kommunikaatjie 25 sept 2011

4
Sondagaand 18:00 Liturgiese Riglyne - Sondag 25 September 2011 Skriflesing: 1 Korintiërs 6 Teksverse: 1 Korintiërs 6:17,19 en 20 HK Sondag 41 Sing: Ps 86:1,6 Sb 8-1:1,2 Sb 3-3:4,5,6 Verheerlik die Here in en deur jou liggaam en siel In Sondag 41 van die Heidelbergse Kategismus bely ons dat die Here in die sewende gebod alle onkuisheid in woord, daad en gedagtes vervloek (Lev 18:28). Jud 1:23 leer ons om alle onkuis- heid hartgrondig te haat en om volgens 1 Tess 4:3-5 kuis en ingetoë binne en buite die huwelik (Heb 13:4; 1 Kor 7:7) te wil en te kan lewe. Ons liggaam en siel is 'n tempel van die Heilige Gees is, daarom wil God dat ons altwee rein en heilig sal bewaar (Ef 5:3, 4; 1 Kor 6:18, 19). Verder verbied die Here alle onkuise dade, gebare, woorde, gedagtes en luste volgens Matt 5:27, 28. Die Here waarsku ons in Ef 5:18 en 1 Kor 15:33 om weg te vlug van alles wat 'n chris- ten tot onkuise dade, gebare, woorde, gedagtes en luste kan verlei. Hierdie verwoording van ons belydenis oor die sewende gebod is ‘n mondvol. Vanaand val die fokus in die Woordverkondiging op die Here se opdrag dat ons die Here in en deur ons liggaam en siel sal verheerlik. Watter rol speel jou lig- gaam met al sy behoeftes ten opsigte van die verheerliking van die Here se Naam? Sondagoggend 9:00 Skriflesing: Nehemia 6;1-7:3 Psalm 48:13,14 Psalm 118:22-29 Teksverse: Nehemia 6:15,16 (Preek 10) Sing : Ps 118:11,12 Ps 51:4,8 Ps 127:1,2 Ps 90;1,7,9 Ps 138:2,4 Dien die Here met verwondering, maar bly waaksaam! Die reeksprediking uit die boek Nehemia bring ons vandag by die vers wat beskou kan word as die hoogtepunt van die boek. Die muur is voltooi! En dit in ’n rekordtyd! Hier word iets buitengewoons vertel. Hier word geopenbaar dat niks vir die Here onmoontlik is nie. En kyk ook na die reaksie van die aanvanklike verwaande teenstanders (vers 16). So mag ons vandag en elke dag na die Here opkyk in die besef dat niks die werk van God in die wiele kan ry nie. Ook nie enige “Sanballat” wat deur die Satan aangepor word nie. Ja, die belofte van Jesus vir sy kerk staan vas: Op hierdie rots sal ek my gemeente bou en die poorte van die hel sal dit nie oorweldig nie. Dit laat ons met nuwe moed en volharding enige goddelike roeping aanpak, terwyl ons steeds daarvan bewus bly dat die bose alles sal probeer om jou aandag af te lei, jou reputasie te probeer besoedel of jou af te dreig. Soos Nehemia kan ons bewus bly van ons roeping en dat ons lewe primêr gaan om die saak van die Here en sy koninkryk. God is getrou! OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Adres: Basdenlaan 226, Lyttelton Kerkkantoor: 664 2614 / 664 0004 Kantoor-ure : Ma.-Vry 08:00 - 13:00 Faks: 088 012664 2614 E-pos: [email protected] Webblad: http://www.gkcenturion.org.za Ds Maarten van Helden : 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger: 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 347 0494/ 084 263 2055 Jaargang 36 Nr 36 25 September 2011 K K K HET JY TYD? “Ek is besig met ‘n groot werk. Ek kan nie kom nie.” Neh. 6:3 Vanoggend het dit alweer vinnig gegaan. Dis Sondag en ek het geglo dat dit, anders as gedurende die week, ‘n bietjie rustiger kan wees terwyl pa, ma en kinders besig is om gereed te maak om kerk toe te gaan. Maar helaas daar is so baie klein jakkalsies wat veroorsaak dat die geduld min, die vriendelike woord afwesig en die liefde onsigbaar raak. Ons is dan besig met “goeie” dinge - kerk toe gaan, en tog word ons aandag so maklik afgetrek na die nou en die hier. Nehemia het gespook om ten spyte van al die probleme die muur gebou te kry. Sanballat en sy trawante is egter gedetermineerd om Nehemia se aandag af te trek en versoek hom vier keer om sy werk te los en met hulle in gesprek te tree. Sy antwoord: Ek is besig met ‘n GROOT werk. Ek kan nie kom nie.” As ‘n mens die boek Nehemia lees wil wil die versoeking ontstaan om te dink hoe groot die taak is waarvoor die Here hom geroep het en dit dan vergelyk met wat my persoonlike opdrag is. Nie elkeen is geroep om ‘n monument te bou wat eendag opgeteken gaan staan nie, maar elkeen is besig met sy eie roeping. Sien ons dit raak? Daardie keuse wat jy gemaak het in die besigheid omdat jy nie kans gesien het om God te verloën nie, en nou finansieel nie so goed daaraan toe is nie. Die mamma wat besluit het om tuis te bly om die kinders wat hulle van die Here ontvang het groot te maak, al word daar nou uit die besigheidswêreld op haar neergesien. Daardie opoffering wat gemaak is sodat jou naaste ook ‘n plek in die son kon kry. Hoor ons die Here roep in die alledaagse of hoor ons net die wêreld as dit roep om ons aandag van God af te trek. Kies ons vir tyd met ons gesin en sê: “Ek is besig met ‘n groot werk. Ek kan nie nou kom nie” of word ons meegesleur deur die gejaag van die samelewing. Wanneer boet of sus van- aand naggesê word in sy/haar bedjie sê ons vir onsself: “Ek is besig met ‘n groot werk. Ek kan nie nou kom nie”, of bly ons gedagtes besig met alles wat ons moet opoffer omdat mamma nie werk nie. Daar is so baie geleenthede wat ons fokus kan verskuif: geld, sport, verhoudings, vermaak, stok- perdjies, selfs godsdienstige aktiwiteite. Dit is so maklik om besig te bly, ja, selfs met “goeie” dinge dat God se roeping misgekyk word. God gee self die opdrag in Mat 6:33: “ Soek eers die koninkryk van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee”. Bid dat God die fokus bly. Dat Hy ore gee wat hoor, voete wat Hom volg, as Hy roep. Louise Grobler

Upload: geref-kerk-centurion

Post on 02-Mar-2016

231 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Nuusbrief, nuus

TRANSCRIPT

Page 1: Kommunikaatjie 25 Sept 2011

Sondagaand 18:00

Liturgiese Riglyne - Sondag 25 September 2011

Skriflesing: 1 Korintiërs 6

Teksverse: 1 Korintiërs 6:17,19 en 20 HK Sondag 41

Sing: Ps 86:1,6 Sb 8-1:1,2 Sb 3-3:4,5,6

Verheerlik die Here in en deur jou liggaam en siel

In Sondag 41 van die Heidelbergse Kategismus bely ons dat die Here in die sewende gebod alle onkuisheid in woord, daad en gedagtes vervloek (Lev 18:28). Jud 1:23 leer ons om alle onkuis-heid hartgrondig te haat en om volgens 1 Tess 4:3-5 kuis en ingetoë binne en buite die huwelik (Heb 13:4; 1 Kor 7:7) te wil en te kan lewe.

Ons liggaam en siel is 'n tempel van die Heilige Gees is, daarom wil God dat ons altwee rein en heilig sal bewaar (Ef 5:3, 4; 1 Kor 6:18, 19). Verder verbied die Here alle onkuise dade, gebare, woorde, gedagtes en luste volgens Matt 5:27, 28. Die Here waarsku ons in Ef 5:18 en 1 Kor 15:33 om weg te vlug van alles wat 'n chris-ten tot onkuise dade, gebare, woorde, gedagtes en luste kan verlei.

Hierdie verwoording van ons belydenis oor die sewende gebod is ‘n mondvol. Vanaand val die fokus in die Woordverkondiging op die Here se opdrag dat ons die Here in en deur ons liggaam en siel sal verheerlik. Watter rol speel jou lig-gaam met al sy behoeftes ten opsigte van die verheerliking van die Here se Naam?

Sondagoggend 9:00

Skriflesing: Nehemia 6;1-7:3 Psalm 48:13,14 Psalm 118:22-29

Teksverse: Nehemia 6:15,16 (Preek 10)

Sing: Ps 118:11,12 Ps 51:4,8 Ps 127:1,2 Ps 90;1,7,9 Ps 138:2,4

Dien die Here met verwondering, maar bly waaksaam!

Die reeksprediking uit die boek Nehemia bring ons vandag by die vers wat beskou kan word as die hoogtepunt van die boek. Die muur is voltooi! En dit in ’n rekordtyd! Hier word iets buitengewoons vertel. Hier word geopenbaar dat niks vir die Here onmoontlik is nie. En kyk ook na die reaksie van die aanvanklike verwaande teenstanders (vers 16).

So mag ons vandag en elke dag na die Here opkyk in die besef dat niks die werk van God in die wiele kan ry nie. Ook nie enige “Sanballat” wat deur die Satan aangepor word nie. Ja, die belofte van Jesus vir sy kerk staan vas: Op hierdie rots sal ek my gemeente bou en die poorte van die hel sal dit nie oorweldig nie. Dit laat ons met nuwe moed en volharding enige goddelike roeping aanpak, terwyl ons steeds daarvan bewus bly dat die bose alles sal probeer om jou aandag af te lei, jou reputasie te probeer besoedel of jou af te dreig. Soos Nehemia kan ons bewus bly van ons roeping en dat ons lewe primêr gaan om die saak van die Here en sy koninkryk. God is getrou!

OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk Centurion

Adres: Basdenlaan 226, Lyttelton Kerkkantoor: 664 2614 / 664 0004 Kantoor-ure : Ma.-Vry 08:00 - 13:00 Faks: 088 012664 2614 E-pos: [email protected] Webblad: http://www.gkcenturion.org.za Ds Maarten van Helden : 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger: 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 347 0494/ 084 263 2055 Jaargang 36 Nr 36 25 September 2011

KKKK

HET JY TYD? “Ek is besig met ‘n groot werk. Ek kan nie kom nie.” Neh. 6:3

Vanoggend het dit alweer vinnig gegaan. Dis Sondag en ek het geglo dat dit, anders as gedurende die week, ‘n bietjie rustiger kan wees terwyl pa, ma en kinders besig is om gereed te maak om kerk toe te gaan. Maar helaas daar is so baie klein jakkalsies wat veroorsaak dat die geduld min, die vriendelike woord afwesig en die liefde onsigbaar raak. Ons is dan besig met “goeie” dinge - kerk toe gaan, en tog word ons aandag so maklik afgetrek na die nou en die hier.

Nehemia het gespook om ten spyte van al die probleme die muur gebou te kry. Sanballat en sy trawante is egter gedetermineerd om Nehemia se aandag af te trek en versoek hom vier keer om sy werk te los en met hulle in gesprek te tree. Sy antwoord: “ Ek is besig met ‘n GROOT werk. Ek kan nie kom nie.”

As ‘n mens die boek Nehemia lees wil wil die versoeking ontstaan om te dink hoe groot die taak is waarvoor die Here hom geroep het en dit dan vergelyk met wat my persoonlike opdrag is. Nie elkeen is geroep om ‘n monument te bou wat eendag opgeteken gaan staan nie, maar elkeen is besig met sy eie roeping. Sien ons dit raak? Daardie keuse wat jy gemaak het in die besigheid omdat jy nie kans gesien het om God te verloën nie, en nou finansieel nie so goed daaraan toe is nie. Die mamma wat besluit het om tuis te bly om die kinders wat hulle van die Here ontvang het groot te maak, al word daar nou uit die besigheidswêreld op haar neergesien. Daardie opoffering wat gemaak is sodat jou naaste ook ‘n plek in die son kon kry.

Hoor ons die Here roep in die alledaagse of hoor ons net die wêreld as dit roep om ons aandag van God af te trek. Kies ons vir tyd met ons gesin en sê: “Ek is besig met ‘n groot werk. Ek kan nie nou kom nie” of word ons meegesleur deur die gejaag van die samelewing. Wanneer boet of sus van-aand naggesê word in sy/haar bedjie sê ons vir onsself: “Ek is besig met ‘n groot werk. Ek kan nie nou kom nie”, of bly ons gedagtes besig met alles wat ons moet opoffer omdat mamma nie werk nie.

Daar is so baie geleenthede wat ons fokus kan verskuif: geld, sport, verhoudings, vermaak, stok-perdjies, selfs godsdienstige aktiwiteite. Dit is so maklik om besig te bly, ja, selfs met “goeie” dinge dat God se roeping misgekyk word. God gee self die opdrag in Mat 6:33: “ Soek eers die koninkryk van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee”.

Bid dat God die fokus bly. Dat Hy ore gee wat hoor, voete wat Hom volg, as Hy roep. Louise Grobler

Page 2: Kommunikaatjie 25 Sept 2011

Die volgende lidmate word aan die liefdevolle versorging van die Here opgedra en ons vertrou dat hulle sommer gou beter gesondheid sal ervaar.

SIEKES • Christo van Staden C11 (654 1851) was in ‘n motorfietsongeluk en het twee operasies aan sy

hand ondergaan.

• Gert Snyman C1 (664 1892) is in die hospitaal opgeneem.

O ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaar “Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding” - Ps. 62:1

ALGEMENE INLIGTING

EREDIENSTYE 9:00 en 18:00 Sothodiens: 12:30

KOLLEKTES VANDAG Tydens erediens: Diens van Barmhartigheid By die deure: Aksie Koningskinders

NUWE INTREKKERS Alle nuwe intrekkers word gevra om na die oggenderediens voor by die tafel aan te meld. KOMMUNIKAATJIE ELEKTRONIES: www.issuu.com/gkcenturion elke Vrydag na 13:00.

EREDIENSTE OP INTERNET Vir direkte uitsending en inluister skakel in by :http://audioserver.nl/stream/?id=853 Vir inluister en aflaai na die direkte uitsending: http://audioserver.nl/mp3/recorder.php?id=853

HUISGODSDIENSRIGLYNE ELEKTRONIES: Die godsdiensriglyne is beskikbaar op die web-ruimte by www.issuu.com/gkcenturion.

VERGADERINGS 26 September FAK vergadering 19:00 Jeugbedieningskommissie vergadering 19:00 28 September Ouderlinge Blokvergadering 18:00

10ers!!

As jy ‘n tiener is dan word jy vriendelik verplig om vanaand !

se aksie by te woon! Vir die laaste aksie van die kwartaal

gaan ons die fliek “To save a life” kyk. Moenie dit misloop

nie!!! Ons sal so 20:00 klaar wees.

BYBELSTUDIEGROEPE: Woensdagoggend 6:00 Geen Bybelstudie 9:00 Geen Bybelstudie

KLEINGROEPE Indien julle enige inligting verlang in verband met kleingroepe in ons gemeente kan julle

Henk Sweers kontak by 083 6011 253 ([email protected])

As jy graag by 'n kleingroep wil inskakel of een wil begin, sal Henk Sondagoggende na afloop van die erediens agter in die saal wees om jou by te staan, jou kleingroep besonderhede en inligting na te gaan, of op te dateer.

Kleingroep groete Henk

Inbetalings vir die Diakonie: Rek Naam: Diakonie Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 280 589

ADVERTENSIESADVERTENSIESADVERTENSIESADVERTENSIES

__________________________________________________

BLOMME Die blomme Sondae in die kerk word geborg deur BLOM ‘N BLAAR in Centurion (663 5955). Kontak hulle ook vir blomme vir troues, onthale asook enige vrugte– of biltongruikers vir aflewering plaaslik & oorsee. _______________________________________ VAKANSIEHUIS TE HUUR Stap afstand na strand by Munster KwaZulu Natal (tussen Margate en Port Edward) Tariewe volgens seisoene. Slaap 6 - 9 persone. Ten volle toegerus, veilige parkering en alarm. Skakel Bettie Viljoen 012 644 2062 of 082 926 5350 na 19:00 in die aand

___________________________________ SS STOFFEERDERS Stoffering van meubels en voertuie. Skakel Susan 082 777 8711 of Cornelia 081 468 1398 _______________________________________ TE KOOP - BABA HONDJIES Opregte scottish terrier hondjies te koop. Gebore op 8 Augustus en behoort reg te wees vir hul nuwe huise vanaf 24 September. Vir meer inlig-ting skakel Melinda Engelbrecht by 082 836 2022. _______________________________________ TE HUUR Eenman tuinwoonstel in Irene beskikbaar Oktober 2011. Sober enkel persoon, nie-roker. Geen troeteldiere. Sekuriteit, water en ligte ingesluit R2 500,00 per maand. Kontak Elize van den Berg 082 9245178

Kerk se bankbesonderhede: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 409

Liewe gemeentelede, By “Active Learning Libraries SA” (geregistreerde welsynsorganisasie) se Speelgoedbiblioteek in Braamfontein gee ons minderbevoorregte kinders wat in Hillbrow, Yeoville en omgewing grootword die geleentheid om met opvoedkundige speelgoed te speel. Die speelgoedbiblioteek benodig tans naaima-sjiene/ omkapmasjiene sodat die projek ook uitgebrei kan word om speelgoed te maak en te herstel. Indien u iewers ‘n naaimasjien / omkapmasjien het wat rondstaan sal ons dankbaar wees. Kontak vir Heleen Johnson by 072 938 883.

DANKIE Hoe sê mens dankie vir soveel liefde, gebede, besoeke en oproepe oor die afgelope 18 maande sedert Gert siek geword het? Ons opregte dank aan elkeen vir volgehoue gebede en meelewing. Gert, Elize, Hugo en André van den Berg.

VERSOEK Ons versoek lidmate wat ruikers van die kerk ontvang het om asseblief die blompotte vir ons terug te bring kerk toe. U kan dit in die ou kom-buis neersit. Blom-’n-blaar

DANKIE Baie dankie aan die Kerkraad en gemeente vir die blomme met my verjaardag. Icy Kotzé

Page 3: Kommunikaatjie 25 Sept 2011

KERKWERF

Hier is jou kans! Wil jy iets vir die gemeente oor die gemeente sê of vertel. Het jy ‘n besondere foto wat jy met almal wil deel. Die Kerkwerf se redaksie wil graag van jou hoor! Kontak Isak Heath [email protected]

Susters

Susters

Susters

Susters

TEEBEURTE B3 Riana van Jaarsveld B15 Marieke Zeevaart C8 Elsie Kruger Jetske Guldemond

VANAF DIE BEDIENINGSKOMMISSIE

Die Bedieningskommissie het op sy vergadering van 19 September weer die weerklank en akoestiek van die saal bespreek. Die saak ge-niet dus aandag en word as ‘n prioriteit beskou. Lidmate met klein kindertjies se samewerking het daartoe gelei dat die probleme heelwat min-der is en daarvoor wil ons u van harte bedank. Die saak geniet nou die Kerkraad se aandag.

TÉ BESIG?

Ons lewe in tye waarin almal so besig is. Honderd en tien dinge vra jou aandag. Baie van die dinge waar-mee ons besig is, is dikwels selfs so dat ons nie veel daaraan kan doen nie. My werkgewer eis my tyd, anders is ek in die moeilikheid. My werk vra soveel dat ek my nie kan draai nie. En boonop is daar die persoonlike sake wat nie agterweë kan bly nie.

Uit die verhaal van Nehemia leer ons egter tog ’n beginsel wat ons hierin tot besinning roep. As Sanballat en Tobija hom oproep vir ’n dringende vergadering dat hoor ons dat Nehemia so antwoord: “Ek is besig met 'n groot werk. Ek kan nie kom nie. Hoekom moet die werk stilstaan terwyl ek dit laat lê om na julle toe te kom?" (Neh 6:3) Nehemia kies om sy aandag aan die werklik belangrike sake te wy. Hy is immers besig met sy goddelike roeping en taak, naamlik die voltooiing van die vervalle muur van Jerusalem! Eerste dinge eerste! Prioriteite bepaal jou tydsbestuur.

Jesus se woorde word hier in herinnering geroep: “Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemel-se Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy gereg-tigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Mat 6:31-33). Die koninkryk eerste!

Miskien moet ons net weer elkeen ons eie lewe en tydsbestuur ondersoek en goed kyk na die dinge waar-mee ons so besig kan wees. Is ons regtig besig met “groot werk”? Is die saak van die koninkryk van God ons hoogste prioriteit? Het die prediking uit die boek Nehemia ons werklik weer daarvan bewus gemaak dat ons elkeen ’n goddelike roeping het? En op watter manier bestuur ons die tyd wat die Here ons gegee het so, dat ons nie die woorde “ek is té besig” misbruik, om nie dit te doen wat die Here van ons elkeen vra nie? Sal so ’n verskoning eendag werklik voor God standhou? Ds Maarten

“Sy dade is vol majesteit en luister, sy trou staan vir altyd vas.”

Ps. 111:3

VerjaarsdaeVerjaarsdaeVerjaarsdaeVerjaarsdae

Belydende lidmateBelydende lidmateBelydende lidmateBelydende lidmate 25 September Bettie Botha A7 664 4754 Francina Kruger A7 664 7637 Martin Kruger B9 654 8210 27 September Wim Prinsloo C13 082 570 2036 Annemie van Rooy C5 663 9187 Albert Venter A3 072 844 5325 28 September Pieter Burger C14 082 853 8215 Fanie Venter B4 653 8900 Corrie Zwemstra A8 667 4566 29 September Magdaleen du Plessis B10 082 998 9000 Jeanette Potgieter C9 082 334 8035 Elize Stavast A7 082 379 2797 30 September Marietjie Aucamp A1 082 736 5749 Anmari Erasmus B21 654 9108 Hannelie Grobler B18 644 1512 Magda Venter B10 084 775 4700 Willie Zaayman C4 084 500 7918

DooplidmateDooplidmateDooplidmateDooplidmate 25 September Leane Boshoff C13 083 459 2488 27 September Herman Delport B17 074 409 9649 Michell Wakeford C7 663 7638 Nina Wattel B17 082 854 1430 29 September Gerhard du Plessis B8 654 1437 1 Oktober Christo Venter B5 082 563 9729

ELANDSPOORT DIENSBEURTE

Neem asb kennis dat kos voor 8:45 in die ou

kombuis (soos voor-heen) afgelaai kan word.

30 September Geen kos 7 Oktober A8 Ronell Hoogenboezem 662 2582 B16 Martie Hern 071 683 0348 C13 Elsa du Toit 661 0367 Hermien Prinsloo 661 3623

Kleingroep vir Rousmart-bystand in ons gemeente Doel van die kleingroep: Ons het gehoor by Ds Braam Klopper, dat mense wat ‘n geliefde aan die dood afstaan, na 3 maande en na eenjaar swaarkry, en dan juis weer ondersteuning en besoek nodig het. Ons predikante is alreeds baie besig en kan nie altyd op hierdie tye weer hulle volle aandag aan die gemeentelede gee nie. So ‘n kleingroep kan dan die gemeentelede besoek op die tye, en so help om die las van die predikante bietjie te verlig. Ons het egter wel leiding nodig vir hierdie bediening, en sal daarom reël vir toerusting geleent-hede. Onthou, as God ons roep, het hy reeds vir ons die krag gegee. As jy aan die werk spring vir die Here, sal jy sien hoe die Here jou bekwaam. Gemeentelede wat belangstel om hierdeur hul roeping in die gemeente te vervul, kan vir Ronel Swanepoel kontak by 0722282124.

Page 4: Kommunikaatjie 25 Sept 2011

Wyn Daar is nog witwyn beskikbaar (Semi-soet en Chenin Blanch). Dit word nou teen ’n verlaagde prys van R40 per bottel verkoop. Kontak die Kerkkantoor as jy belangstel.

Kleuter Tentjie Aand Wanneer : Vrydag Aand 21 Oktober Waar : By die kerk gebou Ons reël weer ‘n tentjie aand op 21 Okt hier by die kerk gebou. Die ouers wat verlede jaar se byeenkoms bygewoon het sal nog kan onthou hoe lekker ons gekuier het. As

die ouers so lekker gekuier het, dink net hoe lekker het die kinders dit ge-niet. En dit is vir hulle wat dit gereël word. Alle graad R tot graad 6 kinders in die gemeente (en hulle maats) word hiermee uitgenooi om daardie aand hulle tente te kom opslaan op die kerk se gras en dan lekker te kuier en speel met al die maats tot laat die aand. Ds Gerrit sal dan lekker uitge-rus wees na sy langverlof en gaan ook lekker saamspeel. Kinders in gr R tot 3 se ouers moet ook saam kom kamp. Ons gaan ‘n ete gee aan die kinders teen R20.00 per kind en as die ouers ook wil eet dan is hulle ete R30.00 per persoon. Laat weet asb vir Madi Hugo by 082 895 1364 of vir Helene Viljoen by 082 378 4967 of e-pos aan [email protected] as julle wil saam kom sodat ons die getalle vooraf het.

DANKIE Baie dankie vir almal wat simpatie betuig het met die dood van my pa. Dit word opreg waar-deer. Hy was 87 jaar oud, het die laaste tyd lewenskrag en -kwaliteit verloor en ons Hemelse Vader het hom na sy ewige huis geneem. Hy is by my ma begrawe in Standerton wat al in 1984 oorlede is. Nogmaals baie dankie vir u liefde as gemeente. Gerrit Kruger

Bybelskool van Centurion (4e kwartaal 2011) bied aan

’n Helse probleem opgelos!

Wat leer die Bybel oor die hel? Is die hel ’n werklikheid?

Gaan almal dan nie hemel toe nie? Kan ons die hel “recycle”?

Is daar ‘n vagevuur? Woon die duiwels in die hel? Het ons ons hel op aarde?

Gaan mense in die hel brand? Verkiesing en verwerping

Die oordeelsdag

En veel meer....

Almal welkom Ons begin Dinsdag 18 Oktober 2011

Aanbieder: Ds Maarten van Helden Plek: Geref Kerk Centurion Kerksaal Tyd: Elke Dinsdagaand 19:00-21:00

Koste: R100 pp Inskrywings: Sonet 012 664 2614 (soggens)

Senioraksie Die Seniors vergader weer Maandag 10 Oktober 2011 om 10:00 in die katkisasielokaal. Phia van Helden sal ons toespreek, waarna ons weer heerlik saam sal kuier om verversings. Hierdie sal ook die laaste geleentheid wees om jaargeld te betaal. Daar sal weer geleentheid wees vir ’n vrywillige bydrae vir Eljadahuis Albie Venter

BEROEPE ONTVANG · Proponent JJ de Bruyn na Harrismith. · Dr DF Muller van Buffeldoorns na Pietersburg-Suid.

BEROEPE BEDANK · Ds G van Wyk van Pretoria-Brooklyn na Klerksdorp-Noord.