbron en rede vir afstigting van die NG gemeente Kroonstad-Wes in die sewentigerjare. “Die werklikheid is die demografie van die omgewing het ná 1994 verander. Waar byna alle inwoners van die woonstelkomplekse van die DKD-lidmate van die Môrewag-gemeente was, is dit vandag selde om ’n lidmaat daar in die honderde woonstelle te besoek. Mense het deesdae ook nie meer groot gesinne met dooplidmate nie.” “Hoewel dit nie wyd verkondig is dat die kompleks in die mark was nie, het die nuus tog versprei. “Die pastoor van die CS, wat onder meer by die gevangenis bediening doen, het voelers uitgesteek oor die koop van die geboue. Ná deeglike ondersoek en die aanbod sal die kompleks op 1 November formeel aan die CS oorhandig word,” sê Prinsloo. Die toekoms van die antieke preekstoel met sy ryke geskiedenis is onseker. Sie CS het nie vir dié styl van preekstoel ’n gebruik nie. Die preekstoel is destyds deur ’n leraar van die gemeente, wyle ds. Peet Pretorius, van die NG kerk Heilbron bekom. Die houtwerk aan die preekstoel is van hoogstaande gehalte. Prinsloo sê die verwydering van die preek- stoel sal egter baie moeite en beplanning verg. Pretorius het destyds die kerkgebou juis so laat ontwerp om vir die preekstoel plek te maak. Mense wat in die preekstoel belang stel, kan Prinsloo by 056-212-6128 bel. DS. PIETER PRINSLOO gaan van 1 November af nie meer op die pragtige preekstoel van die NG kerk Môrewag preek nie. Die kerk is verkoop en die toekoms van dié antieke preekstoel, met sy ryke geskiedenis, is onseker. Foto: Tharine Hurter NG kerk Môrewag verkoop sy geboue Preekstoel soek tuiste

Upload: kroonnuus

Post on 05-Apr-2016

291 views

Category:

Documents


2 download

DESCRIPTION

Kroonnuuskn 20141014

TRANSCRIPT

Page 1: Kroonnuuskn 20141014

KroonnuusKroonnuusTEL (056) 212 3171 DINSDAG 14 OKTOBER 2014 WWW.KROONNUUS.CO.ZA GRATIS

Tharine Hurter

AL 44 jaar is daar deur ’n NG predikant inAfrikaans van die antieke preekstoel van dieNG kerk Môrewag op die hoek van Stewart-en Britsstraat gepreek.

Van 1 November af sal die NG kerk Môrewagegter nie meer bestaan nie. Die kerk, wat in1970 van die NG kerk Kroonstad-Wes afgestighet, is in erge finansiële verknorsing en dielidmaattal het aansienlik gedaal.

“Sedert 1994 het die voedingsbron vir lidmateen die demografie van die omgewing aansienlikverander,” sê ds. Pieter Prinsloo, leraar van diegemeente.

Die kerkgebou en die hele kompleks, inslui-tend die kombuis, kategeseklasse en Ebenaeser-kerksaal, is vir R1,5 miljoen aan ChristSanctuary (CS), ’n charismatiese kerkbewegingvan Amerika verkoop.

“Die geboue is aansienlik meer werd, maaringevolge die NG kerk se beleid is net diegrond- en slopingswaarde van ’n eiendom asriglyn neergelê indien ’n kerk of ander eien-dom van die kerk verkoop moet word.”

Hy sê die lewensvatbaarheid van Môrewaghet die afgelope dekade aansienlik gedaal.

Amptenare van die departement van korrek-tiewe dienste (DKD) en Spoornet was dievoedingsbron en rede vir afstigting van die NGgemeente Kroonstad-Wes in die sewentigerjare.

“Die werklikheid is die demografie van dieomgewing het ná 1994 verander. Waar byna alleinwoners van die woonstelkomplekse van dieDKD-lidmate van die Môrewag-gemeente was, isdit vandag selde om ’n lidmaat daar in diehonderde woonstelle te besoek. Mense hetdeesdae ook nie meer groot gesinne metdooplidmate nie.”

“Hoewel dit nie wyd verkondig is dat diekompleks in die mark was nie, het die nuustog versprei.

“Die pastoor van die CS, wat onder meer bydie gevangenis bediening doen, het voelersuitgesteek oor die koop van die geboue. Nádeeglike ondersoek en die aanbod sal diekompleks op 1 November formeel aan die CSoorhandig word,” sê Prinsloo.

Die toekoms van die antieke preekstoel metsy ryke geskiedenis is onseker. Sie CS het nievir dié styl van preekstoel ’n gebruik nie.

Die preekstoel is destyds deur ’n leraar vandie gemeente, wyle ds. Peet Pretorius, van dieNG kerk Heilbron bekom.

Die houtwerk aan die preekstoel is vanhoogstaande gehalte.

Prinsloo sê die verwydering van die preek-stoel sal egter baie moeite en beplanning verg.

Pretorius het destyds die kerkgebou juis solaat ontwerp om vir die preekstoel plek temaak.

Mense wat in die preekstoel belang stel, kanPrinsloo by 056-212-6128 bel.

DS. PIETER PRINSLOO gaan van 1 November af nie meer op die pragtige preekstoel van die NG kerk Môrewag preek nie. Die kerk is verkoopen die toekoms van dié antieke preekstoel, met sy ryke geskiedenis, is onseker. Foto: Tharine Hurter

NG kerkMôrewag verkoop sy gebouePreekstoel soek tuiste

Page 2: Kroonnuuskn 20141014

2 KROONNUUS, DINSDAG 14 OKTOBER 2014

Tharine Hurter

TOE Dennis Daniel, ’n elektrisiën vanKroonstad, ’n SMS-boodskap van Telkomkry, sak sy moed in sy skoene.Op Sondagaand 7 September het kabel-

diewe telefoonkabels by ’n mangat vanTelkom gesteel.Sedertdien is al Tuinhof en Jordania se

landlyne buite werking.“Ek het die diefstal by Telkom aange-

meld.“Dit is noodsaaklik dat ek in my besig-

heid, wat uit my woonhuis in Tuinhofbedryf word, ’n landlyn moet hê,” sê hy.Van sy klante keer hom in die straat

voor en vra prontuit of sy ondernemingnog bestaan omdat hulle na die landlyn

kan skakel, maar geen antwoord kry nie.Hy sê tegnici van Telkom het wel

herstelwerk aan die kabel gedoen, maardaar is nou geen teken van hulle nie. Diekabels is op die erf langs sy perseel gebuit.“Die eerste SMS-boodskap van Telkom

het gelui dat die lyne teen 22 Septemberherstel sou wees. Dié dag het gekom engegaan.“Die volgende boodskappe lui dat die

lyne eers teen 24 Oktober herstel sal wees.Die beloftes kan dalk nie realiseer nie,” sêhy.’n Klag van diefstal is reeds ingedien.

Adv. Orpa Wessels van Combined PrivateInvestigations (CPI), ’n onderneming watkabeldiefstal ondersoek en opsporing vanKroonstad af doen, sê ’n merkbare toena-

me in kabeldiefstal word ervaar.“Dit is veral ná die winter en in die

maande voor Kersfees dat koperkabeldief-stal toeneem.“Ons gevolgtrekking is die diewe maak

nou geld vir Kersfees bymekaar,” sê sy.Sowat 95% van die mense wat deur CPI

in hegtenis geneem word, is Mosambie-kers.“Die munisipaliteite oor die land heen

loop ook erg onder koperkabeldiefstaldeur. Soms betrap CPI diewe met gesteeldemunisipale kabels nog voordat die munisi-paliteite dit self weet,” sê sy.Mense wat kabeldiefstal of vermeende

diefstal wil aanmeld, kan Telkom, Transnetof die betrokke munisipaliteite se blitslyneof die polisie by 10111 bel.

Tharine Hurter

ALTESAAM 80 honde moes in diemaand deur die Dierebeskermings-vereniging (DBV) in Kroonstaduitgesit word.Só sê Elsa Hansen, lid van die

DBV-komitee. Talle klein katjies enhonde is vir aanneming op dieDBV-perseel by die KraAlkop-klein-hoewes beskikbaar.“Die mooiste opregte honde kry

net nie aanneemhuise nie enongelukkig moet hulle dan uitgesitword,” sê sy.Alle diere wat by die DBV

aangeneem word, moet gesteriliseerword.Dit is internasionale DBV-reëls.Die DBV se kontaknommer is

079-871-5947.

Lyne stil weens diefstal

DIE KroonstadseDierebesker-mingsvereniging(DBV) het verledeweek ’n gesinsdagaangebied. Be-soekers het op diedag groot prysegewen. Hier ont-vang Ampie Ober-holzer (Elite Re-bels-motorfiets-klub) ’nvakansieprys vanLouise de Lange(Just Letting).

Foto’s: Verskaf

CINDY ELS (links, Country Meat) en Louisede Lange (Just Letting) het die Dierebesker-mingsvereniging (DBV) se gesinsdag ter-deë geniet.

Bieddagaan

Tallediere soekhuise

DIE jong mannevan Tafelronde 42het in gesouteakteurs en sangersontwikkel.Moenie vergeet

om betyds tafelbe-sprekings vir dietweejaarlikseMelodrama van dieTafelaars by ACTComputers inOranjestraat,Kroonstad, te doennie.Die eerste

vertoning is diegewilde tema-aand op Vrydag31 Oktober om18:30 in dieAllen Rautenbach-saal.’n Verdere drie

vertonings salop 1, 7 en 8Novemberaangebiedword.Die spesiale

vertoning virpensioentrek-kers word opWoensdag 5November teenR20 per persoonaangebied.’n Kontantkroeg

sal ook beskikbaarwees op al dievertonings.Kaartjies kos R170

per persoon.Vir meer inlig-

ting oor diegeleentheidkontak SpideyKnepscheld by082-852-6970 of stuur’n e-pos [email protected].

DIT is weer tyd om die inwo-ners van die Arboretum-sen-trum vir bejaardes in Kroon-heuwel, Kroonstad, in aksie asakteurs op die verhoog te beleef.Dié sentrum vier Bejaarde-

sorgmaand met ’n melodramawaaraan die inwoners deel-neem.Deur ’n kaartjie na die

geleentheid te koop word dielewensvatbaarheid van bejaarde-

sorg verseker.Die kaartjies kos R60 per

persoon en sluit verversings in.Past. Louis Downie, een van

die inwoners, is die regisseurvan die opvoering en nommerssluit ’n huldeblyk aan FrankSinatra in. Die inwoners se eieGolden Oldies-dansers saloptree.Skakel 056-215-1920 vir

plekbespreking.

Bejaardes vermaak Maakregvirpret

SEKTOR 2, wat Môrewag,Wespark, Kroonheuwel, Elandiaen Presidentia insluit, hou opWoensdag 22 Oktober om 17:30’n gemeenskapsvergadering ommisdaad te voorkom. Dit sal byHuis Edelkroon in Meyerstraat,Kroonstad, gehou word.Die afgelope drie weke was

daar ’n aansienlike toename in

huisbraak en gewapende roof inKroonstad.Inwoners sal meer paraat

moet wees en deur middel vandie Kroonstad-buurtwag die oëen ore van die polisie word.Om by sektorpolisiëring in

die woonbuurte betrokke teraak bel konst. Wele Filita by074-214-3603.

Vergader teenmisdaad

Page 3: Kroonnuuskn 20141014

KROONNUUS, DINSDAG 14 OKTOBER 2014 3

Tharine Hurter

GEANKER in Kroonstad. “Hier ismy mense.”Só onthou Engele Rossouw,

dogter van wyle Sef Jooste, ’nafgetrede prokureur van Kroon-stad, haar pa.Jooste is op 30 September op

73 jaar aan ’n hartaanval oor-lede.“Dit maak nie saak of jy Sef

op die tennisbaan, om diesnoekertafel, in tafeltennisof in ander balsportsoorteaangevat het nie, jy kon homnie klop nie,” het Nick Koornhof,sy swaer, op die gedenkdiens indie NG Moederkerk in die dorpgesê.“My pa het puik gholf gespeel

en later ook rolbal bemeester.“As kind het ek sy aanmoedi-

ging langs die hokkieveld bybyna al my wedstryde so gewaar-deer,” sê Rossouw.Sy sê Jooste het sy klerkskap

in die vroeë 1960’s in Kroonstadbegin en het sy lewe lank veralmet transportaktes ’n onskatbarediens aan kliënte gelewer.Hy was baie presies in sy

werk.“Dit wat nou gedoen moes

word, is onmiddellik afgehan-del.”Boonop beskryf Zanelle Wes-

sels, sy ander dogter, hom as ’nmens wat baie joviaal was en ’nfyn humorsin gehad het.Hy en Elsabe, sy vrou, sou in

Desember hul goue huweliksher-denking gevier het.“Ek was besonder lief vir my

man wat so goed na ons gesinomgesien het,” sê sy.Die egpaar het meer as 45 jaar

in dieselfde huis in Panoramagewoon.Jooste was die eienaar van

die Shalom-lodge en het hierook ’n veilige hawe vir tallemense gebied.“Ons het afskeid van ’n gentle-

man geneem. ’n Man wat eerliken opreg was en wat respekverdien het. Hy sal beslis gemisword.”Past. Alan Ogilvy van die

Kroonstad-selkerk het die gedenk-diens waargeneem.Jooste word deur sy vrou

Elsabe, Engele, Zanelle, syskoonseun, Wynand Wessels, entwee kleinkinders oorleef.

Prokureurwaslief vir dorp

WYLE SEF JOOSTE. Foto: Verskaf

DIE slaggate in Reitzstraat na die woonbuurte Jordania en Tuinhof gee die motorversamelaar WillemEls hoofbrekens. Hy het genoeg daarvan gehad om die bande van sy veteraanmotors en ander voertuieweens die slaggate in die pad te vervang. Ander inwoners is verheug, omdat hy en ’n span werkers uithul eie die pad herstel het. Die werkers is van links, voor: Joseph Kobuwe, Josephine Lebuso, Aby Ramkha-kile, Amos Makema en Elias lechalaba; agter: Boetie Els (voorman). Foto: Tharine Hurter

Spring self in en herstel slaggate

Page 4: Kroonnuuskn 20141014

4 KROONNUUS, DINSDAG 14 OKTOBER 2014

Betrokkenheidlei tot wendorpHULLE sê as jy een maal van dieValsrivier se water gedrink het,kom jy altyd terug.As jy ook jou skippie se

anker hier in die rivier gegooihet, kry die ander wortels en jybly hier.Só het wyle Sef Jooste oor

Kroonstad gesê.’n Gemeenskap wat saamstaan,

is ’n gemeenskap wat vir synaaste omgee.Dit is verblydend om die

duisende meter pienk lap omge-draai om bome en lamppale in diedorp te sien.Teen net R20 per meter om jou

steun vir kankerbewuswording endie versorging van terminaal siekpasiënte te betaal motiveer menseom sommer een meter na tienmeter aan te koop.Die Kroonstad-buurtwag doen

ook uitstekende werk in die dorp.Net verlede week het die oë en orevan die publiek ’n gesteeldevoertuig in ’n japtrap laat op-spoor.

Dit is verblydende nuus.Wat egter kommerwekkend is, is

sommige mense wat steedsonbetrokke rugryers is.Die Dierebeskermingsvereniging

(DBV) se gesinsdag is nie nawense ondersteun nie.Dit was net ’n lekker bymekaar-

komdag waarop mense ’n verskilaan ’n viervoetige se lewe konmaak, maar die klakouse wat sêniks gebeur die dorp nie, kruipweg en wys nie eens oë op sulkegeleenthede nie.Nog ’n bron van kommer is die

instansies wat nie die moeite doenom by die Kroonstad-Besigheid-en-Toerisme (KB&T) by die OuStadsaal te gaan kyk wattergeleenthede wanneer aangebiedword nie.Is dit nodig om ’n geleentheid te

reël as dit met ander gebeure indie dorp oorvleuel?Kyk net hoeveel basaars word

op dieselfde dag aangebied.Versprei die geleenthede en laat

jou instansie beter vaar.

Dankie virdeelnameFELICITY COMBRINCK,voorsitter: Northern Free StateCaregivers (NFSCG), Kroon-stad:

KROONSTAD se gemeenskap isawesome. Elke skenker, vriend envriendin van die NFSCG isspesiaal.Dit is vandag die innige

behoefte van my hart om dankiete sê vir elkeen van julle wat al’n skenking aan ons gedoen heten wat pienk lap gekoop het omKroonstad vir die Pink Trees forPauline-Kroonstad-projek in pienk

te tooi.Aan al die skole, ander welsyns-

instansies en gemeenskapsinstan-sies (Tafelronde 42, Kroonstad-Rotary, die Vryburger-omgeemen-se) wat aan die kankerbewuswor-dingsmaand deelneem: Baiedankie.Dankie dat u ons danksy u

skenking liefdevolle tuisversor-ging aan terminale kankerpasiën-te kan lewer en hulle kan voor-sien van al die hulpmiddels omtuisversorging te vergemaklik.Ons kry geen staatshulp nie

en is slegs van skenkings afhank-lik.Bowenal, lof aan ons Hemelse

Vader wat met die stigting vandie instansie die beloftes gemaakhet dat Hy meer sal voorsien aswaarvoor ons vra indien ons Homgehoorsaam is. Ons beleef dit elkedag.) Teen druktyd is al meer as2 200 m pienk materiaal vir dieprojek verkoop.Nog lap is by Riaan-juweliers

teen R20 per meter beskikbaar. –Red.

KroonnuusPosbus 309, Kroonstad, 9459

HOOFARTIKEL

OM ’n witsous te maak is dieeerste stap tot gourmet-kookkuns.Dié sous is die basis van kaas-sous, pepersous, verskeie soppe enpastasouse, asook sous vir groenteen selfs terte.Witsous:30 ml margarien30 ml koekmeelblom250 ml melksout en peper na smaaktikkie mosterd na smaakMetode: Smelt die margarien en

roer die meel by tesame met diesout en peper.Verwyder van die plaat. Voeg

die melk bietjies-bietjies by.Roer baie goed en aanhoudend.Sit sit terug op die stoof en roer

totdat die mengsel verdik.Die resep kan maklik verdubbel

of verdriedubbel word. Die basismoet egter dieselfde bly: gelykehoeveelheid margarien en koek-meelblom.Kaas-witsous:Roer 180 ml gerasperde kaas by.Moro o mosweu30 ml margarine30 ml flouru250 ml lebeseletswai le peperemosterd bietjieyane

Mokgwa:Qhibidisa margarine, fuduhella

flouru, letswau le pepere lemosterd.Tlosa motjesong. Tshela jwale

butle-butle 250 ml lebese.Fuduwa kgafetsa. Beha hodimo

setofo hape o nto fuduha kgafetsaho fihlela e ba tenya hantle.Moro o mosweu was kase:Fuduhella 180 ml kase e raspe-

rilweng mmoho.

Flatervryewitsous

A. PIETERS, Kroonstad:

ONS wil net weet wat gedoengaan word aan die rooftogte open by die brug wat oor die stasieloop?Die afgelope paar weke was

daar weer ’n hele klompierooftogte.Die sekuriteitsmense by die

stasie sê eenvoudig dit is niehul werk om sekuriteit op diebrug te verskaf nie.Die polisie weet van die

rooftogte, maar net so af entoe sien jy van hul voertuie indie omgewing van die brug.Kan Kroonnuus nie self ook

kom kyk hoe dit hier lyk enmet die mense praat wat in dieomgewing bly nie?Dan kan die mense eerste-

hands sien waarmee ons te doenhet.

Rooftogteby brug pla

DIÉ vleiloerie is deur Bobby de Kock in sy tuin digitaal vasgelê. Voëlkykers kan gerus van hul foto’s aan Kroonnuusstuur en dalk kan ’n lys van voëls wat in die omgewing voorkom, opgestel word. E-pos gerus foto’s na [email protected].

Bekyk die wêreld uit die hoogte

DIE laaste keer het lidmate van die NG kerk Môrewag in Kroonstadkospakkies vir die maandelikse sopkombuis gepak. Die kerk smelt noumet die NG kerk Kroonstad-Wes saam. Aan die arbei met die pakkeryis van links Torrie Erasmus, Essie Ferreira, Baba Monotsi, BA van Zyl,Agnes Leburu, Dawid Welgemoed, Wilna du Plessis en Hester vanRensburg. Altesaam 24 gesinne kry twee keer per week by die kerken by die Weskerk kospakkies. Foto: Tharine Hurter

STOP DIE LEKPLEK, Kroon-stad:

IN die eerste plek wil ekKroonnuus gelukwens met diemooi foto van die Sarel Cilliers-brug, getooi in pienk lap ommense van kanker bewus temaak, op dié koerant se voorblad.Dit is goed as ’n gemeenskap sokan saamstaan.Toe ek egter die foto van nader

bestudeer, lui daar ’n klokkie by

my.Die mistigheid onder die brug

is weens die einste waterlekwaaroor Kroonnuus al vantevoreberig het.Die werkdruk op munisipale

werkers en die gevaar wat dit virhulle inhou om onder die brug tewerk om die lekplek te herstelmoet in ag geneem word. DieGenieskool van die Suid-Afrikaan-se Nasionale Weermag (SANW)wat brugbouspesialiste is, kan die

munisipaliteit mos help om dielekplek te herstel. Of werkplaaslike regeringsinstansies ennasionale instansies dan nie meersaam nie?Kom ons wees eerlik: Die kalf

is in die put. Kroonstad se watergaan nie vir ewig hou nie. Nettoe ek oor die naweek dink onsdamme gaan volreën, lui ’n anderklokkie: Ek wonder of die pompewat by Groblersdam moet werk alherstel is.

Waterbron nie onuitputbaar

Page 5: Kroonnuuskn 20141014

KROONNUUS, DINSDAG 14 OKTOBER 2014 5

ARNO JORDAANtree op Vrydag 31Oktober om 18:30vir 19:00 in die NGMoederkerk inKroonstad saammet Kroonstadsekore op. Die kaart-jies is by Computic-ket beskikbaar. Rignavrae aan 083-627-6992. Vier leserskan dubbelkaartjieswen. Al wat jy hoefte doen is omKroon-nuus se Facebook-blad te like en joukontakbesonderhe-debyArno se foto telaat. Die wennerssal telefonies ver-wittig word.

Foto: Verskaf

Treesaammetkore op

Page 6: Kroonnuuskn 20141014

6 KROONNUUS, DINSDAG 14 OKTOBER 2014

PRICEVALID13-19OCTOBER2014ATPICKNPAYSUPERMARKETSANDHYPERMARKETS

1188395_20x3_Eng

Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Pricesinclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE.

In Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Northern Cape, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg.Excludes Express.www.picknpay.co.za. CustomerCare0800112288.Toll free landlineonly.Cellphoneratesapply. Shop instoreoronlineatwww.pnp.co.za/shop

gg.

*SundayTimesTopBrands2014

2590BUY2FORCoca-Cola

Regular2 Litre

Seetermsandconditionsatwww.picknpay.co.za/brandmatch

Weshoparound,soyoudon’thaveto.

SAVESamba, PretoriumTrust and Koopkrag

Open 16 October 2014

Y&R 1188626

AVBOB Insurance Division has vacancies for:

RepresentativesKROONSTAD Life Office

Responsibilities include: Marketing of funeral insurance/saving plans/relatedproducts • Recruit funerals for the Funeral division.

The ideal candidate should have: • A Matric (Grade 12) or tertiary educationwith 30 credits at NQF level 4 • A driver’s licence, own reliable transport andcell phone • Good communication, administration and time managementskills • Marketing experience • A clear credit and criminal record.

A competitive commission-based income will be offered to the successfulcandidate.

Preference will be given to suitably qualified individuals from previouslydisadvantaged groups.

Enquiries: Tel. (056) 215-2103

Interested candidates should forward a comprehensive CV for the attention ofB de Beer to e-mail: [email protected] or fax: 086 641 9620.

Mark your application clearly with reference Rep/Krst.

Closing date: 24 October 2014

Candidates who have not received any feedback from us within 6 weeks ofthe closing date must consider their applications unsuccessful. We thank allapplicants for their interest in AVBOB.

Since its establishment in1918, AVBOB has grown

steadily into a multi-billionRand Organisation. AVBOBis the leader in the funeral

insurance industry and iscommitted to good corporate

management and focusedon social responsibility.

AVBOB’s three operatingdivisions (Insurance, FuneralService and Industries) have

flourished by respectfullymeeting the wide-ranging

needs of our culturally andethnically diverse society.

As a result, AVBOB now hasover 1.3 million policyholders.

Human Communications 113138www.humanjobs.co.za

TALLE belanghebbendes saleinde Oktober in Bloemfonteinbymekaarkom met een doelvoor oë – om ’n oplossing virdie landbou-aangeleenthede inSuid-Afrika te kry.Landbouweekblad, in same-

werking met Volksblad, bied op30 en 31 Oktober ’n landboukon-ferensie met die tema Oplossingvir die landbou by die Universi-teit van die Vrystaat (UV) aan.Van die skerpste denkers in

die landbou, die sake- ensportwêreld kom twee daebymekaar om te praat, tedebatteer en te besin oor waardie antwoorde lê vir ’n bedryfwat oor die afgelope 20 jaar ’ndrastiese afname in boeregetallegesien het.“Al het ons van die beste

boere ter wêreld, het hul getallevan omtrent 120 000 in die 1980’stot sowat 35 000 verminder,” sêChris Burgess, Landbouweek-

blad se hoofredakteur. Boerekan kom leer van sakelui watin vandag se strawwe omstan-dighede gedy.”Onderwerpe sluit in grondher-

vorming, energie, grondbewa-ring en -bewerking, beesboerde-ry en tydsbestuur.Sprekers soos Louis van der

Watt, wild-en-beesboer en stigtervan die Atterbury-groep, en dievoormalige Springbokafrigter enbestuurskenner Nick Mallett salhul kennis met konferensiegan-gers deel.Uit boerderygeledere is daar

Charl Senekal, Suid-Afrika segrootste suikerrietboer enenergie-pionier, Vito Rugani,die land se grootste wortelboeren arbeidspesialis, en AnthonyMuirhead, die vader vanminimum bewerking in Suid-Afrika.Gerrit van Zyl, rubriekskry-

wer van Landbouweekblad, komvertel hoekom hy as een vandie land se voorste beesboerebeskou word. Theo de Jager,Agri SA se ondervoorsitter endie dryfkrag agter die landbouse grondplanne, kom doen ook

verslag oor hoe boere sake oorgrond behoort te benader.Wetenskaplike bydraes sluit

in dié van die topveekundige dr.Michael Bradfield, RikusKloppers, voorste plantpatoloogvan Pannar, Stephanus Malher-be, die jong laboratoriumhoofvan die groot landboumaatskap-py ZZ2, en Adriaan Dreyer vanSGS NviroCrop, ’n baanbrekerin minimum bewerking in diewestelike saaigebiede. Wool-worths se Kobus Pienaar salkom gesels oor dié supermark-reus se benadering tot volhou-bare landbou en Harold Burgessvan die Dawn Energie-groep salkom vertel hoe ’n mens energie-doeltreffend kan boer sonder om’n sonpaneel aan te bring.Dit kos R1 710 per persoon en

’n 15%-korting word virgroepbesprekings van 20 ofmeer mense gegee.Verblyf kan deur Landbou-

weekblad se reisklub gereëlword by 011-886-9545 of [email protected] Patricia Potgieter vir

plekbespreking of vir meerinligting by 021-406-2298 [email protected].

STOF jou stapskoene af en merk Vrydag 17Oktober op jou kalender.Die Oompie Kedoompie-kleuterskool bied

’n pretstap vir alle fikse en onfikse stappersaan.Die pretstap word ook aangebied om

kankerbewustheid te skep en te ondersteun.Lekker pryse kan in die 5 km- en 10 km-

staptogte gewen word.Rig navrae aan Lindy Booysen by

082-558-1006.

Oplossings kern van konferensie

Stap saamvir kanker

NATASJA JOUBERT sal op Saterdag 25Oktober ’n praatjie met die tema Wees’n sprankelvrou en -dogter op ’n vroue-teeparty in die NG kerk Kroonstad-Ooslewer. Die kaartjies kos R25 per persoonen is by die kerkkantoor by 056-212-5782 beskikbaar. Ligte verversings salbedien word. Foto: Verskaf

Lewer praatjie

Page 7: Kroonnuuskn 20141014

KROONNUUS, DINSDAG 14 OKTOBER 2014 7

ELSJE NEETHLING, ’n kankeroorwinnaaren motiveringspreker, gaan op Saterdag 1November om 10:00 ’n praatjie ten bate vandie Northern Free State Care Givers(NFSCG) lewer.

Sy is op 12 jaar met ’n breingewasgediagnoseer. Dokters het toe gedink sy salnet nog drie maande kan leef, maar sy hetbesluit die lewe sal haar nie onderkry nie.Sy is vandag 32 jaar oud en motiveer mensemet haar boek Ek droom van ’n droom,haar juwele en I-Bead-Cancer-projek.

Sy was onder meer ’n joernalis aanVolksblad en het in 2003 rugpyn beginervaar.

Dieselfde soort gewas as wat as kind inhaar brein gediagnoseer is, het in haarstuitjie begin groei. Twee maande voor haartroue was ’n wit rok en die onthaal dieminste van haar bekommernis. Sy het omhaar lewe geveg.

Vir kaartjies teen R100 per persoon virdie byeenkoms bel Wollie van Schalkwykby 076-044-1686.

Elsje geeandermoed

Lees vorige uitgawes vanKroonnuus by

www.kroonnuus.co.za

Page 8: Kroonnuuskn 20141014

8 KROONNUUS, DINSDAG 14 OKTOBER 2014

Tharine Hurter

NET R30 per maand en dieKroonstad-buurtwag kanmisdaad aansienlik in Kroon-stad beveg.

Vir R150 kan ’n bordjiegekoop word wat by jou huisaangebring kan word om dit virlede van die buurtwag maklikerte maak om sigbare patrolliesmet die flikkerende, wit lig tekan doen.

Spaski Geldenhuis is sedert

die stigting van die buurtwagaktief by die patrollies en dieuitstuur van selfoonboodskappebetrokke.

Hy sê huisinbrake hettoegeneem. Mense moet hulhuisalarms toets en die veilig-heidsmaatreëls by hul huiseopknap.

Hy beveel aan mense beperkdie steeltyd van diewe deurhuisvensters toe te maak.

Vir inligting oor die buurtwagskakel 072-349-4694.

Buurtwag aktief

DIE Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooies) se gr. 10-gasvryheidstudieleerlinge het melkterte gebak en by HuisEdelkroon, die Presidentia-jeugsorgsentrum en die Primêre Skool Kroonheuwel se spesiale onderrigklas uitgedeel.Van links is, voor: Angelique England, Ilzé Petzer, Tané Potgieter en Liezel Pieters; middel: Charmaine Parsons,Ilzé Coetzee, Sharon du Plessis, Minette Bornman, Denica Jansen, MarieWessels en LettieWessels; agter: NatalieRosslee en Anica van Staden. Foto: Verskaf

• Hilux, Isuzu, BT50 & Colt Double, Single & Chassis Cabs •• Hatchbacks • Sedans • SUVs • MPVs • Non Runners •

Visitwww.aucor.com:

Conditions: Each buyer has to register to bid. FICA - PROOFOF ADDRESS & ID. Deposit of R10 000 per bank guaranteed cheque,debit or credit card or EFT. No Cash! Aucor may bid on behalf of the seller. Duly instructed, Aucor will supplement and sell by public

auction. SUBJECTTO CHANGEWITHOUT PRIOR NOTIFICATION. Auctioneer: Jacques van der Linde

Date: Tuesday, 21 October 2014 @ 10h30 • Venue: 1 Kruger Avenue, Estoire, Bloemfontein

FORFULLUPDATEDLISTING, PHOTOS, TERMS&CONDITIONS

IFYOUDON’THAVETHETIMEBIDONLINE www.aucorlive.com Onlinebidding for thisauctionpoweredby:

VIEWING: 20October from8:00 - 16:30 GPS: S 29°06.767’E 026°16.567’ Jakoef: 083 780 0055

For Financing contact:Celestè 082 374 5078

FANTASTIC FLEET & REPO AUCTION100X CHEAPIES, HILUXs & MORE

Page 9: Kroonnuuskn 20141014

KROONNUUS, DINSDAG 14 OKTOBER 2014 9

Samel kos vir diere by die DBV inGEE tweewielmotor-fiets-entoesiaste diekans om ’n verskil indie lewe van viervoeti-ges te maak en ’nmassa-optog vir dieinsameling van diere-kos word in ’n japtrapgereël. Die Elite Re-bels-motorfietsklubhet van die Dierebe-skermingsvereniging(DBV) die eerbewysontvang vir die mees-te deelnemers aan ’ngesamentlike motor-fietsrybyeenkoms virgeld en dierekos. Vanlinks is Ampie Ober-holzer, Elaine Riggi-en, Elmarie van derWesthuizen en ErnieJonck. Foto: Verskaf

Page 10: Kroonnuuskn 20141014

10 KROONNUUS, DINSDAG 14 OKTOBER 2014

T: 056 E: [email protected]: 056 215 1700 •212 3171/2 -www.kroonnuus.co.za

Geklassifiseerdwww.olx.co.za

Waar kopers en verkopers

mekaar ontmoet

eksklusief aanlyn by

OM TE ADVERTEER SKAKEL

DANKBETUIGING

ALGEMENE

KENNISGEWINGS

GEMEENSKAPS-

KENNISGEWINGS

1210

DKD TENNISKLUBhou 'n algemenejaarvergadering op25 Oktober 2014om 13:00 by die

tennisklub. Alle lede sowelas voornemendelede welkom

PERSOONLIKE

DIENSTE

SPYSENIERING

& LOKALE

1401

HOUSE OF DÉCORHillstraat 20 Hill Street

Nuwe adres!Oorkant Paint Shop

Verhuring vandècor vir alle funksiesSkakel 082 554 5852 of

056 212 2517

JOHNNIQUE CaterersJohan Badenhorst -Sel: 082 772 6333

Epos:[email protected]

KINDERVERMAAK

1405

JUMPING JACKSPRINGKASTELEBekostigbaar. Geendeposito. Kontak:

DAVID 083 410 9202

SPRINGKASTELETE HUUR

Nuwe voorraad ingekry.Skakel 076 530 8447

SPRINGKASTELE ENGLYBANE TE HUUR(Nog in baie goeie

toestand) SplinternuutSkakel 082 889 5392

FINANSIEEL

1420

------------------------------SA BUSINESS

DEBT COUNSELORSKroonstad - 083 493 6875------------------------------

OP SOEK NA

1485

I am looking for knittingmachines: Empisals andPassaps, in any condition.Will pay cash. ContactCecilia 082 482 4686.

TE KOOP

ALLERLEI

1655

ALLE BLINDERS -VOORSIEN & INSTAL-

LEER -TOP CARPETS056-2125507

NEW STOCK AVAILA-BLE - FLOOR & WALLTILES AND MOSAIEK.TOP CARPETS056-2125507

RV PAND WINKELPand van goedere.Koop & verkoop van

meubels & gereedskap.40 Brandstr. 073 771 0338

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

BOUWERK &

KONSTRUKSIE

1801

BUSMAR BOUERS& LAPA'S

16 Jaar ondervinding.Geen werk te klein.

Verwysings beskikbaar.083 390 2702

LJM CONSTRUCTIONVir alle

tipe bouwerkeSkakel

078 704 5671

TUIN &

BESPROEIING

1825

GESIFTE BEESMISSPESIAAL VOORBEREIvir u beddings en grasperk.Onkruidvry, skoon. Lewergratis af. R 50 vir 80kgJohan 082 294 7542

ALLERLEI

1845

AATJIES MATTE -Vir die lê van volvloer

matte, Viniel enGelamineerdevloerbedekkings.

Kontak Johan Hattingh082 893 3673

BRIDGE ELEKTRIESInstalleer/ Herstelvan krag-punte.

Bedrading-Sertifikateasook waterpype, geysers,plafonne & verfwerk. Onswerk vir alle versekerings-

firmas 056 215 1932083 573 2729

LEKKENDE DAK?Skakel die spesialis-waterdigter. Gratis

kwotasie. Meer as 23 jaarondervinding. 10 jaar-

waarborg. Skakel LutherCronje 082 891 4052

GBK CONSTRUCTIONPlaveisel, Bouwerk,

Teëlwerk, Houtvloere, Seëlvan dakke. Gideon Koertze

072 333 9693

KINGS BLINDS:Alle tipes blinders -

ook was-en herstelwerk

Skakel 082 783 1396.

MAAK ENRESTOUREERvan houtmeubels.

SLYP VAN ELEKTRIESESKAAFLEMME (HOUT)

Skakel Dave Jordaan082 573 9927

MOJO PLUMBINGVir alle loodgietersdienste

en verstopte rioleis ek daar!

Tertius 073 270 0311

VIR ENIGENAALDWERK

Skakel084 595 2820

WAS VAN VOLVLOER-/LOS MATTE,

banke & motorsitplekkeTop Carpets056 212 5507

LOODGIETERS

1855

VIR ALLE LOODGIE-TERSWERK groot ofklein. Installasies of her-stel riool. 25 Jaar onder-vinding. Kontak Willem

072 647 1428/Pieter 083 655 6118

ROMMEL-

VERWYDERING

1860

8 CUBE TIPPER te huurper dag of per uur. Ons paspryse aan om jou sak tepas - gewaarborg. Skakel

074 306 6370

VERVOER &

BERGING

1870

HARNO VERVOER4- en 8-ton-trokbeskikbaar vir dieverwydering vanbourommel en

algemene vervoerwerk -083 570 7356 of073 157 7248

JEF'S ALGEMENEVERVOER & NUTSMAN

Verwydering vanbourommel, takke en enigeiets uit erwe ens. 083 4945877 Faks 056-212 1322

MOVE SAFENetheid en veilig is onsleuse. Verskuiwing vanKantoor meubels, Huismeubels en Algemene

vervoer. Geen Vullis, Boumateriaal of Rou materiaalasb. Kontak Gerus: Ford ofRiekie. Sel: 072 853 2702/

079 149 1187

BOME

1871

HOUTKAPPERTJIE:083 568 1568

Afsaag, 'trim' en verwydervan bome.

Kaggelhout te koop.

VOLWASSENES

PRIVAAT

2015

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP

3025

A " BLACKLISTED""ITC" "DEPREWIEV"WE CAN HELP. We

finance you. Cars, Bakkies,D/Cubs available. 076 3099909 or 076 752 7446.email: martie.benecke

@gmail.com

EIENDOMME

SAKEPERSELE

3215

PERSEEL TE HUURBY TAXI RANK

Skakel082 908 9555.

PERSELE TE HUUR:Skakel

082 908 9555.

WOONSTELLE

TE HUUR

3250

ROOMS AND FLATSTO LET.Contact

082 908 9555.

1 SLP WOONSTELDadelik BeskikbaarVol DSTV Ingesluit.

R 1 850 pm.Louise 072 410 7719

TE HUUR

3205

WAREHOUSE700sqm @ R15 per sqmGet 500 sqm mezzaninefloor space free.

Secure situated in Cbd.Contact 083 635 3372

STOORPLEK77v/m

Dadelik beskikbaarSkakel 083 635 3372

TUINWOONSTELLE

TE HUUR

3265

"BACHELOR"WOONSTEL te huurR2 000 pm - DSTV,

krag en water ingesluit.Skakel Pat by

056 212 4275 of082 8987 527

MEENTHUISE

TE HUUR

3325

MODERN, NUUT, MOOIskoon en netjiese 2 slkpmet vol badk . Veilig,

Onmiddellik beskikbaar.Skakel 083 775 4131

BETREKKINGS

3600

BETREKKINGS

GESOEK

3670

JONG DAMEIS OPSOEK NA ENIGEPERMANENTE WERK

Skakel076 029 0640

YOUNG LADY ISlooking for Guesthouse orany housekeeping work.Can also babysit or cleanContact 078 405 7574

ALGEMEEN

3680

DEKOR 2000 het'n vakature vir 'nmanspersoon:

Sober gewoontes, netjies,in sy twintigs, virtoonbank verkope,voorraad hantering,

voorkeur aan verf mengen kleur kennis.Rekenaarvaardig,

pligsgetrou,geldige rybewys.Geen kansvatters!Ons sal u kontak.

CV met foto en ID [email protected]

DIETICIANGrade 12

BSc Dietetics orBSC Nutrition

Registered with HPCSADrivers Licence

5 yrs dietetic experienceMs Office, Word and Excel

Must have ownaccommodation

Must be willing to workshifts

Clear criminal record.Fax your CV to011 662 6353

FOOD PREPARATIONASSISTANTSREQUIRED

To work in KroonstadGrade 12

2 years cateringexperience

Literate – must be able tospeak, read and write

EnglishMust have ownaccommodation

Must be willing to workshifts.

Clear criminal record.Fax your CV to011 662 6353

COOKS REQUIREDTo work in Kroonstad

Grade 12Basic qualification incatering essential4 catering years

experienceLiterate – must be able tospeak, read and write

EnglishMust have ownaccommodation

Must be willing to workshifts.

Clear criminal recordFax your CV to011 662 6353

STOELASSISTENTKROONSTADOndervinding enRegistrasie isVoorvereistes

UITSTEKENDE DIENS-VOORWAARDES

SKAKEL: 083 287 2002

VITAL CASTINGSbenodig kantoordame.Halfdag pos. Epos CV [email protected] ofhandig in by kantoor,

7de weg nr. 39

GESOEK

3601

SUZAN NEEDS ANYKIND OF DOMESTIC

work from monday to Fri-day. Good references. Call

060 452 7739

BOEDELKENNIS-

GEWINGS

BOEDELS:

KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

BOEDEL WYLEP J VILJOENBOEDELNR: 24423/2014

In die boedel van wyle:PETRUS JOHANNES VILJOENGebore op: 14 OKTOBER 1928Identiteitsnommer:281014 5005 088Huwelikstatus: ongetroudOorlede op: 10 AUGUSTUS2014Adres: VOORTREKKERSTRAAT25, REITZBoedelnommer: 24423/2014

KREDITEURE en DEBITEURE inbogemelde boedel wordhiermee aangesê om binne 'ntydperk van DERTIG (30)DAE vanaf datum vanpublikasie hiervan hul eiseteen die boedel in te stel enhulle skulde aan die boedel tebetaal.

DU PLESSIS LE ROUX INGPOSBUS 1136KROONSTAD9500TEL: 056-2126541Mnr le Roux/ V4/2014

BOEDEL WYLET P MALOKABOEDELNOMMER:21056/2014

KENNISGEWING

In die boedel van wyle:TUMO PHILLIP MALOKAIdentiteitsnommer:671001 5582 081En wie oorlede is op:10-04-2014Boedelnommer: 21056/2014

KREDITEURE en DEBITEURE inbogenoemde boedel wordhiermee aangesê om binne 'ntydperk van DERTIG (30) DAEvanaf datum van publikasiehiervan hul eise teen dieboedel in te stel en hul skuldeaan die boedel te betaal.

ZANEL VENTERq.q EksekuteurP/A: SADLER INGELYFMarkstraat 23A, KroonstadPosbus 2483, KroonstadTel: 056 213 4376Faks: 086 610 8299Verw:ZP VENTER/ak/V00234

SOEK, KOOP, VERKOOP VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

Page 11: Kroonnuuskn 20141014

KROONNUUS, DINSDAG 14 OKTOBER 2014 11

BOEDEL WYLE:J H VAN DER LINDEBOEDELNOMMER: 2666/2014

KENNISGEWING AANKREDITEURE IN BESTORWE

BOEDELS

In die boedel van wyle:Van: VAN DER LINDEVoorname: JOHANNES HENDRIKBoedelnommer: 2666/2014Identiteits-/paspoortnommer:620811 5062 088Datum van afsterwe: 6/01/2014Laaste adres: Turnerstraat 10,Kroonheuwel, Kroonstad, 9500Alle krediteure wat eise teen diegemelde boedel het, word versoekom hulle eise binne 30 (dertig) daevanaf die datum van publikasie bydie gemelde Eksekuteur en/ofGemagtigde Agent in te handig.As die huwelik binne gemeenskapvan goedere was: Voorname en vanvan nagelate gade: JACOBA GER-TRUIDA WILHELMINA ANNA VANDER LINDEIdentiteits-/paspoortnommer:550129 0046 087Name en adres van Ekseku-teur/trise of Gemagtigde Agent:Wynand Petrus Du Plessis, Posbus68, Welkom, 9460

ADVERTEERDER:Naam: Recona Boedel en Advies-dienste (Edms) BpkAdres: Posbus 68WELKOM9460E-pos: [email protected]: 057-3525806

GEREGTELIKE

VEILING

4501

ISAAC MOLEFI MOKOENA/ ASAPI 1109 CCSAAKNOMMER:2912/2013

VEILINGGEREGTELIKE VERKOPING

In die Hoë Hof van Suid AfrikaVrystaat Afdeling,BloemfonteinSaak nr: 2912/2013

In die saak tussen:

ISAAC MOLEFI MOKOENAEiser

en

ASAPI 1109 CCVerweerder

Ingevolge 'n Vonnis gelewer op22 AUGUSTUS 2013, in dieHoë HOF VAN SUID-AFRIKA,VRYSTAAT AFDELING,BLOEMFONTEIN 'n Lasbriefvan Eksekusie daarnauitgereik, word die goederehieronder beskryf in eksekusieverkoop te Balju kantoor,41 Murraystraat, Kroonstad op6 NOVEMBER 2014 om 10:00,aan die hoogste bieër;

GOEDERE:

1 X BLOU TREKKER - GEENREGISTRASIENOMMER

REGISTRASIENOMMER1 X WIT EN SWART TROK -REGISTRASIENOMMER DLC113 FS1 X YSKAS1 X TELEVISIE1 X STOOF1 X MIKROGOLFOOND1 X WASMASJIEN

Neem verder kennis datHierdie is 'n verkoping ineksekusie kragtens 'n vonnisbekom in bogenoemde hof.Reëls van hierdie verkopingis beskikbaar 24 uurvoorafgaande die verkoping tedie kantoor van Die Balju,41 Murraystraat,Kroonstad.Registrasie as koper is 'nvereiste onderworpe aanbepaalde voorwaardes o.a3.1 voorskrifte van dieVerbruikers- Beskermings-wet 68 van 2008. (URL-http://www.info.gov.za/view/DownloadFileAction?id=99961)3.2 Fica- wetgewing mbtidentiteit & adres-besonderhede3.3 betaling van registrasie-gelde3.4 registrasievoorwaardesVerkoping sal geskied deur diekantoor van die BaljuKroonstad met afslaerJoy van Niekerk.

Advertensiegelde teenheersende publikasietariewe& verkopingkoste volgensHofreëls, geld.

GEDATEER te Bloemfontein op30ste dag van September 2014

EISER SE PROKUREURMNR. J P SMIT/LPP/a PHATSHOANEHENNEYMARKGRAAF STRAAT 35POSBUS 153BLOEMFONTEIN

VEIL INGS

Tharine Hurter

OKTOBER, diemooiste maand. Onsis nie vanjaar deurdie lente begroetnie en het lank laasdié tyd van die jaarsulke warm weerbeleef.

Roosliefhebbersmoet planne maakom ’n goeie deklaagoor die wortels vanroosbome te plaasom soveel moontlikvog te bewaar.

In Oktober geerose beslis virtuiniers die mooistegeskenk denkbaar:die eerste werklikeblommeprag.

In my tuin laatelke roos watoopgaan my besefek sal nou maareenmaal ’n regteKroonstadse“roos-tannie” bly.

Met die onweers-wolke wat so mooisaampak en diehoop op goeie reënbied, bly die grootreën vir eers weg.Die weervoorspellerToni Rossouw vandie weerkantoor inBloemfontein het in’n radio-onderhoudgesê mense kan ’ndroë voorseisoen tewagte wees.

Talle inwonershet reeds ’n dalingin die watertafel-vlak ervaar enboorgate bied netnie meer sterk,volhoubare waterom ’n blomtuin teonderhou nie.

Dalk is dit tyd omin die waterskaars-dorpe soos Kroon-stad waterbesparen-de plante te oor-weeg.

Talle goeiegrondbedekkers watdroogtebestand is,kan watervratevervang en ookmooi vertoon.

Hoe meer blommesoos pronkertjies enrose jy potlootdikteuitsny en pluk, hoelanger sal joublommepragvoortduur. Rosemet kort stingelsmoet liefs geplukword. omdat diestingel genoeg blaremoet hê om voe-dingstowwe op teneem. Verwyderwaterlote deur ditversigtig af te trek.

Verwyder uitge-blomde jaarplante.Oorweeg dit omsaailinge in potte te

plant om water tebespaar.

Diegene wat hulgrasperk genoegwater kan gee, kan’n algemenekunsmis toedien.

Kyk uit vir meel-dou en roes op rose,stokrose en malvas.

Behandel struikewat dopluis kry met’n sistemieseinsekkorrel by diewortelstelsel.

Geniet jou tuin,want die maandspan die kroon opbaie harde werk.

Watermaarskaars

BRIDE’S DREAM is ’n ligpienk roos wat groei-kragtig is en baie blomme dra. Die stingels vandie roos is lekker lank en die roos is ’n wennerin die tuin. Foto: Tharine Hurter

DIE pluimbalklub van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW)het op 24 September ’n baie geslaagde ope dag gehou. Ongeveer 38spelers het aan die toernooi deelgeneem en spelers van so ver soosBothaville het saammet die plaaslike spelers aan ’n parespelkompetisiedeelgeneem. Spelers het elk tien wedstryde gespeel en die punte isdaarna verwerk om ’n wenner te bepaal. Ockie Potgieter (regs) was diealgehele wenner van die dag met 210 punte. Jan Els (links) oorhandigdie wisseltrofee aan Potgieter. Elke deelnemer het ’n prys ontvang enSANW-pluimbal wil graag die borge vir die dag bedank. Daar word be-plan om die ope dag ’n jaarlikse geleentheid te maak, aangesien ’n wis-seltrofee oorhandig is. Foto: Verskaf

www.kroonnuus.co.zavir nuus en foto’s.

Wen trofee op ope dag

Page 12: Kroonnuuskn 20141014

12 KROONNUUS, DINSDAG 14 OKTOBER 2014

FOUR senior black belts ofKroonstad Combat Tae KwonDo received their NationalMartiar Arts-InternationalSports Karate Association(NMA-ISKA) Class A Judgingcertification at the ninth AnnualSouth African and All-AfricaChampionships held in the Ve-lodrome Sports Arena, Bellvil-le. From the left are JulianClar-ke, Sahbum Morné England,Jean Bricout and Romano Po-pham. Photo: Supplied

OP die rolbaldag op Braaidag (Erfenisdag) van die Heckroodtpark-rolbalklub is, voor: Marie Pansegrouw; van links, eerste ry: Reschelle Cilliers,Marlie Jansen van Rensburg, Maryke Botha, Tharina Els en Jo-Mari Smit; tweede ry: Jaco Coetzee, Susie Fourie, Ju-Mari Swanepoel en SarieBoucher; agter: Riaan Swanepoel, Jan Bester, Hennie van Zyl, Carmen Meyer, Johan Smit en Soon Taljaard. Afwesig: Annemarie de Wet, DoraFourie, Katryn Els en Heila Els. Die verrigtinge is in pienk getooi ter ondersteuning van die Pink Trees for Pauline-projek ten bate van die NorthernFree State Care Givers (NFSCG) en Kankerbewustheidsmaand.

Besoekwww.kroonnuus.co.zavir nuus en foto’s.

Rol die balle op BraaidagRol die balle op Braaidag