kommunikaatjie6mei2012

5
2. Kan u die hartseer in die woorde van God aan Samuel in 8:7 raaklees? Daar is immers net Een ware Koning en dit is die Here. 3. Die feit dat ons belasting aan die “koning” (regering) van ons land moet betaal is dus deel van God se straf omdat ons nie Sy alleenheerskappy (teokrasie) eer nie. Wat sê Jesus van die betaal van belasting aan die keiser? ( Mat 22:15-22) 4. Watter drie ampte of dienste kry ons dus in die Ou Testament en waarvan is hierdie ampte ’n simbool? Wat is die ampte in die kerk en wat is die drie take of ampte van die gelowige? (Kyk gerus na HK Sondag 12) Wie is die Groot Profeet en Priester en Koning? 5. Wat is die reaksie op die salwing van Saul tot eerste koning van Israel? (10:26-27) Waar dit om ’n aardse koning gaan is daar en sal daar maar altyd ’n politieke verdeeldheid ontstaan. 33. 1 Samuel 16:1-18:16 Dawid en Goliat 1. Omdat die Here vir Saul as koning verwerp het, en die Here ’n bose gees in hom gestuur het, het hy fanaties en paranoïes geraak. Hier leer ons weer dat die bose geeste ook, net soos die goeie engele aan God onder- danig is. Lees ook hoe God hierdie geeste in Dawid se lewe gebruik (2 Sam 24:1 en 1 Kron 21:1) 2. Wat leer ons uit 16:7 van God se maatstaf oor die beoordeling van ’n mens se lewe? Word net die bestes en sterkstes deur die Here geroep? 3. Kyk na die detail beskrywing van die grootte van die reus Goliat (17:4-7). Dink u dat enig massiewe probleem wat jy het ooit vir die Here te groot is? Wat is die mooie van juis hierdie verhaal as ons lees dat ’n seun met ’n slingervel en ’n klip die groot probleem van israel oorwin het? 4. Wat is die pragtige belydenis van die jong gesalfde van die Here (17:45ev)? 5. Hoe het die Here vir Dawid elke keer bewaar? (18:11,12) OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Adres: Basdenlaan 226, Lyttelton Kerkkantoor: 664 2614 / 664 0004 Kantoorure : Ma.-Do 08:00 - 13:00 Faks: 088 012664 2614 E-pos: [email protected] Webblad: http://www.gkcenturion.org.za Ds Maarten van Helden : 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger: 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 347 0494/ 084 263 2055 Jaargang 37 Nr 16 6 Mei 2012 K K K Liturgiese Riglyne SONDAGOGGEND 9:00 Skriflesing : Openbaring 1 Teksverse : Openbaring 1:1,5,18 Sing : Ps 98:3,4 Sb 9-1:1,11 Sb 16 - 1:1,2 ,3 Ps 105:4,5,22 Ps 33:2 Ps 87:1-5 Sb 13-3 Orrelis: Corlea vd Walt Projektor: Engel de Jonge Klank: Jan Reesink Prediker: Maarten van Helden SONDAGAAND 18:00 Skriflesing : Jak 1:2-8, 12-18 Teksverse : Jak 1:13-15 Sing : Ps 118:1,4 Ps 68:9,13 Ps 72:10,11 Sb 13-3 Orrelis: Corlea vd Walt Projektor: Magriet Erasmus Klank: André Beumer Prediker: Ds Gerrit Kruger DIE STEM UIT DIE DOOD! Onlangs was die TV-programme populêr waar ‘n persoon (medium) namens jou met mense ‘anderkant die dood’ sou kon kommunikeer en dan troosvolle boodskappe oorbring. Hierdie sg. mediums misbruik die misterie én/of die vrees vir die dood om mense om die bos te lei en geld te maak. Alhoewel die behoefte by die mens bestaan om verby die dood te kan kyk, is dit nie vir ons beskore om met die dooies te kommunikeer nie. Wat die Here wel vir ons gedoen het, is om die misterie van die dood en die vrese wat daarmee saamgaan vir altyd weg te neem. Vir elkeen wat in Jesus Christus glo, is daar nie meer vrees vir die dood nie en weet ons dat daar in of ander kant die dood vir God se kinders die heerlikheid van die ewige lewe saam met Christus wag. Die Een wat ons dit kom leer het is Jesus Christus self, en ons hoor sy stem van ‘anderkant die dood’! SATAN VERSOEK DIE MENS MAAR GOD BEPROEF DIE MENS Wanneer laas het jy gesê: “Wyk Satan, wyk!” Satan die wêreld en ons eie vlees val ons elke dag aan. Elke dag moet ons sê: “Wyk Satan!” Waarmee God ons beproef, om ons geloof te louter en te versterk, gebruik Satan om ons te versoek. Deut 13:1-3; Open 2:10 God versoek nie die mens om hom tot sonde te beweeg nie, maar God laat ons soms in versoeking kom, Hy laat Satan toe om ons te versoek, sodat ons ook beproef word en in ons geloof en vertroue kan groei. Dink aan ons Here Jesus Christus self wat deur die Satan versoek is, Mat 4:1ev. Versoeking en Beproewing Versoeking is v/d duiwel Beproewing is van God Satan wil die sonde laat seëvier God wil die goeie laat seëvier Satan wil die mens afbreek God wil die mens geestelik bou Satan wil ons wegtrek van God God wil ons nader trek

Upload: geref-kerk-centurion

Post on 23-Feb-2016

250 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

nuusbrief,brief

TRANSCRIPT

Page 1: kommunikaatjie6mei2012

2. Kan u die hartseer in die woorde van God aan Samuel in 8:7 raaklees? Daar is immers net Een ware Koning en dit is die Here.

3. Die feit dat ons belasting aan die “koning” (regering) van ons land moet

betaal is dus deel van God se straf omdat ons nie Sy alleenheerskappy (teokrasie) eer nie. Wat sê Jesus van die betaal van belasting aan die keiser? ( Mat 22:15-22)

4. Watter drie ampte of dienste kry ons dus in die Ou Testament en waarvan

is hierdie ampte ’n simbool? Wat is die ampte in die kerk en wat is die drie take of ampte van die gelowige? (Kyk gerus na HK Sondag 12) Wie is die Groot Profeet en Priester en Koning?

5. Wat is die reaksie op die salwing van Saul tot eerste koning van Israel?

(10:26-27) Waar dit om ’n aardse koning gaan is daar en sal daar maar altyd ’n politieke verdeeldheid ontstaan.

33. 1 Samuel 16:1-18:16 Dawid en Goliat 1. Omdat die Here vir Saul as koning verwerp het, en die Here ’n bose gees

in hom gestuur het, het hy fanaties en paranoïes geraak. Hier leer ons weer dat die bose geeste ook, net soos die goeie engele aan God onder-danig is. Lees ook hoe God hierdie geeste in Dawid se lewe gebruik (2 Sam 24:1 en 1 Kron 21:1)

2. Wat leer ons uit 16:7 van God se maatstaf oor die beoordeling van ’n

mens se lewe? Word net die bestes en sterkstes deur die Here geroep? 3. Kyk na die detail beskrywing van die grootte van die reus Goliat (17:4-7).

Dink u dat enig massiewe probleem wat jy het ooit vir die Here te groot is? Wat is die mooie van juis hierdie verhaal as ons lees dat ’n seun met ’n slingervel en ’n klip die groot probleem van israel oorwin het?

4. Wat is die pragtige belydenis van die jong gesalfde van die Here

(17:45ev)? 5. Hoe het die Here vir Dawid elke keer bewaar? (18:11,12)

OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk Centurion

Adres: Basdenlaan 226, Lyttelton Kerkkantoor: 664 2614 / 664 0004 Kantoorure : Ma.-Do 08:00 - 13:00 Faks: 088 012664 2614 E-pos: [email protected] Webblad: http://www.gkcenturion.org.za Ds Maarten van Helden : 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger: 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 347 0494/ 084 263 2055 Jaargang 37 Nr 16 6 Mei 2012

KKKK

Liturgiese Riglyne SONDAGOGGEND 9:00

Skriflesing: Openbaring 1 Teksverse: Openbaring 1:1,5,18 Sing: Ps 98:3,4 Sb 9-1:1,11 Sb 16 - 1:1,2 ,3 Ps 105:4,5,22 Ps 33:2 Ps 87:1-5 Sb 13-3 Orrelis: Corlea vd Walt Projektor: Engel de Jonge Klank: Jan Reesink Prediker: Maarten van Helden

SONDAGAAND 18:00

Skriflesing: Jak 1:2-8, 12-18 Teksverse: Jak 1:13-15 Sing: Ps 118:1,4

Ps 68:9,13 Ps 72:10,11 Sb 13-3 Orrelis: Corlea vd Walt Projektor: Magriet Erasmus Klank: André Beumer Prediker: Ds Gerrit Kruger

DIE STEM UIT DIE DOOD!

Onlangs was die TV-programme populêr waar ‘n persoon (medium) namens jou met mense ‘anderkant die dood’ sou kon kommunikeer en dan troosvolle boodskappe oorbring. Hierdie sg. mediums misbruik die misterie én/of die vrees vir die dood om mense om die bos te lei en geld te maak. Alhoewel die behoefte by die mens bestaan om verby die dood te kan kyk, is dit nie vir ons beskore om met die dooies te kommunikeer nie. Wat die Here wel vir ons gedoen het, is om die misterie van die dood en die vrese wat daarmee saamgaan vir altyd weg te neem. Vir elkeen wat in Jesus Christus glo, is daar nie meer vrees vir die dood nie en weet ons dat daar in of ander kant die dood vir God se kinders die heerlikheid van die ewige lewe saam met Christus wag. Die Een wat ons dit kom leer het is Jesus Christus self, en ons hoor sy stem van ‘anderkant die dood’!

SATAN VERSOEK DIE MENS MAAR GOD BEPROEF DIE MENS

Wanneer laas het jy gesê: “Wyk Satan, wyk!” Satan die wêreld en ons eie vlees val ons elke dag aan. Elke dag moet ons sê: “Wyk Satan!” Waarmee God ons beproef, om ons geloof te louter en te versterk, gebruik Satan om ons te versoek. Deut 13:1-3; Open 2:10 God versoek nie die mens om hom tot sonde te beweeg nie, maar God laat ons soms in versoeking kom, Hy laat Satan toe om ons te versoek, sodat ons ook beproef word en in ons geloof en vertroue kan groei. Dink aan ons Here Jesus Christus self wat deur die Satan versoek is, Mat 4:1ev. Versoeking en Beproewing Versoeking is v/d duiwel Beproewing is van God Satan wil die sonde laat seëvier God wil die goeie laat seëvier Satan wil die mens afbreek God wil die mens geestelik bou Satan wil ons wegtrek van God God wil ons nader trek

Page 2: kommunikaatjie6mei2012

Die volgende siek lidmate word aan die liefdevolle versorging van die Here opgedra en

ons vertrou dat hulle sommer gou beter gesondheid sal ervaar:

� Buks Kotze (C3—664 2945) sterk aan in Unitas Hospitaal na ‘n rug operasie.

� Hein Kaiser (C6—664 2081) word die komende week geopereer in die Eugene Marais

Hospitaal.

� Piet Welthagen (A7—664 7297) is tans in Tshwane Distrik Hospitaal.

DOOP VANOGGEND:

Geluk aan Bertie en Riana van Jaarsveld (B3—084 626 2425) met die doop van hul dogter Lisa.

O ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaar “Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding” - Ps. 62:1

ALGEMENE INLIGTING EREDIENSTYE 9:00 en 18:00 Sothodiens: 12:30 KOLLEKTES VANDAG Tydens erediens: Barmhartigheid By die deure: GKSA Sustentasie DIENSBEURTE: Ouderling: Herman Smit Diaken: Wimpie Steenkamp KATKISASIE: Vandag: Les 11, Ps 42:1 13 Mei : Les 12 Ps 48:1 NUWE INTREKKERS Alle nuwe intrekkers word gevra om na die oggend-erediens voor die klavier aan te meld.

KOMMUNIKAATJIE ELEKTRONIES: www.issuu.com/gkcenturion elke Vrydag na 13:00.

EREDIENSTE OP INTERNET Vir direkte uitsending en inluister skakel in by :http://audioserver.nl/stream/?id=853 Vir inluister en aflaai na die direkte uitsending: http://audioserver.nl/mp3/recorder.php?id=853 VERGADERINGS: 7 Mei—Evangelisasie Kommissie 19:00

Kerk se bankbesonderhede: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 409

Inbetalings vir die Diakonie: Rek Naam: Diakonie Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 280 589

Inbetalings vir die Susters: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Susters Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600340417

7. Bybelstudie- en Huisgodsdiensriglyne (E-100 Rooster no. 31-33) 31. Samuel 1:1 – 3:21 Samuel luister na God 1. Nadat u die aanloop in Samuel 1 en 2 gelees het bepaal ons ons gedagtes by

die roeping van Samuel (Sam 3). Die eerste twee hoofstukke beskryf die afval-ligheid van Israel en dat dit selfs in die preister se familie voorgekom het. Die geestelike nood van die kerk word hierin weer beklemtoon, maar ook die feite dat die Here sy kerk nie vergeet nie en op sy tyd weer ’n geestelike leier aan sy volk voorsien. Watter betekenis kry ons in die naam van Samuel? (1:20)

2. Hanna en Elkana het hulle seun aan die Here toegewy met die bedoeling dat die

priester Eli hom in die weë van die geloof sou onderrig. Het Eli dit gedoen? (3:7) Waarom dink u het Samuel nie geweet dit is die Here wat hom roep nie?

3. Hoe belangrik is huisgodsdiens en katkisasie aan ons verbondskinders? 4. Wat hoor ons uit die antwoord wat Eli vir die jong seun leer? Hoe antwoord ons

God op sy roepstem en wat beteken dit om werklik te luister? (3:8-10) 5. Vergelyk die roeping van Samuel met die roeping van Jeremia 1:4-5. Het u al

nagedink en gebid oor die roeping en taak waarvoor die Here u van voor u ge-boorte af bestem het? Hoe gee jy daaraan uiting? Wat is die groot roeping en taak van die kerk van die Here? (Mat 28:19evv)

6. Wat leer ons van die houding/geloof van Eli uit sy antwoord aan Samuel nadat

hy die Here se oordeel oor sy huis aangekondig het? Moet ’n mens die gegewe omstandighede maar altyd net gelate aanvaar?

32. 1 Samuel 8:1-10:27 Koning Saul 1. Na die rigters het Samuel as leier van Israel opgetree. Die regering van die dag

was nie demokraties nie maar teokraties – God regeer deur sy geestelike leiers. Nou vra die volk na ’n aardse koning. Koning het destyds outokraties opgetree en dikwels sy eie mense uitgebuit.

Page 3: kommunikaatjie6mei2012

ADVERTENSIES BLOMME

Die blomme Sondae in die kerk word geborg deur BLOM ‘N BLAAR in Centurion (663 5955). Kontak hulle ook vir blomme vir troues, onthale asook enige vrugte– of biltongruikers vir aflewering plaaslik & oorsee. Enige gebruikte groen plastiese bakkies, mandjies en houers vir Sondae se blommerangskik-kings kan by die nuwe kombuis ingehandig word.

DROË VRUGTE VANAF MONTAGU

Gedroogde vrugte weer beskikbaar. Kontak Johanna Venter 082 335 8680 / 012 654 8565 CENTURION HOSPICE—vir meer inligting of donasies skakel 012 664 6175

KOMMUNIKAATJIE SPERTYD

Spertyd vir die Kommunikaatjie Donderdae om 11:00

ROBOTPAKKIE STOP-DINK-GAAN Jak 2:14-17. Jou deel vir evangelisering: byderhand, gerieflik en gou is om te kan gee. Verkrygbaar Sondae agter in die saal @ R10

NUWE KRUISPAD WEBBLAD Gaan kyk gerus na die nuwe webwerf op:

www.kruispad.net.

ELANDSPOORT- EN TEESKINKBEURTE

Kos moet op die laaste Vrydagoggend voor 8:45 by die nuwe kombuis afgegee word. Wyk Teeskink Elandspoort B8 Comine Venter 6 Mei Vr 11Mei B12 Jeanette vd Bijl 6 Mei Vr 11Mei Susan van Dyk 6 Mei Vr 11Mei B5 Louwtjie Malherbe 6 Mei Vr 11Mei B15 Marieke Zeevaart 13 Mei Vr 18 Mei B7 Jetske Guldemond 13 Mei Vr 18 Mei C9 Amelia Steyn 13 Mei Vr 18 Mei Elsie Swanepoel 13 Mei Vr 18 Mei A8 Ronell Hoogenboezem 20Mei Vr 25 Mei B17 Vakant 20 Mei Vr 25 Mei C2 Anna Smith 20 Mei Vr 25 Mei Christa Trichardt 20 Mei Vr 25 Mei

HUISGODSDIENSRIGLYNE OP WEB

Weeklikse Huisgodsdiensriglyne is nou ook beskikbaar op die webwerf saam met die Kommunikaatjie: www.issuu.com/gkcenturion

VROUEKAMP VERRASSING!!!!

Staan daar miskien êrens op ‘n rak in jou huis ‘n outydse koppie en piering (of 2 of 3), wat jy nog altyd wou wegmaak maar net nie kans gesien het om te doen nie? Bring vreugde in iemand se lewe deur dit te skenk vir ‘n verrassing wat beplan word vir die VROUEKAMP. Kontak Mara Smit (082 878 9154) of Louise Grobler (083 285 4528) as jy

kan help.

KLEUTERSORGKLAS 2—5 JAAR

Elke Sondag behalwe tydens Nagmaal, Skoolvakansies en Langnaweke. Kinders kan na die klassie geneem word tydens die laaste lied voor die preek en kan weer tydens die kollekte gehaal word.

JAN DIE KOPERKAN Ons koperkan loop leeg, bring asb al u kopergeld en gooi dit in die koperkan wat

voor in die kerk staan. Die geld word gebruik om ‘n teologiese student tydens sy studies te ondersteun.

DIE FLUIT

Jesus verwys na die bediening van Johannes die Doper wat deur die mense nie geag is nie.

“Hulle is net soos kinders wat op die markplein sit en vir mekaar roep: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie!” Lukas 7:32

Die Here gee aan ons ook geleenthede waarop ons nie altyd reageer soos Hy dit wil nie. In die bediening gaan daar ook sulke geleenthede verby. Een daarvan is die huisgodsdiens wat nog nie tot sy volle reg kom in die gemeente nie. Volgens my waarneming is dit duidelik dat die oproep om daagliks huisgodsdiens te hou by baie nog op dowe ore geval het. Dit selfs ten spyte van die moeite wat gedoen is om praktiese riglyne op te stel en uit te deel aan elke huis.

Die grootste dankbaarheid moet mens uitspreek vir elkeen wat hierdie fluit hoor speel het en begin dans het. Ook vir hulle wat huisgodsdiens hou al is dit nie met hierdie riglyne nie. Die doel van die riglyne is juis nie slawerny aan riglyne nie, maar selfstan-digheid in u godsdiens.

Maar die hartseer bly groot oor elke huis wat hierdie fluit hoor en tog nie dans nie. Die punt waaroor dit gaan is of daar daagliks saam met die stem van God geluister word. Die belangrikste is nie die riglyne of die moeite waarmee dit opgestel is nie, maar wel die punt of u wel saam met u kinders na die Woord van God gaan. Hoe u dit doen is u saak, solank u dit doen en dit sinvol doen. Daar moet na die Woord van God geluister word, deur u saam met u kinders! Dit is immers u Doopbelofte wat ter sprake is … dat ek my kinders in hierdie leer sal onderrig en sal laat onderrig! Die riglyne vir huisgodsdiens is net ‘n fluitjie om u weer te help om aan u beloftes voor God betroubaar te wees. So sal u saamwerk in die bediening van die Woord … so sal die akker voorberei word vir die prediking … so sal God met u praat en u kan ant-woord in u gebede. So belê ons in die toekoms … so gryp ons na die ewige lewe!

Die fluit het gespeel, kom ons dans! Kom ons doen wat die Here van ons verwag. En diegene wat getrou bevind word sal saam met my kan getuig … die Here gebied sy seën daarop.

Kom ons dans! Kom ons soek die Here in sy Woord, terwyl Hy nog te vinde is!

Ds Maarten

ONS IS OP SOEK NA GESKIKTE ARTIKELS WAT DEUR ONS GEMEEN-TELEDE GESKRYF IS VIR PUBLIKASIE OP DIÈ BLADSY. DIE ARTIKELS KAN GESTUUR WORD AAN: [email protected] OF U KAN DIT INHANDIG BY DIE KERKKANTOOR

Page 4: kommunikaatjie6mei2012

Centurion Christelike L aerskool 10 JAAR SE UITNEMENDE CHRISTELIKE ONDERWYS

OPEDAG

Vrydag 25 Mei 2012 van 08:00 tot 17:00 DDDie Centurion Christelike Laerskool is ‘n Afrikaans Christelike privaatskool wat fokus op hoë gehalte Bybel gefundeerde onderrig. DDDie ARSO kurrikulum word gevolg wat vir ons jong kinders ‘n Christelike opvoedings-basis verseker. Grade 0 tot graad 7 word aangebied in klasse van maksimum 20 leerlinge, wat individuele aandag verseker.

Tel nr: 012 654 7577/083 633 7208 Hv Edinburghlaan en Cornellstraat Faks nr: 086 667 5665 Clubview Oos Epos: [email protected] Web www.LSCenturion.co.za

CHRISTELIKE ONDERWYS IS DIT NOG RELEVANT IN ONS TYD?

Kom luister na Dr Dirk Hermann, Adjunk Uit-voerende hoof van Solidariteit en Mnr Pieter Bisschoff, Uitvoerende Hoof van Aros (Aksie Reformatoriese Opleiding en Studies)

19 Mei 2012, 08:30 vir 09:00 Gereformeerde Kerk Centurion

KONSERT 19 MEI 2012 OM 18H30 met

Kevin Leo en Mathys Roets Aangebied by die NG Kerk Doringkloof

Koste: R120pp.

Gemeente Aksie! SATERDAG 28 JULIE 2012

Met die Tema

GKC’s-got-talent! Trek ‘n ander baadjie aan … en kom hou fees soos Christene feesvier! Die Here gee talente en met hierdie fees gaan ons gemeente wys dat GKC’s-got-talent!

GKC staan mos vir Gereformeerde Kerk Centurion – vir al sy eie lidmate, maar ook vir enige ander nie-lidmate! Hierdie GKC’s-got-talent! fees het drie aksies:

� Ons Kinders! kom wys jul vaardighede in ‘n lekker kaskar kompetisie met hope pryse wat die

oggend van die 28ste Julie om 8:30 begin. Maak spanne, trek dieselfde aan, kom lag en stoot , kom wys jul gawes!

� Ons Belydende lidmate! kom gee elkeen hul eie vaardigheid en/of deugdes as talent(e) en dan

word dit op ‘n talente-veiling opgeveil, en

� Ons Gemeente! wat deelneem aan die proe-’n-bietjie-baie-ete met voorgeregte, groentegeregte,

vleisgeregte en nageregte (met pret-pryse vir die smullekker gereg in elke afdeling!)

Om hierdie GKC’s-got-talent! fees af te rond, gaan daar ook drinkgoed wees (koeldrank en glühwein), ‘n warmbrak vir as die oggend effens lank raak, en tombola vir die kinders as die veiling aan die gang is.

Die datum is die 28 Julie!

GKC-Christene, jy word nou vroegtydig van die Christen-talentfees vertel. Skud jou vere reg en maak dit ‘n GROOT datum vir jou Gesin! en vir Jouself! GKC’s-got-talent! en daarmee maak ons die Here! groot.

Vir meer besonderhede kontak gerus die skool!!

“In sy eie oë is alles wat ‘n mens doen, reg, maar die Here onder-

VERJAARSDAE VERJAARSDAE VERJAARSDAE VERJAARSDAE

BELYDENDE BELYDENDE BELYDENDE BELYDENDE LIDMATELIDMATELIDMATELIDMATE

6 Mei Karin Cloete A08 662 0373 Vincent de Jager C16 082 582 2600 Marieta Henning A10 664 4170 7 Mei Pieter Momberg B05 082 903 8139 Tianca Peens B03 083 449 4201 Lina van Wyk A13 664-3752 8 Mei Ryna du Plooy A02 Maricka Fourie B22 082 494 8704 Tinette Herholdt C14 665 0630 Magdalena Snyman C06 667 4003 Ehrard van der Walt C07 663 2410 9 Mei Gerhard Laubscher A03 662 2373 Nic Opperman C12 663 3693 10 Mei Elsa Briel B07 654 7080 Isabella Pretorius B12 654 1265 Wico Prinsloo C13 082 570 2036 Susan van der Walt B04 082 372 2434 Yolande Venter A03 072 844 5325 Johann Verreynne C12 663 3727 11 Mei Deaan Bloemhof A12 Joey Erasmus B20 664 2522 LM Pelser B05 654 7487 Evert van Seventer C03 082 335 0867 12 Mei Walter Vercuiel B15 653 0525

DOOPLIDMATEDOOPLIDMATEDOOPLIDMATEDOOPLIDMATE

7 Mei Cornè du Plessis B08 654-1437 10 Mei Nico Smal B18 076 828 9968 Alida van Wyk A12 083 380 9279

BYBELSTUDIEGROEPE: Woensdagoggend 6:00 Bybelstudie in saal. Almal welkom 9:00 Ds Gerrit se groep in konsistorie 9:00 Bybelstudie (1 Johannes)

CENTURION CHRISTELIKE LAERSKOOL Nooi alle senior lidmate na ‘n kort Hemelvaart programmetjie op 17 Mei 2012 om 09:00 in die Gereformeerde Kerk Centurion. Ds Maarten van Helden sal ‘n kort erediens hou tydens hierdie geleentheid. Die geleentheid word afgesluit met lekker koek en tee/koffie wat deur die leerders verskaf gaan word. Alle senior lidmate is welkom en kan die kerkkan-toor of die skoolkantoor laat weet sodat ons getalle voor die tyd kan hê. Skool tel.: 012 654 7577 Kerk tel.: 012 664 2614

Bybelskool van Centurion

(2de kwartaal 2012) bied aan

Die boek OPENBARING

Die groot troosboek vir alle Christene in die laaste dae

Hoe moet ons die ‘moeilike boek’ verstaan? Wat beteken al die simboliek?

Waarom laat God al die onreg toe? Wie is eintlik in beheer?

Wat leer ons van die wederkoms? Wie is die Antichris?

Gaan die kerk oorleef? Hoe naby is die einde?

Hoe lyk dit in die hemel?

Almal is welkom Aanbieder: Ds. Maarten van Helden Plek: Gereformeerde Kerk Centurion

Tyd: Elke Dinsdagaand 19:00 – 21:00 Koste: R 100 pp

Page 5: kommunikaatjie6mei2012

DAWID, DIE MUSICAL Van vergete skaapwagter tot befaamde digter-koning. Dawid: ‘n Man na God se hart… Ons wil graag ‘n blokbespreking vir die gemeente doen om die musiekblyspel

oor die lewe van koning Dawid in die Staatsteater dv op Saterdag, 16 Junie 2012 om 15h00 te gaan kyk. Kaartjies kos R200 elk. Indien u belangstel, kan u na die erediens besprekings agter in die saal doen. Be-

sprekings kan ook gedurende die week by die kerkkantoor gedoen word.

Geskiedenis van Gereformeerde Kerk Verwoerd-burg-Oos/Verwoerdburg-Noord/Centurion Om te voorkom dat die geskiedenis van ons gemeente verlore gaan, vra ons dat almal wat enigiets kan onthou oor die verloop en ontwikkeling van ons gemeente/kerkgebou/aksies dit op skrif sal stel en aan die Kerkkantoor deurgee. Enige interes-sante staaltjies sal ook baie welkom wees. Ons wil probeer om dit alles saam te stel in 'n bun-del wat die geskiedenis en gees van die Gerefor-meerde Kerk Centurion uitbeeld.

Wanneer: 18 – 20 Mei

Waar: Pure Joy Gasteplaas Koste: R600 per persoon

Tema: Sinkgat of Borrelfontein Besprekings by die Sustershoek

agter in die saal, of by Erna Olivier: 082 3322 118 / [email protected]

Bankbesonderhede: Gereformeerde Kerk Susters

ABSA, Lyttleton Rek: 600340417

Verwysing: Kamp + Naam

BEROEPENUUS BEROEPE ONTVANG · Ds C de Beer van Hoëveld na Boksburg-Suid. · Ds H Reinecke van George na Kuruman. · Ds OJ Struwig van Delmas na Durban-Noord.

SENIORAKSIE Maandag 7 Mei 2012 om 10:00

Mnr Piet Jordaan kom ons toelig oor die Residentia Stigting waarna ons lekker saam gaan kuier. Onthou u vrywillige bydrae vir Eljadahuis. Alle Seniors bo 60 is welkom om by ons aan te sluit.

talentfees vertel.

VERSLAG AAN DIE GEMEENTE INSAKE DIE FINANSIES VAN DIE KERKRAAD

Tydens die laaste gemeentevergadering het ons onderneem om drie maandeliks aan u verslag te doen. Graag gee ek aan u die resultate soos op 30 April 2012.

INKOMSTES

PRORATA BEGROOT: R1 253 920

JAAR TOT DATUM: R1 287 593

AFWYKING: R34 095 (positiewe afwyking)

Op die oog af lyk hierdie syfers baie gesond. Ons moet egter daarop let dat ons vir ‘n tekort van R256 000 begroot het. Dit beteken dat ons inkomste op hierdie stadium al ongeveer R85 000 bo begrote inkomste moes gewees het. Indien hierdie trant voortgesit word sal ons afsluit met ‘n tekort van R145 000.

U sal onthou dat die ouderlinge gedurende Februarie en Maart in hul wyke gesprek gevoer het met be-trekking tot maandelikse bydraes. Weens hierdie gesprekke is die bydraes tans ongeveer 5% hoër as waarvoor ons begroot het. Dit is egter steeds nie voldoende om die begrote tekort teen die einde van die jaar goed te maak nie.

UITGAWES

PRORATA BEGROOT: R1 293 061

JAAR TOT DATUM: R1 277 149

AFWYKING: R15 912 (positiewe afwyking)

Die uitgawes is mooi onder beheer. Daar is egter twee items wat begroting oorskry. Die items en die kommentaar hierop is kortliks soos volg:

Evangelisasie (oorskryding 31%). Eenmalige groot uitbetaling. Sal in die loop van die jaar regtrek.

Kantooruitgawes (oorskryding 16%). Word gemonitor. Afgelope maand het mooi afgekom.

BOUFONDS

INKOMSTE ONTVANG: R85 137

SOM VAN MAANDELIKSE BETALINGS: R88 800

AFWYKING: R3 663 (negatiewe afwyking)

Uit bogenoemde kan gesien word dat die kerkraad hierdie betaling moet subsidieer.

ALGEMEEN

Vir die jaar tot datum is ons nog R10 444 in die blou. Die begrote tekort beloop R39 141. Dus is ons finansieel gesond. Daar moet egter op gewys word dat ons in November bonusse moet betaal. Ons het nie reserwes hiervoor nie behalwe as ons weer teen die verband gaan leen. Dit is gevolglik belangrik dat daar voldoende reserwes opgebou word om hierdie te kan befonds.

DANKIE

Vir almal wat so getrou bydrae wil die Kerkraad dankie sê. Kom ons dra almal by uit dankbaarheid, vir al die Here se seëninge oor hierdie Gemeente.

GERRIT BEUMER - 082 572 5235

VOORSITTER FAK