kontak uitgawe1 2014 (hoërskool porterville)

14
Bladsy 1 Maart Kontak: Skoolkoerant van Hoërskool Porterville Mnr & Mej. HSP Kaalvoet meisie steel harte Deur Elsa Richter WAT IS BINNE IN.. L E E R D E R S R 5 / P U B L I E K R 6 MAART 2014 Skoolkoerant van Hoërskool Porterville Jaar- gang 34 MODE BLADSY 6&7 HORMONE ZONE BLADSY 8&9 SPORT BLADSY 13&14 GEESTELIK BLADSY 10 Die spoggeleentheid, Mnr. en Mej. HSP is weer deur die Top 10 Netbal aangebied. Dit het vanjaar plaasgevind op Dinsdag 25 Maart 2014 in die skoolsaal en was ook gekombineer met ‘n heerlike steakete. Die meisie finaliste was die volgende: Anandie Burger, Anke Bleeker, Anika Kotzé, Elana du Plessis, Patricia Baadjies, Margriet Cronjé, Lize Simon, Ragnhild Olivier, Salome Esterhuyse en Gail Faro. En die seun finaliste was: Austin Freder- icks, Bernard van Deventer, Cas Mouton, Christiaan Gous, Jan-Louis Nortjé, Jaydi- an Doman, JH Smal, Johan Haasbroek, Reinhardt Wessels en Tian Fouche. Hulle het baie hard geoefen en met die hulp van juffrou Carla Vorster en juffrou Michelle Basson was dit 'n suksesvolle aand. Die wenners van die aand was: Mnr. Per- soonlikheid Austin Fredericks, Mej. Per- soonlikheid Lize Simon. Hierdie leerders is deur die finaliste self gekies. Die Paartjie van die aand was Elana du Plessis en Reinhardt Wessels. Ons Prins van die aand Johan Haasbroek en Prins- es van die aand Ragnhild Olivier . En dan die uitslae waarvoor almal eintlik gekom het... Mnr. HSP was Christiaan Gous en Mej. HSP was Lize Simon. Die beoordeelaars was Braam Theron , tannie Lauren Laubsher en tannie Vinette Van Zyl. Om tot ‘n beslissing te kom oor wie moet wen was ‘n moeilike besluit, maar sonder hulle sou die aand ook nie so suksesvol wees nie. Die kaartjieverkope was ook ten bate van die Top 10 Netbal se fondsinsameling vir hul toer hierdie vakansie. Almal het die aand vreeslik geniet en ons sê ook dankie aan almal wat die aand moontlik gemaak het. KONTA K

Upload: boland-gazette

Post on 14-Mar-2016

275 views

Category:

Documents


12 download

DESCRIPTION

Kontak uitgawe1 2014 (Hoërskool Porterville)

TRANSCRIPT

Page 1: Kontak uitgawe1 2014 (Hoërskool Porterville)

Bladsy 1 Maart

Kontak: Skoolkoerant van Hoërskool Porterville

Mnr & Mej. HSP Kaalvoet meisie steel harte Deur Elsa Richter

W A T I S B I N N E

I N . .

L E E R D E R S R 5 / P U B L I E K R 6

M A A R T 2 0 1 4

Skoolkoerant van Hoërskool Porterville

Ja

ar-

ga

ng

34

MODE

BLADSY 6&7

HORMONE ZONE

BLADSY 8&9

SPORT

BLADSY 13&14

GEESTELIK

BLADSY 10

Die spoggeleentheid, Mnr. en Mej.

HSP is weer deur die Top 10 Netbal aangebied. Dit het vanjaar plaasgevind op Dinsdag 25 Maart 2014 in die skoolsaal en was ook gekombineer met ‘n heerlike steakete.

Die meisie finaliste was die volgende: Anandie Burger, Anke Bleeker, Anika Kotzé, Elana du Plessis, Patricia Baadjies, Margriet Cronjé, Lize Simon, Ragnhild Olivier, Salome Esterhuyse en Gail Faro.

En die seun finaliste was: Austin Freder-icks, Bernard van Deventer, Cas Mouton, Christiaan Gous, Jan-Louis Nortjé, Jaydi-an Doman, JH Smal, Johan Haasbroek, Reinhardt Wessels en Tian Fouche.

Hulle het baie hard geoefen en met die hulp van juffrou Carla Vorster en juffrou Michelle Basson was dit 'n suksesvolle aand.

Die wenners van die aand was: Mnr. Per-soonlikheid Austin Fredericks, Mej. Per-soonlikheid Lize Simon. Hierdie leerders is deur die finaliste self gekies.

Die Paartjie van die aand was Elana du Plessis en Reinhardt Wessels. Ons Prins van die aand Johan Haasbroek en Prins-es van die aand Ragnhild Olivier . En dan die uitslae waarvoor almal eintlik gekom het... Mnr. HSP was Christiaan Gous en Mej. HSP was Lize Simon.

Die beoordeelaars was Braam Theron , tannie Lauren Laubsher en tannie Vinette Van Zyl. Om tot ‘n beslissing te kom oor wie moet wen was ‘n moeilike besluit, maar sonder hulle sou die aand ook nie so suksesvol wees nie.

Die kaartjieverkope was ook ten bate van die Top 10 Netbal se fondsinsameling vir hul toer hierdie vakansie. Almal het die aand vreeslik geniet en ons sê ook dankie aan almal wat die aand moontlik gemaak het.

KONTA

K

Page 2: Kontak uitgawe1 2014 (Hoërskool Porterville)

Bladsy 2 Maart

Kontak: Skoolkoerant van Hoërskool Porterville

R E D A K S I O N E E L

KONTA Redaktrise: Riandri Oosthuizen

Hulp redaktrise Gisela Nel

Nuus: Monique Rossouw

Chrizelle Du Plessis

Natalie Pareira

Sport: Cornél Vlok

Reinhardt Wessels

Menings: Gisela Nel

Aktueel: Elana Du Plessis

Mode: Cecile Louw

Helga Truter

Elsa Richter

Carli Burger

Profiele: Riandri Oosthuizen

In-Diepte: Hanna Coetzee

Geestelik: Mart Bester

Roné De Lange

Bemarking: Mariska Vlok

Jan-Louis Nortjé

Johan Haasbroek

Bianca de Beer

Kultuur: Keliah Daniels

Belinda Richter

Emma Zincke

Fotograaf: Lyzanne JvR

Nelani Stemmet

Carla Ligthart

Tegnologie Johan Kuhn

Spotprente Johan Kuhn

Helga Truter

Uit die redaktrise

se pen

* Riandri Oosthuizen

O het die eerste besige

kwartaal van 2014 ’n einde

gekom. Ons hoop dat julle almal

die kort vakansietjie sal geniet en

weer veilig sal terug kom.

.Groete

Riandri *

K

Page 3: Kontak uitgawe1 2014 (Hoërskool Porterville)

Bladsy 3 Maart

Kontak: Skoolkoerant van Hoërskool Porterville

M E N I N G S

Menings Deur Gisela Nel

’n Meningsopname is gedoen om uit te vind of leerders die Kontak in kleur wil hê

en of hulle meer sal betaal vir so ’n uitgawe.

SPOTPRENT: Pienaar - ‘n goed geGREASEde masjien tydens Interhuis Atletiek 2014

SPOTPRENT: Pienaar - ‘n goed geGREASEde masjien tydens Interhuis Atletiek 2014

Page 4: Kontak uitgawe1 2014 (Hoërskool Porterville)

Bladsy 4 Maart

Kontak: Skoolkoerant van Hoërskool Porterville

P R O F I E L E

Waar vandaan kom meneer en waar was meneer op skool?

Heidelberg en Hoërskool Heidelberg

Hoekom het meneer Porterville gekies?

Dis ’n gesellige dorpie met min of meer dieselfde opset as waarin ek groot geword het en hier is ‘n ruggas-span , so ek kan rugby speel.

Verjaarsdag ?

5 September

Wat dink meneer so ver van HSP?

Behulpsame personeel, almal staan saam en daar is goeie kommunikasie netwerke en disiplinêre maatreëls. Dis ‘n lekker span mense om mee saam te werk.

Belangstellings:

Sport, buitelewe, kamp, braai en dans!

Vrese:

Haaie

Iets interessants oor meneer?

Ek het vir Pieke mans-sêr gesing.

Motto:

Filipense 4:13

Gunsteling kleur:

Blou

Vir watter Rugbyspan skree meneer?

Stormers

Wat rugby posisies speel meneer?

Senter ,12, 13 en vleuel ,14

Iets wat meneer al bereik het?

SA’s Karate in die laerskool.

Wat is meneer se gunsteling dier?

‘n Arend

Gunsteling kar of motorfiets:

Mercedes Mclaren

Gunsteling kos en sjokolade of lekkers:

Hamburger en chips ,Tex en fruit & nut chocolate

Wie is meneer se rolmodel?

Jean de Villiers

Gunsteling fliek of series:

Suits

Gunsteling sanger/es of liedjie:

Die Heuwel Fantasties se “Drome en ligte”

Gunsteling sê ding:

Dis ligte musiek.

Waarvan hou meneer nie?

Arrogante mense

Wat irriteer meneer?

Mense wat nie stil sit langs jou nie en as my foon hak.

Meneer Eygelaar Deur Riandri Oosthuizen

Page 5: Kontak uitgawe1 2014 (Hoërskool Porterville)

Bladsy 5 Maart

Kontak: Skoolkoerant van Hoërskool Porterville

N U U S

Die ooievaar het geland

Krummeltjies 2014 Hardegat word sagte gat nou!!

Dit was die sotte se voorland… Meeste van ons het uitgesien na die doop, maar som-mige krummeltjies was maar lekker bang, maar toe was dit eintlik nie so erg soos wat ons verwag het dit gaan wees nie. Elke dag was soos ‘n nuwe avontuur. Hulle het omtrent snaaks gelyk, en snaakse dinge ge-doen.

Daar was gehuff en gepuff , maar die krummeltjies het ware Bulle geword toe hulle baadjie deur die Matrieks oorhandig is by die sottekonsert. Die geleentheid was beslis een om te onthou met baie humor. Theun Burger het die stot van die jaar toekening gewen . Welkom in die hoërskool sotte!

Op 6 Februarie het ’n klein seuntjie deel geraak van Juf-frou Elaine en haar man, Co-bus, se lewens. Die naam “Ulrich” kom van sy oupa se naam af en “Heyns” is Cobus se derde naam. Cobus wil graag nog ’n kind hê, maar Juffrou is nog nie so seker nie.

Die ding waarna Juffrou Elaine die meeste uitsien, is om haar seun van Jesus en die Bybel te vertel en ‘n Kin-derbybel is ook die eerste ding wat hulle vir hom gekoop het. Cobus is ook baie opge-wonde en sal glo ook sy beurt kry om in die aande op te staan en om die doeke om te

ruil. Sy sien daarna uit om sy warm lyfie vas te hou, maar is ook bewus van die nuwe uitdagings en die nuwe begin.Sy is bang om hom die eerste keer te bad en vir al daardie verrassingsdoeke!

Die babakamer is mooi, maar dit het geen tema nie en is hoofsaaklik ‘n familiekamer. Juffrou gaan eers die 2de Junie weer terug kom en ons is seker almal gaan haar mis tot dan. Ons almal hoop dat Ulrich-Heyns vir Juffrou-hulle baie vreugde gaan bring en dat julle elke oomblik saam met hom sal geniet!

Dramaklub weer op die been Deur Keliah Daniels

En net toe ons dink HSP se dramaklubsessies het tot ‘n

einde gekom, toe kry dit juis nuwe lewe!

Ons het sommer vroeg in die jaar begin en met al die

nuwe talent is daar sommer baie opwinding. Juf.Carla

en Michelle het die klomp sommer nuwe hoop kom gee.

Ons het op 12 Februarie oudisies gehad en sommer gou

daarna begin. Alhoewel ons nie ‘n toneelspel gaan doen

nie, gaan daar wel aan ‘n woordfees deelgeneem word!!

Die klomp is sommer druk besig. Dis al waaroor gepraat

word by oefeninge, want almal sien uit.

Drama moet jou passie wees, want hier praat ons net

drama sake. Dit het ook sy voorwaardes, want jy moet

toegewyd wees en jul tyd ken! Nietemin is dit baie

aangenaam en tonne pret!! Jy kan tog net jouself wees

en ons het sommer gou uit ons doppe gekruip.

By die woordfees later in die jaar wil ons net ons beste

gaan doen en Hoërskool Porterville trots maak!

Page 6: Kontak uitgawe1 2014 (Hoërskool Porterville)

Bladsy 6 Maart

Kontak: Skoolkoerant van Hoërskool Porterville

M O D E

VROLIK

JOU

NAELS

OP

*Vinnig en

maklik*

Probeer iets nuuts Deur Helga Truter en Cecile Louw

Page 7: Kontak uitgawe1 2014 (Hoërskool Porterville)

Bladsy 7 Maart

Kontak: Skoolkoerant van Hoërskool Porterville

M O D E

Probeer gerus die volgende... Deur Elsa Richter en Carli Burger

Check Hemp Drifter Sonbrille

Cuffed chino broek

V-nek T-hemp

Lace-up plimsoll

Page 8: Kontak uitgawe1 2014 (Hoërskool Porterville)

Bladsy 8 Maart

Kontak: Skoolkoerant van Hoërskool Porterville

H O R M O N E Z O N E

Graad 10

Leslynne en Everton is al soos twee

getroudes. Janine, wie is mnr “T” en hoekom

het ons hom nog nie gesien nie? Cobus, ons

sien net jou Whatsapp status en dat jou oë rek

en wange rooi raak as ‘n sekere blonde meisie

verby stap.

Charlize, ons hoor jy is ’n hartebreker of

verstaan hulle net jou vriendskap verkeerd?

Deodan en Sabrina klets tog te lekker pouses,

ons kan sien jy is verlief, koekie! Yunecia weet

Jody het ‘n reputasie, maar tog bly hulle oulik

saam. Ons hoor Cadey is toe nie die een vir

Danzil nie. Eric wat het dan tussen jou en

Reinette gebeur, of hoekom is dit so stil? Hein-

Paul... Is dit nou Lara in Gim of Elzanne

Liebenberg? Dewaldt, wie het jou hart

gesteel? Oor wie is jy, Levhan? Graad 9

Boetie, wie is die een wat jou so laat

glimlag? Ons sien jou lyne is weer

oop. Daar is deesdae ‘n pilaar tussen

Rossouw en Nelani, is dit dalk omdat

jy in Belinda se rigting kyk? Charl en

Andrea is ook net te oulik saam en

meer as verlief. Adriaan Haasbroek jou

ogies blink ook deesdae ... Ons

wonder hoekom ... Corben en Keliah is

weer saam en ons is bly daaroor.

Graad 8

Lida ons sien jy en Janco is nou saam en

ontmoet gereeld ... gereeld.!! Carla watter

outjie het jou so opgewonde die badkamer

laat in hardloop? Armand, jou laerskool titel

het jou hoërskool toe gevolg—haan onder die

henne! Maar watter hen laat jou kraai?

H O Ë R S K O O L

Leslynne & Everton

Roné & Christiaan

Page 9: Kontak uitgawe1 2014 (Hoërskool Porterville)

Bladsy 9 Maart

Kontak: Skoolkoerant van Hoërskool Porterville

H O R M O N E Z O N E

Graad 11

Gous en Roné is tog te oulik saam. Cecile en

Schalk kan maar net sowel trou, want hulle

raak NOOIT moeg vir mekaar nie. Bernard,

ons sien jy en Gisela is ook weer terug by

mekaar...

Hoe jonger die hart , hoe groter die hoop..

JH het nog steeds nie opgegee met Anika

nie. Johan sê hy is klaar met meisies en lyk

vir ons dit doen hom goed.

Marietjie... Wie se nommer was op jou arm

geskryf by die Imagine kamp? Carli Burger

ons sien jy en Abrie Engelbrecht het die

skoot hoog deur!! Tristan en Elsuane het toe

nie gewerk nie, maar hy en Helga lyk baie

danig met mekaar. Sashin en Sachen

#nuffsaid!

Die Kontak aanvaar geen verantwoordelikheid vir verkeerde inligting nie.

Graad 12

Ané verlang elke dag net meer en meer na

Junior, maar hulle liefde staan sterk. Bianca

het beslis haar deksel gekry—ons kan sien

Stefan maak jou dolgelukkig. Darren, ons hoor

daar was “trouble in paradise”, gelukkig het

Fabrisca jou vergewe en is dinge is nou weer

reg. Ai... Danny en Stannelize is ook nou uit.

Tian en Jolandie was uit , maar ons sien ietsie

is weer aan die broei.. Tarren wat gaan aan

tussen jou en Madré? Waldo jy sal moet kies

tussen die twee Richter susters... Morné is dit

nou Marietjie of wat?? Jan-Louis is deesdae

glad nie so stil soos in die verlede nie en ons

wonder wie dit aan hom doen... Cas en

Salomé... Ons weet van 2minute noodles,

maar nou bestaan 2minute verhoudings ook.

Anandie, wat het skeef geloop tussen jou en

Ruhan en wie laat jou nou snak na jou asem?

H O Ë R S K O O L

Schalk & Cecile

Darren & Fabrisca

Page 10: Kontak uitgawe1 2014 (Hoërskool Porterville)

Bladsy 10 Maart

Kontak: Skoolkoerant van Hoërskool Porterville

G E E S T E L I K

Jou doen en late Deur Hanlie Coetzé

HSP streef na Christus Deur Roné de Lange en Mart Bester

Psalm 18:3 “Die Here is my rots, my

skuilplek en my redder, my God, my

rots, by wie ek skuil, my skild en sterk

verlosser, my veilige vesting.” Dis die

motivering waarmee HSP die eerste

kwartaal aangepak het. Soveel aktiwi-

teite het in die eerste kwartaal

plaasgevind, maar daar was altyd tyd vir

ons leerders om stil te word voor God se

voete.

Ons het in die eerste kwartaal vier

kringe gehad asook ‘n bekende spreker

wat ons skool kom toespreek het en

ingelig het oor evolusie. Leerders het

nou meer kennis opgedoen oor evolusie

en hoe dit uit ‘n Christelike oogpunt

gesien kan word. Verskillende opinies is

gehoor oor evolusie, maar God is ‘n per-

soonlike God en werk verskillend met

ons elkeen. Ons het ook ‘n geseënde

kwartaal gehad wat kringe aanbetref.

Die VCSV kringleiers van 2014 is opge-

wonde oor die jaar wat voorlê en die

verskil wat hulle in hul kringe gaan

ervaar.

Die hoërskool VCSV-kamp het vanaf die

14de tot die 16de Februarie

plaasgevind. Hoërskool Piketberg het

ons skool saamgenooi na die jaarlikse

gebeurtenis op Strandfontein by die

VCSV-kampterrein. Die tema vir die

kamp was “Amazing Love” wat

aangesluit het by die idee van liefde van

Valentynsdag. Die kinders beskryf die

kamp as ongelooflik en geseënd. Om

God se teenwoordigeheid te ervaar ter-

wyl jy na die sonopkoms en branders

staar, het hulle net weer laat besef

watter groot God ons dien.

In ons skool is daar ook ‘n groot opge-

wondenheid oor die “Imagine”-kamp

wat vanaf die 21ste tot die 23ste Maart

plaasgevind het op ‘n plaas buite Malm-

esbury. Daar was 10 000 tieners by

hierdie kamp verwag. Die same-

horigheid van tieners wat hul harte vir

die Here verander het en wil verander,

was onbeskryflik. Ons glo die kamp sal

soveel tieners se lewens verander en ‘n

nuwe gees vir God skep.

Daar is ‘n gesegde waarmee ons die HSP

leerders die vakansie wil instuur:

”Wanneer ons niks meer oor het nie

behalwe God, ontdek ons dat God ge-

noeg is.”

Dink mooi oor wat jy doen en sê …hierdie sinnetjie het almal van ons al gehoor, van ouers, vriende of familie. Die vraag is… doen ons dit regtig? Elkeen van ons kry net een lewe, ‘n lewe waar die keuses van ons doen en late slegs van ons afhang. Ongelukkig is die realiteit dat die keuses wat ons as jongmense maak, die res van ons lew-ens sal beïnvloed. Dis hoekom dit uiters belangrik is om die regte keuses te maak. Nou… wat is die regte keuses? Keuses strek van die vriende wat jy het, die houding wat jy het teenoor ander mense tot die keuses van die woorde wat jy sê. Vriende kan ‘n ongelooflike groot rol in ‘n tiener se lewe speel.

Ongelukkig is daar vriende wat jou sal aftrek en al is dit nie lekker nie, is dit die beste om daardie vriende uit jou lewe te skakel. Jou houding teenoor ander mense kan verhoudings bou of breek; wees vriendelik teenoor alle mense. Dan gaan niemand vingers na jou kant toe kan wys nie. Woorde wat jy sê… ons besef nie altyd die krag van woorde nie. Woorde word soms gesien as swaarde. Die verskil is dat wonde kan genees, maar emo-sionele wonde bly vir altyd. Spreek die goeie uit… oor alle mense, al is dit soms baie moeilik. Dit spreek jou ook vry van skuldgevoelens en verwyte. Dit wat jy doen is gedoen en niemand

kan die wegneem nie. Dieselfde geld vir

dit wat jy sê. Dus moet jy baie mooi

dink voor jy iets doen of uitspreek, en

die gevolge daarvan oorweeg. As jy

hierdie basiese beginsels instel in jou

lewe sal jou lewe baie verander vir

goed

Page 11: Kontak uitgawe1 2014 (Hoërskool Porterville)

Bladsy 11 Maart

Kontak: Skoolkoerant van Hoërskool Porterville

R E S E N S I E S Vir die Oog

Deur Elana du Plessis

Afrikaans, Romanse, Avontuur

1h 57min

Rolverdeling: Ivan Botha, Marius Weyers, Donnalee Roberts

Regiseur: Jaco Smit

Wanneer die aantreklike Basson van Rensburg (Ivan Botha) se pa

sterf, het hy slegs vyf dae om in die Kaap te kom om sodoende die

begrafnis by te woon. Hy ontmoet egter op sy reis die beeldskone

Amory (Donnalee Roberts). Hulle pak saam die reis aan en ontmoet

eienaardige mense, sien beeldskone plekke en word verlief op me-

kaar. Hulle reis is egter nie sonder hartseer en teleurstellings nie.

Pad na jou hart

Fantasie, Komedie, Aksie

1h 44 min

Rolverdeling: Zoey Deutch, Lucy

Fry, Danila Kozlovsky

Regiseur: Mark Waters

Rose Hathaway is half-vampier en half-mens wat

oefen om ’n bewaarder by St.Vladimir’s Akademie

te wees. Daar is egter goeie en slegte vampiere.

Vampiere wat tussen mense kan leef en slegs die

bloed van donateurs drink, soos Moroi, of die wat

die bloed van mense drink en hulle probeer

doodmaak soos Strigoi. Rose moet haar mede be-

waarders van Moroi beskerm en vir Strigoi

doodmaak.

Vampire academy

Misdaad, Riller, Dokumentêr

1h 43 min

Rolverdeling: Nicolas Cage, John Cusack,

Vanessa Hudgens

Regiseur: Scott Walker

Jack Holcombe,’n soldaat, glo dat Robert Hansen

’n reeksmoordenaar is wat jong meisies ontvoer,

martel, verkrag en uiteindelik doodmaak. Hy het

egter nog nie genoeg bewyse om ’n lasbrief te

kry wat hom sal toelaat om Hansen se perseel te

ondersoek nie. Hy weet egter dat een van sy

slagoffers, Cyndy Paulsen, oorleef het en

probeer haar in die hande kry om sy saak te ver-

sterk.

The frozen ground

Page 12: Kontak uitgawe1 2014 (Hoërskool Porterville)

Bladsy 12 Maart

Kontak: Skoolkoerant van Hoërskool Porterville

TEGNOLOGIE EN REKLAME

Groot, Groter,

Grootste?

Hedendaagse tegnologie maak die lewe makliker

en vergemaklik alledaagse takies. Soos slimfone

ontwikkel en groter en groteren meer kragtiger

en vinniger raak, is dit moeilik om by te bly.

Vandag se kragtigste slimfone is die HTC One,

Samsung Galaxy S4, LG G2, Sony Xperia z1 en die

iPHONE 5s. Dit is dis moeilik om te dink dat dit

nog beter kan raak, maar wat is volgende?

Apple en Samsung het albei verlede jaar

aangekondig dat hulle die iPHONE 6 en Galaxy S5

in 2014 beskikbaar gaan stel. Apple beweer die

iPhone 6 gaan die volgende “BANG!” in slimfoon

geskiedenis wees. Die foon sal in stoorspasie

grootes van 16Gig, 32Gig en 128Gig beskikbaar

wees en ‘n kleiner weergawe, genaamd die iPH-

ONE Mini sal later beskikbaar wees.

Samsung het weer gesê hulle wil die volgende

slimfoon in die Galaxy reeks meer gebruik-

ersvriedelik maak. Dit sal ‘n 5.25 cm skerm hê

met HD resolusies van 2560 x 1440. Die foon se

stoorspasie kom in verskillende weergawes van

32Gig, 64Gig en 128Gig. Daar sal ook ‘n kleiner

weergawe uitgereik word, naamlik die Galaxy S5

Mini maar geen spesifikasies is al gegee nie.

Albei slimfone is toegerus met die nuutste te-

gnelogie soos Fingerprint scanners, maar Sam-

sung het ook ‘n hartklop monito-toepassing en

die nuwe slimfoon is waterbestand en

stofbestand Albei slimfone is ‘n groot tree

voorentoe vir selfoon tegnologie.

Oranje Slagtery

Tel: 022 931 2380

Vir die beste kwaliteit boerewors, patties, steak en bacon kontak

Antonio.

Beesfillet @ R99 pkg

Back bacon @ R59 pkg

Streaky bacon @ R59 pkg

Bees pattie @ R50 pkg

Spesiale aanbieding solank voorraad hou!!!

Page 13: Kontak uitgawe1 2014 (Hoërskool Porterville)

Bladsy 13 Maart

Kontak: Skoolkoerant van Hoërskool Porterville

Ons top atlete, wat Saterdag 1 Maart, by die Boland byeenkoms in die Paarl, deelgeneem het, het uiters goed presteer.

Nege van ons atlete is verkies tot die Bolandspan. Hierdie atlete is: Elzanne Liebenberg, Reinette van der Merwe, Lize Simon, Anandie Burger, Mardi Breytenbach, Henco de Beer, JH Smal, Cas Mouton en Glen-Brey Fortune.V an hierdie atlete het ook by Wes-Kaap byeenkoms presteer en gaan aan die SA’s deelneem.

Ons is vreeslik trots op ons atlete en wens hulle sterkte toe met die atletiek wat voor-lê. Hou aan om HSP se naam hoog te hou!

HSP se top atlete presteer

Deur Belinda Richter

SPORT

Top 10 Netbal spelers

WOW!!! Trotsheid, eenvormigheid

en opgewondenheid op ons HSP

netbalbane wanneer ons Top10

Netbal spelers hulle plekke inneem

op die baan. Die nuwe Top 10 is on-

langs aangekondig en sal na die

Belville sportdag finaal in posisies

geplaas word. Hulle vertrek ook

binnekort op ‘n toer na die Raloka

game Range. Hierdie lyk soos ‘n

Span met uithouvermoe en ‘n leuse

wat lui, “Een Lewe, Leef Dit”. Ons

waardeer hulle deelname en wens

hulle sterkte toe met alles wat

voorle . Julle is ons trots.

LaatsonSkoonheid

Hair Nails Extensions

Make-up Pedicure & Manicure Massage

Waxing Styling Bridal make-up & hair

Contact Lindy for bookings 082 868 8798 (Laatson Plaas next to Waterval)

Page 14: Kontak uitgawe1 2014 (Hoërskool Porterville)

Bladsy 14 Maart

Kontak: Skoolkoerant van Hoërskool Porterville

M A A R T 2 0 1 4

SPORT

Wes-Kaap, NEE, Suid-Afrika se nommer een

Deur Natalie Pereira

Inge von Wielligh, graad 6, het by

Dal Josafat (paarl) deelgeneem.

Ons eie diskus atleet het teen ‘n

klomp ander leerders deelgeneem

en het 1ste plek behaal. En verwerf

so haar Boland klere.

Sy het toe weer by die Wes-Kaap

byeenkoms ‘n 1ste plek behaal en

is gekies om aan die SA’s deel te

neem. Ons almal het duim vas

gehou en sy het baie hard gewerk

en geoefen. Ons is baie trots om te

sê dat sy die kampioenskappe

gewen het en ‘n goue medalje te-

rug gebring het.

Inge ervaar dit as ‘n groot geleen-

theid om as ‘n uistekende atleet uit

te blink. Sy waardeer al die onder-

steuning wat die skool vir haar

gegee het deur hierdie tyd. Haar

afrigter , mnr Kotze is verskriklik

trots op haar en sê dit is die eerste

keer in baie jare dat ‘n HSP atleet

‘n goue medalje by die SA’s kry.

Ons is baie trots op jou, Inge!

HSP klein, maar getrain Deur Cornél Vlok

Op 11 Februarie het HSP,

Hoërskool HopeField en Dirkie

Uys die eerste Interskole At-

letiek byeenkoms gehad en

dit was ‘n groot sukses. Die

atmosfeer in die middag was

aansteeklik.

Ons atlete het glad nie terug

gehou nie en baie mooi pres-

teer. Daar was ‘n feestelikheid

in die lug wat dit net van

vooraf lekker gemaak het om

deel te wees van hierdie won-

derlike geleentheid. Die

toeskouers het gesing en

gedans op die pawiljoen en

ook net die atlete ondersteun.

HSP het maar net weer bewys,

dinamiet kom in klein pakkies.

Uitslae HSP

Medaljes (sonder aflosse)

Goud = 60

Silwer = 44

Brons = 30

Die byeenkoms is nog in sy

kinderskoene, maar volgende

jaar gaan ons groot en ons is

seker dat hierdie byeenkoms

in die toekoms iets sal wees

om na uit te sien.

Daar is nou wel nie ‘n

wenskool aangekondig nie,

maar in die toekoms sal daar

beslis wees. Ons almal dank

die personeel en ouers vir

hulle harde werk om die

byeenkoms ‘n te maak.

KONTA

K