kommunikaatjie4november2012

4
8 KOMBUISE EN GAS INSTALLASIES Ons is gekwalifiseerde binnehuis ontwerpers sowel GAS installeerders; spesialiseer in die ontwerp en installering van nuwe kombuise en restourasie d.m.v. verf tegnieke. Werner vd Walt 082 308 6238 [email protected] /Meryke Deetlefs 084 444 5443 [email protected] KOS VIR DESEMBERVAKANSIE: DANVILLE Die diakonie wil graag die projek van die Rainbow Kids Bybelklub in Danville ondersteun en poog om kospakkies vir 110 gesinne vir die Desembervakansie in te samel. Ons kan dit nie sonder u hulp doen nie en rig graag ‘n versoek om bydraes. Die kos en ander benodigdhede is onder die wyke verdeel en word u versoek om sover moontlik volgens wyksindeling by te dra. Die volgende bydraes (getal in hakkies dui toelating per gesin aan) kan by die saal afgelewer word: Benewens die items hierbo genoem, is daar ook nog ‘n behoefte aan ander items soos bv. vars groente, margarien, maalvleis, kookvleis en 10kg meel per gesin. Kontantbydraes sal ook verwel- kom word om van hierdie items aan te koop. Indien u kan help met die verpakking en aflewering van die kos, kontak asb vir Anton Smith (082 856 3704) of Esmé van den Berg (083 381 6428) Ons bedank u by voorbaat vir die ondersteuning Diakonie Item Wyke Item Wyke Toiletpapier (10 rolle) & Sout (1 pakkie) A1-3 Handeseep (4) & Skottelgoedseep (1 bottel) A4-6 Sunlight Seep (vir wasgoed–4) & Kookolie (1 bottel) A7-9 Koekmeel (2.5kg) & Tandepasta (1) A10-12 Tee (100 teesakkies) & Lyf/ handeroom (1) A13-14 Soja (6) & sjampoe (1) B1-3 Suiker (2.5kg) & Kits suurdeeg (4) B4-6 “Boelie beef” (6 blikkies) B7-9 Vis (6 blikkies) B10-12 Rys (5kg) B13-15 Gemengde groente (6 blikkies) B16-18 Grondboontjiebotter (1 - groot) & konfyt (1 - groot) B19-21 “Baked beans” (6 blikkies) B22 & C1-2 Groenmielies (6 blikkies) C3-5 Melkpoeier (2kg) & Sop (10) C6-8 Ontbytpap (4) C9-11 Koeldrank (2L aanmaak) & Pasta (3) C12-14 Sop (10) & Koffie (1 blik) C15-16 OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Adres: Basdenlaan 226, Lyttelton Kerkkantoor: 664 2614 / 664 0004 Kantoorure : Ma.-Do 08:00 - 13:00 Faks: 088 012664 2614 E-pos: [email protected] Webblad: http://www.gkcenturion.org.za Ds Maarten van Helden : 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger: 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 347 0494/ 084 263 2055 Jaargang 37 Nr 31 2 September 2012 K K K Liturgiese Riglyne SONDAGOGGEND 9:00 Skriflesing : Daniël 3:1-28 Teksvers : Daniël 3:17a, 18a Sing : Ps 147:1-3 Sb 12-3:1-2 Lied 203:1, 2 Sb 16-1:1-3 Sb 14-2:1 Sb 1-2:1-3 Sb 13-2 Orrelis: Corlea van der Walt Projektor: Johan Hoogenboezem Klank: Leendert Wattel Prediker: Prof Sarel van der Walt SONDAGAAND 18:00 Skriflesing : : Hab 2:20; Hab 3:1-15 Teksvers : Hab 2:20; Hab 3:2 Sing : Ps 111:1-4 Sb 12-3:1,2,3 Ps 134:4 Ps 93:1,2,4 Ps 112:1,2,3 Sb 13-2 Orrelis: Corlea van der Walt Projektor: Susan Hoogenboezem Klank: Jan Reesink Prediker: Ds Gerrit Kruger OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Adres: Basdenlaan 226, Lyttelton Kerkkantoor: 664 2614 / 664 0004 Kantoorure : Ma.-Do 08:00 - 13:00 Faks: 088 012664 2614 E-pos: [email protected] Webblad: http://www.gkcenturion.org.za Ds Maarten van Helden : 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger: 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 347 0494/ 084 263 2055 Jaargang 37 Nr 40 4 November 2012 K K K GK Centurion verwelkom Prof Sarel van der Walt van die Teologiese Skool Potchefstroom VERSIENDE IN DIE GELOOF Hier staan drie manne. Drie manne voor die koning, en hulle staar die dood in die gesig. Drie doodgewone jong manne, wat die guns van die Here geniet het, en wat in doodsveragtende omstandighede vasklou aan die God van die verbond. En deur hierdie geloof bely hulle: Ons het ons God. Ons sal Hom aanbid en nie die koning se beeld nie, selfs al gee Hy nie hier uitkoms nie! Dit gaan in hierdie gedeelte oor die versiendheid van geloof teenoor die geestelike bysiendheid waarin ons almal soms vasgevang word. Terwyl ons soms wonder oor hóé God werk (en selfs soms: óf Hy werk), is God reeds (of eerder: steeds) besig om te werk soos wat Hy nog altyd in sy verbondstrou gedoen het, sy trou wat troosvol deurbreek in Christus. VAN WANHOOP TOT VERTROUE! Van vrae aan God tot volle oorgawe in gebedsvertroue! In hierdie gedeelte is Habakuk se reaksie nie meer die van vrae en ‘n aanklag teen God nie, maar die van volle gebedsvertroue. Habakuk het van wanhoop tot vertroue beweeg. Habakuk bid en hy bely hoedat God Israel beskerm het deur gevare heen, vanaf Egipte tot in Kanaän. Hy spreek vertroue uit dat God afgesien van enige oënskynlike chaos, altyd in beheer bly en vir sy kinders sorg. God se heilige tempel is in die hemel. (2:20) Habakuk is vervul met ontsag vir God. (3:2-4) God is in beheer van die skepping en die mense. (3:5-7) God het voor Israel uitgegaan in oorwinning. (3:8-15) God se optrede is hoofsaaklik gemik teen die goddeloses. Hy trek voor sy volk uit en kom agter hulle aan en Hy beskerm hulle elke dag. God sorg onvoorwaardelik vir sy volk al is dit deur beproewings heen om hulle al meer en meer aan Hom toe te wy.

Upload: geref-kerk-centurion

Post on 01-Feb-2016

255 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

nuusbrief,brief

TRANSCRIPT

Page 1: kommunikaatjie4november2012

8

KOMBUISE EN GAS INSTALLASIES Ons is gekwalifiseerde binnehuis ontwerpers sowel GAS installeerders; spesialiseer in die ontwerp en installering van nuwe kombuise en restourasie d.m.v. verf tegnieke. Werner vd Walt 082 308 6238 [email protected]/Meryke Deetlefs 084 444 5443 [email protected]

KOS VIR DESEMBERVAKANSIE: DANVILLE

Die diakonie wil graag die projek van die Rainbow Kids Bybelklub in Danville ondersteun en poog om kospakkies vir 110 gesinne vir die Desembervakansie in te samel. Ons kan dit nie sonder u hulp doen nie en rig graag ‘n versoek om bydraes. Die kos en ander benodigdhede is onder die wyke verdeel en word u versoek om sover moontlik volgens wyksindeling by te dra. Die volgende bydraes (getal in hakkies dui toelating per gesin aan) kan by die saal afgelewer word:

Benewens die items hierbo genoem, is daar ook nog ‘n behoefte aan ander items soos bv. vars groente, margarien, maalvleis, kookvleis en 10kg meel per gesin. Kontantbydraes sal ook verwel-kom word om van hierdie items aan te koop.

Indien u kan help met die verpakking en aflewering van die kos, kontak asb vir

Anton Smith (082 856 3704) of Esmé van den Berg (083 381 6428)

Ons bedank u by voorbaat vir die ondersteuning

Diakonie

Item Wyke Item Wyke

Toiletpapier (10 rolle) & Sout (1 pakkie)

A1-3 Handeseep (4) & Skottelgoedseep (1 bottel)

A4-6

Sunlight Seep (vir wasgoed–4) & Kookolie (1 bottel)

A7-9 Koekmeel (2.5kg) & Tandepasta (1)

A10-12

Tee (100 teesakkies) & Lyf/handeroom (1)

A13-14 Soja (6) & sjampoe (1) B1-3

Suiker (2.5kg) & Kits suurdeeg (4)

B4-6 “Boelie beef” (6 blikkies) B7-9

Vis (6 blikkies) B10-12 Rys (5kg) B13-15

Gemengde groente (6 blikkies) B16-18 Grondboontjiebotter (1 - groot) & konfyt (1 - groot)

B19-21

“Baked beans” (6 blikkies) B22 & C1-2

Groenmielies (6 blikkies) C3-5

Melkpoeier (2kg) & Sop (10) C6-8 Ontbytpap (4) C9-11

Koeldrank (2L aanmaak) & Pasta (3)

C12-14 Sop (10) & Koffie (1 blik) C15-16

OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk Centurion

Adres: Basdenlaan 226, Lyttelton Kerkkantoor: 664 2614 / 664 0004 Kantoorure : Ma.-Do 08:00 - 13:00 Faks: 088 012664 2614 E-pos: [email protected] Webblad: http://www.gkcenturion.org.za Ds Maarten van Helden : 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger: 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 347 0494/ 084 263 2055 Jaargang 37 Nr 31 2 September 2012

KKKK

Liturgiese Riglyne SONDAGOGGEND 9:00

Skriflesing: Daniël 3:1-28 Teksvers: Daniël 3:17a, 18a Sing: Ps 147:1-3 Sb 12-3:1-2 Lied 203:1, 2 Sb 16-1:1-3 Sb 14-2:1 Sb 1-2:1-3 Sb 13-2 Orrelis: Corlea van der Walt Projektor: Johan Hoogenboezem Klank: Leendert Wattel Prediker: Prof Sarel van der Walt

SONDAGAAND 18:00

Skriflesing: : Hab 2:20;

Hab 3:1-15 Teksvers: Hab 2:20; Hab 3:2 Sing: Ps 111:1-4 Sb 12-3:1,2,3 Ps 134:4 Ps 93:1,2,4 Ps 112:1,2,3 Sb 13-2 Orrelis: Corlea van der Walt Projektor: Susan Hoogenboezem Klank: Jan Reesink Prediker: Ds Gerrit Kruger

OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk Centurion

Adres: Basdenlaan 226, Lyttelton Kerkkantoor: 664 2614 / 664 0004 Kantoorure : Ma.-Do 08:00 - 13:00 Faks: 088 012664 2614 E-pos: [email protected] Webblad: http://www.gkcenturion.org.za Ds Maarten van Helden : 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger: 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 347 0494/ 084 263 2055 Jaargang 37 Nr 40 4 November 2012

KKKK

GK Centurion verwelkom Prof Sarel van der Walt van die Teologiese Skool Potchefstroom

VERSIENDE IN DIE GELOOF

Hier staan drie manne. Drie manne voor die koning, en hulle staar die dood in die gesig. Drie doodgewone jong manne, wat die guns van die Here geniet het, en wat in doodsveragtende omstandighede vasklou aan die God van die verbond. En deur hierdie geloof bely hulle: Ons het ons God. Ons sal Hom aanbid en nie die koning se beeld nie, selfs al gee Hy nie hier uitkoms nie! Dit gaan in hierdie gedeelte oor die versiendheid van geloof teenoor die geestelike bysiendheid waarin ons almal soms vasgevang word. Terwyl ons soms wonder oor hóé God werk (en selfs soms: óf Hy werk), is God reeds (of eerder: steeds) besig om te werk soos wat Hy nog altyd in sy verbondstrou gedoen het, sy trou wat troosvol deurbreek in Christus.

VAN WANHOOP TOT VERTROUE! Van vrae aan God tot volle oorgawe in gebedsvertroue!

In hierdie gedeelte is Habakuk se reaksie nie meer die van vrae en ‘n aanklag teen God nie, maar die van volle gebedsvertroue. Habakuk het van wanhoop tot vertroue beweeg. Habakuk bid en hy bely hoedat God Israel beskerm het deur gevare heen, vanaf Egipte tot in Kanaän. Hy spreek vertroue uit dat God afgesien van enige oënskynlike chaos, altyd in beheer bly en vir sy kinders sorg.

God se heilige tempel is in die hemel. (2:20) Habakuk is vervul met ontsag vir God. (3:2-4) God is in beheer van die skepping en die mense. (3:5-7) God het voor Israel uitgegaan in oorwinning. (3:8-15)

God se optrede is hoofsaaklik gemik teen die goddeloses. Hy trek voor sy volk uit en kom agter hulle aan en Hy beskerm hulle elke dag. God sorg onvoorwaardelik vir sy volk al is dit deur beproewings heen om hulle al meer en meer aan Hom toe te wy.

Page 2: kommunikaatjie4november2012

2

ALGEMENE INLIGTING EREDIENSTYE

9:00 en 18:00 Sothodiens: 12:30

KOLLEKTES VANDAG

Tydens erediens: Barmhartigheid By die deure: Aros (Aksie vir Reformatoriese Onderwys en Studies) DIENSBEURTE: Ouderling: Billy du Toit Diaken: Johann Els NUWE INTREKKERS

Alle nuwe intrekkers word gevra om na die erediens voor by die klavier aan te meld.

KOMMUNIKAATJIE EN BYBELSKOOLRIGLYNE ELEKTRONIES: www.issuu.com/gkcenturion

EREDIENSTE EN BYBELSKOOL OP INTERNET

http://audioserver.nl/?option=content&task=view&id=52&Itemid=92&user_id=853

VERGADERINGS: 5 Nov—Kommissie: Finansies & Admin 19:00

Kerk se bankbesonderhede: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 409

Inbetalings vir die Diakonie: Rek Naam: Diakonie Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 280 589

Inbetalings vir die Susters: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Susters Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600340417

O ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaar

“Hy bring my by waters waar daar vrede is.” - Ps 23:2

Die volgende siek lidmate word aan die liefdevolle versorging van die Here opgedra en ons vertrou

dat hulle gesondheid vinnig sal verbeter:

∗ Marco Smit (B04—653 0788) was na ’n rugbesering in Unitas hospitaal.

∗ Chris Smit (B21—651 1789) gaan komende week 1 Mil hospitaal toe vir ‘n rugoperasie.

∗ Ina Kotze (C3—664 2945) sterk aan in LCM na ‘n operasie.

MEELEWING: Ons dink aan sr Riana Voordewind met die afsterwe van br Wim Voordewind gedurende die week. Die troosdiens is Woensdagoggend om 11:00. DOOP: Geluk aan FJ en Hanlie de Klerk (C3—084 564 0605) met die doop van hul seun Andries de Klerk vanoggend. BEDANKING: ‘n Woord van dank vir boodskappe en meelewing is ontvang van Hartjie de Beer. AFLEGGING VAN BELYDENIS VAN GELOOF: Geluk aan Hanneke Kruger, Esmarie vd Bergh en Dirkjan van Rooy met die Aflegging van Belydenis van Geloof tydens die aanddiens.

7

“Volhard in die gebed! Kol 4:2

VERJAARSDAE VERJAARSDAE VERJAARSDAE VERJAARSDAE

BLOM ‘N BLAAR http://www.simplyflowers.co.za/(663 5955) skenk elke Sondag die ruikers in die kerk. Ondersteun hulle en bestel ruikers vir enige geleentheid plaaslik & oorsee. VAN JESUS GEPRAAT, ‘n 110 bladsy bundel van 19 sketse uit die evangelies, Bybelstudievrae en alfabetie-se inligtingsbylaag deur Willemien van Heyningen @ R110. Skakel Willemien by 083 560 6730 of e-pos [email protected].

BELYDENDE BELYDENDE BELYDENDE BELYDENDE LIDMATELIDMATELIDMATELIDMATE

4 Nov Rochelle Bloemhof B02 082 823 3612 Esther Hoffmann A02 082 875 5253 Jan van der Walt C12 082 577 5993 6 Nov Mavis Goosen C03 664 8781 Gerrit Viljoen B09 654 7592 7 Nov Jors Groenewald C11 082 819 5947 Chris Heunes B22 660 1143 Tillie Kamper B10 654 7352 8 Nov Jossie Briers A01 667 3282 Ilona Erasmus B09 082 322 6221 9 Nov Wietske Boon B18 083 799 2270 Maurice le Roux B22 078 801 1699 Santie van Rooy B07 644 0762 10 Nov Stuart Graham B11 653 7342 Anton Smith B10 082 856 3704 Piet van Rooyen B10 082 453 8446

DOOPLIDMATEDOOPLIDMATEDOOPLIDMATEDOOPLIDMATE

4 Nov Annerize Cordier B19 661 0427 6 Nov Johannes Venter B15 082 779 2802 9 Nov Helena Gildenhuys C13 082 788 4169 10 Nov Rikus Steenkamp A02 082 551 3910

GENADETYD

Dertig minute, net maar ’n halfuur, dis so gou verby,

maar wanneer jy wag en wag en wag ... skyn dit langer te duur: minute word ‘n uur... die tyd sléép verby!

Op ‘n sekere dag was dit anders ...

Vrydag, die datum, van minder belang. Haastig nou,

voordat hul die sabbat hou, moet alles afgehandel wees en

nou’s dit al laatmiddag.

Voete oormekaar vasgevat, arms wyd uitgestrek, polste vasgedruk, die hande oop...

dan volg die hamerhoue een vir een...

die skandpaal orent en op sy plek.

Die skouspel met duisternis oordek... die skepping hou ook asem op...

Gaan God Sy toorn loslaat oor wie dit waag dié onreg hier te pleeg?

‘n Stem pleit bewend:

“Hulle weet nie van beter nie!”

Genadetyd, die oordeel uitgestel, dertig minute net maar ‘n halwe uur

van stilte in die hemel.

Dat dit was, steeds is, of nog moet kom, dié bede sal steeds dieselfde bly:

“Wag! Gee nog genadetyd!”

Genadetyd ten duurste verkry. Dat dit sekerlik was, nog is en of dit nog moet kom,

die boodskap sal steeds dieselfde bly. Wag! Gee nog tyd... Genadetyd ten duurste verdien

(Openb 8:1) Baba Boshoff

Page 3: kommunikaatjie4november2012

6

BYBELSTUDIE: Woensdagoggend 6:00 Bybelstudie in saal—Bergrede Mat 5 9:00 Ds Gerrit se groep in konsistorie—Jakobus 9:00 Ds Maarten se groep in kerksaal—Bergrede

Almal welkom!

ELANDSPOORT- EN TEESKINKBEURTE

Kos moet Vrydagoggende voor 8:45 by die nuwe kombuis afgegee word. Wyk Teeskink Elandspoort C07 Mieke Opperman 4 Nov. Vr. 9 Nov. Elma Faber 4 Nov. Vr. 9 Nov. B11 Bets Roos 4 Nov. Vr. 9 Nov. C13 Elsa du Toit 4 Nov. Vr. 9 Nov. C05 Amanda Wilson 11 Nov Vr. 16 Nov B22 Ronel Swanepoel 11 Nov Vr. 16 Nov A12 Bieuwke Prinsloo 11 Nov Vr. 16 Nov A13 Bieuwke Prinsloo 11 Nov Vr. 16 Nov C14 Cecilia Wolamarans 18 Nov Vr. 23 Nov A10 Brenda Venter 18 Nov Vr. 23 Nov Melinda Engelbrecht 18 Nov Vr. 23 Nov B13 Bets Roos 18 Nov Vr. 23 Nov

MONUMENTSIG AFTREE-OORD EENHEID BESKIKBAAR!

Behoort aan die Gereformeerde Kerk Centurion

geleë te

Basdenlaan 226, Centurion reg agter Unitas Hospitaal en langs Kerkgebou

U koop okkupasiereg in ‘n veiligheidsoord. Daar is 26 huisies met pragtige tuine en lae heffings. Die eenheid wat beskikbaar is bestaan uit 2 slaap-kamers, 2 badkamers, kombuis, eet– en sitkamer, toesluit motorhuis (aan huis) met privaat binnehof, stoorkamer en tuin.

Navrae

Gerrit Beumer (012) 662 1414 of 082 572 5235

Lena Malan (012) 664 0801 of 083 457 7294

Pauline Sterk (012) 664 4151

Aansoeke sluit 19 November 2012

3

GROTE GENADE!

Amper 500 jaar gelede het een man die wêreld andersom laat draai met 95 stellings wat teen Wittenberg se kerkdeur vasgetim-mer is. Dit was op 31 Oktober 1517 toe Maarten Luther dit nie meer kon vat dat die kerk Christus aanhoudend vir tweedehandse bygeloof verruil nie.

Luther se reformasie het miljoene uit die hande van ’n magsbehepte godsdienstige struktuur losgeskeur. Boonop het hy die Bybel weer in die hande van gewone mense teruggeplaas. G’n wonder nie dat Luther in 1999 aangewys is as die derde mees invloedryke persoon van die vorige millennium. Luther was nie ’n studeerkamerteoloog nie. Ook nie iemand wat die wêreld deur vergaderings, beplanningsaksies of konsensus-politiek wou verander nie. Daarvoor was sy liefde vir die Here te groot. Luther was ’n profeet. En profete wen nie aldag gewildheidskompetisies nie. Hulle is nie aldag die godsdienstige smaak van die week nie omdat hulle nooit middelgrond soek of almal wil tevrede stel nie.

Na jare se worsteling met die Bybel het Maarten Luther ontdek God se genade het net een naam en adres — Jesus Christus! Jesus se dood en opstanding is onverdiende Goddelike liefde in aksie. Genade is om die Here op sy allerbeste en allernaaste te ervaar! Luther het gesnap God se genade is ’n hemelse werk-woord. Genade kos Hom ’n kruis. Maar genade is ook ’n menslike ruswoord. Anders gesê, God doen genade en mense ontvang dit gratis, onverdiend, verniet! Boonop ontvang die verkeerde mense genade, diegene wat niks het om dit by God mee te koop, of deur ’n goeie lewe te verdien nie.

Genade is net bedoel vir God se verlore eiendom, nie vir vromes nie. Genade is God se nuwe Genesis. Dis sy van-voor-af oorbegin met elkeen wat ’n slegte Eksodus beleef het. Genade — soos wat Phillip Yancey dit onlangs eietyds beskryf, is om te besef niks wat ek gedoen het, tans doen, of nog in die toekoms gaan doen, kan maak dat God meer of minder van my hou nie. Hy het my in elk geval lief!

Stephan Joubert

Page 4: kommunikaatjie4november2012

4

Ons 7de

Boskop-Tienerkamp 30 Nov 30 Nov 30 Nov 30 Nov –––– 3 Des 2012 3 Des 2012 3 Des 2012 3 Des 2012

Alle tieners (ook hierdie jaar se Gr. 6e) en hul ouers word uitgenooi om saam te gaan kamp by Boskopdam Seiljagklub. Jy kan met of sonder jou ouers kom. Ons gaan seil, roei, swem, speletjies speel, lekker eet en om die kampvuur kuier en sing.

Koste: R450 p/p Prys sluit die volgende in:

Kampering 10 etes Koeldrank Lekkernye tussenin

Alle aktiwiteite is gratis en nie verpligtend nie

Die kampterrein is pragtig met groen gras en baie bome. Die dam se water is skoon en helder. Hierdie is ‘n kamp van pure lekkerkry! ........ jy sal nie kan wag tot volgende jaar se kamp nie!

Kontak: Heidi van der Walt: Tel. 082 902 8032

[email protected] (SMS of e-pos vir ’n e-pos uitnodigingsvorm)

BEROEPENUUS

BEROEPE ONTVANG BEROEPE BEDANK · Ds JG Noëth van Kimberley na Vryburg. · Ds PJ Grové van Wapadrant na Sanveld. BEROEPE AANVAAR · Ds OJ Struwig van Delmas na Frankfort.

SENIORS SE FLIEKGELEENTHEID KOMENDE DINSDAG-OGGEND (6 NOVEMBER)

Ons ontmoet mekaar om NEGE-UUR by die kerk. Ons pak die motors lekker vol en vertrek saam na BROOKLYN TEATER (elkeen wat bestuur sal padaanwysings kry voordat ons vertrek). Daar gaan ons ge-trakteer word met versnaperinge en iets te drinke. Met die lekkerte van die gesellige saamkuier, sal ons die teater saam ingaan om Die storie van Klara Viljee (met Anna-Mart van der Merwe en Gavin van den Berg) te gaan kyk. Na afloop van die verrigtinge vertrek ons weer saam terug kerkterrein toe. Ons is ongeveer 80 wat die oggend saam gaan deurbring - sien gerus maar uit na 'n heerlike oggend!

Vir enige navrae, kontak vir Phia 012 664 1384/082 541 6388

5

EERSTEJAARSKAMP 2013 Inskrywingsvorm is by die kantoor beskikbaar

Koste:R750 (T-Hemp en etes ingesluit) Datum: 7-11 Januarie 2013 Plek: Nooitgedacht, 30km buite Potchefstroom Vertrekpunt: Teologiese Skool Potchefstroom (Op die hoek van Molenstraat en Borcherdstraat) Tyd van vertrek: Maandag 7 Januarie om 12:00 Tyd van terugkoms: Vrydag 11 Januarie 2013 om 13:30

VOORNEMENDE NWU-PUK EERSTEJAAR

Wat ʼn voorreg om jou te nooi na Gereformeerde Kerk Cachet se eerstejaarskamp! Om oor die grens te stap vanaf ʼn skoolkind uit jou ouers se huis tot ʼn selfstandige individu op kampus, is die fokus van die kamp. Die doel is om vir jou die Wapenrusting van God te gee as voorbereiding vir die universiteits- en kampuslewe. Jy word voorberei om as eerstejaar in jou Christelike geloof in die daaglikse studentelewe te groei. Ons beplan vir jou ʼn propvol program waar jy meer leer van die kam-pus, spanbou en bied jou die geleentheid om lewenslange vriende in Christus te maak. Gereformeerde Kerk Cachet se eerstejaarskamp is ʼn kamp van geestelike groei en voorbereiding vir kampuslewe. Woon hierdie kamp by en dit is gewaarborg om een van die lekkerste weke in jou lewe te wees!